Hi blogger en ook lojale ondersteuners.
Baie dankie dat julle altyd so lekker saam gesels - dit is baie lekker om almal se menings te sien.
Kom ons kry nou julle antwoorde eens en vir altyd.
Stuur vir my julle vrae wat julle aan Hawies wil vra en ek gaan dat hy dit beantwoord.
Groete
Editor

Hawies, ek wil nie kritiseer nie. Ek wonder net hoekom die Cheetahs so baie betaal het om die Ebersohn broers te behou (hulle is hoog in aanvraag in ander provinsies) maar hulle kry nie juis speeltyd nie. Ek weet Robert was beseer en moet stadig terugkom, maar is daar defnitiewe planne om hulle in die span te vestig? Ek is ‘n jare lange ondersteuner en dit was pynigend om te sien hoe belowende spelers van die Cheethas in ander provinsies eindig en daar naam maak omdat hulle oor die hoof gesien is in die Vrystaat.
Hou aan met die goeie werk.
Norman du Plooy
1.Dit is duidelik ons voorry het nie die impak wat hulle laas jaar gehaad het nie,kan dit wees dat die manne dalk te bang is om straf skoppe af te staan dat hulle dalk nie 100% gee nie,of sukkel hulle nou maar net om by die strenger toepassing aan tepas!
2.Ek weet Craven week is nie die S14 nie maar in 2007 het Robert en Sias Ebersohn as ‘n “combo” alle spanne uitmekaar gehaal en die VRU moes op dit gebou het hoekom was die twee broers dan opgebreuk,hoe laat ons toe dat twee spelers wat so gevaarlik saam is,geskei word?
3.Ek het al die vraag gevra maar wat is die storie met Wilton Peterson,ek het hom maar net n’ paar keer sien speel en hy het na toekomstige Bok gelyk.
Hallo Hawies: die eerste vraag wat ek en AL die ondersteuners hier asook op die facebook page wil weet, is waarom daar volhard word met Danwel Demas en Corne Uys? Demas het nog nie een goeie wedstryd gehad nie, en het nie flair of enigiets, asook geen balhantering nie - soos bv. Mapoe. Ons almal vra elke liewe dag die vraag en dan is daar nie ‘n antwoord nie - iets van ’skopskoen’ of so iets. ‘n Goeie vleuel het nie ‘n skopskoen nodig nie want hy hardloop homself uit die moeilikheid uit. Gaan loer asb ook op al die blogs en facebook - daar is al die ondersteuners dit eens oor Demas.
Waarom word Barry Geel nie ‘n kans gegee nie? Hy is ‘n goeie speler en verdien dit. ek meen hy kan nie swakker vaar as ons huidige senters nie. En Sarel Pretorius is baie vinniger agter die skrums as Tewis..hy behoort die hele game te speel volgens my. bjorn basson - wt het van hom geword? Kyk ek is ‘n groot Vrystaat Cheetah ondersteuner maar ek voel daar word onnodig teen griekwas spelers gediskrimineer…………
Demas is vir my soos die Cheetah se Earl Rose………..al verskil is Rose het darem so een uit 5 games ‘n goeie game. Ons senters breek nooit deur ‘n gap nie terwyl ander spanne se senters met gemak deur ons verdediging breek, waarom is dit? Ons grootste probleem volgens my is by ons senters al die afgelope klompie jare. Dis waar Barry Geel ‘n verskil kan maak.
Hawies byvoorbaat dankie vir die tyd wat jy aan ons as ondersteuners gaan afstaan.
Meeste van my vrae gaan oor spankeuses:-
1) Hoekom kry Sias nie meer speeltyd nie? Selfs met sekere wedstryde geroteer met Naas nie? As dit oor ‘n skopper (pale toe) gaan, net ‘n voorstel, begin met Naas Olivier en Hennie Daniller en vervang hulle later met Sias Ebersohn en Riaan Viljoen. As Sias nie genoeg ervaring het nie, is dit julle as afrigters se skuld, want hy moes verlede jaar al in die CB kans gekry het.
2) Ek bevraagteken die skakelpaar (Sarel en Naas) wat opgebreek is? Tewis is skynbaar gekies vir sy taktiese skopwerk, maar waar die nuwe toepassing van die (ou) reël by die afbreekpunte, die span met die bal in hand meer bevoordeel, hoekom wil jy dan ‘n skoppende no 9 hê? Hoekom word Sarel en Tewis nie geroteer in die begin span nie?
3) Stutte en haker word ook nie geroteer in die beginspan nie. Hoekom nie?
4) Alhoewel Meyer Bosman ‘n goeie speler was, is hy al vir baie lank nie meer op vorm nie, hoekom word hy nog steeds gekies in die begin span? Wat van Barry Geel? Selfs Robert Ebersohn sodra hy volkome herstel het? Tyd op die bank sal Bosman net goed doen, want hy kan nie aanhou op sy ‘naam’ speel nie, daarvoor is die S14 te kompeterend. Gaan kyk ook maar na Verusco(?) se stats oor Bosman se verdediging die afgelope twee jaar (2008-2009) in die S14. In 2008 was sy verdediging op een stadium die swakste in die toernooi!
5)Laaste maar nie die onbelangrikste nie:- Danwel Demas (en sy skopvoet) is, was en sal nooit in enige ander S14 plek kry nie. Moenie te gou die ras ding bybring nie, want beide Nokwe en Mapoe is puik spelers en op vorm. Natuurlik kort al twee nog ervaring, maar dit is die boytjies (verskoon maar die woordspeling) vir die nou en die toekoms. Met my verwysing in punt (2) het ons nie Demas se skopvoet nodig nie. Waar is Bjorn Basson? Hy sal ‘n baie goeie impakspeler op senter en vleuel wees.
Sien die Vlou Vulle (VVe) se rotasiebeleid vir hulle lostrio keuse dié naweek teen die Waratahs. Sou jy en Naka so ‘n keuse gewaag het? Ek glo nie.
Ons het die spelers om ‘n goeie rotasie beleid toe te pas. Vat byvoorbeeld ons no 18 slot, Walti Vermeulen. Daardie ou is ‘n yster. Hy sal ‘n beginspan ook so af en toe nie in die steek laat nie. So terloops, is Walti familie van die ou Vrystaat slot, Thys Vermeulen?
Sterkte vir die twee opeenvolgende tuiswedstryde en onthou moet nie die spelers in die grond in speel nie, ons het die talent vir ‘n goeie rotasiebeleid. Pas dit net toe.
Hawies 90% (maak dit 70%) van die ondersteuners sê Demas is nie goed genoeg vir S14 nie. Waarom hou jy aan om hom in die span te sit. Jy speel selfs vir Mapoe uit plek om vir Demas ploek te maak. Het jy vergeet van Barry Geel. Hy het hom reeds in die CC bewys?
2. Sarel is mos ‘n beter skrumskakel as tewis !!! en hy en Naas ken mekaar baie beter, waarom? begin hy nie??????
Ek kritiseer nie, maar ek soek antwoorde op spankeuses wat ooglopend nie sin maak nie.
Ek stem nie saam met die huidige keuses vir agterlyn nie. Ek dink Sarel Pretorius is beter as Tewis. Hoekom word hy nie ‘n kans gegee om te begin nie.
Verder moet Mopoe terug vleuel toe. Daar is ander senters wat kan speel. Dit is belangrik vir ons diepte ook om hulle ‘n kans te gee. Wat van Geel?
Naas Olivier het te veel doellose skoppe geskop teen die Sharks. met die reëls moet jy die bal hou en fases opsit. Dit gee jou kans om die voordeel te behou omdat die reëls die aanvallende span beskerm. Deur te skop, gee jy daai voordeel vir die verdedigende span. Verduidelik asb?
Hallo Hawies
Eerstens wil ek net noem, voor ek my vrae stel, dat ons, die ondersteuners, nie werklik rugby onnosel is nie en ons sien wat op die veld gebeur……
Vraag 1: Wat presies soek Demas in n rugby trui?
Vraag 2: Wanneer gaan vrind Bosman bietjie weer kans kry om bietjie lus te raak vir rugby by Simlas of een of ander stadsklub. Smaak my hy het sy lus vir rugby en tackle verloor.
Vraag 3: Wat vir n onding steek nou kop uit om werklike goeie spelers uit posisie te speel (Mapoe)
Daar is mos manne soos Geel, Snyman, ens. wat spesialis senters is?
Vraag 4: Het julle n rotasie beleid in plek en hoe/wanneer gaan julle dit toepas.
Die afrigtingspan sal ook vir ons moet verduidelik wat hulle gaan doen om te keer dat ons nie nog vir J W Jonker ook gaan verloor soos vir Hollenbach of Jandre Blom nie.
Verder wil ek julle en my span sterkte toewens vir die res van die seisoen - Sien julle op die stadion.
Hello Hawies…Die nuwe reel van die tackler en die bal speel.Ek het n paar keer gesien dat die sharks wag tot die speler die bal plaas en dan staan 2 of drie van hulle spelers en wag en dryf dan eenvoudig oor die bal,ek dink dit is goeie taktiek wat dink jy?Wat van Sias as inpak speler op Heelagter en Danniler as inpak op senter?
Daar is baie, baie vrae, maar ek sal nie baie op een slag vra nie. Maar baie, baie dankie vir hierdie geleentheid Editor en Hawies. Miskien sal ons beter kan verstaan hoe werk die dinge volgens julle.
My eerste vraag is: Hoekom is ons so lief om die besit weg te skop in die opponente se hande, game na game? Dit werk tog blykbaar nie, en veral op die stadium is dit seker beter om die bal in hand te hou en wyd te speel? Is dit dat ons ouens maar probeer om uit te skop en dan nie regkry nie, of word dit deur julle oorgedra dat die bal nie veld op in hulle hande geskop word nie en dan is die spelers dan maar net hardkoppig?
Vraag twee vir vandag: Hoekom word die vleuels nie baie meer benut nie?
Vraag drie: Wat se julle rustyd vir die span as hulle 20 - 0 agter is?
Dan is daar nog vrae oor sekere spankeuses, maar ek los eers om te kyk of ander ouens nie daar gaan uitkom nie, julle almal weet seker wat ek wil vra….
groete
Ek het asb. 3 vrae vir Hawies.
1. Vir 2 volle seisoene vaar M.Bosman, C.Uys, D. Demas vêr onderkant S14 gehalte t.o.v. verdediging, balle wat hulle nie by vleuels soos Nokwe en Mapoe kry nie ( gemeet reen spelers in dieselfde posisies in die meeste ander S14 spanne. Waarom het spelers soos JW Jonker,Juries, Geel ens. wat op “par” was, sonder speelkans gesit ?
2. As hierdie spelers vir twee volle seisoene nog steeds so swak vaar, hoe lank gaan dit neem om te besef dat kontinuiteit nie in hulle geval werk nie ( ons begin in elk geval seisoen na seisoen met nuwe spelers ) Mapoe se skuif na senter was nie suksesvol nie, en gaan ook nie wees nie, ons mis ‘n baie suksevolle vleuel as hy op senter speel.
3. Wanneer gaan ons agterlyn se aanval- en verdedigings lyne regkom. Ons staan hope drieé af a.g.v. senters wat nerens in posisie is, of wat enigsins weet hoe om oor ‘n voordeellyn te kom en die vleuels in die regte posisies te plaas, of ruimte vir ‘n aanvallende heelagter soos R.Viljoen te skep om aan te val nie. Hy moes dit verlede Saterdag maar op sy eie doen. En toe hy die beter stelskopwerk pale toe doen, word hy afgehaal ?
1. Wat bied DEMAS jou dat jul hom elke keer kies. Wat ons nie verstaan nie is verlede jaar toe DEMAS beseer was, toe kies jul BASSON teen die SHARKS en dai laatjie druk 2 driee in dai game, ons almal het gese yes ons het uiteindelik n vleuel wat passie het en weet hoe om af te rond, die volgende is DEMAS weer in. TOT my BLOU BULLE PELLE het gelag en dink dis belaglik en nou sien en gebeur dit weer. WAAR IS BASSON, JW nou. HAWIE jul gaan ons ondersteuners moeilik oortuig dat DEMAS bo gemiddel speel en sy volle potensiaal. Net so met TEWIS, MEYER, UYS. Toe UYS beseer was toe speel jul PHILLIP wat goed gespeel het en weereens was UYS in. Hawie kontinuiteit is 1 ding maar spelpyl en op vorm te wees is ook n ander punt. Naas BOTHA het n gesegde wat se jy kies altyd jou sterkste 15 spelers en ons glo nie dit gebeur nie. Ons kry die gevoel dat sekere spelers voordeel geniet en dat die span nie gekies word volgens vorm en spelpyl nie. 2. Wat ons ook nie verstaan is hoekom word n speler wat sy hart uitspeel in die 60min vervang terwyl die game nog nie verseker is nie en terwyl daardie speler n groot rol speel…ja ek verwys na RIAAN met HENLIER SHARKS GAME. En wat jul doen ook as n speler swak speel hy beleef n afdak knock die bal vang mis tackle mis en almal bid en skree haal hom af sit iemand anders op NOU los jul dai speler tot in die 75min haal hom dan af as die koeel klaar deur die kerk is en nou moet magic gebeur. HOEKOM LOS JUL NIE N OU AS HY SY HART UITSPEEL EN HAAL N MAN GOUER AF WAT SWAK SPEEL. DIS my 2 probleem punte.
Haai daar
Nog n ou vragie
Wat is dit deesdae met die geboerdery in die media.
Dink julle nie dat julle die ander spanne net motiveer nie.
Verseker moet julle ook maar die media se vrae beantwoord maar ek dink tog die hoofafrigter behoort daai joppie te doen - nie die spelers nie.
Sien julle op die stadion.
Chris B, Spikkels, jaco, Stef, Jan Plank, Quinton. Norman en Kierie: Hoor hoor! I rest my case. Julle slaan al die spykers op hulle kop!
Ek kan net byvoeg: Hawies, wat is die probleem met JW, is hy beseer of wat, want ek verstaan hy is huidiglik nie by die sewes nie. Hy was een van ons groot hero’s verlede jaar met die Curiebeker. Dis nou die 10 minute wat hy wel nou en dan gespeel het. Ek het al hier op die blog gese ek wonder of jy en Naka nie moedswillig is om presies die teenoorgestelde keuses te doen as wat ons voor vra nie. Ek weet dat julle natuurlik glad nie vir ons hoef te luister nie, en dis niks persoonlik nie, want ons weet ook maar nie wat presies wat die omstandighede is en watter druk daar dalk van ‘n hoer mag af op julle mag wees om sekere keuses te moet bly maak nie. Op skool het ons geweet as jy twee games na mekaar swak speel, dat die volgende man in die ry ‘n kans gaan kry.
Dink jy nie ons moet die ouens in vier spanne opdeel en proewe speel soos in die ou dae nie en dan ook ‘n keurkommitee aanstel om die beste spelers daaruit te kies nie? ‘n Paneel van so sewe keurders. Sal die beste ouens nie so gekies word nie?
Speel julle of van die spelers op “superbru” of is jy te besig vir sulke goed?
Dan nog net ene: Met die c/cup is daar gese die spelers het die kaptein gekies. Adriaan en Nico het toe die meeste stemme gekry. Is daardie keuse van die spelers weggevat? Ek verstaan as hulle Juan kies as kapt (hoewel ons voel hy speel nog beter as hy nie kapt is nie), maar dat M Bosman nou weer onderkaptein is bo Adriaan of Nico gaan my verstand te bowe (veral nadat hulle so suksesvol was)
Dis basies my laaste vrae vir jou. (as ek aan nog iets dink wat nie deur my vriende hier op die blog ge-cover is nie sal ek dit nog tussen ingooi.
Alle sterkte verder vir jou en Naka, en weet een ding: As julle die regte spelers kies, en tradisionele Cheetah hardloop rugby gaan speel, gaan ons baie spanne voor ons plat vee. Ons het daai spelers en ons glo julle gaan hulle begin kies en julle gaan bydra tot ‘n groot era in ons rugby geskiedenis. Ons glo julle kan!
Cheetah groete…
Dankie vir die geleentheid om met jou te kan gesels.
paar vrae:
1. Ons taktiese skoppe is male sonder tal reuit in die verdedigers se handesonder dat hulle ver hoef te beweeg. Is dit sinneloss met die nuwe reel toepassing nie?
2. Hoekom speel ons agterlyn verbeeldinglose rugby? Die bekende Vrystaat hardloop rugby is weg.
3. Hoe lank gaan Mapoe hier bly as hy nie sy talente op vleuel kan wys nie? Die Bulls gaan hom vat as hy nie op sy plek speel nie. Daai jong vleuel van die Lions is besig om vorentoe te gaan omdat hy die kanse kry en dit word van Mapoe weerhou.
4 Is die senters wat beskikbaar is regtig so swak dat Demas op vleuel gekies moet word en Mapoe op senter. Die reserwe senters behoort geen selvertroue oor te hou as dit die geval is.
Voorspoed vir die reeks en ek glo ons het die spelers om baie beter te doen as verlede jaar. Cheetah sal ek bly deur dik en dun, maar kyk bietjie die wedstryde vanuit ‘n ondersteuner se oog ook.Ons kort dringendheid en vuur.
Hallo Hawies!!
Vraag 1 - Is Danwel Demas weens poletiek in die span?
Vraag 2 - Indien ons weer so swak vaar soos verlede jaar in die Super14 kompetisie, sal julle dan jul trots sluk en bedank?
Vraag 3 - Ek wil ook hê dat ons afrigters en spelers ‘n kopskuif moet maak van bloot ‘n span wat kan kompeteer na ‘n span wat die Super14 wil wen! Is dit moontlik?
Baie dankie.
Hallo Hawies.
Ek het al gereeld gelees en gehoor dat Kabamba en Naka nie om dieselfde vuur sit nie en daarom sal hy nie weer vir die cheetahs speel nie…i dit waar? wk weet hy ding met baie strek ouen mee, maar hyis steeds kwaliteit. Wat is die rede om skipper badenhorst te koop en dan hom nooit te laat speel nie???
Hawies
Na vandag se poging:
1. Wat moet Demas , Bosman, De Bruin nog doen om nie te bedin nie?
2 Ek herhaal my vorige vraag dat ons verbeeldingloos speel. wat gaan julle daaromtrent doen?
3. Hoekom is daar geen wil om te wen in die span nie, hoekom nie?
3. Is daar spangees? dit lyk nie so nie
Dan wil ek vra hoekom het ons vleuels in die span as on s net die bal laat loop in ons eie kwartgebied en verder skop ons als weg?
Hawies - ek is jammer, maar die wedstryd teen die Highlanders was by verre die swakste geploeter wat ek in mylewe aanskou het. Albei spanne het gekyk wie kan die swakste wees. Ek is eerlik - as dit is hoe die Cheetahs wil speel in die Super 14, kan ons nou maar onttrek solank en dit aan die Spears gee, want daar is nie ‘n manier wat ons teen enige spanne wen nie. Dit was regtig hopeloos!! Die keer het dit gelyk of ons 13 Demasse (almal behalwe Brussouw en Juan Smith) in die span gehad het. Ek sien regitg nie hoop nie aangesien dit regtig nie een keer gelyk het of die ouens eers lus is vir apeel nie. Ons het reg om te dink dat dit power was. Relegasie is verseker ons voorland want die Leeus lyk heelwat beter as ons……die stadion sal ook heeltemal leegloop met dit wat hierdie naweek aanskou is. Ek dink - soos baie ouens dat jy ‘n gawe en nice persoon is, maar nie die toets slaagas afrigter nie. Maak plek vir Helgard, Jannie de Beer of Brendan Venter = want ten minste het hul al die vlak gespeel……………Ek gee die agterlyn 0 uit tien vir die naweek.
Hawies, hulle se Phillip Snyman het saam met Robert ‘n briljante game gespeel teen SWD. Dink jy nie dis tyd om hulle NOU te probeer teen die Hurricanes nie?
Wat is fout met die span?
15. Riaan Viljoen (60 min dan Sias) (2010 bokroep)
14. Lionel Mapoe (2010 bokgroep)
13. Phillip Snyman
12. Robert Ebersohn (2010 bokgroep)
11. Jongi Nokwe (2010 bokgroep)
10. Naas Olivier
9. Sarel Pretorius (2010 bokgroep)
8. Frans Viljoen
7. Juan Smith (2010 bokgroep)
6. Heinrich Brussouw (2010 bokgroep)
5. David de Villiers
4. Nico Breedt
3. Coenie Oostuizen (WP Nel sukkel tans) (2010 bokgroep)
2. Adriaan Strauss (2010 bokgroep)
1. Wian du Preez (2010 bokgroep)
16. Barnes
17. WP Nel
18. Walti Vermeulen
19. Ashley Johnson (laaste halfuur agsteman)
20 Tewis du Bruyn
21. Meyer Bosman
22. Sias Ebersohn (20-25 min heelagter of losskakel)
Wys my ‘n span wat die manne gaan klop? Wys my hulle? Ek wed julle, daai 10 manne kan vir die Tri Nations in die bokgroep wees as julle hul ‘n kans gee. Dan praat ek nie eers van manne soos Phillip Snyman, Frans Viljoen en Ashley johnson nie. Hulle almal kan daar wees.
ASB NAKA EN HAWIES HELP ONS?
Hawies
Hierdie is my tweede epos met vrae aan u.
Ek kan nie glo dat die Cheetahs so swak kan speel soos die pas afgelpope naweek teen die Highlanders nie. Hawies, jy moet verstaan dat ek nie kan help om te dink dat ons weer ‘n ramp van ‘n seisoen gaan beleef nie want as mens die Cheetahs meet aan hul vertoning teen die Highlanders het ons geen vordering gemaak van verlede jaar af in Super-rugby nie.
Die bogenoemde laat nogal baie vrae by my ontstaan. Laat ek jou eerstens net meer inligting gee oor my perspektief rondom die stand van sake. Ons is veronderstel om baie ervaring te hê na verlede jaar. Ons spelers is ook veronderstel om beter saam te kan speel asook om beter te kommunikeer op die veld maar dit is nie sigbaar nie. Dit laat my as ondersteuner wonder HOEKOM?
HOEKOM kan ons na drie jaar van “spanbou” nog nie as ‘n opgewasse span saamspeel nie?
HOEKOM sien mens sulke doellose spel aan die kant van die Cheetahs soos die in die wedstryd teen die Highlanders?
HOEKOM kies julle Juan Smit as kaptein bo Adriaan Strauss? —– as u hierdie een klaar geantwoor het dan moet u asseblief die volgende een beantwoord —-> Hoekom is Juan Smit se rekord as kaptein SWAKKER as Adriaan Strauss en Rory Duncan s’n?
Dink u nie dat ons doellose spel ‘n simptoom is van leierlose span nie?
Sonder om aanvallend of lelik teenoor u of Naka te wees moet ek vir u se dat dat die afrigters se karakters in terme van die spel glad nie veordering getoon het die afgelpe drie jaar nie. Ek dink nie julle het dit in julle om die Cheetahs te maak wen in Super rugby nie. Ek se dit omdat julle keuses baie verdag is. Nie EEN ou op die hele forum stem met julle saam oor Danwel Demas nie. Julle wil ook nie die waarheid gee vir ons oor die kapteinskap in die span nie. Juan Smit is nie deur die span verkies tot kaptein nie!
Ek kan nie glo dat julle vir Mapoe senter toe skuif om plek te maak vir Demas nie. Dit is verregaande!!! (Ek het sterk vermoede dat Demas een van Jakob Zuma se kinders is.) Mapoe se spel op senter is nie goed genoeg nie en dit doen hom ‘n onreg aan.
Ek is oortuig dat jy en Naka nie die span moet afrig nie en ek vra dus weer - sal jul asseblief vrogtydig bedank as dit lyk asof ons weer dieseflde paadjie as verlede jaar gaan loop? Ek vra dit nie omdat ek nie van julle hou nie, ek is net baie baie bekommerd dat die Cheetahs nie volgende jaar in die Super14 kompetisie sal kan speel nie en u moet verstaan dat dit ‘n realiteit is met julle rekord en spankeuses.
Baie Dankie
Nou wanneer antwoord Hawies al die vrae, eindlik net 2 vrae, Demas en senters?
Hello Hawies
Ek het nog een:
Hoekom bring Juan nie op die veld sy kant as kaptein om vir die ref ooglopende foute uit te wys nie.
Ander spanne se kapteins het groot sukses daarmee maar ons Vrystaters wil alewig net te korrek wees.
Wat doen afrigtingspan om swak skeidsregters vas te vat behalwe om hulle net uit te wys terwyl ons almal weet die “uitwys” is n mors van tyd.
Die blog is begin met:
“Kom ons kry nou julle antwoorde eens en vir altyd. Stuur vir my julle vrae wat julle aan Hawies wil vra en ek gaan dat hy dit beantwoord.”
Wel Editor ek sien 17 postings hier maar steeds geen antwoorde nie. Na die naweek se teleurstellende vertoning, dink ek ons ondersteuners is miskien geregtig op ‘n paar antwoorde….
Norman
Wees rustig - ek wag vir al die vrae en dan gaan ek dit vir Hawies gee om te beantwoord.
Groete
“ek wag vir al die vrae en dan gaan ek dit vir Hawies gee om te beantwoord” Nee, regtig editor, dis ‘n snaakse stelling! Hoe gaan jy weet wanneer al die vrae gevra is? Jy sal lewenslank wag. Die probleem is na elke naweek daar net ‘n spul vrae bykom. In die jare wat ek hierdie website dophou het ek agtergekom die manne hier weet waarvan hulle praat. Brussouw is bv as ‘n “yster” geidentifiseer deur die manne hier laaaaaaaank voor die afrigters van die Cheetahs dit goed gedink het om hom ‘n kans te gee. (en ook maar net toe Duanne Vermeulen WP toe is) Ek lees vanmore op keo.co.za die span het onder Hawie se tong deurgeloop. Was daar darem iemand om vir Hawies en Naka ook aan te spreek? Sekerlik moet hulle ook deel in die blaam vir die swak vertoning?
Editor Ek dink die vrae oorvleuel baie en as Hwies die huidiges kan beantwoord sal dit help om die gemoedere te kalmeer. Gee vir hom asseblief
Gerhard(20) as Hawies en Naka na jou luister sal hulle jobs weer veillig wees. Ek sal persoonlik dalk net vir Deniller of Basson in Bosman se plek sit.
Amper vergeet ek, Gerhard ek sal Barry Geel in die span sit in Bosman se plek.
OK Hawies daar het jy nou jou span. Oefan hulle so die week en jy kan die Canes wen die naweek.
Jy hoef ons nie te bedank nie, dis ‘n GROOT plesier.
En ek hoop die afrigters vat vir ‘n slag die skuld - hul sal dit altyd ‘dodge’ met flou verskonings. Hul sal nooit se: ja , ons was verkeerd, ja ons weet nie hoe ‘n agterlyn moet hardloop met ‘n bal, ja Demas sal geen skool se vyfde span haal nie. Hul sal altyd met verskonings kom en dit almal se skuld maak behalwe hulle s’n. Ek dink hul moet solank die volgende mense begin blameer vir die vertonings: Adv. Barbie - haar hofsaak het verseker almal se aandag van die veld af afgetrek. Dr. Yamak (’n dokter in bloem wat blykbaar vals siek briewe uitreik - veral vir die spelers wat nie lus is om te oefen nie). Die potholes - spelers is so moeg potholes ge dodge as hul by die wedstryd aankom, dat hul nie nog teenstanders ook kan dodge nie. Jurie Els - net omdat hy ‘n CD gemaak het, het dit die hele provinsie se moraal verlaag. Die spelers is te bang om hul vrouens alleen by die huis te los -’n sekere afrigter kan dalk ongenooid daar opdaag. En so kan ons aangaan…..dit is die hele land se skuld, behalwe ons twee afrigters.
Norman, Hawies hoef nie die vrae te beantwoord nie - geen ander afrigter doen dit nie. Gee hom ook ‘n kans - van die vrae is reeds aan hom deur gegee.
Hallo Hawies,
Net een vraag, hoe lank voor jy en Naka bedank/aftree?
Ek wil net graag weet wanneer ek weer kan begin rugby kyk.
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Wat gaan aan ?
Hoekom ploeter die ouens so ?
Wanneer gaan julle besef dat Demas nie die antwoord is nie ?
Nou voel ek beter. Saterdag was regtig die laaste strooi.
Ek wil net vir die manne sê: “Baie sterkte vir komende Saterdag”.
E dink steeds dat die ouens dit kan maak - nie net ‘n beter posisie op die log nie - maar wel a final en selfs a wen !
Sterkte ouens !
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
31 Editor
OK as Hawies niks aan ons as ondersteuners verskillig is, soos om vrae te beantwoord nie, dan is ons hulle ook niks verskillig, bv om die wedstryde by te woon nie!!!
Patetiese stelling!!
Net so goed my MD sê hy het nie nodig om my vrae te beantwoord nie!
Lyk my julle besef nie wie gee julle ‘n bestaansreg nie???
Gaan voort, ek kan sien hoekom gaan dit soos dit (alreeds) gaan.
Editor
n Goeie idee:
Laat Harold en Naka ook hierdie vrae beantwoord - sonder dat die een die ander se antwoord sien …..
Behoort n interresante oeffening te wees!
LMGA!!! Goeie pos Kiere (30) !!
Editor (31) jy is verkeerd. Ludeke het verlede vrae van Bul ondersteuners beantwoord op hul webtuiste. Victor Matfield het ook by verskeie geleenthede op sekere tye “live” met bloggers gesels op hul webtuiste… ek het self vrae aan hom gerig.
Ek dink daar is baie politiek in die Cheetah kamp en ek is onder die indruk dat die poletiek saam met die afrigters in die Span is! Ons as ondersteuners soek oop kaarte van die afrigters af!
Dan vra ek onverskoning Chris - het al ‘n draai op hulle site gemaak en dit nie gesien.
Editor, hoekom los Hawies nie maar die beantwoording nie. Hy het al klaar vir Demas en die senter vrae gedodge. Almal het oor daai 2 goed gevrae en hy het die eerste 2 of 3 beantwoord al.
HAWIES, JULLE MORS ONS EN ONS CHEETAH SPAN SE TYD.
“Hawies hoef nie die vrae te beantwoord nie - geen ander afrigter doen dit nie.” Ek is nou baie deurmekaar. Hoekom geleentheid gee vir vrae en dan kom met die hierdie opmerking? Maar dis reg, verstaan. Hawies hoef nie te antwoord nie, maar as hulle (hy en Naka) nie hul besluite wil verduidelik nie, dan moet hulle maar die “punch” vat en nie sulke snotty berigte plaas soos vanmore nie. Dink hulle dis lekker vir ons as ondersteuners om week na week te kyk hoe ons span wat ons ondersteun soos palookas voorkom? En dis reg dieselfde afrigtings span het die span gelei na die 2009 Finaal in die CC nadat almal hulle koppe ge-eis het in die begin, maar daar was VERANDERINGE wat dit aangehelp het. Naka het self erken hy het dat die spelers die kaptein self kies (een van die punte wat al genoem is, ek ek se nie daarmee dat Juan nie kaptein moet wees nie) en dit het die ommeswaai bewerkstellig. Wat hulle ook uitlaat is dat dit dieselfde afrigtingspan is wat die Cheetahs gelei het om laaste te eindig in die S14 verlede jaar. Ons is tans weer in die S14. Teen die Highlanders was ons die gunstelinge, toe verloor ons. Dit gaan nie makliker word in hierdie kompetisie nie.
Editor, maak maar die Blog met vrae aan Hawies toe. Hy en Naka is seker te besig om weer te probeer dink aan ‘n rede en verduideliking om Demas in die begin span te kry.
Ek kan nie glo 2 mense is so hardkoppig en aspris nie. Hoe meer ons vir iets of iemand in die span vra, hoe meer skop hulle vas en BULLS..t ons.
DANKIE HAWIES DAT JY SO BAIE TYD OPOFFER AAN DIE MENSE WAT JOU SALARIS BETAAL. JULLE IS ‘n JOKE!!!!!!!!!!!!!!!
Ek weet nie of dit net ek is wat gefrustreerd is nie. Hoekom word die Cheetahs afgerig om die ander span se game te speel? Ons gaan nooit die Blou Bulle wen met ‘n skop game nie, hoekom probeer ons? Wat het geword van die basiese doel en reels in rugby? 1. Behou bal besit moet dit nie weg skop nie. 2. Merk jou oponent en Tackle die vark die eerste keer en asb moet hom nie probeer soen groet nie. 3. Vol spoed vorentoe. 4. Ondersteuning en opvolg werk na die losgemaal en wegbreek punte.
Hoekom raak julle ontslae van goeie spelers wat potensiaal wys? Julle bied nie eers vir daai ouens ‘n pakket aan om hulle te probeer hou nie. Julle hou vas aan spelers wat nie enige van die ander provinsies wil he nie. Geld is altyd ‘n verskoning, maar 2001-2008 was nie Vrystaat stadium vol gepak met Vrystaat ondersteuners wat het van daai gelde geword?
Ek hoop en bid dat die bestuur en afrigters dit spelers kan en gaan ondersteun in 2010 deur die beste spelers te kies en die spelers wat nie hulle kant bring in wedstyde nie vroegtydig sal afhaal, sodat ons die Currie beker kan huis toe bring hierdie jaar.