
Louis Strydom captured in photo by HiltonKotze.com
Venue: Witbank
Half Time : Barloworld Toyota Pumas 16 Vodacom Cheetahs 24
Result:Barloworld Toyota Pumas 30 Vodacom Cheetahs 45
Match summary from Ken Borland / Supersport.com
The Vodacom Free State Cheetahs kept themselves strongly in contention in the Absa Currie Cup Premier Division with a 45-30 (half-time 24-16) victory over a determined Barloworld Toyota Pumas team in Witbank on Saturday.
The Cheetahs can be happy that they scored six tries to earn a bonus point against a competitive Pumas outfit that are no walkovers at home.
The Mpumalanga outfit showed enough to suggest their promotion to the Premier Division will not just be for one year.
Pumas flyhalf Ricardo Croy kicked two penalties to the one of opposite number Louis Strydom to put the home side 6-3 up after 12 minutes, before Cheetahs prop Coenie Oosthuizen picked up a try. Strydom converted to put the visitors 10-6 ahead.
By then, the Free Staters were really beginning to put the squeeze on the Pumas, but the Cheetahs backline contrived to throw the ball away, scrumhalf Shaun Venter seizing possession and racing away for a try against the run of play to put the home side 13-10 up after Croy’s conversion.
Scholtz, with 91 Currie Cup caps to date, crossed the tryline in the 33rd minute, Strydom stepping up to kick the nut and make the score 17-13.
Croy brought the Pumas closer with a 36th-minute penalty, but the Cheetahs came back with wave upon wave of attack to close out the first half. Eventually, a multi-layered backline move saw wing Jongikhaya Nokwe streaking over for the try like a sheet of lightning.
Strydom converted and the Cheetahs led 24-16 at the break, which was a fair reflection as the Free Staters had produced most of the attractive rugby.
The famous Free State running rugby was on show to even greater extent in the third quarter as they sealed an impressive victory by scoring three more tries.
Fullback Hennie Daniller was the man with the ball in a massive overlap for the Cheetahs’ bonus-point try in the 45th minute, before outside centre Robert Ebersohn took advantage of some hesitant defending to score seven minutes later.
By now there was hardly any of the defensive steel the Pumas had shown in the first half as inside centre Meyer Bosman strolled over without any problems for the sixth try in the 59th minute.
There was no longer any doubt over the result with the Cheetahs leading 45-16 as Strydom converted the Daniller try, and replacement flyhalf Sias Ebersohn converted the others.
The Pumas spent the first 70 minutes of the match largely defending and engaged in damage control, but they showed the other, more expansive side to their capabilities in the last 10 minutes as flank Jacques Coetzee and right wing Ashwin Scott scored tries at the death, both of them converted by Elgar Watts.
It lent some respectability to the scoreboard and meant hooker Torsten van Jaarsveld, whose never-say-die approach made him the most impressive player on the park, at least gained some reward for his efforts.
Scorers
Barloworld Toyota Pumas - Tries: Shaun Venter, Jacques Coetzee, Ashwin Scott. Conversions: Ricardo Croy, Elgar Watts (2). Penalties: Croy (3).
Vodacom Free State Cheetahs - Tries: Coenie Oosthuizen,Hendro Scholtz , Jongikhaya Nokwe, Hennie Daniller, Robert Ebersohn, Meyer Bosman. Conversions: Louis Strydom (4), Sias Ebersohn (2). Penalty: Strydom.
Only injury concern is Barend Pieterse with a calf injury. Sias Ebersohn was given more time on the pitch as he played 30 minutes.

Dit is jammer dat die wedstryd nie uitgesaai is nie! Dit sou meer perspektief aan ons kla-kouse gegee het. Geluk Cheetah’s vir die wen, ons het dit baie nodig vir die res van die seisoen. Ek sou graag net meer inligting van die bestuur wou gehad het oor hoe dinge verloop het en of daar enige beserings is?
Goeie wen. Ek het gese met 30 punte en lyk my ek was halpad reg.
Did anyone else notice that Rory Kockott and Monty Dumond have been on the Sharks bench for weeks now ? I’M SURE THAT THEY WOULD LOVE TO PLAY SOME GOOD RUGBY - COME ON NAKA !!!! - SIGN THESE TWO FOR THE CHEETAHS!!!!
Baie geluk met die wen Cheetahs!
Se nog steeds ons moes die jongmanne meer (volle wedstryd) speeltyd gegee het.
Well done Cheetahs. Bly net in tref afstand, maak geen fout, ons kon beide die WP en Sharks gewen het. Ek het baie hoop vir semi finaal en ook finaal Vasbyt. Asseblief, moenie daai Sharkies koop nie, ons het vir Sias, Louis, Tewis. Viva die witmasjien
Ja, werklik jammer dat ek nie eers die telling op die radion kon hoor of volg nie. Ek het gehoor dat daar hardlooprugby gespeel is… hoop dit kan gebeur as ons in Bloem en op TV weer speel. Het jy die game gesien Hannes?
Jeanone - ek dink dit is dalk ‘n goeie opsie om eers te kyk vir Rory Duncan wat nou vir grens speel as daar enige spelers gekontrakteur moet word. Kockott speel nogal lekker rugby en sal verseker goed doen by die Cheetahs.
geluk met die wen, maar mense, ons behoort die een te gewen het, geen verrassing, maar 45 - 16 na 45 - 30 in die laaste 10 min voorspel groot probleme - weereens net die telling probeer verdedig? NOU is die tyd om carse sias jw en floors kans te gee en kyk wat gebeur asseblief naka…
3 jeannone..ek het nogal dieselfde gedink Saterdag toe die Sharks speel.Rory is n goeie skrumskakel en Natal neuk hom rond.Ruil Mapoe vir Rory.
Groot Jamerte kon nie game gekyk het nie..Baie bly oor die wen en bonus punte…goeie wen, Ons het nog altyd gesukkel met PUMAS in WITBANK self met WILLEN de WAAL. Ons gaan vir JUAN mis noudat hy by BOKKE is…Heng MAN So byna byna n upset Vrydag tussen BULLE EN LEOPERDS..maar wat my opgeval het CHRIS nou dat jy hardloop rugby noem weet nie of jy game gekyk het op n stadium was BULLE iets soos 43 t 21 voor en die LEOPERDS het beginne hardloop rugby speel en so byna byna gewen net jamer van die opstruksie by die doellyn, maar ek vra my net self af, man vir man saam met die reserwers het ons n beter agterlyn en ouens as die LEOPERDS en CHAKA speel hardloop rugby maar ons NAKA en HAWIE speel BOKSMART rugby, nog elke keer as ons hardloop rugby gespeel het ons gewen gaan kyk na die laaste 4 super 14, EN na die CC wat ons nou al gewen het
Chris 6: Ongelukkig nie, net met rustyd in Griekwa wedstryd is gese dat die Puma’s
die Cheetah’s hardebene laat kou het, en dan die finale uitslag later. Dit wil vir
my lyk asof ons tog hardloop rugby gespeel het. Ek wil ook nie weer kla nie maar Naka is
jy regtig tevrede met net 70 minute se spel soos in die berig hierbo genoem?
Ongelukkig is hierdie wedstryd nie op TV uigesaai nie. Ons kan gelukkig kyk na die wedstryd statistieke om te probeer sin maak van die verskillende wedstryd verslae… Loer gerus na http://www.ruggastats.com/games.aspx?G=117
met Bosman wat vir die Sharks geteken het is dit nou tyd om n nuwe senter kombinasie te begin bou vir volgende seisoen . Eberson(12)en Snyman(13) bly my eerste keuse .
Jan Plank,, dankie vir die berig op die ander blog wat jy vir my geplaas het oor die spelers wat ons verloor het.
Ek dink weereens dat die VRU beter kon gedoen het om die media op hoogte te hou met die wedstryd se telling. Ek was nie in die Vrystaat nie en kon nie op RSG of op Radio2000 enige tellings hoor van die Vrystaat se wedstryd nie terwyl ander Currieberwedstryde uitgesaai was. Verlede jaar het presies dieselfde gebeur en ek het ‘n toe voorgestel dat hul moet probeer om die Cheetahs na die media toe te vat omdat die media nie aldag belangstel in die Cheethas nie…. dit kom mos eintlik neer op bemarking…. Daar word dikwels gepraat van klein begrotings wat die VRU het in vergelyking met van die ander groter spanne maar ek dink die VRU moet deel van die blaam dra. DIe bestuur van die VRU dink nie daaraan om eers radiostasies op hoogte te hou van ons vertonings nie en dit maak dat die hele Suid-Afrika niks hoor van die Cheetahs nie.
Ons moet die Cheetahs bemark by die media…. baie besighede doen dit: jy maak asof jou besigheid groter en belangriker is as wat dit in werklikheid is - dan kry jy groter kontrakte. Vodacom (ons hoof borg) sal defnitief meer belangstelling in ons toon as ons ons naam meer bemark. Wat moet Vodacom van ons dink as hul hoor dat daar nie moeite gedoen word om meer mediadekking te kry vir ons kleiner wedstryde nie?
Ek het so pas dit met RSG ook opgeneem en vir hul vertel dat ek ongelukkig is omdat hulle mens nie eers op hoogte hou nie. Saterdag het hul regstreeks die Grikwas/WP wedstryd uitgesaai maar nie eers genoem dat die Cheetahs ter selfde tyd teen die Pumas speel nie. Daar was ook gepraat oor die ander wedstryd wat om 17:00 gespeel sou word in die Nuus om halftyd en ook is die telling van die WP/Griekwa wedstryd genoem terwyl daar niks gesê is van die Cheetah wedstyd nie… is dit nie bietjie belaglik nie of is ek nou net negatief?
Dalk moet meer van ons bloggers die SAUK email en/of bel oordat hul nie die Cheetah westryde uitsaai nie.. Ek het klaar RSG getakel en is besig om SABC-nuus ook te e-pos. Komaan ouens as hul meer as een epos of oproep kry gaan die effek soveel groter wees! …. Naka,, jy skuld ons 80 minute se hardlooprugby vir die!
Ek was een van die gelukkiges wat in Witbank was vir die game. Lekker hardloop rugby. Hennie & Rob se driee is my favorite. Lyk of net Barend ‘n besering opgetel. Daai 2 driee van die Pumas in die laaste 10min was ‘n semi-skok. Dink ons het te veel kanse gewag om driee te druk. Dis altyd lekker om die Cheetahs “live” te sien. Kan nie wag vir Saterdag nie dan sienons hulle weer “live”
Ja wel, ons sal nie kan kommentaar lewer oor dié game nie. Die telling was groot en daar is 6 drieë gedruk, vir die eerste keer in ‘n lang tyd druk die agterspelers meer drieé as die vories. Maar teen ‘n span soos die Puma is dit mos darem te verwagte ? Uit die berig hierbo klink dit egter asof ons nog steeds probleme met die agterlyn het……
“By then, the Free Staters were really beginning to put the squeeze on the Pumas, but the Cheetahs backline contrived to throw the ball away…..”
Maar weereens speel ons net vir die 1ste 70 minute ? Dit word nou half ‘n gewoonte. Wat het die kaptein vir sy spelers te sê gehad in daai laaste 10 minute, veral as in gedagte gehou word wat in die laaste 10 minute van die Sharks game gebeur het ?, en alhoewel dit andersom vir ons uitgewerk het, ook in die laaste minute van die game teen die bulle.
Ek sien Naka sê dat hy tevrede is met die 70 minute, bedoelende darem seker dat hy NIE tevrede is met die laaste 10 minute nie. Ook dat ons al gewoond is om sonder Juan se kapteinskap klaar te kom. Daarmee het ek nie ‘n probleem nie. Ons het almal al aan die begin van die CB geweet dat Juan na die Springbokke toe sal moet skuif. As Brussow nie beseer was nie sou hy in elk geval ook seker van die begin af by die Bokke moes wees.
Maar die kapteinskap het ek vermoed, is laas jaar al uitgeklaar toe Adriaan homself as ‘n baie waardige kaptein bewys het ?
Hoekom vat dit so lank vandag om die blog op datum te hou?
Hallo hallo!! Is julle daar? Is julle wakker?