Cheetah Bulletin 40

kaartjies

In sy eerste 19 toetse het Adriaan Strauss, die Toyota Vrystaat-Cheetahs se Springbok-haker en die Toyota Vrystaat Cheetahs se kaptein die afgelope twee seisoene, nie die geluk gesmaak om ‘n toetsdrie te druk nie.  Tóé maak hy dit Saterdag in die harde toets op Murrayfield teen Skotland sommer ‘n drie elk in die eerste én die tweede helfte!

Veral sy onderskep-drie was ‘n juweel-stukkie!

Agt spelers met Vrystaat-bande – die ganse voorry van Gurthrö Steenkamp, Adriaan Strauss, Jannie du Plessis, CJ van der Linde, Duane Vermeulen (agtsteman), Ruan Pienaar (skrumskakel), Flip van der Merwe (slot) en Morné Steyn (losskakel) – was betrokke in die toets, waarin die Bokke veral in die tweede helfte met absolute hegte  verdediging die Skotte gefrustreer het.  Die Springbokke het 21-10 gewen.

Klub Rugby

Crusaders Rugbyklub is een van die spanne wat in 2013 ook in die “Community Cup” kompetisie gaan speel. Die twee klubs van die Vrystaatse Rugby-Unie wat gaan deelneem:    Polisie Rugbyklub en Crusaders Rugbyklub. Twintig spanne gaan aan hierdie kompetisie deelneem en die uitspeelwedstryde sal volgende jaar Paasnaweek in George gespeel word.

Afskop van hierdie kompetisie is op Saterdag, 16 Februarie en sal gespeel word op die klubvelde van die onderskeie klubs.

SA o.17 Oefenkamp

Die volgende spelers is gekies vir die SA Onder-17 Oefenkamp:

· EW Viljoen

· Marius Louw

· Carel Durow

Algemene Jaarvergadering

· Tydens die Spesiale Unieraadvergadering van 21 November sal die volgende verkiesings plaasvind:

Uitvoerende Bestuur vir 2013

Direkteure vir die Vrystaat Cheetahs (Edms.) Beperk

· Die volgende komitee moet aangewys word:

Dissiplinêre Komitee

Die aanwysing van die Ere-Lede vir 2013.

Skeidsregters

Ons twee voorste skeidsregters was albei die afgelope naweek in aksie:

Lourens van der Merwe het sy eerste proesel “groot toetsrugby” gehad toe hy in beheer was van die toets tussen Kanada en Rusland in Parc Eiras, Colwyn Bay, Wallis. Dit was Lourens se tweede toets, nada thy vroeër vanjaar ‘n toets tussen twee Afrika-lande geblaas het. Saterdag hanteer Lourens die toets tussen Italië en Australië in Florence, Italië.

Nadat Jaco Peyper die vorige Saterdag die toets tussen Roemenië en Japan in Boekarest, Roemenië, beheer het, was hy die afgelope Saterdag die plaasvervanger-skeidsregter vir Steve Walsh (Australië) in die toets tussen Frankryk en Argentinië in Lille.  Jaco blaas Saterdag die toets tussen Ierland en Argentinië in die Aviva-stadion in Dublin. Dit sal Jaco se negende toets as skeidsregter wees. Net Steve Strydom (11) het as ‘n Vrystater meer toetse beheer. Jaco het ‘n raps meer as ‘n jaar gelede in sy eerste toets as skeidsregter opgetree.

Toetsuitslae

Die afgelope naweek se toetsuitslae is:

Edinburg – Suid-Afrika klop Skotland 21-10.

Lille – Frankryk klop Argentinië 39-22.

Parc Eirias, Wallis – Tonga klop VSA 22-13.

Limerick – Ierland klop Fidji 53-0.

Londen – Australië klop Engeland 20-14.

Rome – Nieu-Seeland klop Italië 42-10.

Boekarest – Japan klop Roemenië 34-23.

Colwyn Bay, Wallis – Kanada klop Rusland 35-3 (Lourens van der Merwe hier die skeidsregter).

Kirkie en Bruynstes

Twee van ons bekendste oud-Springbokke – Ian Kirkpatrick (senter/losskakel) en Johan de Bryun (slot) – was die afgelope naweek om die verkeerde redes in die nuus.

  • Ian Kirkpatrick het tussen 1958 en 1960 vir Oud-Greys en die Vrystaat gespeel. Hy was in 21 van sy 28 wedstryde kaptein. Hy het later Griekwas afgerig wat in 1964, 1968, 1969 die Sport Pienaarbeker ingepalm het, en in 1970 die Curriebeker verower het. Hy’t in 13 toetse (1953-’61) losskakel en senter vir die Springbokke gespeel. Hy was ‘n Springbok-keurder en -afrigter (1967 en 1974). Sy vrou, Norma (néé Doubell), en sy suster, Rhona, was Springbok-hokkiespelers, en sy swaer, Dick Lockyear, Rhona se man, ‘n Springbok-skrumskakel (1960-’61: 6 toetse). Sy moeder Eva Kirkpatrick was ‘n Springbok-hokkiespeler (1925-’30). Kirkie was een van die oudste lewende Vrystaatse rugbyspelers. Kirkpatrick was op 25 julie 82 jaar oud. Hy, dr. Danie Craven en mnr. Dougie Dyers het in die 70s’-80’s ‘n rugbytoernooi vir die visfabrieke langs die Weskus begin, ‘n reeks wat vanjaar feestelik gedenk is.

  • Johan de Bruyn was ‘n onverskrokke slot wat vir g’n duiwel op die rugbyveld gestuit het nie. Hy het Saterdag in een van die brande op die Ghaapse Berg tweede graadse brandwonde opgedoen. Dit was ‘n baie hartseer-gesig om hierdie forsse man – wat op 12 Oktober 64 jaar oud geword het, gister met ‘n besoek aan die Medi-Clinic-hospitaal in sy wit hospitaalbed te sien. Dit was ongelooflik hartseer om dié groot man van oor die 180kg eintlik so hulpeloos tussen die wit lakens op ‘n hospitaalbed in die hoësorg-eenheid te sien lê. Toe ons daar kom was hy nog erg in ‘n beswyming nadat hy kort tevore drie uur in die teater was waar sy brandwonde aan sy bene en sy linkerhand behandel is. Ek was bevoorreg om by hom in te gaan. Hy het sommer ‘n opflikkering gehad toe hy my sien. Die trane het uit daardie groot bruin oë geloop. Algaande het die vegtershart in daardie breë borskas ingeskop. Hy het vertel hoe hy die Here gebid om hom die brandpyn te spaar en dat alles vinnig verby moes wees toe hy in die vlamme geval het. Hy het uit sy Land Cruiser geklim, wat in ‘n groot erdvarkgat vasgeval het, om die vlamme te ontkom. Hy is deesdae nie baie beweeglik nie, en het toe in sy haas geval en die vlamme is oor hom. Sy plaaswerkers Arrie en Andries het met ‘n groot gesukkel die groot liggaam uit die vlammesee gesleep. In dié proses het Johan baie van sy beenvel aan sy bene verloor. Johan het in erge pyn orent gesukkel, is terug na sy bakkie toe en ná ‘n groot gesukkel het hy die bakkie uit die gat gekry en van sy suster se plaas, Witvlei, waar hy deur die vlamme oorval is, na sy familieplaas, Palmietfontein, so 20-25km verder gery. Intussen is ‘n doktersvriend in die Hartvallei, dr. Kuhn, ontbied wat sy wonde behandel het, voor hy na Bloemfontein gebring is. Bruynstes het tussen 1970 en 1980 in 40 wedstryde vir die Vrystaat gespeel.

INLIGTING DEUR Frikkie van Rensburg

Meer Leedwese

Ons innige simpatie gaan uit na Mary Willemse, Senior Bestuurder:  Promosies en Borgskappe van Toyota en haar hele gesin wat die afgelope naweek hulle seuntjie, Werner, tragies aan die dood afgestaan het.

This entry was posted on Tuesday, November 20th, 2012 at 6:32 am and is filed under General. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

5 Responses to “Cheetah Bulletin 40”

  1. Norman du Plooy Says:

    Verskoon my as ek onnosel klink, maar lees gou die laaste deel van die berig. Daar word uigebrei oor Ian Kirkpatrick se geskiedenis maar daar word glad nie gemeld hoekom hy om verkeerde redes in die nuus was nie. (Ek lei nou maar af dt hy oorlede is aangesien daar gemeld word dat hy die oudste lewende Vrystaat rugby spele WAS - maar dit word nie pertinent gese of waaraan hy oorlede is nie). Aan die ander kant word daar vreeslik uitgebrei oor Johan de Bruyn se ongeluk en net aan die einde word daar gemeld dat hy 40 games vir die Vrystaat gespeel het. Werklik mense, proeflees iemand nie die goed voor julle dit plaas nie? Kyk sommer na die formatting wat orals in die berig verskyn “·

  2. Mike Says:

    Jammer om te hoor van Ian Kirckpatrick en Bruinstes. Ek het ook vir Polisie Bloem gespeel tydens sy speel jare daar. Net soos Meyer gekritiseer word oor sy skop en mog het troffe wedstryd plan het ons as ondersteuners deurgaans die afgelope seisoen die afrigters van die Cheethas gekritiseer vir dieselfde taktiek wat niks opgelewer het nie. Snaaks dat die Volksblad nou daarna verwys en seker omdat die sogenaamde afrigters van die Vrystaat nie ter sprake is nie. Nog iets, die man wat trekpas moet kry is Harold Verster en sowaar sy posisie is nie eens ter sprake nie! Ingemessel se ek vir jou en jy sal hom nie eers met plofstof uitkry nie.

  3. Mike Says:

    Juan, dit maak my hartseer om dit kwyt te raak maar gaan liewer Frankryk toe in plaas van onder die onkundige afrigters jou loopbaan voort te sit. Heyneke sal jou nog steeds kies waar ookal speel want jy was eintlik die aangewese springbok kaptein as dit nie vir jou besering was nie.

  4. Theuns Says:

    Sterkte Johan en mag jy spoedig herstel.

    Wat Frikkie nalaat om te noem is die feit dat Johan saam met sy slotmaat, Stoffel Botha die Skitter Leeu slotte van Gordon Brown en John-Willy Mcbride so besig gehou het dat hulle feitlik geen invloed op die wedstryd gehad het nie, en ‘n reuse aandeel daarin gehad het dat VS amper die westryd gewen het.

  5. cheetah Says:

    Altwee groot name toe Vrystaat nog trotse spanne was.Buinstes sou sy lewe vir die States gee.

Leave a Reply