WP 24 Vodacom Free State Cheetahs 29

newlands Venue: Newlands Stadium, Cape Town

Kick-off: 19h30

Referee: Pro Legoete

Match Report:

First Half:

2min: WP 0 Vodacom Free State Cheetahs 0 Gio Aplon goes over after quick throw-in but steps on the line and seen by TMO

12min: WP 0 Vodacom Free State Cheetahs 3 Louis Strydom kicks penalty after Francois Louw is penalized for not releasing

18min: WP 3 Vodacom Free State Cheetahs 3 Willem De Waal kicks penalty after Free State is penalized for going off-sides

21min: WP 3 Vodacom Free State Cheetahs 6 Louis Strydom kicks penalty. Paul Bosch penalized for playing on the ground

26min: WP 3 Vodacom Free State Cheetahs 9 Louis Strydom kick penalty after good inter-play between the backs

35min: WP 3 Vodacom Free State Cheetahs 12 Louis Strydom kick penalty after Wicus Blaauw is penalized at scrum time

37min: WP 3 Vodacom Free State Cheetahs 12 Willem De Waal misses penalty after Coenie Oosthuizen concedes penalty in scrum

Half Time:WP 3 Vodacom Free State Cheetahs 12

44min: WP 10 Vodacom Free State Cheetahs 12 Try by Adriaan Fondse after mistake from kick -off and several phases of play. Converted by Willem De Waal

54min: WP 10 Vodacom Free State Cheetahs 15 Penalty by Louis Strydom after Francois Louw concedes another penalty

54min: WP 10 Vodacom Free State Cheetahs 22 Try Kabamba Floors after great break by Meyer Bosman past Willem De Waal

60min: WP 10 Vodacom Free State Cheetahs 29  Try Jongi Nokwe after great inter-play between several players

64min: WP 17 Vodacom Free State Cheetahs 29 Try Gio Aplon after penalty and good line-out drive. Converted by Willem De Waal

76min: WP 24 Vodacom Free State Cheetahs 29 Try by Vermeulen converted by De Waal

Result WP 24 Vodacom Free State Cheetahs 29

photo

This entry was posted on Saturday, August 28th, 2010 at 4:11 am and is filed under Guestwriter: 15. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

42 Responses to “WP 24 Vodacom Free State Cheetahs 29”

  1. Norman du Plooy Says:

    Ek dink redelik baie van die bloggers skuld dalk vir Naka en die span ‘n verskoning. Wel gedaan Cheetahs, julle het my naweek gemaak! My hart het amper gaan staan aan die einde. Ek sou nie ‘n herhaling van die Sharks en Lions games oorleef het nie!

  2. Chris Says:

    Baie goeie wen en baie geluk aan die spelers wat mooi gespeel het en die afrigters wat toegelaat het dat daar meer(maar nog nie genoeg) hardlooprugby gespeel was.

    Norman du Plooy (1) –> Ek wil nou nie met jou in ‘n woordewisseling betrokke raak nie maar ek dink nie die bloggers skuld eintlik vir Naka ‘n verskoning nie. As jy kyk na die tipe rugby wat vir ons die wedstryd gewen het is dit die tipe rugby wat die bloggers al die afgelope 30maande vir Naka vra om af te rig! Dus skuld NAKA ‘n verskoning aan die bloggers!
    Jy verwys ook na spelers of “die span” wat verskoning gevra moet word deur “redelik baie” van die bloggers. Hoekom sê jy so?

    Die bloggers was met reg bekommerd oor die keuse/tipe van rugby wat voorspel is met die kies van Louis Strydom. Hul redes het meestal die wegskop van balbesig asook die 10-man tipe rugby wat ons gereeld onder Drotske speel as kern gehad.

    Laat my toe om jou ook daarop wys dat ek nie reageer omdat ek voel dat jy na my verwys as een van die wat verskoning moet vra nie maar omdat ek voel dat dat “redelik baie” van die bloggers weet watter tipe rugby wedstryde wen. Gaan kyk maar watter tipe rugby het ons gespeel toe WP dit reggekry het om terug te kom, en as jy nie wil nie, laat ek jou sommer vertel: ons het weer negatief begin speel. Ons negatiewe spel in die 2de helfte was gebaseer op vrees om die bal te verloor en die oponente daardeur speelkans eerder as om punte aan te teken!

    Ek is een van min bloggers wat nie te veel bekommerd wat oor Louis Strydom se insluiting in die span nie want ek dink ‘n goeie skopper is baie belangrik! Louis het al vroeer baie gesukkel maar ek dink dit wat wys om Strydom te kies as skopper nadat hy goed geskop het teen die Leeus. Baie ondersteuners, afrigters en rugby-kenners onderskat die waarde van ‘n goeie stelskopper te veel.

    Ons katein was redelik goed maar ek dink daar was ruimte vir verbetering. Hy was bietjei voorbarig om vir Pro Legoete rond te gaan “order”. Ek dink ‘n skeidsregter moet met respek behandel word - dan gaan hy meer van jou hou as die kaptein wat op hom skree. Coenie Oosthuisen het ook vir die skeidsregter gelag nadat hy gestraf word vir verkeerde skrum tegniek - dit is nie goeie dissipline nie, erken liewers jou fout en/of se jammer vir die skeidsregter.

    Robert het vir my baie uitstekend gespeel en ek haal my hoed vir hom af vir al die werk wat hy buite die kollig gedoen het. Robert se posisionele spel en hoe hy die wedstryd gelees het was baie goed. Robert het vir die eerste keer my oog gevang en ek is aangenaam verras.

    Nokwe kan baie beter - hy het bietjie meer aansluiting gesoek maar ek soek “commitment” van hom af! Nokwe - jy gaan eendag oud en seer wees soos almal wat maar oud en seer word of jy nou hard getackle was en of nie! Met jou spoed kan jy wel oud word en pyn hê en sê: “ek het die meeste driee van alle Cheetahs nog gedruk”… maar jy gaan dan moet ophou bang wees!

    Laastens aan Naka: Dankia Naka vir die hardlooprugby wat jy ons toegelaat het om te speel. Ek sal graag wil sien dat ons dit nog meer doen want dit is die tipe rugy wat jou laat opspring en skree Harloop, hardloop!, hardloop!!, yes!!!!!

    PS… Tewis - Jy is ‘n baie goeie akteur!

  3. Chris B Says:

    Baie geluk aan die Cheetahs, dit was weer ‘n lekker soort rugby om na te kyk ! En dit op WP se tuisveld.

    Maar ek dink nie ons skuld vir Naka ‘n verskoning nie normandp, ek dink dis eerder andersom ? Van die spelers en die tipe spel wat ons so oor geneul het, het ons reg bewys, en ander wat nie hul kant in vorige wedstryde gebring het nie, het dit gisteraand gedoen. Selfs M.Bosman het baie tekens van lewe getoon. Nog so paar “verstellinkies” en ons kanse kan baie goed wees om die CB weer Vrystaat toe te bring.
    Ons vories was soos gewoonlik puik, Louis het ‘n ander, beter tipe game gespeel, Robert was presies soos ons gedink het hy sou wees, Daniller het gespeel soos hy kan en hoort, en uiteindelik het Nokwe beter geleenthede gekry. Al het ons uiteindelik net 2 drieë gedruk wat ons eers na 54 minute kon doen.

    Die verdediging was absoluut puik. ‘n 1000% ommeswaai ! En die commitment kan nie gekritiseer word nie.

    Ons het eers in die 54ste minuut ‘n drie gekry ( van Kabamba, wat lewe in die aanval-spel geplaas het )en 6 min.later Nokwe se drie. Voorspelers soos Adriaan moet egter oplet wat in die agterlyn aangaan wanneer hulle daar speel. Met ‘n paar uitgeë van Adriaan kon ons dalk meer drieë gedruk het. En ek sê steeds ons kort vir Snyman langs Robert, en Carse agter die skrum !

    Ek wil niks wegvat van die Cheetahs se puik vertoning nie, maar in die 60ste minuut was die Cheetahs 29 - 10 voor ! En amper verloor ons dit weer in die laaste 10-15 minute toe die WP 14 punte aanteken. As Aplon se eerste drie toegeken was ( en dit was baie marginal), was dit die WP se game. Maar nou ja, as my antie ‘n snor gehad het, was sy my oom, so check die scoreboard.

  4. Pap Snoek Says:

    Norman (1) ek weet nou nie van wat se verskoning jy praat maar ja ons moet krediet gee vir die span en die afrigtingspan , ek was op Nuweland en ons het ons maar alweer self amper gepootjie .

    Ek het in n losie met my VRYSTAAT gewaat gesit saam met manne wat redelik invloed in SA rugby en as ek luister wat hulle dink oor die dinge wat aan gaan oor spelers en hulle kontrakte in die Vrystaat wil ek huil en dit gaan nie oor hoor se daar was 2 agente wat spelers recrute ook gewees ek dink die Vrystaat moet wakker word.

    Ek wil n klip in die bos gooi en net vra wanneer gaan Carse n kans kry want ek glo hy sal vinniger en beter skoon gemaak het .

    Wel gedaan aan die manne en as ek so oor teen grond hou hier in die Kaap begin ek meer die politiek in Vrystaat rugby verstaan ons gaan nog lang trane huil oor spelers wat deur ander provinsies opgeraap word , geniet die ball game en die naweek verder.

  5. sam Says:

    Vanoggend eet ek bietjie “humble pie” Baie geluk cheetahs . Bosman great game - jou beste vir die seisoen. Danhiller - ek hoop jy maak die span Europa toe jaareinde - jy verdien dit. Kabamba jyt n moerse verskil gemaak toe jy opkom . Rob- great game . Louis great geskop , maar ek voel dat Sias op die aanval nogsteeds n beter opsie is . Alle voorspoed teen die Griekwas Saterdag . Dis die eerste game die seisoen (curriebeker) dat daar lyk asof daar n plan is met die agterlyn.

  6. Blikoor Says:

    Daar is nog wedstryde oor voor semis, maar met hierdie span se huidige houding het ek hoop. Die manne meot dit een vir een vat, voete op die grond. Geluk met hierdie een. Dit was ‘n hart-arres vertoning teen die einde. Kan ons asb hoor hoeveel beserings?

  7. Hams Says:

    Vir ‘n groot Vrystaat ondersteuner wat self in die Kaap bly, kon julle my nie ‘n beter geskenk gegee het nie. Wel gedaan en dankie Cheetahs.

  8. johan Says:

    Ek glo nie ons moet nou verskoning vra nie.Dit lyk tog of die kritiek gehelp het.Spelers soos Louis Strydom en Meyer Bosman het goeie wedstryde gehad.Tot Cobus Caldo het my verbaas.Ons moet nou net voortbou hierop.

    WELL DONE CHEETAHS.
    PS.Toe verloor die bulletjies ook.

  9. Kobus Myburgh Says:

    Baie geluk Naka en span! Dis al beter. Tog amper weer die game laat slip op die einde! Steeds onbeholpe voorspelers in agterlyn. Dis reg Naka hulle kan ons nou maar verskoning vra omdat hulle nie na ons wou luister oor aanvallende 15 man rugby nie, dit sal in orde wees Naka. Nou doen nog net die ander paar goedjies wat ons vra en kom ons kyk DAN! Probeer in die vervolg meer aanval en nie die telling verdedig op die einde nie asb!

    Was op Mbombela stadion in Nelspruit en gesien hoe die PUMAS die bulle fyntrap1 DIT WAS LEKKER!!!

  10. Miello Says:

    Meyer het ‘n goeie game gehad, daai breukslag vir Kabamba se drie het die game vir ons gegewen!
    Ek wil ook vir Sias meer sien speel, maar moet erken die hoe persentasie waarmee Louis pale toe geslaag het, was die verskil op die einde. Ekt ook al gesien hier kom nog ‘n Lions & Sharks einde.

    En uitstekend aan die Pumas ook, baie bly vir julle en dat die bulletjies bietjie stil gemaak is.

  11. Quinton Says:

    Ok,Ek was baie verkeerd, os Ill give credit where its due, ek was lanklaas so bly om verkeerd te wees,
    maar ek gaan volhou by die veranderinge wat ek wil sien maar ek los dit vir n ander dag vir nou gaan ek die wen geniet
    Go Cheetahs!!!!!!!!!!!!!!

  12. Pieter Says:

    Waarvoor verskoning vra? ek dink die afrigters het dalk die blok begin lees en ingegee dat hulle dalk verkeerd ie en probeer toe om die bal meer in die hand te hou. En toe werk dit. As dit tog net eerder al gedoen was. Baie geluk aan die span. dit was meer die tipe rugby wat die cheetahs voor bekend is. as julle so aanhou speel kan ons ver kom.

  13. JJ Says:

    SJOE wat n game…dit was benoude boude gewees al weer die laaste 10min…Maar dit was n great game en n goeie wen….Meyer het n great game beleef, well done, hoekom nie altyd so speel nie, LOUIS was die generaal toe gewees.. nee wat manne(cheethas) min negatief, ek dink jul verdien lof en NAKA, ek dink CARSE moes jy saam KABAMBA opgestuur het, en ons sal moet aandag gee aan die maalbeweging, WP het ons n bietjie ore aangesit…..My hart klop disselboom 3de op die log ons kan n tuis semi haal. GO FOR GOLD!!

  14. Johan P Says:

    Well done manne. Met verskoning weet ek ook nie so lekker nie, ons bly se^ gebruik die agter lyn en minder skop en kyk toe wat gebeur. Hulle het weer soos die Vrystaat span gelyk wat ons so lief het. Amal het hulle deel gebring en dit wys ook hoe sterk attacking defence is in plaas van om te wag en die ander span kans gee om momentum te kry.

    My worry oor die game was Aplon maar Phillip het regtig hom goed gedek en nie kans gegee op iets te doen nie.

  15. Wharren Says:

    Baie Geluk Manne, julle het ons baie trots gemaak, het weereens begin worry hier aan die einde, maar ons het deur getrek!! Hoop julle besef nou dat ons ENIGE span kan wen

  16. Normandp Says:

    Ek het regtig nie so heftige reaksie verwag op my voorstel dat van ons miskien vir Naka ‘n verskoning skuld nie: Onderstaande is uittreksels van die reakies toe die span verlede week aangekondig is. Let veral op die persoonlike opmerkings teen Naka en Hawies. As julle reken dat hy nie dalk ‘n verskoning nodig het nie, dan is dit seker reg. Maar ek sou.

    Pap snoek:
    Aaaaaag nee waar is Carse , Eberson in die begin span en wat soek hulle nog net Bosman in die begin span wat gaan aan met die coach ek hoop hy wys my verkeerd!!!!!!! Of is dit net dom astrant geit

    FJ:
    Naka, naka, naka, hoofpyn hoofpyn, hoofpyn - het jy nie gesien hoe die Sharks die WP die naweek gewen het nie? Met ‘n aanvallende losskakel wat maar 20 jaar oud is. Nou vra ek jou hoekom kies jy vir Louis Strydom?

    Johan:
    Naka volhard met Caldo.Hy gaan swarkry teen die WP se voorry,en weer sy kwota strafskoppe afstaan.Miskien kies hy sy span so,sodat hy na die wedstryd weer teen die spelers kan uitvaar.

    JJ:
    NAKA ons gaan nie WP wen as jy gaan aanploeter met n 1 dimensionele verbeeldinglose rugby nie.

    Quinton:
    28-6 Vir WP en hier is my redes, 1)Die senter/losskakel combo is planloos en swak op verdediging, 2)Die skrumskakel is reeds gie stadigste in CB en voer na die agter lyn gaan nog stadiger word met F Louw terug in die span, 3)Skrums het geen slaan krag met Caldo daar, n’stryd wat ons sleg gaan verloor, 4)Floors begin weer sy beste rugby te speel maar Naka hou aan met Scholts, 5)Geen Juan Smith en 6)Naka en kie.

    Sam:
    Wat my stom slaan is dat ons bloggers wat nie mekaar ken nie , almal saam stem oor :
    1) Tewis is te stadig , Carse is beter
    2) Louis Strydom- planloos een dimensioneel. Speel eerder v Sias of selfs Whitehead.
    3) Meyer Bosman - het lanklaas goeie rugby gespeel en hy is oppad uit - so dis die idiale tyd om n opvolger te begin speel en kombinasies te vestig vir volgende se super 14
    4) R Eberson - binnesenter
    5) P Snyman- buite posisie
    6) JW Jonker - word gemors
    7) H Scholtz - verby sy sellby date - Wessels is n baie beter opsie
    Caldo- suurstof dief - begin eerder ons o21 stutte opbring
    9) Hawies - nie n curriebeker agterlyn afrigter nie - niks persoonlik nie .
    10) Bele in Sias en kry v hom die beste skopafrigter wat geld kan koop . Kyk hoe het Os vir Coenie “streetwise” gemaak

    Anna:
    Julle koppe is so hard, dat julle nie besef dat afrigter en sy makkers droogmaak met talentvolle spelers nie.

    Kobus:
    gaan maar bulle en pumas in nelspruit kyk, ek wil nie weer sien hoe kom al ons bekommernisse waar nie

    JJ:
    RASSIE het n rugby brein saam ALISTER, dis 2 manne wat as n gameplan nie die 1ste helfde uitwerk nie, die oppenente goed kan ontleed en raad kan gee waar NAKA EN HAWIE nie daardie visie en vermoee het nie…

  17. Quinton Says:

    @Normandp, Ek was verkeerd met die uitslag en bly daar oor maar ek gaan nie verskoning
    vir Naka hulle vra nie, ek wil nog steeds he hulle moet gaan want die die verlede is
    van self sprekend, waar sou ons in die S14 geuindig het as Juan nie terug gekeer wanner
    hy het nie.Maar vir jou wil ek net se laat die mense die wen geniet dit is nie “in your face”
    oomblik nie.

  18. johan Says:

    Kan die adminastrator vir ons uitvind waar Lionel Mapoe homself bevind.

  19. Kobus Says:

    Normandp kan jy nie maar ophou g@tkruip en net besef dat met die veranderinge wat ons vra ons net NOG beter gaan doen nie??? Besef net ons is nie teen die Cheetahs nie ons wil net sien dat die beste span die beste spel patroon vir ons speel. Jy moet herken dat Bosman baie lank laas goed gespeel het, en dat Louis nie elke game konstand speel nie?? Die vraag is, gaan hulle nou bly speel soos Saterdag?

    Net vir inligting, die verlore seun van die Cheetahs die ene wie Naka weier om kanse te gee, druk toe 5 driee in twee games by die Griffons….. Baie mooi JW Jonker. JY VERDIEN BAIE BETER!

  20. FJ Says:

    Eerstens wil ek net sê baie geluk manne, jul het my verkeerd bewys en eks in ekstase daar oor bou nou net voort op die wen en kry vir ons ‘n tuis semi want jul het dit bewys jul kan. Naka en Hawies geluk manne, beste manier om ons kla kouse se monde te sluit is om te wen.

    16 - Norman - wil net by jou weet of jy 100% tevrede is met die span op die oomblik? ek dink nogsteeds hul moet vir Carse en Eborsohn meer speelkans gun.

    Sterkte met die Kwaste die naweek gani maklik wesi

    Groete Tevrede Cheetah ondersteuner

  21. Normandp Says:

    20 FJ, nee ek is nie 100% tevrede met span soos hy daaruit sien nie (en niemand sal ooit wees nie want almal het gunstelinge). Ek sal ook graag vir Sias en JW meer op die veld wil sien. Al wat ek se daar is dalk aspekte wat ons nie van weet nie. Ek stem saam met jou stelling dat die Griekwas nie maklik gaan wees nie. As die Leeus wen (soos ek vermoed) gaan hulle moeilik die semis haal, dit is dus ‘n moet wen vir hulle.

    17,19 Quinton, Kobus dit gaan nie vir my oor g@tkruip of “in your face” wees nie. Daar is niks verkeerd met kritiek nie. Ek dink net dat baie van die bloggers het uiters persoonlik en beledigend geraak. Ek kan myself nie vereenselwig met dit nie. Onthou die afrigters en spelers lees ook hierdie blog. Naka het ten spyte daarvan volgehou met sy span en die resultaat gekry. Miskien is hy nie so slegte afrigter soos baie hom wil uitmaak nie?

  22. JJ Says:

    Normandp…as jy jou vir n toffie wil uitgee moet jy maar die reaksie vat…. ek gaan my beslis nie verduidelik nie, ek wil net weet het jy of NAKA/HAWIE of sekere spelers al op die blog geblog en ons verskoning al gevra vir die vernedering en frustrasie en geld wat ons al gespandeur het in die super 14 games. Vir die games wat hul weggesmyt het in die laaste 10min, en so voorts, nou na 1 goeie game weeeeeeer nou moet ons skuldig voel teenoor NAKA EN KIE…

  23. Louis Nortje Says:

    Ek het al vele male admin gevra om oor Mapoe uit te vind. Nog geen antwoord nie…..

  24. sam Says:

    Ek is baie bly oor die wen , maar die span kan baie beter doen as die regte spelers in die regte posisies gekies word .Onthou ook dat die WP 5-6 spelers aan die bokke afgestaan het . Or 7mnde is dit super 15 en dan sukkel ons weer .Speel asb v Carse, S Eberson ,R Eberson , Snyman. langs mekaar en bou nou al n great span v volgende jaar .

  25. Stef Says:

    Geluk manne. Weer is dit bewys as die “ou” hardloop rugby gespeel word, is die Cheetahs gevaarlik.

    Hou aan met hardloop rugby en julle wen die CC.

  26. Chris B Says:

    FJ#20 - Die manne het ons nie verkeerd bewys nie, ons is REG bewys. En wanneer die hele Cheetah prentjie in sy regte plek is ( soos ons nou al lankal vra ), gaan dit nog meer reg wees. Laat die span van die Pumas die afgelope naweek, vir ons ‘n voorbeeld wees.

    En ons moet onthou, dat alhoewel die span baie anders gespeel het en dit gewerk het, het ons nog steeds net 2 drië na 54 minute gedruk, en weer amper in die laaste 10 minute gevou het. Driedrukkers soos JW is steeds nie terug nie, Nokwe druk nie naastenby die hoeveelheid drië wat hy kan nie, Snyman moet senter toe skuif en S.Ebersohn moet genoeg ervaring op losskakel kry sodat hy nie in die diepkant ingegooi word wanneer daar ‘n krisis is nie.

    Ek dink nie dis reg dat ons nou in Normandp se keel afklim of hom beledig nie, hy is geregtig op sy mening, al stem meeste van ons nie saam nie. Die afgelope naweek het bewys dat ons moes kritiseer, en dat dit help as mens op ‘n afrigtingspan se “case” bly! En die posts hierbo bewys eintlik net dat ons kritiek geregverdig was. Ons vergeet gou, maar laasjaar in die CB en dié jaar met die S14 was dit dieselfde situasie tot ons ongelukkigheid begin aandag kry het !

  27. Gron Says:

    Stem saam met die res van die bloggers: Naka moet erken sy westrydplanne, deur heeltyd te skop, was foutief. Elkeen van die games wat ons gewen het in die S14 (behalwe die Hurricanes-games, met rede) het ons gewen met hardloop rugby. Dit is die tipe spelers wat ons in die span het!!

    Die WP wedstryd was nog ver van wat ons weet die span kan doen. Maar selfs met al die foute was die intensiteit genoeg om die beste verdediging in die land (en S14) terug te stoor met elke fase!

    Hennie, dit wat jy gedoen het die naweek, doen dit elke game so. Niks meer, niks minder. Net ‘n paar sulke wedstryde en jy is ‘n boktrui gewaarborg! Dit is die eerste keer wat dit regtig voel jy werk saam met die agterlyn.

  28. Gron Says:

    Moet sê dat as Bosman nou verseker na die Sharks toe gaan, sal ek definitief begin kyk na die Carse, Ebehrson, Ebehrson, Snyman kombinasie voor volgende jaar se S15.

  29. CC Says:

    David & JW was great teen die Valke. Hoop van harte om hulle gou weer in ‘n Cheetah trui te sien. Daai flank van die Valke sal twee keer dink voordat hy weer vir Johan aanvat!

  30. Pap Snoek Says:

    Normandp:Ja ou vriend ek hoor jou ek weet nie by of vir wat jy gat kruip nie want 90% van ons BLOGGERS stem oor een ding saam en dit is dat jy al ou is wat wil he almal moet nou ewe skielik verskoning vra maar waarvoor alamal is bly ons span het gewen en almal het hulle geluk gewens maar om so gat te kruip nee dankie.

  31. Guestwriter15 Says:

    Louis - nog geen nuwe nuus oor Lionel Mapoe..hier kan dalk ‘n hofsaak kom …

  32. JJ Says:

    …n Hofsaak, dit Klink nie goed nie, wel ek hoop dis teen Jan Harm ook, want dis eintlik die KLAAS VAAKIE in die verhaal…

  33. Louis Nortje Says:

    31 - Guestwriter - wat gaan n hofsaak ons help? Kan ons hom maar nie vir n goeie bedrag aan die haaie verkoop en klaarkry nie. Ten minste kan ons geld daaruit maak.

    Al is daar ook wat se sake, hy sal in elk geval nie weer vir ons speel nie, of is die saak nou tussen ons en die Haaie? Wat doen hy intussen en wie betaal sy salaris?

    Hoop jy kan help aangesien ons as publiek niks van die tipe dinge weet nie

  34. johan Says:

    Guestwriter bly Mapoe nog in Durban?

  35. Guestwriter15 Says:

    Laas wat ek gehoor het was hy steeds in Durban. Ek neem aan die kontrak was tussen die Unie en die speler - en in daardie geval sal dit ‘n eis moet wees vir skade gely agv die kontrakbreuk deur die speler. Ek glo nie dat daar ‘n eis moontlik is teen die Haaie Unie of die agent nie maar het ongelukkig ook nie genoeg feite om hieroor ‘n oordeel uit te spreek nie.

  36. Chris B Says:

    Wat die naweek se wen teen die WP aanbetref, weet ek nie hoekom die media en almal so verbaas was daaroor nie. Ons het die WP meer gewen as teen hulle verloor sedert 2005 ?!

    Ek vermoed dat die ding rondom Mapoe nie juis vir die VS unie enige ander uitweg laat as om hulle ooreenkoms af te dwing, selfs al is ‘n hofsaak nodig, nie. Dit gaan ook oor ‘n beginsel, en as die Unie nou retireer en dit laat gaan, maak dit net die deure oop vir ander spelers, en agente, wat moontlik sulke planne het of kry, om dit uit te buit.

    As die Unie niks doen nie, sal die verkeerde boodskap by spelers en agente uitkom.

  37. CC Says:

    Eers het ek gedink moenie ingee nie. As Mapoe nie vir ons speel nie dan speel hy ook nie vir die Sharks nie. Sy enigste padtjie dan is Australie toe.
    Nou wonder ek dalk moet ons ‘n lekker bedrag vra vir hom, dan is daar genoeg geld om vir David & JW weer in ‘n Cheetah trui te kry

  38. Jan Ferreira Says:

    Geluk Manne dit was regtig lekker om die visvoete pak te gee en dit op hulle tuisveld.

    Ek hoop net dat ons sal voortbou op hierdie vertoning in die volgende paar weke en dat ons nie gaan terugval in “ou” patrone nie. Ek dink steeds daar is ruimte vir verbetering en dat baie van die voorstelle op hierdie blog werklik sinvol is.

    Die nou en hier is belangrik maar ons moet ook die oog hou op volgende jaar se super 15, moenie langtermyn sukses prysgee terwille van korttermyn sukses nie.

  39. Chris Says:

    Norman du Plooy dink seker hy gaan ‘n siesoenkaartjie verniet kry by Naka :)
    Norman, dink jy nie Naka skulk ‘n verskoning aan die bloggers wat vra vir hardlooprugby nie?

    Ek hoop net dat Naka kan besef dat die rugbystyl wat hy van hou nie effektief is nie. Die rede waarkom ons soveel maal al verloor het in die laaste paar minute van die wedstryde (en amper teen WP) is omdat ons die spel stadiger maak deur gebruik te maak van “negatiewe rugby”. Ons probeer om daardeur die telling wat ons hard aan gewerk het te verdedig en dit is nie effektief nie want die ons oponente teken in daardie tye telkens baie punt in die vorm van drieë tee ons aan.

    Ons probeer om die tipe rugby wat mens moet speel in die laaste 20 tot 30 sekondes van ‘n wedstryd (as jy vooloop) toe te pas op die laaste 10 minute van ‘n wedstryd en dit is nie goed nie want daar kan te veel gebeur in daardie tyd. Ons skakel oor na ‘n laer rat terwyl ons oponente oorgaan ne ‘n hoër rat en ons doen presies wat die oponente wil hê ons moet doen!

    Ons moet die laaste 10 minute sorg dat ons so speel asof ons 5 driee nog wil druk! Die oponente gaan dan eerder moer fokus op verdediging eerder as om planne te sien oor hoe hulle gaan aanval tee ons!
    ————————————————————-

    Ek sukkel om my woede in toom te hou rakende Mapoe. Ek het geen ooghare vir die Mapoe oor nie en het vermoed dat dit nie die Sharks of sy agent was wat negatief was nie! Dit was HY. MAPOE is die sondebok! Hy kon enige tyd vir Jan Harm gesê het dat hy nie wil voortgaan nie. Ek het vermoed dat Mapoe die vark in die verhaal is en ek is bly dit kom nou uit!
    Nou kan almal sien dat Mapoe ruggraatlose slapgat is! Ek soek nie so ‘n speler in ons span nie en ek hoop nie hy word ooit ‘n Springbok nie omdat hy nie die integriteit het om ‘n kontrak wat hy geteken het na toe kom nie.

    Mapoe, ek hoop jy lees hierdie! Jy is ‘n slapgat en ek soek jou nie in die Cheetahs se span nie. Jy is ‘n vrotappel-geldjagter en jou gretigheid en gierigheid het gewys dat jy skelm neigings het. Mense met ‘n ruggraatlose houding soos jy bring rugby in oneer so jy moet liewers vir jou ‘n ander job kry want jy hoort nie in rugby nie! Jy is ‘n voorbeeld van ‘n ou wat geld sal aanvaar om jou span te laat verloor!

  40. Stef Says:

    Editor

    Daar is sprake dat daar moontlik gekyk word na ‘n nuwe S15 afrigter. Is dit waar?

  41. Chris Says:

    Ons moet die Griekwas se agterlyn met spoed gaan aanvat! Ons voorspelers kan vir ons lekker goeie balbesit verseker maar ons moet hulle glad nie onderskat nie want hul is deeglik bewus van ons sterk pak voorspelers.

  42. Kobus Says:

    Guestwriter, ek het al vele kere gevra en vra weer, waarom is JW Jonker weggegooi? Is hy nie goed genoeg nie? Laaik Naka hulle hom nie, of wat? Bied die Griffons hom meer aan, of wat? Niemand, nie jy of Harold het nog enige poging aangewend om net dit vir my te antwoord nie. Julle gaan hofsake aan oor ‘n speler wat nie vir ons wil speel nie, maar gooi die antwoord op Basson weg…. Gaan seker weer blatant geignoreer word.

    Ek sien daar word steeds by die Tewis, Bosman en senter op vleuel resep gehou, gaan ons nog duur te staan kom… WP Nel darem terug, Kabamba begin steeds nie…………………………………….

    Chris - 39 - Kan julle onthou, dis juis ons wat in die laaste 10 min die meeste van ons games laas jaar gewen het en so die finaal gehaal het! Onthou op die truie “the greatest comeback”? Nou is dit als vergete en ons verdedig maar die telling. Naka se opdrag??

    Ek hoop ons wen maar sommige bloggers staar hulle blind in ‘n oorwinning teen ‘n swak (verswakte) WP span wat sou wen as daar nog 5 minute langer speeltyd oor was….

Leave a Reply