
Louis Strydom making the tackle Photo by Hilton Kotze/ Rugby15
Blue Bulls v Vodacom Free State Cheetahs
Venue: Loftus
Time:17h15
First Half :
2min: Blue Bulls 3 Vodacom Free Sate Cheetahs 0 Penalty for early tackle, Potgieter slots the penalty
8min: Blue Bulls 10 Vodacom Free State Cheetahs 0Try Derrick Kuhn after strong maul by forwards
12min: Blue Bulls 10 Vodacom Free State Cheetahs 3 Louis Strydom kicks penalty after strong running from Cheetahs and especially Daniller
23min: Blue Bulls 10 Vodacom Free State Cheetahs 3 Louis Strydom misses penalty kick
31min: Blue Bulls 13 Vodacom Free State Cheetahs 3 Penalty against Ebersohn for high tackle
34min: Blue Bulls 13 Vodacom Free State Cheetahs 6 Penalty against Bulls for slowing down / killing the ball…gives a first warning as well. Louis Strydom slots the penalty.
36min: Blue Bulls 16 Vodacom Free State Cheetahs 6 Penalty against Adriaan Strauss for not releasing
40min: Blue Bulls 16 Vodacom Free State Cheetahs 9 Penalty against Bulls for not releasing in the tackle
Half Time Blue Bulls 16 Vodacom Cheetahs 9
Second Half
44min: Blue Bulls 16 Vodacom Free State Cheetahs 12 Bulls not releasing ..no warning this time…Strydom slots the penalty
55min: Blue Bulls 16 Vodacom Free State Cheetahs 15 Penalty after 2 TMO decisions..and Bulls getting official warning.
56min: Blue Bulls 16 Vodacom Free State Cheetahs 15Potgieter misses penalty for Bulls
64min: Blue Bulls 23 Vodacom Free State Cheetahs 15 Try Watermeyer for Bulls
72min: Blue Bulls 23 Vodacom Free State Cheetahs 15 Bulls going for lineout instead of poles after penalty
76min: Blue Bulls 23 Vodacom Free State Cheetahs 18
80min: Blue Bulls 23 Vodacom Free State Cheetahs 25
CHEETAAAAAAAHHS!!!

Skipper Badenhorst celebrate last minute try Photo Hilton Kotze Rugby15

Cheetahs having team chat after defeating the Bulls

Baie geluk.Daar sal moet plek gemaak word vir Sias Ebersohn.Skitterende skop onder groot druk.
Well done!!! Ons wen nooit ooit in die laaste minuut nie. Dit was awesome! En griekwas het ook welverdiend gewen. Beign volgende keer asn vir Carse! Vandat hy opkom was dit ‘n ander span. Well done Tertius Carse en Coenie Oosthuisen! En o ja nauurlik mnr Smith!!
Geluk Cheetahs, dit was ‘n baie beter poging gewees. Net die volgende kommentaar.
Ek sal ‘n paar veranderings aanbring. 15 Dannillier, 14 J.W Jonker, 13 Phillip Snyman,
12 Robert Ebersohn, 11 Jongi Nokwe, 10 Sias Ebersohn, 9 Tersius Carse, 8 Ashley Johnson
7 Juan Smith, 6 Johan Wessels, 5 Dawid de Villiers, 4 Barend Pieterse, 3 W.P Nel,
2 Adrian Srauss, 1 Coenie Oosthuizen. Merk op dat ek nie ‘n lys van reserwes gee nie
maar dit kan wel later gebeur. Ek sal glad nie vir M. Bosman terug bring nie en ook
nie vir T de Bruin nie. Kyk vandag hoe het ons gesukkel totdat die reserwes op gekom
het, toe is daar ‘n enorme ommekeer. So asb afrigters kyk hierna en luister vir ‘n slag
na die ondersteuners se kommentaar
Awesome - That was great. Nerves were a bit on edge. Loftus must be very quite.
Well done Cheetahs!
Wel gedaan Cheetahs, wel gedaan.
WELL DONE MANNE, HAAAK VRYSTAAAT, dis n goeie weg wen….Ons speel nog bietjie te veel voorspelbare rugby veral as ons naby die oppenente se doellyn is te veel crush ball dis hoekom ons nie teen WP EN BULLE kon druk nie, en die oomblik toe jul net die game en rigting verander toe druk jul. JUAN jou besluitneming was goed en jy het n yster game gespeel…..Dankie manne ek begin my maandag sommer lekka, ek gaan al die BLOU VULLE op kantoor gas gee
Baie geluk aan onse Cheetah span wat karakter gewys het en teruggekom het en die VVe geklop het.
Bou hierop voort teen die Sharks (die manne wat ons so leeg koop). Bewys ‘n punt!
Naka moet asseblief die reserwes vroeer opbring, want hulle kort wedstryd tyd. Speel dan die reserwes die volle wedstryde teen die Luiperds en die Pumas.
baie geluk manne .Sias you beauty !!! Carse het n reuse verskil gemaak . Ek dink Tewis , Louis en ongelukkig Scholtz moet maar eerder vir Serenitas uitdraf . Maak plek v Carse, Sias met Rob op binnesenter en Phillip op 13 . Jonker op vleuel met Danhiller op 15 . Whitehead op die bank vir nou . Wil ook graag v Wessels speelkans gee . Voorspoed teen die Sharkies die naweek Hak Hak Vrystaat
Geluk. Dit was lekker om die Bulle te wen. Goeie spel Coenie.
Ons moet ernstig werk aan ons flair en ons spark - Nokwe moet meer geleenthede gegee word - hy kry die bal te stadig en dan is dit hopeloos. Dit lyk so 3% beter maar ek dink dit is omdat Bosman nie in die span is nie.
Ek dink ons staan te vlak met ons agterlyn en plaas onsself onder onnodige druk en maak ook dat ons nie ons spoed/momentum kan optel nie.
Dit is goed om te sien dat Sias speel - ek sien ook baie opwinding en trots raak in hom. EKt lanklaas so ‘n speler gesien. Hoop net nie dit is omdat hy nog nuut is nie!
Baie Geluk Cheetahs!! Hannes, ek stem 100% saam met jou spankeuse! Ek dink ons almal is dit eens dat Tewis de Bruyn se dae in die beginspan vir nou eers verby is. Carse het in 20min sy hand baie ernstig opgesteek en ons daardie kanse gegee om driee te druk, waar Tewis net te stadig is om deesdae daardie gapings te gebruik, en deur te breek. Selfs die kommentators het nie gedink ons gaan in 2 min naby die Bulle se doellyn uitkom nie, tot Carse daai uitstekende breekslag gevat het!! En alhoewel Louis nie sleg gespeel het nie, dink ek ook Sias verdien definitief meer as 6min per wedstryd!! Hy en Robert is a package deal, en die Vrystaat moet dit begin gebruik! As hulle Sias nie genoeg kans gaan gee nie, koop die Bulle of die Sharks hulle een van die dae uit!
Dit was nou ‘n game . Wel gedaan Cheetahs . Julle het weer gewys dat julle vir 80min rugby speel en het die Bulle op hul tuis veld ‘n les geleer .Julle moet nou net voortbou op hierdie sukse en julle sal sal weer in die eindstryd wees.
Goeie karakter gewys.
Waar is Phillip v/d Walt. Henro was altyd puik, maar ek dink self ons kort nuwe bloed. Tewis was dalk nie beter as Carlse nie, maar hy het puik verdedig.
Hennie de Niller speel tans PUIK!
Louis Strydom is bestendig op 10, maar ons kort meer as dit!
Hou so aan!
Naka sal moet seker maak Coenie se kontrak is reg want ek sien klaar hy gaan op geraap word deur ander spanne en die plaas vevangers was uitstekend Baie geluk vir die wen
Weet darem nie Chris, hy het al ‘n paar keer gespeel die laaste jaar, so ek twyfel of dit is oordat hy nuut is. Hy was nog elke keer wat hy gespeel so bol vuur gewees. In die eerste paar games laas jaar het hy bietjie droog gemaak omdat hy oorgretig was, maar ek het ook nie gedink hy verdien om uitgelaat te word nie.
Was ‘n baie goeie game. Sou nie eers omgegee het as die span verloor het nie. Was die eerste goeie, regte rugby, wedstryd in die laaste 4-5 weke (nasionaal en internasionaal). Was vinnig en balhantering was BAIE beter! Nice!
Baie interesant om die suur joernaliste se berigte te lees. Mens sou sweer die bulle het die wedstryd gewen soos hulle die bloues prys en die Cheetahs afbreek.
Maar dit is waar ons die span wil hê! Al goed @%$ vir die eenkantige media in ons land.
Hannes 3.Baie goeie span,ek stem saam met jou.Mense ek is n blou bul nie n cheetah nie,maar ek hou van die Vrystaat en al die goeie werk wat Vrystaat oor die jare vir SA Rugby gedoen het,daarom le Vrystaat na aan my hart.Saterdag se wedstryd baie geluk maar glad nie oortuigend nie.Wat kommerwekkend is,is dan Juan Smith n tackle uitvoer van die grond af opstaan en weer die volgende tackle uitvoer,en dit het gereeld gebeur.Ek sidder om te weet wat sou op verdediging gebeur het as Juan Smith nie daar was nie.Waar was die ander verdedigers?.Sias was onvoorspelbaar en het die bulle aan die raai gehad.Die Morne Steyn tipe rugby is verby,die ander span lees daai tipe losskakel spel soos n boek,nes Louis Strydom.Ek hoop nou Naka gee vir Sias n kans om te begin.Tewis het die basiese dinge goed gedoen en die agterlyn flink weggevoer.Ek kan nie eenkeer onthou wat die bal deur n voole agterlyn gebruik is nie.Vrystaat huidig het net 2 dinge wat die agterlyn probeer.1 Taktiese skoppe deur Louis Strydom 2 Hennie Danniller wat gebruik word om deur te bars en die spaane begin dit nou lees,dit is waarom die bulle se verdediging so goed gelyk het.
Baie baie geluk manne !!, maar julle kon baie verder gewen het as julle minder bal besit weg SKOP!! en as julle ontlae raak van tannie Tewis de Bruin !! Carse het ‘n groot verskil gemaak !!
Sterkte met Saterdag treen die Haaie !!
Ek is net so bly vir die wen, en baie geluk aan Juan en die manne. Ongelukkig is ons geregtig om ook te sê.. ” maar ons het julle mos gesê ” . Weereens is ‘n verloor in die doodsnikke gered deur dié spelers wat ons as ondersteuners gepleit het, in die span moes wees ! Met uitsondering natuurlik van Skipper B., wat toe uiteindelik die enigste “vleuel-pass” van die game ontvang het, en die nodige drie gedruk het.
Wat steeds uiters frustrerend en onrusbarend is, is dat Naka-hulle weier om dit te erken en reg te maak, en die feit dat nie een van ons vleuels een enkele pass in die hele wedstryd vanaf die agterlyn ontvang het nie. Alhoewel Nokwe ook maar bietjie moet opskerp, is dit belaglik om met soveel balbesit nie eenkeer ‘n bal, in spasie, by een van die beste vleuels in die wêreld te kry nie !
En wat nog slegter is, is die feit dat ons hierdie dinge waarskynlik weer gaan moet uitwys.
Nou praat ek te veel, maar ek het iets vergeet.
Al sou Naka al die veranderings in die span, en veral agterlyn, maak wat ons so voor soebat, is die kanse baie goed dat Hawies dit steeds sal opneuk, bloot omdat hy nie weet wat hy daarmee moet maak nie.
Baie geluk Cheetahs. Ek is baie bly oor die oorwinning. Sias het beeindruk. Hannes het goeie span op post no3. Bou so voort en hou die bal soveel moontlik in die hand
Skitterend CHEETAHS !!! Dit was LEKKERRRR !!!!
Tewis , moet jou nie steur aan van hierdie afbrekende en negatiewe kommentaar -
jou verdediging was uitstekend !!
Die groot pak Cheetah voorspelers kan ook gerus beter beskerming bied aan sy
skrumskakel - veral in die lynstane!
En aan al die wat so maklik kritiseer hier - ek glo dat géén CHEETAHspeler ooit
op ‘n rugbyveld draf om doelbewus swak te speel nie ! Ons as ondersteuners moet
die span ondersteun en nie net heeltyd afkraak nie !
GO CHEETAHS !!!!!!!!
Baie geluk my span.
Julle manne verdien hierdie oorwinning.
Hennie jy is darem net soos goeie rooiwyn ou maat - word net beter en beter.
Shrek Oosthuizen waar het jy hierdie spelpeil weggesteek? Mooi so!
Keppie Juan jy bewys weereens jy is beste oopkant flank in die wye wereld.
Jonge Sias jy gaan nog groot gaan.
Almal van julle was uitstekend.
Mens moet seker nie aan ‘n wenspan torring nie, maar Naka sal moet kyk na ouens soos Philip vd Walt, dat die groot unies hom nie opkoop voor hy nog kans gekry het om vir ons te speel nie. Nou dat Frans Viljoen uit is, het ons nodig om diepte te vind op Flank. Die Vrystaat het nog altyd van die land se beste Flanke ontdek in Andre Venter, Ruben Kruger, AJ Venter, Juan Smith, Heinrich Brussouw ens. Phillip kan nog ver gaan, en ons bestuur sal moet mooi kyk na hom. Betrek hom nou by die currie cup, dat hy reg is vir volgende jaar se Super 14.
Chris B - Hoor hoor! Wat jy se is die reine waarheid en ek hoef niks by te las nie!
JW Jonker saam met Nokwe asseblief!
Selfs die Volksblad weet dat Naka net sy eie kop (of is dit Hawie s’n)volg: “Dit voel nou of my harde werk vrugte afwerp en ek sal graag ’n Vodacom Vrystaat Cheetah wil bly,” sê Ebersohn.
Sy koel optrede onder yslike druk kon Ebersohn se loopbaan in ’n Vrystaat-trui verleng het, maar dit is onseker of Naka Drotské as afrigter maklik aan ’n wenresep gaan torring.”
WENRESEP?? Die man wil graag bly, maar moet met 5 minute se spel bewys dat hy goed genoeg is… Ek hou van Louis on mee te begin, maar as hy nie baie goed speel nie laat hy af en Sias op gaan. MOENIE wag tot 2 minute voor die einde nie, dit geld vir al die reserwes. Dit was ‘n absolute verloor resep TOTDAT Floors Sias Carse en Jonker opgekom het om die game in 4 of 5 minute te wen. Sonder hulle invloed SOU ONS VERLOOR HET, (of sou die spelers nou nog steeds nie wyd gespeel het nie). Ek het ook steeds ‘n pyn met Naka hulle se simpel taktiek om alewig iewers ‘n voorspeler, (hulle is veral lief vir die haker) op ‘n vleuel of senter posisie te he sodra hulle met die agterlyn aanval. Dit kom nou al lank en ek glo selfs Robert Mogabe het dit al agtergekom. Skipper was lucky om die bal te hou vir daai drie want ‘n voorspeler het nou maar een maal nie die skills om op volle vaart in die agterlyn die bal op spoed te hanteer en te doen wat ‘n senter of vleuel moet doen nie. As ek ‘n ou voorspeler in die agterlyn sien wil ek sommer my bierglas opvreet!
Johan Thormalien skryf op die blog dat ’n “opwaartse kurwe in die Vodacom Vrystaat Cheetahs se verdediging waargeneem word”. Dit is nou nadat Naka Drotske vir Michael Horak as nuwe verdedigingsafrigter aan die begin van die CB seisoen aangestel het.
Ek weet nie of ons verdediging ‘n opwaartse kurwe toon nie. As ons teen die bulle goed verdedig het sou ons mos nie minder drieë as hul gedruk het nie?
KObus (26) –> ek stem saam met jou oor die klomp voorspelers in die agterlyn. Dit is ‘n baie dom tipe rugby om te speel en ons kry nie juis drieë daarmee gedruk nie. Ons speel dieselfde tipe rugby as wat die Springbokke die afgelope 3 weke gespeel het en ons het nou gesien dat dié manier van speel ‘n beter “counter strike” het - en dit is hardlooprugby! Gaan kyk bietjie hoe die All Blacks, wat ‘n stadiger agterlyn het as die Springbokke, die Bokke gewen het met hardlooprugby!
Dit is jammer dat die Curriebekerspanne nie sterker is nie want dit maak dat die afrigters dink hul/ons is op die regte pad terwyl ons eintlik agteruit boer. Die Cheetahs onder Naka Drotske is veral bekend daarvoor.
Ek dink SA en die Cheetahs probeer nou om die nuwe reels wat die spel moet vinniger maak te manupileer om sodoende vir hul beter te pas MAAR ek die metode het in die Bokke se gesigte gebackfire en dit gaan met ons ook gebeur as die afrigters nie gaan luister nie.
Ons moet nou bou aan ‘n span wat in die S14/S15 kan goed doen. Spelers wat op daardie vlak moet kan goed doen moet nou genoeg speelkans kry en hul kontrakte moet goed angegaan word. Ek sal ook graag wil weet wie die kanidate is om by Drotske oor te neem aan die einde van die seisoen.
Hannes dis die agterlyn waarvoor ons lankal vra. As Naka net na ons wil luister sal al die ondersteuners se negatiewe kometaar soos mis voor die son verdwyn. Die agterlyn sal driee druk teen enige span.
Wel baie geluk aan die manne. Dis die eerstekeer in ‘n baie lang tyd wat ons gesin weer soos malgoed voor die TV rond gespring het.
Dit was lekker.
Naska gaan NIE na ons luister nie ! Elk geval nie voordat hy weer die grootste deel van die kompetisie opgeneuk het, en ons vanaf nowhere moet probeer inhaal nie. Dis nou al die kultuur by hierdie afrigtingspan.
En om dit te beklemtoon laat hy vir JW en Francois Uys dié komende naweek ( wanneer ons teen die Sharks weg moet speel ! ) vir die Griffons speel ? Dus gaan sy beter senter ( Snyman ) weer vleuel speel, en die een wat laas Saterdag vir hom die game help draai het, by die Griffons speel.
Is dit werklik wat Cheetah ondersteuners verdien ? Of hoe is dit dat ons dit vir soveel jare verdra ? Want verseker sou die bulle, sharks en WP lankal van hom, en die bestuur, ontslae geraak het, soos ons nou al gesien het.
23 Miello
Ek stem saam met jou oor Philip vd Walt, want binnekort gaan Juan weer diens doen vir die Bokke (lees VVe en WP), dan moet hy daar wees.
Ek wil my verbeel, dat as ek reg onthou, dat Philip tans beseer is.
Algemeen:- Stem dat ons reserwes se speeltyd ten minste 20-30 minute minimium moet wees en teen die Luiperds en Pumas moet hulle in die begin 15 tal wees.
Ek sien JW is alweer uit die span en by GRIFFONS..Magtig NAKA jou oggend en aand praaitjies verskil. Jy se jy wil momentum behou en nie torring aan n wenspan nie, het jy VERGEET dat JW deel was van die oorwinning oor BULLE, maar jul soek seke plek vir jul liefling MEYER wat herstel het en nou moet JW plek maak. Haal NOKWE uit wat meer n toeskouer is en wat se skerpheid en werksveringtinp bra up toe is..Jul maak n mens negatief met jul onregverdigheid en dan wonder HAROLD hoekom is die stadion leeg. HAROLD as jy lees ons vra net regverdigheid, dat spelers gekies moet word en in die beginspan sal wees oor sy spelpeil nie NAAM nie.
29 ChrisB en 31 JJ
Waar het julle die span gesien?
Moet ons alweer die span op ‘n ander forum/webtuiste sien en nie hier op ons eie webtuiste nie?
Ek sal net wil sien dat as n speler n af dag of in die 1ste 30min glad nie in die game is nie, en nou al 3 keer aangeslaan het, skop besit weg of teen ouens vas , mis tackles, besluitneming swak is dat so n speler vinniger vervang moet word en nie 3min voor einde nie, en ouens wat in die game is wat goed speel los die ou man, bv TAnnie TEWIS moes al die 2de helfde vervang gewees het, Phillip het n goeie game beleef maar hy word vervang deur JW terwyl NOKWE op bly, dit verstaan ek net nie, ouens wat hul kant bring moet af en die ouens wat aanjaag bly op en dan in die laaste minute dan wil NAKA hul vervang…..VERSTAAN NIE DAI NIE
NET NIE ALWEER BOSMAN NIE, GOEIE GENADE, SOU HY NIE OOK VERKAS HET NA DIE SHARKS OF IEMAND TOE NIE? MOET ASSEBLIEF NET NIE VIR CJ KIES NIE. ONS SOEK HOM NIE IN DIE SPAN NIE. ONS HET GENOEG STUTTE. HY IS OPPAD WP TOE LOS HOM DAT HY SOLANK SAAM MET RASSIE EN DIE ANDER GEWESE CHEETAHS GAAN OEFEN.
EK SE DIT WEER, EN SAL WEER DIESELFDE KRETIEK KRY, MAAR NAKA IS MOEDSWILLIG EN HARDKOPPIG (OF IS DIT HAWIE). HULLE SAL JUIS DIE SPELERS KIES WAT ONS WEET NIE GOED GENOEG IS NIE, EN SAL JUIS DIE TIPE RUGBY SPEEL WAT NIE VRYSTAAT HARDLOOP SPEL IS NIE EN HY SAL VOORSPELERS IN DIE AGTERLYN SIT EN HY SAL, HY SAL, HY SAL…. SEKER NET OM DIE ONDERSTEUNERS TE WYS EK IS DIE AFRIGTER, WAT EK SE IS WET, JULLE IS NET TOESKOUERS JULLE WEET NIKS, EK WEET BETER, EK SAL JULLE SPITE, EK SAL JULLE WYS, JULLE SKRYF MY NIE VOOR NIE….
(Arme Nokwe, weet julle dis nie sy skuld nie, hy kry net nooit die bal nie en wanneer hy doen, is wanneer hy geen spasie het nie want iemand anders het homself vasgeloop en slinger dan maar uit na Nokwe…)
Wat se julle ons maak soos die Nuwe Suid-Afrikaners en begin ‘n boikot aksie, deur alle wedstryde te boikot totdat die beste spelers en posisies gekies word?
Lyk my Editor is raadop met ons - Praat nie meer ‘n dooie woord hier op ons blog nie???
33 JJ –> Dink jy nie dit gaan oordat Tewis die enigste speler “van kleur” is vir die posisie nie? Dit was verseker die geval met Danwel Demas ook. Maar of daar nou kwotas is en of nou nie, Naka Drotske se besluite bly maar meestal dom.
Ek dink nie ons moet te emosioneel raak nadat ons die Bulle in Pretoria gewen het nie. Dit bly maar ‘n Bul-B/C span en ons het amper met ons volle S-14 eerste keuse span teen hulle gespeel. Ons het ook nie juis oortuigend teen die Bulle gewen nie en al wat die wedstryd so lekker gemaak het is die spanning wat dit opgewek het in die laaste paar minute.
Weet enigiemand wie dalk die leisels as afrigter gaan oorneem by Naka in Oktober waai? Ek wonder wat ek gaan doen as Naka as afrigter aanbly. As mens tussen die lyne lees lyk dit of Naka gaan aanbly omdat hy nou vir Michael Horak kontakteer.
Hy worry ook oor spelers se toekoms vir 2011! Dit beteken seker dat hy homself as deel van die VRU prentjie sien vir 2011!! Dit hartseer wees as Naka gaan aanbly en ek word sommer nou al naar om net aan die idee te dink.
Kobus 34 —> Dit wat jy sê is waar! Bosman en Van Der linde!!! Nou kry CJ geld vir ervaring wat hy gaan gebruik by WP!! Boonop gaan die WP versterk met “inside info” van die Cheetahs.
Bosman verswak ons agterlyn in terme van spoed en besluitneming omdat hy dimensieloos rugby speel en bekend is daarvoor om balle te verloor.
Ek kry ook vir Nokwe jammer! Hy is baie vinnig en kry nie geleentheid om sy spoed ten toon te stel nie! Dit is absoluut simpome van swak afrigting! Al waneer Nokwe se spoed gebruik word is met ons afskoppe dat hy bietjie druk op die balvanger van die oponente plaas - dit het een maal tot ‘n drie vir die Cheetahs teen die Bulle gelei maar Nokwe sou self baie meer driee gedruk het vir die Cheetahs as hul sy spoed gebruik met die bal onder die arm!
#35-Chris…Tewis se ma en pa sal nie juis ingenome wees as jy na hom verwys as ‘n speler ” van kleur” nie, want hy is nie.
Maar jy kan hom dalk wel “oorle Tewis of tannie Tewis” noem. Dit sal waar wees.
Ed, ek kyk nou al sedert Dinsdag uit vir die span se bekendmaking vir die komende naweek. Is dit moontlik om heel eerste die span op die Blog bekend te maak, voor ons op ander websites daarvan lees? Ek voel ons as ondersteuners wat gereeld die blog besoek, behoort eerste te hoor wanneer span bekend gemaak word, julle verwag immers van ons om Saterdae op die pawiljoen te wees, maar dan is dit tyd dat julle bietjie na julle ondersteuners ook begin luister en omsien.
Vervlaks mense, julle kan darem kla. Die span is nog nie bekend nie. Die news24 artikel wys na MOONTLIKE veranderings aan die span. Nerens kon ek die amptelike span nog te siene kry nie. Julle gee heeltyd vir Naka die skuld maar hoe op aarde kan die afrigters die spelers gemotiveerd kry as hulle so beledig word op die blog deur hulle sogenaamde ondersteuners? Ek stem nie altyd saam met die spankeuses nie, maar om beledigend en persoonlik te raak is glad nie reg nie. Ek het verlede jaar net so saam gekla oor Naka en kie en ek moes my woorde sluk toe ons in die finaal gespeel het. Ek het toe besef dat ek nie groter prentjie altyd raaksien nie. Hierdie jaar het ons beter begin as verlede jaar se 4 velore in ‘n ry, maar steeds is julle nie gelukkig nie! Word groot man!
Die mediakonferensie is op Donderdag, 29 Julie om 11:30 in die Raadsaal van die Konica Minolta AK-Volsteedt Saal, Vodacom Park.
Tydens die geleentheid sal die afrigter en hulp-afrigter van die Vodacom Vrystaat Cheetahs, die span bekend maak wat op Saterdag, 31 Julie 2010 teen die Sharks speel.
Guestwriter15 sal daar wees om die span te kry.
Normandp 39 —> Verduidelik vir ons wat is die groter prentjie wat jy nou glo raaksien agter CJ vd Linde se insluiting in die Cheetahs se span? - Volgens my gee ons wedstryd-ervaringaan ‘n goeie speler wat oor 6 maande ons opponent gaan wees. Verduidelik ook vir my hoekom ons nie driee druk met ons agterlyn nie?
As jy agterkom is jy self ook ‘n persoon wat kla. Jy kla oor ander bloggers wat volgens jou kla maar jy kan nie jou eie punt sinvol oordra sonder om maar ook te kla nie.
Op jou vraag oor hoekom Naka die heeltyd die skuld kry –> Naka het die Cheetahs se rugby te baie verander en dit lewer nie resultate nie. Ons hardlooprugby het ons in die verlede almal op hul tone gehad en selfs ons oponente en hul fans het van die manier gehou waarmee ons met die bal hardloop!
Toe verander die reëls om dis spel vinniger te maak maar Naka maak bloot die spel stadiger. Die Bokke doen dit tans ook en dit werk nie vir hulle nie…. hoekom sien jy dit nie raak in jou groter pretjie nie?
Tydens die Curriebeker het ons verlede jaar met momentum en redelik baie geluk deurgegaan na die semmis toe en die final darem gehaal maar toe begin ons die 2010 S14 met baie swak rugby met geen van die momentum wat ons gehad het weens die Curriebeker nie. Ons het ook bitter min spelers afgestaan aan ander unies en was die sterkste en mees ervare Cheetah-span nog ooit in die S14 maar toe ploeter ons weer rond en druk meer driee met ons voorspelers as met ons agterspelers - dit is mos nie posetiewe rugby nie?? Hoe pas dit in by jou groter prentjie.
Norman - in plaas van kla, verduidelik liewers jou “groter prentjie” aan die ander bloggers sodat hul miskien iets by jou kan leer?
KOBUS..CHRIS… Ek kry NOKWE ook jamer omdat daar nie n gameplan en strukture en rigting en n bietjie onvoorspelbare rugby agter gespeel word wat meer spasie vir NOKWE bewerstellig nie, maar NOKWE se werksverrigting is maar bra gemiddel vir n BOK, hy staan ook net aan sy kant wag dat als vir hom moet gebeur en dat hy n attitude het van ek is n vleuel ek moet net hardloop en driee druk…sy hantering is ook gemiddel sal laaik om die stats te kry hoeveel balle word na hom gepass en hoeveel slaan hy aan. CHRIS hy soek nie vir my werk nie, dek verdedigend of hardloop tussen senters in of so nie….sal nogsteeds JW bo hom kies…JAN PLANK jy kan op OFM.co.za se webside gaan hul is die borge van CHEETHAS, GRIEKWAS, LUIPERDS EN GRIFFONS en die spanne verskyn daar.
35 Chris
Ek hoor wat jy sê van die Bulle (Vulle) se B/C span, maar wat meeste mense (en veral die VVe en WP ondersteuners) nie besef nie, is dat ons Cheetahs ook 6 goeie spelers en Demas verloor/afgestaan het van verlede jaar. So ons speel ook sonder ons ‘Bokke’ (of ons top spelers), dan het ons ook ‘n wavrag beserings op die oomblik, waarvan ‘n paar langtermyn is.
39 Normanp
Ek is self een van dié wat eerder kritiseer as om erkenning te gee. Ek sien niks fout met opbouende kritiek, dit is orals aanwesig in ons lewens. Die lewe sonder kritiek is soos om jou kinders sonder roetine en dissipliene groot, want dit GAAN deel wees van hulle lewens.
Hier is ook mense wat maklik erkenning gee, so hier is ‘n goeie balans op dié forum. Geniet/lees albei en gooi weg waarvan jy nie hou nie.
Jy voel seker eensaam om die enigste ‘volwasswene’ te wees tussen die ‘kinders’.
Normandp die span is lankal bekend.
Die Vrystaat-span is: Hennie Daniller, Philip Snyman, Robert Ebersohn, Corné Uys, Jongi Nokwe, Louis Strydom, Tewis de Bruyn, Ashley Johnson, Juan Smith (k), Hendro Scholtz, Barend Pieterse, Izak van der Westhuizen, WP Nel, Adriaan Strauss, Coenie Oosthuizen. PLAASVERVANGERS: Skipper Badenhorst, CJ van der Linde, Waltie Vermeulen, Kabamba Floors, Tertius Carse, Sias Ebersohn, Meyer Bosman.
- Volksblad
Sien jy nou waaroor kla ons?
Manne norman is reg ons het laas jaar hierdie tyd 1 of nul gehad, nie heeltemal seker so ons het nou 9 so ek stem saam met bitter min wat Naka hulle doen maar kom ons gee hulle tot Oktober want sonder springbokke behoort ons 1ste of 2de te kom op die log dan het hulle seker hulle doelwitte beryk.
Editor of enige iemand
Ek wil net graag weet oor Frans Viljoen want die burger in die Kaap het gese hy is uit vir die res van die jaar maar ek sien niks op die “site”
45 - Phillip - Frans is uit vir 8 maande, hy het sy haksening geskeer, sien die artikel van die Volksblad: http://www.volksblad.com/Sport/Rugby/Viljoen-agt-maande-uit-20100720
Jan Plank - watter ses spelers het ons afgestaan? Ek kan so vinnig dink aan Fabian Juries, JL Potgieter en aan beserings het ons Lionel Mapoe, Frans en Heinrich verloor.
Ek stem saam met jou dat ons redelik spelers verloor het maar Fabian Juries en JL Potgieter was nooit hier om permanent hier rugby te speel nie. Ons het ‘n redelike ervare span aan die begin van 2010 gehad en dit is waarom Naka gereken het ons die semmi’s kan haal - harde terugslae het ons getref maar ons het ervaring daarmee opgebou wat nie maklik gekoop kan word nie.
Dankie vir die terugvoer op my post. Daar is niks fout met opbouende kritiek nie, maar om ‘n speler “suster” of “tannie” te noem hoort op die laerskool speelgronde. Hoe sal julle voel om so genoem te word op die Internet? Wat ek bedoel met die “Die groter prentjie…” verlede jaar begin met 4 verlore in ‘n ry - almal skree vir Naka se kop … ons speel in die finaal. Watter van julle het vir Naka en die spelers omverskoning gevra vir al die beledigings wat julle uitgedeel het aan die begin? @Jan Plank ek gooi die weg wat ek nie mee saamstem nie, maar… onthou van die spelers wat persoonlik aangeval word lees ook hierdie blog. Ek hou dit ingedagte. @Stef die span is amptelik vanoggend bekend gemaak, ek sal dit nou nie juis “al lankal” noem nie. @Chris CJ is ‘n gekontraktueerde speler vir die Cheetahs, ek is seker hulle kan hom maar seker gebruik aangesien hulle hom redelik baie betaal, boonop is hy ‘n Springbok wat sekerlik waarde sal byvoeg tot die span. En na die afgelope 3 weke dink ek die Springbokke is al die wedstryd oefening nodig wat hulle kan kry. Ek is jammer as ek iemand te na gekom het met my woorde, dit was nie my bedoeling nie. Ek het baie respek vir almal op hierbie blog se rugby kennis, ek voel net ons moet dalk ‘n bietjie matigheid gebruik wanneer ons mense persoonlik aanval. Maak geen fout nie, ek was ook maar bly toe Demas weg is :-).
Norman du Plooy (48) –> Ek dink dat die ouens maar vir Tewis “Tannkie” kan noem. Hel dit is nou mos maar net ‘n bynaampie. EK self het hom nog NOOI so genoem nie maar dit is ook nie net op die blog waar hulle hom so heet nie. Ek onthou nog hoe hul vir Brendan Venter “Balerina” genoem het omdat hy so getrippel het as hy bal ontvang het. Byname is snaaks en sal altyd deel wees van veral die Suid-Afrikaanse samelewing wat grappe maak oor enigiets.
Oor erkenning –> ek het ‘n goeie geheue en kan goed onthou dat almal lof gehad het vir die Cheetah span ASOOK vir Naka nadat ons deurgedring het tot die CB-finaal laas jaar. Ek kan nie dink hoe daar verskoning gevra moet word as daar heftige kritiek gelewer word op baie swak resultate nie soos in verlede jaar se CB nie. Dalk is dit al die kritiek, opbouend en afbrekend, wat die afrigters en span laat sien en voel het dat dit belangrik was om beter te vaar.
Ek is hard teenoor Naka en Hawies met my kritiek want die Cheetahs oortuig nie onder hom/hulle nie en ons dra geen kontinuiteit oor vanaf ‘n Curriebeker finaal na die S14 nie. En ons verloor spelers en geld as gevlog van swak opgestelde kontrakte…. en ook nog die hardlooprugby ding.
Oor CJ vd Linde is elkeen maar geregtig op sy eie opinie. Ek voel net dat CJ oorsee sy rugby speel en sy geld verdien. Nou kom hy Suid-Afrika toe omdat die Pieter De Villiers hom in die Bokspan wil gebruik en om hom nou wedstryd fiks te hou val hy sommer by die Cheetahs in vir tyd en wyl. CJ het nie gekom om vir die Ceehtahs te kom speel nie! Hy gaan anyway die Cheetahs verruil vir die WP volgende jaar…. sien jy nie dat die prentjie bietjie skeef is nie? Ons het nie ‘n stut probleem nie en ons hoef nie agteroor te buig vir spelers net omdat hulle Springbokke is nie. As CJ so graag dan moes wedstryde agter die blad kry kon hy vir sy toekomstige span, WP, gaan speelhet..
@Chris, soos jy se is elkeen geregtig op sy eie opinie. Naka seker ook. Ek dink net daar ‘n groot verskil tussen byname en slegsename. My boodskap wat ek oorsponklik wou oordra is dat dit lyk of die Cheetah ondersteuners met niks tevrede is nie. Verlede jaar het ons sleg begin en goed geindig (met dieselfde afrigter). Nou het ons goed begin, maar steeds kla ons. Ek hoor nooit dat bv die Bul ondersteuners hul afrigter en spelers openlik kruisig soos die Cheetah ondersteuners doen nie. Ek persoonlik stem ook saam dat Sias op losskakel en Robert op binnesenter moet speel, maar Naka hulle sien dalk iets raak wat ons nie sien ne. Ek dink ons moet almal erken dat ten spyte aan gebrek aan resources doen Naka-hulle tog nie ‘n te slegte job nie en verdien dalk nie al die kritiek wat na hulle toe kom nie.
Ons het nie so ‘n gebrek aan resources soos wat jy dink nie - ons sit op ‘n goudmyn van goeie spelers wat ons net moet begin gebruik en beskerm. Ek dink dat met die beskikbare hulpbronne kon ons beter gedoen het veral in die S14 en ons kan die Sharks harde pak gee as ons agterspelers gaan hardloop teen hulle.