Hawies beantwoord solank van die vrae ….

Sarel – Tewis

 

Albei is goeie spelers en sal genoeg kans kry in die beginspan. Sarel het sover 75 min in 3 wedstryde van die bank af speelkans gehad , dws 25 min per wedstryd. Hy sal binnekort in die beginspan wees en kans kry om sy kleim af te steek.

 

Naas – Sias

 

Naas is tans die 2 de beste skopper in die Super 14 met 80% slaagsyfer – na Morne Steyn met 88%. Maak nie sin om n swakker skopper in die beginspan te sit met gemiddelde strafskoptelling van 28 per wedstryd nie. Ons het die Sharks gewen omdat Naas beter as Rory Cockett geskop het. Sias en Riaan Viljoen skop minder as 65% van hul skoppe oor in oefeninge – kan nie daardie kans vat nie.

 

Corne – Robert – Lionel op senter.

 

Robert en Phillip Snyman was beseer toe Super 14 begin het . Robert is vir eertse keer beskikbaar vir ons in game teen Hurricanes. Lionel het senter gespeel omdat al ons ander senters beseer was(Corne , Robert, Phillip + Wilmaure Louw (Griekwas) het nie kom oefen nie).

 

Meyer

 

As jy wil weet watter waarde Meyer vir die span bring gaan kyk na ons opwarmings wedstryd teen OP (toe Barry Geel 12 was) en na verlade jaar se Curriebeker wedstryde toe hy beseer was en na die wedstryde na hy weer terug was in die span.

This entry was posted on Monday, March 1st, 2010 at 3:56 pm and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

16 Responses to “Hawies beantwoord solank van die vrae ….”

  1. Phillip Says:

    as Hawies meer reguit kan antwoord-As ek hier bo by die senters lees, kan ons dalk verwag om Robert en Snyman dalk n keer of wat saam in n begin span te sien want ek glo baie mense sal graag wil sien wat Nokwe, Mapoe en Riaan aan hulle buite kant kan doen. Ons het gesien hoeveel swakker ons 7’s bokke sonder hulle is.

  2. Merlin Says:

    Merlin lwer solank repliek.
    Sarel – Tewis
    Ek dink altwee verdien hulle plekke. Dis net ek dink aan ‘n “Skakelpaar”. Vir my werk Sarel-Naas en Tewis-Sias beter.

    Naas – Sias
    Ek stem saam Naas is tans die beter speler. Maar ‘n loskakel moet 80 min kan speel. Veral as die score close is. So die feit dat ons met 2 skoppers begin het en toe ons ‘n skopper nodig het is net Meyer-vou-onder-pressure Bosman oor is net ‘n Afrigting probleem.

    Corne – Robert – Lionel op senter.
    Ok, dit maak sin. So nou is daai experiment verby? Ons mors vir Lionel op senter, kyk net wie moet vir hom pass! Japie-binnebreek mulder het meer gepass as Meyer.

    Meyer
    Ja ons weet hy het ondervinding. Maar kan hy druk hanteer? Curiecup druk miskien, maar hoeveel keer het Bosman al die Cheetahs gedrop as die pressure op is?

    Naka
    Sê bietjie vir ons of SUB julle spelers omdat dit so beplan word of uit noodsaaklikheid? Ek onthou Rassie het gesê:”Jy sub altyd jou skrumskakel” Is julle nog op die rassieplan of gaan ons iets nuuts sien die week?

  3. blou bul Says:

    Hawies.Stem saammetjou,Meyer is puik.Hy create dine vir die spelers om hom.Ek glo hy is briljant.Sal hom wel losskakel speel.

  4. Chris Says:

    Hawies

    Watse antwoorde is die? Jy verwys hier na verlede jaar se wedstryde maar ons verwys na nou! Ek was altyd ‘n FAN van Bosman gewees maar hy speel nie goed spanverband nie. Hy is naas Demas die grootste swakpunt in ons verdedigingslyne omdat hy nie nie in die verdedigings-lyn beweeg nie. Sy posisionele spel in spanverband is swak wanneer dit kom by verdediging. Hy laat toe dat daar gapings kom aan sy linker en regterkante.

    As jy wil he dat ons na sy spel in die verlede moet gaan kyk wil ek he dat jy moet gaan kyk na hoeveel driee gedruk is as die oponente skuins deur Bosman se gapings hardloop! Het jy gesien hoe is Bosman soos ‘n vrot vel teen die Sharks afgestamp omdat hy soos ‘n paloeka die oponent om die skouers wou omhels in plaas daarvan om ‘n laagvat uit te voer soos wat ‘n senter betaam?

    Ek stem saam met jou oor jou Naas Olivier antwoord maar ek weet nie wie daardie vraag gevra het nie. Dit sal dalk goed wees as jy kan verwys wie se vrae jy beantwoord. Dalk deur net die POS NOMMER voor die antwoord te plaas.

    Dit sal ook goed wees as jy jouself kan verduidelik. Om net te sê gaan kyk na dit of gaan kyk na dat is amper om te sê “gaan vra maar vir Naka” of “vra my broer Jack”. Ek dink jy kan dalk bietjie meer interaktief jou vrae beantwoord. Ek kon ongelukkig nie die opwarmingswedstryd teen op gesien het nie. Het Bosman nie in daardei wedstryd gespeel nie?

  5. Pieter Says:

    Hawies nou dat omtrent almal gesond is dink julle regtig dat die volgende agterlyn swakker kan speel as die een wat teen die Highlanders gespeel het:
    Viljoen
    Mapoe
    Snyman
    Robert
    Nokwe
    Naas/Robert
    Sarel

  6. Chris B Says:

    Dis ‘n moedelose, wanhopige situasie van voor af. Hierdie spen se probleme moet net soos die Sharks s’n, en met uitsondering van seker swak spelers, vierkantig voor die deur van die afrigters gelê word ! Hawies wat duidelik totaal uit sy diepte is, absoluut verdwaald is, en wie se verskonings al yler en meer belaglik raak, en Naka wat spankeuses maak, en toelaat, uit persoonlike voorkeure.
    Met die uitsondering van Bosman en Demas, het ons bevoegde spelers, maar word hulle doelloos en planloos gelaat deur ‘n afrigter wat self nie weet hoe en wat nie ! ( kyk net hoe speel JL Potgieter Saterdag…op senter !!

    Ek wil ‘n voorstel maak. Laat Naka en Hawies vir 2 weke op verlof gaan. Die spelers ontleed self hulle volgende opponente, bestudeer die videos van die ander spanne in die S14 sodat hulle kan sien wat dié goed en reg doen, besluit self op hulle gameplan en hanteer self hulle voorbereiding. En kies self die span.
    Ek wil ‘n weddenskap aangaan dat ons myle beter se rugby gaan sien, en as dit nie so is nie, dan vra ons die afrigters om verskoning, en hou dan ons bekke.

  7. Chris B Says:

    Ek wou nog ook graag byvoeg vir Hawies. Wat bedoel jy met dié opmerking :” As jy wil weet watter waarde Meyer vir die span bring gaan kyk na ons opwarmings wedstryd teen OP…”

    As ek reg onthou het die Cheetahs in die opwarm wedstryd teen die OP, verdomp swaar geleef en dit amper verloor ? Inteendeel was Naka se opmerking na dié wedstryd ” dit was ‘n wake-up call vir ons ” ?

  8. Chris Says:

    Chris B,, ek het laasjaar gesê dat ek vermoed dat die Bulle vir JL Potgieter op senter gaan inspan.

    ‘n Goeie afrigter se werk is altyd sigbaar op die veld!

    Ek sê dit reguit en met trots vir Vrystaat - NAKA en HAWIES moet spoedig bedank!

  9. CheetaH07 Says:

    Hawies,

    Baie dankie vir jou tyd wat jy spandeer met die bloggers. Dankie ook vir alles wat jy vir die Cheetahs doen i.t.v afrigting. Ek het dalk net n voorstel/vraag?

    Hoekom skuif julle nie vir Meyer na losskakel nie. Onthou net, dit is die losskakel wat die agterlyn beheer. Die losskakel moet onvoorspel baar wees op die veld. Byvoorbeeld: Laat n losskakel die eerste helfte deur die opposisie se agterlyn probeer deur hardloop. Kort in die tweede helfte, laat jy hom n grubber-kick gee(nie n up and under nie) deur die opposisie se agterlyn, vir die binnesenter. Dus laat jy, die volgende keer wanneer jy by die opposisie se agterlyn aankom, aan die raai met “Gaan hy nou weer deur my probeer skop? OF Gaan hy nou weer deur my probeer hardloop soos net nou?”.

    En nog net een vraag Hawies. . .

    Hoe skop Tewis pale toe, kan jy dalk vir ons asseblief net sy persentasie ook gee? Ek onthou dat Tewis, teen die Lions in die Currie Beker finaal, van die kantlyn af die bal oorgesit het, nadat ons op die laaste minuut n drie gedruk het ek gelyk op was, en ons die oorwinning verseker het, dit is hoekom ek vra.

    Hou aan met al die goeie werk wat jy by die Cheetahs doen. Sterkte met die spankeuse, en wys ons daardie vonk wat jy vir die span kan bied. Baie dankie vir die geleentheid Editor, en ook aan Hawies.

  10. Kobus Myburgh Says:

    1.Niemand se iets van Barry Geel nie. 2.Hoekom het Strauss in die agterlyn vleuel gespeel en aanhoudend balle aangeslaan, en so ‘n drie weggesmyt? Voorspelers hoort nie in die agterlyn op aanval nie. Hulle het nie daardie balvaardighede nie, dis hoekom hulle voorspelers is. 3.Niemand antwoord my vraag oor die verkiesing van die kaptein nie, en 4.niemand kan my se hoekom twee erkende skoppers albei van die veld af was en ‘n ondergemiddelde skopper pale toe moes skop op ‘n kritieke tyd nie.
    Dankie.

  11. blou bul Says:

    Cheetah HO7 …..eK STEM SAAM MET JOU,EN DANKIE TOG N OU WAT SENSE PRAAT OP DIE BLOG!!!!

  12. Sam Says:

    Sal intersant wees om te sien wat iemand soos n Laurie Mains met die jong cheetahs kan doen . Miskien het die Cheetahs n afrigter nodig en nie nog n pel nie . . . .

  13. JJ Says:

    Heng maar DEMAS word mooi toegemaak, omtrent elke ou het gevra oor DEMAS, nogsteeds geen antwoord. Hawie ons is nie n klomp skoolkinders nie, watse antwoord gee jy oor MYER, DIE OPWARMSWEDSTRYD (LOL) Nee magies dis nou n antwoord . DANKIE HAWIE VIR JOU POGING SAY NO MORE!!!

  14. JacoP Says:

    Ek sien dat gedurende die pers konferensie is gestel dat “VERDEDIGING” een van die groot probleme is.
    So, Hawies, wat DOEN jy hieraan. Jou afrigtingstyl werk obviously nie, maar nogsteeds behou jy die pos?!?!

    MOENIE NET WOORDE SPOEG OOR DIE PROBLEME NIE!! WEND ‘N POGING AAN OM IETS TE VERANDER!!!

  15. Gerhard Says:

    Ek wag nogsteeds vir 2 antwoorde.

  16. Gerhard Says:

    Ek dink na die Hurricanes game die naweek is meyer eers weer veilig. maar, ek dink phillip Snyman het nou genoeg gewys vir die Vodacom span om ten minste die bank te haal. Meyer kan gerus losskakel toe gaan. Ons weet nou hy kan skop en vrek ver ook. So naas Olivier sal moet begin sy kant bring nou.

    Well done aan ons pak, julle was Awsome in die scrums, puik in die mauls en great op die grond. Veral ons 4 briljante loosies.

    Kan nie wag vir die Stormers game nie. As ons dit wen is ons terug in die running. Ons kan semis toe gaan ouens. Kom aan.

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree