
Vodacom Cheetahs on Attack Photo by Hilton
Ek sou vekies om so kort voor die naweek net te verwys na die Vodacom Cheetahs as “gewond” in reaksie op die nederlaag verlede Saterdag op Nuweland. Talle spelers is egter beseer en maak die uitdaging teen die Reds soveel groter.
Teen die Hurricanes het ons egter gesien hoe nuwe spelers die geleentheid wat aan hul gebied is wel deeglik benut! Vrydagaand is die perfekte geleentheid vir nuwe spelers om hul stempel af te druk en aan die afrigters te bewys dat hul hoort in die beginspan!
Die Vodacom Cheetahs is ‘n gevaarlike span op Vodacompark en sal nie weer as gunstelinge op die veld draf en teleurstel soos teen die Highlanders nie. Die nederlaag teen die Stormers was ‘n teleurstelling – maar het ook baie positiewe tekens uitgewys.
Ek sal graag van hierdie positiewe aspekte wil noem:
- Die verdediging het heelwat verbeter sedert die wedstryde teen die Bulls en Highlanders
- Die skrumwerk is stewig en bied geleenthheid vir goeie balbesit.
- Daar word goed kompeteer in die lynstane en opponente kan nie maar verwag dat hul ingooie in die lynstane hul balbesit sal bly nie.
- Die voorspelers het hul man deeglik gestaan om die dryfbewegings van die Stormers hok te slaan.
- Die “kort- skoppie” bly ‘n belangrike wapen en kan, indien effektief uitgevoer, die hegte verdediging van opponent deurdring.
Verskeie bloggers het ook punte van kritiek uitgewys:
- Dat ons moontlik te veel balbesit weggeskop het.
- Dat ons meer met die bal in die hand moet speel en met groter geduld die bal deur fases moet neem.
Ek het die geleentheid gehad om die media geleentheid Dinsdag by te woon en aan die afrigters ‘n paar vrae te rig. Naka Drotske het aangetoon dat hy na bestudering van die wedstryd nie veel aan die wedstrydplan sou verander nie. Daar is gevoel na video analise dat die besluit om te skop 13 uit die 17 keer wel die regte besluit was. Die effektiwiteit daarvan het egter soms ontbreek!
Elke wedstryd word bestudeer en die wedstrydplan daarvolgens vasgestel. Daar is gekyk na die hegte “press defense” van die Stormers en besluit dat daar wel meer as gewoonlik geskop sou word. Die kort skoppie wat gelei het tot die drie van Meyer Bosman was juis ‘n voorbeeld van spel waar daar na ‘n paar fases nie deurgedring kon word nie en ‘n alternatief toegepas is. Hawies Fourie het beklemtoon dat hierdie wapen wel iets is waaraan hard gewerk word.
Die Reds is vanjaar ‘n baie gevaarlike span. Die erns waarmee die toernooi benader word is bevestig deur die Reds se besluit om reeds 7 dae voor die wedstryd in Bloemfontein te begin oefen.
Soos teen meeste opponente van Australië is ek van mening dat skopwerk uiters effektief sal moet wees indien dit as wapen aangewend word. Spelers van Australië word groot met “Aussie Rules” en is puik onder die hoë bal! Die Reds het aangetoon dat hul puik is op die teenaanval en onnodige of oneffektiewe skopwerk sal as ‘n wapen teen die Vodacom Cheetahs omgeswaai kan word.
Die skrukskakel Will Genia het ‘n puik aanvoeling vir die spel en huiwer nie om opponent aan te vat rondom die skrums en losgemale nie. Quade Cooper is ‘n aanvallende losskakel maar word ook soms bietjie weggesteek op die verdediging…
Ek is egter van mening dat die Reds ook gate op die verdediging bied indien die balbesit deur fases oor die breedte van die veld geneem kan word aan beide kante van die losgemaal. Teen hegte verdediging is dit egter ook dikwels om aan te val in dieselfde kanaal en sodoende eers oor die voordeellyn te kom.
Ek dink ook dat die Vodacom Cheetahs effektief kan wees indien ons meer dryf vanaf die lynstaan en dat ons sodoende verdedigers kan intrek wat meer ruimte kan bied vir aanvalswerk deur die agterlyn.
Wel, hierdie is ‘n paar van my gedagtes – ek verneem graag van die mede bloggers nie net wat ons nie moet doen nie – maar ook wat hul meen ons op moet konsentreer en waar die Reds aangevat kan word!

Wel van my kant af dink ek die cheetahs moet die volgende doen:
1. hou soveel besit as moontlik in eie hande
2. Dryf met voorspelers vanaf lynstane
3. Verdedig soos cheetahs
4. Deur die bal in hand te hou kan ons fase op fase opsit en so hulle verdediging oopvlek.
5. gebruik die agterlyn om met die bal te hardloop
6. As daar geskop moet word maak asseblief seker dat die bal nie direk in die teenstander se hande is nie en nie doelloos in die mideelveld af is nie
7 Wen die Reds
Sien julle daar op die stadion
Guestwriter
Jy is reg waar jy sê dat baie bloggers gesê dat bal in die hand gehou moet word en dat ons geduldig deur fases moet gaan.
Ek dink nie dit help as as ons die bal geduldig moet behou en wag todat iets gebeur terwyl ons nie hardlooprugby speel nie. As jy bal in hand het en niks daarmee kan uitrig nie dan is dit mos beter om te skop…… of nie?…..Mens moet nooit skop as jy nie 80% seker is dat dit ‘n goeie skop gaan wees nie. Spelers bereken dikwels te min wat die gevolge van ‘n skop gaan wees EN of dit werd is om balbesit af te gee in ruil vir 10 meter.
Dit is wat te dikwels gebeur met die Cheetahs se skoppe! Ons skiet onsself met ‘n haelgeweer deur die voet deur so swak te skop.
Verder is dit die moeite werd om weereens uit te lig dat ons nie genoeg hardloopkans vir die vleuels skep nie. Die agterlyn doen absoluut niks op spoed nie en dit is die rede waarom ons nog net 8 driee gedruk het in 5 wedstryde!
Ons gebruik nie genoeg ons vleuels om veld te wen nie! Teen die stormers het Nokwe EEN keer die bal gekry met ‘n halwe gaping en ons het 10 meter veld gewen en dit was een van die min kere dat die Stromers se lyn gebreek was - as daar net ondersteuning by was dan sou ons mos die Stormers op die agtervoet gehad het… Ons afrigting maak te min gebruik van die momentum begrip. Ons speel te veel as die ander span eers gekonsolideer het.
Dit maak nie vir my sin om vleuels in ‘n pan te as hul nie gebruik word op die aanval nie. My vingers is al afgetik aan dié feit dat ons nie die vleuels gebruik nie…
Die Crusaders het al 20 driee gedruk!
Soos jul hier onder kan sien het 16 (80%) van hul drieë van agterspelers gekom!
6 (30%) van die driee is deur vleuels gedruk!
Vrystaat se voorpelers het 4 (50%) van die span se driee gedruk. Die Crusaders se voorspelers het ook 4 drieë gedruk. Maar dit is hul agerlyn wat die werklike punte aanteken!
Zac Guildford (vleuel) - 3 drieë
Sean Maitland (Vleuel) - 3 drieë
Andy Ellis (skrumskakel) - 2 drieë
Kahn Fotuali`i (skrumskakel) - 2 drieë
Willi Heinz (skrumskakel) - 1 drie
Adam Whitelock (senter) - 2 drieë
Ryan Crotty (senter) - 1 drie
Robert Fruean (senter) - 1 drie
Jared Payne (heelagter) - 1 drie
Enigiemand wat hier lees sal sien dat daar fout is met ons vermoë om driee te druk met ons agterlyn! Ons het vinnige voorspelers maar om hul te vra om al die driee te druk maak hul GAAR en is deel van dom rugby-afrigting! Ons moet die agterspelers se spoed inspan om driee te druk!!!
Hoekom kan ons dit nie doen nie? Hoekom druk ons vleuels nie driee nie?
Naka?? Hawies?? Komaan ouens ek soek antwoorde hier!!
‘n Mens kan goed verdedig en steeds hardlooprugby speel ons het dit in die verlede gedoen.
1. Maak meer gebruik van die ‘battering ram’ wat ons so goed gebruik het in die Sharks en Hurricane games. As ons ekstra voorspelers het in die agterlyn, moet dit een van die opsies wees, MAAR dit moet net ‘n opsie wees vir losskakel en binne-senter. As die agterlyn moet beweeg moet die voorspelers ge-skip kan word. M.a.w moenie ‘n agterlyn skep met voorspelers nie! Hou by die basics! Voorspelers het hul doel, net soos die agterlyn.
Ek sien die Cheetahs ondersteun Bafana……Seker ‘n goeie gebaar - maar ek wonder by myself: het Bafan al OOIT die Cheetahs kom ondersteun met ‘n groot game? En voel die Bafan span enigiets vir die Cheetahs?? Nee, verseker nie - inteendeel ek glo nie hulle weet wie die cheetahs is nie. Ek sou eerder wil he die Cheetahs moet Bloem celtic ondersteun. Bafana is 100ste in die wereld, en gaan nie een wedstryd wen nie……
Dis nie net n gewonde CHEETHAS span nie, maar ook n GEWONDE CHEETHAS ONDERSTEUNERS want dis ons wat daarna moet kyk. E.D ek dink jy som dit reg op ek sou die REDS voor aanvat, sag maak oor die breedte van die veld nie onnodige besit afstaan met doellose skoppe nie, en beslis die tempo die laaste 20min optel en van alle hoeke af beginne hardloop en aanval die REDS se borsies moet HYG. E.D ek verstaan dit reen in BLOEM hoop NAKA het n plan. TERLOOP E.D WERK DIE YSKAS ONS IS N KLOMPIE OUENS EN ONS SOEK KOUE BIER OF GAAN JUL TEE EN KOFFIE HE VIR DIE REEN. OOOH JA EN EK WIL NET DANKIE SE E.D VIR DIE REEL VAN PIETER SMIT. KOM OUENS JUL WAT BLOG KOM ONS GOOI DIE DANKIE SE DAAR ONS BLOG MOS NIE NET NEGATIEF NIE.
Hoor hoor Chris!
Man ek se julle die Cheetahs kan enige span in die S 14 wen. Punt.
Kry net die afrigters om die bloggers se comments te begin lees. Erens is hier beslis stukkies goud in. (Miskien kan Ed dalk print en vir Naka-hulle gee - knip maar die gemor-mor uit)
Ons ondersteuners hou nie kopiereg voor nie.
Hoekom word die blog nie meer so flink opdateer soos vroeer nie? Ek hoop nie spark is weg wat vroeer daar was nie…
Chris noem ‘n belangrike tekortkoming.
Hy verwys na Nokwe se breekslag, maar die gebrek aan ondersteuning.
Telkemale sal ‘n Cheetah ‘n gaping of halwe gaping kry maar die ondersteuning is nie daar nie. Ek sien bv vanoggend twee van die Brumbies se driee. ‘n Speler kry ‘n gaping en die ondersteuning is daar.
Daar moet altyd ondersteuning wees, of dit nou die skrumskakel is en of dit die vleuel is wat die gaping vat. Dit is natuurlik nie moontlik om gedagtes te lees nie, so die res van die span sal nie vooraf weet of die skrumskakel ‘n gaping gaan vat of die bal uitgee nie. Miskien sal die ouens met tyd tyd mekaar se spelpatroon leer ken en dan beter “lees”.
Maar ek dink daar moet ‘n “contingency” plan wees vir elke speler wat moontlik ‘n gaping kan vat. Moonlik kan elke speler ‘n “maat” kry wat sorg dat hy altyd by is ingeval ‘n gaping gevat word. Miskien kan Daniller ook meer in die rol ingespan word.
Sterkte Cheetahs
maar treurig die blog. stadig en stil. is die editor siek of stel niemand net meer belang nie of wat gaan aan?
Ek wil nie se dit lyk soos skoolseun rugby nie,want ek mag dalk net n paar skole in die gesig vat.Cheetahs julle is pateties en ek is nou gatvol om elke naweek soos n aap voor die TV te sit.Julle maak julle self en julle ondersteuners laughing stock!Julle verdien nie support nie!
Ja, die blog is stil omdat die Cheaters weer op die afdraende pad is. Word wakker. Die is nie die Curriebeker nie!!!!
11 Kobus
Ek neem nie die ED of enige blogger kwalik as hulle nie meer belangstel nie, want ek wil nie meer na ‘n span kyk, wat eerstens nie reg gekies word nie en tweedens nie afgerig word nie.
Basson is in die verloorspan vir my die Cheetahs se speler van die wedstryd, maar hy word nie eers op toer gevat nie. Geagte heer DD word sonder skroom saamgevat. Weet hy iets van Naka/Hawies, dat hy so ‘n houvas op hulle het?
Iemand soos Robert ly onder geen planmatigheid in die agterlyn en die agterlyn is sonder visie. Swak afrigting!!
Selfs Os stel my teleur!! Coenie word wedstryd vir wedstryd vir ‘illegal binding’ gestraf, maar dit word nie reggestel nie. Verder is Coenie ‘n verswakking as hy vir Wian vervang. Ons is op die agtervoet. Ek weet Coenie kan beter, maar iets is fout.
Tuinwerk begin nou ‘n opsie raak wanneer die Cheetahs speel.
Die Cheetahs is absoluut pateties. Die spelers wat eintlik sokker moet speel (behalwe miskien Kabamba)is nie daar om die span te verbeter nie en is baie beslis nie altyd op meriete daar nie!!! Raak ontslae van hulle of leer hulle dis nie sokker waar jy ‘n ou moet soen voor jy hom tackle nie.
Raak ontslae van die broederbond wat Cheetah rugby beheer want hulle benodig dringend nuwe bloed wat anders dink, vanaf die Voorsitter tot by die afrigter want op hierdie stadium is daar net geen sogenaamde “gameplan” nie!!
Waar val arem Naka uit om te dink hy sal enige wedstryd oorsee wen, miskien moet die span se naam verander word na die “Melkkoei Cheetahs” en nie die “Vodacom Cheetahs”nie. Die verskoning van beserings gaan nie meer af nie want almal wat op die veld is, word steeds hul 100% salarisse betaal wat mens laat wonder of dit so moet wees as dit die sogenaamde 3e en 4e keuse spelers is.
Wens ek kan ‘n baas kry wat my voluit betaal vir slegs 30% werkverrigting!! Is daar dalk so ‘n baas in die rondte?
Tuinwerk is nie meer net ‘n opsie as julle speel nie Cheetahs, maar is sommer ‘n groot plesier, want ten minste word mens nie so verneder nie!!!!