Vodacom Free State Cheetahs vs Blue Bulls
15. Hennie Daniller
14. Philip Snyman
13. Robert Ebersohn
12. Corne Uys
11. Jongi Nokwe
10. Louis Strydom
9. Tewis de Bruyn
8. Ashley Johnson
7. Juan Smith
6. Hendro Scholtz (C)
5. Barend Pieterse
4. Izak van der Westhuizen
3. WP Nel
2. Adriaan Strauss
1. Coenie Oosthuizen
Replacements:
16. Skipper Badenhorst
17. Kobus Calldo
18. Waltie Vermeulen
19. Kabamba Floors
20 Tertius Carse
21. Sias Ebersohn
22. JW Jonker
Free State u.21 vs Blue Bulls u.21
1. Schalk van Merwe
2. Frank Herne
3. Marchell van der Merwe
4. Gavin Annadalle
5. JC Astle
6. Hanno Pieterse
7. Fanie van der Walt
8. Boom Prinsloo
9. Piet van Zyl
10. George Whitehead
11. Robbie van Schalkwyk
12. Earl Snyman
13. Hoffman Maritz
14. Cameron Jacobs
15. Kholo Ramashala
Replacements:
1. Deon Gouws
2. Henri van Niekerk
3. Phillip van der Walt
4. Dirk Wessels
5. Inus Kritzinger
6. Franna du Toit
7. Alec Mlanga
Free State u.19 vs Blue Bulls u.19
15. Riaan Britz
14. Nicolas Steenkamp
13. Hanro Louw
12. Leon van Straaten
11. Adriaan Fransman
10. Lucien Ruiters
9. Pieter Rademan
8. Egbert Ras
7. Jean Cook
6. Francois Harvey
5. Wilson Kaapama
4. Ockert van Zyl
3 . Stephan Kotze
2. Elandre Huggett
1. Petrus Coetzee
Replacements:
16. Michael van Vuuren
17. Werner van Zyl
18. Carl Wegner
19. Brendon Groenewald
20. Daniel Cronje
21. Neul Menezes
22. Frederick Ras

Lyk goed , net jammer Tannie Tewis is nog daar . Spelers uit posisie , en Wessels is beter as Scholtz . Baie bly Straus is terug asook Barend Voorspoed manne , julle kan dit doen !!!
Tannie Tewis? Ouma Tewis!
Ek sal daar op Moftus wees om te sien hoe ons daardie Blou Bulle tot Vlou Vulle reduseer!
Lekker daar in die gemak van ‘n losie.
Hierdie wedstryd is die enigste een wat ek waag om op Moftus te kom met my Cheetah trui aan!
Bly om te sien JW is ook in die 22 tal.
Meyer Bosman beseer? Of is hy totaal en al gedrop uit die 22 tal?
Nie ‘n groot Corné Uys aanhanger nie, maar die mense wat hom teen Griekwas sien speel het, sé hy het ‘n goeie wedstryd gehad.
Ek kla nie, maar is MEYER beseer of het HAWIE uit eindelik sy voet neergesit… AS DIT die geval is…. HAWIE jy het 2 voete my maat die ander voet moes jy met TANNIE TEWIS neergesit het….Net 2 agterspelers? CHRIS… EK sal laaik om SIAS op 10 te sien…. weet jy of hy n betroubare skopvoet het pale toe, ek nie so seker nie, dalk die rede hoekom LOUIS op 10 bly, LOUIS kan skop AS HY AAN IS DIE DAG.. Ek sien STRAUSS begin, miskien n goeie ding as hom van die bank te bring, ons het gesien met die BOKKE n swak begin kos jou n wedstryd en teen BULLE het jy n goeie begin nodig voorlangs. SCHOLTZ pla my nog in die beginspan bo KABAMBA. Ek sou SKIPPER vervang het met n agterspeler JW OF WHITEHEAD en hardloop rugby speel en as dit moet ASHLEY op haker inspan, ekstra losvoorspeler. NOU JA WIE EN WAT IS ONS NIE RUGBY KENNERS NIE NET RUGBY ONDERSTEUNERS.
WOnder nogal hoekom Scholtz kaptein is? Dink julle nie Straus is ‘n beter kaptein nie?
Ja ja baie beter! Hoekom hendro kaptein? Sou vir floors wou laat begin. Eberson met uis omruil. Steeds - ek dink ons gaan die bulle pakgee! Sal ‘n lekker verjaardag geskenk wees vir my! Bly JW het ‘n plekkie ten minste op reserwe… Ek kan weer op superbru vir my span stem. Dankie tog geen Bosman. Hardloop die bulle deurmekaar asseblief cheetahs, en as julle rustyd voor is MOENIE ophou speel nie, hardloop NOG meer! Ons is agter julle…
80 minute van dieselfde rugby as in die eerste helfde tee Grikwas en ons het hom. Hou die bal uit hulle hande uit.
SORY TOE EK BLOG OOPMAAK HET WAS JW NIE DAAR GEWEES NIE, JA MAGTIG BLY DIE OUKIE IS DAAR ASB GEBRUIK HOM NET HY HET NOG NOOIT OF BITTER MIN TELEURGESTELD, SOU WITHEAD IN SKIPPER SE PLEK GEKIES HET
Wat gaan aan met Naka en Hawie op grond van wat word suster De Bruyn bo Tertius in die begin span gekies ek het gelees in n onderhoud met Hendrik Cronje hoe hy hom self regverdig oor die toestand wat Vrystaat rugby hom in bevind en hy is die joke van die jaar.
Sam ek stem klein Wessels is strate beter maar ek glo nie hy is een van die afrigters se vrinne nie hulle mors met die mannetjie ek glo dat Strause n groot verskil gaan maak en sterkte aan hom.
Ek glo ook dat JW moet meer speelkans kry en eerder in begin span wees as op die bank maar ja wat sal n man verder se.
Sterkte aan ons team moenie worry nie julle sal ons team bly!!!!!!
Vir Vrystaat rugby hoop ek Vrystaat gee die bulle n groot pak slae,want die bulle sonder die bokke behoort Vrystaat n punt te maak en dit is dat hulle in die super 14 hoort.Sonder die bokke in die currybeker is dit soos n vodacom wedstryd.As Vrystaat nie oortuigend wen met 25 of meer nie,dan moet daar groot ondersoek ingestel word na die stand van sake in Vrystaat rugby.Stem saam oor Tewis,en as Hawies weer in n koerant of op die blog praat van taktiese skoppe dan gaan ek my naam moet verander na”PUKE” toe,weet of hy net van een ding weet en dit is taktiese skoppe,of het hy nou heeltemal vergeet van taktiese HARDLOOP RUGBY.As almal dan wil skop hoekom dan nie die grubber of kort skoppie oor die manne se koppe soos Helgaart Muller gemaak het.Ai manne wat het van onse Vrystaat rugby geword?
JJ - ek weet nie van Sias se skopvoet nie maar hy kan nie veel swakker as Louis skop nie. As Louis in die span is oor sy skopvoet dan sal ek nou begin huil van moedeloosheid want Louis se skopvoet is waarskeinlik die onvoorspelbaarste wat ek nog ooit gesien het vir enige nr 10. Ek dink ons losskakels moet meer oefen… dit is die enigste manier hoe om beter te word… ek weet party mense het bietjie meer talent pale toe MAAR soveel uitstekende suksesvolle mense wat briljant geword het in iets soos darts, snooker, skyfskiet, gholf ensovoorts praat alyyd van hoe hard jy moet oefen.
Ons hoef net na die voldgende paar slagspreuke te kyk om tot die gevolgtrekking te kom dat daar nie genoeg tyd en oefening gegee word aan stelskopwerk in die Cheetah kamp nie:
* “We are what we repeatedly do. Excellence then is not an act but a habit” -Aristotle .Ook so gese:
* “Excellence is an art won by training and habituation. Excellence then is not an act but a habit”
* “The more I practice the luckier I get” - Ernie Els
* “Practice make perfect” - Anoniem
Is bly om veranderinge aan die agterlyn te sien want dit kan dalk net beteken dat ons dalk gaan begin hardlooprugby speel maar as dit nie die geval is nie, is die Ebersohns nie geskik vir die tipe rugby wat ons probeer speel nie. Ons speel tans die tipe rugby wat dit die moeite werd maak om 15 stutte as agterspelers te gebruik…
JJ#7 - jy verwar my bietjie…Whitehead is die 0/21 loskakel, hy’s nie ‘n haker nie, en die ander Whitehead speel by die WP ?
Ewenwel,daar is nie pille vir hardnekkige dom-astrantheid by afrigters nie. Ons deel mekaar se sienswyses ( pyn ) oor hierdie span van ons. Ons gaan die bulle en die sharks nog speel sonder hulle “bokke”, dus moes ons nou die toekomstige sterre begin speelkans gee. Dis ‘n gatslag met F Viljoen wat nou vir die res van die seisoen weer uit is !
Maar as mens die fiaskos met Demas,Bosman,S.Badenhorst,Tewis en selfs C.Uys in gedagte hou, begin ek al meer glo dat nie Naka of Hawies na die videos van die games kyk nie ( of dit verstaan nie ? ), of enigsins meer oor ‘n video ontleder beskik nie.
Saterdag se span moes so gelyk het :
Huidig Moet wees
15. Hennie Daniller - Hennie Daniller
14. Philip Snyman - J.W Jonker ( Eintlik ook ‘n senter, maar met meer ervaring op vleuel as Snyman )
13. Robert Ebersohn - Robert Ebersohn
12. Corne Uys - Phillip Snyman ( is ‘n SENTER verdomp, en het dit laas Saterdag weer duidelik genoeg bewys ! )
11. Jongi Nokwe - Jongi Nokwe ( Hy sal net moet begin wakker word tydens wedstryde !)
10. Louis Strydom - Louis Strydom( maar net omdat sy skopvoet nodig is. S.Ebersohn moet so gou moontlik permanent by hom begin oorneem, en G. Whitehead moet begin opskuif na die Snr.span )
9. Tewis de Bruyn - Tertius Carse
8. Ashley Johnson - Ashley Johnson
7. Juan Smith - Juan Smith ( moes ook Kaptein gewees het ! )
6. Hendro Scholtz (C) - K.Floors
5. Barend Pieterse - Barend Pieterse
4. Izak van der Westhuizen - Izak van der Westhuizen( in die afwesigheid van D.de Villiers )
3. WP Nel - WP Nel( maar moet sy sokkies begin optrek )
2. Adriaan Strauss - Adriaan Strauss
1. Coenie Oosthuizen - Coenie Oosthuizen
Replacements:
16. Skipper Badenhorst - Is daar regtig niemand anders nie ?
17. Kobus Calldo - Kobus Calldo ( nie juis ander keuses nou nie )
18. Waltie Vermeulen - Waltie Vermeulen
19. Kabamba Floors - Boom Prinsloo
20. Tertius Carse - T. de Bruyn
21. Sias Ebersohn - Sias Ebersohn ( maar kry te min speelkans om te sien of hy sal “shape” )
22. JW Jonker - Corné Uys.
My beskeie mening, maar op grond van die spelers se ervaring, vorm en vorige resultate, nogtans ‘n sinvolle een ?
CHRIS B…. Nee ek weet WHITHEAD agterspeler. Wat ek bedoel ek sou WITHEAD uit o/21 uit haal hom teminste op die bank geplaas het dis n veelsydige ou, loskakel, vleuel, heelagter en hy sou my meer bied as SKIPPER op die bank wat net haker speel, ASHLEY kan ook haker speel as dit moet en STRAUSS afhaal indien nodig ASHLEY HAKER en dan vir WESSELS of so na flank skuif. MY gameplan sou hardloop rugby wees en WHITEHEAD sou ek beslis gebruik het..SKIPPER is net daar om STRAUSS te vervang maar ASHLEY kan dit ook doen, so hoekom nie SKIPPER vervang met n nog n agterspeler nie, en hardloop rugby speel, die BULLE agterlyn erg ontwrig met al die BOKKE UIT, SO VAT HUL DAAR AAN…MY OPINIE… sorry vir verwarring dis reeds erg dat die afrigters ons verwar …..THANX CHRIS VIR JOU MENING..WAT JY SE IS ONS HET N MO@RSE PROBLEEM EINTLIK OP 10,
11 Chris B
As julle praat van George Whitehead, is hy nie eerstens ‘n heelagter, wat ook vleuel kan speel nie?
Vrystaat het nou die afgelope dekade bewys dat hy suksesvol is in die Currybeker,daarom sou ek die jaar gebruik het op n super 14 span te bou vir die toekoms.Daarom sou my agterlyn soos volg lyk
15 Danniller
14 Jw
13 Robert
12 Snyman
11 Nokwe
10 sias
9 Piet van Zyl
16 Whitehead
17 Goosen van Grey College(ek weet hy is op skool so what)
18 Carse
JP, jip, maar duidelik kan hy ook losskakel speel met die dat hy hierbo wys as die losskakel van die o/21s.
ChrisB, stem nogal saam met jou span, behalwe dat ek Ebehrson op 12 en Snyman op 13 sou hê.
Ek vermoed die enigste rede hoekom hulle aanmekaar vir Uys kies is omdat hulle die ervaring in die agterlyn nodig het.
JJ, ek sou ook vir Sias die eerste keuse losskakel maak, veral met daai Jordaan lat wat oor so 2 jaar die wêreld aan die brand gaan speel. Probleem is net, Sias moet nou besluit of hy Sharks toe wil gaan of nie. Help nie ons spandeer al ons tyd om ‘n speler vir die Sharks reg te maak nie.
Waarna ek nogal uitsien is Boom Prinsloo op 8 en Egbert Ras op 7 oor so paar jaar. Heinrich Brussow hoort sekerlik dan nog ons eerste keuse 6 te wees.
JJ — Ja - ek dink ons het ‘n groot probleem op 10. Ek dink die belangrikste ding wat ‘n nr 10 moet kan doen is om stelskopwerk te doen - enigiets daarna is ‘n bonus. Ek dink nie ‘n losskakel moet gemeet word aan die hoeveelheid punte wat hy aanteken nie maar eerder aan hoeveel punte hy gemiddeld per wedstryd verbrou.
Ons kort ‘n spesialis stelskopper en as ek die VRU se bestuur was sou ek De Waal se salaris twee maal hoër gemaak het om hom destyds te behou.
Dalk kan ons vir Naas Botha betaal om vir ons ‘n stelskopper “op te lei”… hy sal seker nie so baie vra as mens die skopper een maal per maand opstuur na gauteng toe vir ‘n dag se skoplesse nie?
Naka - bring assaelief hardlooprugby terug en hou op slegs met voorspelers ruby te speel.
Nokwe - ek dink jy moet probeer om, soos Habana, meer ingestel wees op die onderskep pogings. Dit sal lekker wees om te sien dat jy jou spoed en vermoëns daarvoor kan aanwend.
Tewis - Kry daai bal vinniger by die agterspelers
Louis, Corne, en Philip - paas die bal vir ‘n agterspeler in die agterlyn en vergeet van Naka planne. Julle ouens het spoed wat nie gekeer kan word nie. Die sterker spanne gaan nie voorspelers soos Coenie in toom hou en sy krag gaan nie baie beteken nie. Die geskiedenisboeke het dit al oor en oor bewys dat jou agterspelers die meeste drieë druk en moet druk.
Gron
Jy’s reg oor no’s 12 & 13. Ek het dit per ongeluk omgeruil hierbo.
JJ
Ek sou net wou gehad het dat ons ‘n ordentlike plaasvervanger op haker moes gehad het. Daar is genoeg talent in die agterlyn as die kombinasies reg gebruik word, maar die game teen die bulle moet voor gewen word as die agterspelers wil perform. Oor die No. 10 posisie is jy 2000% reg, ons het ‘n moewiese probleem. Wat gaan Naka maak as Louis skielik beseer word halfpad deur die kompetisie, en hy geen ander losskakel voldoende speel ervaring laat opdoen het nie ? Wat my g@t se deksel is, is dat spelers soos L.Strydom al baie lank wys dat hulle nooit sterre gaan wees nie, en tog word hulle gekoop ( en ons eie sterre sit op die bank en speel nie genoeg nie ), terwyl ‘n ou soos J.L.Potgieter laat gaan word sonder ‘n struggle, terwyl hy klaarblyklik ook nie juis so gelukkig by die bulle is nie, want hy trek nou al weer Sharks toe, maar sien nie kans om terug te kom Vrystaat toe nie ? Intussen laat ons groot potensiaal op verskeie posisies op die banke sit, wat hulle g@tvol maak en ander weivelde laat soek.
My vraag is: Watter deel van hierdie basiese vereistes om ‘n professionele outfit te bou en te onderhou verstaan die Vrystaat se bestuur en afrigters nie. Veral as in gedagte gehou word dat die hele SA weet dat die Vrystaat so oorloop van natuurlike rugby spelers, dat ons eintlik nooit spelers van ander unies HOEF te koop nie ? Die feit dat ons net soveel spelers verloor het wat elders rugby sterre geword het, lank voordat geld in die prentjie gekom het, bewys dat ons, ons bestes spelers eerstens NIE a.g.v. geld nie, maar a.g.v. verkeerde behandeling en bestuur van ons spelers verloor ! Daar is net geen visie of logiese denke by die Vrystaat nie !
15 Gron
Jammer ek het dit gemis
17 Chris
Hoekom moet ons Naas gebruik, as ons ‘n De Wet Ras het of bly hy nie meer in Bloem nie?
Met die huidige verdedigingslyne en -tegnieke (soos bv die WP), soek ek eerder ‘n losskakel en ‘n no 12 wat hulle spel kan afwissel en die teenstanders aan die raai kan hou, maw slim speel. Die losskakel moet kan selektief en aanvallend kan skop, af en toe die lyn self breek, af en toe die bal teruggee aan sy ondersteunende voorspelers, soms ‘n skoppie oor loods oor die teenstanders (wat opskiet verdediging toepas) se koppe en dan ook sy lyn vinnig wegstuur.
Die binnesenter moet ook sy spel kan afwissel en ook kan doen wat ek van die losskakel gesê het. Voeg net so af en toe ‘n ‘grubber’ by.
Laastens moet jy net ‘n goeie stelskopper hê, dit hoef nie die no 10 te wees nie, maar as die losskakel dit ook kan doen, dan is dit reg.
Blou bul baie interesante agterlyn daai van jou. Ek sal nogsteeds wil sien dat Robert op binne senter speel.
CHRIS B…Stem heelhartig saam oor die BESTUUR en spelers wat verlore raak voordat geld n issue is. Daarom val ek nie meer vir die ewige afgesaagde verskonings van GELD GELD GELD, EN GROTER UNIES. VRU is die kweekskool van BOKKE, maar n gebrek aan kundigheid en onderskeidingsvermoe en swak sisteem maak dat hierdie oukies verlore raak en n MAATSKAPPY soos die BULLE kom raap hul op want ons houding is daar is nog baie tyd, hul moet maar deur die ranks kom en dan sal ons kyk, ons ploeter eers voorts met hasbeens…Man ek weet ondervinding is n faktor bv. JACQUES FOURIE is goud werd as wat EBERSHON vir die BOKKE nou sal wees, maar as JAQUES begginne krake wys sit dan vir EBERSHON in en bou n span op. NAKA moes nou al bou vir super 14, want die ouens met sogenaamde ondervinding speel soos hul…g…te man. Miskien weet NAKA hy gaan waai so hoekom bou met span, en vir oulaas kies hy sy pelle
Jan Pank (19) - Ek weet De Wet Ras het in Universitas gebly so 20 jaar terug maar ek weet nie waar hy nou bly nie… Editor,, weet jy dalk? Al wat ek probeer sê is dat dit die moeite werd sal wees om goeie opleiding te kry vir jou stelskoppers. Selfs Jannie de Beer kan help - solank daar net iets aan gedoen word want daar is nie ‘n opwaartse kurwe te bespeur aan enige van ons stelskoppers se vermoëns pale toe nie.
Of enige speler maar kan pale toe skop weet ek nie mooi van nie want ‘n stelskopper moet BAIE oefen - as jy nie stelskopwerk oefen nie gaan jy baie min en onkonsekwent skoppe oorsit. Ons skoppers word dikwels so erg deur die lugdruk beinvloed dat ek gereel wonder of dié ouens ooit die lug gaan toets voor ‘n wedstryd?
Ek hou van die idee wat jy het rondom ‘n losskakel wat moet kan aanval en aansluit en slim speel MAAR ek hou meer van die idee dat jy ‘n spesialis skopper en stelskopper moet hê wat nie eintlik in die kontaksituasie moet ingaan nie sodat hy die balle oor die kantlyn kan sit as ons onder druk is en tussen die pale deur kan jaag as ons op die aanval is.
Daniller is volgens my die beste lynskopper in die span tans MAAR hy is ‘n heelagter en dit beteken dat sy posisie VAS is. LOSskakel (die woord) vir my beten dat die speler “los” moet/kan wees van die spel om sodoende die oponente se lugaanval te lees en teenaanvalle mee te beplan. Naas Botha en tot ‘n mindere mate Andrew Merthens het dit uitstekend gedoen. Naas het baie keer reggekry om te gaan staan presies waar die oponente die bal pobeer uitskop en dan het ons veld gewen. Naas was altyd deur sy span beskerm omdat hy so goed was met die voet.
Dalk moes ek in my vorige pos gesê het dat die losskakel goeie lynskoppe ook moet kan doen. Wat ek by wil uitkom is dat ons ‘n losskakel moet hê/oplei wat spesialiseer in skoppe en skopwerk. Ek sê glad nie dat ons elke bal moet skop nie - ek probeer bloot sê dat as ons moet skop - gee die bal vir die losskakel en laat hom doen wat hy opgelei is om te doen. ‘n Aanvallende losskakel werk nie (volgens my) so goed nie. JL Potgieter was redelik aanvallend maar dit het ons baie min in die sak gebring. Hy was te veel in die agterlyn betrokke en het spasie agter die losskrums gegee vir die oorchip skoppie wat ons dikwels op die agtervoet geplaas het en in die CB eindstryd vir die Bulle ‘n drie beteken het.
PS - Die nuwe reëls van rugby is onder andere gemaak om die spel vinniger, meer vloeiend en meer aanskoulik te maak as vroeër. Ek was nogal baie opgewonde toe die nuwe reëls uitgekom het omdat ek gedink het dat dit die Cheetahs se styl sou pas maar die soos ons almal weet het dit nie. Dink julle dalk dat die nuwe reels die spel mooier gamaak het? As jy my moet vra sou ek sê dat die reels die spel stadiger gemaak het vir agterspelers en vinniger gemaak het vir voorspelers…
Ek het gehoor Willem de Waal is klaar vasgemaak in bloem van begin 2011 af. Ek het dit by ‘n bekende en belangrike in die binnekringe van Cheetah rugby gehoor. Iets om na uit te sien.
Gerhar 23 —> Uitstkende nuus. Die beste nuus nog sedert ek gehoor het van Demas wat uit is. Nou wag en net om te hoor dat Naka die Springbokke gaan afrig of gaan skoolhou!!
Ek stem eintlik nooit saam met n blou Bul nie maar hou van Bloubul se roep van Goosen op die bank.Kyk na sy skoppe pale toe gister teen die Engelde.
Chris B -Daai span is DIE span! Ek’t gehoor De Wet Ras het geemigreer na New Zeeland.
Bloubul, verander tog maar jou naam na iets meer Cheetahrig, jy’s tog geen bloubul nie man! En o ja, asseblief, dis Curriebeker en nie currybeker nie - dankie. Lyk my die Editor praat nie meer hier nie….. Bosman is seker maar beseer want dink julle dan nou wragtig dat Hawies hom uit sy eie vrye keuse sal uitlaat? Ek se steeds ons groot afrigtings probleem is dalk nie Naka nie maar Hawies. Ons probleme het begin toe Naka hom gaan haal het by Boland. Hy ken nie hardloop rugby nie en is die “Demas” van afrigters. Steeds glo ek ons gaan die bulle fyntrap vandag, (mits ons hardloop rugby speel…)
Gerhard ek hoop jou bron oor Willem is betroubaar
Chrisbe en al my geleerde vriende.Jy slaan die spyker op die kop,ek het net nooit die regte woorde gehad om te se wat ek bedoel niel.Jou stelling van ons koop spelers wat nie sterre gaan word nie is tog so waar.Daarom te hel met die curybeker,gee Sias n kans en al die jong manne wat die potensiaal het om sterre te word n kans en slyp hulle vir die toekoms.En dan het jy vergeet van Groot Flip van der Merwe wat nou vir die bokke speel wat volgens Naka nie goed genoeg was om n Vrystaat trui oor sy kop te trek nie.Paul Jordaan wat vir Grey speel betrek hom nou al,het Frans Steyn nie op 19 jaar super14 vir Natal gespeel nie.Robert speel al baie vir Vrystaat en hy kan dan n senior roll vertolk.EN as Naka Meyer wi speel,hy is n losskakel nie n senter nie,en ek glo hy sal blom as losskakel nes Honiball destyds.
28 BB (of is dit Cheetah?)
Patrick Lambie het ook op 19 vir die Sharks S14 gespeel. So kan ‘n mens baie opnoem.
As jy goed genoeg is om te speel, dan is jy oud genoeg!!
Miskien is dit net Naka hulle wat dit nie verstaan nie?