Nico Breedt vir ses maande uit

Nico Breedt, sal as gevolg van ‘n nek besering nie vir die volgende ses maande vir die Vodacom Vrystaat Cheetahs beskikbaar wees nie. Die dokter het aanbeveel dat Nico gedurende hierdie tydperk aan geen rugby of kontak spel mag deelneem nie. ‘n Verdere besluit oor sy toestand sal oor 6 maande geneem word.

This entry was posted on Monday, July 19th, 2010 at 12:36 pm and is filed under Uncategorized. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

12 Responses to “Nico Breedt vir ses maande uit”

  1. Normandp Says:

    Ek is nou verward, Nico was dan nie in die match 22 Saterdag nie, waar en wanneer het hy seergekry?

  2. Gron Says:

    Normandp… oefening?

    Sterkte Nico.

  3. Gron Says:

    Nico, voor jy gaan, gee net vir Meyer ‘n klap teen die kop. Hoeveel keer het ons nie al gepraat oor sy ’skip-passes’ wat verkeerd loop nie?!? Ja, dit is ‘n goeie ‘tool’ van Meyer, maar die opposisie verwag dit almal!

  4. Louis Nortje Says:

    Op news 24.com se hulle hy gaan sy stewels ophang??

  5. Gron Says:

    Hulle hardloop weer vooruit. Die offisiële nuus was dat hy oor 6 maande saam met sy dokters sou besluit of hy sy stewels moet ophang.

  6. Normandp Says:

    Thanks Gron. Ek het op keo.co.za opgetel dat hy tydens oefening seergekry het. Dis nogal ‘n jammerte.

  7. Quinton Says:

    Dis n jammer en dit gaan erger word vir die Cheetahs want oor so twee weke is Juan weer terug oppad Bokke toe en die Bokke het hom nou nodig, die boy wonder Flo het gedink hy stap in toets rugby met n’ rep maar ek is jammer om te se my maat, daar is net een Springbok Nr. sewe in die land, nou ek se nie Flo is nie n’ goeie speler nie maar op daai vlak is Juan onvervangbaar. Ons het weereens die naweek gesien hoe Juan vir Naka goed laat lyk en Brussuow is nog een wie ons baie mis, sy herstelling voel of dit vir ewig gaan aan hou.

  8. Pieter Says:

    Is al die beserings nie ‘n vingerwysing dat die spelers verkeerd afgerig en geoefen word nie. Iets word verseker verkeerd gedoen.

  9. Jan Plank Says:

    Ek verstaan dat Frans Viljoen ook beseer is in ‘n oefening. Moontlik 8 maande uit. Kan iemand dit dalk vir ons bevestig?

  10. Gron Says:

    Kan wees Pieter, maar dit lyk of die probleem tans by al die spanne is. Miskien is dit maar die lang S14 reeks, maar ‘n oplossing moet gekry word!

    Quinton, stem saam, maar gelukkig is A Strauss terug. Dit lyk of hy dieselfde invloed op die span het as Juan. Frans Viljoen was ook veronderstel om oor 2 weke terug te wees, so ek hoop nie Jan Plank is reg nie.

  11. Pieter Says:

    Jan is Reg. Hy het ‘n hakskeen sening in die oefening beseer en is 8 maande uit

  12. steven Says:

    ek is so bekomerd oor al di beseerings.het ook gehoor baie spellersis ni volgende seisoen beskibaar ni.ek wil weet wi verlaat ons en wi is nuwe aanwinste

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree