Comments on: Vodacom Free State Cheetahs 13 Sharks 25

By: CC
Kobus, sal nie die game mis nie ry lekker vroeg Saterdag oggend Witbank toe.

By: Kobus
CC, dankie maar maak net seker van jou tye ek wil nie he jy met die game mis met ‘n dag nie :-

By: Kobus
NAKA: “Keep your words sweet because you never know when you have to eat it….”

By: Stef
Ons game word nie uit gesaai nie.  Oor Naka se spankeuse sê ek liewer niks.  Al wat ek wel gaan sê is Naka moet liewer nie beloftes maak aan jong spelers nie, want hy kom dit nie na nie.

By: Miello
Daars hy boys, dis glo die span volgens http://www.keo.co.za    Ek wil sê ek kan nie glo Naka speel bietjie die ander ouens nie, maar moes ook seker maar geweet het Naka & Kie gaan ons maar net ‘n vet klap in die gesig gee.

Sien Saterdag se wedstryd is op dieselfde tyd as die WP vs Griekwas wedstryd. Sal maar so af en toe inloer op die Cheetahs game om te sien hoe ons ‘bestes’ vaar.

By: Miello
Bosman back

Meyer Bosman returns to the Cheetahs side to face the Pumas in Witbank.

Bosman, who is returning from injury although he played off the bench last week, replaces Corne Uys at inside centre. Uys is out for three weeks with broken ribs.

Cheetahs – Hennie Daniller; Phillip Snyman, Robert Ebersohn, Meyer Bosman, Jongi Nokwe, Louis Strydom, Tewis de Bruyn; Ashley Johnson, Francois Uys, Hendro Scholtz, Barend Pieterse, Izak van der Westhuizen, WP Nel, Adriaan Strauss, Coenie Oosthuizen.

Subs: Skipper Badenhorst, CJ van der Linde, Waltie Vermeulen, Kabamba Floors, Tertius Carse, Sias Ebersohn, JW Jonker.

By: Jan Plank
Deel 2

Toutrekkery oor Lionel Mapoe

Die Curriebeker-premierliga is aan die gang, maar dit is nog nie uitgepluis of Lionel Mapoe in 2010 vir die Haaie of die Vrystaat gaan speel nie.

Mapoe oefen reeds in Durban saam met die Haaie, maar dit lyk asof Drotské en die Vrystaatse Rugbyunie nie dié geveg wil verloor nie.

“Lionel het ’n wettig afdwingbare kontrak met die Vrystaatse Rugbyunie (VRU). Ons werk aan regstappe om sy kontrak af te dwing.

“Baie mense sê ’n speler wat verplig word om op ’n plek te speel waar hy nie gelukkig is nie sal nie sy deel doen nie.

“In Lionel se geval verskil ek. Hy is ’n speler met integriteit wat altyd sy beste sal gee, maak nie saak vir wie hy speel nie. Hy is deur andere beïnvloed om nie sy Vrystaat-kontrak te eerbiedig nie. Dit strook nie met sy karakter nie.

“Lionel was die Saterdag vóór die Maandag dat hy Haaie toe is in ons laaste Super14-wedstryd teen die Leeus in Welkom ná die wedstryd in ons kleedkamer al was hy beseer. Hy het op sy eie Welkom toe gery om by die span te wees.

“Dít word nie van beseerde spelers verwag nie. Hoe sluit so ’n speler hom dan die Maandag by die Haaie aan omdat hy ontevrede by die Cheetahs is? Dit strook nie.”

Dit is onseker wanneer daar uitsluitsel oor Mapoe se toekoms sal wees.

Die Haaie het aangedui ook hulle is bereid om regstappe te doen om Mapoe te verplig om sy rugby in die Haaitenk te speel.

Afrigtingspan van die Vrystaat

Weens die beperkte begroting is die Vrystaat se afrigtingspan kleiner as by van die groot unies.

Die afgelope jaar het Drotské ’n aantal interessante skuiwe in sy afrigtingspan gedoen.

’n Verdere verrassing in die nabye toekoms is nie uitgesluit nie met die huidige losskakel van die Westelike Provinsie, Willem de Waal, wat ’n deel van Drotské se toekomsplan kan wees.

Die Vrystaat-breier het aan Volksblad onthul hy het voelers na “Generaal” De Waal as ’n skopafrigter uitgesteek. Dit kom nadat onderhandelinge tussen Braam van Straaten, ’n voormalige Bok-losskakel, en die Vrystaatse Rugbyunie nie uitgewerk het nie.

“Ek het met Willem gesels en hy beplan nou sy toekoms, aangesien hy ’n paar opsies het.

“As ons iemand aanstel, sal dit ’n bewese skopafrigter op Super14- vlak moet wees.

“Hawies het in vanjaar se Super?14-reeks groot welslae behaal en ons prestasie met skoppe was van die beste in die reeks.

Maar sy werklas sluit die afrigting van die agterlyn in. Ons sal dalk na ’n heeltydse skopafrigter vir juniors en seniors moet kyk.”

Sedert verlede jaar se Curriebekerreeks het Drotské twee veranderinge aan sy afrigtingspan aangebring.

Os du Randt is weens sy verpligtinge by die Springbokke nie vanjaar vir die Vrystaat as skrumdokter beskikbaar nie. Dan is Michael Horak, voormalige Engelse agterspeler, betrek om die Wit Tornado se verdediging nuwe byt te gee.

“Ek glo aan ’n stelsel waar verskeie afrigters vir verskillende aspekte van die spel verantwoordelik is. Ek het drie jaar in Londen saam met Michael gespeel en ken hom goed. Hy is passievol en energiek en kom met nuwe idees.

“Maar ons verdedigingspatroon bly dieselfde. Ons het al bewys ons verdedig in sekere wedstryde baie goed en staan geen drieë af nie. Daar is egter tye wanneer spelers intensiteit op die verdediging verloor en van die patroon afwyk.”

Hoewel Du Randt se afwesigheid ’n slag is, het Drotské self vroeër onder Rassie Erasmus se afrigting groot sukses as Vrystaat-skrumafrigter behaal. Hy probeer die leemte self vul wat Du Randt laat.

“Ons vestig baie aandag op ons skrums. In verlede jaar se Curriebekerreeks was ons uitmuntend in dié afdeling, maar in vanjaar se Super14 het ons gesukkel.

“Spelers besef ons gaan hard werk om weer soos in verlede jaar se Curriebekerreeks te kan skrum.”

Die Vrystaat se skrums sal binnekort deur CJ van der Linde versterk word.

Dié Springbokstut word toegelaat om dadelik ná vanjaar se Drienasiereeks vir die Vrystaat te speel.

Welslae in die CB-reeks

Die Vrystaat het sedert 2004 slegs in 2008 nie daarin geslaag om tot die Curriebekereindstryd deur te dring nie.

Verlede jaar se span het op pad na die eindstryd verskeie opskuddings veroorsaak en sodoende waardevolle ervaring opgedoen.

Baie van die vorige jare se sukses kan toegeskryf word aan losskakels soos De Waal en Potgieter – spelers wat met hul skopskoen kan dikteer.

Baie Vrystaat-ondersteuners wonder ná verlede Saterdag se verloorstryd teen die WP (met De Waal aan die voorpunt) of die Vrystaat vanjaar in Strydom ’n ware wedstrydwenner het om hierop voort te bou.

“Louis is ’n hoogs onderskatte speler. Hy het die afgelope twee jaar baie met beserings gesukkel en is nou die eerste keer fiks. Hy het in die Vodacombeker-reeks gespeel en doen die basiese dinge reg. Boonop het ons ook ’n speler soos Sias wat weer vir ons meer opsies op die aanval bied. Tussen dié twee het ek geen slapelose nagte oor die losskakelposisie nie.”

Kapteinskap van die Vrystaat

As Juan Smith weens Bok-verpligtinge nie die Vrystaat kan lei nie, watter ander kapteine kan Drotské oorweeg?

“Ons is bevoorreg om baie goeie leiers te hê. Ons het verlede jaar weens beserings heelwat spelers gehad wat die span met groot welslae gelei het.

“Strauss, Hendro Scholtz (flank), Meyer Bosman (senter) en Nico Breedt (slot) het almal gewys hulle het goeie leierseienskappe.”

Vrystaat in 2010

Die afwesigheid van 20 gekontrakteerde Springbokke uit die agt Suid-Afrikaanse spanne in vanjaar se ligafase van die Curriebekerreeks gaan ’n groot invloed hê op wie tot die halfeindstryde deurdring.

Drotské meen die afwesigheid van dié spelers bevoordeel die Vrystaters wat nou sonder verskeie beseerdes soos Strauss, Frans Viljoen, Van der Walt en Brüssow klaarkom.

Dié beseerdes neutraliseer egter effens die afwesigheid van die Bokke. “Indien jy die voorste 20 spelers uit ’n kompetisie haal, is dit logies die standaard sal daal.

“Ons spelers is gemakliker op Curriebekervlak en ons goeie rekord die laaste tien jaar gee die spelers meer selfvertroue.

“Die Blou Bulle, Haaie en Westelike Provinsie het genoeg diepte om altyd ’n faktor sonder hul Bokke te wees.

“Die Leeus het (soos Griekwas) geen Bokke verloor nie. Ál vier spanne behoort goed te vaar.”

Volksblad het reeds ’n versoek om ’n soortgelyke onderhoud met die Griekwa-rugbyafrigter gerig.

- Volksblad

By: Jan Plank
Chris hier is ‘n artikel wat in die Volksblad verskyn het oor die sewe spelers wat Vrystaat van 2009 verloor het:-

Deel 1

Hendrik Cronjé

IN die Super 14-rugbyreeks het hy aan minstens 14 groentjies speelkans gegee om te verseker die Cheetahs beleef hul suksesvolste veldtog nog in dié reeks

As afrigter van die Vrystaat-Cheetahs beplan Naka Drotské om vanjaar dieselfde blootstelling aan jong spelers in die Curriebekerreeks te gee. As ’n speler goed genoeg is, is hy ook oud genoeg, sê hy.

Die Cheetahs het ’n paar vet Curriebekerjare agter die rug, maar dit was nie sonder klippe kou nie. Volksblad het met Drotské oor die uitdagings vir 2010 gepraat.

Met ’n spelersbegroting van ongeveer R20 miljoen teenoor die geraamde R50 miljoen van die Haaie, R45 miljoen van die WP, R40 miljoen van die Blou Bulle, R35 miljoen van die Leeus en R14 miljoen van Griekwas bly jong talent die spilpunt vir Vrystaat-rugby se toekoms.

Jonges wat nog hul stempel moet afdruk en wie se “markwaarde” in die mededingende wêreld van geld-rugby nog nie buite die bereik van die Vrystaat is nie.

Drotské besef dit. Derhalwe sal hy nie huiwer om in vanjaar se Curriebekerreeks groentjies soos Marcel van der Merwe, stut van die Jong Bokkies, langs gesoute spelers soos Adriaan Strauss, Springbok-haker, speelkans te gee nie.

Selfs ’n Suid-Afrikaanse Skole-speler, Johan Goosen, sal oorweeg word as hy Drotské met sy spel kan oortuig dat hy beter as Sias Ebersohn en Louis Strydom, die twee senior losskakels in die Vrystaat se groep van gekontrakteerdes, kan vaar.

’n Ander jong speler wat Drotské met sy leierseienskappe beïndruk, is Robert Ebersohn. Dit sal nie verbaas nie indien dié Blitsbok iewers vorentoe die Cheetahs aanvoer.

“My beleid is eenvoudig: As jy goed genoeg is, is jy oud genoeg,” benadruk Drotské.

“Ek en Hawies (Fourie, hulpafrigter) het dít al bewys deur spelers soos Robert (Ebersohn), Coenie Oosthuizen, Philip van der Walt, Heinrich Brüssow en verskeie ander al op 19-jarige ouderdom senior blootstelling te gee.

“Johan (Goosen) sal dieselfde regverdige kans as Sias en Louis kry. Ás hy bewys hy is beter as hulle, sál hy speel.

“Ons gee jaar ná jaar aan jonges blootstelling in die Curriebekerreeks en ek dink dit sal weer die geval wees.”

Drotské sê die welslae van die Vrystaatse o.18-, o.19- en o.21-spanne beteken oneindig baie vir die toekoms van Cheetah-rugby.

“Vrystaat-rugby is kerngesond. Ons het verlede jaar die o.19- en o.21-titels gewen. Ons senior span het in die Curriebekereindstryd gespeel en ons Cravenweekspan is onlangs in Welkom as die nie-amptelike o.18-kampioen gekroon.

“Ons Vodacombekerspan het ook tot vanjaar se eindstryd deurgedring. Die groot uitdaging bly genoeg geld om jong talent vir die Cheetahs te behou.”

Dít gaan nie maklik wees nie, aangesien spelers se markwaarde vanweë die Vrystaters se sukses toeneem. Die jong plantjies word ryp gekoester net om deur een van die “ryk” unies afgerokkel te word.

Kontraktering van spelers

Vanweë dié sukses, verbeterde markwaarde van die spelers en ander unies en oorsese spanne se belangstelling in plaaslike talent is die kontraktering van spelers jaarliks een van Drotské se moeilikste uitdagings.

Sedert verlede jaar se Curriebekereindstryd is sleutelspelers soos Wian du Preez (stut, Ierland), Richardt Strauss (haker, Ierland), JP Joubert (skrumskakel, Leeus), Jacques-Louis Potgieter (losskakel, Blou Bulle), Danwel Demas (vleuel, Italië), Lionel Mapoe (vleuel, Haaie) en Fabian Juries (vleuel, Westelike Provinsie) weg by die Cheetahs.

Dié verlies van dié sewe spelers wat in 2009 in die eindstryd gespeel het, bevestig watter groot uitdaging jaarliks op ’n Vrystaat-breier wag om stil-stil opnuut te herbou.

Die diepte van Vrystaat-rugby word hierdeur getref en verplig Drotské om weer ander spelers hierheen te lok.

Ondersteuners wil weet of spelers soos Rudi Mathee (slot) en True Blue Smit (veelsydige agterspeler) werklik Vrystaat se diepte verbeter. “As afrigter kry ek ’n begroting en moet daarbinne genoeg spelers kontrakteer om so goed moontlik te vaar.

“Uiteraard kan ek nie met die beskikbare geld net spelers op dieselfde vlak as Juan Smith of Heinrich Brüssow kontrakteer nie.

“Hoe beter ’n speler is, hoe meer word hy betaal. Juis daarom kontrakteer ons ’n mengsel van spelers binne die begroting. Dit sluit ons eie Springbokke in, asook jong, opkomende spelers wat by kleiner unies hul slag gewys het.

“Diepte in alle posisies is nodig en baie spelers is dus ongelukkig om nie ’n kans te kry nie.”

Drotské behartig die kontraktering van die senior spelers en Pine Pienaar die werwing van juniors.

Pienaar word bygestaan deur Ryno van der Merwe, ’n voormalige Vrystaat-kaptein en losvoorspeler, en Peet Kleynhans, ’n voormalige Cheetah-breier. Hulle kon vanjaar jong spelers soos Henco Venter (flank), Niell Jordaan (agtsteman), Goosen en Niel Marais (heelagter) tot minstens einde 2011 vir die Vrystaat behou.

Ongelukkig is ’n talentvolle skolespeler soos Paul Jordaan reeds deur die Haaie weggelok om hul probleme op binnesenter te probeer oplos.

By: Normandp
Ons moet ook nie die Pumas onderskat nie, hoewel hulle omtrend alles tot dusver verloor het, het hulle spanne soos die Sharks harde bene laat kou vir hulle wen. Dis maar ‘n moeilike besluit seker vir die afrigters.  Moet ons die “maklike” games gebruik om ons jonger ouens kans te gee of moet die span dieselfde bly om hul as ‘n span meer self vertoue te gee na verlede week se verloor?  Klink of die Cheetah span redelik dieselfde gaan bly vir die Pumas game.  Ek weet dis seker belangrik om nie the erg te torring aan ‘n span nie, maar ek sou regtig graag wou gesien het dat van die jonger ouens ‘n kans kry in die begin span. Veral Sias op 10 en Robert op 12 ek disk dit sal ‘n dodelike kombinasie maak.  Hoe dit ookal sy, ek sal die span bly ondersteun maak nie saak hoe hy lyk nie.

By: CC
Kobus,Ons speel Saterdag om 15:00 @ die Pumas