
Robert Ebersohn Photo by Hilton/Rugby15.co.za
The Vodacom Cheetahs promised greater intensity on defense and on attack and they delivered!! Many fans were somewhat hesitant in their expectations as they arrived at Vodacom Park and witnessed the warm-up of a Hurricanes side with many well-known All Black players. They knew their Vodacom Cheetahs have the talent and pride to beat any team on the day – and were eager to support their team to victory!
Naka Drotske and Hawies Fourie announced a few changes to the side earlier the week – and these proved to be inspirational – the players selected delivered in impressive fashion!
- Hennie Daniller was solid under the high ball, on defense and gained metres with his long line kicks.
- Lionel Mapoe showed strong physicality and anticipation at his preferred position at wing.
- Robert Ebersohn was strong on defense and looked comfortable in his return to the side after injury.
- Sarel Pretorius looked sharp behind the scrum and provided good service to the backline. He kept the Hurricanes alert and they knew that a sniping break is threatening at any time.
- Waltie Vermeulen added pressure to the Hurricanes line-outs and competed well. Waltie was most impressive at kick-off in securing the high-ball!

Kabamba Floors diving for the try line in Photo by Hilton/Rugby15.co.za
It was not only the new players in the side that impressed, but also the replacements. Kabamba Floors came on as impact player and used his pace for a clinical finish on the try line! It is perhaps not fair to the side to name only a few players., The performance was not that of individuals – but of a team united in the desire to beat a more fancied team and endear the hearts of their fans!
We will admit that there were mistakes and the Vodacom Cheetahs could have scored even more tries – but for now we would like to focus on the positives! The Vodacom Cheetahs display was heart-warming to every loyal Cheetah fan. The team showed the pride and passion that has made the brand such a much loved brand.
The Hurricanes knew from the start that they are in for a tough match as players committed themselves to the tackles with much physicality. The efforts by the loose forwards Juan Smith, Heinrich Brussow and Frans Viljoen were immense as Hurricanes players were taken back in the tackle and not allowed to cross the try line with their usual physical onslaught amongst the forwards.

Spear Tackle on Juan Smith Photo by Hilton/Rugby15.co.za
The Vodacom Cheetahs appeared to be a well coached side in the tight phases. The scums and lineouts provided a good foundation and quality ball for Naas Olivier, Meyer Bosman, Robert Ebersohn and Hennie Daniller to gain metres with their line kicks!
Most impressive was the kicking display by Meyer Bosman and Naas Olivier. They punished the Hurricanes when they made mistakes and Bosman even slotted a penalty from the Vodacom Cheetahs half of the pitch!

Meyer Bosman Photo by Hilton/Rugby15.co.za
We would like to congratulate players, coaches and management for an evening to be remembered! The pre-match program was impressive – from the Vodacom Cheetahs girls, the Harleys and the small lady dancers. The sound in the stadium was crystal clear and brought smiles to the face with the song “Please forgive me, I know not what I do“ played after the yellow card - and the hundreds of people on the pitch after the match enjoyed an atmosphere to be remembered and held close to the heart by fans.
During the 2nd half the crowd were united in chanting Cheetahs, Cheetahs …Cheeaths!!… a display of their pride in the team and pleasure at witnessing a memorable performance. Naka Drotske remarked that the Vodacom Cheetahs want to win - and not just be competitive - and this is what they did!!
Well done Vodacom Cheetahs and Thanks You!!!
VRYSTAAAAT!!!!
[Click to view all the stats on RuggaStats from the game Vodacom Cheetahs v Hurricanes ]

Wel wat kan ek se^ .. Baie mooi boysen julle en dit verdien. Bly dat Demas nie op gekom het nie en hoop regtig Brussouw het nie te seer gekry nie. Dit was ook goed om te sien daar was minder up en anders geskop en dit het net gewys dat die nuwe reel in gunste is van die attacking side is en daarom het ons so baie starfskoppe gekry.
‘n Ding wat ek ook al lankal agter gekom met die oorsee se spanee is dat hulle glad nie hou van druk nie en maak baie foute en begin ook al meer profesional foul te begaan. Hulle ken net van attack.
All i can do is agree with the above.Cheetahs all the way to the final!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Baie nice geskryf
… and Brussouw is out for the rest of the year.
Dis mos wat almal al lankaal weet die Cheetahs kan doen, ek hoop die wen sal die spook vir res van die Super 14 begrawe, en ek weet julle ouens kan en sal bou op ‘n uitstekende wen, almal staan agter julle en sien met groot afwagting uit na nog meer.
Eerstens wil ek net begin deur te se. WELLDONE MEYER BOSMAN. Dis hoe ons almal weet jy KAN rugby speel.
En dan wil ek se ek weet nie wanneer laas ek SO TROTS op ‘n HELE VODACOM CHEETAH span was soos vandag nie. Die volgende 2 weke kan ek nou ry op die emosies tot ons die 20 ste die Stormers aanvat op nuweland.
Groot game wat wag.
manne ek is TROTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTSSSSSSSSSSSSSS!!!!!!!!!!!!!!!
This blog is great. How did you come up witht he idea? 6 5 8
Dis mos waarvoor ons gevra het. Dankie Cheetahs-othou nou die gevoel………. en speel elke week daarvoor. Julle kan beslis na die top 5 spanne beweeg as julle net aanhou glo in julle vermoe. Op die regte dag klop julle enige ander span in die reeks.Julle kan, julle kan, julle kan. Mooi so Meyer ek was baie krities oor jou, maar jy het my Saterdag verkeerd bewys- hou asb aan om my verkeerd te bewys.
Well done Boys! Hou dit nou so. Moet nog ten minste 7 logpunte optel voor ons toer>
Go CHEETAS!!!!!!!
Jammer oor Brussow.
Jammer dat Heinrich B beseer is. Ek dink nie daar is fout met Kabamba of Hendro nie. Baie goeie losvoorspelers. Sou wou weet hoekom ‘n kerel soos Rohan Kitshoff van die Griekwas nie ook oorweweg word nie. Baie ooreenkomste met Heinrich en ‘n man wat nie kan wag om sy hand op te steek nie.
Die manne wat hulle debuut gemaak het, het nie teleurgestel nie. Was veral beindruk met Waltie se volwassenheid.
Gaan ‘n lang 2 weke voor die Stommers wees.
Ja daar mis ek toe 90% van dié wedstryd, agv omstandighede. Selfs die opname van die wedstryd het verkeerd gegaan.
Anyway die paar stukkies wat ek kon waarneem, het vir my gewys ons manne dra daardie truie met trots.
Baie geluk aan Naka en sy afrigtingspan. Laaste maar beslis nie die minste nie, Juan en sy troepe, baie geluk, want die bietjie wat ek gesien het, het soos oorlog gelyk en al 15 Cheetahs wat op die veld was, was in die voorste linie.
Manne baie dankie vir ‘n puik vertoning van guts en respek vir daardie wit trui.
Gaan nou voluit vir daardie beker, ons weet julle kan.
Mooi loop ou Grote!
BAIE goed gespeel. Baie meer passie. Die balhantering was steeds soms ‘n probleem, maar selfs dit maak nie saak teen daardie intensiteit nie! Fantasties!
Ek hoop regtig Floors kom nou in in die plek van Brussow. Ek waardeer als wat Scholtz oor die jare vir ons span beteken het, maar hy is nie meer die speler wat hy was nie. Johnson sal nou moet terugkom. Klink of hy ‘n goeie game gehad het vir FS Cheetahs!
Ons kan net trots wees op ons losvoorspelers. Die laaste paar games was dit hulle wat oor die lyn gegaan het vir ons.
Ebehrson maak ook ‘n dramatiese verskil in die middelveld. Niemand sal nou weer sê hy is te klein vir S14 nie. Bosman, fantasties… soos jy nou gespeel het, dit sal jou weer terugkry in die bokspan. Hou so aan!
Laat ek eerste ou wees om te sê jammer. Ek Het nie gedink Meyer het dit meer in hom nie. Ek was verkeerd.
Wie ookal gedink het om vir Meyer die skop te gee VOORDAT dit ‘n pressure-maak-of-breek skop is was briljant. Gee vir hom die skop en sê no-pressure. En toe skop hy oor. Smile. En speel die game wat sy lewe kan verander. Dit bring my weer terug na die Kop-doktor. Toe Meyer se kop vir hom sê ju kan, toe skop hy oor, breek die lyne en pass soos ‘n senter. Briljant!
Juan jy het gekook!
En Kabamba, ek weet jy brand om in die beginspan in te kom, maar as jy jou grootkop by die juis los, is jy seker die beste impakspeler in Suid Afrika!
En die skakelpaar het gewerk! Naas en Sarel is ‘n KOMBINASIE soos min!
Hel manne ek kan nie ophou smile nie…
Rus lekker en mors daai Kapenaars! Hulle is anyway ‘n bondel gekooptes… julle is ‘n SPAN… ek voorspel DIT gaan die deurslag gee vir die Cheetah wen op nuweland!
Manne !! Nou moet julle net die Stormers op Nuweland gaan slag.. Geniet julle rus.. die naweek, maar kom terug met self vertroue en verniel die manner daar onner in die kaap .. lol
En Editor, baie goeie artikels!
Well done Manne - geweet julle kan . Meyer Bosman - ek eet my hoed , hou nou aan met die selfvertroue en goeie spelpeil . Baie beindruk met Ebersohn se debuut en dis great om weer vir Mapoe op die vleuel te sien . Jammer oor Brussouw , gelukkig het die Cheetahs puik losvoorspelers .Die stormers weet hulle K@K is innie pos oor twee weke
Naka en Hawies . daar speel julle en die span toe my bek heeltemal stil.
DANKIE daarvoor!!!!!!!!!!!!! (HeHeHe ek het ge-score op Superbru)
Asseblief - wil een van julle nie M Bosman se g@# loop skop nie …. vir wat gee hy my hartaanvalle vir so lank. Hy lyk of hy nou weer LUS is vir Rugby.
Julle spankeuse (behalwe vir een) dui daarop dat julle beslis kompeterend wil wees en nou moeg raak vir verloor.
Bou nou voort op hierdie vertoning en julle gaan beslis een van die beter spanne in super rugby word.
Whoooo hoooooooo!!!!!!!!!!!!!!!!!
Dis baie beter. Danksy goeie skopwerk deur Bosman en Olivier. Bosman het drasties in daai area verbeter. Nou moet ons net begin driee druk ook. As Bosman kan leer uitgee ook dan is ons op track! (Danwel Demas het sy beste game in ‘n lang tyd gehad…..:-)
Dankie Afrigters, spelers, en almal wat ‘n aandeel in hierdie oorwinning gahad het. Ons het weer ‘n slag ‘n goeie naweek gehad, sonder koppe wat Maandag hoef te hang.
Hennie Daniller dink ek het ‘n baie goeie game gahad. Waltie ook. Jammer Heinrich, ons gaan jou mis! Daar is darem goeie opsies om hom te vervang.
Daar is groot hoop, mits daar nie na die doellose spankeuses teruggegaan word nie…….
Dankie ook Editor vir al jou geduld met ons, die week behoort vir jou ook makliker te wees.
Geniet die week
Cheetha Groete
Haha, dankie Kobus - jy is reg - hierdie week is die werk makliker
Mense dit is nie omdat Meyer drie skoppe oorgeskop het dat ek altyd se hy is goed nie,hy is briljant en klaar.My punt wat ek wil maak is dit.Ek het n hele paar jaar gelede eendag met Peet Kleynhans gepraat oor n sekere speler want volgens my was die ou goed wanneer hy vir Vrystaat speel maar dan drop Oom Peet hom weer.Oom Peet se toe vir my,die ou is net goed met die bal in die hand maar daar is ander dinge wat hy nie reg doen nie.Ek besef toe dan ek kyk net na die speler wat punte aanteken en die bal dra,en nie na die ou wat donkie werk doen maar nie gesien word nie.Ek voel Meyer Bosman wal in daai katogorie.Ons kan nie se n speler is net goed as hy punte aanteken nie,dit beteken dat ons nie na n speler deur n professionele afrigter se oe kyk nie,maar deur onprofessionele afrigters wat op die paviljoen sit en net die “bal draar”raak sien soos ek en miskien jy!Ek kon onthou n paar jaar gelede het Rassie Herkie Kruger bo Willem de Waal gekies,want Rassie het miskien iets gesien wat ons nie sien nie.
Ek wil se soos IAN sou se op S.A GOT TALENT ” IT WAS FAAAAAAAANTASTIC!!! Warm rugby koue bier dit was n plesier. JA JUAN/NAKA JA MANNE dis mos leker. Sien jy HAWIE ons kan wen en goed ook sonder DEMAS, TEWIS !! Walti jy het beindruk mooi gedoen. Juan jou kapteinskap groei en ek bly jy vat elke punt wat jy kan kry. DIE WEN IS EERSTE. Meyer well done goeie vertoning oor die algemeen asb hou dit daar. SAREL EN NAAS sien jul NAKA / hawie somtyds praat ons ondersteuners nie snert nie. BRUSSOUW BRUSSOUW dis n gatslag. E.D hul se sy besering kan hom die hele seisoen uithou weet jul dalk of dit solank gaan wees en dat hy vir di CC dalk reg kan wees. Verder HAAAK VRYSTAAAT ek dink RASSIE so bietjie bekommerd
was die bier koud ?
Hi JJ
Hulle is besig om hom te opereer soos wat ek hier tik. Klink soos 8 maande en dit beteken Geen Super 14, Curriebeker of Springbok rugby vir Heinrich nie….
Thnx E.D dis n reuse gatslag en teleurstelend vir ons en vir hom. En j kon gesien het dat hy in die game sy voete gevind het met die nuwe reel. BLOU BULL …. moet nou nie die hoender se vere te gou uitpluk met jou opinie met Meyer nie. Meyer is nog n WILD HORSE om op te BET vir BRILJANT want hy doen dit nie elke game nie, skoppe of nie dis nie net waarna ons kyk nie. Meyer is baie wisselvallig nog en hy gee ons dalk net weer n socker op Nuw land en dan is jy wee baie stil. Meyer vat ek op meriete en die 1 teen die HURRICANES gee ek hom n regmerkie. BRILJANT is BRUSSOUW wat jou elke game n regmerkie sal gee.
Dit is jammer dat ‘n jong speler ‘n hele jaar so verloor. Bad timing. Sterkte aan Heinrich.
Ed, gaan hy dalk as ‘n ‘Guest writer’ hier verskyn in die nabye toekoms?
trots op die Cheethas, admin hoop julle dra al die positiewe, opgewonde ondersteuners se gelukwensings aan die spelers oor? Dis wat hulle graag sou wou hoor.
Sam, bloubul, en ander: Ja, Bosman het ‘n goeie game gehad, en ja, EK is seker die een na wie almal verwys as die een wat baie kritiek lewer op hom, ja, maar asseblief, hoeveel games VANAF die curriebeker het hy so mooi gespeel soos Saterdag?? En, steeds het ons vleuels nie die balle gekry wat hulle moes nie. Dan, gaan hy so bly speel, of is dit net ‘n “flash in the pan gewees??” Nog vier sulke games, met die addisionele voorwaarde dat hy die bal meer en vinniger uitgee, ja, dan sal ek my woorde sluk. Maar op die dag, Meyer, jy was weer ‘n hero soos toe jy die wendrie in die final teen die bulle gedruk het. Hou dit nou net so, anders moet phillip ook kans kry saam met Eberson. Of wat?
En wat is ons perspektief!!! 1. Dat die afrigters n bietjie voet neer gesit het met seker spelers en hul ontevredenheid gewys deur n paar veranderinge aan te bring. Dit laaik ons. 2. Dat die spelers hard geoefen het deur die week en hul kommit en hul het die resultate van die week se harde werk saterdag gewys. Dit laaik ons. 3. Dat die spelers innerlike inspeksie gedoen het oor hulself, hul spel en daardie CHEETHA TRUI wat hul oor hulle koppe trek en dit laaik ons ook. So wat is ons PERSPEKTIEF. Afrigters wat ouens beginne kies wat intensiteit in die span kan verskaf, dat hul begginne voet neersit en ouens aanspreek, dat die span hard en goed voorberei het en n span wat trots EN passievol was om n CHEETHA TRUI oor hul kop aan te trek en wat wil wen. HOU ONS PERSPEKTIEF SO MANNE, DIE YSKAS LYK MY MAAK KOUD.
Ek sien hier is klomp ou vrouens met nat broeke wat nou weer moan oor die Cheetahs meisies. Ek dink dis eerlike en harde werk, en almal geniet dit.
Kobus dit is presies waarvan ek praat,punte en n drie teen die Bulle.Jy sien die bal draar raak.Meyer speel meeste van sy games soos Saterdag,en ja hy het ook sy afdag.Maar dis omdat hy punte aan geteken het satergag dat hy nou n regmerkie kry.Het julle ouens nie raak gesien hoe hy Robert beskerm nie.eK WIL NIE ARGUMENTEER NIE.Editor se net baie geluk aan die Cheetahs.
Baie geluk aan die span en die afrigters. dit was lekker om op die stadion te wees en die span te ondersteun. Wys net wat kan gedoen word. As die spelers heel jaar so kan speel kan dit net goed gaan. Net bietjie meer dringendheid en ons kan nog meer driee druk. Nogmaals baie geluk en ek hoop dat die volgende wedstryde met dieselfde ywer en intensiteit gespeel sal word.
Nou weet ek hoekom ons die Hurricanes geklop het! Hulle truie het soos die Sharks s’n gelyk.
Reël asseblief dadelik dat al ons teenstanders in die S14 in oorwegend swart truie moet speel.
Net ‘n grappie om die ys te breek.
Baie geluk Cheetahs Meyer het gewys wat gedoen kan word as ‘n afrigter vertroue in jou het Dieselfde het met Earl Rose op die EOYT gebeur As MB sy plek weens swak spel moes verloor het, moes hy nie Saterdag gespeel het nie, maar dis weer bewys, jy kan nie ‘n goeie speler afskryf wat een of twee swak wedstryde speel nie Dieselfde gaan met Ruaan Pienaar by die Sharks gebeur Die feit dat sy afrigter hom bly kanse gee, gaan maak dat hy sy selfvertroe terug kry en weer speel soos ons hom leer ken het Daar is niks wat ‘n speler se moraal so afbreek as ‘n speler wat op die bank gekies word en nie speelkans kry nie Hoe kan hy deel in die vreugde van ‘n wen as hy nie eers op die veld was nie? Ek voel net, as jy goed genoeg is vir die bank, is jy goed genoeg om ten minste tien minute te speel Al is dit net om deel van die wedstryd te voel en om jou “stats” op te tel Sterkte vir die volgende wedstryd Ek weetjulle gaan ons weer trots maak
Ek hoop nie die los looitjie gaan die span se momentum bietjie briek nie. Nou vir wie skree ons die naweek wat kom. STORMERS, BULLE!!!
Editor, net vir inligting, hoeveel toeskouers het die wedstryd saterdag bygewoon?
Supersport wys by die ander games, maar nie by ons game nie. Of dalk het ek net gemis terwyl ek ‘n KOUE bier gaan haal het…
JP, so jy se dat Mnr Demas vir elke honderd games, ook darem een goeie game gaan speel?. Mmm, Dit maak nogal sin.
Hi Kobus
Net so onder die 14 000 mense het die wedstryd bygewoon.
groete
Hi Editor ek sien nou net dat ek vroeer ‘n pos gestuur het wat nog nie op is nie. Ek het vergeet om my naam en email op te sit. Ek eht vandag ‘n nuwe rekenaar gekry so al die goed wat outomaties daar was, moet ek weer van voov af insit. Kan jy dit dalk opsit - ek het daarin kommentaar gehad op Blou bul se stelling.
Dankie
Hi Chris
Het hom glad nie ontvang nie..kan jy hom dalk weer stuur?