Cheetah Bulletin 42

Toyota se Taaiste Cheetah vir 2012

Heinrich Brussow is Toyota se Taaiste Cheetah vir 2012.  Hierdie toekenning wat deur die afrigters van die Toyota Vrystaat Cheetahs beslis word, is op Dinsdag, 4 Desember in die Vrystaat Stadion aan Heinrich oorhandig.

Reg deur die Vodacom Super Rugby en Absa Curriebeker seisoen het die afrigters na afloop van elke wedstryd Toyota se Taaiste Laagvat en Toyota se Waardevolste Speler aangewys.

Twee spelers het elke week ‘n kontant bedrag van Toyota ontvang as beloning vir hulle goeie spel.  Heinrich Brussow was die speler wat aan die einde van die jaar die meeste kere die toekenning ontvang het.   Met die komplimente van Toyota ontvang Brussow ‘n bedrag van R20 000.00 as prysgeld.

Lappies Labuschagne is in 2011 as Toyota se mees waardevolste speler aangewys en was die eerste speler wat hierdie toekenning van Toyota ontvang het.

Premierliga-Sewestoernooi

Die Toyota Cheetah span wat op 14 en 15 Desember aan die Premierliga-Sewestoernooi in George gaan deelneem is:   Robbie van Schalkwyk, Torsten van Jaarsveld, Leon Karremaker, Rayno Benjamin, Marnus Schoeman, Sarel Pretorius, Willie le Roux, Riaan Smit, Johann Sadie, Raymond Rhule, Philip Burger.  Die afrigters van die span is Hawies Fourie (hoof), Monty Engelbrecht (hulp).  Arni van Rooyen is die spanbestuurder en Niel du Plessis sal vir die kondisionering van die span sorg.

Shimlas in 9 dae van plaat- na bekerkampioene

Die Shimla-sewespan van die Universiteit van die Vrystaat, wat in die jare 70-80 van die vorige eeu onoorwonne in alle sewestoernooie in Suid-Afrika was, en in 2006 die wêreldberoemde Melrose-toernooi in Skotland gewen het, het hom die afgelope klompie dae weer as een van Suid-Afrika se top-sewespanne gevestig.

Die Kovsies het van plaat-wenners die vorige Saterdag in Plettenbergbaai tot beker-kampioene die afgelope Saterdag in Margate in die tweede Varsity Sports-toernooi verbeter.

Die Maties, wat die eerste toernooi in Plettenbergbaai gewen en ook baas was in die USSA-toernooi in George, is as die algehele wenners gekroon.

Die Stellenbossers het met 17-31 teen Kovsies in Margate se toernooi vasgeval.

Hoewel die Ikeys Saterdag die tweede keer in ’n plaat-eindstryd in die Varsity Sports-reeks gespeel het, het hulle naelskraap met 17-19 teen die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) verloor.

Die Maties en die Shimlas het albei Vrydag se groepwedstryde onoorwonne afgesluit en bo-aan Groep A (Maties) en Groep B (Kovsies) klaargemaak.

Waar die Maties van die eerste toernooi af die sterkste span was, het die Bloemfonteiners algaande verbeter. Nadat hulle die eerste dag in Plettenbergbaai gesukkel het, het hulle die plaat-afdeling daar gewen.

Daarna was hulle derde in die USSA-toernooi en het hulle ná hul Margate-sukses algeheel derde in die reeks klaargemaak. Pukke, wat in die Plettenbergbaai-eindstryd teen die Maties verloor het, was algeheel tweede.

Die Kovsies het die Maties Saterdag in Margate twee keer geklop. Buiten die eindstryd, was hulle ook in ’n beker-uitspeelwedstryd met 17-12 baas.

Die Vrystaters het Saterdag klippe gekou om die Universiteit van Johannesburg (UJ) met 12-10 te klop en was met 26-17 oor die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se Madibaz baas.

Die Maties het voor die eindstryd Tukkies met 10-5 en Pukke met 24-7 verslaan en teen Kovsies verloor.

In die eindstryd was Kovsies 12-0 voor, waarna die Stellenbossers teruggeveg het om dit rustyd 12-12 te maak. Teen die einde was die Kovsies 24-17 voor toe Maties geprobeer het om sake gelyk te trek, maar die Kovsies het in beseringstyd weer gedruk om met 31-17 die wa deur die drif te trek.

Saterdag se uitslae: Maties 10 Tukkies 5; UJ 5 Pukke 12; NMMU 17 Kovsies 26; Ikeys 41 Limpopo 0; TUT 22 UWK 24; Maties 12 Kovsies 17; UJ 7 Tukkies 36; NMMU 0 Pukke 22; Ikeys 26 UWK 7; TUT 36 Limpopo 5; Maties 24 Pukke 7; UJ 10 Kovsies 12; NMMU 12 Tukkies 24. Plaat-eindstryd: UWK 19 Ikeys 17; Beker-eindstryd: Maties 17 Kovsies 31.

Finale reeksstand: 1. Maties 22; 2. Pukke 17; 3. Kovsies 16; 4. Tukkies 16; 5. NMMU 12; 6. UJ 12; 7. UWK 9; 8. Ikeys 6; 9. TUT 4; 10. Limpopo 2.

Toyota Vrystaat Cheetah-uitblinkers

Die Toyota Vrystaat Cheetahs het hul uitblinkers vir die 2012-seisoen op drie byeenkomste vereer: op die jaareinddinee van die VRU op 8 Oktober; die skeidsregters het hul presteerders op hul prysuitdeling op 10 November vereer; terwyl die bekeroorhandiging van die klubs op 28 November in die Presidentslokaal in die Vrystaat-stadion plaasgevind het.

Die toekennings was:

VRU-dinee

Rugbyster van die Jaar (geborg deur PWC) - Adriaan Strauss; Speler wat die Beste vordering getoon het (geborg deur PWC) - Raymond Rhule; Speler van die Jaar (geborg deur PWC) - Johan Goosen; Spelers se Speler van die Jaar (geborg deur PWC) - Raymond Rhule; Vrystaat-kleure - Nico Scheepers, Raymond Rhule, Davon Raubenheimer, Schalk van der Merwe, Sarel Pretorius en Ryno Benjamin; Spelers wat 50 wedstryde, of meer, vir die Toyota Vrystaat Cheetahs gespeel het - Robert Ebersohn (61), Sias Ebersohn (56), Hennie Daniller (60), Francois Uys (54).

Toyota VS Cheetahs Joernalis van die Jaar - Sport24 en Volksblad se rugbyskrywer, Jóhann Thormählen.

Skeidsregters-jaareindgeselligheid

HW van Niekerk-trofee (Skeidsregter van die Jaar) - Jaco Peyper; Hennie du Plooy-trofee (eersteliga-skeidsregter wat die meeste vordering getoon het) – Lourens van der Merwe; Francois Retief-trofee (die skeidsregter wat die beste algehele vordering gemaak het) - Tiaan Venter; Marlize Jordaan het vanjaar ook háár Springbok-baadjie ontvang as internasionale skeidsregter (sy is die eerste vrou wat haar land op die rugbyveld as speler én skeidsregter verteenwoordig); Beste beginner – Jaco Ackermann; Meeste gevorder as Tweedeliga-skeidsregter – Jaco Joubert; Meeste gevorder as Eersteliga-skeidsregter- Lourens van der Merwe; Bydrae tot vereniging: Skille le Roux; Beste algehele vordering – Tiaan Steyn; Sarra-pryse: SERTIFIKAAT VIR ERKENNING – Schübel O’Reilly; MEESTE GEVORDER - Marlize Jordaan.

Klub-bekeroorhandiging

Kloppersbeker (Derde Liga B) - Bfn Polisie III; Derdeligabeker (Derde Liga A) - SUT Jongspan; Tweedeligabeker (Tweede Liga B) - Bfn Polisie II; Tweedeligabeker (Tweede Liga A) - UV o.21; Rowanbeker (Eerste Liga B) - Tjisas (SUT); Stadsbeker (Eerste Liga A) - Shimlas (UV).

Subunie Platteland

George Nel-trofee (Subunie-kampioene) – Steyners; Human Auto-trofee (Subunie-kampioene) – Steyners; Boetie Steenkamp-trofee (Subunie plaat) - Venterstad Rovers; M & B-skild – Burgersdorp; Presidentbeker (klub wat algeheel die beste presteer het) - Universiteit van die Vrystaat.

Senior spelers

Joe Venter-trofee (Klubspeler van die Jaar) - Oupa Mohoje (UV); Meeste opgang - Fanie Coetzer (SUT); Meeste drieë - A.J. Coertzen (UV), Oupa Mohoje (UV), Alec Mhlangu (SUT), Innus Kritzinger (SUT); Meeste punte - Franna du Toit (UV).

Junior spelers

Meeste opgang - Khotso Molatole (Mangaung); Meeste drieë - Max Moloi (SUT); Meeste punte - Jonathan le Riche (UV).

Vroue

Speler van die Jaar - Bernice Strydom; Meeste opgang - Kamohelo Makoele; Beste prestasie - Nedene Botha; Johan Botes-trofee (Sekretaris/klubbeampte van die Jaar) - Marita van Staden.

Afrigter(s) van die Jaar - Barend du Plessis, Nico Nepgen.

Onder 21’s

Speler van die Jaar - Neil Jordaan; Waardevolste speler van die Jaar - Elandré Huggett.

Springbokke en Franse enigste onoorwonne

Die Springbokke en die Franse is ná die einde-van-die-jaar-toetse in Europa die enigste van die top 10-lande wat hul verpligtinge afgesluit het nadat Engeland teen die verwagting in Saterdag op Twickenham in Londen met die wêreldkampioen, Nieu-Seeland, 38-21 afgereken het.

Die Springbokke (58.33%) het naas Nieu-Seeland (85.71%) en Frankryk (60.00%) vanjaar die beste gevaar. Nieu-Seeland het net dié een toets, teen Engeland verloor, terwyl Frankryk 6 van sy 10 toetse gewen, en Suid-Afrika 7 van sy 12 toetse gewen het.

Die ander 7 top-lande het só gevaar: Australië (8 van 14 gewen), Engeland (6 van 12), Wallis (5 uit 12), Argentinië (6 van 15), Italië (4 van 11), Ierland (3 van 10) en Skotland (3 van 11).

This entry was posted on Tuesday, December 4th, 2012 at 12:59 pm and is filed under General, Management, Marketing, Uncategorized. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

3 Responses to “Cheetah Bulletin 42”

  1. gielie Says:

    So, op watter meriete is die uwe heer Drotske die S15 afrigter en nie Pote Human nie???? O ja, ek het vergeet - Naka is groot buddies met die grootbaas. Kyk ek is ‘n groot Cheetah fan maar dit wat jul nou aan die Griekwas doen (presies soos wat die Cats met die Cheetahs gedoen het) om hul GEEN games in Kimberley te gee hie, die swakker afrigter van die 2 unies die streekspan te laat afrig ens, voel ek dat hul baie goeie rede het om ongelukkig te wees……….die buddy-buddy ding sal altyd die kanker in die cheetah streek wees. Kom ons kyk of admin my ‘freedom of speech’ post gaan plaas…….en as hy doen, niemand by die unie sal die ooit lees nie, want hul is te besig om te kruip by die baas wat hul bevorder as hul nie perform nie (Naka en Hawies en sommer ook die res)

  2. Mike Says:

    Mooi so Gielie, kom ons vat hulle sommer van vroeg af aan. Ek stem 100% saam met jou.

  3. MOLLIE JOUBERT Says:

    ONS WIL ALGER GRAAG WEET WAT BY DIE JAARVERGADERING GEBEUR HET. DAAR IS BELOWE DAT TERUGVOERING GEGEE SAL WORD, MAAR NIKS HET DAARVAN GEKOM NIE.
    DINGE GAAN BLYKBAAR NET SO AAN SOOS VOORHEEN………….

Leave a Reply