Louis Strydom returns for Vodacom Free State Cheetahs against WP

Louis Strydom captured on camera by Hilton Kotze

Louis Strydom captured on camera by Hilton Kotze

Strydom replaces youngster Sias Ebersohn who reverts back to the bench after getting a start against the Leopards in Bloemfontein this past weekend. The Cheetahs travel to Cape Town on the back of a 57-0 thumping of the Leopards.

The side will once again be lead by inspirational hooker Adriaan Strauss.

The Cheetahs side vs Western Province is: 15 Hennie Daniller,14 Phillip Snyman,13Robert Ebersohn,12 Meyer Bosman,11 Jongi Nokwe,10 Louis Strydom,9 Teuwis de Bruyn,8 Ashley Johnson,7 Phillip van der walt,6 Hendro Scholtz,5 Waltie vermeulen,4 Francois Uys,3 Kobus Caldo,2 Adriaan Strauss(Capt),1 Coenie Oosthuisen.

Replacements:16 Skipper Badenhorst,17 WP Nel,18Izak van der Westhuzen,19 Kabamba Floors,20 Tertius Carse,21 Sias Ebersohn,22 Riaan Smit

This entry was posted on Wednesday, August 25th, 2010 at 12:21 am and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

26 Responses to “Louis Strydom returns for Vodacom Free State Cheetahs against WP”

  1. Normandp Says:

    Een ding van Naka, hy is voorspelbaar… Maar om ‘n span redelik dieslefde te hou is nie altyd ‘n slegte ding nie. Hoop net Sias kry hierdie keer nie net 5 minute speelkans nie. Persoonlik dink ek dis simpel om spelers 5 minute voor die einde te vervang. As ‘n speler 75 minute gespeel het is daar geen sin om hom te vervang nie. Hierdie vervangings teen die einde het ons al duur te staan gekom (Leeus, sharks).

  2. Pap Snoek Says:

    Aaaaaag nee waar is Carse , Eberson in die begin span en wat soek hulle nog net Bosman in die begin span wat gaan aan met die coach ek hoop hy wys my verkeerd!!!!!!!

    Of is dit net dom astrant geit.

  3. sam Says:

    jammer dat Tewis , Louis, en Bosman speel en dit langs mekaar . Vergelyk gou die span teen ons 1997 span . * dui springbokke aan .15 MJ Smit,14 Chris Badenhorst*,13 Helgard Muller*,12 Brendan Venter*,11 Jan Harm v Wyk ,10Jannie de Beer* ,9 Werner Swanepoel*,8 AJ Venter*, 7 Andre Venter*,6 Rassie Erasmus*,5 Ryno Opperman,4 Braam Els*,3 Willie Meyer*, Naka Drodske*,Os du Randt*. Hierdie sspan sal die huidige span n les gee. Hierdie span was vol planmakers en gamebreakers . Hoe ver het ons agteruit geboer . . . Juan Smith, Heinrich Brussow , Straus is dalk die enigstes wat kan kersvas hou met die span .Sal graag die ander bloggers se opinies hoor .

  4. FJ Says:

    Naka, naka, naka, hoofpyn hoofpyn, hoofpyn – het jy nie gesien hoe die Sharks die WP die naweek gewen het nie? Met ‘n aanvallende losskakel wat maar 20 jaar oud is. Nou vra ek jou hoekom kies jy vir Louis Strydom? Te bang ons het nie ‘n erkende stelskopper nie. Se dinges, as jy ‘n skop afrigter gekry het wat Sias bietjie kan help, problem solved.

    Maar wat help dit ons kla week na week oor die span, (Bosman, Strydom & Tannie Tewis) absoluut niks, oh ja volgens jul is hul mos die skoppers van die span.

    Ek gaan nie eers die moeite doen om die game te kyk nie,want jul gaan met die voorspelers probeer domineer, WP se verdediging gaan rots vas wees en dan gaan die kicking game begin en WP se agterste 3 gaan baljaar van blydskap met al die balbesit.

    Oh ja en die volgende 3weke gaan in ‘n nagmerrie vir jou ontaard (WP; Griekwas & Sharks) net soos die Springbokke se 3 Nasies

    Groete van ‘n baie bekommerde Cheetah ondersteuner

  5. Guestwriter 15 Says:

    Sam – Great Span!! Kan nie help om te wonder hoe de dinges ons nie die Curriebeker gewen het nie – en watter ander spelers beter was in die ander spanne of waar hul ons geklop het met al die spelbrekers in ons span nie!!

  6. johan Says:

    Naka volhard met Caldo.Hy gaan swarkry teen die WP se voorry,en weer sy kwota strafskoppe afstaan.Miskien kies hy sy span so,sodat hy na die wedstryd weer teen die spelers kan uitvaar.

  7. JJ Says:

    Ons moet seker vrede maak dat ondersteuners en afrigters nooit dieselfde sieninge sal he nie, al is al die ondersteuners eengesins…Nogsteeds n kopkrap oor TANNIE, MEYER…CARSE is n speler wat sy oppenente aan die raai hou terwyl DIE TANNIE en MEYER voorspelbaar is..Ek hou van die pak voorspelers en bly V der WALT, VERMEULEN en UYS is daar, CALDO n vraagteken..NAKA ons gaan nie WP wen as jy gaan aanploeter met n 1 dimensionele verbeeldinglose rugby nie. Nou toe NAKA wys ons jou gameplan wat ook 9 driee kan druk teen n groter unie, help nie jy kom brag ons sukkel nie om driee te druk nie, maar al teen wie ons driee kan druk is teen kleiner unies.

  8. FJ Says:

    Sam – Briljante span, ai hoe mis ek nou die ou Vrystaat hardloop rugby.

    Kyk hul sou die Cheetah span van vandag vermorsel het want Kol. Kleynhans & Gysie Pienaar was uitstekende afrigters. Al wie ek uit daai span sal haal is Jan-Harm van Wyk want het nie baie ooghare vir hom na Mapoe se saga nie.

    Hier is ‘n paar spelers wat ek in belang sou gestel het as ek Naka hul was om my diepte te versterk in die agterlyn want die voorspelers is reg kort miskien net nog ‘n goeie stut.

    15 – Genoeg diepte + talent
    14 + 11 – Mjekevu van Lions of Kettledas van Pumas of Basson van Griekwas hul verseker baie beter as Benjamin
    12 + 13 – Gaan krap bietjie in die WP se slaai hul het 6 senters (De Villiers, Fourie, De Jongh, Bosch, Whitehead & Newman) ek rate Whitehead baie hoog, beter as Strauss
    10 – Genoeg talent
    9 – Vermaak van die Lions

    Mede Bloggers comment as jul van nog goeie talent weet of wat jul dink ‘n goeie kopie sal wees

  9. Chris Says:

    Sam 3 –> EK dink meer van ons spelers tans sal kan kersvashou en selfs beter vertoon as die span van 1997: WP Nel, Coenie Oosthuisen en Adriaan Strauss is ‘n beter voorry as du Rant, Drotske en Meyer. Ashley Johnson is in die meeste askpekte van die spel ‘n beter speler as wat AJ Venter was en ons moet onthou en Juan Smit is defnitief beter en Kababa Floors is seker die beste impak-losvoorspeler in die land… So in terme van voorspelers dink ek ons is baie gelyk en dalk selfs klein bietjie beter want ons slotte doen stil, stil baie harde werk en word dalk bietjie misgekyk maar meeste sal seker saamstem dat ons slotte tans nie goed sal vaar in die lynstaan teen Opperman en Els van destyds nie.

    Die agterlyn is dus ‘n ander storie:
    15 MJ Smit VS Hennie Daniller — ek dink daniller is dalk bietjie meer bestedig as wat MJ Was.
    14 Chris Badenhorst VS Phillip Snyman — Philip verdeig dalk bietjie beter maar Chris is ‘n legende wat baie dikwels vanaf sy eie doellyn begin hardloop het en gaan druk het onder die oponente se pale.
    Helgard Muller VS Robert Ebersohn – Helgard het beter verdedig, beter breekslae uitgeoefen en hy was ‘n briljante leser van die spel. Robert moet nog ontwikkel maar hy toon potensiaal en gebruik sy kop.
    Brendan Venter VS Meyer Bosman – Venter was vinniger, hy het beter verdedig en het baie slimmer rugby gespeel. Hy het soms bietjie gedans op die veld wat my laat lag het maar hy was seker in alle aspekte van die spel beter as Bosman.
    Jan Harm v Wyk VS Jongi Nokwe – Al gebied waar Nokwe beter is, is spoed. Jan harm was sterker, en het baie meer sy geleenthede gebruik en help skep. Hy het ook baie beter verdedig en baie goed afgerond.
    Jannie de Beer – Jannie was in alle aspekte van die spel beter as Strydom.
    Werner Swanepoel – Swanepoel was baie hard en kon nogal goed skop. De Bruyn het soms oomblikke waaring hy goev vertoon maar hy is nou as te oud en stadig. (De Bruyn het meeste sukses behaal toe hy as impakspeler opgekom het so paar seisoene terug)

    Johan (6) — Goeie snaakse pos!

    FJ (4) — Ek dink nie die speler is so ‘n groot probleem soos die tipe rugby wat voorspel word met die kies van ‘n sekere speler nie: al waar dit na my mening die geval is, is met Bosman se tipe spel wat ontwrigtend van aard is in ‘n agterlyn is wat aan die gang probeer kom. As Stydeom stelskoperk verbeter het, sal ek sê dat hy gekies moet word… ons het al te veel wedstryde verloor weens swak stelskoppers soos JL Potgieter. Wat my net bekommer, en ek wil nou nie spoke opjaag nie, is dat Strydom verlede jaar baie swak geskop het op Nuweland asook ons onvermoë om uit te skop as daar vir die kantlyn gemik word.
    Stelskoppers wat gaan skop op verskillende velde moet onthou dat Nuweland se gras gewoonlik bietjie sagter en dieper is as die gras van die Vrystaat Stadion – dus is jou bal op die “tee” hoër as die bal op die Vrystaat se rugbyvelde – en glo my dit maak ‘n groot verskil: gaan kyk net hoe gereeld die binnelanders die bal per ongeluk hoek of skil as hul pale toe skop.

  10. Quinton Says:

    28-6 Vir WP en hier is my redes, 1)Die senter/losskakel combo is planloos en swak op verdediging, 2)Die skrumskakel is reeds gie stadigste in CB en voer na die agter lyn gaan nog stadiger word met F Louw terug in die span, 3)Skrums het geen slaan krag met Caldo daar, n’stryd wat ons sleg gaan verloor, 4)Floors begin weer sy beste rugby te speel maar Naka hou aan met Scholts, 5)Geen Juan Smith en 6)Naka en kie.
    Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek hoop die Vrystaat wen net so veel soos die volgende ondersteuner en ek gaan net so hard skree maar dit is die feite.

  11. sam Says:

    Wat my stom slaan is dat ons bloggers wat nie mekaar ken nie , almal saam stem oor :
    1) Tewis is te stadig , Carse is beter
    2) Louis Strydom- planloos een dimensioneel. Speel eerder v Sias of selfs Whitehead.
    3) Meyer Bosman – het lanklaas goeie rugby gespeel en hy is oppad uit – so dis die idiale tyd om n opvolger te begin speel en kombinasies te vestig vir volgende se super 14
    4) R Eberson – binnesenter
    5) P Snyman- buite posisie
    6) JW Jonker – word gemors
    7) H Scholtz – verby sy sellby date – Wessels is n baie beter opsie
    8) Caldo- suurstof dief – begin eerder ons o21 stutte opbring
    9) Hawies – nie n curriebeker agterlyn afrigter nie – niks persoonlik nie .
    10) Bele in Sias en kry v hom die beste skopafrigter wat geld kan koop . Kyk hoe het Os vir Coenie “streetwise” gemaak

  12. Anina Says:

    Agge nee Vrystaatse rugby unie hoe lank moet ons ondersteuners nog kla, voordat julle besef julle is besig om nie meer ‘n hoof rol in die premier liga te speel nie. Julle koppe is so hard, dat julle nie besef dat afrigter en sy makkers droogmaak met talentvolle spelers nie. Lees bietjie wat die manne hier op die blog se, ek reken hulle weet ook van rugby af. Ons is besig om die prys te betaal vir julle wat nie bietjie na raad en idees wil luister nie.

  13. Stef Says:

    Sam(11) dit slaan ons almal dronk. Maar wat weet ons? Al is hier van ons wat die selfde afrigters kwalifikasie het as Naka. (miskien nie die ondervinding nie, maar ondervinding loop saam met prestasie.

  14. Pieter Says:

    Naka het mos op radio gese die ondersteuners regaeer op wat hulle op die veld sien en hy wat hy op die veld sien en wat hy in die week sien met die spelers. Hy kies die manne wat reg is volgens sy oordeel. so die ouens wat ons dink daar hoort oefen seker nie hard genoeg nie.

  15. Normandp Says:

    Ek weet ie span is nie soos ons hom wil het nie. Maar ek voel nogal goed oor die naweek, ek dink ons kan dalk net die WP verras. Noem my maar ‘n “dreamer” :-) Sterkte vir die span!!!!

  16. JJ Says:

    SAM….wat die hartseerste is is verlede jaar in super 14 het ons geskree gee LIONAL CRONJE kans, los LIONAL af met JL POTGIETER en waar is hy, ons kon met 2 skitter loskakels na WP opgestuur het SIAS EN CRONJE ons eie jong bloed gebloei het maar ons koop ander unies se 2,3 de beste, is. EK se weer aan MNR HAROLD, spaar vir n slag geld en bloei in jou eie mense / spelers want HAROLD hoe kan jul wragtig se jou hart en passie is VRYSTAAAT maar jy koop en kyk na spelers buite VRYSTAAT eerste maar jou eie seuns raak verlore. HOE voed jy jou bure se seuns 1ste, maar jou eie seuns ly honger, wat se PA is dit, en as jy nogsteeds nie weet waarvan ek praat nie, jy sorg dat MENTZ, BENJAMIN, LOUIS, ENS die bure se seuns gevoed word met n kontrak, maar jou eie seun JW JONKER moet honger ly geen kontrak. LIONAL moes gaan kos soek op n ander plek want ons VRYSTAAT PA gee nie om nee sies man!!

  17. JJ Says:

    Amper vergeet ek van FLIP vd MERWE, hy word weggegooi, nie plek vir jou nie, ons het MOS BAREND EN DE VILLIER en die BULLE gaan maak van hom n BOK? WEEREENS kom nog n NAAM wat BOK geword het van die BULLE af en VRU lewer nogsteeds niks op. MNR HAROLD seke iets om op trots te voel

  18. Gerhard Says:

    Ai, luister niemand as ek iets se nie. (11. Sam) Die Cheetahs het klaar vir Willem de Waal geteken vir volgende jaar en dan gaan hy aanbly as skop afrigter vir ‘n paar jaar.

  19. CC Says:

    Help my dat ek nou mooi vestaan Gerhard (18). Willem kom volgende jaar terug na die Cheetahs om te speel vir ‘n jaar en dan gaan hy aanbly as skop afrigter.

    Ek kan onthou dat Naka gesê het hy en Willem het gesels oor die moontlikheid dat Willem die Cheetahs se skopafrigter word maar toe nooit weer iets gehoor nie.

  20. Quinton Says:

    @JJ, Baie baie waar

  21. Kobus Says:

    gaan maar bulle en pumas in nelspruit kyk, ek wil nie weer sien hoe kom al ons bekommernisse waar nie

  22. JJ Says:

    Quinton 10…ek gaan saam jou wen vir WP stem, maar net ietsie byvoeg saam jou redes, en dit is RASSIE het n rugby brein saam ALISTER, dis 2 manne wat as n gameplan nie die 1ste helfde uitwerk nie, die oppenente goed kan ontleed en raad kan gee waar NAKA EN HAWIE nie daardie visie en vermoee het nie, byvoorbeeld ook RASSIE EN ALISTER het net dai vermoee wanneer en wie te vervang indien nodig en alle respek NAKA EN HAWIE het dit nie, hul dink 5min is die regte tyd en magic moet gebeur terwyl ons die laaste 10min al ons gatte sien

  23. Chris Says:

    Dit is wonderlike nuus dat Willem de Waal gaan terugkom Cheetahs toe! Ek dink hy is briljant en ons moes nooit hom laat gaan het na WP toe nie.

    Quinton 10 –> Ek dink nie Juan Smit wat nie in die span is benadeel ons span nie want sy kapteinskap bo beter leiers as hy neutraliseer eintlik sy bydrae tot die span. Die Cheetahs kort ‘n energieke, positiewe en vriendelike leier! Ek dink ouens wat goeie leiers sal maak is Ashley Johnson, Adriaan Strauss of dalk Coenie Oosthuisen. Adriaan Strauss is ‘n lekker kaptein maar ek soek meer betrokkenheid vanaf die kaptein by die span terwyl die spelers speel. ‘n Goeie kaptein wat sy kapteinskap uitleef en verantwoordlik optree is baie werd vir ‘n span!

  24. Pap Snoek Says:

    Sterkte aan die manne ek sal daar in my volle Vrystaat gewaat wees om julle te ondersteun hier in die Kaap mag dit dalk nat wees wat dalk n goeie ding kan wees vir ons, ek sien die WP het alweer klaar game gewen,kom manne maak ons Cheetha ondersteuners trots die naweek!!!

  25. Chris Says:

    Sterkte met die wedstryd Cheetahs! Jul wedstryd is vir my belangriker as die Bokke se wedstryd! Moet asseblief net nie die stadige voorspeler-rugby speel nie want anders gaan ons nie wen nie en dan gaan daar nie een positiewe blogger wees nie!

    As ons verloor terwyl ons goeie hardloop rugby speel en WP wen ons omdat hulle beter is as ons sal ek nie netgatief wees nie maar as ons nie volgens ons agterlyn se potensiaal gaan speel en steeds verloor moet daar defnitief gedink word aan ‘n ander afrigter sodat ons span weer aan die gang kan kom.

    Sterkte Cheetahs! Adriaan Strauss jy moet beheer neem en deurentyd met jou span kommunikeer!
    Coenie Oosthuisen — Speel net soos jy elke wedstryd speel! Probeer om ‘n senter of ‘n vleuel weg te stuur die oomblik as jy die verdedigers tref!
    Nokwe – JY IS DIE VINNIGSTE SPELER OP DIE VELD!!! Wys dit vir ons en jy kan dalk weer vir die Springbokke gaan speel!

  26. kierie Says:

    okay mense: Cheetahs, jul was vandag weer: ONVOORSPELBAAR – ek glo min mense het gedink ons kan die ee deurtrek, maar awesome gedoen! ASB gee vir Carse net sy pplek, ek hou van tewis en hy probeer hard, maar carse is net beter en vinniger. Louis strydom is glad nie sleg nie mense, hy kom nou aan die gang. jip, ons het nie meer ons ‘matchwinner’ De Waal nie, maar as ons die WP so kon wen met weg game, kan ons enige game wen. kom ons speel vir daai tuis semi!!

Leave a Reply