Foute op verdediging laat Vodacom Cheetahs in die steek!

Jongi Nokwe captured on camera by Hilton Kotze

Jongi Nokwe captured on camera by Hilton Kotze

Die Vodacom Cheetahs moes die knie vanaand buig teen die huidige Super14 kampioen - die Vodacom Blou Bulle. Die eindtelling was 51-34 nadat dit lank in die eerste helfte wipplank gery het tussen die 2 spanne. 

Die Vodacom Cheetahs het by tye briljante hardlooprugby gespeel en dan, wanneer hul binne bereik van die Blou Bulle gekom het, weer onnodige foute op verdediging begaan en die Blou Bulle die geleentheid gebied om die punteverskil te vegroot. Teen ‘n ervare span soos die Bulle met die skopskoen van Morne Steyn tot sy beskikking kan sulke foute enige span duur te staan kom!

Die Blou Bulle sal erken dat hul by tye onverhoeds betrap is deur die aanslag van die Cheetahs. Min spanne sal sommer 34 punte teen die kampioenspan aanteken, en dit is iets wat geen Vodacom Cheetah ondersteuner - al is hy hoe teleurgesteld – uit die oog moet verloor nie!

Nou waar het dit dalk verkeerd gegaan? Ek wil graag ‘n paar punte, soos geidentifiseer deur Naka Drotske en Hawies Fourie tydens die media onderhoude na die wedstryd, deel met die lesers van ons Blog:

- Gebrek aan konsentrasie op verdediging op kritieke tye het die deur oopgemaak vir die Bulle.
- Die afrigters beskou hierdie foute as onaanvaarbaar en sal hard werk met die span om dit reg te stel.
- Tot kort voor rustyd was die telling baie gelyk, maar ‘n fout op verdediging en swak dissipline het dit vir die Bulle moontlik gemaak om rustyd in te gaan met ‘n 9 punte voorsprong op 23-14.
- Daar sal nou in meer detail na die statistiek gekyk word en wedstrydontledings gedoen word maar dit wil voorkom asof die stryd om die losbal redelik gelyk verloop het met beide spanne wat losballe afgeneem het van die opponente.
- Behalwe die laaste skrum waar die Bulle gedomineer het was die skrumstryd redelik gelykop.
- Drotske het beklemtoon dat die Bulle se skrum definitief verbeter het sedert verlede jaar.

Die afrigters het aangetoon dat daar nie kritiek is teen die vertoning van skeidsregter Mnr Jonathan Kaplan nie. Hul het wel verwag dat daar ietwat strenger opgetree sou word by die kontaksituasies en “stadig maak ” van die bal.

Die mooi hardloopspel van die Cheetahs en teenaanvalle by tye het baie Cheetah harte verbly en moed laat skep vir ‘n goeie Super 14 veldtog. Indien die Vodacom Cheetahs die foute op vedediging kan regstel kan daar dalk ‘n paar verrassings wag op die spanne wat die Vodacom Cheetahs onderskat!

[Ons sal in die week op die Blog in meer detail na die statistiek en die spel van spesifieke spelers kyk.]

naas-olivier

Naas Olivier captured on camera by Hilton Kotze

This entry was posted on Friday, February 12th, 2010 at 11:38 pm and is filed under Guestwriter: 15. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

24 Responses to “Foute op verdediging laat Vodacom Cheetahs in die steek!”

  1. PC Says:

    Dis nie net die foute op verdediging wat pla nie. Ons losvoorsperlers skrum nie. Ongedwonge foute is te veel. As die sake nie aangespreek word nie gaan ons maar weer met die houtlepel in die hand eindig.

    Lyk my ons sal die manne met nag-visie toerusting ook moet voorsien vir die tuiswedstryde (LOL).

  2. Kobus Myburgh Says:

    Wat ‘n teleurstelling. Behalwe vir die bietjie hardloop rugby (wat vrugte afgewerp het) het dit vir my maar redelik planloos gelyk, en na die reserwes opgebring was het dit gelyk of ons tou opgegooi het. Nokwe en Mapoe het geblink, en Riaan Viljoen ook. en ek wonder wat sou gebeur het as hulle die bal meer gekry het. Daar is dit nou maar weereens bewys… los die vleuls wat kan skop en speel die ouens wat kan hardloop. Vrystaat se krag le in hardlooprugby.
    Dankie Editor, die blog begin mooi lyk met al die foto’s en vinnige updates. Goeie werk!
    Die nuwe trui is nie vir my mooi nie. Hou meer van die Vodacom cup span se trui. Ons kan by Stormers en Sharks gaan leer met hulle nuwe truie.

  3. Norman du Plooy Says:

    Al het ons verloor dink ek nie ons het te sleg begin nie. ons het goed teruggekom na die blitzkrieg van die Bulle in die tweede helfde maar soos in die finaal verlede jaar verloor ons dit toe in die laaste minute. Ek was bekommerd oor die skrums wat SOU oorheers het en toe gee ons ‘n strafdrie af. Ons verdediging het ook baie werk nodig. Ons editor se werk is egter uitstekend. Die website is vinnig opdateer. Baie dankie.

  4. Chris Says:

    (Ek het hierdie onder ‘n ander hofie ook geplaas maar ek plaas dit hier ook nou - Baie dankie aan die editors vir jul verbetering op dieblog)

    Ek het so pas die wedstryd klaargekyk en ek wil graag my opsomming van die westryd hier gee

    DIE SKEIDSREGTER ————- Kaplan het baie goed geblaas. Ek dink hy was redelik regverdig en hy het na albei kante toe geblaas. Ek kon net nie sien hoe die nuwe reels die spel werklik beter maak nie. Ek voel dat daar net in sekere omstandighede geblaas was vir die duiker wat nie wegrol nie en dan weer in ander omstandighede nie. Gurthro Steenkamp was te vinnig gestraf in die eeste helfte omdat hy nie weggerol het nie maar in die tweede helfte het Kaplan van die reel vergeet.

    Ek is nie tevrede met dié reel AS dit nie konsekwent en duidelik toegepas kan word nie. Ek dink dit laat ‘n TE groot grys area waarin die SKEIDSREGTER ‘n te groot bepalende rol het oor die gang van die wedstryd.

    Ek kon by feitlik elke duikslag wat tot ‘n losgemaal ontaard het in die tweede helfte foutsien as ek deur die bril van die nuwe reels moes kyk. Dit laat my wonder of die reels daargestel is vir die spel om beter te lyk of sodat die skeidsregters die spel beter kan manupileer. Ek wil nou nie die dam onder die eend uit ruk nie maar die ek dink dié reels maak dit vir skeidsregters makliker om die uitslae van wedstryde te bapaal - ek dink ook dat ons in ‘n lewe van korupsie lewe en dat groot geldmagte baie maal die uitkoms van dinge bepaal. Ek vat hiermee niks van die Bulle se oorwinning weg nie maar mens sal naief wees om te dink dat daar glad nie gepoog word om nie wedstryde te kook nie.

    Genoeg van die gedeelte van die westryd. Ek sal graag verder wil debateer oor hierdie onderwerp.

    BULLE ————— Die Bulle het baie goed gespeel. Hul was nie die beter span op die veld nie maar hul was die slimmer span op die veld. Ek dink nie dat Jaco Pretorius en Wynand Olivier soveel spasie gegun moes gewees het nie. Ek hou nie van die twee spelers nie omdat hul nog nie vir my goed genoeg is om vir die Springbokke te speel nie maar dat hul wel gekies is. Ten spyte van of ek nou van hul hou of nie het hul goed gespeel en en hul het die spasie wat daar vir hul verniet gegee is baie geniet. Ek sou ook as ek ‘n Bul was.

    Ek wil nie die bulle slegsê nie maar die Bulle lyk vir my na ‘n baie klop-bare span. Meer klop-baar as verlede jaar.

    Een baie goeie ding wat ek raakgesien het by die Bulle was hul vermoë om kop te hou. Ek dink dit is te danke aan die goeie leiers wat hul span het. Hul het met kalmte verdedig en hul het met skerp visie aangeval. Daar was nooit paniek by hulle te bespeur nie.

    VRYSTAAT ———— Ek is baie meer posetief as verlede jaar. Ons het ‘n goeie stelskopper en dit het ons heeltyd in die wedtryd gehou. Ek is baie bly dat JL Potgieter weg is want ons gaan baie meer wedstryde wen met ons beter stelskopwerk.

    Ek dink dat die Cheetahs beter is as verlede jaar op die aanval. Ons is swakker as verlede jaar op verdediging en ons skrums was ook meer onder druk as verlede jaar.

    Ons span het baie goed vertoon in die begin van die wedstryd maar ons spel het later uitgerafel. Ons spelers het baie goed geslpeel maar die uitrafeling het veroorsaak dat ons, ons struktuur verloor het en dit het ons aan die westryd gekos. Ek wil nie alles op een persoon blameer nie maar ek dink ‘n groot oorsaak van ons uitrafeling was dat Vrystaat sonder ‘n goeie leier gespeel het. Ek het GEEN leiding gewaar van Juan Smit af nie en die spelers het vir my onrustig gelyk toe ons agergeloop het. ‘n Goeie kaptein sou kopgehou het en meer struktuur behou het in die wedstryd. Ek van hiermee niks weg van Juan Smit as ‘n rugbyspeler nie. Juan het baie goed gespeel en ek is bly hy is terug. Ek is net hartseer omdat Juan se kapteinskap sy spel benadeel en dat hy ook nie goeie leiding kan gee nie. Ek sê dit weer: “Ons het ‘n leier vanaand nodig gehad en ons het nie een gahad nie”. ‘n Kaptein is nie die ou wat die beste speel nie maar eerder die ou wat die beste kophou en na wie almal opkyk. As spelers kyk nie net na iemand op omdat hy ‘n Springbok is nie want om ‘n Springbok te wees beteken bloot dat jy aanvaarbare spel konsekewent lewer om vir die Nasionale span te speel.

    ‘n Ware kaptein is ‘n man wat kophou in die ontstuimige see.
    ‘n Ware kaptein verskaf rustigheid en leiding die ander manne op die skip en maak seker dat elkeen hul werk reg doen sodat hul nie koers verloor en ook nie sink in die stormsee nie.
    ‘n Ware kaptein obserweer ek kan dadelik sien as een ou se werksverrigting problematies is in ‘n sekere instans en hy sal dit vinnig aanspreek want een persoon KAN maak dat die skip sink.

    Ons balvaardighede het ons baie in die steek gelaat. Ons verdediging was ook nie goed genoeg gestruktureed nie.

    Ek is ook nie tevrede gewees met Meyer Bosman se spel nie. Bosman is vir niks afgestamp deur Wynand Olivier. As Bosman ‘n laagvat uitgeoefen het soos wat ‘n Springbok senter goed moet kan doen sou daar nie ‘n drie gekom het nie. Olivier was omring deur Cheetahs en ons sou omgekeerde besit gehad het as Bosman net laag kon gaan soos wat ‘n goeie verdediger moet doen.

    Tewis de Bruyn het goed begin maar ek dink hy het te lank aanhou speel voordat sy plaasvervanger opgekom het. De Bruyn het ook ‘n laagvat gemis in die tweede helfte en dit was op die doellyn. Dit is onaanvaarbaar dat ons sulke maklike drieë afgestaan het vir die Bulle.

    Ek wil ook vir Riaan Viljoen beoordeel. Hy het baie gespanne voorgekom en sy posisionele spel was nie goed gewees nie. Ek was opgewonde om hom te sien speel omdat ek nie baie keer verlede jaar na hom gekyk het nie. Ek voel tans dat hy verdien om bo Hennie Daniller in die span te wees met die spel wat hy vanaand vir die Cheetahs gespeel het nie. Ek sou hom nog twee wedstryde kans gee om homself te bewys maar daarna moet Daniller terugkom. Riaan Vijoen moet ook deur die afrigters gestraf word omdat hy dink dat dit ‘n grap is om swak te skop vir die Vrystaat. Sy swak skop het die bulle na ons goeie voorsprong vroeg in die eerste helfte in die posisie geplaas om hul eerste drie te druk….. en om te lag na ‘n swak skop in nie die lyftaal wat ‘n ware Cheeta moet wys nadat hy drooggemaak het nie. Waar is die kaptein gewees?

    Laastens wil ek net sê dat ons dissipline nie goed genoeg was nie. Dissipline lê MEESTAL voor die deur van die afrigter. Komaan Naka vat die spelers vas! Ek dink daar is ‘n groot probleem met ons afrigters as die spelers op die veld so laks voorkom nie.

    As ek Naka was sou al die Cheetahs vandag gek@k het van PT, dissipline en duiksakke duik.

    PS… Geluk aan Demas met sy tackle. Dit is jou beste nog.

  5. Chris Says:

  6. BLOU BUL Says:

    3 Redes hoekom die cheetahs verloor het.Die Bulle het die Cheetahs in die skrums opgevoeter.Swak verdediging in die middel veld by tye(Meyer Bosman)Die grootste rede en ook die rede hoekom die bal nie by die vleuls kon uitkom nie,Tewis de Bryun…tot my voru se, maar waar is die skrumskakel,kyk weer na die wedstryd, hy het feitlik by elke beweging laat by die los aangekom en wanneer hy daar is dan staan hy en rondkyk en dan gee dit die bulle kans om hulle verdedigings lyne in plek te kry.Toe Sarel Pretorius opkom toe is die koel klaar deur die kerk maar die bal het by die vleuels gekom.Hennie Danniler is gemis want hy dra die bal oor die voordeel lyn van agter af.Tewis se skoppe laat n mens na jou asem snak (swak en stadig)nee a Tewis trek jou sokkies op.Moet ook se Ashley Johnson was bang om Pierre spies te tackle op n kol.

  7. Quinton Says:

    Die midde veld pla my baie bosman speel nou al vir die laaste drie seisoene nie goeie rugby nie en dit is tyd dat hy die bank begin warm maak,Sias en Robert moet weer op gepaar word,hulle is doodlik as n’ “combo”,demas moet so ver weg as moontlik van hierdie span af gaan.Die scrums het bietjie gepla maar verder het die voories baie goed gespeel die middel moet reg gekry word!

  8. Merlin Says:

    Ek stem saam oor die blog…. Love die feit dat dit so finnig ge-update is en fotos ens. is stunning!

    Cheetahs - Great game! Ek gee nie om om so teen die Super14 en CC kampioene te verloor nie. Great.
    Voorspelers het hard gespeel, lynstane gesteel en getackle. Strauss was great, Los vir Juan dat hy sy goeie spel voortsit en maak vir Strauss weer kaptein. WP laat my dankie se vir ‘n seisoenkaartjie. Losvoorspelers was seker die beste 3 die naweek van al die wedstryde. Agter het ek gedink Naas en Sias was uitstekend. Ek sal met graagte enigeeen in die beginspan wil sien. Dit wys jou nou weer net as jy met REGTE skrumskakels en REGTE losskakels IN posisie speel, gaan dit beter, moenie Skrumskakels as loskakels speel nie. Riaan Viljoen op heelagter het ‘n groot verskil gemaak. Ek was nie een keer bang dat hy die bal gaan drop soos ons vorige “groot” stadige heelagter nie….
    Wings! Manne Daai twee saam gaan dit nog ver vat, sub vir Nokwe of Mapoe met Demas laat in die game as dit kan, dan gaan ons vuurwerke sien.
    Nou kort ons nog net Senters. Ek is mal oor Uys, maar hy het gemiddeld gelyk Vrydagaand. Meyer ry op sy naam en die feit dat hy amper 50 Super14 wedstryde gespeel het. Bosman is nie eers gemiddeld tot swak nie, ek is seker ons sou beter gevaar het sonder hom op die veld. As ons ‘n lyn het gaan hy grond toe, as ons teen die kantlyn is dan pass hy, en as iemand op hom afhardloop moet jy maar weet daar is werk vir die heelagter. Hoeveel van die Flou Nulle se driee was deur die senter kanaal? Ek dink omtrent net die strafdrie was nie deur die senters se swak verdediging nie. Nee wat Naka los die manne met “ondervinding” uit vir manne op form.
    Maar ek bly positief!
    Go Cheetahs!

  9. Chris B Says:

    Die foute is maar net presies dieselfde as wat dit verlede jaar en die jaar voor dit was. Naka probeer steeds S14 en CB kompetisies met 8 voorspelers wen. Die span probeer steeds sien hoe vêr hulle kan agter raak voordat hulle begin speel soos hulle veronderstel is om te speel. Die swak verdediging was uit-en-uit weer in die agterlyn, en ons senters het “geskitter” in hierdie afdeling. Dis tyd om senters in te sit wat kan aanval en verdedig, en om vadersnaam balle by die vleuels te kry, en dis tyd om ‘n agterlyn afrigter te kry wat iets daarvan verstaan !
    ‘n Goeie logika sou vooraf geweet het dat die bulle sou werk maak van ons skrums, en elke ander S14 span ook, maar dit gaan ‘n groter probleem word as die flanke, slotte en agtstemanne meer aan die skrum “hang” as om te skrum. Juan is ‘n briljante speler, maar die kapteinskap moet aan Adriaan gaan. Juan het net nie die vermoë om die foute op die veld aan te spreek en plan te maak daarmee nie.
    Ek persoonlik dink die Bulle het hul bes probeer om die game te verloor, want as daar nou ‘n game was wat ons kon wen, dan was dit Vrydagaand s’n.

  10. Apoc184 Says:

    Ek dink nie Viljoen het so goeie game gehad nie. In plaas van lyn toe skop. Hardloop hy uit sy 22 en skop ‘n patetiese “up and under” wat lei tot die Bulle se eerste drie.
    Hy het ook ‘n paar hoë balle gemis wat ons onder geweldige druk geplaas het. Ek hou baie van hom maar dit het gelyk of die senuwees baie pla.
    Ons verdediging in die agterlyn was baie swak. En ons sal aan ons skrums moet werk.

    Dit help ook nie dat ons die 2 opwindendste vleuels in SA het maar hulle kry te min bal nie. Elke keer as die bal wyd gegooi was het ons vir die Bulle probleme veroorsaak.

    Miskien gaan julle nie saamstem nie, maar Juan Smith moet nie kaptein wees nie. Gee dit terug vir Adriaan Strauss. Hy het bewys hy is ‘n uitstekende kaptein in verlede jaar se Currie Cup.
    Juan Smith vat die skeidsregter se beslissings te persoonlik op as hy kaptein is. Kyk hoe het hy gevloek en skel toe die Bulle ‘n strafskop kry laat in die wedstryd. Al die jonger spelers sien dit, en wat moet hulle dink? Hy moet kalm bly sodat die span kan kalm bly.
    Hy speel altyd vir my beter as hy vir die Bokke speel want hy het nie daai las van kapteinskap op sy skouers nie.
    En die beslissing om kantlyn toe te skop. Daar was meer as genoeg tyd om weer aan te val. Die ander spelers het dit ook probeer uitwys.

    Verder is ek baie positief oor die span. Ons gaan ‘n hele paar spanne ore aansit die jaar. Kan nie wag dat Robert Ebersohn terug is nie.

    En as Mapoe nie vanjaar ‘n Springbok word nie. Dan vreet ek my hoed op. Beste en opwindendste vleuel in Suid-Afrika.

  11. Blikoor Says:

    Die eerste wedstryd is verby. Speel ons teen Sharks soos teen bulle(in eerste 40 min) en ons speel hulle stukkend. Maar dit sal ons eers moet sien.

  12. JJ Says:

    Jy is doodreg EDITOR… Swak verdediging swak besluitneming het ons gekos. Paar dingetjies in hierdie game wat vir my uitgestaan het. NR1. Heng die atmosfeer voor die game begin het was electric en die vuurwerke toe die CHEETHAS uitdraf het die atmosfeer gehelp en dit was of jy vir die ou langs jou wil se maak jou gordel vas hier kom n grote. So ek wil VRU se jul kry die atmosfeer reg. NR2 BLOU BULL I rest my case oor JOU M. BOSMAN en C. UYS. Wynand en JACO het hul soos 2 skoolseuns laat lyk en dis waar ons fout le op verdedigend kry net 2 senters verder is die span reg, miskien vir FRANS in JOHNSON se plek begin en BESLIS SAREL IN TANNIE TEWIS SE PLEK. NR 3. Deel van die BULLE se oorwinning is ook die feit dat die sleutelspelers op hul beste was MATFIELD, SPIES, FOURIE, MORNE EN WYNAND was briljant en vernietig. NR 4. Die nuwe reel benadeel BRUSSOW beslis, n paar keer het KAPLAN vir BRUSSOW gewys los. NR 5 Ons moes die bal meer punte toe geneem het. Mampoe jy is regtig n yster, hou so aan! Net vir intresantheid oor die naweek van al die games wat gespeel is is daar net 1 span wat sy tuiswedstryd gewen het verder het al die spanne hul tuiswedstryd verloor.

  13. harry Says:

    Nee man, die nuwe truie lyk vrek nice. Ek wonder net hoekom ons die Griffons se pers ook inhet? Dis nie asof een van hul spelers ooit die Super 14 span sal haal nie. Maar elk geval ek hoop net die curriebeker truie die jaar lyk meer tradisioneel, met minder fancy dinge op - die een streep op die plain wit trui teen die Britse Leeus was ons mooiste truie in ‘n lang tyd hul kan dit gebruik. Ons het nie senters wat kan verdedig, of enigsins ‘n gaping kry soos bv Olivier nie. Speel Barry Geel saam met Robert Ebersohn - ons senters is nie goed genoeg nie. Hul verdediging is pateties en hul het geen aanval nie.

  14. Blitz Says:

    As Bul ondersteuner wil ek graag die volgende sê:
    1) Die kritiek teen die stadion se infrastruktuur is belaglik. Die stadion is fantasties en infrastruktuur in orde.
    2) Die gees was “great” en die bier KOUD. Lekker gesels en gekuier met die Cheetah ondersteuners.
    3) Raak ontslae van Meyer Bosman , die ou het die hele agterlyn “gedrop”.
    Geniet die res van die 2010 S14 seisoen , en weer eens baie dankie vir die Vrystaat gasvryheid wat ek en my vriende Saterdag op die stadion beleef het.

  15. JacoP Says:

    “You don’t say…!!!”

    Ons wonderlike agterlyn afrigter moet Meyer en Corne leer om nie oor mekaar se voete te val wanneer hulle vir dieselfde man gaan nie (wat hulle in elkgeval NIE MOET DOEN NIE!!!), maar dan, dis dalk wat hy in die Boland geleer het.

    Ek het ‘n goeie plan: “Hoekom val jy nie terug na die Boland toe nie, en gee Helgaard ‘n beurt om julle te wys hoe dinge werk!!!”

  16. JJ Says:

    EK wil n wild card ingooi maar as ek HAWIE was buite nou om te bedank natuurlik eerste keuse, sou ek vir MAMPOE senter toe skuif, ek se jul hy gaan mooi maak, sterk op sy bene, trap af met beide voete hardloop sterk en reguit en kan tackle n idiale senter saam ROBERT EBERSHON as ROBERT reg is. KRY net asb 9. 10, 12 KOMBINASIE REG HAWIE. SAREL, NAAS, BARRY.

  17. Kobus Myburgh Says:

    Daar het jy dit nou… Almal stem saam: 1. Raak Ontslae van M Bosman 2. Maak R Strauss weer kaptein.
    Vergeet vam Demas al het hy sy beste game ooit gespeel (agv daai tackle), maar het julle gesien hoe “vang” hy die bal net daarvoor??

    Barry Geel En Robert, dan gaan die vonke spat!!!

  18. Chris Says:

    OOO! Die manne is lekker negatief oor al die droogmakery van die Cheetahs.

    Kobus Myburgh (17) - ek stem saam met jou en ek het gesien dat Demas die bal misgevang het. Net jammer dit was nie so baie keer op die speelweer soos sy tackle nie. he he he

    Ek dink ons moet ons maar staal vir ‘n donker jaar wat voorlê. Daar is so baie goed wat mens met hierdie groep uitstekende spelers kan doen maar die afrigters laat maak droog. Hul laat die Cheetahs teen hulself speel.

  19. Jan Plank Says:

    Kobus

    Richardt speel nie meer vir ons nie, maar ons almal stem dat Adriaan die kaptein moet wees.

    Barry Geel en Philip Snyman (’n jonger weergawe van Meyer Bosman - toe hy goed was). Robert is nog beseer. Verstaan dat Philip ook met ‘n kuitbesering sit. Is dit ernstig?

    Lyk my die aanduiding is dat Hawies vir Mapoe op 13 wil speel en DD (kry dit nie oor my hart om sy naam uit te tik nie) dan weer op vleuel.

    Hawies het jou brein jou nou permanent verlaat?!

  20. Kobus Myburgh Says:

    Askies ja Jan. Adriaan.
    Mapoe op 13 miskien, ja, maar hoekom dan nie Bjorn Basson op vleuel nie.
    Maar nou ja, as jy wil swak doen, gee vir MB en DD permanente plek, en verloor getroue ondersteuners. BOSMAN WAS NOG NOOIT GOED NIE. HY WAS WEL SELFS VIR MY ‘N HERO TOE die bal net reg gespring het en hy gevang het toe hy die Curriebeker in 2006 vir ons gewen het, en my op my kniee laat staan en huil het van vreugde na 27 jaar, maar dis al wat hy nog goed gedoen het.

  21. Louis Nortje Says:

    die erste ruk het die Cheetahs die Bulle terug geduik. Die Bulle was “gerattle” maar het daarna koelkop gebly en was dit die ondervinding wat hulle gehelp het.

    Daar is regtig n probleem in die middeveld. meyer is nie meer op standaard nie. Ons het regtig n nuwe senterpaar nodig. Gee Riaan kans, veilige heelagter, weet ten minste sy kakns om bal mis te vang baie minder as hennie sin.

    sarel Pretorius moet as no 1 skrumskakel begin. Johnson se spelpatroon word maklik gelees, hy gaan die bal vat en deur die teenstanders probeer hardloop. te voorspelbaar.

    Frans viljoen defnitief die persoon wat in beginspan moet wees.

    Alle voorspoed, dis maar die 1 ste game en ek glo ons gaan baie beter op die log wees as verlede jaar.

  22. Kobus Myburgh Says:

    Apoc184
    Hoe kry jy die prentjie by jou naam?

  23. Kobus Myburgh Says:

    Harry (13) Die Griffons is darem ingedeel by die streekspan, en hulle het al baie goeie spelers opgelewer vir beide Griekwas en OVS. Die pers is nogal mooi en gee variasie aan die trui, hulle kon vir my part heelwat meer pers turkoois en oranje ingebring het.

  24. Quinton Says:

    Het ek iets gemis,dit is 24 feb is dit nie?

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree