Vodacom Vrystaat Cheetahs vs Pumas - 7 Augustus 2010

Die Vodacom Vrystaat Cheetah span is: Hennie Daniller, Philip Snyman, Robert Ebersohn, Meyer Bosman, Jongi Nokwe, Louis Strydom, Tewis de Bruyn, Ashley Johnson, Francois Uys, Hendro Scholtz, Barend Pieterse, Izak van der Westhuizen, WP Nel, Adriaan Strauss, Coenie Oosthuizen. PLAASVERVANGERS: Skipper Badenhorst, CJ van der Linde, Waltie Vermeulen, Kabamba Floors, Tertius Carse, Sias Ebersohn, JW Jonker.

This entry was posted on Wednesday, August 4th, 2010 at 7:06 pm and is filed under Uncategorized. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

24 Responses to “Vodacom Vrystaat Cheetahs vs Pumas - 7 Augustus 2010”

  1. Stef Says:

    Dankie tog die wiel draai. So sal Naka stadig aan gedwing word om die beste agterlyn te kies.
    Sharks bag another Cheetah

    Meyer Bosman will be moving to the Sharks ahead of the 2011 season.

    Bosman will occupy the No 12 shirt in next year’s Super 14, playing alongside former Cheetahs flyhalf Jacques-Louis Potgieter.

    Free State have, however, managed to retain the Ebersohn twins (Sias and Robert) as well as prop Coenie Oosthuizen. The trio will remain with the central team for at least another year.

  2. Stef Says:

    Geluk met die kleinding Juan. Hoop sy bring vir julle baie vreugde.

  3. Jan Plank Says:

    ‘n Paar goed wat Naka vroeër in die Volksblad kwytgeraak het, maar sy spankeuse teen die Pumas bewys die teendeel of dat Naka se oggend en aand praatjies nie ooreenkom nie!

    Hoekom speel die jong ouens nie in die begin 15 tal nie?

    “My beleid is eenvoudig: As jy goed genoeg is, is jy oud genoeg,” benadruk Drotské.

    “Ek en Hawies (Fourie, hulpafrigter) het dít al bewys deur spelers soos Robert (Ebersohn), Coenie Oosthuizen, Philip van der Walt, Heinrich Brüssow en verskeie ander al op 19-jarige ouderdom senior blootstelling te gee.

    “Johan (Goosen) sal dieselfde regverdige kans as Sias en Louis kry. Ás hy bewys hy is beter as hulle, sál hy speel.

    “Ons gee jaar ná jaar aan jonges blootstelling in die Curriebekerreeks en ek dink dit sal weer die geval wees.”

  4. Normandp Says:

    Ontrend ‘n eerste keuse span. Ons behoort die Pumas met 30+ punte te wen. Wie is kaptien?

  5. Pieter Says:

    Verstaan vir Naka en kie gladnie. Adriaan is naas Juan die beste kaptein in die span teryl Hendro op geleende tyd is. hoekom is Hendro kaptein? Terwyl Bosman nou wil Sharks toe hoekom speel hy nie saterdag vir snyman op senter nie? Hoekom kry Sias en Carse nie ‘n kans om die wedstryd te begin nie? Vra maar net, nie dat ek ‘n antwoord gaan kry nie

  6. Kobus Says:

    Die logiese span is:

    Hennie Daniller, JW Jonker, Philip Snyman, Robert Ebersohn, Jongi Nokwe, Louis Strydom (af na 40 min as hy swak vaar en dan Sias die volgende 40 min), Tertius Carse, Ashley Johnson (laat hy net dan en wan pass), Francois Uys, Kabamba Floors, Barend Pieterse, Izak van der Westhuizen, WP Nel, Adriaan Strauss, Coenie Oosthuizen.

    (Sit Waltie ook na 40min op).

    Reserwes: Skipper Badenhorst, Whitehead, Sias Ebersohn, Waltie Vermeulen, Hendro Scholtz, Tewis de Bruyn (laaste twee net die laaste 5 min asb…) CJ as daar regtig niemand anders is nie?

    Ja wat - wensdenkery ne…

  7. miello Says:

    Ek hoor Meyer Bosman het bevestig hy gaan einde van die jaar Sharks toe! Dalk kan ons nou vir Phillip Snyman op senter begin sien. Naka, ons vra weer, speel vir Robert op binnesenter, en Phillip buite. En don’t worry, ons het opgegee met ons versoeke vir Sias!

  8. Chris B Says:

    Pieter#5 - Adriaan is volgens Naka Saterdag wel die kaptein en nie Hendro nie. Maar geen berig het dit gewys toe die span bekend geraak het nie, so ons almal het maar aanvaar dat dit Hendro gaan wees. Die Cheetah website is dan meeste van die tyd nie eers behoorlik op datum nie, gaan kyk maar na die speler-profiles. Sommige het ek nog nooit van gehoor nie, en sommige is ook glad nie eers met ons nie !
    Dis waarskynlik al hoe ons van Meyer in die plek van beter gaan ontslae raak, alhoewel ek nie sal verbaas wees as Meyer by die Sharks dalk beter gaan vaar omdat hy daar beter afrigting en leiding gaan kry nie. M.a.w. wanneer hy waai, dan moet spelers, wat ons reeds het, met te min ervaring weer van vooraf begin
    Ek het al vantevore gesê ons mors ons asem om hier vrae te vra. Baie, baie geldige vrae. Ons word net eenvoudig geignoreer, en dis ook nog orraait. Maar om die bewyse van verkeerde speler/kombinasie keuses te ignoreer, laat ons team net daaronder ly, en ons bestes word deur ander unies teen ons gebruik.
    Dis ‘n moedelose, eindelose frustrasie.

  9. Kobus Says:

    CC - dankie vir joi advies, maar maak net weer seker van jou tye, anders gaan jy die game met ‘n hele dag mis! * is dit nie snaaks nie dat ons elke jaar een game het wat nie uitgesaai word nie en die ander spanne nie? Ons het tog ‘n ‘groter’ game as die bulle? Normandp - 30 + punte klink vir my darem bietjie rof? Tensy ons 15 man rugby speel, maar die spelers daarvoor ontbreek. ‘n Mens wil ook nou nie ‘n speler beseer wens sodat die beter keuse ook ‘n kans kry nie… As die Pumas nie ons voorspelbare herhaling van ‘n ‘gameplan’ lees nie en daarop kapitaliseer nie is hul afrigting net so pateties as ons s’n. Let wel ‘volwassenis’ en praat steeds van ‘ons’, want al lewer ek kretiek, ek bly ‘n Cheetah!

  10. Kobus Says:

    CC - dankie vir jou advies, maar maak net weer seker van jou tye, anders gaan jy die game met ‘n hele dag mis! * is dit nie snaaks nie dat ons elke jaar een game het wat nie uitgesaai word nie en die ander spanne nie? Ons het tog ‘n ‘groter’ game as die bulle? Normandp - 30 + punte klink vir my darem bietjie rof? Tensy ons 15 man rugby speel, maar die spelers en afrigter daarvoor ontbreek. ‘n Mens wil ook nou nie ‘n speler beseer wens sodat die beter keuse ook ‘n kans kry nie… As die Pumas nie ons voorspelbare herhaling van ‘n ‘gameplan’ lees nie en daarop kapitaliseer nie is hul afrigting net so pateties as ons s’n. Let wel ‘volwassenis’ en praat steeds van ‘ons’, want al lewer ek kritiek, ek bly ‘n Cheetah!

  11. Miello Says:

    Editor?? Hoekom kan hulle nie soos laas jaar die week voor die Final toe Robert Ebersohn met ons op die blog gesels het, weer dit doen nie? Kry die kaptein (wie dit ook al dan is, Adriaan of Hendro), dat hy bietjie darem terugvoering gee aan die ondersteuners. As hulle wil hê ons moet hulle volg, moet hulle darem in touch bly…want op hierdie stadium is dit net eenrigting verkeer.

    Ek dink nie die ondersteuners is onredelik nie, soos Chris in post 8 sê, dis net geldige vrae. En as ons geldige antwoorde kry, sal dit ons ook gerus stel.

  12. blou bul Says:

    kobus 6..2 dinge wat ek nie saam met jou span stem nie.Ek sal Sias begin en hom daar hou.Ek sal Philip vd Walt in Uys se plek speel,hy is reg hy speel vir die 0/21 span,hy het homself in die super14 bewys,hy is wit warm.Stem saam met jou ChrisB.Ek kan nie die plan vir die toekoms sien nie.Soos jy se Meyer gaan goed doen by die Sharks wat daar gaan hy goed afgerig word,maar dit gaan tyd neem vir sy nuwe afrigters want hulle sal eers van al Hawies se snert in sy kop moet ontlae raak.

  13. Jan Plank Says:

    Miskien is ek te waaghaalsig, maar teen die Pumas, sal ek Sias vir 70 minute op 10 speel en dan vir Goosen opbring in Sias se plek, waarna Sias op 15 in Hennie se plek kan diens doen. As Hennie vorentoe dalk beseer word, moet ons iemand in sy plek hê.

    Verder sal ek vir George Whitehead op die bank speel, want hy kan met vertroue 10, 14 en 15 dek.

    Philip vd Walt is ‘n moet in die begin 15 tal in Hendro se plek. Hy was ‘n yster in die laaste paar wedstryde van die S14.

  14. Wesley Says:

    Hi

    Ek dink die Cheetahs moet dalk Sias Ebersohn meer games gee in die begin span. hy is ‘n baie beter speler as Louis Strydom. As die Cheetahs om heeltyd van die bank af wil speel dan gaan hy ook ons verlaat oor ‘n jaar om meer speel kans te kry by ‘n ander provinsie. Ek dink Sias het klaar bewys dat hy kan op die vlak kan speel. As die Cheetahs hom reg gebruik sal hy lank vir ons kan speel.

  15. Kobus Says:

    Ja ek het vir Philip vd Walt vergeet julle is reg daar!

  16. Norman du Plooy Says:

    Kobus (9), miskien moet ek myself net korrigeer. Die span MOET met 30+ punte wen om op te maak vir verlede week. Daar is omtrend geen veranderinge (behalwe gewonge) aan die span waarmee ons heeltyd speel nie (en wat volgens Naka die beste is). Die span moet nou maar die Pumas seermaak (jammer Pumas) en sodoen moet die spelers bewys hulle hoort in die span. Asb span, speel ons kritiese monde toe!

  17. Quinton Says:

    Ek kan nie my “frustration” beskruif nie dit is net die regte game om vir Sias speel kans te gee en Naka sit vir Strydom in asb Naka kan jy nie net *%#$^ nie en kan enige iemand vir my se hoe ons vinniger kan ontslae raak van Bosman?

  18. hannes Says:

    Vir ten minste 30-40 minute moet die agterlyn as volg daaruit sien.
    9. Carse; 10 Sias; 11 Jongi; 12 Robert; 13 Philip; 14 J.W.; 15 Hennie.
    Sterkte Cheetah’s

  19. blou bul Says:

    Stem saam Jan Plank,dan ten minste word daar vir die toekoms gebou.Maar ek dink die kans is nul.Naka en Hawies gaan by hulle sg. wenpatroon hou.

  20. Cheetah Supporter Says:

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

    Hier is ‘n span wat die naweek moet speel:

    15. Hennie Daniller
    14. J.W. Jonker (Weet hy is ‘n senter, maar gee hom kans op vleuel)
    13. Phillip Snyman (Speel hom in posisie)
    12. Robert Ebersohn
    11. Jongi Nokwe (Sal sokkies moet optrek)
    10. Sias Ebersohn (Moet hom bewys - glo hy sal kan)
    9. Tertius Carse (Moet hom bewys - glo hy sal kan)
    8. Ashley Johnson
    7. Francois Uys
    6. Johan Wessels (Goeie “fetcher” - herinner baie aan ‘n Brussouw)
    5. Barend Pieterse
    4. Izak van der Westhuizen
    3. WP Nel (Moet net sy spelpeil weer terug kry)
    2. Adriaan Strauss
    1. Coenie Oosthuizen

    PLAASVERVANGERS: Skipper Badenhorst, Kobus Caldo, Waltie Vermeulen, Kabamba Floors, Piet van Zyl, Sias Ebersohn, MJ Mentz.

    My opinie !!! Julle mag verskil !!!

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  21. Kobus Says:

    Kobus Caldo ja ons het skoon van hom vergeet! EERDER hy as daai WP speler stut… En ja ook MJ Mentz - Ek’t al vergeet hons het hom gekoop!!! Hoekom is hy nou weer gekoop?

    JW Jonker jy is een van die mees onderskatte en vinnikgste agterspelers in SA rugby. Miskien eendag sal jy ‘n volwaardige lid van die span wees. Byt net vas tot na nie Currie cup - as Meyer weg is, dalk…

  22. Kobus Says:

    Hey sorry CC lyk my jys reg met die tye, want ek hoor niks. Dan speel hulle deker Saterdag…

  23. Martin Oosthuizen Says:

    Aan al die Cheetah kritiseerders en nie ondersteuners nie. Genade as jul Cheetah ondersteuners is, het jul swak metodes om dit uittestal. Naka was Springbok, hy het Currie Beker in eerste jaar as Coach en laaste jaar as speler gewen. Gee hom krediet, hy het beter as Rassie gedoen. Naka, dankie dat jul sommige jonelinge tyd gee om aan hardebaard rugby gewoont te maak. Geluk met CHEETAH oorwinning oor Puma’s. Dis goie wen, kyk maar net wat het Puma’s vorige week in Pretoria vermag.

    Sias is briljant. Scholts was Springbok en steeds een van beste baldraers en jagters. Adriaan was beseer kerels. Die span is mooi. Meyer Bosman kan maar Sharks toe gaan. Hy is eendimentioneel en release die bal ‘n sekond te laat. Hy het nie spelbrekers vermoe nie en wil die heeltys stormram rugby speel. Robert op 12, Sias op 10 maar as impak speler op hierdie stadium. Phillip Snyman lyk bietjie bangerig op hierdie stadium. Maar ons kla nie, dis ons manne en baie geluk CHEETAHS

  24. JJ Says:

    MARTIN OOSTHUIZEN….Jy moet ook maar n bietjie by pik my broer, lees jou eie blog 1ste voor jy ander lees, jy begin om ons uit te haal met kritiek wat ons teen NAKA gooi, maar jy gooi vir MEYER net so hard as wat ons met NAKA gooi, of noem jy jou stelling teen MEYER nie kritiek nie of is dit opbouende kritiek of jou opinie…(LOL)

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree