Mediese personeel verdien ook erkenning

Heinrich Brussow assisted off the field

Heinrich Brussow assisted off the field

Terwyl ons hier skryf is Heinrich Brussow besig om te begin met die herstelproses na ‘n ernstige besering. Beserings is nou maar deel van sport – en soveel te meer van ‘n harde kontaksport soos rugby. Gelukkig is daar bekwame mediese personeel teenwoordig langs die rugbyveld om spelers te beskerm en spoedige nood en mediese bystand te verleen.

Ons het belowe op op hierdie blog ook ons lesers te neem tot agter die skerms – om daardie dele van die stadion te sien wat dalk ontoeganklik mag wees vir lede van die publiek.

Saterdag voor die wedstryd het ek toestemming gevra om ‘n paar foto’s te neem van die mediese kamer tydens die Vodacombeker wedstryd tussen die Vodacom Cheetahs en Boland. Ek is hierheen geneem deur Suster Esmarie Cronje en kon aan haar ‘n paar vrae rig oor die mediese kamer en die personeel.

Ek wil graag hierdie foto’s hier deel met lesers en ‘n paar sinne ter verduideliking byvoeg. Die mediese kamer is in diesefde gang as die kleedkamers. Soos spelers van die veld onder die stadion inbeweeeg is dit in die eerste gang aan die regterkant net na die “doping room”. Dit is geleë agter ‘n groot oopskuifdeur waardeur mediese personeel met ‘n draagbaar sal kan beweeg.

Medical Room 1 at Vodacom Park

Medical Room 1 at Vodacom Park

Die eerste kamers is heel eenvoudig toegerus sonder allerlei apparate en baie toerusting. Dit is hier waar die meer geringe beserings hanteer word soos enkelbeserings. Kniebeserings en ander beserings waar daar geen bloeding is nie sal ook hier hanteer word. Reg langsaan hierdie kamer is daar ‘n toilet en wasbak.

Medical Room 2 at Vodacom Park

Medical Room 2 at Vodacom Park

Langsaan vind ons ook ‘n groter kamer wat meer voorkom soos ‘n mini-teater. Dit is hier waar ernstige beserings hanteer word en waar bloeding beheer word. Hegtings sal hier plaasvind en spelers sal steke ontvang in die poging om bloeding te beheer.

Die mediese kamer word beheer deur ‘n Suster wat bygestaan word deur die wedstryddokter en 3 of 4 paramedici. Huidig het die Unie ‘n ooreenkoms met Life Rosepark Hospitaal ingevolge waarvan Netcare 911 paramedici help by die stadion en spelers geneem word na die Life Rosepark Hospital vir X-strale. Beserings waar spelers na Life Rosepark geneem word sluit in ernstige nek en rugbeserings en ook beserings soos laterale ligamente en anterior kruisligamente.

Die wedstryddokters roteer maar is meestal die ervare ortopeut Dr Johan Kruger.

Medical Personnel ready to assist with emergency treatment

Medical Personnel ready to assist with emergency treatment

Die Vrystaat Rugby-Unie is gereed om die nodige bystand aan spelers te verleen. Ons wil op hierdie Blog ook erkenning gee van diegene wat hierdie belangrike bystand verleen en hulle sterkte toewens vir ‘n seisoen met hopelik min ernstige beserings!

This entry was posted on Tuesday, March 9th, 2010 at 8:53 am and is filed under Guestwriter: 15. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

6 Responses to “Mediese personeel verdien ook erkenning”

  1. Quinton Says:

    Harde slag vir die Cheetahs en Bokke,ons moes hom beter “gemanage” het want hy het week na week vir 80min gespeel,dit klink dalk erg maar dis beter dat dit nou gebeur as volgende jaar,gelukkig het Floors weer die vorm van ouds begin wys ek se nie hy is Brussow nie,niemand is nie maar as hy sy vorm het wat hy n’ paar jaar terug gehaad het sal hy goed kan invul!

  2. JJ Says:

    JA n Mens kon die seer en teleurstelling op HEINRICh se gesig sien. E.D hier is mos n nuwe ding wat hul noem BOK SMART of so met n SPINLINE nommer wat gebruik word as spelers seerkry is maak DR. Johan gebruik van dit ook of wat behels die BOK SMART, nou die dag by n skool gehoor.

  3. editor Says:

    Ek sal bietjie meer info vir julle kry oor BOKSMART

  4. Spikkels Says:

    Dankie vir hierdie inligting Ed.
    So min van ons gee selfs in die verbygaan aandag aan die medics.

    n Pluimpie vir al hulle harde werk.

  5. Kierie Says:

    sorry ek vra weer - is johannwessels nog deel van die cheetahs se planne?

  6. editor Says:

    Johann Wessels is terug en speel die naweek vir die Vodacombeker span

Leave a Reply

Spam Protection by WP-SpamFree