SuperSport en Hurricanes maak reg vir rugby!

Ons wil graag ‘n paar foto’s deel met ons blog besoekers van die dag voor die groot wedstryd. SuperSport het teen ongeveer 11h30 opgedaag en begin om die kabels reg te kry vir die uitsending van die Super14 rugby.

SuperSport Media Unit arrives at Vodacom Park

SuperSport Media Unit arrives at Vodacom Park

So teen ongeveer 12h00 het die Hurricanes opgedaag om bietjie balle te skop en ‘n gevoel van die oppervlak van Vodacompark te kry. Daarna het die skoppers verder geoefen terwyl die res van die span teruggekeer het na die hotel.

Hurricanes arrive at Vodacom Park

Hurricanes arrive at Vodacom Park

 Rodney So'oialo with team liaison Lidsay Mould

Rodney So'oialo with team liaison Lindsay Mould

 In die agtergrond kan ons sien dat sommige van die spelers meer op hul gemak is as ander.. :)

Hurricane Centre Ma'a Nonu

Hurricane Centre Ma'a Nonu

Hurricane players inspecting the pitch at Vodacom Park

Hurricane players inspecting the pitch at Vodacom Park

This entry was posted on Friday, March 5th, 2010 at 3:10 pm and is filed under Guestwriter: 15. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

8 Responses to “SuperSport en Hurricanes maak reg vir rugby!”

  1. JJ Says:

    E.D. Nog n R50 tjie da vir jou vir die posting. E.D lyk RODNEY en Ma ‘a Nona net groot op TV of is hul GROOT.

  2. CheetaH07 Says:

    Editor, dìt wat julle hier wys, is briljant. Hoe gereeld sien mens wat agter die skerms gebeur om ons ondersteuners te vermaak? Amper nooit! Dan moet ek bylas, met n kamera in die hand kan mens baie dinge doen. Ek het n idee rondom die Cheetah website, met wie kan ek dit deel? Ek dink wat ons website nodig het, is n “interactive touch”.

    Baie dankie vir die moeite wat julle doen i.v.m die blog/website. Sterkte aan die span, ons almal is saam met julle.

    Mag die Cheetahs harte verbly, mag die oranje vlae orals wapper en waai. . . MAG VRYSTAAT, WEN.!!

  3. Chris Says:

    Hey hey!!

    Die opskrig lui “Hurricanes maak reg vir rugby” Ek is van mening dat ons die opskrif moet verander na “Hurricanes maak reg vir verloor”!!!

    Dit wil vir my voorkom asof daar ‘n nuwe gees is in die Vrystaatspan en veral op die blog. Hierdie “nuwe gees” wat ek voel laat my dink dat ons die Super14 kan wen! As ons later vandag ware hardlooprugby gaan speel is daar nie ‘n manier hoe die Hurricanes ons gaan kan wen nie. Vrystaat het die meeste spoed van enige van die Super14 spanne in die kompetisie.

    As Vrystaat gaan fokus om die bal na die doellyn toe te vat met spoed en om vinnig verdediginslinies te vorm is daar nie ‘n span wat ons sal kan keer tot die glorie van die Super14-trofee nie!

    Komaan manne! Glo in julself, Pass net vir ‘n spanmaat in ‘n BETER posisie as jy en speel om ons vinnige vleuels oor die doellyn te kry!! Ek sê weer: ons het die vinnigste vleuels in die Super14!!

    Druk vandag julstepel af met driee!! Die nuwe reels sal jul daarmee help. Jy klop net spoed met spoed en Vrystaat het BAIE daarvan!

    :) :) :) :)

  4. editor Says:

    Dankie Chris!

  5. editor Says:

    jj, hulle is GROOT :-)

  6. blou bul Says:

    Hoeraaaaaaaaa Chris is optimusties fir die wedstryd.Kan net een ding beteken.Cheetahs gaan wen.En ver wen manne met meer as 15.

  7. Kierie Says:

    Editor - wat van die Stormers game reel ek vir al ons bloggers ‘n paartiebus na Nuweland toe? En dan sommer terug, of ons kan slaap daar in kaapstad en weer vroeg die oggend begin ry………..Kan nogals lekker wees of hoe?

  8. editor Says:

    Jy kan maar reel Kierie. Nog nie seker of hier so iets gereel gaan word nie, maar as daar gaan sal ek jou op hoogte hou.

    Groete

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree