
Victorious Vodacom Cup Cheetahs Photo by Hilton
Die Vodacom Cup Cheetah span en ondersteuners kan trots wees met ‘n goeie begin in die 2010 kompetisie. Die eerste wedstyd is gewen weg van die huis af teen SWD met 22-13. Verlede Saterdag is ‘n goeie 37-29 oorwinning tuis behaal oor die sterk span van die Boland Kavaliers. Daar is nie net geslaag om ‘n bunuspunt te behaal nie maar ook om die Kavaliers te weerhou van ‘n bonuspunt.
Ons Vodacom Cup Cheetahs span is na hierdie oorwinnings goed geplaas as vroeë voorloper in die Suidelike Afdeling van die kompetisie. Hierdie komende naweek sal die span nog ‘n sterk opponent, die Wildebeeste van KZN aanpak in Empangeni.

Dawid v Goliat verdediging Photo by Hilton
Die Vodacom Cup Cheetahs is ‘n goeie samestelling van jeug en ervaring. Daar is verskeie 0/21 spelers en dan ook meer ervare spelers soos Hendro Scholtz, Barend Pieterse, Louis Van Rensburg ens. Daar is strawwe kompetisie binne die span tussen puik spelers soos Ashley Johnson en Hendro Scholtz – iets wat net goed is vir Vodacom Cheetah rugby!
Die vertonings van die Vodacom Cup Cheetahs is belangrik vir sowel die ondersteuners as die afrigters van die Super14 span. Indien daar beserings opduik sal hierdie manne die plekke moet volstaan in die Super 14 span. Dit is ook belangrik om vooruit te kyk na die Curriebeker later vanjaar wanneer van hierdie spelers diie Springbokke sal moet vervang.
Ons onderneem om op die Vodcom Cheetah Blog nie net die aandag te vestig op die Super14 span nie – maar ook op hierdie Vodacum Cup span, die klubspanne en die ouderdomsgroep spanne later vanjaar!
Ons wil ons mede bloggers uitnooi om hul ook hul kommentaar te lewer op welke spelers op hierdie stadium alreeds die hande opgesteek het met puik vertonings!

Vodacom Cup Cheetahs on attack Photo by Hilton

Ons het hierdie jaar n sterk span wat ook goeie diepte toon vir Super14 en CC. Ek dink JOE BEUKES en RAFFETY doen n goeie job sover, daar is n goeie strukture, gameplan rigting in die span en die agterlyn doen die dinge volspoed en hardloop mooi lyne. Weet net manne en afrigters hier is manne en vroue wat lief is vir die game en passievol is en wat nie terug hou om hul opinies te blog nie. Kerels en dames hou hierdie naam in gedagte ek hoop NAKA/HAWIE gee hom n kans in die CC……GEORGE WHITEHEAD hy gaan n speler word wat op almal se lippe gaan wees. VRU pas die seun op. SO FAR SO GOOD, gaan wen die KZN manne.
Ek sal baie eerder v Whitehead op die bank he as Demas . . . .Wonderlike jong speler
Ja verseker!! Ek dink ons moet die vodacom cup begin ernstig opneem - daai miljoen rand kan dalk 2 goeie spelers vir die jaar betaal.
Editor - kan ons curriebeker trui nie ASB soos die trui lyk nie? Baie nice en tradisoneel. Natuurlik sal die trui net wit he waar die een oranje het en oranje waar die ene wit het? ASB smeek by die unie laat die trui so lyk!! sonder allerhande tierlantyntjies en versierings, dis regtig nice truie.