
Tydens ‘n sake dinee wat in September aangebied is deur die Vrystaat Cheetahs (Edms) Bpk, is prominente besigheidsmense van Bloemfontein gekies om op ‘n besigheidsforum te dien. Hulle is: Steva Klopper (Voorsitter), Dave Strauss, Marco Torsius, Ryno Opperman, Willem van Huyssteen, Valentine Rantsoareng en Dennis van Zyl. Johan Botes is aangestel as sekretaris en Wilna Jurack as kantoorbestuurder.
Die voorsitter van die forum, mnr. Steva Klopper is uitgenooi om Direksievergaderings by te woon om die forum ook verder by die besigheid te betrek. Die doel van die Besigheidsforum is om Vrystaat Rugby se beeld te bevorder, om die Maatskappy van raad en advies te bedien en om ook bystand te lewer om die besigheid kommersieel sterker te laat groei.
Bestuurslede van Vrystaat Rugby het Maandag tydens ‘n beraad, elk ‘n voorlegging aan die forum gedoen om insig te gee oor die werksaamhede van elke afdeling. Die dag is baie positief deur die lede van die besigheidsforum ervaar en hulle het ook positiewe terugvoering gelewer oor die aksies.
Mnr. Klopper het gesê dat mens nie besef hoe groot die omvang van die besigheid is nie en dat die besigheid op ‘n baie hoe en professionele vlak bestuur en bedryf word.

Wonderlik, goeie inisiatief- hoop dit gaan van krag na krag!
Ek is bly om iemand van Cocca Cola ook daar te sien.Wie weet,miskien kan Coke so 10-15 spelers borg.Sterkte aan almal.
Kan jul asb. die players update ? sodat ons kan sien wie is by ons en wie nie