Vrystaat Rugby en Besigheidsforum neem hande

8-sept-010
Tydens ‘n sake dinee wat in September aangebied is deur die Vrystaat Cheetahs (Edms) Bpk, is prominente besigheidsmense van Bloemfontein gekies om op ‘n besigheidsforum te dien. Hulle is: Steva Klopper (Voorsitter), Dave Strauss, Marco Torsius, Ryno Opperman, Willem van Huyssteen, Valentine Rantsoareng en Dennis van Zyl. Johan Botes is aangestel as sekretaris en Wilna Jurack as kantoorbestuurder.

Die voorsitter van die forum, mnr. Steva Klopper is uitgenooi om Direksievergaderings by te woon om die forum ook verder by die besigheid te betrek. Die doel van die Besigheidsforum is om Vrystaat Rugby se beeld te bevorder, om die Maatskappy van raad en advies te bedien en om ook bystand te lewer om die besigheid kommersieel sterker te laat groei.

Bestuurslede van Vrystaat Rugby het Maandag tydens ‘n beraad, elk ‘n voorlegging aan die forum gedoen om insig te gee oor die werksaamhede van elke afdeling. Die dag is baie positief deur die lede van die besigheidsforum ervaar en hulle het ook positiewe terugvoering gelewer oor die aksies.

Mnr. Klopper het gesê dat mens nie besef hoe groot die omvang van die besigheid is nie en dat die besigheid op ‘n baie hoe en professionele vlak bestuur en bedryf word.

Posted by 15.co.za on November 23rd, 2011 under Uncategorized • 3 Comments

Free State Rugby Union announced date for important Annual General Meeting

The Free State Rugby Union has decided on a specific date for the Annual General Meeting of the Union. The meeting will take place on Tuesday, 29 November at 18:00 in the Konica Minolta A.K Volsteedt Building.

It was during this meeting officially announced that the President Mr. Harold Verster and the Deputy President Mr. Bert Sorour will retire from both positions mentioned.

Their decisions were taken quite a while back and are a strategic decision to focus môre on the activities of the professional side of rugby as well as to give the necessary attention to all Amateur activities.

During the meeting clarity was given to the role of the President vs. the role of the Managing Director vs. the role of the CEO of the Union. In short, the President will be a non-executive member and, oversee all amateur activities. The CEO of the Union will be the Executive Manager of the Union and will report to the Union council.

The Managing Director will be in charge of the professional arm of Free State Rugby and The Central Cheetahs. The Managing Director will report to the board of Free State Cheetahs and the board of the Central Cheetahs.

The President and the Managing Director will represent Free State Rugby at SARU level.

This introduce a new era in Free State Rugby and the specific aim and objective is to build Free State Rugby into a stronger professional commercial entity, and also to give full attention to amateur activities of Free State Rugby.

Posted by 15.co.za on October 31st, 2011 under General • 5 Comments

Toyota Vrystaat Cheetahs lewer terugvoer aan ondersteuner

Mnr Harold Verster tydens die aankondiging van Naka Drotske as ABSA Curriebeker Afriger vir Oktober

Mnr Harold Verster tydens die aankondiging van Naka Drotske as ABSA Curriebeker Afriger vir Oktober

Hiermee deel ons graag die vrae gerig deur ‘n Toyota Vrystaat Ondersteuner aan die Unie rakende die president, spelerskontrakte en borgskappe.

Vrae gerig deur Annelien aan Harold Verster

Goeie dag, ek het ‘n paar vrae…

1. Hoekom is Harold Verster nog president van FS rugby? As afrigters afgedank kan word, hoekom nie ook presidente nie?

2. Is Johan Goosen vir ten minste 3 jaar vasgeteken? Indien nie, hoekom?

3. Hoekom moet Kloppers ‘n gedeelte van die Ebersohn broers se salarisse betaal?

4. Hoe gebeur dit dat 5 van Grey kollege se spelers, wat SA skole gespeel het, deur die Blou Bulle geteken is? Hulle speel onder die FS rugby unie se neuse, maar word misgekyk!

5. Benetton internasionaal wou FS rugby borg, maar dan sy eie bestuur aanstel. Dis van die hand gewys. Hoe gebeur so iets? Omdat Harold Verster
dan sonder werk sit?

Daar sal dringend na FS rugby bestuur gekyk moet word. Ons verloor uitstekende spelers, omdat FS rugby eerder die geld op wie weet watter
maniere spandeer, as om spelers te probeer hou!

Terugvoer op Vrae

Beste Annelien

Ek beantwoord graag jou vrae soos wat jy dit geplaas het.

1. Mnr. Harold Verster is die afgelope 18 jaar die President van die Vrystaatse Rugby-Unie en was nog nooit teë getaan elke 3 jaar wanneer ’n Presidentsverkiesing gehou was nie. Dit dui daarop dat hy die volle ondersteuning van almal, insluitend die Unieraad wat hom gekies het gehad het.

Mnr. Verster het wel uit eie oorweging besluit om as President uit te tree aan die einde van die jaar aangesien hy voel dat hy sy deel gedoen het vir Vrystaatrugby oor 18 jaar. ’n Nuwe stadion in die plek van die oer ou een is onder sy leiding gebou, daarna ’n opgradering na Wêreld beker Stadion, die Curriebeker is drie keer gewen, talle Springbokke- en Craven week spelers ens. opgelewer, ‘n Maatskappy gestig wat die trotse naam Vrystaat Cheetahs dra, aandele van SuperSport bekom, borgskappe by Vodacom van R75 mil bekom en daarna by Toyota van dieselfde bedrag elke keer oor ’n tydperk van 3 jaar en verskeie administratiewe sake verrig.

2. U stel die saak negatief asof ons sit en slaap en niks doen nie, Johan Goosen is alreeds vir 3 jaar vas geteken en dit was die koerante vol. Laat mens wonder wie dan sodanig koerant lees en wie nie?

3. Dit is onwaar. Die Vrystaat Cheetahs Maatskappy betaal die volle salaris van beide die Ebersohn broers en hulle is vas geteken vir 2 jaar.

4. Dit is weer ’n baie wye en negatiewe stelling ons probeer so veel as moontlik Grey College seuns teken, maar as die ander Unies soveel meer geld aanbied kan ons net sovêr gaan. Ons het die Ebersohns, Coenie Oosthuizen, Lappies Labuschagne, Johan Goosen en talle ander Juniors van Grey College wel geteken vir die volgende 2-3 jaar. Hier en daar mis ons ’n speler, maar dit is die mark en dit gebeur soms.

5. Dit is weer eens ’n uiterste negatiewe stelling wat u maak. Daar was spesifiek versoek dat Harold Verster moet aanbly vir ten minste vyf jaar sou die Benneton borgskap gerealiseer het. Die dokumentasie lê nou nog in sy kantoor, hierdie sogenaamde Benneton ooreenkoms is ondersoek deur verskeie ouditeure en regsgeleerdes en ons is afgeraai om die te neem. SWD Rugby het dit wel opgeneem en word nou bankrot verklaar as gevolg van die ongemaklike ooreenkoms.

Neem net kennis daarvan dat beide Harold Verster en Naka Drotske versoek is om vir minstens 5 jaar aan te bly indien daar enige met die sogenaamde Benneton ooreenkoms aangegaan sou word. U standpunt is totaal negatief en direk teen Harold Verster gemik terwyl die teenoorgestelde die waarheid is!

Die stelling wat dan ten slotte gemaak word dat uitstekende spelers verloor word, eerder vir geld ens. wat absoluut van alle waarheid ontbloot is, alle spelers wat nog Vrystaat gespeel het, wil bitter graag in die Vrystaat bly, die Vrystaat se omset is net van so aard dat hulle nie alle spelers kan behou nie, ons het nou wel 33 top spelers geteken wat onder andere is: Juan Smith, Heinrich Brussow, Johan Goosen, Coenie Oosthuizen en talle ander sterre vir ’n tydperk van 2-3 jaar ons het die hele afrigting span vir ’n verdere 3 jaar geteken.

Ek wonder of die brief skrywer dalk nie bietjie meer na die positiewe kante kyk wat Vrystaat Rugby in ’n klein gemeenskap met ’n klein begroting vermag nie. Dit sal ook help indien mense hulle van alle feite vergewis voor negatiewe en totaal onwaar stellings die wereld ingestuur word.

Met vriendelike Vrystaat Groete

Posted by 15.co.za on October 31st, 2011 under General, Management • 19 Comments

Jong talent maak mens opgewonde oor VS-rugby

lappies-lineout
Die nederlaag wat vanjaar die seerste gemaak het, was die afgelope naweek s’n teen die Haaie. Ons het met die jongste span in vanjaar se Absa Curriebeker-reeks die Bokbelaaide span van die Haaie behoorlik laat klippe kou.

Rustyd nog was daar by my geen twyfel nie dat ons in die tweede helfte ons vertoning van die eerste 40 minute sou herhaal. Maar die keerpunt was toe die Haaie meer direk begin speel en ons weerhou het van besit.

In die tweede helfte het ons bitter min besig gehad en dit wat ons gekry het, is nie doeltreffend gebruik nie. Dit het meegebring dat ons die meeste duikslae moes uitvoer en gen span kan 40 minute lank verdediging wen bekers … en ek glo steeds daar steek ‘n mate van waarheid daarin.

Maar ‘n mens kan nie heeltemal vergeet van aanval nie en ek dink dit was miskien die geval Saterdag op Kingspark. Ek is baie trots op die wyse waarop ons die Haaie fisiek aangevat het en nie een speer het Saterdag ‘n tree teruggestaan nie.

Ek gee om sewe uit tien vir ons vertoning in Durban – ons het vooraf gevra elke spelers moet met sy hele hart speel. Ek kan met sekerheid se dat elke ou dit wel gedoen het. My keuse as speler van die wedstryd is my sentermaat, Robert Ebersohn. Hy het op die verdediging weer baie hard gewerk en was een van die min Toyota Vrystaat Cheetahs wat sy kant op die aanval gebring het.

Al het ons nie vanjaar ‘n beker verower nie, het ons steeds baie om oor positief te wees.

Ek is veral opgewonde oor die getal jonge spelers wat hierdie jaar hul spelers wat hierdie jaar hul stempel op senior rugbyvlak afgedruk het.

‘n Mens kan begin by Marcel van der Merwe en Trevor “The Terror” Nyakane. Hulle het as stutte baie goed gevaar in ‘n posisie waarin ons ‘n paar maande gelede in die moeilikheid was.

Dan het Philip van der Walt, Lappies Labuschagne, Boom Prinsloo en Johan Wessels bewys ons het nou hope taelent tussen die losvoorspelers. Agterlangs het Piet “Veldskoen” van Zyl baie goed na vore getree en sal beslis ‘n goeie plaasvervanger vir Sarel Pretorius wees.

Voorts het Johan Goosen deurgekom as sekerlik Suid-Afrika se beste jong losskakel. Ek is van mening dat hy in die toekoms die Springbok-losskakel gaan wees en die vermoë het om een van die wêreld se beste te word.

In die Absa Curriebeker-eindstryd wat die naweek in Johannesburg gespeel word, gaan ek vir die Haaie skree. Ek wil bitter graag he dat my goeie vriend Stefan Terblanche met ‘n sege in die Absa Curriebeker-eindstryd uittree.

Hy het in ‘n loopbaan wat meer as 17 jaar geduur het goeie diens gelewer aan Suid-Afrikaanse en Haaie-rugby. As daar een ou is wat dit verdien om op ‘n hoe noot af te sluit, is dit hy – believe. Andries Strauss

piet-van-zyl

Posted by 15.co.za on October 27th, 2011 under General • 3 Comments

Naka Drotske receives ABSA Currie Cup Coach of the Month Award for October

_dsc3585

Naka Drotske and Rudi Vogt in photo by Denese Lups

The Toyota Free State Cheetahs coach, Naka Drotske and GWK Griquas fullback, Rudi Vogt received the ABSA Currie Cup Coach and Player of the Month awards this morning at the Free State Stadium in Bloemfontein.

The ABSA Currie Cup Coach of the Month competition is designed to acknowledge and reward coaches for their outstanding leadership and player management skills. Players, who are consistent and significantly contribute to the overall performance of the team, come into reckoning for the Player of the Month.

A media panel, consisting of respected journalists and commentators, were unanimous in their choice of the Cheetahs coach of the month of October.
Naka’s team did not lose a single match in the second round of the ABSA Currie Cup, and as in previous years, he frequently manages to coach his team to the knock-off phase of the Cup. This year was no different and to go through to the semi’s, without losing a match in the second round, is no small feat.
Naka’s biggest feat was without a doubt an away win against fellow semi-finalists, DHL Western Province at DHL Newlands, a win that basically assured the Cheetahs of a semi-final spot. Both teams were knocked out in the semis by The Sharks and The MTN Golden Lions this past weekend.

With regards to the Player of the Month, Rudi Vogt received the majority of the votes. The panel felt he played a major part in upsetting the Vodacom Blue Bulls in Kimberley and effectively kicking them out of the 2011 ABSA Currie Cup.

Players Elton Jantjies (MTN Golden Lions), Ashley Johnson (Toyota Free State Cheetahs) and Jaco Bouwer (Ford Pumas); and Coaches Abre Minnie (GWK Griquas) and John Plumtree (The Sharks) respectively, were also nominated for their fantastic performances in October.

Posted by 15.co.za on October 26th, 2011 under General • No Comments