
Die Vodacom Cheetahs is nie tevrede met 3 oorwinnings nie – en gaan alles in die stryd werp om die volgende 2 wedstryde ook te wen! Dit is die boodskap van Naka Drotske by vanoggend se media geleentheid by Vodacompark.
Die media verteenwoordigers is te woord gestaan deur Naka Drotske , Hawies Fourie en Sarel Pretorius. Dit was lekker om ook vir Sarel, die Speler van die Wedstryd die afgelope naweek by hierdie geleentheid te sien en ‘n paar vrae te rig. Sarel het bevestig dat hy maar te bly is om ‘n geleentheid te kry en ook vir die vryheid wat hy van die afrigters ontvang het om sy natuurlike spel te speel!
Die Vodacom Cheetahs is genoodsaak deur beserings om weer ‘n paar veranderinge aan die span aan te bring. Die beserings aan Frans Viljoen en Jongi Nokwe maak die deur oop vir Phillip vd Walt en Corne Uys, terwyl WP Nel weer terugkeer vanaf ‘n besering en daar ook ‘n geleentheid gebied word aan Skipper Badenhorst.
Die Vodacom Cheetahs is baie tevrede met goeie dissipline gedurende die Super 14 – met net 2 geelkaarte [tydens dieselfde wedstryd] en minder strafskoppe as die meeste ander spanne. Hierdie goeie dissipline sal ook gehandhaaf moet word eerskomende Saterdag teen die Western Force. Die Western Force beskik oor sterk hardlopers met bal in die hand - en daar word ook aandag gegee hierdie week aan die een-op-een verdediging!
Die afrigters het beklemtoon dat die Vodacom Cheetahs nie sal versuim om die bal lug te gee met hardlooprugby nie – en dat daar weer gepoog sal word om die bal te beskerm deur fases. Die afrigters is deeglik bewus van die sterkte van die Force – en die onlangse oorwinning oor die Crusaders het duidelik onderskryf waarom dit belangrik is om deeglik voorbereid op die veld te draf!
As “Guestwriter” het ek dit op myself geneem om met Hawies te gesels na die onderhoude oor die spelpeil van Danwel Demas. Ek maak myself oop om gekritiseer te word meer het besluit om hieroor te skryf en die antwoorde te gaan haal. Dit is wat ons blogger soek – en wat ons gaan kry!
Dit is ‘n aangeleentheid wat baie bloggers uitgesproke oor is en wat ons graag meer oor wil weet. Dit is nou maar so dat wanneer ons as ondersteuners ‘n speler sien droogmaak op die veld – daardie speler “gemerk” word en uiters moeilik daarin sal slaag om weer in die goeie guns van die ondersteuners te kom…’n goeie voorbeeld is die kritiek wat Meyer Bosman vroeër ontvang het – maar deur goeie spel nou weer sy merk begin maak!
Gedurende die onderhoude het Hawies bevestig dat Corne Uys die keuse is op vleuel bo Danwel Demas. Hierdie keuse is om 2 redes – Corne Uys was bestendig 2 weke gelede, en Danwel Demas se selfvertroue en spelpeil is nie wat die moet wees nie. Indien 3 ander vleuels nie beseer was nie – sou Demas waarskynlik nie in die Super14 groep van die naweek gewees het nie. Dit wat gewoonlik Demas se sterkpunte is, is tans net nie goed genoeg nie.
Waarom so baie kanse vir Demas?
Hawies het aangetoon dat Demas ‘n baie goeie 2009 seisoen gehad het, en dat sy vaart en goeie skopvoet op die punte hom gewoonlik ‘n bate maak op vleuel. Huidig sukkel Demas egter op die verdediging – en dit is iets waaraan voortdurend gewerk word.
Dit is egter nodig dat daar ook gekyk moet word na fyner goed as net die fisiese duikslag. Gedurende elke wedstryd toon fyner analise aan elke “interaksie” deur die speler – in gewone taal vir ons as ondersteuner is dit gewoonlik “hoeveel daar werk gesoek word”. Dit sluit in daardie dinge wat van die bal af of sonder die bal gedoen word. Dit sluit in die kere wat ‘n speler by ‘n losgemaal opdaag, ‘n bal vertraag, druk geplaas word op die opponente, die opponent verhoed word om verder die bal te versprei ens.
Dit is hier waar Demas altyd effektief was - met gewoonlik tot 43 sulke “interaksies” teenoor die 24 interaksies van baie ander vleuels. Dit is om hierdie rede dat hy nie maar bloot afgeskryf word nie en meer kans gekry het as wat die ondersteuners waarskynlik meen hy op geregtig is.
Ek hoop hierdie help my mede bloggers om bietjie meer insae te kry - dit mag ons nie tevrede stel nie - maar ten minste is dit terugvoer! [As Danwel Demas bietjie meer selfvertroue soek – is die blog en kommentaar waarskynlik nie die plek om daarvoor te gaan soek nie...]
Dit is ook belangrik om aan te toon dat Naka en Hawies hul blydskap met die sukses van die Vodacombeker span gedeel het. Daar is baie jong spelers wat in die Curriebeker sterk na vore sal kan tree!
Maar vir nou is die aandag op hierdie Saterdag – en sal ons as ondersteuners weer bankvas agter die Vodacom Cheetahs!!

Naka Drotske, Hawies Fourie & Sarel Pretorius

Dankie vir die terugvoer vanaf die Afrigters.Dis goed om te sien, al is daar ‘n feit dat daar jonger spelers in ons eie geledere is wat op vorm is.Kyk wat maak die Reds met 21 en 22 jariges?
Nogtans, Cheethas kan saterdag die Force wen met ‘n bonuspunt…..GO CHEETHAS GO!!!!!
Verstaan my mooi, ek vaar nie uit teen Hawies as persoon nie, maar as afrigter.
So pas het hy my hier bewys hy is ‘n grooter aap as wat ek gedink het.
Hy is dood reg. Dommas soek werk. Ek het dit lankal gesien. MAAAAAAR hy is by omtrent elke losskram, maar dan is hy net in die pad - DIS AL
(2) Hy is dan ook nooit op sy plek waar hy hoort nie.
Ek daag Hawies uit om my verkeerd te bewys.
Daai demas soek werk?
Moontlik n soeke in die hoop om dit nie te kry nie………
Druk opsit?
Niemand skrik vir demas se druk opsit nie want hy beteken absoluut niks op verdediging nie.
Bal vertraag?
Hoeveel keer is daar van ons eie bal vertraag as gevolg van mnr demas se “giftige” skopvoet?
Ek sal graag vir Hawies wil vra of “tackle” nie ook n “interaksie” is nie, inteendeel n baie, baie belangriker interaksie as net om n losskrum rondstaan en besig lyk…….
Guestwriter jy is heeltemal reg dat hierdie blog beslis nie die plek vir daai demas is om selfvertroue te kom loop soek nie. Hy het self sy ondergang beteken en self sy selfvertroue geknak deur sy swak spel.
Ek wonder net watter reeks Hawies na gekyk het in 2009 want daai demas was toe al nie reg op peil nie.
Guestwriter ek stem nogals saam dat ons n speler wat droogmaak sal “merk” maar dit gaan n konstante poging deur middel van baie swak spel kos om ons op hierdie vlak soos nou teen daai demas te kry.
Verder wil ek net dankie se dat jy, Guestwriter, die moed gehad het om daai vraag te stel.
Dankie aan almal betrokke vir die poging om my vraag te beantwoord. Ek dink steeds Demas is nie goed genoeg eers vir reserwe nie, en moet nie eers op die bank wees nie, want hy kom op die veld as reserwe wanneer ons nie sy laksheid kan bekostig nie. Ek glo steeds daar skuil meer agter sy insluiting as wat ons dink, of gese word.
1 Tier
Hawies gee nog eers sy Boland ‘has beens’ kans om ‘n paar rand te verdien, terwyl Harold dit toelaat.
Demas se ‘interaksies’ sou dalk in ballet gewerk het, maar in rugby sal hy nie ‘n vlieg skade aandoen met daardie ‘interaksies’ nie.
Sy ‘touch rugby’ is nie eers van hoogstaande gehalte nie, want hy retireer wanneer hy ‘touch’
Dankie dat julle afrigters ook die tyd afstaan om antwoorde aan ons ondersteuners te gee. Hoop julle doen dit meer.
Ag nee regtig HAWIE regtig.. …Stef wat HAWIE vir ons se is hy verkies liewers n porselein poppie (speler) wat betrokke is by die fyner kuns van rugby as n fisieke speler wat kan duik , sy kop insteek by n rug en maul en driee druk en dis al wat DEMAS goed gedoen het al vir 2jaar, is 1ste by n rug en maul en soos n klein hondjie kef kef kef hy, en dans rond. Ek sal ook wil weet wat se reeks het HAWIE in 2009 gekyk want die ou bloggers sal my uithelp al in die 3 wedstryd het ons al gese pos DEMAS weer BOLAND toe, en sit vir BASSON op en toe BASSON sy 1 kans gekry het teen SHARKS toe druk hy 2 driee. Ek wil net weet uit n gemiddel ongeveer 20 super 14 games druk ons porselein pop fyn speler DEMAS 0 driee, waar BASSON die meer fisieke speler wat minder fyn is in 3 wedstryde 4 driee druk, se dit nou nie ietsie vir jou nie HAWIE wie om te kies en nie. En wat my verder omkrap is hoe jul se hoe jul opgewonde is oor die jeug, maar jul kies hul nie, jaag hul weg, beledig hulle om hasbeen te kies bo hul….. Ek stem n speler merk homself nie die ondersteuners nie of positief waar hy die oog vang met sy goeie spel of negatief waar hy die oog vang met sy swak spel, en by albei gevalle sal daar gepraat word. GUESTWRITER thanx vir jou moeite….jy het probeur ek is net bly dis nie ek wat sulke belaglike antwoorde moes aangehoor het nie
Dankie dat vir die terugvoering maar ek dink daar is baie vrae wat nog onbeantwoord bly want Hawies se verduiliking oor Demas is lagwekkend dink hy ons ondersteuners is n klomp ape en weet niks van rugby af, wat van die manne wat in die Vodacom beker speel wat het van JW Jonker geword hier in die Kaap is ek nie so ophoogte soos my vrinne in die Vrystaat nie maar ek probeer op hoogte bly en glo dat daar n paar goeie spelers sit wat net wag om deur ande provinsies opgeraap te word.
Wat Meyer bedref dink ek hy het deur n slegte tyd met sy spel gegaan maar glo hy is reg om dit weer op te lig.
Dan waar is Verster het hy nie al sy weg oop gesien om ons as ondersteuners intelig wat hy beplan vir die Cheetahs dalk as hy meer met die ondersteuners komunikeer sodat ons weet wat hy beplan kan daar dalk weer vertroue in hom gekry word maar dit lyk of hy weghardloop vir ons, solank hy dit doen sal hy gejag word en geen respek verdien van die ondersteubners.
9 Pap Snoek
Soos ek altyd vir my kinders sê:- ‘Ek is ‘n aap, maar ‘n ou aap’. Ken al die tricks in die boek. So Hawies dink ons is ape, maar wat hy nie weet nie is dat ons ‘ou’ ape is.
Al die bloggers hier, op Keo en nog vele ander forums kan tog nie almal verkeerd wees oor (Hawies se) Kroonprins (DD) nie en net hy wat Hawies (en Naka) is, is reg nie?
Moenie vir my kom vertel perdedr&lle is vye nie!!
9.Pap Snoek
Jy kry nou nie die Volksblad nie,maar Verster het in Saterdag se koerant verduidelik wat aangaan en hoe dit werk asook Frikkie v R vroeer die week.Wat hulle se is dat Vrystaat Rugby gesond is en dat hy eenparig verkies is,dit wat ons reeds weet……maar hoe kry hulle dit reg?.. weet ons mos.
Hulle praat van die jong spelers se talent….. maar wag liewers dat iemand anders hulle sterre moet maak voordat hulle hier gebruik word.
Hy seg ook dat hy geskok was om te verneem dat daar mense is wat dink daar is fout met die Cheetahs
Hy moet dalk die forum af en toe lees dan sal hy meer weet wat aangaan
Dankie Tier vir die inligting en ek stem saam met jou hoe de hel kry hy dit reg om weer gekies te word is die Vrystaat rugby so dat daar niemand beter is om hom te vervang nie en hoe gesond kan n unie wees as jy 2de laaste op die super 14 log le ek se weereens hy is maar met bitter min tevrede in die lewe en worry net oor homself en sy handlangers rondom hom.
Ek dink net hy moet n ope media konferensie hou sodat ons ondesteuners daar kan wees en dat hy dan ons vrae beantwoord
Dankie vir die teruvoering.
Ek kan nie glo dan Hawies so ‘n simpel antwoord kon gegee het nie. Ek dink dat die VRU defnitief gebruik moet maak van IK toetse voordat die volgende afrigters aangestel word want ‘n ou wat sulke antwoorde gee sal degnitief nie kan afrig nie.
As ons vandag se wedstryd wen maak ons geskiedenis.