Vodacom Vrystaat Cheetahs in regte ingesteldheid

Photo by Hilton Kotze/Rugby15

Photo by Hilton Kotze/Rugby15

Dit is duidelik dat die Vodacom Vrystaat Cheetahs daarop ingestel is om alles in die stryd te werp wanneer hul die Natal Haaie Saterdag aandurf in Bloemfontein. Anders as verlede jaar is die Cheetahs in ‘n veel beter posisie na die eerste paar wedstryde.

Die skedule was nie vriendelik teenoor die Vodacom Vrystaat Cheetahs nie met wedstryde teen die WP, Griekwas, Bulle en Haaie aan die begin van die kompetisie – maar slaag hul om Saterdag die knoop deur te haak, sal die Vodacom Vrystaat Cheetahs hul in ‘n baie gunstige posisie bevind.

Die wedstryd verkry ekstra belangrikheid met die beskikbaarstelling van Spingbokspelers. Terwyl die Vodacom Vrystaat Cheetahs vir CJ van Der Linde kan benut is dit die Haaie wat baie baat met Ruan Pienaar, Ryan Kankowski en Beast Mtwarira wat almal beskikbaar is.

Dit is duidelik dat die harde werk op die oefenveld positiewe tekens begin toon op die speelveld. Al is daar nog baie skaafwerk en ‘n tekort aan kliniese afronding, word daar behoorlike balbesit verseker. Volgens die statistieke op Ruggastats.com het die Vodacom Vrystaat Cheetahs 58% balbesit gehad teen die Bulle – nou moet hierdie balbesit in meer punte omgesit word!

Ander positiewe tekens is dat die vaste fassette en verdediging goed was teen die Bulle, en dat verskeie spelers met al meer selfvertroue begin speel. Hennie Daniller en Ashley Johnson is waarskynlik goeie voorbeelde. Veral Daniller lyk gevaarlik wanneer hy met spoed en krag in die agterlyn aansluit!

Dit is ook duidelik dat die reserwebank sterk is en dat die spelers werklik impak maak wanneer hul op die veld verskyn. Louis Strydom verdien ook meer krediet as wat hy dalk kry vir goeie taktiese skopwerk wat dit moontlik maak om weer kwalitiet besit te herwin.

Die afrigtingspan is opgewonde met die talent van Sias Ebersohn en verheug met sy kalm benadring in die laaste minute teen die Bulle. Daar is egter ook ‘n bewustheid van die gevaar om ‘n speler te vroeg onder geweldige druk van die publiek en media te plaas. Die Vodacom Vrystaat Cheetahs het die les geleer om altyd ‘n betroubare skopper te kies - en dit sal deurgaans ‘n belangrike oorweging wees. Daar word baie aandag gegee aan Sias Ebersohn om te verseker dat sy skowerk deurlopend akkuraat sal wees. Daar word behoorlik met Sias kommunikeer en hy sal binnekort in die begin 15-tal ook sy verskyning maak.

This entry was posted on Thursday, July 29th, 2010 at 11:30 pm and is filed under Guestwriter: 15. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

8 Responses to “Vodacom Vrystaat Cheetahs in regte ingesteldheid”

  1. blou bul Says:

    Ek stem glad nie saam nie.Dit is ongelukkig dat hier geskryf word dat die Sharks baat vind deur Springbokke in hulle span te kies.Dit is tog die manne teen wie Vrystaat in die super 14 speel.Vrystaat is mos dan nou n klein spannetjie wat moet wen terwyl die groot kannone by die bokke is,jammer maar as dit die houding is dan behoort Vrystaat nie in die super 14 nie.Sias moet gebruik word teen Sterk spanne om hom te slyp vir die super 14.Robert en Sias is ewe oud,hoe kan daar van die media gepraat word en hy is jonk ens.Chris B praat van toekomstige sterre,Sias is een van die sterre.Al die taktiese skopwerk wat nou so belangrik geword het,dat die bal glad nie meer by die vleuel uitkom nie se tyd is verby.Vrystaat se agterlyn het net 2 dinge.1 TAKTIESE SKOPWERK 2 Henni Danniler wat by die agterlyn inkom.Die verdediging is glad nie goed,as Juan Smith nie daar was Saterdag nie was daar probleme en groot probleme.

  2. Chris Says:

    Goed om te hoor dat daar gewerk word aan ‘n skopvoet vir die Cheetahs - dankie dat jul dit met ons meedeel!

  3. Jan kaalvoet Says:

    As die agterlyn sien daar is nie deurkomkans nie,wat van n “GRUBBEL” uit na ons vleuls,hulle het spoed,gebruik hulle.
    Hop die bal verkeerd en hy is uit wen ons darem veld.
    Ek se dit net oor ons met ons storm-vaslope nerens kom nie.Waar ons ook in n kans staan om die bal te verloor en te veel druk op ons voorspelers plaas.
    Sias lees n game mooi,kyk toe hy daai bal wyd uit-gespeel het.
    Nog n ding,hoe vinniger ons die bal agter die skrum weg kry,hoe gevaarliker het ons vertoon.
    Ons sit met beter agterlynspelers na baie jare,gebruik hulle.
    MOET OOK NIE DAT HULLE TE VEEL PUNTE AANTEKEN NIE,DAN WORD HULLE GEKOOP
    “Ons moet net daai beker vat”Stekte vir julle,dit loop mooi tot dusver.

  4. Norman du Plooy Says:

    Go Cheetahs, julle kan dit doen.

  5. Kobus Says:

    Bosman sal seker baie gou opkom om sy stampkar rugby te speel en die min kere wat hy die bal laat loop, ’skip’ hy die hele agterlyn met sy lang pass en sit Nokwe onder geweldige druk. JW moes daar gewees het en Bosman moes eerder die Griffons se game opneuk. Dit lyk my ook ons het in die siekte verval dat elke voorspeler veral, wat die bal het, selfsugtige rugby speel en alleen probeer met ‘brute krag’ deur die opponente se voorspelers probeer bars. Moet net nie dat die agterspelers die bal kry nie, o wee! Nee wat.

  6. Chris B Says:

    Ek lees in die Volksblad dat de Wet Ras sê ons senterpaar kan vandag die Haaie ore aansit omdat Lambie op senter te onervare is ? Ek wil nie graag sy bubble bars nie, maar die Haaie het ‘n bankvol voorspelers gekies wat ooglopend die Cheetahs se enigste sterk punt - ons vories - gaan aanvat. As die vories nie deur die Haaie oorheers word nie, en ons wel goeie balle agter kry, wat is die kanse dat oorle Tewis dit vinnig genoeg by die agterlyn gaan kry, en L.Strydom kan reguit maak om die res van die agterlyn van behoorlike balle voorsien ?
    Lambie, op enige posisie, is twee van Uys werd, en het ‘n volwasse attitude met ‘n puik rugby brein ( beter as F.Steyn ). Van ons senters kan net Robert se vermoëns met Lambie vergelyk word.
    Ek dink dat de Wet nader aan reg sou wees as Carse op skrumskakel begin het,Robert op binnesenter, P.Snyman op buitesenter en JW en Nokwe op vleuel. Met Sias wat, so gou dit nodig word, vir Louis vervang !

  7. Cheetah van Randburg Says:

    Kan iemand tog net ASSEBLIEF vir Naka D inlig dat Tewis ‘n totale waste is in die Cheetahs se span. Ek is stomgeslaan dat hy nog nie gepos is nie!!. Genade tog!!!.

  8. Chris B Says:

    Die span het eintlik dêm goed begin, selfs Tewis het gelyk of hy weet wat op die veld aangaan. Maar dit was eintlik so goed dat ons myle verder moes voorgeloop het.
    Juan se verlies was belangrik in die game, en behalwe dat Lawrence regtig opleiding nodig het oor die reëls by die afbreekpunte, het die ouens regtig hard probeer.

    Maar effort alleen is nie genoeg nie, en ek verwys maar net na my post hierbo - #6 - en sal maar sê ” I rest my case “

Leave a Reply

Spam Protection by WP-SpamFree