Vodacom Cheetahs spanlys teen die Waratahs

Die Vodacom Cheetahs speel Saterdag, 3 April om 10:40 (Suid-Afrikaanse tyd) teen die Waratahs in Sydney.

Her volg die volledige spanlys:

15.  Hennie Daniller

14. Danwel Demas

13. Robert Ebersohn

12.  Meyer Bosman (ok)

11.  Jongi Nokwe

10.  Naas Olivier

9.  Tewis de Bruyn

8.  Ashley Johnson

7.  Barend Pieterse

6.  Hendro Scholtz

5.  Walti Vermeulen

4.  Nico Breedt

3.  WP Nel

2.  Adriaans Strauss (k)

1.  Wian du Preez

Plaasvervangers

16.  Ryno Barnes

17.  Coenie Oosthuizen

18.  Davon Raubenheimer

19.  Kabamba Floors

20.  Sarel Pretorius

21.  Corne Uys

22.  Riaan Viljoen

This entry was posted on Wednesday, March 31st, 2010 at 10:46 am and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

13 Responses to “Vodacom Cheetahs spanlys teen die Waratahs”

  1. Spikkels Says:

    Beggars can’t be choosers.

    Wel eintlik lyk die span nie te sleg nie en sou die afrigters besluit om wel hardloop rugby te speel soos hulle ge adverteer het kan die manne ons dalk net verras.

    Ek glo egter nie die hardloop rugby storie meer nie aangesien Tewis gekies is bo Pretorius - Tewis is nie regtig n hardloop rugby tipe speler nie.

    Dis regtig n GROOOOOOT jammerte om die Demas te sien (soos altyd) - Hy gaan maar net weer sy “geleerde” skopvoet inspan elke keer as hy die bal kry en dit nie aanslaan nie en verder gaan hy ten minste een drie afstaan deur sy gebruiklike swak verdediging.

  2. Sam Says:

    Pieterse , is te stadig vir vlank, Henro is nog stadiger - het die afrigters niks geleer uit laas naweek nie ?

  3. Kobus Myburgh Says:

    Nee wat, ek moet al weer teen my span stem in superbru. Hierdie ouens waarsku die waratahs, en ons gaan nou hardlooprugby speel???? Wanneer, in die laaste 15 minute as die spelers wat KAN hardloop opgebring word? Ja wragtig Die Cheetahs het ‘n kopdokter nodig - veral die moedswillige afrigters. Is match fixing nie dalk hier betrokke nie? Hoekom heeltyd demas, en swak spankeuses?? HOEKOM….

  4. Johandre Says:

    Ja Naka kort n kopdokter (en daai een wat ons gehad het verlede jaar was juis so goed) want om iemand soos Riaan Viljoen uit te laat is malligheid en Demas in en waarom nie vir RIAAN insit hy kan tog skop dis mos wat NAKA soek n skop game ek is ma net 12 jaar so ek weet seker ma niks maar kyk maar dis nie net ek wat so se nie

  5. Sam Says:

    Wat van Johan Wessels ?, selfs Boom Prinsloo is n opsie as n losvooorspeler .Ek se weer speel eerder vir Sias , Robert en Snyman met Whitehead as vleuel en bou nou solank n kern vir die Currie beker . VRU gaan al die jong spelers verloor merk my woorde .. . . .om te dink dat die ster jong spelers nie eens saam toer nie . Neewat manne daar is nie meer n plan v d toekoms nie

  6. JJ Says:

    Nee wat kruisig my maar, maar ek gaan net eerlik met my self wees. WARATHAS 38 CHEETHAS 21

  7. Sam Says:

    Kan enige iemand vir Naka se dis eers more die 1ste April.Julle kan nou maar die regte span vir ons gee

  8. Pieter Says:

    Kobus jy raak ‘n teer punt aan met die ‘match gixing’. Teen die stormers al gedink die wedstryd is geswaai. Ek is as ‘n reel ‘n optimus maar met die poging die jaar kan mens nie meer een wees nie. Het vir die unie ‘n e-pos gestuur en paar antwoorde gevra maar soos gewoonlik swyg hulle soos die graf.

  9. Bullers Says:

    Ja die ou gesegde van - OVS ons verloor saterdag, as gevolg van swak span keuses. Dis nie meer lekker om rugby te kyk nie, gelukkig is ek die week ver van ‘n TV af so ek gaan nie kwaad word saterdag nie.

  10. Michael Says:

    Ek kan nie glo dat daar nie ander flanke in die states is nie! Kyk na ouens soos Boom Prinsloo.
    Barend is ‘n goeie slot, maar hy was lank uit die game en is seker ok nie so fiks soos ‘n flank moet wees nie, en nou moet hy uit posiesie uit speel dit maak glad nie sin nie. En SAM is heeltemal reg oor die spoed faktor van ons flanke. Hier kom ‘n turn over galore!

  11. kierie Says:

    Johandre , op 12 het jy meer wysheid as sekere afrigters, niks persoonlik teen die afrigter nie, maar WAAROM ‘n slot - ‘n bitter goeie slot, op flank kies, terwyl Johan Wessels en daai manne nie eers oorweeg word nie. Dis waarom spelers waai - nie net oor geld nie. Gelukkig is ons ‘hero’ Demas darem in die span. Ek kan maar net lag elke liewe keer as hy ons reg bewys………….sorry ou Demas, maar jy is net nie goed genoeg nie. Tewis in beginspan?????????????? WTF?? Sarel Pretorius was die enigste goeie speler, o wag Johnson ook, verlede week. Maar ok, sterkte Cheetahs!! Dis soos om ‘n gladde muut van 30 meter uit te klim met olie gesmeer….

  12. Chris Says:

    Die webtuiste is nou so dood en stil………
    Ek kan dit nie vat dat julle net so gaan lê oor ons nou swak speel nie. Mens kry die gevoel die hele Cheetah kamp moed opgegee het en besluit om maar eerder ‘n stille melkkoei te word.

  13. Kobus Myburgh Says:

    FIRE HAWIES FIRE HAWIES FIRE HAWIES
    BLOU BULLE ASSEBLIEF: KOOP DEMAS!!!!! HY KAN SKOP!!!! EN DROP - DIE BAL DROP AS HY HOM MOET VANG…
    VRU: KIES ASSEBLIEF WEER DIESELFDE SPAN, ASSEBLIEF. MOENIE VILJOEN INSIT NIE. MOENIT PRETORIUS IN DIE BEGIN SPAN SIT NIE. EN ASSEBLIEFFFFF TOG, ASSEBLIEF NAKA MOENIE DEMAS UITGOOI NIE, HY KAN NOG BAIE GROOT GAMES VIR JULLE VERLOOR. MOET TOG NET NIE HARDLOOP RUGBY SPEEL NIE EN MOENIE DIE REGTE SPELERS KIES NIE, ASSEBLIEF. PLOETER ASSEBLIEF TOG NET SO VOORT. WAT GAAN EK VIR MY VRIENDE SE AS ONS EWE SKIELIK BEGIN WEN??

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree