Statistieke vertel meer van Vodacom Free State Cheetahs v Platinum Leopards

philip-snyman-v-leopards-21

Philip Snyman in Photo by Hilton Kotze

Laat ek sommer begin deur dit duidelik te maak dat ek bewus is dat sommige bloggers geensins hou van statistieke nie – en nie verder hoef te lees as statistieke hul ontstel nie of indien hul van mening is dat dit net gebruik gaan word om spelers en afrigters te komplimenteer nie. Daar is egter baie ondersteuners wat soos ekself nie instaat was om die wedstryd by te woon nie en reeds in Johannesburg was vir die Springbokke se wedstryd.

Ons moes noodgedwonge luister na die wedstrydverslae van vriende en die media - aangesien – tot groot ontsteltenis van baie, nie hierdie wedstryd of die wedstryd van die Bulle uitgesaai is op TV nie.

Vir ons is dit tog belangrik om verdere inligting in te win oor die wedstryd – en te probeer vasstel watter tipe wedstryd ons span gespeel het. Dit is hier waar die statistieke tog belangrik is om ons ‘n duideliker prentjie te gee. Dus wil ek bietjie kyk na die inligting van RuggaStats nadat ‘n opname van die wedstryd ontleed is:

Positiewe aspekte uit die statistieke bly die volgende te wees:

Vodacom Cheetahs balbesit 58% teenoor Luiperds 42%
Vaste Fassette sukses persentasie – 96%

Het ons gehardloop met die bal?

Vodacom Cheetahs meters gehardloop 1460m teenoor 641m van die Luiperds
Vodacom Cheetahs het 165 “ball carries” teenoor 85 van die Luiperds
Vodacom Cheetahs spelers het die bal 430 keer hanteer en 268 keer uitgegee.

Hoe was die verdediging?

Vodacom Cheetahs het 121 duikslae uitgevoer, bystand verleen in ‘n verdere 28 duikslae en net 9 duikslae gemis.

Watter individuele spelers hat volgens die statistieke goed presteer?

Philip Vd Walt het 14 duikslae uitgevoer en nie een gemis nie, 17 ball carries en 140m gehardloop met die bal.
Die vleuels Philip Snyman en Jongi Nokwe het onderskeidelik 139m en 131m gehardloop met die bal.
Die senters Meyer Bosman en Rober Ebersohn het onderskeidelik 123 en 136m gehardloop met die bal.

So kan ons elke speler van nader ontleed. Dit word meer interessant as ons na ander wedstryde ook kyk ten einde vas te stel watter statistieke ‘n “redelike standard” daarstel.

Baie Geluk aan die Vodacom Vrystaat Cheetahs met ‘n goeie oorwinning. Dit is veral verblydend dat die Luiperds geen punte kon aanteken nie!!

Vir jou eie ontleding van die statistieke en afleidings - goed en sleg - kyk gerus na Vodacom Free State Cheetahs v Platinum Leopards

This entry was posted on Tuesday, August 24th, 2010 at 7:41 pm and is filed under Guestwriter: 15. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

9 Responses to “Statistieke vertel meer van Vodacom Free State Cheetahs v Platinum Leopards”

  1. Chris Says:

    Die guestwriter wat die bogenoemde teks skryf is redelik negatief teenoor die bloggers in die algemeen. Ek is nie bewus van enige van die ouens wat gesê het dat hul nie van statistiek hou nie - die gevoel onder die bloggers was met die vorige blog wat die konteks bied vir die Guestwriter se inleidende paragraaf, meer gerig daarop dat daar ten spyte van positiewe stats wat voorgehou kan word groot foute is wat nie raakgesien word nie.

    Enkele goed wat ek al by die Cheetahs opgelet het onder Naka se afrigting is dat hulle daarvan hou om hul spiere te bult voor die kleiner spanne wat volgens die statistiek sleg vaar. Hul is meer genieg om te hardloop en dit is asof hul ‘n houding inneem van “ons gaan vandag dié span stukkend hardloop/speel”. Waneer ons dan weer te staan kom voor die groter spanne speel ons weer negatiefe rugby wat volgens my ‘n sterk assosiasie het met Naka.

    Ek dink dit is veilig om aan te neem dat ons teen ‘n span wat sovêr al hul curriebeker wedstryde verloor het beter gaan vertoon as teen meer kompiterende spanne en het op ragga stats gekyk en die meeste van die spanne oor die algemeen beter statistiek teen die Luiperds vertoon as teen ander spanne soos die Griekwas, Cheetahs en selfs die Pumas.

    Hoe belowend die statistiek van ons wedstyd teen die Luiperds ook mag lyk, en ek is bewus daarvan dat ons statistiek beter vertoon teen die Pumas as die ander top spanne, is ek bekommerd oor ons vermoë om daardie positiewe benadering wat ons inneem teen kleiner spanne ook in te neem teen groter spanne. As ons dit tegry sal ek baie bly wees want dit kan dalk beteken dat ons weer ware Cheetah-rugby teen die groter spanne kan sien.

    *** het nou net gehoor dat Brossouw weer moet gaan vir ‘n operasie. Ek hoop sy operasie is ‘n sukses en dat hy gou kan herstel. Sterkte Brossouw.

  2. JacoPrinsloo Says:

    Ongelukkig het statistieke nie die Sharks en Leeus gewen nie.
    Die Cheetahs het ook goed “gelyk” in diè twee wedstryde, maar op die ou end is dit die laaste 5 minute wat getel het.
    In ag geneem wat “kon” gewees het met “daardie” twee wedstryde, sou die Cheetahs eerste op die log gelê het, met die WP tweede en die Sharks derde!!

    Hopelik het die Cheetahs ook nou gesien hoe om WP te wen (Soos wat die Sharks gemaak het) en alle sterkte vir die wedstryd.

  3. Guestwriter 15 Says:

    Chris ek haal graag ‘n vorige post aan en ‘n aanmerking deur jouself “Hierdie stats-gemors is al lankal deur naka en kie as verskonings opgedis en nou kom die Guestwriter ook daarmee!”

    Ek pleit skuldig as ek die verwysing na “stats-gemors” as negatief geinterpreteer het.

    Ek maak dus net by voorbaat seker dat ek nie dit wat ek onder die aandag van die bloggers wou bring as “stats -gemors” wil aanbied nie - maar bloot eerder as hulp ten opsigte van waar die wat belangstel die inligting kan kry.

    Ek dink nie ek is negatief teenoor bloggers as ek dit met hul deel nie…of hul vrae rig aan die bestuur nie..of hul op hoogte probeer hou van nuus nie. Miskien sou dit negatief wees om na sommige menings as “gemors” te verwys - maar ek sal nooit waag om teenoor die mede bloggers te doen nie.

    Geniet die week se opbou na die rugby!! :)

  4. johan Says:

    Sal die guestrwriter vir ons asb.die stats nagaan en vertel hoeveel strafskoppe Caldo al in die Cheetah trui afgestaan het.

  5. Guestwriter 15 Says:

    Johan. Die stats toon geen strafskop teen vir Caldo vir wedstryd teen Luiperds - 2 strafskoppe teen Leeus!! Loer gerus na vorige wedstryde op Ruggstats van Cheetahs

  6. Chris Says:

    Hi Guestwriter ek het niks teen stats nie en stem saam dat dit ‘n wonderlike middel is om tot dieper insig te kom mits die volle prentjie raakgesien word. Ek hou daarvan om tenies die goed te ontleed en statistiek help daarmee. Naka het baie verskonings al gemaak vir swak resultate en op daardie staduim het ek na “hierdie” sien dit nou as “daardie” stats as gemors verwys omdat dit nie vir ons vertel het waar die probleme lê nie.
    Dit voel asof die afrigters konstant die probleme miskyk en die grootste probleem volgens my en meeste van die ander bloggers is dat ons nie drieë druk met ons agterlyn nie. As mens gaan kyk na die stats op ruggastas dan is ons voorspelers se spel die beste in die kompetisie waar ons agterlyn se spel onder gemiddeld is.
    Ek wens net dat ons weer hardlooprugby kan speel soos in die ou dae. As ons dit weer met passie kan doen kan enige afrigter/s ons afrig want herdlooprugby is positiewe rugby wat baie lekker is om na te kyk en ons het met ons ou hardlooprugby die Britse Leeus elke keer groot skrikgemaak!’n Klein agterlyn met spoed en balvaardighede sal ‘n agterlyn met klomp groot ouens ore aansit!

    Jammer Guestwriter as ek jou “seergemaak” het met die “statsgemors” ek sal probeer om op ‘n mooier manier die goed uit te lig in die toekoms. Vra asseblief net vir Naka om hardlooprugby te speel in al ons wedstryde want dan gaan jy sien hoe ons stats selfs nog gaan verbeter.

  7. Guestwriter 15 Says:

    Doodreg Chris - en ek moet erken dat ek baie saamstem met hoe jy die wedstryde ontleed - en dat ek self graag sal wil dat ons regte Cheetah rugby speel - en dit is rugby met al 15 op die veld en oor die hele wydte van die veld!!

  8. Quinton Says:

    Als goed en wel maar stats wen nie games nie, en die tiepe stats teen spanne soos die Luiperds is van geen belang.

  9. Kobus Says:

    die stats wys dan ook seker dat net twee agterspelers teen die luiperds kon druk! Ek kan ook nie rerig sien dat ons hardloop rugby teen wp beplan nie, want die span is gekies vir 10 man rugby, bosman, louis en tewis wat daar is vir die akopwerk, ens. Ek is seker naka is bang vir wp en wil daarom voorspeler en skop game speel. Ons voorspelers sal nie soos teen klein spanne 6 driee teen wp kan druk nie, en ek dink met die huidige spankeuse en gameplan, behoort die wp met ten minste 15 te wen, as ons na statistieke teen die ‘groot’ spanne kyk?

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree