Vodacom Free State Cheetahs can’t afford to let it slip now!!

Ashley Johnson captured in photo by Gerhard Steenkamp

Ashley Johnson captured in photo by Gerhard Steenkamp

To lose a match and not gain a bonus point whilst leading in the 75th minute is heartbreaking! This is even more so having experienced the joy of an injury time victory against the Bulls the previous week. The brilliant victory over the Bulls feels nullified with the loss against the Sharks. As Supporters many of us “expect to beat the Sharks at home and hope to beat the Bulls at Loftus”…

A victory over the Sharks would have placed the Vodacom Free State Cheetahs in a very favourable position – and allowed the coaching staff to experiment perhaps a bit more with the starting line-up against the less favoured teams. Now the coaching staff will have to be a bit more brave in the team selection then they might have preferred to be…

Even though some might criticize me for saying so – All is definitely not doom and gloom! There are positives – and I believe that the Vodacom Cheetahs played most of the rugby on Saturday! The stats appear to agree – and I would like to quote from Ruggastats.com a few interesting statistics:

The Vodacom Free State Cheetahs

- Had 51.10% of the possession
- Had 100% success in possession from set pieces
- Missed fewer tackles than the Sharks – missing 15 and making 175 tackles.[ Sharks missed 18 and made 156]
- Handled the ball more than the Sharks 306 times versus the Sharks 290 times

The Vodacom Free State Cheetahs will have to improve their “finishing” and add points to the score board from the possession achieved. I am however positive – and will rather praise the team and coaching staff for achieving the majority of possession - than only criticize now for not being able to put more points on the board. Perhaps the ability to close the match and score the tries will become easier through hard work with a team capable of winning the possession consistently…

Credit should also go to individual players such as Coenie Oosthuizen and Ashley Johnson who are playing brilliant rugby at present. Coenie made 16 tackles, assisted in 6 more tackles and misses no tackles!!

The next few games will require a focus from each and everyone – the Vodacom Free State Cheetahs need not only win – but win convincingly and get the bonus points as well!! As Supporters we are behind out team - through good and bad times – and we believe that the 5 minute slip against the Sharks will be rectified!!

This entry was posted on Thursday, August 5th, 2010 at 5:45 pm and is filed under Guestwriter: 15. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

18 Responses to “Vodacom Free State Cheetahs can’t afford to let it slip now!!”

  1. Normandp Says:

    “Now the coaching staff will have to be a bit more brave in the team selection then they might have preferred to be…” I think a better word would be “conservative”. I personally would consider “brave” to mean making the changes and dropping players to the bench that are not up to scratch.

  2. Chris B Says:

    En ten spyte van hierdie “wonderlike” stats, loop ons voor met slegs 7 punte tot 10 min. voor die einde, en verloor in die laaste 10 minute met 12 punte. Teken net 3 punte in die tweede helfte aan, en word gestraf met 22 punte teen ons waarvan 14 in die laaste 10 min. met al ons goeie stats. Ten spyte van Lambie wat net 50 % van sy skoppe pale toe maak. Dié stats is verseker geen pluimpie vir die span nie.

    Daar is verseker individuele spelers wat hulle kant bring en die stats wys dit ook. Maar daar is spelers en spelerkeuses waarteen ondersteuners al vir 3 seisoene en week vir week beswaar maak, en die stats op Ruggastats wys ook wie hulle is !

    Onder die voorspelers is Hendro se stats die swakste, Coenie, Wp & Adriaan s’n die beste ( en toe word WP vervang )met Kabamba se stats gemeet aan sy tyd op die veld, eintlik die beste ? Onder die agterspelers is Tewis, C.Uys en Bosman ( nie hele game gespeel ) se stats die swakste, met L.Strydom wat net 60% van sy skoppe pale toe maak, uitgesluit sy oneffektiewe taktiese skopwerk. Met Robert, Daniller en Nokwe se stats die beste. En die vorige wedstryd teen die bulle was ons stats eintlik “beter”, en amper toe ook verloor.

    Dit bly egter die hoofafrigter se verantwoordelikheid om dit uit te sort. Reg of weg !

    Nee wat, die stats onderstreep maar net waaroor ons al vir te lank kla, en die probleem is dat dit moeilik is om te meet wie van Hawies of die agterspelers die grootste deel van die blaam moet dra.

  3. Jan Plank Says:

    Die verloor teen die Sharks kan net reggestel word as ons die Sharks of die WP op hulle tuisveld gaan klop.

    Help nie ons kry net bonuspunte teen die kleiner spanne nie, want die ander groter spanne doen dit ook.

    Verder moet ons bv of ‘n bonuspunt teen se maar Griekwas op hulle tuisveld kry en hoop die ander sterker unies verloor daar of kry nie wen met ‘n bonuspunt nie of die Griekwas gaan wen teen die Sharks, WP of VVe op dié se tuisveld.

  4. Chris Says:

    Neewat,,, hoekom moet mens eerder die stats prys as om die afrigters te blameer?? Die Cheetas sit doellose fase vir fase op wat die stats opstoot maar niks punte vir ons bring nie. Hierdie stats-gemors is al lankal deur naka en kie as verskonings opgedis en nou kom die Guestwriter ook daarmee!

    Hierie stats is net die ligte kant van die prentjie…. Ons moet nie uit die oog verloor dat daar ander statistiek ook bestaan wat aandui hoe belaglik ons eintlik speel nie! Gaan kyk maar gerus na die hoeveelheid driee deur ons agterspelers gedruk word in vergelyking met driee deur die voorspelers,,, gaan vergelyk die voorgaande verhouding dan met die stats van die beste en mees suksesvolle spanne in die wereld! Die beste spanne in die wereld wen deur driee te druk met hul agterspelers! Ons speel slegs met ons voorspelers en dit sal mos natuurlik maak dat ons voorspelers se stats goed sal vertoon.

    Vrystaat se agterlyn word afgeskeep deur afrigers wat nie vertroue in hul agterspelers het nie asook afrigters wat nie vertroue in hul eie vermoens het om ‘n agterlyn goed af te rig nie.

    Dit is goed dat Bosman na die haaie toe gaan. Hy gaan daar minder kritiek kry want hul gaan hom reg afrig! Ek sien uit daarna om te sien hoe Bosman gaan vaar by die haaie. Ek voorspel dat hy vanuit die Sharks se span weer die Springbokspan sal haal. Bosman het dus ‘n goeie besluit gemaak.

    As Cheetahs wenrugby wil speel teen die groter spanne gaan ons baie meer talent ontwikkel!

    Naka - Ek het gehou van ons drop pogings pale toe teen die Sharks - ek dink dat ons dit baie moet oefen en veral moet oefen in die ‘maklikke’ wedstryde wat nou voorle. Om te drop is ewe moelik of jy nou teen die All Blacks of teen Grens speel.. al wat verskil is die druk… in die volgended wedstryded bedhoort die druk min te wees wat beteken ons ons droppe kan ‘oefen’. Dit is ‘n luuksheid om droppe te kan oefen in regte wedstryde en dit kan baie waardevolle ervaring gee vir om dit in groot wedstryde ook reg te kry. Min mense besef hoeveel skade ‘n goeie dropper kan aanrig aan enige span! ….. Sterkte aan die span

  5. Guestwriter15 Says:

    Lionel Mapoe arbitration hearing took place this afternoon. Hearing was adjourned at 16h00..no decison announced but will be given priority attention!!

  6. Guestwriter15 Says:

    Chris - ek sal die stats gebruik as ek wil - en probeer om die positiewe raak te sien te midde van die teleurstelling- soos my goeie reg is. Jy kan aanhou kla - soos jou goeie reg ook is. Dankie. Miskien kan ons selfs ‘n aparte storie skryf waar ons almal net kla…Dan kan die wat in ‘n heeltydse gekla wil vaskyk net elke dag daar gaan lees. Daar is miskien egter ander wat hul ook meer met positiewe aanmerkings wil assosieer en die goue rant aan die stormwolk wil raaksien. Kom ons gun elkeen sy reg om positief of negatief te wees.Guestwriter 15

  7. Kobus Says:

    Guestwriter - 6 -:Daar is dit weer die arrogante Naka houding nou by Guestwriter ook? Weet jy dat al die klagtes vir die laaste twee jaar oor dieselfde goed is? Hierdie ouens soos Chris hulle praat net die waarheid week in en week uit. Ek sou se ja, as daar elke week ander klagtes was, maar dis altyd dieselfde goed. Die eerste maal in ‘n lang tyd dat guestwriter weer hom verwerdig om met ons te gesels dan is dit aanvallig en moedswillig: “Ek sal as ek wil!” - Niemand het gese jy mag nie, ons se net dat dit altyd die verskoning is na ‘n swak vertoning om te se maar die stats was nie so sleg nie. Stats bring nie bonuspunte nie…. Moenie so fyngevoelig wees nie. Erken bietjie dat sommikge van ons teoriee wel water dra.

    Groete en lekker aand vir jou

  8. Norman du Plooy Says:

    Guestwriter15(6) Ek wil net vooraf se my posting(1) was nie bedoel as kritiek teen jou artikel nie. Ek het net verskil met jou definisie van “brave”. Ek stel egter saam met wat jy se. Wat Chis se is ook waar, statistiek is niksseggend as daar nie resultate is om dit te staaf nie. Om die waarheid te se, goeie stats met swak resultate is eintlik erger. Hoeveel games was daar al waar die Cheethas teen die einde teruggekom en amper gewen het? Dan het ons almal gese, as die game net 5 minute langer was! Na Saterdag wil ek amper se, as die game net 5 minute korter was! Ek glo die span het ‘n dure les geleer Saterdag. Ek is verheug dat Sias (saam met Robert en Coenie) weer geteken het vir nog ‘n jaar. Dit se vir my dat daar agter die skerms defnitief iets in die beplanning is vir hom. Hoes daai vir ‘n silver (nie goue) randjie?

  9. Bokbefok Says:

    Cheetahs moet die volgende paar games gebruik om die jonger manne te laat speel (Sias en Robert , Tersuis moet ook begin ) en dan ook ander speelers soos Johan Wessels en ander jong speelers wat talent toon .Ons moet nou ons vertroue in die jonger speelers begin sit en hulle speel tyd gee …

  10. Stef Says:

    Helgard Muller het dit die mooiste gestel.

    ‘Stats is soos ‘n vroue broekie, jy sien iets maar nie alles nie”

    So waar!!

  11. Guestwriter15 Says:

    Hierdie “stats gemors” waarna verwys word is iets wat ook vir ons baie foute kan uitwys - soos Earl Rose wat tydends die Supper14 4 duikslae gemaak het en 5 gemis het..en self om verder te wys in watter swak vorm John Smit was onlangs in die tri- nations. Dit is iets wat ons kan gebruik in ons geprekke oor die game. Dit is interessant om te sien hoe min is geskop tussen die All Blacks en Wallabies - 11 keer en 7 keer onderskeidelik. Dit is inligting wat vir ons as ondersteuners van waarde is wanneer ons die wedstryde fyner ontleed. Dit is ook ‘n goeie aanduiding van afrigting as ons sien dat balbesit uit vaste fassette 100% was. Gebruik gerus dieselfde stats om ook te kritiseer.

    Ongelukkig is daar diegene wat vreeslik bang is dat ons positief is. Daar is diegene wat so passievol is om van die Vrystaat se hele bestuur en afrigtinspan ontslae te raak - en wat graag elke wedstryd wen-of -verloor, 5 veranderinge of meer wil aanbring - dat niemand dit tog moet waag om iets positiefs raak te sien nie.

    Ek het besluit om te probeer om iets positiefs te skryf indien moontlik - daar word mos gese dat ons ons met positiewe mense moet omring. Ek word nie betaal deur die Unie om te skryf nie - dis moenie my kritiseer as synde ‘n agenda te he nie. Indien jy gepynig word deur positiwiteit -vermy bloot iets geskryf deur Guestwriter15.

    Gaan gerus voort om te kritiseer wie julle wil - of spelers weg te wens wat nie die mas opkom nie. Dit is julle goeie reg! Ek is jammer as my grootste “crime” is om te positief te wees. Die slim ouens beweer dat “conflict can only exist with participation” - en ek is nie lus om in ‘n voltydse woordestryd betrokke te raak nie - dus sal ek nie weer hieroor skryf nie.

    Vir party van ons is die blog ‘n toevlug weg van werk-stres en bekommernisse. Dit is dalk nie die plek waar ons net nog verder ons stresvlakke wil verhoog nie. Geniet julle naweek!!

  12. blou bul Says:

    Guestwriter,jis dit is moeilik om positief te wees,in Peet Kleynhans se dae toe ten minste 10 spelers per jaar weg is,jaar in en jaar uit,het n mens altyd die gevoel gehad daar is opwinding aan die gebeur en die manne het gejol jong.Maar nou,dis taktiese skoppe ens.Ek dink die ondersteuners is bang dat ons ouens soos Sias gaan verloor agv afrigters wat hom bench want almal is nou al so gatvol dat vrystaat elke jaar so baie spelers verloor.Wat ons as ondersteuners wil he, bou n span vir die toekoms al wen vrystaat nie die currybeker nie,maar daar word ten minste in n rigting beweeg.Soos Jake white gemaak het met die bokke wat die wereld beker gewen het.

  13. Kobus Says:

    Daars heelwat om oor positief te wees - Daniller, Nokwe, Johnson Carse JW Jonker, Sias Robert ens. Hope talent Maar om positief te probeer bly en hoop vir die talent om kans te kry, week na week, miskien vir net 5 minute dan raak dit baie moeilik om positief te bly. As jy sien hoe een ou week na week dieselfde foute maak en die afrigter doen niks daaraan nie, dit maak dit vir ons moeilik om positief te bly. As ons hierdie dinge wat ons so baie pla en geen antwoord voor het nie, nie mag bespreek nie want ons word dan uitgekryt as “negatief”, dan is dit moeilik om positief te bly. As ons week na week nog steeds die game gaan kyk en hoop ten spyte van ons klagtes en nog steeds die span ondersteun al gaan die dinge nie reg nie, maak ons nie soos van die ander “positiewe” ouens wat ewe skielik sharks of bulle raak omdat ons nie goed speel nie, nee ons trek nog steeds ons Cheetah truie aan en gaan kyk die game ten spyte van al die probleme, dom besluite game plans en span keuses en spottery van ons ander vriende. Al wat ons wil he is dieselfde as die “positiewe” ouens…. Maar mens kan nie ook positief bly as die skip begin sink nie. Dan moet daar dadelik aan maniere gedink word om reddings boeie uit te gooi. Sterkte vir die Cheeats, ek verstaan die game word nie gewys nie. Die “groter, belangriker” game tussen die “sterk” spanne van die blou bulle en luiperds word eerder gewys… Sorry daar begin die “negatiwiteit” al weer! Hoop net nie as ek my laaitie op sy foute wys dat hy gaan se ek is nou negatief nie!

    Sterkte Guestwriter lyk my jy het dit nodig. Ons hoop die span, soos hy nou is, wen die Curriebeker en sommer die Super 14 ook, en bewys ons almal verkeerd!

    Lekker naweek vir almal…

  14. Chris B Says:

    Guestwriter, ek het nie beweer dat jy stats gebruik om ons ander positief te probeer beinvloed oor die probleme wat ons week na week moet aanskou nie. Jy is welkom om te gebruik net wat jy wil. Wat ons positief( of dan meer positief ) gaan maak is resultate, nie stats nie. Of wanneer ons kan sien dat die afrigters die stats in hulle besluite gebruik ! Die gebruik van stats is baie belangrik, as jy ‘n afrigter is en weet wat om daarmee te maak., of as jy ‘n argument wil wen wanneer die resultate en die stats nie ooreenkom nie.
    Dus, al wat die stats tans wys is dat dié spelers en kombinasies waaroor ons nou al 3 seisoene kla, juis nie deel van die span behoort te wees nie, en eintlik bedoel is om ons afrigters te laat besef dat die ondersteuners dalk die stats beter verstaan as wat hulle dink, en dat dié stats al lankal vir hulle moes wys waar die vrot kolle is. As bv. Demas se “stats” in ag geneem is, dan is dit duister waarom hy nie al 3 jaar terug gepos is nie, of hoe?
    My kritiek sal nie ophou voordat sulke basies vereistes, en die ignorering van fans, nie ‘n rol begin speel in ons afrigters se beplanning, afrigting en bestuur van die spelers nie. ( soos bv. Naka se stelling dat hy ‘n speler wat goed genoeg is, as oud genoeg beskou en die jonges wil speelkans gee, bv. Jordaan wat ‘n ster in die Craven week span was. Weet hy al dat Jordaan reeds deur die Sharks gekontrakteer is ? Of Mapoe wie se stats puik was, en sy beloning was om op die bank te sit, sodat Demas kan speel. Nou wil ons baklei om hom terug te kry. As hy terugkom wie maak plek vir hom, JW of Snyman ? En waar gaan hulle heen ?

    Oor die “ontslae” raak van die hele bestuur en afrigtings span. Jy is 100% reg daaroor. Vrystaat rugby is die teelaarde van SA se beste rugby spelers, maar die resultate, finansies, bemarking,bestuur van spelers, verlies van die regte spelers, aankoop van die REGTE spelers, onvermoë om te verseker dat ook afrigters die regte besluite te neem, wys dit nie. Daar kan nie meer twyfel daaroor wees nie.

  15. Dup Says:

    Ek wonder darem of Harold Verster nie aandele in die Sharks span het nie, as mens lees van Meyer Bosman en andere. is daar nie iets wat ons as Ondersteuners kan doen om Harold, Naka en gespuis te stop nie. Hulle moet nie met die storie kom dat daar nie geld is nie want met die regte span keuses en bestuur kan ons een van die top unies wees!

  16. Dup Says:

    Ons verloor gedurig spelers wat na ander unies gaan wat by ons nie speelkans gekry het nie, Lional en natuurlik Potgieter wat verlede jaar die eerste paar games nie gekies was vir die S14 span nie. VS RUGBY UNIE WORD WAKKR DINK AAN JULLE ONDERSTEUNERS OF GAAN DIT NIE OOR ONS NIE? Hoop iemand antwoord my wat ek is raadop!!!!!

  17. Jan Plank Says:

    Lyk my net Guestwriter en Admin (in die verlede) is reg, want al ons ander paloekas wat min of meer dieselfde se oor hoe die span moet lyk en watter gameplan ons moet speel, is verkeerd.

    Net jammer dat nie een van die bestuurspan (as daar so iets bestaan) die moed het om ons vrae hier te kom beantwoord nie!!

    Ja ons het verlede jaar in die CB en hierdie jaar in die S14 (ook) gekla en toe die afrigters min of meer begin doen wat die paloekas hier, voorstel toe speel ons in die eindstryd in die CB en vaar baie goed in die laaste vier wedstryde in die S14!!

    Laat ‘n mens dink ne?

  18. Chris Says:

    Guestwriter… ek kla nie ou en ek is nie negatief nie. Daar is statisitek wat jy bloot mis en om op en af te spring oor kleiner aspekte wat reg en goed lyk is jou reg maar ons moet die probleme van nader bekyk… ek praat van (veral) agterlyn probleme wat volgens my slegs deur die bloggers raakgesien word en dit kom nou al van voor jy op die toneel gekom het.

    Ons moet kyk na watter stats van ons baie swak is en ek het dit in die S14 in detail met ander spanne vergelyk en op die blog gesit. Ons vermoë om met die agterlyn af te rond is nie goed genoeg nie want die SPEL wat ons oplewer met ons agterlyn is NEAGTIEF - en dit is waaroor die meeste bloggers hier praat.

    Ons voorspelers se spel en stats lyk goed en dit behoort volgens die statistiek asook volgens rugbykenners vir ons agterlyn baie geleentheid te skep om punte deur middel van drieë vir ons in die sak te bring - soos ons almal weet gebeur dit nie en is dit ‘n “statistiek” wat eerder uitgelig behoort te word as wat die positiewe stats uitgelig word want ons bloggers en ander Vrystaatondersteuners sien die voorspelers se goeie vertonings week na week maar is dit eens dat daar ‘n funksie is van die agterlyn wat nie meer gebruik/afgerig/ge-oefen en gespeel word nie…. ons noem dit HARDLOOPRUGBY.

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree