Cheetah Bulletin 41

1

Premierliga-Sewestoernooi

RAYMOND RHULE, wat vanjaar met agt drieë die voorste driedrukker in die Absa Curriebeker-reeks was, sal saam met ander Toyota Cheetah-sterre soos Willie le Roux, Ryno Benjamin, Boom Prinsloo, Sarel Pretorius en die aanwins van die Blou Bulle, Johann Sadie, moontlik in die Premierliga-sewestoernooi, met prysgeld van R1 miljoen deelneem.

Spelers in die Toyota Cheetah oefengroep is: Ryno Benjamin, Robbie van Schalkwyk, Marnus Schoeman, Torsten van Jaarsveld, Leon Karemaker, Boom Prinsloo, Piet van Zyl, Sarel Pretorius, Willie le Roux, Riaan Smit, Barry Geel, Cameron Jacobs, Raymond Rhule, Philip Burger, Kevin Luiters, Johann Sadie.  12 van hierdie spelers sal vir die span gekies word wat op 14 en 15 Desember op Outeniquapark in George vir die Toyota Cheetahs in aksie wees.

Springbok Sewes

Intussen is Kevin Luiters, lewendige SA Onder20-skrumskakel van die Shimlas, deur mnr. Paul Treu, afrigter van die Springbok-sewesspan, as ‘n nuweling in sy span ingesluit vir die komende sewestoernooie van die Internasionale Rugbyraad in Dubai en in die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth.

Die toernooi in Dubai is Vrydag en Saterdag, terwyl die Baai se toernooi op 8 en 9 Desember is.

Nóg twee Vrystaters, Chris Dry en Philip Snyman, is in dié span van 12 lede. Robert Ebersohn, wat vanjaar hom as kaptein van die Toyota Vrystaat Cheetahs in die Absa-Curriebeker-reeks onderskei het, is weens ‘n kniebesering nie vir die span se eerste twee toernooie in die seisoen 2012-’13 oorweeg nie.


Die volledige span is: 1. Chris Dry, 2. Philip Snyman, 3. Frankie Horne, 4. Warren Whiteley, 5. Cornal Hendricks, 6. Kyle Brown (kaptein), 7. Branco du Preez, 8. Stephan Dippenaar, 9. Paul Delport, 10. Kevin Luiters, 11. Tshotsho Mbovane en 12. Steven Hunt.

Springbokke

Kevin Luiters is die Vrystaat se 39ste Sewes-Springbok. Vroeër vanjaar is Johan Goosen (77e) en Raymond Rhule (78e) in die Springbok-vyftienmanspan ingesluit. Adriaan Strauss (haker) is die onderkaptein van die Springbokke. Die Vrystaat het voorheen ook 48 Junior Springbokke opgelewer, ‘n span wat in 1992 laas gekies is. Die Vrystaat het ook sy kwota SA Onder21’s (49), SA Onder20’s (sedert 2008 – 22 – vanjaar Raymond Rhule), SA Skole (107 – vanjaar Ox Nche, Louis Botha) en SA Vroue (6) gelewer.

  • Die Springbokke het hul tweede agtereenvolgende toets met ‘n voorry “Vrystaters” begin – Gurthrö Steenkamp, wat 42 wedstryde vir die Blikore gespeel het, Adriaan Strauss (54 wedstryde) en Jannie du Plessis (69). Daarbenewens het ander oud-Vrystaters Saterdag vir die Springbokke teen Engeland op Twickenham in Londen gespeel: Duane Vermeulen (28 wedstryde), Ruan Pienaar (9) en Flip van der Merwe (35) het óók hul rugby vir die Vrystaat begin speel, voor hulle groener weivelde gaan opsoek het.

Varsity Sports-sewestoernooi

Die Maties van Stellenbosch se sewesrugbyspan het die afgelope Saterdag die eerste wenners van die Varsity Sports-sewestoernooi op Plettenbergbaai geword deur die NWU-Pukke in die eindstryd met 29-24 ná ekstra tyd te klop.

In die twee spanne se eerste wedstryd Vrydag het sake ook gelykop met 17-17 geëindig.

Die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat het, nadat hulle op die eerste dag droewig gevaar het, Saterdag algaande beter in die nat, winderige toestande gespeel en het die troos dat hulle die Plaat-afdeling gewen het deur die Ikeys in die eindstryd met 38-0 ore aan te sit.

Die tweede Varsity Sports-toernooi vind die komende naweek in Margate plaas.

Die uitslae van die Plet-toernooi is:

Vrydag – Maties 35, UV 22; Limpopo 0, NMMU 82; UJ 0, Tukkies 10; TUT 7, UWK 35; Maties 62, Limpopo 0; Pukke 26, NMMU 0; UJ 33, TUT 7; UWK 26, Ikeys 21; Pukke 17, Maties 17; UV 45, Limpopo 0; UJ 12, Ikeys 10; Tukkies 35, TUT 0; Maties 19, NMMU 17; Pukke 25, UV 5; UJ 31, UWK 0; Ikeys 7, Tukkies 21; Pukke 57, Limpopo 0; UV 7, NMMU 21; Ikeys 26, TUT 5, Tukkies 24, UWK 12.

Saterdag - PLAATKOMPETISIE: Shimlas 50, TUT 0; Limpopo 0, Ikeys 55; Shimlas 22, Ikeys 5; Limpopo 0, TUT 48. EINDSTRYD: Shimlas 38, Ikeys 0.

UITSPEEL 9de/10de PLEK:  Limpopo 5, TUT 40.

BEKER-KOMPETISIE: NWU-Pukke 31, UWK 5; Maties 45, UJ 24; NMMU 22, Tukkies 22; NWU-Pukke 12, Tukkies 14; Maties 47, UWK 0; NMMU 17, UJ 17; NWU-Pukke 36, UJ 5; Maties 19, Tukkies 17; NMMU 17, UWK 5. EINDSTRYD: Maties 29, NWU-Pukke 24. – varsitysportssa.com.

Wêreldbekertoernooi – 2015

Met slegs die komende naweek se twee toetse – Engeland teen Nieu-Seeland op Twickenham in Londen, én Wallis in die Millennium-stadion in Cardiff teen Australië – vir 2012 oor, is dit ‘n uitgemaakte saak dat Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Australië en Frankryk, in dié volgorde, op vanjaar se wêreldranglys sal eindig.

Dit sal dus beteken dat dié vier spanne bo-aan húl afdelings geloot sal word, wanneer die Internasionale Rugbyraad aanstaande Maandag hul loting vir die volgende WB-toernooi in Engeland bekend sal maak.

Engeland, wat saterdag met 15-16 teen die Springbokke op Twcickenham verloor het, het die kans dus verbeur om in een van die top-plekke in die vier afdelings te eindig.

Die top3-spanne in elke afdeling kan só lyk:

Afdeling A – Nieu-Seeland (die kampioen in 2011 en 1987), Engeland (kampioen in 2003), Argentinië.

Afdeling B – Suid-Afrika (kampioen in 2007 en 1995), Ierland, Italië.

Afdeling C – Australië (kampioen in 1991 en 1999), Wallis en Tonga.

Afdeling D – Frankryk (naaswenner in 1987, 1999 en 2011), Samoa en Skotland.

Die volgende 18 spanne vul plekke 13 tot 30: 13. Kanada, 14. Fidji, 15. Japan, 16. VSA, 17. Georgië, 18, Roemenië, 19. Spanje, 20. Rusland, 21. Portugal, 22. Uruguay, 23. België, 24. Namibië, 25. Chili, 26. Pole, 27. Korea, 28. Hongkong, 29. Duitsland, 30. Zimbabwe.

Wêreld-sewesstoernooie vir vroue

Suid-Afrika is een van die twaalf lande van ses kontinente wat die komende naweek in Dubai aan die Wêreld-sewestroernooi vir vroue sal deelneem. Hoewel die Vrystaat geen speler in die span het nie, is Orna Prinsloo, as spanbestuurder, ons enigste verteenwoordiger in die span, wat só lyk:

Yolanda Meiring (BB), Mandisa Williams (kaptein), Nwabisa Ngxatu, Ziyanda Tywaleni, Nosiphiwo Goda, Fundiswa Plaatjie (almal Grens), Zenay Jordaan, Phumeza Gadu (albei OP), Natasha Hofmeester, Bella Benele Makwezela, Zimkitha Tsilana (almal WP) en Mathrin Simmers (SWD).

Beamptes vir die 2013-seisoen

Ná die jaarvergadering van die VRU op Woensdag 21 November is die volgende Bestuurstrukture vir 2013 gekies:

Direksie van die Vrystaat Cheetahs (Edms) Bpk. – Graham Abrahams (Voorsitter – SuperSport), Brandon Foot (SuperSport), Nazeer Wadee (SuperSport), Happy Ntshingila (SuperSport), Lindsay Mould (Vrystaat Rugby), Cedric Carson (Vrystaat Rugby), Lou Niewoudt (Vrystaat Rugby), prof. Basie Verster (Vrystaat Rugby), Ernst Beck (Vrystaat Rugby – nuut), Ryno Opperman (Vrystaat Rugby – nuut), Steva Klopper (Besigheidsforum – Gekoöpteer: nuut), Harold Verster (Besturende Direkteur: Vrystaat Cheetahs, Edms., Bpk. – Ex officio).

Uitvoerende bestuur van die VRU - Mnre. Lindsay Mould (President), Cedric Carson (Adjunkpresident), Rikus van Schalkwyk (Polisie – nuut), lt.kol. Hansie Yzelle (Weermag), Josie O’Brien (Laerskole – nut), Lou Niewoudt (SUT – nuut), Albert Mocke (Skeidsregters) en Boetie Steenkamp (Platteland – gekoöpteer).

Ouditkomitee van die VRU Vrystaat Cheetahs (Edms.) Bpk. - Prof. Arrie Schoonwinkel.

Vrystaat-skeidsregters in toetse

Die eerste keer in die geskiedenis het twee Vrystaters op dieselfde dag toetse tussen lande in die top 10-ranglys van die Internasionale Rugbyraad beheer toe Jaco Peyper Saterdag die toets tussen Ierland (6de) en Argentinië (9de) beheer het, en Lourens van der Merwe die toets in Florence, Italië, tussen Italië (10de) en Australië (3de) die 31ste man op die veld was.

Die uitslae van die afgelope Saterdag se toetse:

Aviva-stadion, Dublin: Ierland klop Argentinië 46-24 (die gewese Vrystater Richardt Strauss het een van Ierland se sewe drieë gedruk).

Twickenham, Londen: Suid-Afrika klop Engeland 16-15.

Stadio Artemio Franc, Florence: Australië klop Italië 22-19.

Pittodrie-stadion, Aberdeen: Tonga klop Skotland 21-15.

Stadion National de Rugby Arc de Triomf, Boekarest: VSA klop Roemenië 34-3.

Millennium-stadion, Cardiff: Nieu-Seeland klop Wallis 33-10.

Stade de France, Parys: Frankryk klop Samoa 22-14.

Tbilisi, Georgië: Fidji klop Georgië 24-19.

Beker oorhandiging aan Klubs

Die beker oorhandiging van die klubs vind plaas op Woensdag, 28 November 2012, om 18:00 in die Presidentslokaal (agter die Presidentslosie) plaas.

kaartjies

This entry was posted on Monday, November 26th, 2012 at 4:40 pm and is filed under General. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

3 Responses to “Cheetah Bulletin 41”

  1. Gerhard Says:

    Enige nuus oor Juan Smith vir volgende jaar se Super 15?

  2. Cheetah bevonk Says:

    Frikkie van Rensburg

    Jy is ‘n legende!
    Jou volledige inligting en statistieke is briljant!
    Waardeer jou berigte.

  3. Theuns Says:

    Enige inligting oor Johan de Bruyn se herstel in die hospitaal?

Leave a Reply