Hello bloggers
Jammer die span is bietjie laat - het gewag om te hoor of daar dalk nog veranderinge gaan kom - met die dat Meyer dalk uit is - maar Naka sê hulle sal eers teen Vrydag weet of Meyer kan speel of nie.
Tot op hede is die span dan as volg:
15. Hennie Daniller
14. Corne Uys
13. Robert Ebersohn
12. Meyer Bosman (ok)
11. Bjorn Basson
10. Naas Olivier
9. Sarel Pretorius
8. Phillip van der Walt
7. Juan Smith (k)
6. Hendro Scholtz
5. Barend Pieterse
4. Izak van der Westhuizen
3. WP Nel
2. Skipper Badenhorst
1. Wian du Preez
Plaasvervangers:
16. Ryno Barnes
17. Coenie Oosthuizen
18. Waltie Vermeulen
19. Davon Raubenheimer
20. Marnus Hugo
21. Riaan Viljoen
22. Louis Strydom

Blykbaar is Bosman beseer- Nou wil slimmes vir corne uys op senter speel- sou dit nie beter gewees het om Eberson op 12 en die puik Snyman op 13 met George Whitehead/ Wilmarie louw op vleuel nie. Uys is te stadig vir vleuel en was maar treurig laas week . terwyl elke keer as Whitehead aan die bal geraak het was daar moeilikheid . Tenminste is Demas nogie nie in die span v Saterdag nie . Mede Bloggers stem julle saam met my senter keuse , hierdie sou die ideale game gewees het vir Eberson en Snyman . Sterkte cheetahs !!!
Geen demas!!!!
Ons kan dan n krieket score opsit!!!!
Sal vir Walti,Riaan in beginspan wil he en Robert op binnesenter
SAM…Ek stem saam
Stem 110% saam met Sam en Tier. Ek dink Naka en kie is net harde kwas . Speel julle eie game manne.
Sterkte
Sterkte aan die manne hou net kop en ons behoort die een ook te vat moet wakker wees dat die Lions ons nie laat struikel oor die laate hekkie nie en dan begin ons uitsien na die Currie Cup.
Walti is uitstekend en sal ook graag vir Robert op binnesenter wou sien. Uys is beslis nie ‘n vleuel nie.Salenige van die volgendes daar speelnl: Louw, Snyman of JW
As Bosman beseer is gaan Robert binne toe?want toe Bosman laas af gekom het,het Uys binne toe geskuif,ek voel net Robert moet n’ kans kry op binne senter dit is waar hy hoort.ek wens net naka en hawies wil wakker skrik met die senters dit is ook moeilik om te glo daar is geen demas nie.
Nog een ding,weet iemand of die harley’s by die NW stadion gaan wees?
Ons sal vir Hano Vermaak en Spencer kombinasie moet onder druk sit.
Die bal afsny by Spencer en dan sal Chavanga ook goed dopgehou moet word.
Uys is darem n beter tackler as daai demas (se nou ook nie juis iets nie)
Ek hoop hulle het Chavanga goed ontleed hierdie week want die welpies gaan hom beslis gebruik en hy is n spelskepper soos min…….. (Check maar Spencer se eerste drie teen Blues)
Tackle, tackle, tackle. Eerste keer tackle!
Hardloop hulle stukkend - Hou die bal in hand.
Boys! as julle die een weggooi skop ek persoonlik elke liewe een van julle se g@tt&!!!!!
Sam(1), dankie vir jou goeie “negatiewe” kommentaar. Jy is 100% reg, ek is so bly dat 90% van ons dieselfde “negatiewe” dinge kan raaksien! (As dit dalk nie vir die 10% “positiewes” was nie, het ons ook dalk nou in Soweto gespeel” Dit lyk my Snyman is nie op die mense se gunsteling lysie nie, sorry. Rassie sal hom seker ook maar later gebruik. Ek hoop ook nie hulle sluit ‘n beseerde Bosman in die groep in nie, sou se hulle moes Louis op losskakel in die beginspan gesit het, want hy is op vorm en hulle moenie hom ook nou uit posisie speel as reserwe nie. Die “verlore” seun Viljoen is juis daar vir sy vermoe om in enige van daai posisies te speel. Riaan, jy kry binnekort weer kans by die Griekwas, vasbyt!
Op ‘n meer “positiewer” noot, Spikkels(2), ja enige span is verseker beter af sonder ‘n Demas in sy huidige swak swak vorm, en ek dink die Leeutjies bibber aan die gedagte dat hy nie daar is om hulle te help nie.
Tier(3): “Ditto!”
Mense ons moet geduldig wees, dit het ‘n hele S14 seisoen gevat om van die Kroonprins (DD) ontslae te raak en die game plan (wat die bloggers van na die tweede S14 wedstryd vanjaar voorgestel het) te implementeer.
Ons het ook gevra dat die senterpaar Robert (12) en Snyman (13) moet wees in Bosman (wat intussen darem so 65% van sy vorm herwin het) en Lykswa Uys (wat darem so af en toe beseer was en vir Robert speelkans gegee het, al was dit in die buite senter posisie).
So nog ‘n seisoen of twee, as die jongmanne (soos Snyman, ens) nog nie pad gevat het nie, dan behoort ons die regte span te hê!
Ons het oor Sias ook gepraat, maar sy spel het agteruitgegaan. Myne sou seker ook, as niemand meer vertroue in my het nie en ek gerudiseer word tot die reserwebank van die VC span. Gaan hy ons regtig verlaat vir die Sharks of is dit net ‘n ‘rumour’?
HI Quinton
Die Harleys gaan daar wees.
Groete
My Curriebeker span sal so lyk :
15. Hennie Daniller
14. JW Jonker
13. Robert Ebersohn
12. Meyer Bosman (ok)
11. Jongi Nokwe
10. Louis Strydom
9. Tertius Carse
8. Phillip van der Walt
7. Juan Smith (k)
6. Johan Wessels
5. Waltie Vermeulen
4. Izak van der Westhuizen
3. WP Nel
2. Adriaan Strauss
1. Wian du Preez
Plaasvervangers:
16. PW v Vuuren
17. Coenie Oosthuizen
18. Philip Uys
19. Hendro Scholtz
20. Piet v Zyl
21. Sias Ebersohn
22. Philip Snyman
Goeie more manne . Ek sien ons almal so te se stem saam met Ebersohn en Snyman. Editor baie dankie v jou geduld en antwoorde - As jy vandag jou 15 tal op die veld sit, wie sal dit wees ?
Nou toe, die super 14 is amper verby en die vrystaat bestuur beskryf die seisoen as n sukses . Nou moet ek erken ek is baie bly ons eindig nie weer laaste nie , maar 10de uit 14 ( best case scenario) is niks minder as pateties nie . gegewe die talent in Bfn en Kimberley behoort die streekspan baie beter te doen . Vrystaat rugby het n nuwe bestuur en agrigtingspan nodig . ek kannie glo die bestuur se die super 14 was n sukses nie . n Verbetering ja maar moes baie beter gewees het . Spankeuses in my opinie as n lojale ondersteuner wat voor die Tv met my cheetah trui en n KOUE bier sit en skree en wat in die super 14 meer gevloek het as gejuig het . alle sterkte aan die spelers. Julle het my volle ondersteuning. jammer oor die negatiewe post , maar waarmee is ons as ondersteuners tevrede ?
Amper bliksem ek van die stoel af oor Demas nie daar is nie.Sal seker daar wees as Bosman nie speel nie.Wil die Spears hom nie persent he nie.
Hi Sam - my top 15… is dit nou vir Curriebeker of Super 14 en met of sonder beserings
Al rede hoekom die bestuur tevrede is tot op ‘n mate, is omdat dit die Vodacom Cheetahs se beste super 14 seisoen tot op hede is, maar hulle is natuurlik nie heeltemal tevrede nie en natuurlik kan mens net verbeter. As ons hierdie jaar hoër eindig as verlede jaar, kan ons mos volgende jaar net nog beter wees….
Ek hoop met die Curriebeker seisoen gaan ons weer al die ondersteuners honderd persent tevrede stel, maar Sam tot dan sê ek baie dankie vir jou ondersteuning - waardeer dit baie.
Editor , jy het darem n baie beter systap as Demas LOL . Uys pla my op vleuel , ek is seker die plaaslike manusipaliteit is vinniger as hy . .
Jissie Editor , jyt n beter systap as Demas LOL
Eks bekommerd oor Uys op vleuel , ek dink die plaaslike munisipaliteit is vinniger as hy ..
Kobus as ek so na jou Currie Cup span kyk lyk dit heel goed en ek glo so n span kan goed bou vir die seisoen voorentoe hoop net die bestuurspan kan dit regkry om weer die guns van die ondersteuners te wen sodat al die negatiewe dinge begrawe kan word wat in die Super 14 gebeur het en ons n moerse currie beker reeks sal he.
Kobus jou voorspelers is in die kol maar ek sal Meyer op die bank sit en Robert op 12 en Phillip Snyman op 13 sit. Moet nie van Boom en George vergeet nie
Sterkte
KOBUS (13)…..sal n paar verandering aan jou span bring…..WHITEHEAD in HENLIER uit…… SNYMAN/GOODS in MEYER uit……SKIPPER in PW v VUUREN uit…..NICO BREEDT/ DE VILLIERS in SCHOLTZ uit….JANDRE BLOM in..PIET v Zyl uit…. My kop se 1 ding my hart n ander ding oor saterdag se game, op wie sit n ou jou geld….my hart bly n VRYSTATER maar my kop se DICK MUIR gaan NAKA uit oorle met n gameplan….Ek glo ons bas is eintlik gered as MEYER onttrek en UYS gaan senter toe as vleuel….. as WAULMARE vleuel toe gaan soos HAWIE se en nie porselein pop DEMAS wat as n verrasing gekies gaan word oor 1 of ander rede nie, kan ons die LIONS met VRYSTAAAAT rugby agterlangs klop…My probleem is nogsteeds SCHOLTZ, die afbreekpunte bly n belangrike aspek, en WIKUS e BAYWATCH GROBBELAAR is dodelik en SCHOLTZ is te stadig daar.. Selfde met BAREND sou WALTIE gebruik het….ek dink dit gaan n vinnige tempo game wees veral van die LIONS se kant af met JANO wat vinnige tikskoppies by strafskoppe gaan neem as pale toe gaan aanle en watch out vir JANO en SPENCER hier en dis hoekom ek SCHOLTY/BAREND sou drop….maar sterkte JUAN…….hoop jul doen goed..
ai, ek kani glo dat die ding waaroor ek die meeste opgewonde is, is dat demas nie in die span is nie. dankie tog iemand het na ons gebede geluister! Ook nie te seker oor Uys op vleuel nie, veral as daar nog jong manne is wat n kans verdien in die posisie.
maar dit maak nie saak nie - demas is uit!!!
Cheetahs!!!
20 Rocky en 13 Kobus,jy slaan die spyker op die kop.Ek “like” die span
21 JJ,kyk weer mooi na Kobus se span en Rocky se byvoegsels,jy moet nie vir name gaan nie,hou hulle dop deur die jaar en kies die wat op vorm is.
Sterkte Juan en jou CHEETHAS!!!!!!!
Kobus nie sleg nie,net Barend Pieters behoort daar,Vrystaat het weer begin dryf en beter geskrum vandat hy weer slot is.Moenie sy waarde onderskat nie.Hy is vanaf die Chiefs stryd weer na slot geskuif en dit was van daardie wedstryd ak dat die voorspelers hulle stempel weer begin afdruk het.
Het julle ouens geweet Rory Duncan speel vir OP.Hoekom het vrystaat hom nie gekontrakteur nie.Hy was mos n yster en hy is nie oud of oor die muur nie.
JJ - Ja dis goeie skuiwe. Ek stem natuurlik saam dat as Bosman eerder uit is ons ‘n baie beter kans het. Is JANDRE BLOM nie nou by Boland of iewers nie? Wat het van Bevin Fortuin geword? Hy het soveel potensiaal gehad. Kan hy nie op ‘n manier weer betrek word nie? Dit wil my mos voorkom dat hy gebreek is toe ons hom vir ander spannetjies “geleen” het?
Blou Bul , ek hoor jou . Maar met Pieterse , De Villiers , Walti Vermeulen en v/d westhuizen lyk ons goed op slot . Ek is bietjie bekommerd oor ons losskakel veral as Sias sharkies toe gaan . Ons kan n baie giftige agterlyn saamstel vir die seisoen a demas en de bruin nie gekies word nie .
Editor kan jy nie bietjie reel dat al ons bloggers een game kan saam kyk in n losie nie , sal lekker wees om mekaar te ontmoet. Ek sal allie pad van JHb afkom vir dit .
Die Cheetahs moet my net nie teleur stel more nie,ek ry al die pad Welkom toe om die game te gaan kyk.
Op daai noot wie van julle gaan more game toe?
JJ los die ou manne nou uit.Kontrakteur die jong manne wat wil speel. Dit gaan die unie minder geld !wat hulle so baie oor kla! kos en dan kan hulle drie of vier baie goeie spelers koop. Bestuur fondse doeltrefend
Sterkte
25 - blou bul —> Ek het nie geweet Rory is terug in SA nie! Hy is regtig ‘n wonderlike kaptein en speler. Ek onthou nog hoe hy die gote Bismark du Plessis getackle het dat hy vir ‘n ruk op sy g@t sit en wonder of hy verder wil speel!
Rory het in Japan clubrugby gespeel. Hy behoort fiks te wees!
Editor –> Kan jy seblief hoor by die afrigters oor Rory - ons kort hom defnitief terug!
Dink hierdie spelers kan vir ‘n goeie wedstryd sorg:
15.Daniller/Whitehead
14.Nokwe/JW
13.Snyman/Uys
12.Robert/Meyer
11.Mapoe/Ramashala
10.Strydom/Sias
9.Carse/Piet van Zyl/Gerrie Odendaal
8.Viljoen/Jonhson/Boom Prinsloo
7.Juan/Phillip v.d. Walt/Francois Uys
6.Heinrich/Jonhson/Kabamba/Johan Wessels
5.Waltie/Barend
4.Izak/Nico Breedt/ Dawid
3.WP/Caldo
2.Adriaan/Skipper/PW
1.Wian/Coenie
Hoekom die Cheetahs die beste altyd vir laaste los, verstaan ek nie. Baie geluk aan die span asook die bestuur en afrigtingspan. “You stuck to your guns” ten spyte van al die kritiek en hier het ons die resultate! Ek wonder hoe sou ons posisie gelyk het as die nie vir die kritiese beserings was nie.
Hi Sam
Dink ons moet def. as daar genoeg belangstelling is, ‘n plan maak.
Groete
Sam,nou praat jy.De Bruin is stadig,daar sal beslis n skrumskakel gesoek moet word.Ek wonder of JP Joubert nou voel hy het n fout gemaak om weg te gaan.Die leeus gebruik hom nie.
JJ jy wou nie maar die hele Shimlaspan gekies het nie?
Bloubul ia jy seker nan Rory Duncan?
TIER / ROCKY NEE HENG MANNE JUL VERWAR MY SO BIETJIE….Ek haal dan reeds die ou manne en kies nie ouens op naam nie maar op vorm soos HENLIER kies KOBUS ek verkies WHITEHEAD (jong speler goeie rugby in vodacomcup gelewer) KOBUS het MEYER ek sou PHILLIP(jong) OF GOODS (op vorm) bo MEYER kies.. verder dink ek NICO/DE VILLIER sal my meer bied op die bench as oupa SCHOLTZ, verder is ek met KOBUS oor sy keuses….KOBUS ek mag dalk verkeerd verstaan maar sover ek weet is JANDRE geleen aan SWD maar VRU kan hom terug kry enige tyd en ek sal dit al lankal gedoen het. JOHAN MAARTENS my ou maat dis waar ons talent le by die klubs ek stem nie net by SHIMLAS nie, in bloem het ons mooi talent my seun speel self koshuis en ek kyk elke vrydag aand en ek kies liewer SHIMLA SPELERS wat se bloed bloeie vir STATES as n hasbeen van n ander provinsie.
Mapoe het vir die sharks geteken , Ebersohn broers is ook op pad sharks toe . Volgens Sias is hy frustreerd want hy kry nie speelkans bydi cheetahs nie .
Nou ek kan hom nie kwaalik neem nie - Die “bestuur” kon nie eens v die belowende speler tyd gee op Vodacom vlak nie . Ons het reeds op losskakel n probleem .Maar die “bestuur” het v Lionel Cronje verloor ( SA o21 speler v d jaar 2009)en ook v Eberson rond . robert word uit posisie gespeel sou ek dink hy is ook gatvol . Ons ook v Flip vd Merwe verloor . nou as Cheetah Rugby my Besigheid was sou ek baie meer gedoen het om my bates(jong spelers) te beskerm en ten volle te ontwikkel . Dit lyk eerder vir my of Vrystaat Rugby probeer om Saambou aandele/ hasbeens te versamel . Adminastateurs maak julle oe oop - julle is besig om cheetah rugby te verwoes . Nou kla julle die unie het nie geld nie - Dis geen verbaasing dat julle nie geld het nie want julle weet nie hoe om julle bates te behou nie .Ek voel jammer vir die spelers - maar vir swak beplanning en besigheidsideale het ek geen simpatie voor nie . Nou wonder julle hoekom is die stadion leeg …want julle het al die opwindende spelers wat ons wil sien rond gedonner en deur julle vingers laat glip .
Jammer oor die negatiewe post , maar ek is nou gatvol vir wanbestuur in Cheetah rugby
Dit is vir my skokkend om te sien wat aangaan met die bestuur van die Cheethas en ek stem saam met Sam die klomp se besigheids vernuf laat hulle defnitief in die steek dit of is hulle plein weg onnosel of is dit net dat hulle nie besef wat aangaan in Bloem met die spelers wat daar gevestig is.
Ek het 2 naweke terug Grey se onder 19 span teen Boys High Paarl gaan kyk en as jy na die span kyk en sien hoeveel provinsies sal hulle voortande gee om van daardie spelers te koop kan ek nie glo dat die Vrystaat iets omtrent die jong talent te doen en dit in Vrystaat te hou want ek glo meer as 10 van daardie span gaan opgeraap word deur ander provinsies.
Ek vra weer dat Mnr Verster uit sy gemak sone kom en ons ondersteuners se wat beplan hy vir die Vrystaat vorentoe of werk hy maar net aan sy pensioen asb Mnr laat weet ons die ondersteuners van n span wat seker een van die grootste rugby fabrieke in die land is wat is jou visie.
Ek sien Demas is op pad Italie toe. Baie ondersteuners sien dit seker as “goeie nuus”.
hi editor sal graag n game wil kyk was nog nooit da in bloem en ek ls seker mypa sal n plan maak as j vir di bloggers n losi kan kry cheetha groete van uit hazyview . my pa is kobus myburgh
ek dink ons het n goei span wat die wp gaan trap .Dit gaan lekker wees om weer boere sport te kyk die sokker ws lekker mar dis nou genoeg