
Vodacom Free State Cheetahs v Sharks
Venue: Vodacom Park, Bloemfontein
Match Report:
5min: Vodacom Free State Cheetahs 0 Sharks 0 Cheetahs penalized for holding on. Lambie fails with penalty
8min: Vodacom Free State Cheetahs 0 Sharks 0 Sharks penalized for off-side.Strydom misses long range penalty
10min: Vodacom Free State Cheetahs 3 Sharks 0 Strydom kicks penalty from just inside Sharks half
15min: Vodacom Free State Cheetahs 3 Sharks 0 Tewis De Bruyn get yellow card for punching
20min: Vodacom Free State Cheetahs 3 Sharks 3 Free State penalized for going off their feet.Patrick Lambie kicks the penalty
27min: Vodacom Free State Cheetahs 3 Sharks 3 Patrick Lambie misses penalty from just inside Cheetahs half
33min: Vodacom Free State Cheetahs 10 Sharks 3 Try Tewis De Bruyn from quick-tap with penalty, converted by Louis Strydom
40min: Vodacom Free State Cheetahs 10 Sharks 3 Sharks penalized for collapsing the scrum..Strydom misses penalty
Half Time Vodacom Free State Cheetahs 10 Sharks 3
45min: Vodacom Free State Cheetahs 13 Sharks 3 Penalty Louis Strydom
54min: Vodacom Free State Cheetahs 13 Sharks 6 Penalty Patrick Lambie…Juan Smith leaves the pitch
70min: Vodacom Free State Cheetahs 13 Sharks 11 Try for Sharks by Eugene Van Staden
75min: Vodacom Free State Cheetahs 13 Sharks 18 Try and conversion by Patrick Lambie
77min: Vodacom Free State Cheetahs 13 Sharks 25 Try and conversion by Patrick Lambie
Result: Vodacom Free State Cheetahs 13 Sharks 25

Coenie Oosthuizen in Photo by HiltonKotze.com

Cheetah’s speel vir 70 minute briljante rugby maar vergeet dat ‘n wedstryd 80 minute is.
Baie patetiese laaste 10 minute. Ek dink dat as die reserwes beter gekies was sal dinge anders gewees het. Kyk wat het ‘n negentienjarige nie vermag nie. Hoekom wil die afrigting-span nie
meer inisiatief aan die dag le en die jonger spelers gebruik nie. Ek dink die opbring van die reserwe was nie goed deurdenk nie. Weereens is bewys dat Juan Smit ernstig gemis gaan word wanneer
hy vir die Bokke gaan diens doen. Dis waarom die jonger spelers lankal meer speel kans gegun moes
word. Miskien moet die afrigters nou begin rekenskap gee van hul optrede en hol span keuses.
Ek sien donker dae vir die Cheetahs sonder Juan Smith want hy is n leier van vormaat en vandag net bewys dat hy die ware afrigter is en naka is nie n afrigter se agter end werd nie en de bruyn nog minder.
Ja, die vreeslike springbokke het ’spark’ aan die reserwebank gegee, maar ongelukkig het daai ’spark’ nie oorgegaan na die veld nie. Wat ‘n patetiese storie… Genade, iemand skrik tog net wakker, ons speel slegs 10 man rugby met ‘n patetiese steriotipe patroon. Ons kan nie meer aanvallige hardloop rugby speel nie, en ander spanne lees ons al soos ‘n comic book. Ek is baie naby aan opgee…
Weet iemand of Kankovski dalk ge-’cite’ is vir sy blatante klap hou op
Ebersohn. Ek meen Tewis word ‘n geel kaart gegee net vir ‘n mikhou, maar
as daar nie teen Kankovski opgetree word nie wys dit net wat se ongeruimdhede
in S.A.Rugby plaasvind. “I rest my case”
Quinton 3 Ek stem 100% saam met jou
HARTSEER!! Dit is wat dit is, naka, jy is KAKA, jy moet begin rekenskap gee vir jul swak vertonings, en onthou dit is ons , die ondersteuners wat in die pawiljoene sit wat jou salaris betaal. Gee klein Sias n regverdige kans. Julle moet begin uithaal en wys boeta!!!
ek dink naka moet bykom of eerder die luisels oorgee aan iemand anders en herlod v@<@ eerder terug na grey en wat is die nut om sias vir 5 minute game time te gee, en naka wa kom jy daar aan dat hy nie kan skop nie, hyt die vorige bulls game gewen met ‘n skop. en wat soek ons nog met barend hendro en louis skrydom hulle is stadig en oor die muur dis nou tyd vir nuwe bloed en vinnig
die game plan moet ons dringed oor besluit want ons hardlooo in ons eie 22 en skop in die opponente se 22 is ons gerook of is ons gedrink. dis of 10 man rugby of dis vat die bal weit. as ons wil vas speel los asb die voorspelers uit die agterlyn want wat soek hulle daar. as ons nie wyd gaan speel nie drop vir nokwe want sy verdeding is power en ons moet om laat hardloop anders is hy geen nut nie. SIAS MOET SPEEL NAKA Lees die boodskap en laat weet as jy nie verstaan ons help met graagte
Ek dog my oë bedrieg my toe ek telling 25 t 13 sien…HANNES en QUINTON ek stem met JUAN sy besering was n gatslag en die skappies het bietjie verward geraak….maar jy kan nie met n telling van 13 - 11 en 10min oor in n verdedigende mold ingaan en dink jy kan vir 10min crush ball rugby speel om soveel fases op te sit doelloos net om die tyd om te kry en hoop jy wen nie. jy kan dit doen as daar 1min se speeltyd oor is, en die SHARKS het geduldig gewag en harde duikslae gedoen en gesorg dat hul 1ste by break downs is. Dis waar hul 2 vinnige driee gekom het..die CHEETAHS wil net besit behou het en crush ball speel en in die proses het hul hulself in die rugs en maul ingetrek en toe omgekeerde besit kom toe is daar te min ouens agterlangs en die gate is so groot want almal is mos in die rugs en maul….Ons moes die laaste 10min aangehou speel het aanvallende rugby bly speel het en hul op die agter voet gehou het, toe TANNIE TEWIS bly die forwards en backs met kort passies voer toe se ek my vriend hul maak nou droog daar is 10min te lank om dit te doen nie nou nie……. Moet se by tye het ons weer VRYSTAAT RUGBY gesien, en n paar keer n volle agterlyn bewegings gesien, dis wat ons moet speel want kyk toe ons op ons doellyn aangeval het toe keer hul PHILLIP eers op hul 10 stippel lyn… ASHLEY JOHNSON as jy lees jou yster jy is beroof van MAN OF THE MATCH..Skitterende spel. (E.D) Ek sien jy en guestwriter praat niks meer saam nie, maar hou ons asb op hoogte oor JUAN se besering of dit ernstig is of nie…
CHEETAHS JUL HET ALS DIE JAAR SEKER DIE MEES SOLIDSTE SPAN IN DIE JAAR SE KOMPITIESE EN DIE MEES ERVARE SPAN JULE SPEEL NOU AL AMPER 3 JAAR LANK SAAM. KIES VIR KLEIN SIAS OP 10 VIR ROBERT OP 12 EN KRY VI JW JONKER EN SPEEL HOM OP 13. MET DAARDIE 3 DINK NET WATER SPOED EN TALENT SAL ONS AGTERLYN DAN HE. DIE ENIGSTE OUENS WAT DIE JAAT UITSTAAN IS JAUN,ASLEY EN COENIE. EN DAN HENNIE HOEVEEL MOET DIE OU NOG DOEN OM TE BEWYS HY IS BETER AS KIRCHNER. EN DAN COENIE IS DIE IDIALE VOORY VIR DIE TUIS TOETSE BY DIE HUIS. HENNIE HET ALS KRAG BAIE SPOED EN VEILIG ONDER DIE BAL SKOP VERDER AS ENIGE ANDER SPELER WAT RUGBY SPEEL EN VERDEDIG GOED. COENIE SKRUM NIE NET SOOS `N JANNIE DU PLESSIS OF `N BJ OF CJ NIE DIE MAN MAAK TACKLES ONDERSTEUN BALDRAERS HYT SELF SPOED EN NIE N ENKELE BANGHAAR OP SY KOP.
Free State will probably know on Monday whether they can use inspirational captain and Springbok flank Juan Smith in the coming weekend’s Currie Cup match against the Pumas.
Ek dink die Cheetahs speel baie goeie rugby die afgelope twee weke maar ons rond nie af nie. As ons net die helfte van ons kanse in punte omskep het teen die Sharks en die Bulle het ons gemaklik gewen teen altwee. As ons beter afrond gaan die Cheetah span nie geklop word nie. Ek is positief oor die rugby wat die Cheetahs speel ons moet nou net die afronding by kry.
Ek dink ook die naweek wat kom sal ‘n ideale tyd wees om ‘n bietje nuwe kombinasies uit te probeer. Ek nou nog nie glo ons het teogelaat dat die Sharks aan ons doen wat net die naweek van te vore aan die Bulle gedoen het?
Hulle moet vir Juan laat rus, om reg te wees die 21ste vir die AB’s. Alhoewel ons Saterdag gesien het watse verskil hy maak aan die span wanneer hy nie op die veld is nie, het ons hom baie nodig in die Springbokspan. Maar nou het Naka nie ‘n verskoning om vir Sias en Philip vd Walt te gebruik nie, laat die jong ouens begin teen die Pumas die naweek, en as hul goed gespeel het, gee hulle ‘n regverdige kans teen die Lions. En speel vir Robert langs Sias op binnesenter, en Snyman op buitesenter. Ons almal pleit nou al week vir week dat Naka die kans vat, en hier is nou sy kans!
Waarom is ons almal so gevoelig as Juan Smith beseer word? Hy is ‘n briljante speler maar hy is nie die hele Cheetah-span nie. Geen span kan bekostig om hul te veel staat te maak op een speler nie - so ‘n span hoort nie in die Curriebeker nie.
Cheetahs het ‘n paar keer die bal probeer hardloop - dit is bietjie beter maar ons is nog nie ge-olie met ons agterlyn nie. Naka - ek dink ons moet met die agterlyn die hele week gaan oefen. Ons voorspeler rugby werk nie - soos jy gesien het druk mes makliker ‘n drie deur te sidestep en om, om die verdedigers te herdloop as om oor die verdedigers te hardloop. Ons agterlyn is baie erg geroes MAAR dit lyk beter…. ons moet sidesteps en skêrbewegings asook taktiek gebruik om met ons agterlyn te hardloop. Nokwe het die bal 3 keer gekry in die wedstryd maar hy was op te mins spoed.
Nokwe lyk my het ook by Demas geleer om bang te wees… Nokwe, As jy die bal kry moet jy hardloop!!!! Jy moet nie eers berekeninge maak oor of jy deur ‘n sekere gaping gaan pas nie - hardloop voluit en vreesloos.. jyt te veel gehuiwer en dit hoort nie by ‘n goeie rugbyspeler nie.
Ons voorspeler-rugby het ons nou lekker in die gat kom byt en ek hoop Naka voel dit nou! Hou op met voorspelers speel en om die spel stadig te probeer maak. Dit is nie ons spel nie! Toe kom wys die Haaie ons hoe om op spoed drieë te druk! Ons voorspelers het nie deurkomkans gehad nie! Dit is tyd dat ons moet leer om met ons agterlyn te speel met kreatiwiteit. Ons speel baie negatiewe rugby en dit hoort nie so nie. Ek stem saam met pos 9 hierbo dat ons baie ervaring in die span het maar dit word nie gebruik nie. Ons vermoë om drieë te druk raak al hoe swakker hoe langer Naka afrig.
Naka - as ek jy fokus ek op balvaarighede en spoed en sidesteps en taktiek die volgende twee weke. Kry agterspelers om te hardloop en te pass as hy in die tackle ingaan. Leer die agtespelers om te pass vir ‘n persoon wat in ‘n beter posisie as hy is. Gebruik die voorspelers eerders as verdedigers en skoonmakers tussen die agterspelers. Kombineer krag en spoed - Johnson trek ‘n hele paar verdedigers en as hy ‘n vleuel kry wie se taak dit is om aan sy linkerkant te bly is daar probleme vir enige span teen wie ons speel. Ek dink dieselfede kan gesê word van spelers soos Coenie en Cj Botha…. Ek dink CJ se vertoning was maar redelik gemideld en ek dink die Sharks het harder as ons geskrum.
Al is Juan reg, laat hy rus en gee die jong manne (Sias, Carse, Philip op 13, Robert op 13 en JW op 14) kans in die begin 15tal teen die Pumas! Laat Adriaan kaptein wees.
Was Philip so stadig of Kankowski so vinnig (met Lambie se eerste drie). Ek is ‘n Philip aanhanger, maar op 12.
Naka sien jy wat doen jong bloed (lees Lambie)? As jy goed genoeg is, is jy oud genoeg!!
Ai tog. Kon nie glo wat gebeur nie. Aanvallende spel en die bal in die hande hou is wat ons as ondersteuners nou al hoe lank al vra. die skop van die bal in teensanders se hande is balverlies, besef die afrigters dit nie? Ag nee man mens kan nie die so dom wees nie. Wil saamstem dat ons regtig vir sias moet kans gee, robert binnesenter en of vir JW of Snyman op buitesenter. Die spelers is daar spell net rugby vir 80 min en behou die bal
Mede ondersteuners,
Alhoewel die Cheetahs glad nie die mas opgekom het nie, moet ons nie uit die oog verloor dat hulle met 4 BAIE moeilike wedstryde begin het hierdie jaar nie; WP, GWK, BB en Sharks.
Hulle het nou ‘n kans om log punte te bou teen die 3 spanne wat maar regtig sukkel die jaar, so daar is ten minste 15 punte op die spel na die eerste rondte.
Onthou dat spanne soos die BB, Sharks, GWK en WP nog teen mekaar ook moet speel, so hulle gaan iewers stil staan op die log.
Cheetahs moet nou net nie fokus verloor teen die 3 oorblywende wedstryde nie en hulle het al die Sharks telke male in Durban gaan wen.
Ek was BITTER teleurgestel gewees, maar die Sharks het die Cheetahs met hulle eie medisyne gekry Saterdag.
“Ons weet dat as ons aan die bal kan vashou, ons vanaf enige plek op die veld kan aanval,”
Die bogenoemde kommentaar van Plumtree wonder ek of ons hom nie moet oorkoop nie, want hy weet iets wat Nakkie nie weet nie. (En hulle reken Pieter is ‘n clown?) Hannes dink jy nie aan die Bulle - Leeus game as jy praat van briljante rugby nie? En AK, ja die span is so solied dat die bal nooit meer by die vinnige ouens uitkom nie. 100 fases maar geen vleuels. Ons het ook dan net een vleuel in die veld…
- Asthly hardloop pragtig ja MAAR hy, soos sy kaptein en baie ander in die span word deur “iemand” aangese om net nooit te pass nie. Iewers gehoor “hou die bal in hand” dink hulle moenie pass nie. Van al die kere wat Asthly di bal gedra het weet ek net van een keer dat hy gepass he….
- Jy wil my nie kom vertel dat Juan alleen die rede is vir ‘n patetiese verloor nie. Ons het van die begin af al nie die korrekte rugby gespeel nie. Onthou net verlede jaar het ons die finaal gehaal sonder Juan, so moet dit nie ook as ‘n verskoning gebruik nie, dit raak afgesaag. Hoe kan jy voortdurend ‘n stut, haker of agsteman in ELKE agterlyn beweging he? Hulle verstaan nie van hardloop en pass nie, hulle is vories hulle ken net hardloop reguit in die verdediging vas (ok Bosman ook).
- Ek hou baie van Louis, maar soos JL Potgieter, toe hy by ons was, is sy skopwerk nie konstant goed genoeg nie (let op Potgieter se huidige skop peil - hoekom skop hy nou by die bulle so goed? Ek glo dit het te doen met afrgting??
Teen die Pumas en Luiperds sal ons weer pragtige hardloop rugby speel en pragtige oorwinnings behaal, want ons doen dit mos net met die “swakker” spannetjies. Teen die Leeus is ons weer terug by die “beproefde” ou dom 10 man spel wat verseker dat ons net-net wen of net-net verloor. Teen die Pumas of Luiperds sal ons moontlik die span kry wat ons ALTYD voor vra, want daai spelers kry mos maar die klein ou gamepies, wanneer die “beproefde” BOKKE soos Bosman en kie “rus”
Pieterse het ‘n plek op slot, maar asseblief NIE flank! Hendro moet ‘n 5 min impak speler wees as ons reeds gewen het en Floors moet begin. JW Jonker…. ag wat mors ek nog my tyd voor.
Moet asseblief net nie vir Nokwe weggooi nie manne, want dis Nakkie en Hawie die harlakyn wat hom laat vertoon soos hy doen. Met die tipe rugby wat Vrystaat speel het hy nie regtig enige doel in die span nie. Ons weet dat met die regte tipe rugby is hy ‘n ster en verdedig hy ook fantasties. Selfs Normandp sou swak vertoon in ‘n span wat geen nut het vir vleuels en senters nie.
Weet iemand wat gaan aan met die Griffons in hulle afdeling want Supersport het hulself goed geag om nie meer daai uitslae bekend te maak nie. En hoe het die Cheetahs se weeskinders daar gevaar?
Nog een ding - het julle opgemerk hoe snaaks staan die Cheetah agterlyn? Dit lyk nie soos ‘n lyn nie maar soos ‘n vierkant. Hoe kan die lyn lekker vloei so, of is dit om vir die voorspelers voorsiening te maak?
Lekker week vir ieder en elk.
My seun is ‘n blou bul ondersteuner 11 jaar oud, hy was saam met my by die game saterdag en op die punt om te verander na ‘n Cheetah, maar toe gebeur wat ons almal maar vrees en sy woorde was “nou sien jy pappa dit is hoekom ek ‘n blou bul is”.Dit was ons game om te vat en nog een supporter maar nee dit wil net nie werk nie so ek is baie b..f.k
Dit was nou wat die ingelse gesegde sê…”snatching defeat from the jaws of victory !”
Hoe het ons dit toegelaat. En vir die ouens wat bepleit dat Snyman steeds op vleuel bly, terwyl hy homself al lankal as ‘n puik senter bewys het. Hy kon Saterdag nie eers vir Kankowski inhardloop nie ! Hy het net eenvoudig nie ‘n vleuel se spoed nie. En dis ook nie sy skuld as hy uit posisie gespeel word terwyl JW vir die Griffons geleen word nie.
Maar ons agterlyn spelers kan gekritiseer word soos ons wil, al gee enigiemand die heel beste agterlyn spelers ter wereld vir Hawies, gaan hulle steeds na die swakstes in die wereld lyk. Voor Hawies nie die trekpas kry nie, gaan ons ondersteuners Saterdae huil !
Daar is die bewys,net waarvan ek gepraat het vroeer die week.Naka se dat ons verdediging nou beter is.Loutere snert.Juan Smith se verdediging is uitstekend en sonder hom is dit nag.Die ander spelers sal moet leer dat n rugby speler nie net goed is met die bal in die hand nie.En waar is Sias,o ja ek het vergeet hy is nog bietjie jonk,nogaal interresant dat n 19 jarige Pat Lambie Vrystaat gesink het.Terwyl 19 jarige Pat Lambie besig is om naam vir homself te maak,sit arme Sias op die bench en Philip word uit posisie gespeel en JW by die Griffons.10 Sias 11 Nokwe 12 Robert 13 Philip 14 Jw 15 Hennie.Laat Meyer en Corne van die Bench opkom.
Kobus 18 —> Jou pos is uitstekend en ek stem met alles saam!
JacoP —> Ek sweer jy werk vir die VRU want jou verskonings klink soos Drotske s’n verlede jaar in die S14. Met dié span en ervaring wat ons het moes ons vêr gewen het! Ons is veronderstel om baie meer driee te druk en baie beter te vertoon teen spanne sonder hul sprinbokke.
Ek dink die span moet begin besef dat dit ‘n bonus is as die kaptein ‘n inspirerende leier is. Almal kry seer - dis immers ballet en nie rugby nie. Daar is ook ‘n ander sakie wat gerus genoem kan word. Dissipline. As jy op die sharks se doellyn is en ‘n strafskop afdwing, neem jy die drie punte en maak die voorsprong weer 10 punte. Dan speel die sharks “catch-up” en SAL foute maak. Dit lei to turn-overs en die gety draai.
CJ moet leer dat ‘n stut ook ‘n bal kan uitgee met twee spelers aan sy buitekant en dan was die telling dalk nooit ‘n skok vir die Cheetahs nie. JY HOEF NIE ALLES SELF TE DOEN NIE. DIS RUGBY EN NIE TENNIS NIE.
Oj ja, voor ek vergeet, lyk my Kanko kan maar slaan, net nie die Cheetahs nie. Guestwriter/editor, is daar geen manier hoe sulke spel uitgewys kan word nie?
Manne kla sal nou nie help nie………….
Daar is n paar man wat regtig hulle hart uitspeel en ek gaan nou nie name noem nie want nou-nou laat ek een weg.
Daar is egter ook die “siekte” in Vrystaat rugby: “Haai jy het mos n naam so kom ons speel jou”
Tewis gaan ons nog n kritieke game kos want hy is heeltemal te stadig agter die oond. Al die spanne “target” hom want dis so maklik om druk op hom te sit en dan lyk die res van ons agterlyn soos n spul paloekas……….
Hoe kry n nr 9 op hierdie vlak dit reg om 3 (?) keer afgestorm te word in 1 game? Hoe het daai Shardientjie nr 9 reggekry om Tewis keer op keer met die bal te betrap?
Ek het laas jaar al gese ons gaan nog lang trane huil oor Jandre Blohm en ek haat dit om reg te wees……………..
Wat het met Jongi gebeur? Hy lyk bang!
Blikoor 24-100% korrek.
Dat Cheetah bestuur nie ook beswaar aangeteken het oor die uitwys van Kankovski
gaan my verstand te bowe. Of is daar onder die tafel iets aangebied? In die nuus
vannaand word vertel hoe streng S.A Rugby optree teen vuilspel maar niks gebeur
met Kankovski nie. Maak net nie sins nie
WP Nel het uistekend geskrum,mzzr toe word hy afgehaal,Naka weet seker hoekom.CJ het baie swak gespeel,kan hy maar nie nou al Kaap toe gaan na Rassie toe nie.Die volgende spelers bring week na week hulle kant.
Hennie Daniller
Ashley Johnson
Robert en Sias as Sias 5 min speelkans kry.
Die hele voorry WP ADRIAAN en COENIE briljant.
Nie nodig om Juan se naam te noem nie.
Daar sal plewk vir Philip vd Walt gemaak moet word
Kerels ek het gehoor dat VRU wel n saak teen KANKOWSI gemaak het, hoe ver die saak gevorder het weet ek nie…. Ek hoop regtig CARSE, SIAS. JW kry hul kans die naweek, maar ek bevrees HAWIE sal te bang wees om te waag want nou nou werk dit en hy sien en kom agter ons is toe reg. Dit lyk my ook of die HORAK mannetjie wat NAKA gekry het om te help net daar is vir n salaris of doen hy dit verniet, want ek sien nie n hand omkeer of n drastiese verandering in die spelpeil en verdedigends linie van die agterlyn nie, LAMBIE en KANKOWSKI kom vlek dit sommer binne 2min oop vir hom…
Spikkels 25 –> Tewis is nie die rede vir ons stadige agterlyn nie. Kyk maar met Sarel van Griekwas - hy het nie juis ons agterlyn vinniger gamaak nie…. Tewis kan dalk aan sy spel verbeter - hy moet net sy fiksheid en sy konsentrasie regkry.
Bosman in en arme JW op die bank. Belaglik man. Hy en sias kry weer net 5 - 10 min waarin hul briljant sal wees, maar nie (weereens) raakgesien nie. Daai 5 min wat hul kry is dalk net dat hulle hul salaris kan regverdig? Hawies laaik hulle net eenvoudig nie. Kom Tewis en Bosman nie dalk ook iewers van Boland af nie? Wonder maar net… Komaan Naka - vir eens verras ons… Breek weg van Hawies se ystergreep op die agterlyn en en breek die eenvoudige roetine. Hiers jou kans nou om die ondersteuners weer aan jou kant te kry! Dit, of klap maar net weer die getroue ondersteuners in die gesig…
Kobus = 30 Goed gese en ek stem een honderd persent saam met jou. Hoop nou net dat naka sal luister!
Ja dankie Dup en Chris, maar Nakkie luister natuurlik nog steeds net net na Hawies (of dalk iemand anders, mmm?). Ek se nog steeds dis net pure moedswilligheid.
Ek moet ook maar weereens die span op Supersport sien en NIE op die amptelike webwerf nie. BOSMAN EN TEWIS IS MAAR SEKER WEER DAAR WEENS HUL BETER SKOPVERMOE, SO ONS BEPLAN WEEREENS 10 MAN SKOP IN HULLE HANDE RUGBY. Selfs skool laaities weet as jy drie games na mekaar swak vertoon skuif jy tweedespan toe en die tweedespan laaitie skuif op en gryp dan die kans met albei hande aan. Tewis lewer regtig nie meer die tipe spel wat hy in bv. 2007 gedoen het nie.
As ek net een vraag aan Naka mag vra of enigeeen by die Vrystaat rugby unie, (daar is natuurlik baie, maar kom ons maak dit maar net een om te antwoord), en as hulle die ‘guts’ het om te antwoord - Waarom kry Tertius Carse nie maar een of twee kanse in die beginspan nie? Moenie kom met ervaring nie dis bog veral teen die Pumas, boonop kyk waar het Bosman en Demas se ervaring en geoefende skopvoet ons al dikwels in die verlede gebring. Die “Editor” van hierdie blog en Guestwriter het stil geraak. Hul rep nie meer ‘n woord nie, ek wonder hoekom? So die kans dat Naka of enigeiemand anders my vraag sal beantwoord is net so goed as wat JW Sias en Carse en Floors die volgende game teen die WP sal begin! Ek hoop nie die Pumas trap ons Vrydag nie… Ons sal seker maar wen en dan is Nakkie en al die ‘volwassenis’ op hierdie blog darem weer vir nog ‘n week gelukkig, “wow ons het die Pumas gewen!” Maar daarna herhaal dieselfde ou treurmare hom net weer teen die “groot” spanne (waarvan ons oon nou al een moes wees). Ons aanvaar maar net alles te gelate, vat nou maar die lelike vreemde oranje trui wat ons na die Leeus laat lyk (en speel?) Almal het saam met my gekerm dis lelik en nou rep niemand ‘n woord meer daaroor nie???
Word wakker mense die Super 15 begin oor net meer as ses maande! Skop skop, my storie is uit, goeienag, nag ou GROTA…
Kobus,Ons speel Saterdag om 15:00 @ die Pumas
Ons moet ook nie die Pumas onderskat nie, hoewel hulle omtrend alles tot dusver verloor het, het hulle spanne soos die Sharks harde bene laat kou vir hulle wen. Dis maar ‘n moeilike besluit seker vir die afrigters. Moet ons die “maklike” games gebruik om ons jonger ouens kans te gee of moet die span dieselfde bly om hul as ‘n span meer self vertoue te gee na verlede week se verloor? Klink of die Cheetah span redelik dieselfde gaan bly vir die Pumas game. Ek weet dis seker belangrik om nie the erg te torring aan ‘n span nie, maar ek sou regtig graag wou gesien het dat van die jonger ouens ‘n kans kry in die begin span. Veral Sias op 10 en Robert op 12 ek disk dit sal ‘n dodelike kombinasie maak. Hoe dit ookal sy, ek sal die span bly ondersteun maak nie saak hoe hy lyk nie.
Chris hier is ‘n artikel wat in die Volksblad verskyn het oor die sewe spelers wat Vrystaat van 2009 verloor het:-
Deel 1
Hendrik Cronjé
IN die Super 14-rugbyreeks het hy aan minstens 14 groentjies speelkans gegee om te verseker die Cheetahs beleef hul suksesvolste veldtog nog in dié reeks
As afrigter van die Vrystaat-Cheetahs beplan Naka Drotské om vanjaar dieselfde blootstelling aan jong spelers in die Curriebekerreeks te gee. As ’n speler goed genoeg is, is hy ook oud genoeg, sê hy.
Die Cheetahs het ’n paar vet Curriebekerjare agter die rug, maar dit was nie sonder klippe kou nie. Volksblad het met Drotské oor die uitdagings vir 2010 gepraat.
Met ’n spelersbegroting van ongeveer R20 miljoen teenoor die geraamde R50 miljoen van die Haaie, R45 miljoen van die WP, R40 miljoen van die Blou Bulle, R35 miljoen van die Leeus en R14 miljoen van Griekwas bly jong talent die spilpunt vir Vrystaat-rugby se toekoms.
Jonges wat nog hul stempel moet afdruk en wie se “markwaarde” in die mededingende wêreld van geld-rugby nog nie buite die bereik van die Vrystaat is nie.
Drotské besef dit. Derhalwe sal hy nie huiwer om in vanjaar se Curriebekerreeks groentjies soos Marcel van der Merwe, stut van die Jong Bokkies, langs gesoute spelers soos Adriaan Strauss, Springbok-haker, speelkans te gee nie.
Selfs ’n Suid-Afrikaanse Skole-speler, Johan Goosen, sal oorweeg word as hy Drotské met sy spel kan oortuig dat hy beter as Sias Ebersohn en Louis Strydom, die twee senior losskakels in die Vrystaat se groep van gekontrakteerdes, kan vaar.
’n Ander jong speler wat Drotské met sy leierseienskappe beïndruk, is Robert Ebersohn. Dit sal nie verbaas nie indien dié Blitsbok iewers vorentoe die Cheetahs aanvoer.
“My beleid is eenvoudig: As jy goed genoeg is, is jy oud genoeg,” benadruk Drotské.
“Ek en Hawies (Fourie, hulpafrigter) het dít al bewys deur spelers soos Robert (Ebersohn), Coenie Oosthuizen, Philip van der Walt, Heinrich Brüssow en verskeie ander al op 19-jarige ouderdom senior blootstelling te gee.
“Johan (Goosen) sal dieselfde regverdige kans as Sias en Louis kry. Ás hy bewys hy is beter as hulle, sál hy speel.
“Ons gee jaar ná jaar aan jonges blootstelling in die Curriebekerreeks en ek dink dit sal weer die geval wees.”
Drotské sê die welslae van die Vrystaatse o.18-, o.19- en o.21-spanne beteken oneindig baie vir die toekoms van Cheetah-rugby.
“Vrystaat-rugby is kerngesond. Ons het verlede jaar die o.19- en o.21-titels gewen. Ons senior span het in die Curriebekereindstryd gespeel en ons Cravenweekspan is onlangs in Welkom as die nie-amptelike o.18-kampioen gekroon.
“Ons Vodacombekerspan het ook tot vanjaar se eindstryd deurgedring. Die groot uitdaging bly genoeg geld om jong talent vir die Cheetahs te behou.”
Dít gaan nie maklik wees nie, aangesien spelers se markwaarde vanweë die Vrystaters se sukses toeneem. Die jong plantjies word ryp gekoester net om deur een van die “ryk” unies afgerokkel te word.
Kontraktering van spelers
Vanweë dié sukses, verbeterde markwaarde van die spelers en ander unies en oorsese spanne se belangstelling in plaaslike talent is die kontraktering van spelers jaarliks een van Drotské se moeilikste uitdagings.
Sedert verlede jaar se Curriebekereindstryd is sleutelspelers soos Wian du Preez (stut, Ierland), Richardt Strauss (haker, Ierland), JP Joubert (skrumskakel, Leeus), Jacques-Louis Potgieter (losskakel, Blou Bulle), Danwel Demas (vleuel, Italië), Lionel Mapoe (vleuel, Haaie) en Fabian Juries (vleuel, Westelike Provinsie) weg by die Cheetahs.
Dié verlies van dié sewe spelers wat in 2009 in die eindstryd gespeel het, bevestig watter groot uitdaging jaarliks op ’n Vrystaat-breier wag om stil-stil opnuut te herbou.
Die diepte van Vrystaat-rugby word hierdeur getref en verplig Drotské om weer ander spelers hierheen te lok.
Ondersteuners wil weet of spelers soos Rudi Mathee (slot) en True Blue Smit (veelsydige agterspeler) werklik Vrystaat se diepte verbeter. “As afrigter kry ek ’n begroting en moet daarbinne genoeg spelers kontrakteer om so goed moontlik te vaar.
“Uiteraard kan ek nie met die beskikbare geld net spelers op dieselfde vlak as Juan Smith of Heinrich Brüssow kontrakteer nie.
“Hoe beter ’n speler is, hoe meer word hy betaal. Juis daarom kontrakteer ons ’n mengsel van spelers binne die begroting. Dit sluit ons eie Springbokke in, asook jong, opkomende spelers wat by kleiner unies hul slag gewys het.
“Diepte in alle posisies is nodig en baie spelers is dus ongelukkig om nie ’n kans te kry nie.”
Drotské behartig die kontraktering van die senior spelers en Pine Pienaar die werwing van juniors.
Pienaar word bygestaan deur Ryno van der Merwe, ’n voormalige Vrystaat-kaptein en losvoorspeler, en Peet Kleynhans, ’n voormalige Cheetah-breier. Hulle kon vanjaar jong spelers soos Henco Venter (flank), Niell Jordaan (agtsteman), Goosen en Niel Marais (heelagter) tot minstens einde 2011 vir die Vrystaat behou.
Ongelukkig is ’n talentvolle skolespeler soos Paul Jordaan reeds deur die Haaie weggelok om hul probleme op binnesenter te probeer oplos.
Deel 2
Toutrekkery oor Lionel Mapoe
Die Curriebeker-premierliga is aan die gang, maar dit is nog nie uitgepluis of Lionel Mapoe in 2010 vir die Haaie of die Vrystaat gaan speel nie.
Mapoe oefen reeds in Durban saam met die Haaie, maar dit lyk asof Drotské en die Vrystaatse Rugbyunie nie dié geveg wil verloor nie.
“Lionel het ’n wettig afdwingbare kontrak met die Vrystaatse Rugbyunie (VRU). Ons werk aan regstappe om sy kontrak af te dwing.
“Baie mense sê ’n speler wat verplig word om op ’n plek te speel waar hy nie gelukkig is nie sal nie sy deel doen nie.
“In Lionel se geval verskil ek. Hy is ’n speler met integriteit wat altyd sy beste sal gee, maak nie saak vir wie hy speel nie. Hy is deur andere beïnvloed om nie sy Vrystaat-kontrak te eerbiedig nie. Dit strook nie met sy karakter nie.
“Lionel was die Saterdag vóór die Maandag dat hy Haaie toe is in ons laaste Super14-wedstryd teen die Leeus in Welkom ná die wedstryd in ons kleedkamer al was hy beseer. Hy het op sy eie Welkom toe gery om by die span te wees.
“Dít word nie van beseerde spelers verwag nie. Hoe sluit so ’n speler hom dan die Maandag by die Haaie aan omdat hy ontevrede by die Cheetahs is? Dit strook nie.”
Dit is onseker wanneer daar uitsluitsel oor Mapoe se toekoms sal wees.
Die Haaie het aangedui ook hulle is bereid om regstappe te doen om Mapoe te verplig om sy rugby in die Haaitenk te speel.
Afrigtingspan van die Vrystaat
Weens die beperkte begroting is die Vrystaat se afrigtingspan kleiner as by van die groot unies.
Die afgelope jaar het Drotské ’n aantal interessante skuiwe in sy afrigtingspan gedoen.
’n Verdere verrassing in die nabye toekoms is nie uitgesluit nie met die huidige losskakel van die Westelike Provinsie, Willem de Waal, wat ’n deel van Drotské se toekomsplan kan wees.
Die Vrystaat-breier het aan Volksblad onthul hy het voelers na “Generaal” De Waal as ’n skopafrigter uitgesteek. Dit kom nadat onderhandelinge tussen Braam van Straaten, ’n voormalige Bok-losskakel, en die Vrystaatse Rugbyunie nie uitgewerk het nie.
“Ek het met Willem gesels en hy beplan nou sy toekoms, aangesien hy ’n paar opsies het.
“As ons iemand aanstel, sal dit ’n bewese skopafrigter op Super14- vlak moet wees.
“Hawies het in vanjaar se Super?14-reeks groot welslae behaal en ons prestasie met skoppe was van die beste in die reeks.
Maar sy werklas sluit die afrigting van die agterlyn in. Ons sal dalk na ’n heeltydse skopafrigter vir juniors en seniors moet kyk.”
Sedert verlede jaar se Curriebekerreeks het Drotské twee veranderinge aan sy afrigtingspan aangebring.
Os du Randt is weens sy verpligtinge by die Springbokke nie vanjaar vir die Vrystaat as skrumdokter beskikbaar nie. Dan is Michael Horak, voormalige Engelse agterspeler, betrek om die Wit Tornado se verdediging nuwe byt te gee.
“Ek glo aan ’n stelsel waar verskeie afrigters vir verskillende aspekte van die spel verantwoordelik is. Ek het drie jaar in Londen saam met Michael gespeel en ken hom goed. Hy is passievol en energiek en kom met nuwe idees.
“Maar ons verdedigingspatroon bly dieselfde. Ons het al bewys ons verdedig in sekere wedstryde baie goed en staan geen drieë af nie. Daar is egter tye wanneer spelers intensiteit op die verdediging verloor en van die patroon afwyk.”
Hoewel Du Randt se afwesigheid ’n slag is, het Drotské self vroeër onder Rassie Erasmus se afrigting groot sukses as Vrystaat-skrumafrigter behaal. Hy probeer die leemte self vul wat Du Randt laat.
“Ons vestig baie aandag op ons skrums. In verlede jaar se Curriebekerreeks was ons uitmuntend in dié afdeling, maar in vanjaar se Super14 het ons gesukkel.
“Spelers besef ons gaan hard werk om weer soos in verlede jaar se Curriebekerreeks te kan skrum.”
Die Vrystaat se skrums sal binnekort deur CJ van der Linde versterk word.
Dié Springbokstut word toegelaat om dadelik ná vanjaar se Drienasiereeks vir die Vrystaat te speel.
Welslae in die CB-reeks
Die Vrystaat het sedert 2004 slegs in 2008 nie daarin geslaag om tot die Curriebekereindstryd deur te dring nie.
Verlede jaar se span het op pad na die eindstryd verskeie opskuddings veroorsaak en sodoende waardevolle ervaring opgedoen.
Baie van die vorige jare se sukses kan toegeskryf word aan losskakels soos De Waal en Potgieter – spelers wat met hul skopskoen kan dikteer.
Baie Vrystaat-ondersteuners wonder ná verlede Saterdag se verloorstryd teen die WP (met De Waal aan die voorpunt) of die Vrystaat vanjaar in Strydom ’n ware wedstrydwenner het om hierop voort te bou.
“Louis is ’n hoogs onderskatte speler. Hy het die afgelope twee jaar baie met beserings gesukkel en is nou die eerste keer fiks. Hy het in die Vodacombeker-reeks gespeel en doen die basiese dinge reg. Boonop het ons ook ’n speler soos Sias wat weer vir ons meer opsies op die aanval bied. Tussen dié twee het ek geen slapelose nagte oor die losskakelposisie nie.”
Kapteinskap van die Vrystaat
As Juan Smith weens Bok-verpligtinge nie die Vrystaat kan lei nie, watter ander kapteine kan Drotské oorweeg?
“Ons is bevoorreg om baie goeie leiers te hê. Ons het verlede jaar weens beserings heelwat spelers gehad wat die span met groot welslae gelei het.
“Strauss, Hendro Scholtz (flank), Meyer Bosman (senter) en Nico Breedt (slot) het almal gewys hulle het goeie leierseienskappe.”
Vrystaat in 2010
Die afwesigheid van 20 gekontrakteerde Springbokke uit die agt Suid-Afrikaanse spanne in vanjaar se ligafase van die Curriebekerreeks gaan ’n groot invloed hê op wie tot die halfeindstryde deurdring.
Drotské meen die afwesigheid van dié spelers bevoordeel die Vrystaters wat nou sonder verskeie beseerdes soos Strauss, Frans Viljoen, Van der Walt en Brüssow klaarkom.
Dié beseerdes neutraliseer egter effens die afwesigheid van die Bokke. “Indien jy die voorste 20 spelers uit ’n kompetisie haal, is dit logies die standaard sal daal.
“Ons spelers is gemakliker op Curriebekervlak en ons goeie rekord die laaste tien jaar gee die spelers meer selfvertroue.
“Die Blou Bulle, Haaie en Westelike Provinsie het genoeg diepte om altyd ’n faktor sonder hul Bokke te wees.
“Die Leeus het (soos Griekwas) geen Bokke verloor nie. Ál vier spanne behoort goed te vaar.”
Volksblad het reeds ’n versoek om ’n soortgelyke onderhoud met die Griekwa-rugbyafrigter gerig.
- Volksblad
Bosman back
Meyer Bosman returns to the Cheetahs side to face the Pumas in Witbank.
Bosman, who is returning from injury although he played off the bench last week, replaces Corne Uys at inside centre. Uys is out for three weeks with broken ribs.
Cheetahs – Hennie Daniller; Phillip Snyman, Robert Ebersohn, Meyer Bosman, Jongi Nokwe, Louis Strydom, Tewis de Bruyn; Ashley Johnson, Francois Uys, Hendro Scholtz, Barend Pieterse, Izak van der Westhuizen, WP Nel, Adriaan Strauss, Coenie Oosthuizen.
Subs: Skipper Badenhorst, CJ van der Linde, Waltie Vermeulen, Kabamba Floors, Tertius Carse, Sias Ebersohn, JW Jonker.
Daars hy boys, dis glo die span volgens http://www.keo.co.za Ek wil sê ek kan nie glo Naka speel bietjie die ander ouens nie, maar moes ook seker maar geweet het Naka & Kie gaan ons maar net ‘n vet klap in die gesig gee.
Sien Saterdag se wedstryd is op dieselfde tyd as die WP vs Griekwas wedstryd. Sal maar so af en toe inloer op die Cheetahs game om te sien hoe ons ‘bestes’ vaar.
Ons game word nie uit gesaai nie. Oor Naka se spankeuse sê ek liewer niks. Al wat ek wel gaan sê is Naka moet liewer nie beloftes maak aan jong spelers nie, want hy kom dit nie na nie.
NAKA: “Keep your words sweet because you never know when you have to eat it….”
CC, dankie maar maak net seker van jou tye ek wil nie he jy met die game mis met ‘n dag nie :-
Kobus, sal nie die game mis nie ry lekker vroeg Saterdag oggend Witbank toe.