Vodacom Free State Cheetahs Team announced to play Lions

Vodacom Free State Cheetahs vs Lions
Saturday, 14 August 2010

Coca-Cola Park, Johannesburg

15. Hennie Daniller
14. Philip Snyman
13. Robert Ebersohn
12. Meyer Bosman
11. Jongi Nokwe
10. Louis Strydom
9. Tewis De Bruyn
8. Ashley Johnson
7. Francois Uys
6. Hendro Scholtz
5. Waltie Vermeulen
4. Izak van der Westhuizen
3. WP Nel
2. Adriaan Strauss (C )
1. Coenie Oosthuizen

Replacements
16. Skipper Badenhorst
17. Kobus Calldo
18. Philip van der Walt
19. Kabamba Floors
20. Tertius Carse
21. Sias Ebersohn
22. JW Jonker

This entry was posted on Wednesday, August 11th, 2010 at 7:03 pm and is filed under Guestwriter: 15, The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

18 Responses to “Vodacom Free State Cheetahs Team announced to play Lions”

  1. sam Says:

    Carse en van der walt moes begin het … elk geval sterkte aan die hele span . moenie die Leeus onderskat nie . Hoop Sias kry meer speeltyd die keer . Ek sal ook waar moontlik v Bosman begin uitfaseer om sodoende n nuwe sterk senter kombinasie te begin bou . Ek voel tussen Jonker , Eberson en Snyman kan die cheetahs n great middeveld kombinasie vestig vir n paar seisoene . GO CHEETAHS .

  2. Jan Plank Says:

    Sam ek stem saam met jou, behalwe dat JW ook moes begin het in Philip se plek. Sou vir Philip in Robert se plek (13) gesit het en Robert in Meyer se plek (12).

    Gaan (DV) Saterdag onse span aanmoedig daar uit ‘n losie.

    Kan nie wag nie!!

  3. Chris Says:

    Baie bly Strauss is weer kanptein.

  4. Karen Says:

    Stem saam dat Meyer uitfaseer moet word, Ook bly dat Lionel terug is, hy moet nou net sy kop reg kry. Ons het genoeg senters, speel Robert en Philip met JW/Lionel/Mentz op vleuel. Hoekom is Mentz hier, vir ‘n vakansie of om sy kant te bring. GO CHEETAHS, ons glo in julle

  5. Kobus Says:

    18. Philip van der Walt
    19. Kabamba Floors
    20. Tertius Carse
    21. Sias Ebersohn
    22. JW Jonker

    HULLE moes begin het. Maar ek hoop dinge gaan goed en Naka stamp nie sy kop nou al nie (nie dat hy dit sal voel nie…) Ja-nee Mapoe wil mos nie hier wees nie, waarom wil hulle hom hou, om uit sy plek te speel en net nog ‘n paloeka senter te word?

    Ek sal baie bly wees as ons die Leeus kan goed wen, (selfs met die “verkeerde” spelers), en as ons hardloop rugby speel, behoort ons maklik. Die Leeus begin met ‘n “bang” en “fade” dan in die laaste kwart van die game… (hoe klink dit dan nou so bekend) In elk geval net die volgende raad: Al is julle 80-3 voor MOENIE ophou speel en net die telling verdedig nie, asb. Speel asof julle 10 punte agter is, tot die eindfluitjie blaas! Chris Ek is ook bly oor Strauss, hoop net nie dit is weer net op skrif nie en as hulle ophardloop dan is Hendro weer kaptein nie, want dit was al so. Sterkte Naka - maak ons weer trots! Die mannetjies hierbo - as julle jul 10 min kansie kry, gryp dit (weereens) aan!
    Sterkte

  6. Chris B Says:

    Nou ja, net om ons afrigters se geheue vars te hou en op rekord te plaas wat ons, die ondersteuners, al lankal voor vra, en sodat ons op ‘n stadium kan kom en sê : “ons HET julle mos gesê ! ”

    15. Hennie Daniller - Stem saam
    14. Philip Snyman - JW Jonker ( tot Mapoe terug is )
    13. Robert Ebersohn - Phillip Snyman
    12. Meyer Bosman - Robert Ebersohn
    11. Jongi Nokwe - Stem saam
    10. Louis Strydom - Stem saam ( net vir 1ste helfte )
    9. Tewis De Bruyn - Tertius Carse
    8. Ashley Johnson - Stem saam
    7. Francois Uys - Stem saam
    6. Hendro Scholtz - Kabamba Floors
    5. Waltie Vermeulen - Stem saam ( Barend en David moet terugkom )
    4. Izak van der Westhuizen - Stem saam
    3. WP Nel - Stem saam
    2. Adriaan Strauss (C )- Stem saam…Halleluja !
    1. Coenie Oosthuizen - Stem saam

    Replacements
    16. Skipper Badenhorst - Is daar rerig niemand anders nie ?
    17. Kobus Calldo - Stem saam ( nie juis ander opsies nou nie )
    18. Philip van der Walt - Stem saam
    19. Kabamba Floors - Boom Prinsloo
    20. Tertius Carse - Tewis de Bruyn
    21. Sias Ebersohn - Stem saam ( moet 2de helfte opgaan, of as Louis sukkel )
    22. JW Jonker - Moes in begin span gewees het

    Hoofafrigter - Naka Hulpafrigters - Gysie & Helgard ( of dalk selfs Danie Gerber ? )

    As Mapoe terug is, en sy ou vorm het, kan JW van die bank as senter of vleuel diens doen. Of Mapoe effens g@tvol gaan wees omdat hy ‘n groter inkomste, en rugbytoekoms, moes prysgee om te doen wat hy blykbaar nie meer wil doen nie, sal ons maar moet sien. Heel waarskynlik het die Cheetahs die veldslag gewen, maar dalk die oorlog verloor ?

  7. Chris Says:

    Ek stem ook saam… Bosman gaan nie nou vir ons ‘n wedstryd wen nie. Ek reken ons moet vir Bosman so onfiks as moonlik en so vet as mootlik na die Sharks toe stuur sodat hul moet wonder hoekom hulle ons rugyspelers koop.

  8. Jan Plank Says:

    6 Chris B

    16 en 17 Wat van ons jongmanne by die 0/21 PW van Vuuren en Marcel van der Merwe. Hulle is seker te jonk volgens Naka!

    Ek sal Mapoe glad nie eers oorweeg nie, sal hom net gebruik as ons baie beserings het en regtig nie anders kan nie. Laat die Sharks geld oorbetaal vir hom.

    JW Jonker, die stiefkind van Cheetah rugby is konstant goed en baie lojaal teenoor sy span, terwyl Mapoe net ‘n besering is wat wag om te gebeur.

    Kabamba is in my oë goed, maar die volmaakte impakspeler, laaste 30-35 minute.

  9. Kobus Says:

    Hoekom nie De Wet Ras en/of Eric Herbert by die agterlyn betrek nie? De Wet kon beter lynskoppe as selfs Naas skop en Eric hou nie vernietnog verskeie rekords bo Naas nie…
    En toe hulle gespeel het was hulle spanne bekend vir hulle agterspeler spel!

  10. Chris B Says:

    #8 Jan Plank

    Ek dink almal van ons stem saam dat die jonger sterre moet deurkom. Dit maak dit ook onnodig om spelers ten duurste aan te koop. Maar op dié stadium van die CB is dit te riskant om daai ouens meteens in die diep kant in te gooi sonder ervaring op dié vlak. Ek dink ons almal voel ook dat hierdie jonger spelers nie op die regte tyd, of betyds, ervaring gegee word nie, maar die ‘n kwessie van die beskikbare spelers reg te bestuur, en die verantwoordelikheid van die afrigters.

    Ek stem ook saam dat Kabamba ‘n uitstekende impak speler is. Die probleem is dat ons nog in al die games tot dusvêr, die grootste % balbesit gehad het, en weinig punte daarmee gekry het. Ek dink net dat Kabamba net soveel ‘n impak kan maak in die 1ste helfte as in die 2de, wanneer ons ‘n redelike groot punte voorsprong moet kry. In vergelyking met Hendro is Kabamba die spelbreker wat dit kan bewerkstellig, en ek dink sy selfvertroue kort dit. Hy kan ook nie vir ewig net ‘n impakspeler bly nie. As Frans en Heirich terug is sal dié prentjie seker heelwat verander.

  11. JJ Says:

    Kan net saam stem CHRIS B…Behalwe om NOKWE te vervang met WHITHEAD en NOKWE GRIFFONS stuur om sy werksvermoee en selfvertroue te werk, NOKWE verwag als en magic moet om hom gebeur en dat hy net daar is vir afronding…ek sal net wil sien NOKWE beggin sy eie magic EN GELUK maak soos HABANA. Ek sou ook wil weet waar is MENTZ of het ons weer geld om te mors ek vra net?

  12. Kobus Says:

    JJ (11) - ek verskil baie ernstig met jou - Nokwe se “werkverrigting” is deur swak afrigting en spankeuses afgebreek. Dis waaroor ons “negatiewe ouens” nou al so lank al oor kla - Dat as die Cheetahs hulle gewone agterlyn spel sal speel sal Nokwe perform - Daar het hy al klaar weer teen die Pumas blykbaar ‘n goeie drie gedruk toe ons HARDLOOP RUGBY gespeel het! Habana sou soos ‘n absolute Demas vertoon het, (indien nie swakker) onder die Cheetahs se afrigters se 10 man rugby omstandighede. Nee, Nokwe word net nie reg gebruik (of getrain) nie, hy word nie vinnig van die bal voorsien nie en hy moet, want dit is waarvoor hy in die span is - om driee te druk! As Hawies se agterlyn afrigting en beplanning nie so swak was nie sou dinge baie anders vir Nokwe gelyk het. Hy kry meestal slegs die bal sonder enige spasie as spelers soos Bosman hom met sy laaaaang aangee uitverkoop. Nee, was Bosman nie daar nie en JW Jonker en Nokwe saam op vleuel met goeie senters daarby, sou jy darem maar driee by die “vywe” gesien het.Dit is my opinie. Ek sal graag wil hoor wat dink die res van julle. Demas het altyd volgens Naka goeie werkverrigting en skopskoen gehad, maar geen of bitter min driee. Sit vir Nokwe in ‘n WP agterlyn en jy sal vonke sien spat!

  13. Normandp Says:

    Sterkte vir die naweek

  14. JJ Says:

    KOBUS ek hoor jou en dis wat dit so lekka maak om gedagtes, sieninge, kennis kan uit ruil…MAAR vir my bly daar n verskil tussen spankeuses gameplan, strukture in n spel en n speler se werksvermoee, kommitment, selfvertroue. Die 1 kom van die afrigters se kant af wat ons almal nie altyd saam stem met oor wat HAWIE en NAKA nou eintlik beplan het nie, maar werksverrigting, kommitet, kom van binne by die hart van elke speler en geen afrigter kan iets daar doen nie. AS ek verwys na HABANA dink terug n paar jaar wat het hom so gewild, populer so gevaarlik gemaak, sy betrokkenheid, sy passie, sy kommitment hy kon van niks iets gevaarlik omskep, sy attitude was nie, hy is n vleuel ek is net daar vir driee nie, maar sy kruisverdedigend, hoe hy agressief by die afbreek punte skoonmaak, betrokke is, hoe gevaarlik hy is met teenaanvalle, sy vermoee om op plekke op te duik lings en regs van die veld in die middel van die veld het hom n bok gemaak, en dan was dit nie altyd deel van n gameplan nie, ek kan onthou toe ons AUSSIE gewen het waar HABANA 2 driee gedruk het, toe vra hul vir JAKE was dit deel van die gameplan toe se JAKE nee, dis net die kommitment, passie en waardevolle werksvermoee van n briljante idividi wat beloon is. KOBUS, NOKWE het spoed stry nie, maar werksvermoee is daar n gebrek…kyk maar net hoe betrokke PHILLIP is as NOKWE en PHILLIP het ook MEYER as senter. Van ons het al geblog en gese PHILLIP het ons verbaas het n goeie game gehad maar nog nooit met NOKWE nie, van die ouens het ook al gese hy moet sy sokkies optrek en ek stem,

  15. Chris Says:

    Kobus (12) —> Ek stem saam met jou maar ek verstaan ook wat JJ probeer sê. Nokwe lyk soms vir my te huiwerig en bang en soms steek hy vas in ‘n 60/40 situasie waar die kans dat hy getackle word 60% is en die kans dat hy sal kan webgreek 40% is. Wat ek probeer sê is dat as hy nie so vassteek nie sal hy ten minste 1/3 keer baie goeie breekslae sal maak en heel moonlik ‘n drie druk terwyl hy twee uit elke 3 keer getackle kan word…
    Ek het ook gedink soos JJ dat Nokwe meer kan aasluit in die tipe rugby wat ons tans speel en meer geleenthede soek en help maak om drieë te druk maar dit is regtig nie wat ‘n vleuel se taak is nie… daarom sê ek gereeld dat ons maar stutte in ons agterlyn kan kies.

    Daarom reken ek, soos Kobus, dat die probleem by die afrigting/afrigters lê. Ons vleuels speel met te min self vertroue omdat die afrigters nie vertroue in hul het nie. Die afrigters het ook nie vertroue in die agterlyn se vermoë om die bal te versprei nie.. Soms lyk dit asof die agterlyn probeer om die bal met bietjie momentum te versprei maar dan word die bal gepass vir Meyer Bosman wat eers moet stilstaan voordat hy pass en so die hele momentum van die agterlyn letterlik tot stilstand ruk. JL Potgieter het ook soos M Bosman gepass - hy moes ees stop voordat hy kan pass. Dit lyk asof die agterlyn baie bang is dat hul hanteringsfoute maak met die bal op spoed en dit is ‘n groot jammerte want dit is waar ons tradisie lê…

  16. Kobus Says:

    JJ ek verstaan en stem saam dat ‘n speler soms die gameplan moet omseil, maar die vraag is as ‘n Vvrystaat speler nie die gameplan volg nie, gaan hy nie maar net uitgeskuif word bank toe en net 5 min speeltyd kry nie, as straf omdat hy teen die afrigters se bevele gegaan het? Klink verregaande ne, maar hoekom sit die spelers wat dinge probeer (EN “WERK SOEK”) heeltyd op die bank? Hoekom het Demas altyd gespeel? Het hy nie maar net die gameplan 100 % gevolg nie?

    :-)

  17. Pap Snoek Says:

    Ek vind al die argumente en sienings ooor Nokwe baie interesant een ding staan soos n paal bo water daar is groot fout by die afrigtingspan want ek glo as hulle net vir Nokwe kan kry om sy spel met 50% te verbeter sal hy draai om van die ander spanne hardloop maar hy hy draf net en doen alles net halfpas soos die Vrystaat se afrigters die span afrig net so half pas!!!!!!!!!!!!!!!

  18. Chris Says:

    Ons gaan maklik wen as ons hardlooprugby gaan speel maar as ons nie hardlooprugby gaan speel nie gaan die Leeus ons harde bene gee om te kou en ek dink ons kan dan dalk kyk na ‘n gelykopuitslag. Hul het glo die week hard gewerk aan balbesit en hul verdediging teen die Haaie was baie goed as in ag geneem word hoeveel balbesit die Haaie gehad het.

    Die Leeus sien die wedstryd as ‘n grote en hul voorspelers lyk sterk maar bietjie onfiks.. Doppies Le Grange lyk skerp en JP Joubert gaan gebruik word as impakspeler (Ons moet hom net hard tackle as hy op die veld kom).

    Ek dink ons kan vêr wen maar die Leeus kan ment nie afskryf nie. Hul het baie jong spelers en ook ervare manne asook Carlos Spencer tussen die jong manne wat beteken dat hul dalk met flair kan speel. Ons moet nie die Leeus se vermoe om driee te druk onderskat nie en ons moet gereed wees om te keer tot op die punte want dit lyk my asof die Leeus die bal gaan lug gee teen ons..

    Sterkte Vrystaat! En sterkte Adriaan Strauss met jou kapteinskap - wys vir ons soos altyd dat jy ‘n beter kaptein as Smith. Isak en Waltie… julle moet inklim!

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree