
Die Vrystaatse Rugby-unie moedig rugby ondersteuners in Bloemfontein en in die omliggende omgewing aan om kaartjies te koop vir die Vodacom Drie Nasie wedstryd tussen die Springbokke en Wallabies op Saterdag, 4 September in Vodacom Park.
Hierdie gaan ‘n besonderse wedstryd wees, aangesien die Springbokke en die Wallabies in 1996 die laaste keer mekaar die stryd in Bloemfontein aangesê het.
Daar is nog heelwat kaartjies beskikbaar en dit kan aangekoop word by die kaartjiekantoor in Vodacom Park asook by Computicket. Die kaartjiekantoor in Vodacom Park is spesiaal ook hierdie naweek ook oop en die ure is: Vrydag van 08:30 tot 16:30, Saterdag van 09:00 tot 12:00.
Kaartjies sal hierdie Saterdag en Sondag ook te koop wees by die Pick-‘n-Pay Hyper in Benade Rylaan, Fichardtpark (08:30 tot 13:30) asook by Sneakers by die Waterfront.
Seisoenkaartjiehouers wat nog nie hulle kaartjies vir die wedstryd afgehaal het nie, word versoek om dit voor Vrydag middag 16:00 by die kaartjiekantoor in Vodacom Park te kry.
Kaartjiepryse wissel tussen R220 en R450, afhangende van waar jy in die stadion wil sit.
Die Vrystaatse Rugby-unie beplan om van die dag verder ook ‘n groot geleentheid maak met kunstenaars en musiek wat heeldag vermaak gaan verskaf op die Castle Gig-Rig en Castle Deck vandat die hekke om 13:00 open.
Die groot aksie skop om 17:00 af.

Hoeveel kaartjies is al verkoop? Weet iemand.
Klaar my seisoenkaartjies se kaartjie gaan haal en sal verseker daar wees