
Vodacom Cheetahs v Reds Half Time Stats
Vodacom Cheetahs v Reds
Date 26 March 2010
Venue: Vodacom Park
Match Report/ Scorers
3min Vodacom Cheetahs 3 Reds 0 Penalty Meyer Bosman
6min Vodacom Cheetahs 3 Reds 5 Try Will Genia
30min Vodacom Cheetahs 3 Reds 8 Penalty Will Genia
32min Vodacom Cheetahs 10 Reds 8 Ashley Johnson try from scrum 5 metres out, Conversion Naas Olivier
40min Vodacom Cheetahs 10 Reds 11 Penalty Quade Cooper
Half Time Vodacom Cheetahs 10 Reds 11
44min Vodacom Cheetahs 10 Reds 14 Penalty Quade Cooper
47min Vodacom Cheetahs 10 Reds 21 Try Peter Hynes Conversion Quade Cooper
73min Vodacom Cheetahs 10 Reds 24 Penalty Quade Cooper
78min Vodacom Cheetahs 10 Reds 31 Try Digby Ione Conversion Quade Cooper
Result Vodacom Cheetahs 10 Reds 31

Supersport Stats after 80min

Ja, daar begin ons toe redelik mooi, met rustyd nog ‘n kans gehad, toe onverklaarbare plaasvervangings, en Demas hele game op die veld. Basson bewys hy hoort saam met Nokwe op vleuel en Demas nie. Bosman te veel foute Viljoen toon potensiaal, waarom Floors nie begin. Naka slaan die tafel dat sy botteltjie water in die lug op spring, maar die skop taktiek bly voortgaan doellose skoppe skop besit WEG. Naas Olivier weer nie goeie game vervang gou met ander soos Sias of sit Riaan op Losskakel. Robert goed gedoen. Demas lyk soos ‘n mummiek kunstenaar, maar Naka en Hawies het hom seker geniet. Spelers klou te lank aan bal en wil net nie betyds pass nie, voorspelers te prominent in agterlyn, ons gaan ‘n bulspan he in volgende jaar se Vodacom cup, maar Griekwas gaan ons ore aansit. Dit als my opinie in ‘n neutedop, meer later. Bloubul waars jou positiewe kommentaar ou maat? Die bier was vanaand lekker koud. Ek het darem lekker punte op superbru met die game gekry. Lekker naweek mense en goeienag, NAG OU GROTE!
Aan almal by die VRU
Ek kan ‘n hou op die ken vat soos ‘n man maar dit is nie lekker om doodgemoer te word nie!
Die tipe spel wat die Vrystaat oplewer is nie die spel wat my ‘n passievolle Cheetah-endersteuner maak nie.
My hart is baie seer oor hoe ons tans speel. Ek het ‘n sagte plek in my hart vir Naka Drotske en almal by die VRU. Naka was kaptein toe ons die Blou Bulle in die Curriebeker gewen het en ek kan nog onthou hoe die TV sy silouhette van agter af gewys het toe hy uit die donker gang met die bal in sy regterhand die Vrystaat-span op die sonnige oorverligte veld gelei het! Ek kry sommer hoendervleis terwyl ek dit nou skryf. Daardie beeld sal by my bly tot ek eendag doodgaan.
Met alle respek aan almal is dit nie vir my lekker om mee te deel dat ons afrigters tot ‘n groot mate droogmaak nie!
Ons wedstrydplanne werk nie!
Ons maak te veel foute.
Daar is nie ‘n leidsman op die veld nie.
Die vleuels kry nie balle op spoed nie.
Die sterk voorspelers word stukkend geskrum.
Ons het nie die vermoë om te konsolideer nie.
Ons kry nie die balle op spoed by die agterlyn af nie.
As dit lyk of ons iets wil doen maak ons simpel foute.
Waar is die regte Cheetah rugby begrawe?
Hoekom moet ons die wedstryplan aanpas vir elke wedstryd/span teen wie ons speel?
Het mens werklik nodig om “aan te pas” as jy die basiesed dinge reg doen?
Kan ons bekostig om aan te pas as ons nog nie eers ‘n styl het wat ons as basies kan gebruik nie?
Dit voel vir my tans asof ons verlede jaar oor beleef. Ons het verlede jaar ook elke nou en dan anders begin of eerder PROBEER speel net om te besef dat ons nie goed genoeg ge-olie is om iets anders as ons gewone dom patroon te volg nie.
Ek het vanaand teen die Reds gesien dat ons probeer om bietjie meer te hardloop met die agterlyn. Dit is vir my sleg om te sien dat ons so erg sukkel om te hardloop met die agterlyn.
My gevolgtrekking is dat ons agterlyn heeltemal te min geslyp is om te hardloop!
Doemprofeet is ek nie maar ons gaan al ons wedstryde oorsee verloor omdat ons vergeet het om te hardloop. Nou probeer die afrigters dit weer inbring in ons rugby maar dit is te laat. Hoe leer jy ‘n agterlyn aanval in slegs 4 of 5 dae?
Ek is nie daarteen om mens se wedstrydplan effe te wysig nie maar watse wedtrydplan het ons al ooit gehad vandag Naka afrig?
In die verlede as die Vrystaat agtergeloop het, het dit altyd gevoel asof ons maklik gaan terugkom in die wedstryd in. Teen die Reds en verlede weet teen die Stormers het ek met 20 minute oor in albei wedstryde nie meer hoop gehad vir die einde nie omdat ons nie speel vir wen nie.
Waar is Guestwriter 15 nou? Watse verksonings moet ons nou weer hoor?
Vanjaar was die jaar wat ons span diepte en talent gehad het! As die afrigters nie van jaar iets kon doen met die span nie dan is daar mos nie fout met die spelers nie!
Hoe lank is Hawies en Naka se kontrakte nog?
Eerstens moet ek noem dat ek dink dat die Cheetahs in sekere opsigte beter gespeel het as teen die stormers. Ons het egter teen onsself verloor. ek het nog nie gesien dat ‘n senior span soveel balle in kontak situasies verloor nie. Feitlik elke duikslag wat deur die Reds uitgevoer was het veroorsaak dat ons die bal vorentoe verloor. Dit help niks ons probeer aanval en verloor al wat bal is nie. dis basiese goed wat ingeoefen moet word en lyk nie of dit gedoen word nie. daar is nog baie harde werk voor. Dit het regtig by tye gelyk of dit nie ‘n afgerigte span is nie
Ai wat ek se.Miskien tyd dat Sias 10 toe skuif,die agterlyn kom nie aan die gang nie.Gee robert en Snyman n kans op senter.JJ,Chris en kie,ek kan julle frustasie verstaan.Hoekom Coenie loskop speel sal net Os weet.Defenatief Sias op losskakel,laat meyer pale toe skop.Adriaan nee,15 min oor en jy skop nie pale toe nie.Nico Breedt beste Cheetah op die veld
Ek wil nie negatief klink nie maar ek het regtig gehoop hierdie jaar gaan anders wees vir die Cheetahs, maar dit lyk nie so nie. Ek het my regtig voorgeneem om nie individuele spelers, afrigters of hul spankeuses meer te kritiseer nie, en gaan dit ook nie doen nie. Maar na die afgelope 2 naweke is dit regtig moeilik om postief te bly. Ek weet daar is beserings. En beserings aan sleutelspelers. Hoe veroorsaak hierdie beserings egter dat ons maklike skoppe mis? Aanslaan reg voor die doellyn? Simpel strafskoppe weggee? Nie tackle nie? Balbesit wegskop? Om te se ek is teleurgesteld is uiters lig gestel.
Onlangs was die salaris van Lionel Mapoe in die nuus oor. Dit was vir my ‘n skok om te hoor dat ek na 12 jaar in die IT industrie minder verdien as die minimum salaris van ‘n S14 speler. En dis nie dat ek dit hulle gun nie, maar ek reken as jy daardie tipe geld verdien vir Rugby speel moet jy darem basiese dinge in Rugby regdoen. Of is ek verkeerd? Miskien moet hulle die spelers beboet vir elke misskop, aanslaan, gemiste tackle of strafskoppe afgestaan na elke wedstryd.
Ten spyte van als bly ek nog steeds ‘n Cheetah ondersteuners en glo val hulle kan enige span in die S14 klop. Hulle kan dit egter nie doen al hulle teen hulself speel nie.
Sterkte vir die komende toer.
Verlede jaar en die jaar voor dit het Naka en die afrigters dikwels verskonings gesoek vir ons swak vertonings in die Super 14. Baie van die verskonings is dikwels herhaal en ek kan die meeste daarvan goed onthou. Die volgende is maar net ‘n paar van die verskonings wat gereeld gebruik is.
1) Die ander unies koop ons spelers
2) Die span is jonk en onervare… ons is in ‘n bouproses
3) Die indeling van die Super14 is nie in die guns van die Vrystaat nie
4) Onervare skeidsregters word gebruik vir Vrystaat se wedstryde
Vanjaar kan nie een van die bogenoemde verskonings gebruik word nie. Ek beantwoord die bogenoemde verskonings ooreenstemmend volgesn nommer.
1) Alhoewel baie van ons goeie spelers gekoop word deur ander unies het ons die afgelope twee jaar baie van ons spelers behou. Ons het redelike diepte hierdie jaar en ons het ongekende talent veral in ons agterlyn…. (wat net nooit gebruik word nie)
2) Die Vrystaat-span wat tans op die veld draf in nie onervare nie. Die span het spelers wat baie ervaring het wat veronderstel is om al teen die tyd te weet hoe om wedstryde te wen.
3) Hierdie jaar is ons S14 indeling verseker die beste wat ons nog ooit gehad het mat al ons lekke tuiswedstryde aan die begin van die seisoen… dit was veronderstel om vir ons ‘n lekker fundamnet te gee!
4) Ek weet nie of die mede bloggers met my saamstem nie maar ek dink dat ons wedstyde tot dusver deur bekwame skeidsregters hanteer is. Al waarmee die skeidsregters gesukkel het is met die interpretasie van die nuwe reels maar die vlak van skeidsregters was goed wat ons gehad het tot dusver. Ons kan die S14 ‘n pluimpie in die hoed gee vir hul werk hiermee.
Mens wonder net wanneer die afrigters mans genoeg sal wees om die tuig neer te lê.
Hoekom kan ons afrigters nie die mas opkom in die S-14 nie?
Dit maak my dikwels kwaad das spelers gesteel word deur ander unies maar ek is eintlik bly dat Mapoe deur die bulle gekoop wil word want daar gaan sy talent en vaart ten minste gebruik word.
Wat help dit mens het die beste vleuels in wereldrugby en ons skep nie geleentheid vir hulle nie? Nee wat… Mapoe gaan maar agter die geld aan en agter die Bulle aan.
As Vrystaat eendag met nuwe afrigters en met postiewe-hardloop-wen-rugby weer meer toeskouers trek en meer geld maak sal ons nie so malklik ons goeie spelers verloor nie!
Ons het ongelukkig verloor, maar ek het die hele dag baie geniet. Die vermaak was lekker en ons het heerlik gekuier tot laat. thanks unie ek het regtig dit geniet. Ons het ongelukkig baie bad luck met al die spelers gehad wat beseer is of onttrek het
Wat ‘n gemors, Naka en Kie glo nog steeds skop rugby is die antwoord, ons kies ‘n slot op flank (wat se boodskap stuur hulle aan los voorspelers op die bench?). Ons agterlyn se aanval vermoee is swakker as Grey se derde span. Vrystaat Rugby unie word asseblief net wakker!!!!!! Ons het goeie spelers maar hulle moet reg afgerig word, ge-motiveer word en die ouens moet in hulself begin glo. Ek dink nie ons afrigting span het die vermoee om dit te doen nie.
Laastens HOE LANK GAAN DIE CHEETAHS NOG MET 14 MAN SPEEL? WANT DAMES (DEMAS) BETEKEN %^$&*@.
Ek hoop die blog word gelees deur Harold Verster, sodat hy die boodskap kan kry.
Groetnis!
Ek weet nie meer nie. Waar is die lakwerk om die bene, waar is die vuur en die wil om te wen?
Ek dink die bestuur en afrigters is nie meer opgewasse vir die taak nie. Daar moet na nuwe bloed gekyk word.
Dankie kierie - bly jy het dit geniet!
Gelyk of die spelers “jetlag” gehad het. Lusteloos gespeel en verdedig. Selfs ervare Meyer het eerder om bolyf probeer tackle instede van onder by die enkels.
Was nogal geskok nadat hy op TV gese het dat hy negatief is….Geen goeie beeld nie Meyer, as jy so iets op TV se, moet daar iewers frustrasie/ fout wees….
Stem saam, jy kan nie n slot wat nou eers weer begin speel, op flank sit nie. Dis juis waar ons nie vinnig genoeg balbesit kon kry nie, Reds was baie vinniger by al die losballe.
Ek hoop dat ons tenminste 2 wenne op toer kan optel, ….hoop..
Asseblief, moenie weer verloor nie, die Haaie is nou 1 punt bo ons…
Jammer mense maar solank as wat daar met Naas Olivier voort geploeter word,wat nie n agterlyn kan wegstuur nie en almal onder druk plaas wag daar probleme.Chris as jy Cheetah rugby wil sien gaan jy wag tot Sias eendag in die span is.Die kenners se nou wel ander dinge maar daai outjie stuur n agterlyn op spoed weg,Naas is die rede hoekom die agterlyn so so lyk.Leon Schuster se lied kan nou maar vir Vrystaat gesing word.skop skop Nasie skop al wat n bal is.Philip Snyman en Sias sal n REUSE verskil maak.
Leer die afrigters die spelers dat mens nie teen die pale mag druk driee druk nie? Daar was ‘n sekere 7 punte op ‘n skinkbord toe probeer hulle oor die lyn dryf terwyl dit baie maklikker sou wees om sonder teenstand teen die kussing te druk. Dit en ander dom foute soos om nie geleenthede pale toe te vat nie, maak dat my maag sommer wil gaan.
Ek het nie geld om elke week nuwe onderbroeke te koop nie, asb. Cheetahs ruk julle reg, Rugby is ‘n eenvoudige game, sterkte vir die toer.
Blou Bul - jy ken jou rugby ! Maar wat Sias , Snyman of Whitehead is nie eens in die groep wat gaan toer nie . Die drie jong ysters kan nog diep spore in Vrystaat rugby trap maar wat glo my n ander unie sal hulle gou op raap . Hiedie was die gulde geleentheid vir die jong spelers om naam te maak . Boom Prinsloo kan gerus maar ook n kontrak kry -
hy kon inteendeel op die bank gewees het teen die Reds . Ed wat dink jy hiervan en dankie vir jou komunikasie
Editor is daar dalk iemand in die unie wat kan reageer op die onderdteuners se idees/klagtes? Hulle kan tog sekerlik nie tevrede wees met wat aangaan nie. Wat is Basson se probleem dat hy nie saam wil gaan toer nie? Hy word mos betaal om vir die span te speel
DEMAS TOER WRAGTAG SAAM!
CHRIS 6…Ek kan maar net my kop skud en saam stem. Ek het my voorgeneem vrydag ek gaan nie weer toelaat dat NAKA/HAWIE my bloedruk laat kook met hul gameplan en spankeuses nie. GELUKKIG WAS DIE BIER KOUD…. VRU sal weer regkom as daardie ouens bedank. Miskien moet NAKA dalk net sy groot mond hou om nie so windgat in die koerant te se die WARATHAS moet pasop. BOET KRY EERS JOU GAMEPLAN REG, DAN JOU SPANKEUSES, WANT KYK WAAR DIE WARATHAS LE OP DIE LOG EN ONS WAT SE HUL AFRIGTERS DOEN IETS REG WAT JY NOG MOET LEER. MISKIEN MOET JY EN HAWIE DIE VIDIO’S BESTUDEER TOE OOM NELLIE, PEET KLEYNHANS, RASSIE AFGERIGS WAS EN TIPS VANG EN VRYSTAAT RUGBY TERUG BRING . KURT DAREN, KURT, KURT HENG EK SO GEHOOP JY KAN MY HOOR EK SIEN JY HET AANDELE IN BOLAND, KRY HAWIE EN NAKA DAAR, DEMAS, HUL SAL JUL HELP OM BOLAND OP DIE BEEN TE BRING. E.D WAT MOET ONS PERSPEKTIEF HIERDIE WEEK WEES. EEN DING STEM SAAM DIE VERMAAK WAS LEKKER EN ONS KLOMP MANNE KON ONS AFSLUIT EN DIT GENIET HET.
Blou bul, ek stem gewoonlik met jou saam, maar verduidelik net gou vir my: Jy se bring vir Sias Ebersohn en Philip Snyman in (Ek stem saam), maar dan se jy Meyer moet pale toe skop. Watter posisie wil jy he moet Meyer speel? Jy wil sekerlik nie vir Robert drop nie?
Die Waratahs se driee tot dusêr in die Super 14
Let wel
TOTAAL 29 drieë in 7 wedstryde
Gemiddeld 4,14 drieë per wedstryd
20 drieë deur agterlyn (68%)
9 drieë deur voorspelers (32%)
Drew Mitchell (vleuel) - 6 drieë
Lachlan Turner (vleuel) - 4 drieë
Daniel Halangahu (losskakel) - 3 drieë
Tatafu Polota-Nau (haker) - 3 drieë
Tom Carter (senter) - 2 drieë
Joshua Holmes (skrumskakel) - 2 drieë
Dean Mumm (vlank) - 2 drieë
Wycliff Palu (agsteman) - 2 drieë
Ben Mowen (flank) - 1 drie
Robbie Robinson (heelagter) - 1 drie
Ben Smith (vleuel/senter) - 1 drie
Hayden Triggs (slot) - 1 drie
Fetu’u Vainikolo (vleuel) - 1 drie
Vrystaat het nog slegs
9 driee in 6 wedstryde
Gemiddeld 1,5 drieë per wedstryd
Drieë deur agterspelers - 4 (44%)
Drieë deur voorspelers - 5 (56%)
____________________________________________________
My gevolgtrekking is dat Naka Drotske en Hawies Fourie vir drie jaar lank gebou het aan ‘n span wat wat nie meer kan drieë druk nie! Ons het in 2008 tot voor die semmis in die Super14 die meeste driee gedruk!
Tans is ons die span wat die minste driee druk en die ENISTE span wie se AGERSPELER minder drieë gedruk het as hul agterspelers.
As mens na bogenoemde kyk lyk dit baie skokkend oor hoe erg ons ageruit geboer het vandat Naka as afrigter oorgeneem het.
Ek weet nie waar was Guestwriter 15 twee jaar terug nie maar as mens na die groter prentjie kyk wat dan is ons slegter af as verlede jaar. Ek sê dit omdat ons ‘n beter span het as verlede jaar maar ons doen swakker. Dit kan onmoontlik nie die spelers wees nie. Alle vingers wys na die afrigting.
Selfs die nat weer kon Vrydag nie my geesdrif demp nie.
Nie eens die nuus dat die Demas op die veld is kon my geesdrif demp nie.
Nie eens die slegte nuus oor Juan se onttrekking kon my geesdrif demp nie.
En toe …… Toe loop speel my span, my passie soos ouens wat nie WIL speel nie.
Die enigste ligpunt in 80 minute van hel was Bjorn Basson. Dankie Bjorn.
Ek weet net nie meer nie!
En moet verdomp nie meer vir my preek oor ek negatief is nie!!!!!
Wie kan positief wees na Vrydagaand se getjommel???
Ed: Kan jy asseblief my sterktewense by Juan uikry?
BLOU BULL…Dis wat ons al lankal se. Al die afrigters gebruik of sit hul jongelinge in die span maar ons liewe afrigters bere hulle vir wat. Ons het al vir SIAS, PHILLIP, BASSON, WHITHEAD al LANKAL nodig gehad, MAAR hoekom is hul nie daar nie, HASBEENS, WILD HORSES . Ek stem met jou ons het experience nodig maar as die experience ouens se game time uitloop en die experience ouens uit die bus uit val is dit tyd om jong ouens maar in te span, want die experience ouens bring nie veel om op die tafel te sit nie en slegter sal dit ook nie gaan om hulle in te bring nie.
Norman 18.Ek sal graag Meyer saam met Sias wil sien ek kyk of sy spel peil kan verbeter en senter speel.Wat ek bedoel,meyer vertolk tans die rol van n losskakel met Naas wat nie van die merk af kom of die lyn aanval nie,daarom sit ons met 1 senter en daarom word daar nie driee gedruk nie.Ek wil graag wil sien dat Meyer sy senter rol vertolk en as hy droog maak,maak die senters dan Ebersoh en Snyman met Bosman op die bench.
Blou bul lyk my jy kom darem ook nou by. Positiwiteit alleen gaan ons nie nou help nie, net driee, en baie van hulle gaan. Meyer Bosman is volgens my steeds nie goed genoeg op senter nie, hy mors balle gee besit weg en kan nie ordentlik tackle nie. Saam met Naas het ons twee blokkasies voor die bal by die werklike agterlyn kan uitkom. Ek se weer as Bosman in die span MOET wees sit hom dan eerder op losskakel as senter, en Sias en Robert op senters. Snyman op bank. Floors moet ook ‘n plek kry.
(Ek dink dan verder Riaan Viljoen op vleuel en laat Demas dan maar heelagter speel en se hom om nie verby die doellyn te beweeg nie, en weg te bly van die bal af. En as jy 10-11 agter is met rustyd, hoekom wil jy spelers wat hul deel doen vervang? As ‘n ou goed speel laat hy bly! En die wat vrot speel? “Jou straf sal wees om 80 minute op die veld te bly jou blikskottel!”
Ek dink die afrigter(s) is net eenvoudig moedswillig en wil net wys hulle is in beheer hulle sal nooit na die publiek luister nie, wat weet hulle?, dis waarom die “hasbeens” bly gekies word. Of ja, dalk weet hulle iets……
Graag vra ek die volgende:
Waarom kan die Vodacom beker span hardloop rugby speel en drieë druk, top of the log wees en die Super 14 span ploeter net?
Kyk na die jong turke in daai agterlyn, raak ontslae van ouens wat nie wil/kan speel nie, fire die wanna be afrigters van die S14 en kry manne wat weet hoe om af te rig en nie net tjommy tjommy wil wees nie. Terwyl julle daarmee besig is fire Harold en Piet ook sommer en kry administrateurs wat nie groter as die spel probeer wees nie.
——————-
-’n Cheetah gedig -
——————-
Naka pluk aan Hawies se mou en skree “wat nou!?”
Die tweede skop pale toe is sopas verbrou….
en Demas het te diep in sy neus gegrou
Selfs ou Os sug en sê “O wee……
ons het dan ge-oefen en maar die skrums gee mee,
en waars die leiding van Wian du Preez
Agter die pale skree Juan dat sy kleinting uitsteek,
hy beweer die skeidsregter is besig om ons te verneuek,
en Demas se vinger in nou al in sy neus afgebreek
…..
die spelers luister aandagtig want vandad wen ons mos waragtig!
maar die endfluit praat hard,, die wedstryd-plan ‘n warm patat,
en ek het lus en skop Naka onder sy gat.
Terug op die blog tik ek my vingers stomp terwyl Guestwriter my wil beteuel
as ek galbraak en broekstrooi oor ons wil speel sonder ‘n vleuel
Die waarheid maak seerder as om te hoor jou vrou is ‘n verraaier,
ja, iemand iewers is bang om Naka, Havies en Harold te faaier!
Deon, want ek dink Pine Pienaar is ‘n gehalte regdenkende en slim afrigter.