
Adriaan Strauss
The Vodacom Cheetahs will have to dig very deep in New Zeeland and Australia. It is reported on Sport24 that Coach Naka Drotske is well aware that they will be facing an uphill battle. Injuries to the team have significantly dented the expectations we might have had at the start of the 2010 Super14 campaign!
I have been asked for my comments on the match against the Reds and I would like to do so. Perhaps it is best to start by making a few things clear about the perspective from where I am writing - other blogger are most welcome to disagree and decide whether to continue reading or merely to ignore my blog posts if this challenges negative mindsets.
Let me start by focusing on the Vodacom Cheetahs v Reds and briefly summarize this:
• An extremely disappointing performance
• Poor tackling - especially in the 2nd Half
• Too many balls lost in the tackle
• Poor ball handling
• Poor refereeing on the Reds goal-line on 2 occasions
• Lack of penetration by our backline – good tackling by the Reds we need to admit!
Allow me to back these comments up with some stats from the rugby statistics website at www.ruggastats.com :
Vodacom Cheetahs -
Negatives
- Made 148 tackles, and 41 assisted tackles but missed 25 tackles – The Reds only missed 6 tackles!
- Total Forced and unforced errors =24
- Handling errors = 18
- Possession 43.27% versus 56.73% of the Reds
Positives
- Total kicks =22 – actually less than the 23 from the Reds - Wet surface prevented more running rugby.
- Penalties conceded 12 – less than the 17 conceded by the Reds
- Lineout percentage won 92% - better than the 80% of the Reds
What do the stats tell us?
The stats tell us that even though we kicked less than the Reds, we simply made too many handling errors and lost the ball in contact too easily. There were opportunities to score tries and we were across the goal line twice without scoring. Once I could clearly hear the assistant referee Mark Lawrence say “Red playing the ball on the ground” but the referee chose to ignore this when the Vodacom Cheetahs were on the tryline…On another occasion the referee should have asked “is there any reason why I may not award the try?”…but chose not to…
So am I offering excuses? Perhaps this is the time to make a few things perfectly clear:
- Guestwriter 15 is not employed by nor paid by the Vodacom Cheetahs
- I am no “spin doctor” asked and required to make the Vodacom Cheetahs “look good” or write positive stuff.
- Perhaps it is believed that I might either have some rugby knowledge or [hopefully “and” have some writing ability.
What should you NOT expect from the blog posts by Guestwiter15?
- To read how bad the coaching staff or specific players might be
- To read how we are going to win the Super14 and Currie Cup
- To be given information and fuel to further add to our depression after a loss!
What should you expect from the blog posts by Guestwriter 15?
- Blog posts to facilitate further discussion, comments, criticism and compliments
- A bit of a behind the scenes experience with photos from media sessions, medical rooms, media units etc..
- A bit of perspective and perhaps a bit of a reality check!
“You are the choices you make”
During a rugby season there are “Up’s and Downs” – We have had 2 amazing Up’s with victories over opponents such as the Sharks and Hurricanes. Only the Bulls have only had “Up’s” whilst the Lions only had “Downs” – I feel for their supporters…
I have expected a better start from the Vodacom Cheetahs and was most disappointed against the Highlanders - even more than against the Reds. Since the win against the Hurricanes we experienced significant challenges with injuries or challenges to our top loose trio combination. We have to be realistic in recognizing that the loss of Heinrich Brussow, Frans Viljoen and Juan Smith is not something to simply overcome with replacements. Even though Hendro Scholtz, Barend Pieterse and Ashley Johnson are all talented players in their own right – this is a new combination that needs to grow with game time together!
It is most disappointing when the team analyze the Reds, practise the defense against the Quade Cooper short inside pass, and then still slip the tackles. It is disappointing when we do not score near the try line or kick the ball directly into touch when we decide to go for the 5m lineout.
So what am I trying to say? Merely this:
- We can decide whether we only wish to be negative – or whether we face the reality of the challenges facing the Vodacom Cheetahs and still support our team.
- We can be depressed and try to drag those around us down with us – or accept that our team might not win many games in New Zeeland and Australia – but still expect them to give it their best!
- We can decide whether we will be reasonable in our expectations - or whether we want to have a few weekends of “living hell” should we fail to win every weekend.
Perhaps I needed to get this off my chest. Now my fellow bloggers know what to expect from my blog posts on the Vodacom Cheetahs whilst being on tour. If you expect only extreme positivity - limit your expectations! If you wish to read only negativity, ridicule and complaints - you will find enough of this in the comments section – do not expect this in the main title of the blog.
I will remain a Vodacom Cheetahs Supporter – and expect the guys to build on this tour on the character to be required for the Currie Cup in 2010. Someone once said “Not victory or success but rather failure, defeat and challenges build character!”
May Naka, the coaching staff and players exceed our expectations and may our Vodacom Cheetahs play with great passion , character and commitment!!

• An extremely disappointing performance
• Poor tackling - especially in the 2nd Half
• Too many balls lost in the tackle
• Poor ball handling
• Poor refereeing on the Reds goal-line on 2 occasions
• Lack of penetration by our backline – good tackling by the Reds we need to admit!
Dink die bogenoemde som ons treurmar die jaar goed op.
dit kan net regkom as die spelers positief ingestel is en regtig die wil het om te speel en te wen. Die hele bestuurdpan sal moet bykom en ‘n reuse verskil maak. tot dusver het dit wat hulle gedoen het nie regtig gewerk nie.
Kyk genoeg is genoeg, Naka en Hawies moet maar by Curriebeker afrigting bly want hul kom nie die Super 14 mas op nie en ek dink VRU moet vir Maties se afrigter (Jean Roux) aanstel as nuwe afrigter / direkteur van rugby want hy doen fantastiese werk by Maties.
Hierdie toer gaan in ‘n nagmerrie ontaard, 10x erger as die Leeus sin en dankie tog ek weet ek gaan op Saterdae Golf speel en eerder my Golf probeer opknap as om na die paloekas te kyk op TV want wragtig manne jul is in ‘n proffesionele era en word genoeg geld betaal vir jul werk.
Demas, Demas, Demas - Jy is briljant in “touch rugby my ou maat” wereld gehalte in jou coaches se oë. Solank jy vir Vrystaat speel sal ek jul nie ondersteun nie klaar en as Naka weer die Super 14 volgende jaar afrig is ek klaar met VRU rugby want wragtig so kan dit nie aan gaan nie. Vat maar die einste Reds as ‘n voorbeeld kyk hoe goed doen Mackenzie by hul as afrigter.
Plaas kies jy (Naka Drotske) ‘n toergroep met jong manne want ons het mos nou niks om te verloor nie aangesien ons klaar uit die kompetisie is dan kan hul darm waardevolle ondervinding opdoen en ons het genoeg diepte met al die beserings moenie dit as ‘n verskoning gebruik nie al weet ek Brussouw en Smith is onvervangbaar en wereldgehalte maar dan kan nuwe manne soos, Kitshoff, Wessels en Vermeulen hul staal wys.
Naka en mede bloggers ek wil net weet wie het Naka en Hawies al in die 3 tot 4 jaar gekweek wat ‘n Springbok geword het.
I rest my case.
Die Waratahs se driee tot dusêr in die Super 14
Let wel
TOTAAL 29 drieë in 7 wedstryde
Gemiddeld 4,14 drieë per wedstryd
20 drieë deur agterlyn (68%)
9 drieë deur voorspelers (32%)
Drew Mitchell (vleuel) - 6 drieë
Lachlan Turner (vleuel) - 4 drieë
Daniel Halangahu (losskakel) - 3 drieë
Tatafu Polota-Nau (haker) - 3 drieë
Tom Carter (senter) - 2 drieë
Joshua Holmes (skrumskakel) - 2 drieë
Dean Mumm (vlank) - 2 drieë
Wycliff Palu (agsteman) - 2 drieë
Ben Mowen (flank) - 1 drie
Robbie Robinson (heelagter) - 1 drie
Ben Smith (vleuel/senter) - 1 drie
Hayden Triggs (slot) - 1 drie
Fetu’u Vainikolo (vleuel) - 1 drie
Vrystaat het nog slegs
9 driee in 6 wedstryde
Gemiddeld 1,5 drieë per wedstryd
Drieë deur agterspelers - 4 (44%)
Drieë deur voorspelers - 5 (56%)
____________________________________________________
My gevolgtrekking is dat Naka Drotske en Hawies Fourie vir drie jaar lank gebou het aan ‘n span wat wat nie meer kan drieë druk nie! Ons het in 2008 tot voor die semmis in die Super14 die meeste driee gedruk!
Tans is ons die span wat die minste driee druk en die ENISTE span wie se AGERSPELER minder drieë gedruk het as hul agterspelers.
As mens na bogenoemde kyk lyk dit baie skokkend oor hoe erg ons ageruit geboer het vandat Naka as afrigter oorgeneem het.
Ek weet nie waar was Guestwriter 15 twee jaar terug nie maar as mens na die groter prentjie kyk wat dan is ons slegter af as verlede jaar. Ek sê dit omdat ons ‘n beter span het as verlede jaar maar ons doen swakker. Dit kan onmoontlik nie die spelers wees nie. Alle vingers wys na die afrigting.
WEl, ek was my hande nou !! ALMAL SIEN DIT!! maar Demas bly in die span .. hy kan nie tackle om sy naam te red nie.. hy het geen flair nie. Hy is en bly ‘n sewes spesialis.. stuur hom terug sewes toe. Ek het nou my moet verloor met Hawies en Q …. Hy is ‘n hopelose afrigter. Ek soek die Shimlas se agterlyn afrigting span by die Cheetahs. Dit is heeltemal reg ons breek nie die ander span se lyn nie .. want daar is geen … plan nie. Dan harloop al die ouens met die bal voor hulle in hul openente in .. die klap niet die bal eenvoudig uit hul hande en siedaar ‘n aanslaan .. ek moet sê ons stutte is hieraan skuldig hulle dryf hopeloos te regop. As ek reg onthou was dit een van Naka se SWAK punte dat hy so regop met die bal voor hom in sy openente in gedryf het. Ek was moedeloos …. !!! ek is moedeloos.
En aan Juan .. wil ek net sterkte vir hom en sy familie.. ek dra sy Pa in my gebede op.
Hoekom is Christo Spies die kopdokter nie in die Super14 by die span betrokke nie? Ons het die verskil in die Curriebeker verlede jaar gesien - selfs in die super 14 nadat hulle van die toer af teruggekom het. Ek was verlede jaar eers baie skepties toe ek hoor hulle kry ‘n sielkundige maar die resultate was daar en die spelers baie positief oor sy bydrae. Ek dink hy het gehelp om dit wat die afrigtingspan inoefen, na die ouens se koppe te neem sodat hulle vertroue het om dit toe te pas en daarin te glo. Ek was teleurgesteld met die vertoning teen die Reds, alles wat ons in die Curriebeker gesien het was weg. Verlede jaar het Naka in die koerante gese dat daar defnitief ‘n sielkundige moet saam toer want dit is waar die ouens dit die nodigste het, maar nou is daar blykbaar niemand wat na daardie aspekte omsien nie. Veral nou dat daar beserings is en die span n paar games verloor het - dit gaan ‘n swaar toer wees!
Ek stem saam en dankie vir die blog.As jy praat van karakter en commitment wat geleer word van n verloor af dan moet die Cheetahs na 3 jaar baie daarvan he.Ek verstaan waarom Juan Smit so kwaad word op die veld met sy mede spelers,Saterdag se game beantwoord dit.So lank as wat ons aanhou se geleenthede is geskep wat nie in punte omskep word nie gaan die Cheetahs probleme he.Daar moet n lyn gettrek word vir die spelers en die wat van nou af nie perform nie moet uit.Hiermee is ek nie negatief nie,die spelers moet weet waar hulle staan.Natal speel n bloed jong speler op heelagter wat goed doen,wat is die Cheetahs se probleem met Sias Ebershon.Yes hiermee wys ek n speler uit,Naas Olivier.Stadig en staties,swak verdediging,val nooit die voordeel lyn aan nie daarom is hy voorspelbaar,die oposisie se verdiging sit al hulle druk op Meyer Bosman want hulle Naas val nie die lyn aan nie.Daarom lyk Robert Ebersohn ook na n gemidelde speler.
blou bul (6) - ek dink nie dit is so eenvoudig soos wat jy beweer nie.
Die probleme lê nie net by een speler nie. Dit lê by ons afrigters wat moet bedank.
Vrystaat Cheetahs is soos Eskom……. jy WEET daar is krag maar die ligte is af.
Ek wil ook sê dat die Cheetahs ook eerder die Bloem Celtic’s moes ondersteun as die Bafana Bafana! Daar was ‘n swart ondersteuner met groen Bloem Celtic strepe op ‘n wit overall en ook Oranje strepe en kolle vir die Cheethas!
Dan wonder VRU hoekom die paviljoene leeg is, hoekom daar nie geld is nie!!! BEGIN RUGBY SPEEEEEEL BEGINNE DIE REGTE AFRIGTERS KRY WAT OP HIERDIE VLAK UITMAAAAAK.
Ek wens ek kon die lang berig van die Engelse blog verstaan, wat Gasskrywer 15 opgestel het.
Verder, Gasskrywer 15, dink jy WERKLIK dat Demas verdien om oorsee te gaan?
Was enige van ons al verkeerd met ons kritiek op Demas? Is ons spel mono tipe en voorspelbaar, elke wedstryd? Luister bietjie na Corrie van Zyl wat se dat enige span altyd verassings moet he, en nie voorspelbaar wees nie. Ek glo nog Naka kan die ding doen, maar Hawies is die probleem, want ons groot probleem le agter en by die permanente keuses van gewese Boland spelers soos wat Hawies ook van Boland was. Dalk koop Pieter en Kurt die twee nou terug….
Wel miskien bewys die span ons almal verkeerd en wen al hul games oorsee…
Ek hoor op die radio dat Jake White ‘n afrigters pos in Suid Afrika soek. Hy se as hy nie een in SA kry hy na oorsese poste sal moet kyk.
Ek dink ook dat hulle moet vir Sias op loskakel kans gee. Wat gaan in die currie beker gebeur as Naas terug gaan Griekwas toe, danhet die Cheetahs geen loskakel wat ondervinding het nie.
Wat lees ek in koerante? Naka waarsku Waratahs. HAAAA HAAA! Ja soos ons teen Reds gespeel het moet Waratahs lig loop. HAAAA HAAAA! Ek sal nie een game kyk nie, want ek versuur net my naweke!
——————-
-’n Cheetah gedig -
——————-
Naka pluk aan Hawies se mou en skree “wat nou!?”
Die tweede skop pale toe is sopas verbrou….
en Demas het te diep in sy neus gegrou
Selfs ou Os sug en sê “O wee……
ons het dan ge-oefen en maar die skrums gee mee,
en waars die leiding van Wian du Preez
Agter die pale skree Juan dat sy kleinting uitsteek,
hy beweer die skeidsregter is besig om ons te verneuek,
en Demas se vinger in nou al in sy neus afgebreek
…..
die spelers luister aandagtig want vandad wen ons mos waragtig!
maar die endfluit praat hard,, die wedstryd-plan ‘n warm patat,
en ek het lus en skop Naka onder sy gat.
Terug op die blog tik ek my vingers stomp terwyl Guestwriter my wil beteuel
as ek galbraak en broekstrooi oor ons wil speel sonder ‘n vleuel
Die waarheid maak seerder as om te hoor jou vrou is ‘n verraaier,
ja, iemand iewers is bang om Naka, Havies en Harold te faaier!
My maggies wil jy nou meer, dat n vliegtuig rut HAWIE laat besef het dat hy sy gameplan moet verander en minder skop en meer hardloop rugby moet speel. Seker die vars lugdruk wat die breinselle oopgemaak het. HAWIE AL WAT EK KAN SE IS (SPAR GOOD FOR YOU- SPAR GOED VIR JOU)
Dit lyk my Naka en Hawies het die lig gesien - kies die fiksheidsafrigter want enigeen sal beter doen as die spelers deur hulle afgerig! En Niel du Plessis is gladnie ‘n slegte keuse nie en sy insluiting het baie meriete! Nie alleen het hy saam met Henro, Barend, CJ en ‘n paar ander vir die SA O-21’s gespeel nie, maar hy is seker die vinnigste voorspeler in die groep, en waarskynlik ook die fikste! En ‘n man wat kan drieë druk! Hy ken die spelpatroon en verdien sy insluiting - nie net op die bank nie, maar in die beginspan.
Kobus -Jammer dat die berig so lank is. Ek het die Engels maar probeer eenvoudig hou en vra om verskoning as jy dalk sukkel om alles te verstaan. Die statistieke is eintlik die belangrike deel en ek hoop jy kon dit volg:
-Missed tackle - as jy ‘n duikslag mis
-Penalty - ‘n strafskop
-lineout -’n lynstaan
-handling error - ‘n hanteerfout
-possession -balbesit ens ens..
Die statistieke kom van ‘n maatskappy in New Zeeland so dit neem bietjie lank om alles te vertaal..Weereens jammer. Ek belowe om gereeld in Afrikaans ook te skryf. Dit is lekker om die Afrikaanse goed ook op die Vodacom Cheetahs “fanpage” op Facebook ook te plaas - dan dwing ons al die Engelse rugby ondersteuners sommer om in ons mooi Afrikaanse taal ook te lees. Gesels intussen gerus voort in Afrikaans - ons waardeer al die kommentaar!
Oor Demas - my persoonlike mening is nie baie positief. Hy het spoed en ‘n goeie skopvoet -maar dit maak nie op vir die gebreke op die verdediging en onder die hoog skop nie! Ek sou verkies om Bjorn Basson saam te vat wat beindruk het in die eerste helfte veral. Jammer oor sy persoonlike probleme wat hom hier hou…
Hoe lyk dit vir n opwindende agterlyn : Pretorius, S Eberson, R Eberson,Snyman,Basson (Mapoe beseer),nokwe,en Viljoen . Ja ek weet dat daar nie n spesialis skopper is nie en daar kan ook geredeneer word dat die agterlyn te klein is en en en en - maar ek is oortuig die agterlyn sal gate deur meeste agterlyne hardloop en weer Vrystaat rugby van ouds speel . Goeie aanskoulike rugby wat die stadions vol maak . Kan enige iemand vir my se waneer laas het VRU n kwaliteit speler van n ander unie gewerf . . . . . . .ek kan nie aan een dink nie , maar daars n trop hasbeens waaraan ek kan dink
Guestwriter 16…Dit wat jy daar geblog het waardeur ek sommer baie oor die AFRIKAANS. JA MAGGIES moet dit altyd die AFRIKANER wees wat die rug moet buig, Hierdie WEBSITE het ek al begginne blog van die 1ste dag af en dit was net AFRIKAANS en dit het gevoel of jul dit ook nou wil verander. JA help ons om ons mooi taal op te pas hier op die blog thanx. Net 1 verskil oor DEMAS, Hy kan ook glad nie skop nie. Waarom is BASSON nie saam nie, ek hoor oor persoonlike redes, maar persoonlik dink ek dis n foefie en dat daar nie plek vir hom was oor DEMAS en dat hulle hierdie snert uitgedink het.
PeetP - Ek hoor Christo Spies is Peanuts aangebied en het toe besluit om nie sy tyd te mors nie. Hy het glo lekker gewerk met die span, baie reg gekry, en hy sê daar is baie potensiaal, net jammer Naka en Meyer wou nie sy sessions bywoon nie…. Laat mens nogaal dink ne?
Guestwriter 15….As ek n paar puntjies net kan noem wat my opval oor die posting wat jy hierbo noem. STATS is goed en wel soos jy noem oor die skoppe, en penalties ens, maar wat belangrik is n span kan 5keer meer skop maar dis elke keer doeltreffend as vat jy minder geskop het maar dis almal poef skoppe, dan die penalties moet n mens gaan kyk in watse min het die CHEETHAS strafskoppe afgestaan wat die game of geswaai het of verder gerek het dat dit nie meer moontlik is om te wen nie, gewoonlik dan sal die ander span meer foute maak en hul dissipline verswak. Wat ek net wil se is al het ons minder geskop se dit nie dat ons nie so sleg moet voel teenoor die aantal van die REDS nie ons skoppe was doelloos. Al het die REDS meer strafskoppe afgestaan kan ons nie se ons dissipline was beter nie, want dit was swak want ons het op cruesel tye strafskoppe en swak verdediging dissipline gehad, die REDS se strafkoppe het gekom toe die koeel deur die kerk is.
“Hy en Daniller kon nie die Reds pak nie, maar behoort volgens Fourie vandag fiks verklaar te word wanneer die Vodacom Cheetahs hul span vir Saterdag aanwys.
Hoewel albei waarskynlik in die beginspan sal wees, sal Riaan Viljoen (heelagter) ná ’n goeie vertoning teen die Reds ongelukkig wees om sy plek af te staan”
HOEKOM? HOEKOM MOET VILJOEN NA ‘N GOEIE VERTONING WEER PLEK MAAK VIR DANILLER? HOEKOM KAN DIE MAN WAT VAN ‘N BESERING TERUGKOM NIE MAAR OP DIE BANK BEGIN NIE EN DIE MAN WAT DIE GOEIE VERTONING TEEN DIE REDS GELEWER HET DAN MAAR NIE IN DIE BEGINSPAN SPEEL NIE. HET HY ‘N BIER MET SY ETE GEDRINK EN WORD NOU DAAROOR GESTRAF? OF WAT? AS ONS WIL “HARDLOOP” MOET HY IN DIE BEGIN SPAN WEES!!!
Dankie guestwriter jy het darem nou so ‘n bietjie vir my gehelp!
Ek wil weet wat is die kanse dat Naka en Hawies gaan bedank as ons sleg geen doen in al ons volgende wedstryde?
Ek gaan nie ophou om die Cheetahs te ondersteun nie maar daar was nog nooit ‘n ommekeer in die Vrystaat se afwaarse spiraal van rugbyspeel nie.
Ander mense het met my gestry toe ek gese het dat Naka goed is as afrigter. Ek het gesê dat hy vir ons die 2005 curriebeker gewen het en dat dit nie Rassie Erasmus was nie… Maar ek was verkeerd….
Naka Drotske en Hawies Fourie moet asseblief bedank so gou as mootlik sodat die Vodacom Cheetahs weer hul geregtelike plek as die wêreld se beste harloop-rugby-span kan inneem. Selfs my vriende wat vir die Sharks en Stormers skree wie almal se tweede span die Vrystaat is, sê dat hul nie eers meer Vrystaat rugby kyk nie omdat dit boring geword het.
Ons het goed gevaar in verlede jaar se Curriebeker maar mens kan nie sê dat ons, ons spelpeil gelig het nie. Die S14 is ‘n baie ander kompetisie as die Curriebeker.
Die grootste spanbouskuif wat Vrystaat die afgelope drie jaar al gehad het sal wees as Naka en Hawies bedank.
Ek wil weer nie ‘n doemprofeet wees nie maar ons gaan nie ‘n enkele wedstryd op ons toer wen nie. Dit is omdat ons span so erg vasgeval het in doellose spel dat ons nie nou ewe skielik sal kan hardlooprugby speel nie.
Al hierdie goed wat nou op gesê word deur Naka was verlede jaar en die jaar voor dit ook gesê… soos “ons gaan hardlooprugby speel” ens.. ens.. ens…
Ek het verlede jaar gesien hoe ons vaar toe ons wou hardloop soos wat Vrystaat in die verlede kon hardloop… dit was ‘n ramp. Die agterlyn weet nie hoe om doelgerig te hardloop nie. Al hardloop hulle is dit doelloos.
Daar is nie meer flair by die Vrystaat Cheetahs nie.
Die enigste Flair wat ek tans waarneem is dat Afrikaans met Engels vervang word….
Daar is ‘n spreekwoord wat lui: “jy dinges nie op jou eie voorstoep nie…. en die voorstoep van die Vryataat Cheetahs is tans 95% Afrikaans”
JJ -Doodreg! Ek stem saam! Naka het na die Stormers wedstryd gemeen die bsluit om te skop was13 uit die 17 keer korrek. Dit meen egter nog nie dit is effektief nie. ‘n Skop is net so goed soos die opvolg daarna! Ek dink die Bulls is op die oomblik die beste met die taktiese skopwerk!
Met die strafskoppe ook is dit belangrik waar op die veld en op watter stadium.Ek moet erken dit is interessant om na al die statistieke te kyk en dit dan in ag te neem wanneer ek weer na die wedstryd kyk. Ook belangrik is byvoorbeeld nie net die “passes” nie - maar hoe was die pass en het dit die ontvanger in staat gestel om oor die voordeellyn te kom of moes hy teruggryp of in die lug spring om dit te bemeester…
JJ - My bron naby die span het my meegedeel dat Bjorn wel sou gaan indien dit nie vir persoonlike issues was nie. Ek het bietjie meer inligting maar uit respek vir die man se privaatheid sal ek dit nie hier aanhaal! Bjorn het my beindruk veral in die eerste helfte, is solied op die verdediging en puik onder die hangskop - hoop hy sorteer die persoonlike goed vinnig uit!!
Dit is werklik jammer dat die Cheetahs so trek met die beserings. Ek glo hulle het in die eerste paar wedstryde meer belofte getoon as op dieselfde stadium laasjaar. Indien ‘n span soos die Stormers hulle “back three”, drie losvoorspelers asook begin slot verloor sal hulle verseker ook stotter en sukkel.
Ek vind dit egter verstommend dat die voorry wat laasjaar almal in sig behoorlike in die grond in geskrum het hierdie jaar so sukkel om die mas op te kom. Wat gaan fout daar voor? Dit is tog dieselfde spelers wat goeie ervaring opgdoen het in Ierland en die Barbarian span wat nou agteruit boer! Kan iemand dit verklaar?
Ek dink dat die verlies aan Jacques-Louis Potgieter ‘n groot bydrae lewer tot die probleme in die agterlyn se aanval potentiaal. Hy het verlede jaar ‘n vonk gegee wat Olivier nie het nie. Bosman op binne senter is vir my steeds die beste opsie met Eberson en Uys wat roteer kan word. Viljoen het goeie tekens gewys op die aanval en beskik oor ‘n reuse skopvoet, ek voel net dat hy meer by die agterlyn moet insny want sy spoed is bedrieglik vinnig!
Ek sê weer- ek onderteun eerder ‘n Vrystaatspan wat veloor as ‘n stormer of sharkspan wat wen!!!
Ek hoop net daar is ‘n dem goeie rede waarom Basson nie saam gaan toer nie, want wraggies- hy is beter as albei ons huidige vleuels- ek weet regtig nie wat die afrigterspan teen hom het nie maar dit kan beslis nie iets met sy spel wees nie!!!
Hier gaan ons alweer, Volksblad van 31 Maart, Riaan Viljoen is op die bench en Danniler is in die begin span. Viljoen speel 10 keer beter as Daniller maar iewers is Daniller iemand se wit broodjie, want as jy hardloop rugby wil speel is Daniller nie die ou nie.
Hawies en Naka is soos die regering, ek laaik jou dan kry jy die werk of pos, is hulle dalk aangesluit by die jouflieg?
Maatjan - ‘n Sharks span wat wen? Selfs al wen hulle ondersteun ek hulle nie, maar hierdie jaar sukkel hulle selfs of drieë te druk! Hierdie Saterdag gaan hulle weer op hulle baadjie kry!
Bloggers almal is so negatief dink aan die positiewe.
1.Ons is reeds uit ons kan begin werk aan die curriebeker.
2.Ons hoef nie meer te “stress” soos die Bulls en die Stormers, gaan hulle tuis of weg semi finale speel.
3.Wonder of ons gaan bonus punte vir 4 driee kry, want ons druk net 1 of 2 so die antwoord is altyd nee.
4.Ons is mos altyd gelukkig om 1 of 2 upset n seisoen te wen, 3 dan sal dit n reuse sukses en 50% verbetering.
5.Skop afrigters, ons het hulle nie nodig nie, Naka het mos baie taktiese en pale skop werk gedoen in sy speel dae, dit is net geld mors.
6.Ons hoef nie “line breaks” te tel, want daar is nie.
7.Uit die 58 super wedstryde het ons al 14 gewen dit is n hele 24% sukses(9wenne in eerste 26)
So moenie negatief wees dinge lyk goed vra net vir OomHerald hy sal dit bevestig
So manne as julle aan meer positiewe punte kan dink sit dit op die blog
Scaramouche 26..Stem saam met jou,no 10 is waar die probleem le in die agterlyn,en dit onderstreep ook wat Guestwriter se alhoewel hy nie name noem nie.Hy praat van passes waar die spring om die bal te ontvang ens en dit begin daar.Ek kon onthou in die tagtigs toe Vrystaat n swak pak voorspelers gehad het,maar almal het gese die agterlyn is gevaarlik…hoekom want Gysie het geweet hoe om sy agterlyn op SPOED weg te stuur alhoewel hy onder druk was.
Phillip, ‘n belangrik positiewe punt:
Ons is nie Leeu ondersteuners nie!!
Phillip (30)
Jy maak my dag!! LMGA
PHILLIP …..JY het nog 1 ding vergeet! ONS X - FAKTOR…..ons spelbreker, ons spoedvraat, ons skopkoning, ons dodelike verdediger masjien, ons wedstryd wenner, ons punte masjien ……………. DEMAAAAAS.
Sorry maar ek dink ook soos baie van die manne dat daar n nr 10 moet wees wat wat kan dikteer en weet wat bedoel word wanneer daar gepraat word van skop,ek is n verslae Cheeta in Stormers land maar sal hulle bly ondersteun so maak n plan met die afrigting span want laas toe die Cheetas n ordentlike nr 10 gehad het, het ons die koppie gewen wat gaan ons die Currie beker doen sonder n erkende nr 10 ?
Guestwriter 15,
Ek het ‘n teorie oor waarom die Cheetahs altyd in die Super 14 sukkel.
In die Currie Beker (CB) is daar elke jaar miskien 3 of 4 sterk spanne. Dit is dus nie te moeilik om onder die top 4 te eindig nie. Nou weet ons ook dat die Cheetahs enige span op die dag kan klop, as alles vir hulle die dag goed afloop en hulle goed saamspeel as ‘n span (ons weet hulle het nie hoeveelheid Springbokke wat ander spanne het nie). So in die CB is daar eintlik net twee groot “crunch-games” vir die Cheetahs.
In die S14 egter is daar seker 10 tot 12 sterk spanne. Soos ek gese het, as alles reg loop vir die Cheetahs kan hulle enige span op die dag wen. Maar anders as in die CB waar daar eintlik net twee “crunch-games” is, is daar dus 10 of meer sulke games in die S14, en dit net om die semis. En alhoewel die Cheetahs op die dag van die sterk spanne kan klop, dink ek nie hulle kan dit 10 keer of meer regkry in een kompetisie nie.
Dit is waarskynlik waarom die Cheetahs altyd sukkel in die S14.
Sal graag jou kommentaar wil hoor.
DEMAS - D aar E ss M oss A nner S pelers….
Was dit nie vir Demas nie sou ek moes glo dat ons geen kans meer het nie. Hy kan nog die ding draai en ons tot in die semis neem. Hy is die Chuck Norris van Vrystaat Rugby. Die Generaal. Ons De la Ray….
Waratahs 35 - VS 20? Wat se julle, skat ek ons telling bietjie hoog. Ek kan nie veel minder vir ons skat nie want onthou Demas is daar en sy vier driee is 20?
Spikkels, ek wou dit se nie onthou ons moet nog die Leeus speel.
Enige nuus oor Juan en sy pa se gesondheid?
Juan is op die vlug na Australie
36 Hans
Ek stem saam met jou en wil ook net byvoeg dat die S14 ‘n internasionale kompetisie is en daarom sal die spanne met die meeste internasionale spelers en ondervinding die beste vaar.
Maar……….
waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg! Kyk na die Reds. Hulle het nie baie groot (lees internasionale) spelers nie, maar hulle het ‘n puik afrigter wat nederig is (en nie ander spanne in die media waarsku nie) met trots en passie, wat hy duidelik na sy spelers oordra.
Hy is ook nie skaam om sy jongmanne te gebruik nie.
Die Force is nog so ‘n span. Ja hulle wen nie altyd nie, maar hulle doen alles op vol spoed, speel met passie en vertroue. En….
Weereens is die afrigter nie skaam om sy jong spelers in te span nie.
Naka (en veral Hawies) ons (die ondersteuners) is miskien ape, maar ons is ou ape. Maw julle mislei ons nie meer nie, want ons weet al lankal julle is, as afrigters, nie op S14 standaard nie. Julle wedstrydplan om alle balle weg te skop en julle spankeuses (DD, Lykswa Uys en Barend op vlank) getuig van julle onvermoë.
Doen die eerbare ding en bedank.