The Vodacom Free State Cheetahs have announced the Team to play the Blue Bulls at Vodacom Park on Saturday afternoon. This will be a great day for Rugby in Bloemfontein with the U/19 and U/21 teams doing battle as well!!

The Vodacom Free State Cheetahs have announced the Team to play the Blue Bulls at Vodacom Park on Saturday afternoon. This will be a great day for Rugby in Bloemfontein with the U/19 and U/21 teams doing battle as well!!

So, die span bly dieselfde. Sterkte manne, persoonlik dink ek dis die regte besluit, in die verlede het die terugkeer van die Springbokke menige spanne se ritme versteur. Julle kan dit doen.
Wat het nou met Mapoe gebeur, Vrystaat het hand en tand baklei om hom te behou en nou word hy glad nie gekies nie?
Sterkte manne , hoop Carse kry speelkans en Kabamba moet Scholtz vroeg indie 2de helfte vervang
Lourens volgens rugby 365 oefen Mapoe nog bydie Sharks ten spuyte van die hofbeslissing - hys n goeie talent en baie belowend , maarhy is besig om vir homself n baie slegte naam te maak in SA rugby - nie eens te praat vand die Natakl Rugby Unie nie .
Cheetahs , wen die een en n tuis semi is binne beryk .
Lekker bang vir Bakkies ne!
@ Lourens: Mapoe is blykbaar nogsteeds in Natal. Weier om terug te kom.
Sterkte states vir Saterdag, wen die flou vulle nou op ‘n ordentlike manier, kry ‘n tuis semi en Bloem se paviljoen sal stampvol wees. Bewys ons ondersteuners bietjie verkeerd met sjampanje rugby want ek het ‘n gevoel hierdie paar wenne is net wat jul nodig gehad het vir selfvertroue vir die res van die kompetisie.
Cheetah groete
Vir die hele Cheetah span, van speler tot President van die Unie, baie sterkte vir Saterdag. Ons staan bankvas agter julle.
Groete.
Begin driee druk. Het iemand dalk rekord gehou in hoeveel games het ons bonuspunte gekry vir driee? Seker dalk net die Pumas en Luiperds games? Daarby kan die statistikuste ook vir my se hoeveel driee bonus punte verlede seisoen. Behoort net interessant te wees noudat ons die jaar ‘n skop en defend game speel en verlede jaar tot die einde bly aanval het. Amper elke game het ONS in die laaste 15 min gewen….deur aan te val…
Voorspoed aan al die spelers en bestuur
No 4, ek verstaan nie jou comment nie. Dis vir ons eintlik ‘n jammerte Bakkies is nie gekies nie. Hy is vir ons of enige span waarteen hy speel so 3 strafskoppe en ‘n geel kaart (of selfs rooi) werd.
Ek sit nou al heelweek voor hierdie blog en lees, en ek probeer positief dink dat ons Saterdag kan wen, maar dit gaan maar bars.
Veral teen ‘n span wat verlede Saterdag soveel moed moes geskep het teen die Sharks, ‘n paar Springbokke terug het, terwyl ons nie het nie. Ons sit nog steeds met ‘n paar verkeerde spelerkeuses, swak agterlyn afrigting, en ons span en veral agterlyn sukkel a.g.v. daarvan.
Die afrigters en spelers se kommentaar oor F.Hougaard bekommer my ook, want as daar op hierdie stadium een speler in die bulls span is wat die wedstryd vir hulle kan wen, dan is dit hy. En ek is nie oortuig dat Ludeke wel vir Hougaard op skrumskakel gaan speel as die span eers op die veld is nie. Dit sal eintlik half dom van hom wees as mens in ag neem watter rol hy in die bulls se S14 span op vleuel gespeel het.
As hulle ons wil wen sal hulle Hougaard op vleuel speel want ons agterlyn is die plek waar ons geklop kan word. Veral as die vories, wat 90% van die werk moet doen, hier na 60 - 70 minute te moeg is om verder die verdediging te handhaaf.
Wat ek wel weet, en as die log en fixtures vir al die spanne in ag geneem word, is dat indien ons hierdie naweek nie ten minste 4 punte kry nie, ons CB kompetisie vir 2010 waarskynlik verby gaan wees, en gaan ons moontlik met die Griekwas moet uitspook vir die 3de laaste plek op die log.
Maar soos ‘n ou Cheetah nou maar is, hou ek vir hulle duim vas en hoop ek steeds hulle bewys my ernstig verkeerd, en trek dié naweek ‘n haas uit die hoed.
Sterkte Cheetahs. Kom ons het hulle op Loftus gewen, doen dit nou voor julle tuis skare. Dit is n BAIE belangrike game met die log wat so “gejam” is. As ons hierdie een wen vat ons n GROOT stap nader na die semi’s toe.
Sterkte manne. Vat die vulle.
Chris B (11) ek stem.
Ek kan nie verstaan hoe ons kan aanhou met debruyn en strydom, hy skop goed dis waar maar hulle was die swak punte in ons verdediging vrydag aand, gister hoor ek op die radio dat naka se ons verdediging is baie goed gewees, meskien het ek n ander game gekyk maar dit het vir my gelyk of die Griquas drie driee gedruk het en ons amper die game weer teen die einde verloor het, ek wens net die Cheetahs wil ophou daarmee. Ok met die gekla uit die pad uit wil ek net vir die Cheetahs se ek hoop julle hardloop die bulle in die grond in ek het gister vir my n nuwe S14 trui gekoop so asb moet nie laat ek my geld mors nie.Vrystaaaaaaaaaaaat!!!!!!
Chris B (11) –> Goeie pos.. Ek stem met jou saam dat dinge vir ons op die oomblik mooier lyk as wat meeste besef. Ek sien party bloggers praat sommer al van ‘n tuis-semmi! Ons het nie ‘n maklike pad vorentoe nie maar dit maak dié Curriebeker nogal baie opwindend - lanklaas dié klas van opgewondenheid gevoel oor die Curriebeker.
ChrisB - Ek sien jy praat van swak agterlynafrigting. Dink jy nie dit is eerder swak algehele afrigting nie want mens kan nie die agterlyn blameer as die span afgerig word om alles met die voorspelers te moet doen nie? (Ek wys weer daarop dat Hawies Fourie baie goeie hardlooprugby afgerig het by sy vorige span - hoekom kry hy dit nie hier reg nie? Het hy vergeet hoe om af te rig? Het dié span minder talent sy Boland span van destyds? Of is daar iemand wat hom vertel wat en hoe om af te rig?)
Ek sal daarvan hou as ons die bulle vir 80minute lang kan peper met aanvalle. Die beste verdediging is om aan te val! Asseblief Cheetahs - moet nie die bal stadig maak en grond toe vat nie, die skeidsregters hou nie daarvan nie en dan soek hulle foute by die span wat dit doen omdat die skeidsregters se werk is die nuwe reels wat hardlooprugby bevorder moet blaas.
Dié tipe rugby wat ons speel werk dalk teen kleiner spanne met ligter voorspelers maar teen spanne wat fisiek is gaan hierdie spel defnitief nie werk nie. Ons het dit nou al by die springbokke gesien.
(Watse poletiek gaan aan by die Springbokke?)
As julle die game met vier of meer driee kan wen en 5 punte vat, en hardloop rugby speel tot die 80 ste minuut in die final, sal ek die res van die Curriebeker seisoen nie weer kla oor enige spelers (behalwe Bosman en Tewis), of die afrigters nie!
Kobus (16)
Kyk die dag as CARSE bo tannie TEWIS gekies word, en KABAMA bo SCHOLTZ en JW op vleuel met PHILLIP op senter moet ons n Mo@@rse storm in BLOEM verwag…Is dit so moeilik en so buitensporig…Ek hoop regtig ons wen… maar ek glo nie . Meyer het teen WP n goeie wedstryd gehad so hy gaan eers weer teen die PUMAS n goeie game weer uitruk..Gewoonlik wanneer ons teen die BULLS SPEEL wil ons BULLS rugby speel (voorry 10man) en nie VRYSTAAT rugby nie, ek weet nie of LOUIS weer so n goeie dag soos WP sal beleef nie, ook nie konstant in sy game en spel nie, Tannie TEWIS teen HOUGARD EISH!!, UYS op die bank vir wat? dis sulke 50 - 50 gevoelens. Ek wens ek kon se, ons middelveld is dodelik want MEYER speel weer saterdag na saterdag weer die beste rugby van sy lewe en is op vorm die MAN, en ons gaan hom mis volgende jaar, LOUIS STRYDOM is sover dodelik met sy skoppe en spel, en ons mis glad nie n NAAS OLIVIER OF WILLEM DE WAAL nie, Tannie TEWIS maak amok op skrummie, hy moes eintlik FOURIE DU PREEZ vervang het, NAKA en HAWIE het vissie hul is puik met ontleding, ons agterlyn het n nuwe vars brusie, nuwe strukture, gameplan vandat HAWIE EN NAKA betrokke is hul bring iets nuuts na die tafel, kan ons dit se, regtig, as dit was het ek gese ons gaan die BULLE eet…JA ek hoop ek sluk my woorde ek nie bang om jamer te se nie, ek weet nie van jul ouens nie, maar daar is n onsekerheid, nog n ongeloof wat in my hart is so asof ek nie met BOLDNESS kan se ons gaan wen nie, en dit is omdat die span te veel wisselvallig is van super 14 af en hul het nog nie my vertroue gewen nie…HOOP REGTIG HUL KAN DIT SATERDAG DOEN…. CHRIS B, ek dink F. LUDEKE gaan dom wees as hul HOUGARD skuif na vleuel, wat my pla is tannie TEWIS, en HOUGAARD gaan reeds daar amok maak teen hom, as CARSE gespeel het ander saak.. Waar is die HORAK LAAITJIE wat HAWIE help met verdedigend linnies en strukture
#19 JJ. - Frans Ludeke het 2 puik skrumskakels. Dustin Jinka en Ruan Snyman. Enige een van hulle ‘n match vir Tewis. Maar hy sukkel met vleuels, en moes Jaco.v.d.Westhuizen op vleuel insit ( of dis wat op papier wys ). ‘n Speler wat se tyd nie net al lankal verby is nie, maar nog nooit juis ‘n ster was nie, of ooit juis enige iets van vleuel-posisie geweet nie ?
Dit sou dus verseker sin gemaak het om Hougaard op vleuel te speel, en een van die ander skrumskakels in te sit. As jy die berig in Volksblad lees oor Naka-hulle se gameplan vir Saterdag, word daar beplan om weer uit-en-uit voorspeler rugby te speel, so hy loop nie juis oor van vertroue in ons agterlyn nie, en dit kan ek verstaan. F.Ludeke en sy span MOET weet dat dit ‘n baie moeiliker taak sal wees om die Cheetahs voor aan te vat, maar dat hulle baie beter en meer suksesvol teen ons agterlyn kan vaar.
Miskien Chris B (19) Het Naka dit vir die bluff gese en gaan ons die rook uit hulle hardloop
Maar ek twyfel STERK
Kom ons pak die paviljoene stampvol en tackle die bulle laat hulle k@k in hul monde proe!!!!