Vodacom Free State Cheetahs team to take on the Griquas announced

Vodacom Free State Cheetahs vs GWK Griquas

Friday, 3 September, 17:00

15. HENNIE DANILLER
14. PHILIP SNYMAN
13. ROBERT EBERSOHN
12. MEYER BOSMAN
11. JONGI NOKWE
10. LOUIS STRYDOM
9. TEWIS DE BRUYN
8. ASHLEY JOHNSON
7. PHILIP VAN DER WALT
6. HENDRO SCHOLTZ
5. WALTIE VERMEULEN
4. FRANCOIS UYS
3. KOBUS CALLDO
2. ADRIAAN STRAUSS (KAPT)
1. COENIE OOSTHUIZEN

Replacements

16. SKIPPER BADENHORST
17. WP NEL
18. IZAK VAN DER WESTHUIZEN
19. KABAMBA FLOORS
20 TERTIUS CARSE
21. SIAS EBERSOHN
22.. RIAAN SMIT

This entry was posted on Wednesday, September 1st, 2010 at 2:09 am and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

30 Responses to “Vodacom Free State Cheetahs team to take on the Griquas announced”

  1. Cheetahs forever Says:

    Hi ,

    I would like to know what is happening with Frans Viljoen ? When is he expected back on the field ?

    Regards Duane.

  2. Norman du Plooy Says:

    Ek is bly Naka het nie aan die span verander nie. Nou kan julle ons wys verlede naweek was nie net ‘n gelukskoot nie. Go Cheetahs!

  3. MG Says:

    Cheetahs luk goed net jammer Kabamba kan nie begin en Wessels op die bank wees nie.
    Snyman begin al hoe beter op vleuel lyk hy het immers die bou van ‘n regte wereld klas vleuel met sy lengte en gewig en jy kort ‘n losvoorspeler tipe ou op die punte so in daardie geval voel ek Naka en co. dink dalk verder as hulle neuse.
    Nou ja good luck vir die naweek manne.

  4. sam Says:

    Alle sterkte manne - moenie die griekwas onderskat nie .Norman verkies jy Tewis bo Carse ?Dink jy nie dis beter om Bosman te begin uitfasseer sodat ons n senter kombinasie van Eberson en Snyman kan begin bou nie ? Bosman het n goeie game gehad laas week , maar hy het darem n klomp slegte games gehad voor dit .

  5. Chris Says:

    MG (3) –> Ek sal graag wil sien dat jy jou mening staaf waar jy beweer dat mens ‘n “losvoorspeler tipe ou” op die punte kort. Waarom is dit belangrik? Moet dié losvoorspeler waarna jy verwys hardloop met die bal, moet hy verdedig of moet hy help om die bal te verseker as die agterspeler grond toe gaan?

    Ons moet onthou om hardlooprugby te speel! Ons gaan onsself deur die voet skiet deur nie nou hardlooprugy te oefen in wedstryde nie. Dit is ook belangrik dat ons nie negatiewe rugby meerm oet speel nie want in ‘n Curriebeker finaal of semmi-finaal is daar nie plek/tyd vir sulke negatiewe rugby nie - as ons dit daar gaan doen gaan ons afgeslag word.

    Griekwas gaan ons met mening pak! Hulle wil hul kanse om die semmi’s te haal lewend hou en daar is nie ‘n beter span as die Cheetahs om hulle self mee te probeer reg te ruk nie. Griekwas gaan ons peper met goeie gebalanseerde rugby.

    Op die vorige blog is daar verwys na ‘n nuwe S15 afrigter vir die Cheetahs. Kan iemand die sprake daarvan bevestig?

  6. sam Says:

    Norman - niks persoonliks nie , maar dink jy nie dat Wessels in Scholtz se plek moet wees en daar moet plek wees n speler soos JW Jonker nie .
    Die span soos gekies behoort te wen teen die griekwas en het laas week gewen teen WP se B span. Ek dink net n beter span keuse sal ons meer kompeterend maak as al die spanne op volle sterkte is .

    Ed - kan jy dalk n antwoord by Nka v ons bloggers kry oor hoekom hy volhard met Tewis en hoekom hy nie v Eberson en Snyman as n kombinasie wil probeer in hul gunsteling posisies nie ?

    Groete

  7. Michael Cooper Says:

    Stem saam MG(3), dink ook Kabamba het in hierdie curriebeker genoeg gedoen om ‘n plek in di beginspan te verdien. Ek verstaan Naka se denkwyse dat hy ‘n goeie impak speler is mar hy is ni meer di klein ratse mannetjie wat hy altyd was ni, hy het baie an sy verdediging en fisie game gewerk.. Is nog elke keer meer beindruk met sy groot duikslae as enige iets anders. As ‘n ou goed genoeg is om in di begin span te wees sal jy altyd soos ‘n goeie impak speler lyk.. ‘n Dom voorbeeld, mar se nou Dan Carter is om di houd en hy kom met 20min oor op, sal hy ni ook as ‘n goeie impak speler gelabel kan word ni…

  8. johan Says:

    Duane i think Frans Viljoen will only be available next year when the Super 15 is starting.

  9. AK Says:

    Wat moet `n ou soos Hennie, Coenie en Adriaan nog doen dat Pieter de Villiers hul raak sien die ouens spl die beste rugby in hul posissies in die land. nie Kirchner Aplon of Steyn is op die oomblik op vorm soos Daniller nie en ons het mos vir Morne Steyn so het nie `n skopper nodig nie. Hennie se lynskoppe is nie net verder as F Steyn sin nie maar ook beter hy verdedig uitstekend en breek amper elke slag die lyn. Adriaan is 300% beter as J Smit en Chilliboy saam. Ons skrum sal ook soveel sterker wees en ons lynstane beter. Coenie is nog jonk maar waneer laas het ons `n voorry gehad wat so vol lewe is en so lus is vir rugby spl. Die ou is jonk maar weeg 125kg en is oreal op die veld en weet hoe om driee te druk. Wil graag weet wat dink jul v my Springbok span.

    15. H DANILLER
    14. B BASSON
    13. J FOURIE
    12. J DE VILLIERS
    11. G VD HEEEVER
    10. M STEYN
    9. F DU PREEZ (indien weer beskikbaar)
    8. D VERMEULEN
    7. J SMITH
    6. S BURGER
    5. V MATFIELD
    4. D ROSSOUW
    3. C OOSTUIZEN
    2. A STRAUSS
    1. G STEENKAMP

    16. B DU PLESSIS
    17. CJ VD LINDE
    18. B BOTHA
    19. P SPIES
    20. F HOUGHAARD
    21. P GRANT
    22. F STEYN

  10. MG Says:

    Chris (5) Internasionale spanne het meestal groot fisieke vleuels of buitesenters sodat die bal lewendig gehou kan word in kontak totdat support by hom kom (Snyman doen dit goed) want die ouens word gou geisoleer uit wyd. Ook ruck die ouens baie beter deesdae met die nuwe interpetasie van die ruck bal en dis amper die enigste manier om “turnover” bal te wen, so jy moet jou man kan staan en ook self kan uitdeel. Die Cheetahs speel met ‘n klein buitesenter en so moet hulle ‘n fisieke vleuel kies. Die vraag of die beste kombinasie nie dalk Robert op 12 en Snyman op 13 is debateerbaar wat dan vir ‘n ou soos JW kans op vleuel kan gee. Persoonlik dink ek Naka is te versigtig in die 12 kanaal en kies Meyer om iemand fisies op die verdediging te he, maar dit gese Meyer se verspreiding is van die beste wat ek nog in ‘n 12 gesien het.

  11. Chris Says:

    AK - Ek dink nie die volgende persone hoort in jou span nie: CJ VD LINDE, G STEENKAMP & J DE VILLIERS, P GRANT.
    Ek dink ook dat A Johnson die Springbokspan moet haal voordat Daniller moet omdat hy konstant goed speel. Daniller tel eers die afgelope tyd bietjie op.

  12. Pap Snoek Says:

    Sterkte aan die manne en onthou net Griekwas gaan ons bom met alles wat hulle het en almal weet hoe gevaarlik hulle in Kimberley is hou kop en ek glo ons gaan dit deur trek.

    SAM(6) Ek glo nie Norman weet wat die doel van n goeie nr 9 is en dat suster De Bruyn al oor sy verkoop datum is en ek glo ook die manne wat oppad uit is volgende jaar solank plek moet maak vir die jonger manne sodat ons weet dat die manne sommer reg gaan wees met die afskop van die S15

    En gaan ons so gelukkig wees om n nuwe S 15 afrigter te kry hoop net dit is iemand wat ken en nie iemand wat deel is van die kliek. Se maar net!!!!

  13. Kobus Says:

    MG (3) HET ONS NIE AL GENOEG VOORSPELERS INDIE AGTERLYN ONDER NAKA AFRIGTING NIE?

  14. Kobus Says:

    Guestwriter, ek het al vele kere gevra en vra weer, waarom is JW Jonker weggegooi? Is hy nie goed genoeg nie? Laaik Naka hulle hom nie, of wat? Bied die Griffons hom meer aan, of wat? Niemand, nie jy of Harold het nog enige poging aangewend om net dit vir my te antwoord nie. Julle gaan hofsake aan oor ‘n speler wat nie vir ons wil speel nie, maar gooi die antwoord op Basson weg…. Gaan seker weer blatant geignoreer word

  15. Chris Says:

    MG (10) - Dankie, nou verstaan ek beter wat jy bedoel. Ek wil net eerstens sê dat ek tot ‘n amte met jou saamstem met die voorspelers in die agterlyn. Na my mening is daar twee goeie aspekte en een groot potensiële negatiewe aspek van voorspelers in die agterlyn. Die twee goeie aspekte is dat voorspelers nie meer soos paloekas net agter die bal moet aanhardloop en al hul energie moet mors om heeltyd net by die bal te wees nie want jy dek nou effektief ‘n sekere deel van die veld tensy jy ingetrek word. Die ander goeie aspek is dat voorspelers kan help om die bal lewend te hou deur “vas te maak” waneer die/’n agterspeler grond toe gaan en dit is hier waar ek met MG saamstem.
    Die groot potensiële negatiewe aspek (nie net van los-/voorspelers op die punte nie maar ook in die res van die agterlyn) is dat jou spel te stadig word as jy begin om die bal vir ‘n voorspeler te gee in ‘n aanvallende geleentheid en dit is juis hier waar die Cheetahs gereeld fouteer en waar ander spanne soos die Sharks dit effektief uitbuit.
    MG, ek dink baie van die groot internasionale rubyspannne (Aussies en All Blacks) het wel sterk senters en vleuels maar dit beteken nie ons moet dieselfde doen as hulle nie. Ek voel dat dit juis ons voorpslers-in-die-agterlyn-rugby is/was wat die Springbokke laat verloor het teen die All Blacks. Deur voorspelers in die agterlyn te speel maak jy jou spel stadig en dit is as jy STADIG is waar die All Blacks dan sterker is as SA. Dit is ook die geval met die Cheetahs se tipe rugby wat gespeel word.
    Die Springbokke het een van die vinnigste en ligste agterlyne in die suidelike-halfrond en ek dink die Cheetahs se agterlyn is ook een van die vinnigstes in die Curriebeker maar dit help nie jy gebruik nie jou spoed nie want vinnige agterspelers is gewoonlik nie jou sterkste agterspelers nie en as jy nie sy spoed gebruik nie gaan hy nie beter wees as die sterker agterspeler in ‘n gegewe situasie nie. MG, dit is gewoonlik nie ons voorspelers wat die wedstryde wen teen spanne soos Toga en Wes-Samoa nie maar ons agterspelers wat vinniger as hulle s’n is. As ons teen sulke spanne gaan probeer stadig speel gaan hul ons defnitief ore aansit…. dit is dieselfde rede waarom SA teen die All Blacks verloor het.
    Ek verkil defnitief van jou oor Bosman se balverspreidingsvermoë. Bosman kan goed pass maar goeie balverspreidingsvermoë gaan oor om die bal vir ‘n speler te gee wat in ‘n beter posisie is as jy en dit is iets wat nie doen nie. Sy aangeë plaas baie gereeld druk op die ontvanger van sy balle.

  16. Chris B Says:

    Ek dink nie dat die kwessie van spelers wat ingesluit behoort te word, meer so debatteerbaar is nie. Snyman IS ‘n senter en moet daar speel, JW het nog nooit die span gedrop in enige game nie. Balle moet kan beskerm word deur enige speler wat byderhand is. Ek ken van die spelers en hulle ouers goed, en van hulle het ek gereeld as skoolseuns sien speel. JW is een van hulle, en ek weet dat hy bv. heelwat meer “upperbody” krag het as Meyer. Meyer probeer ‘n stormram wees wat hy nie kan wees nie, en dit maak dat hy wel kan versprei, maar nie gate kan maak nie.
    Daar is vleuels en daar is driedrukkers, afronders. En die beste en top driedrukkers is nog steeds die kleiner outjies. Phillip Burger, JW, Bjorn Basson; M.J.Mentz ( wat gekoop en nog nooit gebruik is nie ). Nokwe is ook een. Die verskil is dat daar vir sulke driedrukkers spasie geskep moet word wat nou nie gebeur nie. Vleuels moet gaan druk, nie spasies “maak” nie. Dis veral die senters se verantwoordelikheid.
    Elk geval wys die statistieke dat ons nie genoeg drieë druk nie, en dit baie meer deur ons vories gedruk word.
    Met die span wat Vrydag speel kan ons natuurlik die GW klop, maar die probleem is dat die Griekwas 80 minute speel, wat dalk ons probleem in die laaste 10 minute in hul guns kan beklink.

  17. Guestwriter15 Says:

    Kobus - ek het hierdie vir jou verder geneem. Laat ek egter net ook begin deur op te merk dat ek baie versigtig is om op hierdie blog spesifiek te verwys na afrigters se mening oor ‘n spesifieke speler. Afrigters - soos ook ons bloggers- het sekere oordele waarmee ons dalk nie mag saamstem nie - en ek weet nie of dit in belang van speler of afrigter is om die “kwaliteit” van ‘n sekere speler te verwys nie. Ons kan maklik na “vorm” verwys - soos byvoorbeeld dat Habana ‘n kwaliteit speler is en huidig net bloot nie op vorm is nie.

    Wanneer ek dus ‘n antwoord probeer verwoord na aanleiding van my navraag aan die afrigters sal ek dus versigtig wees hoe ek dit bewoord.Dit is soms beter om direk ‘n afrigter te kontak en oor spesifieke spelers te gesels en hul menings in te win as wat ons die Vrystaat se blog vir so iets gebruik. [ Ek dink die bloggers sal begrip hiervoor he]

    Daar is ‘n gevoel dat JW op hierdie stadium bepaalde gebreke in sy vorm toon. Dit sluit in sy beheer van die up-and -under sowel as op die verdediging. Dit is nie die geval van die speler weggooi nie…maar meer die geleentheid bied om te werk aan hierdie aspekte en dan sal die speler weer in aanvraag wees by ander groot Unies en moontlik ook by die Springbok Sewes.JW is ingesluit by die Springbok Sewes groep en ons moet miskien ook vra waarom hy nie meer geleenthede op die veld gekry het nie..

    Ons kan miskien ook in ag neem dat wanneer ‘n speler nie plek kry in die Cheetah span nie ..en groot aanbiedinge ontvang van ander groot Unies …die afrigters dan blaam kan ontvang vir hul oordeel. [ Flip Van Der Merwe is na my mening 'n goeie voorbeeld] Ek is seker dat as JW weer sy top vorm bereik hierdie aanbiedinge sal instroom..en ek hoop vir JW dat hy die wat hom nie kies nie ‘n punt sal bewys.

    Ek hoop hierdie is ‘n antwoord - en al stem ons nie almal saam nie…dat ons die spelers die beste sal gun en nie te persoonlik oor spelers sal word nie…

  18. Chris B Says:

    #17Guestwriter.
    Ek begryp waar jy vandaan kom, en dat jy nie noodwendig die afrigters se menings deel met wat jy sê nie. Ek het baie wedstryde van JW gesien, en is eerlik dat ek nie nie opgelet het na sy “vorm” onder die hoë bal nie. Maar dat sy verdediging nie op vorm was nie, is absoluut nabsurd. En enige afrigter, video ontleder ens. wat dit beweer, moes nooit so ‘n pos gehad het nie. Toe hy gespeel het was hy een van die beter verdedigers op die veld. A.g.v. sy grootte het moes hy ook korrek en effektief verdedig, en dis presies wat hy gedoen het. Uiteraard as ek ‘n afrigter moes wees, sou ek baie eerder sy vermoë om drieë te druk wou hê in die span as sy vermoë om bestendig onder die hoë bal te wees. En as ons huidig droogte aan drieë in die agterlyn in ag geneem word, nog te meer so.
    Maar dit gesê, is dit dan absoluut duidelik dat hierdie afrigters wat so ‘n mening het, waarskynlik dubbele standaarde het, of dat daar ‘n persoonlike probleem is ( en ek sê onomwonde dat dit wel die geval is ). Want hoe dan anders kon ‘n speler soos Demas ‘n onbelemmerde gereelde plek in die span gehad het terwyl hy nie op “vorm” was in enigeen van hierdie afdelings van die spel nie ?

  19. Miello Says:

    Vorige jaar se results in Kby: 2007 - Vrystaat wen met 4 punte. 2008, Vrystaat wen weer met 4 punte.
    2009: Rondte 1 verloor ons teen Griekwas in bloem. na eerste helte van currie cup lê Griekwas 3e en ons 6e. Maar toe wen ons die Griekwas in Kby met 13-58.

    2010..? Ek dink ons behoort hom te vat met so 10 punte! Wat die span aanbetref, ek het opgegee om my opinie te gee oor wie waar moet speel, want tussen al ons bloggers het ek nou al besef dit help ons niks. Al hoe ons dalk hierdie jaar ons beste senter eerder op senter sal sien as vleuel, of ons beste skrumskakel en losskakel in die beginspan, is as daar beserings sou wees!

  20. Chris B Says:

    Ek is jammer dat ek so baie praat, maar ek wou ook gesê het… hoe op die aarde moet JW aan enige aspek van sy spel werk as hy nooit die geleentheid kry nie. Of sy selfvertroue in orde kry, terwyl ‘n speler soos Louis net soveel gebreke of meer, gehad het, maar hy is geleentheid gegee om daaraan te werk. Of Meyer wat 2 seisoene al geleentheid kry daarvoor, nie daarin slaag nie, maar steeds ‘n gereelde plek het ?
    Wat moet dit aan enige gekontrakteerde speler se selfvertoue doen om of op die bank of in die Griffons se span te wees, terwyl spelers soos Demas in elke wedstryd ingesluit word ?

    Ek wil nou half voorbarig wees en sê dat ek glo ek namens die oorgrootte meerderheid ondersteuners praat as ek sê dat ons vir JW op vleuel in die span WIL hê. Robert op no.12 en Snyman op 13 ! Meyer en/of C. Uys op die bank. Dis hulle wat nou aan hulle “tekortkominge” moet werk, nie JW nie.

  21. CC Says:

    Guestwriter15 thanks vir die terug voer oor JW. Kan jy dalk vir ons uitvind wat David(de Villiers)se gebrek is op die stadium? Wat verhoed hom om in ‘n Cheetah trui te speel?

  22. FJ Says:

    Miello - 19

    Ek stem 100% saam jou, ons ondersteuners kan maar opgee oor die spankeuses.

    Dink hul moet net vir 1 game die bloggers en Cheetah ondersteuners ‘n kans gun om elkeen sy eie Cheetah span te kies en die speler wat die meeste “votes” kry in elke posisie, speel daai game, hoe klink dit vir julle?

    Dink Snyman gaan nog lank vleuel speel want Naka het mos nou vir Strauss van die Sharks gekry vir volgende jaar. My span vir volgende jaar se Super 15

    Afrigter - Dawie Theron + Gysie Pienaar

    15 - Daniler / Viljoen
    14 - Basson
    13 - Snyman / Eborsohn
    12 - Eborsohn / Strauss
    11 - Nokwe
    10 - Eborsohn / Olivier
    9 - Pretorius
    8 - Johnson
    7 - Smith
    6 - Brussouw
    5 - Van der Westhuizen
    4 - Steenkamp
    3 - Nel
    2 - Strauss
    1 - Oosthuizen

    16 - Van der Merwe - 0/21
    17 - Buckle
    18 - De Villiers
    19 - Van der Walt
    20 - Carse
    21 - Viljoen
    22 - Snyman / Strauss

    Naka se verskoning volgende jaar gaan seker wees Sias Eborsohn het nie genoeg ondervinding vir Super 15 nie, ek sien Louis Strydom het ‘n kontrak tot einde 2012, en daar is stories wat die rondte doen dat Willem de Waal volgende jaar terug kom, is dit waar guestwriter want dan sit ons volgende jaar met 5 loskakels:

    Goosen
    Whitehead
    Eborsohn
    Strydom
    De Waal

    Belaglik as jy my vra, hoe beplan jy Naka? Hou die boonste 3 want hul gaan nog diep spore trap in SA rugby

    Dan Sterkte Cheetahs met Saterdag, dit gaan kliphard wees, hou al my duime en tone, ons soek ‘n tuis semi, niks minder nie want ons het die talent.

    Cheetah groete

  23. Guestwriter15 Says:

    CC - Daar is nie ‘n gebrek om van te praat nie. Dawid De Villers was beseer en is vervang ‘n ruk gelede deur Barend Pieterse. Die jongs lotte het hul kans goed waargeneem - Izak Van Der Westhuizen en Waltie Vermeulen en Francois Uys se skuif vanaf flank was ook suksesvol met waardevolle beweeglikheid onder die voorspelers. Dawid is “geleen” an die Griffons en is basies op “standby” terwyl hy waardevolle wedstrydfiksheid opdoen. Daar is so ‘n ooreenkoms tussen die Cheetahs en die Griffons en daarom sien ons soms meer spelers daar by die Griffons. Ek dink Dawid was op die bank teen die Luiperds.Barend sukkel op die oomblik bietjie met ‘n voetbesering.

  24. Chris Says:

    Ouens ek dink nie die spankeuse is die probleem nie. Dit is eerder die tipe rugby wat gespeel word. Al word JW Jonker of Jonah Lomu op vorm gekies gaan daar nie meer drieë gedruk word nie. Ek hoop ons harloop met die bal more maar as ons nie gaan nie dink ek ons moet liewers twee stutte in die agterlyn sit. Weet iemand of dit al ooit gedoen is in wereldrugby?

  25. johan Says:

    FJ hoe dink jy sal Gysie en Dawie klaarkom?Hoekom dink jy is Gysie na n kort rukkie weg by Griekwas?Boys kom ons wees eerlik J W op sy huidige vorm is nie goed genoeg vir die Cheetahs nie.Guestwriter ek stem volkome saam met jou oor die stelling oor Flip v d Merwe.Looi die Griekwas.

  26. Kobus Myburgh Says:

    Guestwriter baie baie dankie vir jou reaksie. Ek waardeer dit regtig. Dit bevestig dat JW nie juis die guns van die afrigters het nie, en lyk my hy moet maar hoop op ‘n ander span of afrigter. Julle praat van Gysie ens? Wat van Pine Pienaar?

  27. Chris Says:

    Johan 25 -> Ek kan nie sê of JW goed of sleg is nie want ek het hom lanklaas sien speel maar ten spyte daarvan is daar gereeld baie verdagte gebeure in die Cheetahs se span. Soos Demas wat nooit op enige vorm was in enige Cheetha trui nie… die bloggers wat so aanhou dat JW in die span moet wees het dalk iets beet en hul gee wettige besyse. Waar is jou bewyse dat JW nie in die Cheetahs span behoort nie behalwe vir sy moonlike swakheid onder die hoë bal.

  28. CC Says:

    Ek het verlede Saterdag vir JW in Kempton gesien speel & hy was/is kook water! Hy lyk regtig lus vir rugby. Kort dalk oefening/selfvertoue onder die hoe bal

  29. Chris Says:

    Sterkte aan die Cheetahs! Speel voluit ouens en HARDLOOP met die bal!

  30. CC Says:

    G/W15 - thanks vir die update oor David. Hoop hy’s gou weer wedstryd fiks & terug in sy nr 5 Cheetah trui.

    “I wanna be a billionaire, so freakin bad….”

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree