Bloggers - goeie nuus.
Ons het ons eie Cheetah Program op TV - Cheetah Chase! En ek moedig almal aan om dit te kyk en te sê wat julle dink!
Hier volg die tye!
Saturday 6 March
18:45 SS6 / SS6A
Monday 8 March
16:00 SS1 / SS1A
Tuesday 9 March
20:00 SS1 / SS1A
Wednesday 10 March
01:30 SS1 / SS1A
Thursday 11 March
23:30 SS1 / SS1A

Is daar enige manier dat SABC dit vir ons ook sal kan uitsaai?
Nou VRU, daar is 10 uit 10 vir julle. Ek het die 1e episode Saterdag gekyk en het dit gelove.
Ek moet dit vir julle gee, hoe meer ons kla en kerm, hoe meer word daaar gedoen.
Ek hou baie daarvan julle, hou so aan.
Hi Chris
SABC sal dit net kan uitsaai as hulle die program by Super Sport koop, want Super Sport dra op hierdie stadium al die onkoste van die program.
Groete
Hoeveel sal dit kos om dit oor te koop?
En is al die uitsendings (tye hierbo) herhalings of is dit verskillende episodes?
Klink baie goed, lyk my daardie nuwe bemarkingsman van die Sharks begin al klaar sy vermoëns wys.
Ek kan verstaan dat die SABC nie dit sal wil aankoop van Supersport af nie, want hulle is net pro sokker.
Wat ek wel wil weet of dit nie dalk op MNet/GDN ook uitgesaai kan word nie, want nie almal het DSTV nie? Al is dit ‘n dag of twee later, ten minste kry ons dit darem te siene.
Dankie manne (en maninne) dat julle begin hoor wat ons as ondersteuners soek.
Vir die manne (en maninne) daar in Bloemies, julle het nou geen rede om ons span nie te gaan ondersteun daar op VCP nie!!
Bring julle kant, want die span en die bemarkingsmense wys hulle wil.
NS:- As iemand my wil borg, sal ek ook elke naweek hier vam Snor City af deurry vir die wedstryde. Net ‘n grappie, maar ek sal nie huil as iemand my ernstig wil opneem nie.
Hi Chris
Dit is herhalings - sal julle elke keer laat weet as die volgende episode op die lug is.
Hoekom kan die supersport update kanaal (200) lewendige sokkergames way maar nie rugby, of selfs krieket nie? Groepsdruk, of borge? Dis al supersport kanaal wat ek kry. Moet elke week by Kruger Park Lodge of so ‘n plek loop kyk. (Die game teen die Highlanders was hulle bier warm…)
“Wat ek wel wil weet of dit nie dalk op MNet/GDN ook uitgesaai kan word nie, want nie almal het DSTV nie? Al is dit ‘n dag of twee later, ten minste kry ons dit darem te siene.”
Editor sien bostaande in punt 5 asb. Enige antwoord daarop?