Who do we support if our team is not playing??

Vodacom Cheetahs deserved a Somersault!!  Photo by Hilton

Vodacom Cheetahs deserved a Somersault!! Photo by Hilton

I must admit I felt like making a somersault of my own after the game last Saturday evening!!

It is always nice to have a “bye” or a weekend of rest for our team. It is even better after the team has played so well, having beaten the previously unbeaten Hurricanes 28-12! Some might argue that the rest week is not at the right time as it could stop some of the momentum gained with this victory…This will remain a topic for debate…. I simply love the fact that we can enjoy our victory for 2 weeks before the next massive challenge!

But who do we support when our team is not playing? I would like to argue this topic which is often a source of agitation for me. I simply cannot support any Australian or New Zeeland Team playing against a South African side! This is when my proudly South African pride comes to the fore…No matter how much I might dislike a South African Super 14 side when they play against my team, I simply cannot support a team from another country playing against them!

Some of my friends simply refuse to support any other South African sides. It is as if their Currie Cup passion and hatred prevent them from celebrating a victory by another South African side.

Some argue that there are other reasons for not supporting other South African sides. They argue the debate about the Southern region side and believe this is why it is important that our side needs to finish on the log above the other South African sides. I see the merit in this argument but cannot agree…

The Team that I support simply has to win on own merits! We need to be the better coached team, the higher motivated team and the better team on the day. We need to finish higher on the log by playing the better rugby, by beating our South African and international opponents - without having to rely on other international sides beating our fellow South African sides.

There is simply no pride for me in finishing 13th on the log above a South African side that finishes 14th!

Who do you support? I would like to know if there are others who also support with a proudly South African heart…

This entry was posted on Friday, March 12th, 2010 at 9:54 am and is filed under Guestwriter: 15. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

46 Responses to “Who do we support if our team is not playing??”

  1. Norman du Plooy Says:

    I support the the Cheetahs and I will support any SA team, but it is VERY difficult for me to support the Stormers/WP. I just do not like them. I have a lot of respect or the Bulls.

  2. Jan Plank Says:

    GW15

    Ek stem saam met jou.

    Ek ondersteun die volgende SA spanne in dié volgorde:-
    1) Stormers
    2) Sharks
    3) Lions (seker maar omdat hulle ook nog altyd, soos ons, die melkkoeie was in die S14)
    4) Vlou Vulle (as ek rêrig moet - met ‘n pistool teen my kop)

  3. blou bul Says:

    Yes al SA teams but a wide gap of passion towards the Cheetahs and Bulls on par,followed by the Lions,then Stormers and then the Sharks.I will support them all against NZ,AND BIG MOUTH AUS.

  4. JJ Says:

    My ou 2de spannetji is verseker die STORMERS vandat LUKE WATSON minder beginne naar geword het, maar beslis nie BO my VRYSTAAAAT span nie. Dan kom ons gee krediet vir die BULLE, op die oomblik speel hul die beste rugby van al die spanne en ook aanskoulike rugby en hul top sterre is op vorm. Ek laaik die LIONS ook, deesdae bekend as die KARNAVAL LIONS, en ek dink hul gaan spanne seermaak op hul tuisveld. BULLE WEN 20 PUNTE, STORMERS WEN 8 PUNTE

  5. Sam Says:

    Ek kannie vir die Flou Trille skree nie . Ek skree op die Sharks , maar dit help niks

  6. JP23 Says:

    Net nooit die Bulls nie ,al speel hulle in die final van die Super 14 ek kan nie.

  7. Guestwriter 15 Says:

    and if I may add…it frustrates me when a team such as the Lions perform so poor as they did agaisnt the Waratahs. They allow the Waratahs to build up a healthy points difference which could be crucial when we are on the same log points!! :(

  8. Kierie Says:

    Ok mense - hier ‘n vraag: wie support jy eerder: Malema of Watson………..op die ene sal ek maklik watson support.

  9. Kierie Says:

    Dis natuurlik ‘n swaardgeveg tot die einde…waarin mens moet kant kies

  10. Christo Says:

    Ek ondersteun nie ander spanne nie. Dit is vir my lekker as die ander spanne mooi rugby oplewer maar ek sal nooit ‘n kaartjie koop om ‘n ander span te sien speel nie…. Behalwe nou die Bokke…. Maar in my hart is Vrystaat rugby.. Ek ondersteun die Vrystaat harder as die Sprignbokke.

  11. Christo Says:

    Editor - ek wil nou nie poletiek praat nie maar Vrystaat het al in die verlede rugby gespeel met bandjies om hul arms as teken dat hul gekant is teen rassisme.
    Daarom wil ek net graag hoor wat die moontlikheid is dat ons dalk weer so iets kan doen maar die keer direk teen die rassisme en rassistiese uitsprake van Julius Malema.

  12. blo bul Says:

    Ek lees in Volksblad oor die meisies 9CHEAR LEADERS) by die stadion.Nou ja daar is n ou wat inskryf met die naam Blou Bul en hy se laat die Cheetah girls dans want dis al wat goed is in die Vrystaat.Ek wil net aan my Vrystaat vriende se dis nie ek wat dit geskryf het nie,dis n ander aap van n blou bul wat my naam gebruik.Anyway op die foto hierbo sien ek amper almal kyk na daai meisie wat so bollemakiesie slaan.

  13. Kobus Myburgh Says:

    blou bul, kan jy asseblief in Afrikaans herhaal, ek verstaan ongelukkig nie engels nie…

  14. Chris B Says:

    ‘n Afnaweek vir die Cheetahs is ‘n afnaweek vir my ook.

    Wat wel frustrerend is, is hierdie tipe blogs waar ondersteuners net kan gesels oor vooraf “gekeurde” onderwerpe. Ons kort regtig ‘n fasiliteit waarmee onderwerpe waaroor ondersteuners WIL gesels, moontlik gemaak word.

    So bv. sien ek dat Naka nou bitter opgewonde is oor Hendro, wat dan nou op 30 jarige ouderdom, so “gepas” is vir die nuwe toepassing van die reëls ? Inteendeel beskou hy vir Hendro as sy “geheime wapen ” ! As dit nie so verdomp tragies was nie, sou mens jou kon vreklag daarvoor. Met die “ou” stadiger vorm van die spel by afbreek- en tacklepunte, het Hendro nie eers bygekom nie. Altyd aan die “dryf” op sy eie, en gereeld balle afgestaan a.g.v. daarvan. Hoeveel strafskoppe gaan hy nou afstaan ? En dit terwyl jy Floors het wat spesifiek geskik is daarvoor, en waar is Francois Uys ?

  15. Spikkels Says:

    Ek ondersteun die Cheetahs. Punt.
    Ek sal goeie rugby waardeer maar het geen, maar geen, aliansie met enige ander span, insluitend SA spanne, nie.
    Sou die Vlou Versies in n final speel sal ek die game kyk maar vir my maak dit niks saak wie daai game wen nie.

    Kyk moet my nie mis verstaan nie, dit bly maar so tone krul lekker as n NZ of Oz span verloor.
    Maar ondersteun? n Ander SA span? Moontlik maar nie maklik nie.

    In Curriebeker is dit my Vrystaat en dan Griekwas maar in Super rugby net my Cheetahs en niks anders nie.

  16. Kierie Says:

    Ja, dis tyd om op te staan teen haatspraak!! Enige span wat die guts het sal ook opstaan as dit teen wit mense gemik is.

  17. Kierie Says:

    Ja, dis tyd om op te staan teen haatspraak!! Enige span wat die guts het sal ook opstaan as dit teen wit mense gemik is. Ek dink op die ene kan ons die blou bul ondersteuners saamstaan teen watter gemors in die land gebeur. ek meen kyk na daai barbaarse moord op die arme meisietjei van pretoria……..ek wil in die land bly maar aan die ander kant ook nie. as rugbyspanne begin hul stemme dik maak sal die oorsese mense ook sien wat gebeur…

  18. kobus myburgh Says:

    Kobus 13…Jy weet julle praat van bloubul ondersteuners wat so ondeskik en swak sport manne is.Met jou opmerking teenoor my hierbo is jy net so n swak sport.Die persoon wat hierbo in die blog geskryf het,het dit in Engels gedoen en ek het in Engels geantwoord.Ek kraak nie Vrystaat rugby af nie,ek ondesteun Vrystaat,pasop dat mense nie begin se julle Vrystaters is ongeskik nie.As jy nie Engels verstaan nie dan moes jy nie op die bogenoemde blog gereageer het nie.As julle nie ander mense as ondersteuners wil he nie fine,dan koop ek nooit weer n Cheetah uitrusting nie en sit my voet nie meer op Vrystaat stadion nie en ek sal al my vriende aanraai om nie vrystaat stadion toe te gaan nie.Ek voel glad nie meer gelukkig en welkom op die blog nie,en daarom ontrek ek van die blog af.As iemand my aanvat oor rugby dan vat ek dit op die ken,maar nie iets simpel soos hierbo nie.
    Editor dankie vir jou moeite en goeie werk wat jy doen.

  19. blou bul Says:

    Editor ek het kobus se naam geskryf en nie Blou bul nie.Ek weet nie eens of jy daai storie moet blog nie,besluit jy mamaar.

  20. Louis Nortje Says:

    Ek ondersteund die:
    1. Cheetahs
    2. Cheetahs
    3. Cheetahs
    4. Cheetahs
    ………………………………………………

    Alles behalwe die Haaie en die Stormers. Stormers met wat Puke Watson vir die Afrikaners gese het, en nog steeds toegelaat was om te speel sonder om verskoning te vra. (nie dat dit natuurlik uit sy hart sou kom nie, maar net sodat ons lekker sou kry om daai woorde uit sy mond te gehoor kom het)

    Die Haaie omdat ek van Natal kom en weet hoe die Engelsmanne ons mense agter ons rug beledig, beskinder en slegse. Maar, hulle het agtergekom hulle het ons mense nodig om hulle rugby te lig. Anders sou hulle teen die Valke gespeel het…..

  21. Maatjan Says:

    Vrystaat, Vrystaat, Vrystaat. Sal ook enige span van die voormalige twee Republieke ondersteun maar die kolonie en die “last outpost”- bitter moeilik indien ooit.

  22. editor Says:

    Hi Chris
    Wat bedoel jy met vooraf gekeurde onderwerpe? Waaroor sal jy dan nou wil gesels.
    Jy vra oor Kabamba. Hy het dan reeds met die volgende wedstryd gespeel en sal heel waarskynlik die naweek weer speel.
    Francois Uys herstel nog van ‘n besering, net soos Corne Uys.

    Groete

  23. editor Says:

    Kobus,
    Moet asseblief nie van die blog af weg gaan nie. Jy het die reg om kommentaar te lewer soos jy wil - ek keur elke “comment” goed. En verander gereeld blogs wat met vloekwoorde gepaard gaan, selfs nadat ek al gevra het dat vloekwoorde weg gehou moet word, omdat ek voel elke ouderdoms-groep kan kom gesels hier. As jy voel jy word persoonlik aangeval, sal ek die “comment” verwyder.
    Wat die engels betref. Ons sal bly Engelse blogs plaas, want alhoewel ons oormeerderheid ondersteuners dalk Afrikaans is, moet ons reg staan vir ons engelse ondersteuners ook.
    Dankie vir jou ondersteuning en ek hoop jy sal dit bly gee.

  24. JJ Says:

    Guestwriter 7….Ja nee wragtig het die LIONS vergeet dis kontak rugby nie touch rugby nie. Guestwriter ek dink jy is baie bly dis nie die CHEETHAS nie, het jy nou gedink hoe sou die blog gewees het. Ons sou jou besig gehou het.

  25. Norman du Plooy Says:

    @Louis Nortje en Maatjan. Ek stem saam met julle ouens. Ek skree nie vir die kusdorpe nie. Die see is waar jy gaan vakansie hou en met jou Cheetah of Bloubul trui rondloop om sout in hul wonde te vryf.

    @Kierie, as ek moet kies tussen Malema of Watson, kies ek Malema. (Hy het ten minste nog nie vir die WP gespeel nie) :-)

    Ek sien die Cheetahs se Vodacom cup Span het toe vasgeval teen die Sharks. Hond se dinges!

  26. Chris Says:

    Hi Editor (22) - jy moet asseblief die die volle name kwoteer soos Chris B anders dink ek dat jy met my praat.. :)

    Wat sê jy van pos 11 ?

    Ek is m0erse opgewonde oor ons wedstryd teen die Stormers. As daar ‘n span is wat gaan drieë druk teen die Stormers is die Vrystaat!
    Naka ek wil net sien dat ons met die agterlyn geleenthede skep vir die vleuels om driee te gaan druk! Blou Bul gaan hoohaa oor Meyer Bosman op ‘n ander blog waar hy Meyer ophemel as ‘n goeie baldraer….ens ens ens… Ek het daarop met ‘n lang pos gereageer wat ongelukkig verlore gegaan het maar om dit kort op te som:

    As Myer Bosman so ‘n goeie baldraer is soos wat blou bul beklemtoon dan moet hy mos op die regte tye ook die bal gee aan andes spelers in ‘n beter posisie… en dit is iets wat nie gebeur nie en dit is die punt wat ek wou gemaak het. Myer dra die bal dikwels te veel of hy gee die bal aan ‘n speler in ‘n dooie posisie. Myer moet slimmer speel sodat ons vleuels hul stempels kan afdruk op die veld!

    Ek kraak nie hier vir Bosman af nie maar ek dink dat blou bul bietjie te veel hou van Bosman en dat hy daarom bietjie perspektief mag verloor.

    Ek voel net dat ons nie net aanvalsrugby kan speel tot by die senters nie. Ons MOET ons vinnige vleuels ook gebruik want anders gaan ons nie soveel driee kan druk soos wat ons kan druk nie.

    Dit is baie mooi om te sien hoe Nokwe met die afskoppe op die balvanger afhardloop. Dit het gelei tot die vinnigste drie ooit in die S14 kompetisie. Ons moet dieselfde spoed gebruik om driee te gaan druk!

    Nokwe is seker die vinnigste vleuel in die S14. Dit doen hom ‘n onreg aan om nie die bal op spoed te kry nie!

    Ek hou van die GEES in die CHEETAH kamp! Die Stormers is op die oomblik op ‘n EGO trip. Hul kruis en dekverdediging is baie goed en ek hoop Naka besef dat min mense DEUR hul kruis- en dekverdediging gaan kan kom. Die enigste manier om dan tot op die doellyn te kom is om nie DEUR die verdediging te gaan nie maar OM…… en die enigste manier om OM die verdediging te gaan in om hulle te kop met spoed!!!!

    Komaan VRYSTAAAAT - Gaan wys die Stormers hoe driee teen hulle lyk! Ons is nie bang vir die bookom-asem capies nie!

  27. Louis Nortje Says:

    Ek dink editor moet dalk mooi huiswerk gaan doen. Die “dalk” oormeerderheid ondersteuners is Afrikaans, wel ek glo nie…..

    Editor, dis nie n sonde om in Engels ook te skryf nie, maar gaan kyk of jy ENIGE skrywe by ENIGE v.d die haaie se “blogs” of webwerf Afrikaans sal kry. Dan kan jy verstaan hoekom party mense so voel.Hulle het n hengse Afrikaanse ondersteuningsbasis. Ek sal nie verbaas wees as dit amper so groot soos die Engelse sin is nie.

    Dit is wel wonderlik dat ons ook Engelse ondersteuners het, ek glo hulle val beslis uit die groep wat ons mense en taal so afkraak.

    Glo my as ek dit vir julle se, ek kom van Natal af. Het jare lank by groot korporatiewe maatskappye in JNB gewerk en weet waaarvan ek praat. Daar is geen Afrikaans afkongigings by Natalse asook Stormers se wedstryde nie. Dus te meer is dit so fantasties as ons afkondigings ens. in Afrikaans hoor en die manne nie skaam is om in Afr onderhoude te doen nie.

  28. editor Says:

    Louis - ek het juis my huiswerk gedoen en ongelukkig gaan hier engels en afrikaans op ons website verskyn want ons akkomodeer al ons ondersteuners. Jy sal verbaas wees oor hoeveel e-mails daar ‘n week hier aankom juis oor engelse ondersteuners wat kla hulle kan nie saam gesels nie. Nee, jammer Louis - sulke besluite word nie gemaak omdat daar aan ‘n gevoel getoets word nie.
    Die meeste blogs word buitendien, sowel as die nuus op ons website in Afrikaans gedoen en die meeste van ons afkondigings ook.

    Groete

  29. editor Says:

    Jammer Chris (sonder die B) :-)

  30. Norman du Plooy Says:

    Editor (22). Ek dink Chris bedoel dat ons nie on eie threads op die blog kan begin nie en net kan kommentaar lewer sodra daar ‘n “berig” geplaas is waarop ons kan kommentaar lewer. As die berig nie oor die onderwerp waarons wil gesels nie is dit partykeer onvanpas om kommentaar te lewer. Maar ek moet ook byse dat ek dink dis beter soos dit nou is. As daar the veel threads is, raak dit moelik om tred te hou mt alles en dit raak ‘n deurmekaar gemors. Weereens dankie vir die goeie werk!

    En dan wil ek asb net die die Cheetahs se speel asb hierdie naweek die spul arrogante WP/Stormer ondersteuners stil. Dankie byvoorbaat.

  31. Jan Plank Says:

    Editor

    Ek sien ons word nie op die ‘older entries’ geantwoord nie, maar jy keur tog seker elke plasing goed of kyk ten minste daarna:-

    Oor die Cheetah Chase programme op Supersport, my derde keer dat ek vra:-

    “Wat ek wel wil weet of dit nie dalk op MNet/GDN ook uitgesaai kan word nie, want nie almal het DSTV nie? Al is dit ‘n dag of twee later, ten minste kry ons dit darem te siene.”

    Editor sien bostaande in punt 5 asb. Enige antwoord daarop?

  32. editor Says:

    Hi Norman

    Dankie dat jy verduidelik het. Weet jy, ons het in die verlede ‘n Cheetah chat gehad waar ons dit juis so gedoen het en dit het heeltemal hand uitgeruk. Daarom het ons dit goed gedink om dit eerder te verander na ‘n blog.

    dankie dat jy ‘n gereelde blogger is

    Groete

  33. editor Says:

    Hi Jan Plank

    Op hierdie stadium is ons totaal en al afhanklik van borge en Super Sport om die koste te dek op die Cheetah program.
    Om dit op Mnet te speel gaan nog duurder uitwerk. Wat ek wel gaan doen is om te kyk of ek dit nie op die website of op You Tube te laai nie en dan kan julle dit so kyk.

    Groete

  34. Jan Plank Says:

    33 Ed

    Baie dankie, dit sal hoogs waardeer word.

  35. Chris Says:

    Ek hou daarvan om te sien dat ons vegters het vir Afrikaans. Dit is al wat die taal gaan lewendig hou.

    Ek verstaan dat daar Engelse ondersteuners is en dat party van hulle dalk nie Afrikaans verstaan nie MAAR ek dink dat ons die webtuiste dan moet maak in Afrikaans en in Engels (Soos die Blou Bulle se webtuiste). Ek dink nie ons moet Afrikaans vervang met Engels nie - dit is ‘n groot NEE NEE!!!

    Ek wens dat ons vir ons taal ‘n trots kan ontwikkel en dat die spelers wat Afrikaans is in onderhoude met die media in Afrikaans sal praat. Dit is nie ‘n skande om nie goed Engels te kan praat nie. In Frankryk, Portugal, China, Japan, Nederland ensovoorts word daar selde in Engels gepraat en al hul webtuistes is in hul eie tale asook Engels beskikbaar.
    Dit is die beste manier om Engelse ondersteuners ook te akommodeer.

  36. blou bul Says:

    Editor,Ek wil net se dat punt 18 is deur my geskryf en nie deur Kobus nie.Ek is n trotse Afrikaner en het geen probleem met Engels nie.Chris oppas dat julle lojale Engelse ondersteuners nie hulle rug op julle draai en vorentoe die Sharks of Stormers begin ondersteun,en dan het Vrystaat nog minder geld om talent te behou.

  37. kierie Says:

    Stem vir die taal. Dis wat die Bulle so suksevol hou - hulle vervreem nie spelers en ondersteuners deur ’slegs engels’ in hul kele af te druk nie. Ek glo die Cheetahs en Bulle ten minste moet afrikaanse unies bly. Ek dink ook die twee unis moet juis oor daai rede deur die ATKV vereer word…

  38. Louis Nortje Says:

    Stemsaam Chris. As jy eers met engels begin, is dit net n kwessie van tyd, dan sal Afr stadig maar seker uitgefasseer word. Ons sien dit daagliks gebeur.

    Ek dink dit sal interresant wees as editor ons die syfers gee….

    Die Cheetahs is juis die span wat ek ondersteun, nie net oor hulle met hart en siel speel nie, maar omdat Afr daar sterk staan.

    Ek glo dat die meeste Vrystaters sal saamstem

  39. Chris B Says:

    Ed. Oor die onderwerpe sal ek ‘n paar voorstelle hier pos sodra ek dit meer duidelik kan doen. Ek het nie vroeë jou antwoord op my post gesien nie, en was dus nie voorbereid nie.

    Oor Kabamba… my verwysing was na hom as beginspeler, nie van die bank af nie. Ek weet hy het verlede week van die bank af gespeel, maar ek voel hy moet begin, veral omdat Hendro baie lanklaas gespeel het, en vir die ander redes soos ek reeds in my post gesê het. Sy spel ( Kabamba )pas in elk geval beter met die nuwe toepassing van die reëls.

  40. editor Says:

    Skies Blou Bul, en ek stem saam, ongelukkig moet ons reg staan vir alle tale en kulture. Dankie dat jy verstaan.

  41. Jan Plank Says:

    35 Chris

    As ek reg onthou dui die Vlou Vulle se webtuiste nog steeds ‘n opsie van Engels of Afrikaans aan, maar as jy op die ‘Afrikaans’ kliek bly dit steeds Engels. So ek dink hulle is ook nou alles Engels.

    Verskoon maar as ek ‘n klip in die bos gaan gooi, maar opvoeding (oa goed soos taal, godsdiens, dissipline, respek, ens) begin by die huis. As ek kyk hoe vandag se jeug (sluit Afrikaanssprekendes in) optree in terme van hulle taal, dissipline en respek vir hulle medemens, het ‘n paar ouers gefaal in hulle opvoeding.

    So as ons wil hê sekere goed soos taal moet voortbestaan, moet ons as ouers, die voorbeeld by die huis stel. Help nie ons begin vinger wys na die skole, kerke, sportforums en nog baie ander nie, as ons huis (en opvoeding) nie in plek is nie.

    Stel die voorbeeld by die huis en die res sal vanself volg.

  42. editor Says:

    Dankie Jan Plank en ek dink op daardie noot sluit ons die taalkwessie dan nou ook af. Hierdie website sal afrikaans en engels bly. Soos genoem is, ons is darem nog afrikaans op die website, soos min van die ander unies. Geniet die taal - ek is net so trots daarop, maar ongelukkig is daar selfs ondersteuners van oorsee wat die Cheetahs ondersteun wat ek nie gaan weg wys omdat die website in afrikaans is nie.
    Groete

  43. chris Says:

    41 Jan Plank -

    Jy is verkeerd. Ek het nou net gekyk na die bulle se webtuiste en dit slaan oor na Afrikaans as mens die Afrikaanse opsie kies.

    - Hoekom maak ons nie soos die webtuiste van die bulle nie? As daar dan engelse mense op die engelse deel wil praat kan ons daar met hul saampraat IN ENGELS maar die wat Afrikaans graag wil praat moet op die Afrikaase deel praat? … daar was nog nie ‘n antwoord van jou/jul af hieroor nie?
    Ek het selfs gesê dat ons ‘n Sotho deel van die webtuiste ook kan doen om die Cheetah blad meer bemarkbaar onder die swart gemeenskap te maak?

    PS… mens kan die Cheetah kultuur ook meer Bemark onder die Nederlanders, Dit is juis waar die Cheetahs se Oranje vandaan kom!

  44. editor Says:

    Chris

    Dankie vir jou idees en almal se idees, maar die taal kwessie is nou verby. Kom ons gesels oor die rugby en die span. Die website sal bly soos hy is.
    Groete

  45. Louis Nortje Says:

    Editor, jy se die taalkwessie is verby. Ek dink net jy weet nie hoe om dit te hanteer nie!! Baie goeie voorbeeld wat Chris ( 43) maak. Kyk daarna en ons kan die “brand” uitbrei, maar NIE ten koste van Afrikaans nie!!

  46. editor Says:

    Louis, ek weet hoe om hierdie situasie te hanteer - baie dankie.

    Ek het reeds dankie gese vir julle voorstelle en gaan dit daar laat. Ek kan dit makliker maak en die hele website in engels maak. Die ander unies doen dit. Ek wil graag die afrikaanse ondersteuners voordeel gee, maar snaaks genoeg is dit hulle wat die meeste kla.

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree