Vodacom Cheetahs v Waratahs

Date: 3 April 2010
Venue: Sydney Australia

6min: Waratahs 3 Vodacom Cheetahs 0 Penalty Halangahu
16min: Waratahs 6 Vodacom Cheetahs 0 Penalty Halangahu
27min Waratahs 13 Vodacom Cheetahs 0 Try Robert Horne Conversion Halangahu
35min Waratahs 16 Vodacom Cheetahs 0 Penalty Halangahu
38min Waratahs 16 Vodacom Cheetahs 3 Penalty Naas Olivier
40min Waratahs 23 Vodacom Cheetahs 3 Try Ben Robinson Conversion Halangahu

Half Time: Waratahs 23 Vodacom Cheetahs 3

44min Waratahs 28 Vodacom Cheetahs 3 Try Alastair Baxter
47min Waratahs 33 Vodacom Cheetahs 3 Try Kurtley Beale
71 min Waratahs 33 Vodacom Cheetahs 10 Try WP Nel Conversion Meyer Bosman
78min Waratahs 40 Vodacom Cheetahs 10 Try Josh Holmes Conversion Halangahu
80min Waratahs 40 Vodacom Cheetahs 17 Try Corne Uys Conversion Meyer Bosman

Result Waratahs 40 Vodacom Cheetahs 17

This entry was posted on Saturday, April 3rd, 2010 at 12:35 pm and is filed under Guestwriter: 15. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

28 Responses to “Vodacom Cheetahs v Waratahs”

  1. moedeloos Says:

    genoeg is nou genoeg dis tyd dat die koppe begin rol en nee
    nie die spelers sin nie hoekom want dit is die onbevoegdheid
    van die afrigters hulle praat elke week hoe hulle gaan wen en hoe hulle gaan speel in die nuus dan daarby kies hulle die verkeerde spelers ek onthou die dae toe ons nie die spelers gehad het nie ma
    ons kon nog steeds n span uit stuur wat vir niemand terug staan nie nou maak hulle net ons name gat
    ek het nou genoeg gehaat van mense wat vir ons lag die naam en ondersteuners
    verdien dit nie in dit kom alles op die afrigting span neer julle het julle tyd gehaat bring bietjie
    iemand met idees in wat by die liga kan kop bo water hou en stuur tog die bolanders terug huis toe

  2. Norman du Plooy Says:

    Het Naka nie die Waratahs volgens berigte “gewaarsku” teen die Cheetahs nie? Wat was die waarskuwing? Dat hulle maklik gaan wen? Daars ‘n ou seding wat lui: “Dis beter om stil te bly en mense dink jy is onnosel as wat jy jou mond oopmaak en dit bewys”

  3. Blikoor Says:

    Nee wragtig, so kan dit eenvoudig nie aangaan nie. Lyk my die groot S 14 kompetisie tans aan die gang is die Cheetahs en die Lions wat kompeteer wie die mees-amateuragtige spelstyl en benadering het. Ek voeg ook my stem hierby: raak ontslae van al die passasiers: afrigters en spelers. Ek stel voor Harold V begin maar die proses.

    Die volgende week is alreeds op ons en ons gaan seker die week waarskuwing gee aan die Brumbies: as hulle die Cheetahs nie met meer as 20 punte kan wen nie, is hulle meer slapgat as die Waratahs. Of so iets waansinnigs.

    As julle gedink het die Cheetahs het sleg slae gekry die laaste 2 wedstryde, dink weer. Die slegste is aan die kom. Ek wil rerig geen berisping van Editor af kry oor “houding jeens die span” of “staan agter die span, mens is nie net mooiweers-ondersteuners” nie. Swak is swak. Hoewel die Western Force min gewen het die jaar, is hulle paviljoene vol. Want hulle speel vir die eer van die span. En het OOK nie al die Wallabies in hulle groep nie. Die verskil is dat hulle als op volle speod doen en NIKS slapgat nie. Stuur asb aan na Harold V, Naka en die hele span wat ‘n eens-trotse rugby-unie was.

  4. blou bul Says:

    Nou moet Naka seker begin dink.So onbeholpe het ek lanklaas gesien.Wat my oog gevang het was dat die paar keer dat Ebersohn briljant was,is toe hy n paar keer op binnesenter was.Ek kan my net indink wat sou gebeur het as Sias aan sy binnekant was en Snyman aan sy buitekant.Onbeholpe Naas was swak.Ek dink dit is tyd dat Juan terug keer om die ouens vas te vat.Vrystaat unie kla dat hulle nie kan kompeteer met groot unies om jong talent te behou nie.Maar die jong talent kry nie n kans nie en daarom voel hulle nie lojaal teenoor Vrystaat nie.Demas het so deurmekaar op die veld gelyk soos n afkop hoender.Vergeet nou maar van n skopper en gee Sias n kans voor hy blou bulle of leeus toe gaan.Die wedstryd som ek as volg op SWAK SWAKKER VRYSTAAT.Julle ouens moet nou begin saamstaan en druk op die unie uitoefen.Op die manier gaan die Cheetahs n pakslae teen die Leeus ook kry.

  5. Scaramouche Says:

    Cheetahs het baie beter gelyk na die “bench” se toetrede in die tweede helfde, alhoewel die Waratah bench hulle spelpeil afgebring het. Vir die volgende wedstryd kan hulle net so wel vir Pretorius en Viljoen op 9 en 10 begin, asook vir Strauss ‘n blaaskans gee. Kabamba speel goeie rugby en moet ook ‘n beginkans gegun word, moontlik op agtsteman. Enige nuus oor Juan se beskikbaarheid?

  6. moedeloos Says:

    waarheen kan ek my cv stuur on cheetahs af te rig
    soos hull nou speel kan enige tom dick en harry hulle afrig

  7. kierie Says:

    Admin - ek wil vra: gaan die Cheetahs Saterdag met swart armbande speel ?? Omdat Eugene Terblanche dood is. Want ek weet verseker sou hulle as ‘n swart persoon dood was. En gaan julle ‘n slogan dra op die hemde wat lees: ‘No to racist farm murders’? Want laasjaar het julle no to rcism gehad. Ek wil weet of jul dit gaan doen??? Want baie van julle ondersteuners is boere. So ek wil sien of jul die guts het om regverdig te wees…..

  8. Chris Says:

    Juan Smith gaan die Cheetahs niks in die sak bring nie. Die afrigters kos die Vrystaat baie. Ons flair is daarmee heen. blou bul…, hoe wil jy hê ons moet druk uitoefen?

    Kierie — (7) Ek stem saam met jou. Ek lig my hoed vir Eugene Terreblanche en dit waarvoor hy gestaan het. Ons sty en gesels hier oor sport terwyl daar buite ‘n oorlog aan die gang is teen mense met wit velle!

  9. Jan Plank Says:

    4 blou bul

    Vir die eerste keer moet ek met jou saamstem.

    7 kierie

    Hierdie is nou nie ‘n politiese blog nie, maar jou opmerking maak sin.

  10. JJ Says:

    WARATHAS 40 CHEETHAS 17. My telling Warath 38 Cheet 21. Wat moes ons ondersteuners anders verwag as so n telling as jy kyk na spankeuses, strukture, gameplan as daar 1 was. Het NAKA nie n les geleer om nie ouens uit posisie te speel nie, BAREND is n slot NAKA nie n baljagter flank nie, EN dis waar ons geklop was, afbreekpunte, want ons sit met oupa uil (HENDRO) op die 1 kant en n slot op die anderkant en dink ons gaan die baljagters flanke ore aansit. Die ergste van als is, ons sit met baljagters soos KABAMBA wat kan begin, WESSELS wat flanke is. Demas se insluiting elke keer wil ek nie meer praat nie. Hoekom SIAS nie gekies word nie, Hoekom SAREL EN RIAAN nie begin nie ai ai ai so kan ons maar net aangaan week in en week uit. MY PERSPEKTIEF IS HEEL M@…R toe!

  11. Sam Says:

    Wat het geword van hardloop opwindende Vrystaat Rugby? . Die manne probeer , maar dis asof dar nie n plan is nie . Ek se weer speel die agterlyn as volg : pretorius, Sias Ebersohn, Robert Ebersohn , Phillip Snyman , Nokwe, George Whitehead(mapoe beseer) en Viljoen . Bou nou solank n jong span vir volgende jaar . Naas Olivier val glad nie die voordeellyn aan nie en dan is hy te stadig om sy agterlyn weg te kry .Ja dis n klein onervare lyn sonder n spesialis skopper .Maar die agterlyn sal darem weer maak dat ons kyk. Kom nou Vrystaat maak n plan vir die Currie beker en volgende jaar se super 14 nou al want anders sit is weer volgende jaar met dieslefde probleem . As n besigheid sukkel maak jy n plan met jou produk en of personeel . todat jy die besigheid weer laat werk . Vrystaat rugby is n sinkende besigheid wat besig is om sy G@T te sien .

  12. Spikkels Says:

    Weereens ……………………..

    Ag wat, sallie help nie want Harold, Naka, Hawies sallie luister nie.

  13. Norman du Plooy Says:

    Ek sien die span is bekend gemaak op Keo.co.za. Vir baie ondersteuners sal dit seker goeie nuus wees dat Demas gladnie in die 22-tal is nie. Snaaks dat hy nie eens bench toe is nie. Die span is:

    15 Hennie Daniller, 14 Wilmaure Louw, 13 Corné Uys, 12 Meyer Bosman, 11 Jongi Nokwe, 10 Naas Olivier, 9 Tewis de Bruyn, 8 Kabamba Floors, 7 Juan Smith (c), 6 Hendro Scholtz, 5 Walti Vermeulen, 4 Barend Pieterse, 3 WP Nel, 2 Adriaan Strauss, 1 Coenie Oosthuizen.
    Subs: 16 Wian du Preez, 17 Ryno Barnes, 18 Izak van der Westhuizen, 19 Davon Raubenheimer, 20 Sarel Pretorius, 21 Riaan Viljoen, 22 Robert Ebersohn.

    Ek is jammer dat Robert bench toe is, maar miskien het Naka-hulle ‘n ander wedstryd plan met die dat DD heeltemal uit is. Ek voel dat die afrigters dalk hierdie toer moet gebruik om die jonges (soos Sias en Philip Snyman) kans te gee om ondervinding op te doen (te ontwikkel) aangesien die seisoen vir alle praktiese redes alreeds “verlore” is. Wat help dit on bly met die ouens met die “ondervinding” wat naweek na naweek so onbeholpe voorkom? Wie weet die jonges kan dalk net die katalisator wees om die span weer woema te gee.

  14. Norman du Plooy Says:

    @kierie. Ek dink nie jou voorstel sal ‘n goeie idee wees nie en dit sal onvanpas wees.

  15. Kobus van Tonder Says:

    Lag ek nou Lekker vir kierie!! *lag* Nee my ou maar “leef met die swaard ..en word gedood met die swaard*

    Ek is jammer vir Eugene, dat hy op so wrede manier vermoor is, maar ek sal die cheetahs kwalik neem as hulle hom vereer. want hy was die wit malema!!!

    Ek wil tog net moedeloos vra .. hoekom word Demas nou skielik raak gesien as ‘n probleem.. ons vertel Naka dit dan saterdag vir saterdag !! Hy moed nie eers daar gewees het nie .. ons het hope talent war by die huis moes bly !!

  16. Hennie Says:

    Ek lees nou hier en wragtig, die Cheetahs het pateties gespeel. Hulle is na elke skrum of lynstaan voor die voordeel lyn vas gevat. Gee plan van `n dag oud was te siene nie.
    Meyer kan nog steeds nie tackel nie, WP lyk soos iemand wat nou net `n lekker bier gedrink het, die maggie nog lekker vol. Kabama, Sarel en Riaan het aan die einde hul bes probeer om dinge te red maar te laat. Cornè se drie was uit die boonste rakke.
    Ek wonder net wat sal gebeur as die span vir `n slag vir die game opdaag????

    Hoop dit gaan beter met Juan se pa, sterkte vir hulle.

  17. Chris Says:

    Dit is werklik baie swak vir die VRU bestuur om die forum net so te laat staan.

    Hierdie is maar net weereens ‘n bewys dat die swak spel wat Vrystaat oplewer NIE die spelers is nie maar die bestuur en afrigting is die skuldiges.

  18. editor Says:

    Hi Chris, dit is ek - die editor se skuld.
    Het bietjie verlof gevat - soos baie mense het.
    Ek vra onverskoning daarvoor.

  19. editor Says:

    Hi Hennie
    Juan se pa is nogsteeds in die hospitaal, maar darem in so toestand dat Juan nou ook by die span kon aansluit.

    Groete

  20. Sam Says:

    Die span lyk beter , maar ek sal nogsteeds graag wil sien wat Sias op loskakel kan doen . Naas stuur die agterlyn bietjie stadig weg - maar Naas het n beter skopvoet . Verder sou ek eerder vir Wessels as Scholtz op 6 gespeel het.Hopelik trek demas nie weer n cheetah trui aan nie .

  21. Jan Plank Says:

    15 Kobus

    Ek ondersteun Kierie se voorstel nie oor ET as sulks nie, maar eerder as ‘n wekroep teen misdaad in die algemeen.

    Maw ons word verplig om ‘n slogan te ondersteun teen rassisme, maar misdaad (teen alle bevolkingsgroepe) word, met die afwesigheid van ‘n soortgelykte slogan op die SA veld(e) en SA spelers se truie, deur SA Rugby ondersteun.

  22. editor Says:

    Hi Jan Plank

    Ek sluit sommer aan hier by jou kommentaar.
    Ongelukkig word enige besluite om bande te dra, gemaak deur SA Rugby. Dus kan enige voorstelle aan hulle gestuur word.
    Hier word gefokus op rugby en nie politieke gebeure op hierdie stadium nie.

    Groete

  23. Chris Says:

    Editor - waarom speel die VRU met anti-rassisme bande as swart werkers net ‘n poets gebak word? Maar as ‘n wit man doodgemaak word en die broek van sy lyk afgetrek word sodat sy met sy private dele ontbloot lê terwyl hy doodgaan word daar gesê dat ons op die oomblik op RUGBY fokus maar nie op politieke gebeure nie?

    Moes julle ook toestemming gekry het by SA Rugby velede jaar toe die spelers met bybelversies op hul gewaad gaan speel het?

    Ek wil ook nie poletiek hier gesels nie maar ek hou daarvan as dinge konsekwent gebeur. Dit is onregverdig dat die VRU besluit om vir kinderspeletjies met anti-rassisme bande gaan speel maar as daar gesing word dat boere doodgamaak moet word dan word mens se emosies gedemp.

    Daarom moet julle as die unie ‘n besluit maak oor waarvoor julle staan. As julle bereid was om eenkeer toegewing na een kant toe te maak dan is dit mos vanselfsprekend dat van julle ondersteuners gaan verwag dat jul na die ander kant toe ook moet toegewings maak. As jul dan besluit om op rugby te fokus dan moet ons nooit vir enige gebeurtenis bandjies of lappies dra nie… selfs nie as Mandela doodgaan nie.

  24. editor Says:

    Chris, soos ek gesê het - hierdie besluite hardloop deur SA Rugby.

  25. herman Says:

    Ek stemsaam Chris. Die unie kan dan gerus vir SA rugby nader hieroor………want as dit is hoe blankes behandel word, en dit as ‘polities’ beskou word, dan sal ons blankes maar mooi dink of ons enige games gaan kyk - want jul maak slegs toegewings na een kant toe.

  26. editor Says:

    Herman, ek waardeer almal se insette, insluitende Chris. Ongelukkig van hier af gaan ek enige poltieke kommentaar “delete”. Die idee met hierdie blog is juis om rugby te gesels en bietjie weg te kom van al die politiek daar buite. Ek weet dit is deel van ons samelewing, maar almal het die reg tot hul eie menings en ons gaan dit nie op hierdie blog bespreek nie. Hoop julle verstaan.

  27. Tier Says:

    No 4 en 11 slaan die spyker op die kop.Hoekom speel Naka nie die spelers wat in die Currie beker gaan speel nie en wen dalk een S14.Dit kan nie ‘n waagstuk wees nie want die huidige span met al die Griekwas(wat weg is met CB),gekoopte en ou spelers wat plaaslike talent uithou, kan in elk geval nie wen nie? ‘n agterlyn met Sias,Robert,Phillip langs mekaar behoort enige span te wen want hulle ken mekaar.Ag die voordele is legio,maar dit vir ‘n ander dag!
    NS:Losvoorspelers soos Wessels,Boom sal blom al is hulle jonk(Aus speel met 19 jariges)!!!

  28. Tier Says:

    Arme Cheethas,toe gaan sit hulle vir Meyer op loskakel,wat ‘n disaster.Plaas speel hulle nou vir Sias voordat hy gaan naam maak in ‘n ander Provinsie vanaf sy huidige posisie………op die bank!!

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree