
Kabamba Floors in Photo by Hilton/ Rugby15.co.za
Venue: Vodacom Park, Bloemfontein on 6 March 2010
Match report:
8min: Vodacom Cheetahs 3 Hurricanes 0 Penalty Meyer Bosman
11min: Vodacom Cheetahs 3 Hurricanes 5 Try David Smith
15min: Vodacom Cheetahs 6 Hurricanes 5 Penalty Naas Olivier
24min: Vodacom Cheetahs 9 Hurricanes 5 Penalty from own half, Meyer Bosman
31min: Vodacom Cheetahs 12 Hurricanes 5 Penalty, Meyer Bosman
Half Time Score Vodacom Cheetahs 12 Hurricanes 5
49min Vodacom Cheetahs 19 Hurricanes 5 try Kabamba Floors, Conversion Naas Olivier
53 min Vodacom Cheetahs 22 Hurricanes 5 Penalty Meyer Bosman
58min Vodacom Cheetahs 25 Hurricanes 5 Penalty Naas Olivier
70min Vodacom Cheetahs 25 Hurricanes 12 Try Cory Jane Conversion Willie Ripia
76min Vodacom Cheetahs 28 Hurricanes 12 Penalty Naas Olivier
Final Score: Vodacom Cheetahs 28 Hurricanes 12
VRYSTAAAAAT!!!!

Heinrich Brusssow tackle in photo by Hilton / Rugby15.co.za

puik puik puik puik puik puik.Meyer Bosman jou ou doring.Geluk Cheetahs uitstekend man.
Great stuff Cheetahs! Julle dorings! Geweet julle kan.
Goeie werk Vrystaat!
Ek het die voorgevoel gekry dat ons gaan wen en ek het ook die voorgevoel dat ons die Super 14 gaan wen met dié span!!
Kan iemand my ook vertel waar Bosman nou uit die bloute uit ‘n skopskoen kry? Ek is so bly dat ons skopper het. Ek het julle almal gesê dat JL Potgieter ons tyd en geld gemors het toe hy hier was. As JL Potgieter hier was sou ons vanaand verloor het.
Baie dankie vir julle goeie wen!! Dit is lekker op te wen… nou moet ons dit net ‘n gewoonte maak en so aanhou tot ons die Super14 trofee het!
Baie goeie 2-man-aanvalswerk! Dit help ons om deur die verdedigers te bars! Ek dink dat ons nog meer kreatief met die ramme kan wees as ons vleuels saam met RAM-duo kan laat hardloop wat die bal dan ontvang sodra die verdedigingslyn gebreek is.
Sonder om negatief te wees moet ek vir die Vrystaters sê dat ons te min fokus op ons vleuels se spoed. Ons vleuels het nie een keer die bal op spoed gekry nie. Die balle het elke keer amper onbruikbaar by die vleuels uitgekom wat dan tot omgekeerde besit uitgeloop het. Ons het die meeste spoed van alle spanne in die Super14 maar gebruik dit nie? As ons, ons spoed meer gaan gebruik sal ons drieë laat neer-reën op ons oponente. Ons voorspelers kry baie meer die geleentheid om balle teen spoed te ontvang as ons vleuels.
Ek was nie altyd ‘n Daniller ondersteuner nie maar hy het sy beste wedtryd gehad wat ek nog ooit by hom gesien het. Daniller se vangwerk het verbeter en hy het meer vreesloos voorgekom as met vorige wedstryde.
Kabamba Floors het weer bewys dat sy sukses-resep daarin lê dat hy as impakspeler gebruik word. Baie goeie spel Kabamba.
Ek kan nie een speler uitsonder wat op die oog af swak gespeel het nie. Ons lynskopwerk was uitstekend goed maar ons moet pasop as ons op ander plekke gaan speel met ons lynskopwerk. Ek dink steeds dat ons te maklik balbesit wegskop. Ons het in twee situasies die bal uit ons kwartgebied geskop waar die bal dan terrug gebring is deur die Hurricanes tot +/- 5 meter ander kant ons kwartgebied. Ons moet dalk daarna gaan kyk en onsself die vraag vra: “is dit die moeite werd om balbesit weg te skop net om 10 meter vorentoe die verdediger te wees?”
Ebersohn het baie goed voorgekom. Ek dink hy sal na drie wedstryde uitstekend saam met die span speel.
EDITOR - Sê assablief vir die Vrystaters: “Baie geluk, ek is trots op julle en bring vir ons die Super14 trofee”
EDITOR - Se ook assablief vir Naka geluk en sê vir hom hy moet aanhou om hard te praat met die spelers. Sê vir hom hy kan sommer skree as dit nodig is.
SJOE WAT `N LEKKER RUGBY NAWEEK. DIE STORMERS EN DIE VRYSTAAT HET `N MAN WEER TROTS GEMAAK. NAKA EN HAWIES HET DIT UITEINDELIK REG GEKRY MET HUL SPANKEUSE. ONS HET `N BETER SENTER KOMBINASIE GEHAD EN NIE GEPRAAT VAN HENNIE NIE. HY WAS WEER OP SY STUKKE HY HET NET WEER GEWYS HYS DIE BESTE HEELAGTER WAT ONS HET MET SY LANG LYN SKOPPE EN VANGSKOTE UI DIE LIG EN ROTSVASTE VERDEDIGING. MOET ASB NIE AAN DIE SPAN VERANDER. HUL KAN ONS AL DIE PAD VAT
Ek dink na die Hurricanes game die naweek is meyer eers weer veilig. maar, ek dink phillip Snyman het nou genoeg gewys vir die Vodacom span om ten minste die bank te haal. Meyer kan gerus losskakel toe gaan. Ons weet nou hy kan skop en vrek ver ook. So naas Olivier sal moet begin sy kant bring nou.
Well done aan ons pak, julle was Awsome in die scrums, puik in die mauls en great op die grond. Veral ons 4 briljante loosies.
Kan nie wag vir die Stormers game nie. As ons dit wen is ons terug in die running. Ons kan semis toe gaan ouens. Kom aan.
Ek stem Blou Bul - wonder wat dink almal wat soveel kritiek gehad het teen Meyer
Nou net geskakel vir Heinrich se pa , Dr Marcel Brussow. Heinrich se operasie is vanmiddag 12h00.As alles goed gaan sal hy waarskynlik more uit die hospitaal ontslaan word. Ons beste wense en gebede vir ‘n spoedige herstel is met Heinrich!
Baie geluk !!! Cheetahs, Naka en afrigting span…julle het ons weer trots gemaak .. *s*
Net jammer oor Heinrich!! Sterkte ou hoop jy herstel gou, en sommer dankie aan jou wat met alles gespeel het.
Ek dink die verandering in die agterlyn het gewerk.
Geluk ook aan die Vodacom FS Cheetahs .. julle het baie goed gespeel. En ek dink Philip Snyman gaan nog ‘n groot senter word in SA Rugby!!
Editor (7)
Ek is een wat Meyer kritiek gegee het. En ek soek nie verskoning nie, maar moet jy nie ook te gou kritiseer nie. Ek het vir julle net een vraag?
Dink julle as ons die ondersteuners nie soveel kritiek vir Meyer gehad het, hy sou so goeie game gehad het nie. So ek sou sê Meyer kan dankie sê vir daai kritiek , hy het gesien hy moet sy dinges in rat kry of hy gaan ook gedrop word.
Geluk Meyer jy het 100 maal verbeter, hou dit nou net so.
O ja dan wil ek net bysê, die verbeterde spankeuse het veroorsaak dat ons agterlyn so goed gevaar het.
Cheethas julle het ons weer trots gemaak.!!!!!!!!!!
@Chris jy vra “Kan iemand my ook vertel waar Bosman nou uit die bloute uit ‘n skopskoen kry?” Die Cheetahs het die 2007 S14 seisoen begin met Meyer as dedicated skopper met gemengde welslae. Ek onthou nog ons het die Stormers 27-9 gewen daardie jaar (Naas Olivier het toevallig die 9 aangeteken vir die Stormpies). Later het Willem de Waal ingekom om die skopwerk oor te neem en ons het 11de ge-eindig (onder die Stormers). Ek sal egter die skop reelings hou soos dit nou is, hou vir Naas en laat Meyer of Riaan die lang skoppe aanvat, ek dink nie Meyer moet die dedicated skopper wees nie. Ek is BAIE bly dat Meyer weer in almal se goeie boekies is. Ek dink van die kritiek teen hom was ongevraagd veral in die lig dat die stats bv gewys het dat hy NIE die swak verdediger op die veld was soos almal voorgegee het NIE. Die omstandighede met die besering van Corne en voor Robert kon speel het ‘n bietjie teen Meyer gewerk.
Brussouw se besering is nogal kommerwekkend. Ek weet een swaeltjie maak nie ‘n somer nie, maar Heinrich is darem meer soos ‘n albatros (grappie). Ek dink darem ons het redelik diepte en sien uit na die volgende span teen die Stormers. Ook geluk aan die Vodacom span wat tot dusver goed gewen het.
7 Editor
Die kritiek was regverdig, want hy speel al vir baie lank onder sy vermoë!! Miskien was ons kla en gekerm net die regte medisyne vir die spelers (en afrigters).
‘n Gemiddelde (en selfs onder gemiddelde) speler, speel so af en toe goed, terwyl ‘n goeie speler konstant goed speel.
Niemand het ontken dat Meyer die vermoëns het nie, maar dat hy dit nie gebruik het nie, het ons baie gekwel.
Philip Snyman is in my oë die volgende Meyer Bosman.
Naka moet nou net sy rotasiebeleid verder uitbrei. Voorbeeld: Ebersohn op 12 saam met Snyman op 13 en dan ‘n wedstryd of twee verder Bosman op 12 met Geel op 13. Tussendeur kan hy hulle skerp hou om een senter op die bank te sit
8. Guestwriter 15
Dankie vir die terugvoering.
Sy besering is ‘n gatslag. Alle sterkte en beterskap word hom toegebid.
Hi Editor (7) - Ek was ‘n Meyer Bosman fan maar ek het goed gegronde kritiek gehad oor sy Super14 seisoen tot voor die wedstryd teen die Hurricanes.
Ek weet nie of ek heeltemal onder diegene val wat “soveel kritiek” teenoor hom gehad het nie aangesien ek dink dat hy ‘n fisieke senter is wat in die Springbokspan moes gewees het in ons verloor wedstryd teen Frankryk op hul toer verlede jaar omdat hy goed vaar teen fisieke ondersteuners.
Nietemin het ek krities na hom begin kyk sedert die begin van vanjaar so ek sal een van die eerstes wees om vir jou te vertel wat ek dink omdat jy daaroor wonder:
Ek dink dat dit goed is dat Myer Bosman weer bewys het dat hy goed kan speel. Ek het begin dink dat hy sy skerpheid verloor het en dat sy spel lou begin word het maar dit is goed dat hy weer met skerpheid terug is en nou selfs goed kan skop.
Waneer het hy so geleer skop? Het jul baie aandag daaraan gegee in die oefeninge die laaste paar weke? Hy het nooit van tevore so selfversekerd voorgekom agter ‘n gestelde bal nie.
Ek dink nie dat mens ‘n man net op een vertoning kan meet nie maar ek weet dat Bosman al goed in die verlede gespeel het. Ek sal daarvan hou om hierdie goeie spel week na week by hom te sien.
Laatens dink ek dat Bosman se vertoning nie foutloos was nie want ons vleuels het nie genoeg bal op spoed gekry nie en die fout lê gedeeltelik by Bosman en gedeeltelik by die manier hoe ons agterlyn beweeg en ek hoop ons kan daaraan werk omdat ons vleuels nie soveel geleenthede kry om aan te val soos die res van die span nie.
As mens mos nooit aanval met mens se vleuels nie dan is dit beter om twee senters in hul posisies te sit wat dan kan help met verdediging….
*********************
Sterkte aan Heinrich!
*********************
Kyk net wat gebeur as die regte spelers gekies word. Sarel Pretorius, Mapoe op Vleuel, geen Demas (dankie tog, ek dink selfs die agrigters sal nou saam begin stem oor hom), en selfs en nuwe slot het vrek goed gespeel. Naas Olivier was puik - veral met sy verdediging. Kyk, ons is natruurlik negatief en vies as ons span die dag swak speel en verloor. Maar kyk nou net ons kon sen die ouens wou spee vandag. Laasweek het dit gelyk asof dit vit hulle ‘n straf is om te speel, en hul net die game wil verby kry. Dit is seker ons beste super 14 wen by verre. Wow, as hierdie vertoning aanhou sal ons regtig ‘n paar spanne kan skrikmaak. Stutte het ook baie goed geskrum en die agterly het so nou en dan iets onvoorspelbaar gedoen - elke keer met sukses. Die verdediging was puik en die voorspelers het alles ingesit. Hoe jammer is dit nou noudat Brussouw uit is nie. Lostrio nou? Ek sou se Juan Smith, Frans Viljoen en Kabamba/ashley Johnson. Die Rno barnes ou is reusagtig groot en hy het heel belowend gelyk toe hy opkom. Was regtig ook goed om Kabamba terug te sien. Ek sien Willem de Wall draf nou sommer in die Vodacom cup uit - voor 12 mense op die stadion. wonder wat dink hy daarvan??
Hi Chris
Nee wat almal was maar krities, maar ek dink mens kan nie rerig ‘n speler oordeel van net drie wedstryde nie.
Wat ook al -dink hy het sy kop reg gekry en ek hoop hy bly daarby.
Groete
Ek stem Stef, was ook maar bekommerd oor Meyer se spel - maar is baie trots na die naweek.
Ja, ons was krities oor Meyer Bosman want hy het sy eerste paar wedstryde swak gespeel. Die naweek - baie goed, maar ek glo die eerste drie swak games van hom regderdig die kritiek - ‘n speler mpoet meer games goed as sawk speel dink ek. Wynand Olivier speel elke liewe game baie goed. Maar as Bosman aanhou goed speel ,sal ons verseker nie hom kritiseer nie - hoop net nie hy speel weer drie swak voor hy ee goed speel nie. Maar hou so aan Bosman! Goed gedoen. Ek wonder nou oor Daniller en Viljoen - albei is baie goeie spelers. Dis jammer dat een uitgelaat moet word.
Hi Ed
Was (is?) self een wat M Bosman gekritiseer het en toe speel hy hierdie naweek my bek stil.
Jy noem in post 15 van 3 wedstryde - wel volgens my speel Bosman die afgelope jaar baie ver onder sy vermoe. Hy het dit in hom om die eerste keuse nr 12 in die groen en goud te word - dis net hoog tyd hy besef dit vir homself.
En ja - die ouens het puik gedoen. Wys jou net wat n span sonder n Demas in staat is om te vermag ………
Maar juis Spikkels - die afgelope jaar is nog net (is nog nie eers) 3 maande lank. Of verwys jy na verlede jaar?
Editor en gas skrywer: Wil graag weet wat het van Johan Wessels (blondeko; flank) geword? Hy was een van ons beter spelers verlede jaar voor die springbokke terug is.
Ed - nr 20
Ek verwys vanaf na sy besering - hy was nooit weer die Bosman wat saam Marius Joubert enige senterpaar ore aangesit het nie.
Wat ek wil se is dat ek meer in hom gesien het as 2009/2010 se spelpeil.
Ek het in n vorige post daarna verwys dat hy weer LUS vir rugby moet word.
Hoop hy kry nou daai LUS terug …… Dan gaan hy marakkas maak op die veld.
Sien uit daarna om die ou Bosman terug te sien…………..
Jan Plank - My ou maat jy ken darem jou rugby. Ek hoef niks verder te se nie!
Ja, dit was lekker om ‘n slag weer te wen, en geluk aan die spelers wat dit Saterdag reggekry het. Maar dis jammer van Heinrich. Een van die min spelers in die span wat werklik toegewyd was hierdie seisoen tot dusver,maar mens voel veral jammer oor die terugslag wat sy loopbaan gekry het vir hierdie jaar. Om jou plek in die Springbok-span af te staan as gevolg van beserings is baie erg. Laat ons hoop hy herstel gou, en kom gou weer op vorm.
Wat betref die span as geheel, sal ek maar die heuningkwas eers bietjie weg gebêre hou, tot hulle bewys het dat hulle bereid is om regig erns het met dié kompetisie te maak. Alhoewel Bosman met ‘n paar baie moeilike skoppe geslaag het,is ek steeds oortuig dat hy nie genoeg waarde in die agterlyn bring nie, en dat ons beter talent op senter het. Snyman moet S14 toe en JW moet teruggebring word. ASAP.
Dit is jammer dat ons as ondersteuners ( soos ook verlede seisoen in die S14 en CB ) eers sulke ernstige kritiek moet uitspreek, voordat die afrigters bereid is om te luister, en veranderings aan te bring. En die ironie is dat beide laasjaar en nou, is die ondersteuners reg bewys. Waarom neem dit so lank ? Ek het ook geensins my mening oor Hawies verander nie. Ten spyte van uitstekende “playmakers” soos Ebersohn en Mapoe, en selfs Daniller, is die agterlyn nog steeds nie in staat om deur opponente te kom en drieë te druk nie. Daar is nog steeds geen struktuur in ons agterlyn nie, en te veel van die sukses van ons games hang van die voorspelers af. ‘n Speler soos Nokwe kan vir ‘n span ten minste 3 drieë in ‘n game druk, teen enige opponente, as die agterlyn weet hoe om hom in posisie te plaas, en ons agterlyn ( en afrigter ) weet ooglopend nog nie hoe nie.
So, baie geluk met die wen,maar ek gaan nie die een oomblik my misnoeë te kenne gee, en na net een wen, besing ek my span asof hulle klaar die kompetisie in die hoed het nie. Dit sou oneerlik wees.
23 Kobus
Nee wat ek sal my nou nie as ‘n kenner uitgee nie en lug ook maar my beskeie opinie soos die ander mense hier, maar dankie vir jou opinie.
24 Chris B
Ek deel jou sentimente/gevoelens*, maar wil tog vra dat ons begin positief raak oor (let wel) ons span. Spankeuses is amper daar, so 95%. Rotasiebeleid (so 65-70%). Kort nog rotasie onder die stutte en senters. Soos jy sê kort ons nog struktuur/deurdringingsvermoë op die aanval. Skopwerk en verdediging:- Kan sien die manne se harde werk begin vrugte afwerp.
*Ek dink die vraag wat op almal se lippe is ‘Kan die span dit konstant doen met dit wat hulle teen die Canes reggekry het?’
Stem 100% saam met Chris B