
Lions v Vodacom Free State Cheetahs
Venue: Coca Cola Park, Johannesburg, 15h00
Match Report
First Half
7min: Lions 0 Vodacom Free State Cheetahs 3 Louis Strydom penalty
13min: Lions 0 Vodacom Free State Cheetahs 6 Louis Strydom penalty
17min: Lions 3 Vodacom Free State Cheetahs 6 Elton Jantjes penalty
20min: Lions 6 Vodacom Free State Cheetahs 6 Elton Jantjes penalty
27min: Lions 6 Vodacom Free State Cheetahs 9 Louis Strydom penalty
38min: Lions 13 Vodacom Free State Cheetahs 9 Try Deon van Rensburg, converted by Elton Jantjes
Half Time Lions 13 Vodacom Free State Cheetahs 9
43min: Lions 13 Vodacom Free State Cheetahs 16 Try Ashley Johnson converted by Louis Strydom
48min: Lions 13 Vodacom Free State Cheetahs 19 Penalty by Louis Strydom
63min: Lions 16 Vodacom Free State Cheetahs 19 Penalty by Elton Jantjes
68min: Lions 16 Vodacom Free State Cheetahs 26 Try by Cobus Caldo converted by Meyer Bosman
76min: Lions 23 Vodacom Free State Cheetahs 26 Try by Elton Jantjes and converted Elton Jantjes
78min: Lions 30 Vodacom Free State Cheetahs 26 Try by Jannie Boshoff and converted Elton Jantjes

Genoeg is genoeg, dit is nou hoog tyd dat Naka die trekpas kry…
Eerstens wil ek net vir die o/21 geluk se met hul oorwinning. Dit was nou goeie rugby gewees!
Wat ‘n teleurstelling vir die senior span. Ek het in my vorige blog gese ons moet nie nou
gly nie. Ek blameer die afrigters ten volle vir die verloor want hoekom is Meyer en Tewis nie vervang nie? Ek glo dit sou ‘n weeslinlike verskil gemaak het. Indien die reserwes soos al menige
kere gesoebat is en vir meer speeltyd gevra is sou dit dalk anders gewees het. Ek “rest my case”
Harold, wanneer gaan jy ‘n slag wakkerskrik. Naka het lank op Rassie se rug gery en noudat Rassie se invloed uitgewerk het, lyk ons span soos ‘n klomp skoolkinders. Hoe lank gaan julle nog hierdie onderprestasie verdra, as jy nie bereid is om harde en die regte besluite te neem nie gee liewer die leisels aan iemand wat wel bereid is om in belang van Cheetah-rugby op te tree.Ek hoor graag jou kommentaar hierop.
Hoe lank nog moet die ondesteuners na die k@k sit en kyk en luister na dinge soos statistieke en hoe goed die bestuur span is wat gaan aan in Vrystaat Rugby asb ek voel ek moet my kop in my gat druk en myself versmoor om vir so n span te support wat geen visie het en maar net elke maand van week week na week gaan om verder vir die land te bewys hoe pateties ons is dit is skokkend
Ek vra weer waar is Verster en sy bestuurspan se asb vir ons die mense wat Vrystaat rugby eet drink en slaap wat gaan aan en wat is julle visie want julle maak n bespotting van ons as onderteuners en ek glo ons kan ook net soveel vat !!!!
Asb gee vir ons antwoorde soos fire bestuurspan en kry iemand wat rugby ken en nie net daar sit en dik word uit Vrystaat rugby se geldpotte en verder niks beteken!!
Weer verloor in die laaste 10 minute, weer met 2 drieë ? En gesink deur ‘n bloedjong losskakel wat kon speel soos hy kan. En ons het ook sulkes, maar hulle moet op die bank sit en wanneer hy wel opkom moet hy afskop tot binne-in die opposisie se kwartgebied, met geen kans vir ons eie spelers om te kompeteer vir die bal nie. Ek elke keer het die Lions net daai bal teruggehardloop teen ons.
Maar ek kan nie te veel sê nie, want ek het nie juis kop-of-stert uitgemaak van watse soort rugby ons gister gespeel het nie. 68% balbesit in die 1ste helfte, 80% balbesit in die 2de helfte, 10 minute teen 14 manne (sonder ‘n enkele punt), en verloor met 30 - 26 ??!!
Wat my ook dronkslaan waaroor Cobus Caldo moes opkom.2 Minute op die veld en hy staan twee strafskoppe af.Drotske kan nie wakker skrik nie.
Ek weet nie wat om te sê van wat ons probeer doen het nie. Dit het gelyk asof ons wil begin hardloop met ‘n paar indrukwekkende aangeë vroeg in die eerste helfte maar daar was geen plan agter die bewegings nie……
Dit lyk asof hul iets met die agterlyn probeer doen maar dit net nie regkry nie en dan gooi hul tou op en speel die dom-tipe verloorrugby. Ek is oortuig dat ons afrigters nie weet hoe om ‘n agterlyn af te rig nie en ek reken dat Naka en Hawies se toekoms deur die VRU bekend gemaak word want ons span het geen rigting nie.
Ek dink die broederbond-tipe beheerstruktuur en bestuur van die VRU is iets wat moet end kry want dit lewer nie resultate op nie. Ons soek beter afrigters! Die Leeus het verbeter maar die Cheetahs het verswak en dit het gelyk asof van die spelers babalas gehad het of dalk te min geëet het. Ek het gedink dat die Leeus teen ons gaan hardloop - hul het by die Haaie geleer hoe om drieë te druk teen ‘n span wat alles met die 8-tal wil doen.
Balbesit beteken niks as jy nie ‘n plan het nie! Dit is die ware stats agter die “positiewe stats” wat die Guestwriter vir ons uitgelig het. Hierdie rugbystyl wat ons probeer speel verskriklik dom.
Teleurstellend. Dis al wat ek kan se. Nes teen die sharks word ons “ervare” span gekelder deur ‘n groentjie. Die Leeus sukkel en begin nuwe bloed inbring. Dit begin vir hulle te werk. Oor ‘n jaar of wat sit hulle met ‘n goeie, jongerige span wat ervaring het. Wonder wat sal ons in die plek daarvan sal kan wys?
Ek wil net een opmerking maak, ek is bang as ek meer tik word ek ongeskik.
Die Cheetahs het net die bal gekry as die leeus ‘n fout gemaak het.
Die leeus het die bal Menigmale gekry, deur ons foute, meer meer deurdat ons vir hulle die bal GEE deur ‘n skoppie.
Die leeus het NET geskop as hule die bal uit geskop het, of die twee keer toe dit op ‘n drie afgeloop het. Naka dink nog steeds daar is iets soos ‘n “taktiese” skop in 2010.
Die enisgte skop taktiek in 2010 rugby is: Skop oor die pale, en MOENIE skop nie.
Grootste toets vir Naka en die res van die seisoen is die volgende 2 weke…om te sien of hy gaan aanhou met sy visie van ‘n sogenaamde beginspan, en hoe daai beginspan kan terugslaan oor 2 weke op Nuweland!!
Naka, jy weet wat om te doen ou maat, ons het al almal ons raad gegee, week vir week! Moenie verbaas wees om Vrydagaand ‘n lee pawiljoen te sien nie. Dis tyd dat jy besef plan A het nie gewerk nie, en tans lyk my is ons op geen plan, die manne het geen plan nie. En ek dink die fout is after, by Hawies. Ons agterlyn is ons swakpunt, nie agv spelers nie, maar afrigters met geen plan, en VERKEERDE SPANKEUSES!! Aan ouens soos Sias, ek was bly om te hoor julle het geteken vir nog ‘n seisoen by VS rugby, maar ek gaan jou nie kwalik neem as jy nie weer teken. Wie wil nou elke Saterdag net 5 min rugby speel?
80Min, se die opskrif…..
JW het my beindruk al het hy nie veel bal gekry.
Geen Carse en Bosman 80 min?
Daars hy Nakkie! So doen mens dit…
Wat ‘n gemors, laat Naka en Hawies gaan want hulle het nie ‘n idee hoe rugby deesdae gespeel moet word nie. Probleem is nie die laaste 10 minute nie maar die eerste 70 minute, daar is nie kreatiwiteit nie.
Kon wragtig nie my oge glo nie. Die tweede keer in drie weke. En weer stel die manne teleur. Die groot verskil tussen die bulle en die Cheetahs is die BENADERING. PROFESSIONALITEIT. Die bulle het Saterdag ten minste gelyk na ‘n span met “conviction”.
Moet se dat Hennie Daniller net beter en beter word. En dat die ref se benadering op kritieke tye die Lions teruggelaat het in die wedstryd. Jaco Taute slaan die bal aan na goeie up en under van Sias, maar speel die bal toe op die grond. Op die Leeus se kwartlyn. GEEN STRAFSKOP. Was wat my aanbetref die draaipunt in die wedstryd.
Cheetahs, ek skaam my dood
AG NEE, AG NEE 10PUNTE VOOR MET 5MIN OOR EN ONS STAP WEER MET DIE STERT TUSSEN BENE VAN DIE VELD AF……Naka/Hawie ek herhaal net jou woorde “EK TWYFEL OF SOMMIGE SPELERS WERKLIK WEDSTRYDE WIL WEN, DAAR WAS GOEIE VERTONINGS DEUR STAATMAKERS SOOS DIE STUT COENIE OOSTHUIZEN EN DIE AGSTEMAN ASHLEY JOHNSON, MAAR VERANDERING IN SEKERE POSISIES IS DALK NET DIE REGTE MEDISYNE VIR VRYSTAAT” Magtig NAKA dis wat ons as ondersteuners al laaaaankal vir jou se, raak ontslae van jul WITBROODJIES wat nie wil speel en wil wen nie..Die fout le nie net by spelers nie, dit begin by spankeuses en jul bly kies ouens wat niks trots voel in n VRYSTAAT truie nie, 2de probleem het jy en HAWIE geen oordeelsvermoee WANNEER om ouens af te haal te vervang of om op te hou nie, CALDO IN COENIE SE PLEK VIR WAT, Tannie TEWIS bly op terwyl CARSE lankal moes opgewees het, PHILLIP af vir SMIT, nee jong ek hoor jou wat se die spelers moet verantwoordelikheid vat maar JULLE BLY DIE OUENS KIES WAT NIE WIL WEN EN VERANTWOORDELIKHEID WIL AANVAAR NIE…..BEGIN by TANNIE TEWIS met CARSE, Kry SIAS in LOUIS, STUUR MEYER sharks kry WHITHEAD op die bank, dan skuif jy PHILLIP OP SY PLEK 13 TOE en EBERSHON 12, JW JONKER het gewys hy wil….Kry OUPA SCHOLTZ op die bank en begin met KABAMBA en jy gaan sien dis ouens wat wil en al die ouens oor wie jy twyfel is uit..
Ek lees in die volksblad dat Naka die spelers voluit beskuldig vir die nederlaag, en dat hy sekere veranderinge gaan maak. HAHAHAHAHA Naka sê liewer reguit “ek moes lankal na die ondersteuners geluister het maar ek was te hardkoppig.” Ek het op Superbru voorspel ons gaan verloor om 2 redes: 1 - Spankeuse en 2. - Spelpatroon.
Al die spanne ken ons spel al beter as ons eie spelers. Tienman rugby.
Nee wat Naka is nou besig om Vrystaat rugby finaal in die grond in te druk.
5 Chris B
Ons het ook ‘n ‘Jantjies’. Hy hou net die bank warm. Miskien gaan hy ook nie toegelaat word om in homself te glo en te doen, wat ons weet hy kan, nie.
Nee wat jy kan sommer sien daardie jong Leeu spelers se afrigter(s) glo in hulle. Nie iets wat ons spelers beleef nie, wat nog te sê om gekies te word.
En….
Ons spelpatroon is so voorspelbaar. Ek dink tot Soweto se 0/9 spannetjie weet die voorspelers staan in die agterlyn en gaan dryf…. en weer ….. en weer….. en weer….
dan kom Jantjies (onthou hy is maar 19 - Neem kennis Naka) en wissel sy spel af, veroorsaak drieë en druk self een!!
I also rest my case
Ek weet nie hoe de hel gooi n span weer en weer hulle games weg nie,dit was pateties speel vir 80 min of speel gladnie.
Ek weet dit help nie eers om die bestuur vrae te vra nie want ons as ondersteuners se sê is nie belangrik nie,nou is my vraag wat is n span sonder sy ondersteuners want dit is ons wat naweek vir naweek betaal om ons span te sien,gaan julle nog rugby speel as niemand dit kyk nie?
Dit is hoogtyd om die slapgatte te sny wie net daat is vir geld,n Nuwe senter en skakel paar kombunasie moet nou probeer word en teen die luiperds is dit idiaal.
Kom nou manne ek dink ons almal gatvol vir sulke patetiese spel.
Dit is pateties om op die manier teen die Lions te verloor , selfde k@k as teen die Sharks , die cheetahs het nou die rugby clowns geword in Suid Afrika. Ek moet maar bly skree vir hulle, maar glo nie ek sal weer ‘n game kan kyk en openlik my cheetah keps en try dra nie dit is ‘n skande, ek voel skaam om voor mense te sê dat ek vir die Cheetahs skree en as ek dit doen lag ek maar saam met die k@k aanmerkings van die ander ouens want daar is niks wat ek kan sê om my span better te laat lyk nie. Shit ek is dep.
n paar positiewe dinge :
1) Kry v Phillip Snyman nader aan die bal , die yster word gemors op vleuel .
2) Sias stuur die agterlyn baie beter weg en is in my opinie beter as Louis -Louis was maar bitter average .
3) Caldo - stapel jou CV aan Tewis sn vas en kry v julle ander unies - daars genoeg goeie jong stutte .
4) Bosman- dit was een van jou swakste vertonings ooit . Dis tyd dat Rob Ebersohn die nr 12 trui kry .Meyer koop solank jou surfboard en sonbrand olie …..
5) Tewis sien nr 3 hierbo alhoewel Serinitas jou met ope arms sal ontvang .
6) Danhiller : great game en solied .
7) Naka & Hawies -julle het al die talent in die wereld , maar daars geen verbeelding of inovasie in julle spelpatroon nie . Dit getuig net van swak afrigting . VRU dis nou tyd om te beplan vir volgende jaar. As julle nie nou optree nie is volgende seisoen ook n geploeter .
Naka en kie , gebruik asb die wedstryd teen die Luiperds en speel die agterlyn as volg :15 Hennie, 14 Smit ,13 Snyman,12 Ebersohn,11 Jonker, 10 Ebersohn , 9 Carse met Whitehead en Van Zyl op die bank op die bank . Guestwriter en Editor gee asb v ons julle ideale agterlyn .. . .
Weer n 20 jarige wat rigting aan die leeus gegee het.Mitchell is nie bang om Talentvolle jeug te kies nie.Ek voel jammer vir Sias.Dit is duidelik die span glo nie in hulle afrigters nie.Maar hulle is te bang om hulle eie opinie te gee, anders word hulle gepos.Chris B som dit so mooi op.Hendrik Cronje het 2 jaar gelede gese, dat Naka is besig met n bou fase en dat ons in 2010 weer n sterk span gaan he.WAT WOOOO.Harold Verster se gereeld die Curriebeker moet krag teen krag wees,as Sarfu toegegee het aan jou versoekk Mnr Verster, dan het die Cheetahs nog net 1 wedsrtryd gewen.
Die laaste paragraaf van Naka se “uitvaar teen spelers” mag dalk net die regte ding wees.
Begin om no’s 9; 10 en 12 te vervang. Dit kan dalk net die nodige vonk gee wat die span
nodig het. Wat het van Dawid de Villiers geword? Begin om van die ou hout ontslae te raak
want in twee van die drie verloor wedstryde was jong en onervare curriebeker spelers die
Cheetah’s se ondergang! Ek wil ook nie negatief wees nie maar die semi’s is klaar vir ons
verlore.
Nou kry die arme spelers die skuld en die Naka verdedig hom en Hawies as afrigters se posisie.
Naka sê hy en Hawies kan niks doen as die spelers die wedstryd weggooi in die laaste 10 minute nie….. ek reken dat Naka en Hawies wel iets kan doen — hul kan bedank!!!
Is dit werklik die spelers se skuld? Is dit nie dalk die afrigters se skuld nie? Vodacom Cheetahs kort beter afrigters die oorspronklike wen-rugbybenadering.
Vrystaat speel negatiewe rugby en hou daarvan om tellings te vededig. Hul wil nie met die bal hardloop nie en hul wil nie met flair speel nie… hul wil ook driee druk nie en ons plant nie meer die uitkophou soos wat ons vroeerjare gedoen het nie.
Ek het gesien dat Meyer Bosman hard ingeklim het onder die Leeus…. Dit was goed maar ons voorspelers doen dit al klaar..
Vrystaat speel ‘n stadige tipe rugby wat die spelers se energie nogal tap en dan aan die einde waneer die ander spanne met adrenalien speel omdat hul agterloop dan begin hul te hardloop en dan hardloop hulle ons wat so gewoond is aan die stadige pas heeltemal in ons maai in.
Ag nee Vrystaat, eks rerig moedeloos en spraakloos.
Die nonsens kom al van die eerste wedstryd af teen WP, Hawies ek het 1 vraag vir jou, wanneer laas het die Vrystaat ‘n agerlyn drie gedruk van eerste vase besit. Die laaste klompie wedstryde wat hul uitgesaai het was dit net die voorspelers wat naby doel lyn oorduik vir ‘n drie. As ons nie teen WP op Nuweland in 2weke se tyd wen nie kan ons maar die Semi’s op ons maag skryf met kruit en af vee met ‘n nat waslap.
My span vir res van seisoen:
15 - Daniler
14 - Mapoe
13 - Snyman / Jonker
12 - R Eborsohn
11 - Nokwe
10 - S Eborsohn
9 - Carse
8 - Johnson
7 - Van Schalkwyk
6 - Floors
5 - Van der Westhuizen
4 - Pieterse
3 - Oosthuizen
2 - Strauss
1 - Nel
16 - PW van Vuuren
17 - Marcel van der Merwe - 0/21
18 - De Villiers
19 - Boom Prinsloo - 0/21
20 - Rademan - 0/19
21 - Whitehead - 0 /21
22 - Jonker / Snyman
Naka / Hawies jul het die manne dus jul attitude wat teenoor die spelers moet veraner. Dan sal die spelers ook miskien vir 80min. begin rugby speel.
Cheetah Groete
Dankie tog die Sharks het vir Meyer Bosman gekoop! Kan hy nie nou al soontoe gaan nie!
Kabamba jou YSTER! Net jammer jy kry net 10 minute om te speel en in daai 10 minute maak jy meer ORDENTLIKE tackles as die hele span saaam. Naka sit Kabamba in die begin span en vir Sias, Phillip en JW!!!!!!!!!!Ek het myself Saterdag belowe om nooit weer so kwaad te word en lelik te praat nie, ek kon nie glo dit gebeur WEER nie!!!!!!!As die twee Ebersohn boeties nie vinnig saam begin speel nie sal hulle ook soos die Du Plessis boeties Vrystaat Sharks word, of is dit nou Natal Cheetahs?
Sias moes lankal opgekom het, maar toe word gewag todat Louis nie eers die bal meer 5 meter ver kan skop nie.
Ai manne, wat ‘n tragedie Saterdag, maar ek dink nie Semi’s vir ons ou spannetjie is uit nie.
Onthou dat hulle verlede jaar hulle eerste 4 wedstryde verloor het, en toe nogsteeds die finale gemaak.
MAAR, dan sal Nake EN die spelers hulle koppe moet regkry. Ons moet ook toegee dat die laaste 5-10 minute in ‘n wedstryd nie ge-coach” kan word nie. Dis alles van die spelers afhanklik, en hulle was die skuldiges hierdie keer.
Ek moet ook die Leeus krediet gee, want hulle het goed verdedig en gespeel soso die Cheetahs altyd gedoen het. Lyk my maar net dat die Cheetahs dit verleer het, en hulle moet die patroon maar weer vinning aanleer.
Daar is by my geen twyfel dat die agterlyn afrigter ASAP vervang MOET word nie. Dis besig om van bad to worse te gaan. Die spelers waarvoor ons so smeek moet gespeel word, maar nie as ons nog nie behoorlike agterlyn afrigting het nie, want dan’s hulle loopbane ook moeghh toe !
Ek het nie die vaagste benul watse tipe game die Cheetahs saterdag probeer speel het nie ? Maar een ding is seker..ons is weer terug by ons voorsprong, veral as dit klein is, te probeer verdedig in die laaste 10-15 minute. Ons hou op aanval en speel, en dis ‘n ou siekte. Ek stem nietemin ook met Naka saam dat ‘n klomp spelers kort hulle g@tte geskop te kry. Hulle was mos voor, so hulle het mos genoeg rugby gespeel ? Ons het in die 1ste helfte 68% van die balbesit gehad, en 80% in die 2de helfte ! Jy speel mos ordentlik rugby as jy soveel balbesit het. Maar osn het ook 10 minute teen 14 spelers gespeel ( en dit was een van die LIONS se beste spelers wat in die sinbin was , en nie ‘n punt aangeteken nie. Ons kan net nie afrond nie ? Daar was ‘n duidelike plan om Daniller te gebruik om oor die voordeelyn te kom, maar daar was geen plan om daarna daarmee iets te doen nie?
Ek weet nie meer of daar enige redding vir ons is nie. Die probleem is dat ons Saterdag @ die Luiperds speel, wat moontlik….en ek sê moontlik, vir ons 5 punte kan beteken, en dan is ons mos weer in die kompetisie ( ons lê in elk geval nog steeds 5de ). Maar as dit by semi’s teen die Sharks, WP,bulle, en nou ook die Lions, kom, het ons nie ‘n snowball’s hope om ‘n final te maak nie !G’n wonder Mapoe sê hy hou liewers op rugby te speel as om weer vir die Cheetahs te speel, nie.
Naka skryf :
“Daarom sê hy van sy spelers sal selfondersoek móét doen. “Ek twyfel of sommige spelers werklik wedstryde wil wen. Ons as afrigtingspan wil beslis wen, maar dit lyk of van die spelers nie eintlik wil speel nie. Jy kan nie in twee wedstryde in die laaste sewe minute ’n sege weggooi nie.”
Die stut Coenie Oosthuizen en die agtsteman, Ashley Johnson, het goed gespeel, maar veranderinge in sekere posisies is dalk die regte medisyne.”
Nou kan ek maar vir hom sê, Ons probeer dit in sy en Hawies se kop kry week in en week uit !! maar ore is min !!!
de Bruin is nie ‘n skrumie nie .. Louis is seker ook nie die beste losskakel in Vrystaat nie … Meyer Bosman speel op naam alleen .. en is lankal nie die speler van paar jaar terug nie. elke keer wat hy beseer was het ons beter gepeel.
En ek begin wonder oor Robert ook .. .toe Snyman saterdag as buite-senter oorgevat het was daar meer vonk in die agterlyn.
Kyk na die onder 21 span se losskakel, daai klein Whitehead is ‘n fantastiese bal speler en skopper. speel hom en sy skrummie Piet van Zyl. met Robert op binne senter en Snyman buite.
Kies van der Walt van die begin af op Flank, En so ook vir Kabamba.
Hou op met die boetie boetie spanne !!
F J wie is van Schalkwyk op 7 moet dit nie vd Walt wees nie dan stem ek ssam.
Ek het noggal gehou van die hardloop honger wat Riaan Smit het, toe hy begin hardloop toe verstuk ek amper aan my bier.
Dit was lekker om te sien, en ek glo dit is wat die span nodig het, veral agterlangs want die manne wil nog rugby speel en wil hulself bewys,waar van die ouer spelers dit vanselfsprekend vat,hy is maar in die span en al bewys hy hom nie sal hy maar volgende naweek weer begin.
Ek voel dat die ou manier die spelers aan gespoor het om beter en beter te speel week na week,AS JY NIE PERFORM NIE DAN SPEEL IEMAND WAT KAN EN GAAN PERFORM!!!!!!
Daar’s net 1ding van die VRYSTAAT WAARNA EK VERLANG……… is dat NAKA en HAWIE uit die UNIE uit sal bedank…..Heng EK sien uit om die span te sien teen LUIPERDS om die veranderinge te sien, om te sien wie gaan NAKA drop wat volgens hom spelers is wat nie wil wen nie… ek lek my lippe af… Hou vas jou matras want NAKA gaan spelers pos….
Baie hartseer, maar ek stem saam met Naka, die spelers moet nou ook verantwoordelik gehou word.Dis nie die afrigters op die veld nie, maar die spelers. Wat ek wel kan se, is skop die “ouer” gardes uit en bring daai jonges in. In die langtermyn sal ons vrugte pluk. Maak net seker dat die jonges wat ons gaan oplei, nie te gou opgekoop nie. Teken kontrakte soos met Mapoe. Die 2 de rondte is ampier hier, ons sal nie meer kan bekostig om te verloor nie. Dit sal n baie hartseer dag wees as ons nie die semis haal nie…
FJ jou span lyk goed, ek sou so klein veranderinkie hier en daar gemaak het.
15 - Daniler
14 - Mapoe
13 - Snyman
12 - R Eborsohn
11 - Nokwe
10 -Whitehead
9 - Carse
8 - Johnson
7 - Van der Walt
6 - Floors
5 - Van der Westhuizen
4 - Pieterse
3 - Oosthuizen
2 - Strauss (K)
1 - Nel
16 - PW van Vuuren
17 - Marcel van der Merwe
18 - De Villiers
19 - Johan Wessels
20 - Piet van Zyl
21 - Sias Eberson
22 - Jonker
@ Chris B (26)”G’n wonder Mapoe sê hy hou liewers op rugby te speel as om weer vir die Cheetahs te speel” Het hy regtig so gese? As dit so is hoop ek hulle leen hom vir die res van sy kontrak vir die Griffons.
30 JJ
Ek (manlik) het ‘n groter kans om swanger te word, as wat Naka ouens gaan drop, want hulle is te eng en konserwatief in hulle benadering!
Maar….
tyd van wonderwerke is seker nog nie verby nie?
Hier is ‘n paar stats wat my bekommer:
–> Die Lions het 1076meter gewen terwyl die Cheetahs 727meter gewen het. Die Lions se voorspelers het 31% van die 1076nmeters wat hul gewen het met hul voorspelers gedoen terwyl die Cheetahs ~43% van die 727meters wat hul gewen het met die voorspelers gedoen het.
–> Louis Strydom het net 4 duikslae gemaak en 2 daarvan gemis .. dit is glad nie goed nie.
–> Philip Snyman het 105 meter gewen in slegs 10keer wat hy die bal hantee het d.w.s 15m per slag. terwyl Meyer Bosman 96 meter gewen het in 29keer wat hy die bal hanteer het –> slegs 3,3meter per slag. Volgens my is Bosman te veel geleentheid gegee om te hardloop - Meyer Bosman hardloop te veel in die opponente vas in plaas daarvan om slim te speel daarom wen hy so min veld… hy probeer die eerste en naaste verdediger omhardloop. Snyman het lekker veld gewen… dit is daai twee keer teen die lyn af - wys jou net hoe belangrik dit is om die bal wyd te kry!
Kobus van Tonder,jy slaan die spyker op die kop met Robert.Die rede is omdat hy binne senter is nie buite senter nie.Philip weer is n buite senter,maar nou ja ons weet mos niks.
ek sien Willem Steenkamp van die bulls het vir die cheetahs geteken…. nie te sleg nie , maar ons het basies Flip v/d Merwe veruil vir die Bulls se 4de beste slot . Plaas maak het VRU hul beursies en koppe bietjie oopgemaak en v F van der Merwe behou . . . . Penny wise and Pound foolish .. . VRU het nie n besigheidsplan en die afrigters het nie n plan op die veld nie .. .
LOUIS NORTJE 31….Ek hoor NAKA en JOU dat spelers verantwoordelikheid moet vat, maar wie kies hulle elke keer, nie ek en jy nie NAKA. Nou wil hy die ouens skel wie ons al laaaankal se drop hul hul wil nie speel nie. EK sien darem dat SIAS vrydag op 10 gaan begin….Ek sou wragtig nie MAPOE kies nie, en n ou soos JW of PHILLIP wat getrou was uithaal nie….MAPOE moet maar weer soos n troep van onder af begin en homself bewys. GRIFFONS nie n slegte begin nie? Ons kan nie al die blaam voor VRU gooi nie. VRU het glo ek met MAPOE gesit met n kontrak met n bedrag op swart en wit en niemand het MAPOE gedwing om n 2jaar kontrak te teken nie, hy was ook maar al te bly n hand ryk uit na hom, hy het dit self geteken maar ongelukkig het MAPOE homself in die gemors ingeloop deur n AGENT wat HEBSUG kom wakker maak het in MAPOE vir meer…”HEBSUG” JY HET EN JY SUG VIR NOG…dis maar waar die hele fout le, AGENTE SPELERS, leer nou n lessie uit MAPOE, DIE WOLLE VOEL NIKS VIR JUL NIE, AGENTE MAAK HUL BESTAAN DEUR JULLE, VOEL NIKS VIR JULLE NIE…Ek wonder regtig wat is JAN HARM se Case, mooi JAN jy het n goeie speler se loopbaan kom opdons en dit oor geld en UNIE.
Sam 37 - ek dink dis lankal tyd dat Verster ons antwoord op die volgende :
1) Wat is die presiese begroting van die Unie en hoeveel is die Vodacom borgskap ??
2) Hoeveel daarvan gaan aan spelers en hoeveel aan homself en die bestuur ?? Is dit proporsioneel tot die grootte van die begroting ?? (hy kan mos nie dieselfde as byvoorbeeld Blou Bulle se pres verdien nie.
3) Wat word gedoen om borgskappe te kry ?? Dit grief my dat WP, Blou Bulle en Cheetahs dieselfde borg het maar die bedrae is nie dieselfde nie - hoekom?? Sover ek weet het die Cheetahs seker een van die grootste “support bases” want selfs al is hul nie almal se 1e span is hul dikwels hul 2e. Die Bulle is groot agv hul “branding” - so hoekom nie Vodacom sover kry om Cheetahs dieselfde te borg of as hul nie wil nie, iemand te kry wie sal - ek is seker MTN bv sal by rugby wil betrokke raak… En moenie my vertel dit gan oor groter bywoning want sover ek verstaan maak hekgeld maar iets soos 10% van die Bulle se inkomste uit.
4) Wat presies het met JP Joubert se kontrak fout gegaan ?? Dis interessant dat Mapoe s’n geldig is maar syne nie (is die “rumor” dat jul eensydig sy huistoelae wat in die kontrak was, geskrap het sonder sy handtekening en dus die ongeldigheid teweeggebring het ??) ‘n Eerstejaar in kontraktereg sal jou vertel dis nie die manier om dit te doen nie.
5) Hoe lank gaan hy nog die pres wees of gaan hy wag dat dieselfde gebeur as destyds toe hy aan bewing gekom het (en die Sonnekus clan uitgeskop is na ‘n paleisrevolusie ??) Daar is ‘n tyd om te kom en te gaan (en nie net aan die ver betaaltjek elke maand te dink nie)
Ek was nog al die jare ‘n groot Cheetah ondersteuner, maar ek kan hul nie meer ondersteun terwyl die bestuur net na hulself kyk en vere voel vir die unie. Dit is tyd vir drastiese optrede en vir sekere “fat cats” om aan te beweeg. Intussen sal ek maar die Bulle ondersteun want minstens is hul bestuur en strukture in plek. Dit is hoekom Ludeke wie by die Lions wggejaag is, hul tot S14 kampioene kon brei - want die afrigter het kwaliteit bestuur, spelers en fasiliteite tot sy beskikking. Naka sal hul ook ‘n kampioenspan kan maak.
Kobus en Blou Bul
Ek het so pas gelees dat Robert Saterdag halftyd (teen die Leeus) afgehaal was met ‘n maag virus.
Skynbaar sou dit die rede wees vir sy swak vertoning, afgesien van die feit dat hy eintlik op 12 moet diens doen.
Nou koop Naka nog spelers aan met die oog op volgende jaar se S15!! Dit lyk al hoe meer of Naka se kontrak as hoofafrigter vir die VRU hernu gaan word!!
Ek is nou al so lank gatvol vir Naka se rugby-afrigtingstyl en nou lyk dit my hy gaan aanbly as afrigter!!!! Hoe lank nog moet ons met onbekwame mense sit wat die span moet afrig?
Kan die VRU nie maar net in plaas van nuwe spelers koop eerder in ‘n beter afrigter belê nie? Kom ons kry vir Rassie terug of kry vir Eddie Jones as afrigter? Het iemand nie nir Naka ‘n ander job nie? Asseblief tog Harold ons kan nie so aangaan nie. Die Cheetahs was bekend vir seker die beste hardlooprugby in die wereld maar nou ploeter ons agterlyn soos paloekas… Ek wil hê dat dringende ondersoek ingestel moet word oor watter afrigter verantwoordelikheid moet aanvaar vir die swak agterlynspel…. daardie afrigter(s) moet afgedank word voor November!
Ek hoop van harte die bestuur en afrigtingspan neem kennis van seker van hierdie kommentare soos hierbo vervat soos die van Chris, Sam en Hannes (om maar enkeles te noem) want dit is werklik insiggewend en daar kan beslis daaruit geleer word. Ek het werklik amper in my koffie verstik toe ek lees dat Ryno Benjamin nou gekontrakteer gaan word en wil net vra liewe Vader waarom? Is dit omdat hy goedkoop is en niemand anders hom meer wil kontrakteer nie? Is dit nie dieselfde Benjamin wat so 3 jaar gelede drie keer ingehardloop was van agter deur klein Burger nie. Burger het weliswaar 3 keer mís geduik maar elke keer weer geslaag om die Benjamin wat op “volle vaart” was in te hardloop en weer te probeer.
EK stem saam dat dit tyd is vir jonger talent om gebruik te word en dat die min speeltyd wat Sias kry uiters frustrerend vir hom moet wees, dis beslis vir my. Ek het gedink dat met die oog op volgende jaar se super 15 daar meer jong spelers gebloei sou kon word in die Curriebeker maar dit lyk my nie die plan nie. Ons sal seker volgende jaar agterkom dat Bosman weg is Natal toe en dat ons hom speelkans gee nou ten koste van jonger spelers wat gewys het hulle wil in die Vrystaat bly. Ons onder 21 vleuels moet seker ook baie bly wees oor die vertroue wat in hulle gestel is met die oog op volgende jaar want kyk ons koop ou “has beens” aan. Oor saterdag eerder net een opmerking- die hele wereld behalwe die afrigtingspan van die Cheetahs en Louis Strydom het al besef dat doellose skoppe veld af net een doel het en dit is om besit af te staan. Een van Louis se skoppe het juis direk gelei tot ‘n drie vir die Leeus. In vandag se rugby is besit krities belangrik =dus jy skop net as daar werklik GEEN ANDER uitweg is nie. Ek weet nie- of ek is die kluts heeltemal kwyt of iets klop regtig nie in die Vrystaat nie.
“If by any chance anyone of you know of a friend or workmate that happens to support the Freestate Cheetahs, please forward the following website onto them. We have setup a new Cheetah supporters forum, in English and Afrikaans at
http://gocheetah.oranjemundonline.com/index.php
You do not have to be a Cheetah supporter to register, as you can discuss any rugby topic with us!”
Daar is n ou waarheid of feit wat my oupa gese het, “if you pay monkeys you get monkeys” En dan gaan kyk n mens in die besighede ouens wat sukkel nie vorentoe gaan in die lewe nie, wie stel hul aandiens met alle respek “Monkeys” want dis goedkoop arbeid maar hul wil nie n goeie salaris vir n goeie ou betaal nie. CHRIS dit wil vir my ook voorkom as NAKA/HAWIE spelers kontrakteur of hulle gaan aanbly, EISH JA… IS MAPOE al in BLOEM E.D of nog in NATAL, ek hoop die tydjie wat hy daar geoefen het het hy n paar tips vir ons. E.D voor ons vergeet net n dank vir die reeling van ARNOLD JORDAAN, ek glo dit sal VRYDAG AAND KOOK met hom. As ek n voorstel dit het altyd lekka gewerk as die kunstenaar voor die game sing, deel van die gees die halftyd werk nie dan is die meeste mense by badkamer jy weet…
Die “goings-on” in Vrystaat rugby en veral agter die skerms, is besig om ondersteuners te verwar en van Cheetah rugby te vervreem.
Waarom kan hulle nie raaksien dat H.Fourie vervang MOET word met ‘n ordentlike agterlyn afrigter nie ? Dat M.Bosman, Hendro ens. al lankal moes plek gemaak het vir nuwe opkomende spe;ers, en spelers wat ons het word uit posisie gespeel of op die bank gesit tot hulle ander heenkome gaan soek. Watter sin het dit om alles deurmekaar te krap om Mapoe hier te hou wat weier om vir hulle te speel. Dit lyk my dit word so ‘n soort “spitefull” situasie, waar “as jy een van myne vat, vat ek een van joune, al het ek baie daarvan en al kry ek niks beter as wat ek verloor nie ”
En waarom moet ondersteuners alles oor hulle span in die Volksblad, of Keo.co.za ens. ens. lees, en nie hier nie ?
Ek sien nou eers in die Volksblad dat B.Pieterse na die King’s toe gaan, W.Steenkamp van die bulle en A.Strauss van die Sharks kom VS toe vir ‘n jaar, R. Benjamin ook. Steenkamp kan ek verstaan, ons het plek vir hom en ‘n behoorlike slot het ons nodig. Strauss ruil ons eintlik net vir Bosman, en dit plaas ons in geen beter posisie nie. Elk geval het ons genoeg senters, so wie moet dan nou vir Strauss plek maak ? JW, Snyman, Ebersohn ens. C.Uys bly, en wie’s verbaas want hy gaan op hierdie stadium beswaarlik by ander unies ‘n kontrak kry. MJ Mentz is gekoop, en speel nooit, terwyl Snyman en JW eerder op vleuel gespeel word, terwyl Mentz ‘n erkende driedrukker is ? P.van Wyk bly by die VS, maar sal hy senior span toe skuif, en wie vervang hy, vir Tewis of Carse, en dieselfde kan van Whitehead gevra word. Wie val uit, Louis of Ebersohn ? En die oormaat talent wat in die 0.21 span is, wat gaan van hulle word ?
Soms dink ek ons afrigters spandeer soveel tyd om met spelers te onderhandel terwyl hulle reeds voldoende het, dat dit waarskynlik die redes is waarom hulle nie by die behoorlike basics kan uitkom nie ?
En dan word ons vertel daar is nie genoeg geld nie ( maar ons koop spelers wat ons reeds HET ), spelers se loopbane word verongeluk deur swak afrigting en ons gebruik nie eerder die geld om hom te vervang nie, en ons wil hope geld spandeer om ‘n speler te verplig om hier te speel, wat weier om hier te speel, terwyl ons genoeg van ons eie het ? Nee wragtag, as ek my besigheid so bestuur het, was ek lankal op alimentasie.
Ek weet verseker dat VS rugby nooit tot sy regmatige reg gaan kom voordat die “gesig” van VS rugby nie van bo tot onder verander het nie.
Louis (31) ek is baie jammer om van jou probleem te hoor en dat jy saam met Naka stem dat spelers hulle kant moet bring maar soos een van die manne alreeds gemeld het dit is nie die spelers wat hulle kies nie maar die afgrigtingpan soos suster De Bruyn en Bosman ek glo daar stink iewers iets in die Vrystaat rugby en dit is nie n papsnoek wat besig om vrot te word nie dit is iets erger dit sal nog uitkom.
Chris (40) ek stem 100% saam met jou wat die laaities van rugby afrigting weet is baie gevaarlik kry iemand wat n passie het vir die game en weet wat hulle doen om nou spelers vir die super 15 te koop is lagwekkend ons het nou probleme wat opgelos moet word en dit moet nou opgelos word en om die specials te koop wat ander ander provinsies nie wil he moet ons ook maar los en bele in ons eie jongspan wat in die Vrystaat is.
En manne moenie probeer iets leer uit die naweek se wedstryd nie want die span teen wie ons speel hoort nie eers in die liga jammer maar dit is my mening!!!! En na die naweek dan sien ons weer ons gatte met die volgende game want dan moet die pensioners weer n kans kry want hulle het n week gerus
Chris B 44.Hoor hoor my vriend.Nee wragtag,ek kan die logika ook nie verstaan nie.Dit lyk asof VRU nie n flenter omgee nie.
Ja, so sit ons naweek in en naweek uit en kyk hoe Carse gemors word op die bank, Hawies speel’n slag ‘n skrumskakel op nr. 9 en nie ‘n losskakel nie, hoekom wil jy 3 losskakels in ‘n agterlyn hê, Hennie Daniller se skoppe en Louis (of Sias) se skopvoet is oorgenoeg. Tewis is nie jou beste skrumskakel nie, hy is in die beginspan oor sy skopvoet, asseblief !!!!!!! Carse is seker die beste aanvallende skrumskakel in die land, hy is groot en boonop vrek vinnig ook. So gee die man ‘n kans.
“Die Blitsbok MJ Mentz is voor die Absa Curriebeker-reeks aangeskaf, maar hy wag nog op speelkans”
NOU KOOP HULLE NOG ‘N VLEUEL???????????
Die srkus in Vrydag en Saterdag hier by ons hoor ek, toe is ek bly en wil gaan kaartjies koop, toe hoor ek dis nie Vrystaat rugby nie maar Brian Boswell se sirkus…
Dalk betaal die Sharks Hawies hulle om Bosman fiks te hou vir die Super 14? Of dalk weet Bosman dieselfde dinge wat Demas geweet het, en is iemand bang om hom uit te laat? Dit lyk my JW Jonker het nie regtig ‘n plek of bestaansreg by Hawies nie, en dalk is daar spelers wat gekant is teen alleenlik voorspeler en skop rugby wat daarom uitgelaat word? JW, so gou as jy kan gaan bloubulle of WP toe, want daar sal jy binne ‘n jaar vir die Bokke speel. Is daar nie een of ander ongeruimthede dat sekere spelers nie gespeel word nie? Weddenskappe of so iets, of is dit die afrigters wat maar net nie sekere spelers laaik nie, of is dit om ons te wys dat hulle tog nie vir die dom onnosele ondersteuners se voorstelle oop is en sal luister nie? Snaaks, waars al die “positiewe” volwassenis dan nou? Dis net al die “negatiewes” wat nog hier op die blog kommentaar, en selfs Normandp begin nou sence praat.
Louis (31) ek wonder, stem jy saam met Hawie se agterlyn planne ook? Hou jy van geen hardloop rugby, voorspelers in die agterlyn en doellose skoppe binne in die opposisie se hande, en dieselfde spelers wat week na week dieselfde foute maak?
Ja ek wens ook ons kon die span hier sien voor die res van die wereld….
Weet julle waar ons tradisionele rugby begin disintegreer het? Of dink julle ek is verkeerd Dit was toe Naka vir Hawies en sy Boland sidekicks na ons toe gebring het. Was Naka en Hawies skooltjommies of wat, weet enige iemand? Ek dink Naka is ok MITS hy ‘n ordentlike agterlyn afrigter sal he, en hy sy voet kan neersit as dit moet en vergeet van tjommie tjommie, en ook minder hardkoppig en moedswillig is.
Post 28 - Johan, ja dit is Van der Walt, jammer dit die Cheetahs wat my so boos maak toe kruip daar ‘n fout in
Dan hoor ek ons het vir Rayno Benjamin gekry ek wil naar word, wil die Cheetahs maar nie al die Springbok sewe spelers teken nie en hul in die agterlyn sit nie want dit lyk vir my na ‘n nuwe tendens van Naka en Hawies die afgelope paar jaar want Hawies kan nie sy eie kreatiwiteit gebruik om jong 0/21 Cheetah agterspelers te ontwikkel nie.
Eks moedeloos dit gaan regtig van “bad to worse”
Wonder wie is volgende op hul lys, seker Earl Rose of Hilton Lobberts.
Asb Harold, maak jou oë oop want ek dink daar is ‘n ander rede hoekom Mapoe nie wil terug kom nie wat ons eers later sal uitvind
Sterkte Maploeters, askies Cheetah afrigters
Ek dink ons moet gaan toi toi en tires brand voor die Cheetahs se kantoor en dan moet ons demand !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Ek hoop nie ANDRIES STRAUSS kom na die STATES omdat hy bedreig gevoel het met MEYER nie….As ek nou kon sou n goeie koopie TIM WHITHEAD gewees het, met JUAN, JAQUES, DE JONGH en FRIKKIE wat senters kan speel gaan hy net die bank warm sit in super14…Kom nou GEORGE loop praat met jou broer! KOBUS 49….JY reg pel…Die ou probleempie het gekom toe NAKA beginne weg wyk het van die fondasie wat PEET KLEINHANS EN RASSIE EN FRANCO SMIT vir hulle geskep het. In die 1ste jaar toe bou hulle op RASSIE en FRANCO se fondasie en die STATES speel n bars hou hardloop rugby, en ons verloor net 1 game en VRU bied n TUIS SEMI teen BULLE(Vol stadion) en n TUIS FINAAL teen LIONS (vol stadion), EN WEN DIE LIONS in finaal. TOE begin hulle hulle eie kop volg en hul eie mengelmoes kak does in die vorm van RUGBY aan mekaar slaan en hul fondasie val uitmekaar. Wonder of NAKA EN KIE nie wil kyk die vidios van daardie jaar, wat het gewerk want iets het gewerk want ons het net 1 game verloor daardie jaar.
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
JJ, net so ‘n regstellingkie - Tim Whitehead is nie familie van George Whitehead nie. George se broer is in Graad 11 in Grey - Paul Whitehead - en hy speel wel rugby. Jy kan maar Saterdag gaan kyk wanneeer Paul Roos teen Grey kom speel op hulle velde (2010-08-21)
Ryno Benjamin kan maar enige tyd vir Nokwe vervang - dit is darem een goeie ruil !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
JJ (52) –> In al daai games wat ons so gewen het toe ons die Leeus gewen het in die CB finaal was Rory Duncan die kaptein en Naka hulle het hom net so laat gaan.
Kobus Myburgh (49) –> Ek plaas die skuld voor die deur van Naka Drotké. Toe hy af siek/weg was verlede jaar het die Cheetahs se spelpatroon bietjie verbeter… party van die boggers behoort dit te onthou.
Onder Hawies Fourie as afrigter het Boland baie goed vertoon en hul het drieë gedruk. Vrystaat speel nie nou naastenby die tipe rugby wat Boland destyds gespeel het nie. My gevolgtrekking is dat Naka op arme Hawies se kop sit en Naka sit so swaar op sy kop dat ons nie eers Hawies kakebeen sien uitsteek nie. Daar is absoluut geen van Hawies se kreatiwiteit wat hy destyds gehad het met Boland te bespeur by die Cheetahs nie.
As ons weer die Curriebeker semmi’s gaan haal hierdie jaar sal die VRU bestuur die guestwriters weer sonder betaling hier kom laat uitbasuin oor hoe negatief die bloggers is en hoe wonderlik Naka is en die span se resultate is. ‘n Span moet werklik swak wees om nie die semmi’s van die Curriebeker te haal nie en ‘n span met ervaring wat die Cheetahs tans in vergelyking met die ander spanne mee speel vaar belaglik swak en die balangrikste punt wat baie mense mis is dat die afrigter(s) die blaam moet dra en nie die arme spelers nie!
Ons bloggers moet onthou dat Naka Drotské NOG NOOIT homself blameer het vir die Cheetahs se swak vertonings nie…. ek lys gougou ‘n paar van die goed wat ek kan onthou wat hy al blameer het vir die arme Cheetahs se swak vertonings:
Die arme span Cheetah span self !!!!
1)Die skeidsregter
2)Die indeling van die Curriebeker (hierdie jaar)
3)Die inderling van die S14 (verlede jaar)
4)Die TV skeidsregters.
5)Die Lynregters.
6)Swakker skeidsregters wat vir kleiner spanne in die S14 blaas.
7)Die hop van die bal.
En laastens en defnitief nie die minste nie
Naka maak geen foute nie ouens !!! Naka is die beste!!!!! Naka jy verdien om ‘n beter span af te rig as die Cheethas net jammer hoe langer jy die Cheetahs afrig hoe meer kwyn die resultate.
Nou wat kan ons se, dit is seker wat gebeur as die manne uit posiesie(verskoon my spelling) gespeel word. Ek lees dat Naka uitgevaar het teen die spelers maar niemand is te blaam behalwe hy nie, “Robert,buite, uit posiesie”, “P Snyman, vluel, uit posiesie”, “Bosman, de Bruyn en Caldo op die veld, weereens uit posiesie”,Naka wil jy nie maar liewer n ander man se vrou oor-see gaan kry nie en Hawies, wanner is die laaste keer wat jou vuels n bal gekry het van n Cheetah hand af.
Chris B (44) –> Goeie pos maar sien my ander argument ook hier onder…
Kobus Myburgh (49) –> Ek dink als het begin toe Naka oorgeneem het as hoofafrigter!
Ek dink nie ons kan vir Hawies beskuldig nie. Hoe meer ek daaraan dink hoe meer maak dit vir my sin dat die groot probleem Naka is. Toe Naka verlede jaar af/siek was vir meer as ‘n week het die span ‘n klein bietjie verbeter onder Hawies. Boland het goeie rugby gespeel onder Hawies Fourie as afrigter en hulle het drieë gedruk! Hul rugby was opwindend. Die Cheetahs doen dit nie en dit is defnitief nie omdat die spelers wat ons het swakker is as wat die destydse Boland-spelers nie.
Als dui volgens my daarop dat Naka so hard swaar om arme Hawies se kop sit dat sy ken nie eers uitsteek nie.
As die Cheetahs die jaar die semmi’s haal gaan die VRU weer die arme guestwriter opsaal om weer onbetaalt vir ons hier te kom tik oor hoe goed soos hoe wonderlik Naka is en in watter positiewe goed ons onsself kan verbly!
Hoe meer ek daaraan dink mede bloggers hoe meer belaglik is Naka as hoofafrigter. Hy het nog nooit die blaam op homself gevat nie maar hy het al baie ander mense beskuldig! Ek noem gou ‘n paar mense/goed op wat hy al beskuldig of as verskoning gebruik het vir die Cheetahs se swak vertonings:
1) Indeling van die S14 (verlede jaar)
Hop van die bal!
2) Moeilike loting van die S14 (verlde jaar)
3) Moeilike loting van die Curriebeker (vanjaar)
4) Skeidsregters
5) Lynregters
6) TV Skeidsregters
7) Swakker skeidsregters wat toegeken word aan kleiner spanne…. (Naka sien die Cheetahs as ‘n klein span… nie ek nie)
9) Laastens en defnitief nie die minste nie want dit is die belaglikste en ook die mees onlangse voorval plaas Naka die blaam op die arme Cheetha-spelers…
Naka het nog nooit genoem dat HY die probeem mag wees nie MAAR hy het die guts om sy span in die openbaar te beskuldig/blameer!!
Naka is great! Hy is ‘n great afrigter!! Naka Drotse verdien om ‘n beter span af te rig as die Cheetahs… net jammer dat die resultate kwyn hoe langer hy die Cheetahs afrig.
Sorry,ek bedoel “vleuls” en nie “vluels” nie.
CHEETHA SUPPORTER 53…..dankie vir daardie gevleuelde regstellende woorde, ek het sommer net aangeneem hul moet broers of neefs of so iets wees. CHRIS jy reg oor DUNCAN ek sou enige tyd daardie BLOU BULL oukie wat STATES toe kom ruil vir RORY DUNCAN.