Vodacom Cheetahs se span

Okay, Bloggers - kom ons bespreek bietjie die span.

Wat dink julle?

Onthou - hekke maak al 16:00 oop, want daar is nog ‘n voorwedstryd tussen die Vodacom Vrystaat Cheetahs en Griffons ter voorbereiding van die Vodacombeker-kompetisie om 17:00.

En dan natuurlik - Bok van Blerk by die Castle Deck.

15. Riaan Viljoen

14.  Lionel Mapoe

13.  Corne Uys

12.  Meyer Bosman

11.  Jongi Nokwe

10.  Naas Olivier

9. Tewis de Bruyn

8.  Ashley Johnson

7.  Juan Smith (k)

6.  Heinrich Brussow

5.  David de Villiers

4.  Nico Breedt (ok)

3.  WP Nel

2.  Adriaan Strauss

1.  Wian du Preez

Plaasvervangers

16.  Ryno Barnes

17.  Coenie Oosthuizen

18.  Waltie Vermeulen

19.  Frans Viljoen

20.  Sarel Pretorius

21.  Sias Ebersohn

22.  Danwel Demas

This entry was posted on Tuesday, February 9th, 2010 at 2:05 pm and is filed under Uncategorized. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

32 Responses to “Vodacom Cheetahs se span”

  1. Gerhard Says:

    Die enigste verrassing wat vir my in die span is, is seker Tewis ipv Sarel.

    Verder dink ek dit is die moontlike beskikbare span en ek is baie bly vir die nuwelinge soos Sias wat sy kans gaan kry. kan nie meer wag nie.

  2. Chris Says:

    Die span lyk heel ok.

    Hier is die Bulle s’n.

    Ek dink dat Zane Kirchner, Jaco Pretorius en Wynand Olivier te hoog aangeslaan word.
    Die spelers waarin die Bulle defnitief beter is as die Cheetahs is Danie Rossouw, Victor Matfield, Pierre Spies, Fourie du Preez en Morne Steyn (Totaal 5)
    Vrystaat is weer beter as die bulle in die volgende spelers - Wian du Preez, WP Nel, Heinrich Brussow, Lionel Mapoe en Meyer Bosman (Totaal 5)
    Dan nog het Vrystaat die tuisveldvoordeel en ek dink dat Vrystaat op die vleuels vinniger is as die bulle.

    As Vrystaat die bulle vir ‘n slag goed wil wen moet ons hul met ons spoed ore aan sit.

    Ek dink die nuwe reels geen fikser en ligter voorspelers vereis. Heinrich Brussow en Juan Smit en Nico Breedt kan vir ons baie in die opsig beteken. Ek sien ook uit om vir Coene wat nou ligter is te sien speel!

    My gevoel is steeds (en seker tot vervelens toe van die mede bloggers) dat J Smit die verkeerde kaptein is. Baie mense is bewus daarvan Juan se kapteinskap polities van aard is dat dit nie gaan oor sy prestasie as kaptein nie. Ek wonder wat is die grootste probleem in die Cheetahs se span,, Juan se kapteinskap of Demas se insluiting?

    Zane Kirchner
    Gerhard van den Heever,
    Jaco Pretorius,
    Wynand Olivier,
    Francois Hougaard,
    Morné Steyn,
    Fourie du Preez (v/c),
    Pierre Spies,
    Pedrie Wannenburg,
    Deon Stegmann,
    Victor Matfield (c),
    Danie Rossouw,
    Werner Kruger,
    Gary Botha,
    Gurthrö Steenkamp.

    Replacements:
    Bandise Maku,
    Bees Roux,
    Flip vd Merwe,
    Derick Kuün,
    Heini Adams,
    Jacques-Louis Potgieter,
    Stephan Dippenaar.

  3. Deon Says:

    Ala in all ‘n goeie span. Persoonlik sou ek nie die skakelpaar opgebreek het nie. Ek sou dus met Sarel Pretorius begin saam met Naas Olivier. Hulle het laas seisoen heeltyd saam gespeel en hulle ken mekaar goed. Baie belangrik dat die skakelpaar moet klik anders is die hele agterlyn onder druk. Die enigste ander verandering sou wees om vir Bjorn Basson te kies in die plek van Demas. Basson het baie spoed en sal so ‘n goeie plassvervanger vir die twee spoed vrate op vleuel bied.

    Ons het baie spoed op die kante, die bal moet nou net by hulle uitkom sodat ons dit kan gebruik.

    Kom ons gee egter die manne in die saal die kans en alle sterkte vir Vrydag.

    Go Cheetahs!!!!!!!!!!!

  4. Blikoor Says:

    Kerels, ek dink hierdie is ‘n vars briesie en my gevoel is dat die klomp Pta-ners effe benoud is. Met 24 punte voorsprong laasjaar op Loftus, was hulle amper uit op die voete en ek dink ons Cheetahs het meer as ‘n gelyke kans.

    Die insluiting van Waltie Vermeulen is myns insiens werklik op meriete en ‘n bewys dat geloof in die jonger manne wat deur die “ranks” gekom het (nie ingevoerde senior spelers nie) betaal.
    My allerbeste wense aan hulle.

  5. blou bul Says:

    Uitstekende span.Na die springbokke verlede jaar aan die einde so swak gevaar het met n klomp bulle in die span,het ek die gevoel die momentum is die naweek aan die Cheatahs se kant.Die Bulle gaan speel op voormalige reputasie en dit gaan hulle die naweek duur te staan kom.Go Cheetahs al die pad eindstryd toe.Ek glo Juan Smith is die regte kaptein.

  6. Kobus Myburgh Says:

    Ek dink hierdie span kan die bulls wen. Daar is wel nog steeds ‘n paar haak plekkies.
    Chris: Weereens moet ek saam met jou stem oor Juan as kaptein.
    Verder neem ek maar aan Robert E en A Strauss is seker maar nog beseer.
    Barry Geel is nie daar nie want Bosman hou hom uit. Bosman: gaan hy weereens suinig speel en die bal laat doodgaan of in die oposisie se hande laat beland? Hoekom Hoekom Hoekom nog steeds Danwel Demas? (ek dink sy kontrak se hy moet elke game speel tot Boland hom weer terug vat, en nou wil Boland hom nie meer he nie…) WAAR is JW Jonker???? Hy kan mos vleuel en senter speel, verdedig en driee druk, goed onder die hoe bal en kan skop. Hy het homself mos nou al genoeg bewys.
    (Hoekom moet almal kan skop? Ek wag nog steeds om Demas se giftige skopskoen te sien)

    Ja-Nee, verder, kan ons die bulle troef. Jy weet hulle het darem net een ou wat KAN skop!

    Sterkte. Maak ons trots

  7. Kobus Myburgh Says:

    Dankie Editor, ek sal uitkyk vir daai foto, hoop jy het dat een van die cheetah girls die trui aantrek vir die foto…
    :-)

  8. Pieter Says:

    Goeie span. Bietjie dun in die agterlyn se reserwes. Ek is nou maar nie ‘n Demas aanhanger nie en sou eerder ‘n meer veelsydige speler of eerder ‘n senter op die bank gekies het

  9. Stef Says:

    Die skakelpaar moes nooit gebreek gewees het nie. Ons senters pla my, en verseker sou ek Phillip in Demas se plek gesit het, maar ons weet nou al Demas sal altyd daar wees maak nie saak wat nie, ons MOET maar vrede maak daarmee. En dan sal Bason ook iewers ‘n plekkie moet kry.
    Een geluk ons het baie reserwes wat net so goed is soos die manne in die span en selfs beter.

    Kom ons gee die span ‘n kaans.

    Julle kan dit doen !!!!!!!!!!!!!!!!!!

  10. JJ Says:

    Verkeerde Spankeuses kombinasies het ons verlede jaar gekos. Nou weer met Tewis saam NAAS ipv SAREL. Demas Demas, Borje Bason bied my meer. Baie bly om Viljoen op heelagter te sien en ek dink die BULLE sal seke maak hul skop uit want RIAAN sal hul seermaak met drop skoppe. Cheethas hou die dissipline jul ken vir KAPLAN hy het net 1 arm en dan is dit BLOU!!! Ons lostrio gaan die BULLE ore aansit. Ek se ook speel die bal wyd as CORNE net sal pass en die gaps en spasie sal skep. BLOU BULL (5) wil jy nie maar vir jou n ander naam kry nie want ek kan wragtig nie dink dat jy n BLOU BULL is nie of kruip jy net g…t by ons.

  11. Norman du Plooy Says:

    Goeie span maar JW, Barry Geel of Bjorn Basson sou beter reserwes gewees as Danwel Demas. Ek het niks teen die ou nie, maar ek stem saam met almal. Hy of sy giftige “skopskoen” het nog nie beindruk nie. Ek is bly Naas speel, hy kom van ‘n besering af en sal waarskynlik nie 80 minute speel nie, kan nie wag om vir Sias in S14 aksie te sien nie. Wat is die storie met Robert? Is hy beseer, indien wel hoe lank nog?

  12. Gerhard Says:

    Kobus Myburgh? Hoe bedoel jy A. Strauss is seker nog beseer? Hy is dan in die begin span.

    AAN ALMAL: kom ons hou nou net op vra hoekom is jW nie in nie? Hy self het gekies om eerder nie super 14 te speel nie, maar eerder 7’s. dit was sy persoonlike besluit.

    Ek verstaan net nie: Hoekom gaan die stadion weer nie eers AMPER vol wees nie. Ek het gehoor vanoggend was daar maar die HELFTE van die 45000 kaartjies verkoop. Kan ons nie net tenminste 35 000 mense volmaak nie. Ek sal enige een wed dat as daar 30000 mense Vrydag aand is, is daar tenminste 10000 BUlls ondersteuners.

    MAW ons het net 20000 wat Cheetahs surport!!! Hoe is dit moontlik????

  13. kierie Says:

    Ja , ek stem saam dat Meyer Bosman vir Geel uit die span hou - maar ek sal vir Meyer Bosman saam met Geel wil sien. Sarel Pretorius is vinniger en baie baie meer rats as de Bruyn, daarmee gaan jul my nie opinie laat verander nie. Kom ons weers eerlik: hoeveel keer is Tewis al aan die slaap gevang, waar die opponente die bal agter ons eie losskrum gaan haal en driee druk? Dit het al meer as eenkeer met de Bruyn gebeur. Hy het ook al meer as eenkeer die bal bo-oor die losskakel se kop gegooi naby ons eie doellyn. Die ouens wat ons laasjaar die beker gekos het: JL Potgieter - wat met ‘n overlap die bal bo-oor die doodlyn geskop het is gelukkig weg , en Demas - wat 2 driee op sy eie afgestaan het met swak spel. Ek dink ons moet die bal gereeld wyd speel na ouens soos Mapoe - wat ‘n yster!! Hou ook vir Ryno Barnes dop - hy mag maar. Is skipper badenhorst nou nie op die bench nie? Ek sien uit as Frans Viljoen op die veld gaan verskyn en die ouens seermaak met sy krag. Ons moet soveel as moontlik skrums probeer afdwing dink ek - Wian du Preez, WP Nel en Oosthuizen is verseker die sterkste stutte in SA. My grootste bekommernis is egter: Jonathan Kaplan is weer die skeidsregter - hy het homself al oor en oor as Bul fan bewys!! Cheetahs kon nog nooit die Bulle in Super 14 /super 12 wen nie, en ons rekord verloor was 60-20 in Bloem…………scary!!

  14. kierie Says:

    Admin, hoe lyk die kaartjieverkope vir die naweek? ………is daar nie ‘n ryk ou soos Johan Rupert of iemand anders met baie geld wat dalk ‘n cheetahs fan is wat jul baie geld kan gee / borg nie??

  15. Fan Says:

    Ek dink net dat Meyer Bosman nie daar moet wees nie em meen hy het nee eers game tyd gehad om te sien of hy game fiks is nie. Aan die ander kant dink ek Barry Geel moet daar wees saterdag op daardie veld.

  16. blou bul Says:

    Ek verstaan julle Cheetah ondersteuners nie…kla kla kla.JW JONKER IS BY DIE 7 GEKONTRAKTEUR.Miskien moet almal wat aanhou om Boland spelers sleg te se net onthou,WP NEL,DAVID DE VILLIERS EN NOKWE is ook Boland spelers wat hulle alles gee vir die Cheetahs.As julle praat van B

  17. Chris Says:

    Hi Kobus Myburgh

    Ek dink JW Jonker is by die springbok 7’s span en nie nou beskikbaar vir VS nie. Ek wonder ook soos jy oor Demas se giftige skopskoen. Ek dink daardie gif van syskopskoen werk teen die VS span.

    Pieter - ek dink ook die agterlyn se rezerwes is bietjie yl. Ek dink dat Geel dalk ‘n waardevolle plaasvervanger sou gewees het.

  18. editor Says:

    Hi Kierie
    Kaartjie verkope lyk baie goed. Ons het al oor die 20 000 verkoop en verwag dat vandag en more nog baie gaan verkoop.

    groete

  19. editor Says:

    Hi Norma

    Robert het verlede week begin saam oefen weer. Dink hy sal binne die volgende twee wedstryde weer begin speel.

    Groete

  20. editor Says:

    Hi Kierie

    Skipper speel in die voorwedstryd vir die Vodacom Vrystaat Cheetah span. Dus die span wat in die Vodacombeker gaan deelneem.

    Groete

  21. kierie Says:

    blou bul - ons se die Boland spelers sleg nie, net vir Demas - met goeie rede. Dit maak nie saak waar ‘n ou vandaan kom nie, dit hang a of hy goed speel of nie. En demas speel nie goed nie!!!

  22. Gron Says:

    Baie opgewonde oor hierdie span. As hulle net hulle koppe agtermekaar kan kry, kan hulle wragtig enige span wen!

    Nou moan die ‘kenners’ oor ons 7 nuwelinge (Super14) in die span. Twak. Al daai spelers verdien om daar te wees, en het genoeg ondervinding!! Maak nie saak watter kompetisie dit is nie, dit bly 15 teen 15 op die veld! Ons het laas jaar gesien hoe die meerderheid van hierdie span die Sharks en Crusaders gewen het en die bulle groot laat skrik het.

  23. Chris Says:

    blou bul - watter Cheetha ondersteuners kla? Kierie het net nie geweet oor Jonker nie. En oor Boland het net Kobus Myburgh en jy gepraat. Kobus het net van Demas se swak spel gepraat en dit het nie veel uit te waai met Boland of wie ook al nie.

    Ek sal ook wil weet hoekom jy dink dat Juan Smit die regte kaptein is? Wat maak hom volgens jou ‘n goeie leier? Hy het ‘n BAIE swak rekord as ‘n kaptein en mens kan dit nie net op die span blameer nie. Vra vir Brussouw hoe is daar al op hom geskree deur Juan Smit in belangrike wedstryde. Nico Breedt is nou ‘n ou wat die regte karakter het vir ‘n kaptein. Rory Duncan was die beste kaptein wat die Cheetahs nog gehad het. Hy was vriendelik en hy het die spelers met POSETIWITEIT en warmte aangevoer - gaan kyk maar ook na sy rekord as kaptein.

  24. JJ Says:

    Blou Bull dis nie n kwessie van kla kla kla nie pel. Dit gaan oor die beste spelers en die regte spelers. Gee my 15 Boland spelers ek nie n probleem, gee my 15 swart spelers geen probleem maar dan moet hul spelers wees wat kop bo water uitstaan bo die ander. David en WP JA is van BOLAND niemand n probleem met hul hul verdien daai plek en daar is niemand wat hul uit lig nie. TEWIS EN DEMAS ook van Boland maar ons kan onmiddelik se wie is beter as hul maar hoekom word hul nie gekies nie is dit omdat hulle n voordeel het, ek se ja beslis hul kom net soos HAWIE van BOLAND af en HAWIE LAAIK sy BOLAND BOYS KWAAI dit het ons verlede jaar gesien met sy spankeuses. Ek het al verlede jaar al gese en gegiggel oor DEMAS se werksverrigting en sy vermoe om 60m ver te skop, en Tannie TEWIS op nr 9. BLOUES GEE MY JOU TELLING. EK SE ONS GAAN DIE BULLE MET 5 PUNTE WEN

  25. Chris B Says:

    Gerhard (12) - Jou opmerking oor JW is foutief bloot omdat ek besef jy weet nie werklik wat by die binnekringe van die Cheetahs aangaan nie. JW MOES gaan sewes speel omdat Naka en Hawies doodeenvoudig nie besef wat hy in die agterlyn werd is nie. Wat sou enige speler van JW se formaat gedoen het as hy aanmekaar in ‘n sukkelende M.Bosman se skadu moes staan ? En glo my, ek weet presies wat JW se omstandighede was. JW sal sy voortande gee om plek in die span te hê.
    En Bloubul JW is nie nou by die sewes gekontrakteer nie, hy loop in die dorp rond. Treu het ‘n totaal amper “nuwe” sewes span NZ en VSA toe gevat, as jy opgelet het.

    Juan moet in die span wees, maar nie as kaptein nie, hy reageer nie as kaptein nie, en dit beinvloed sy spel. Adriaan se kapteinskap was deurslaggewend aan die einde van laasjaar se CB, en ek hoef vir niemand te sê van waar die Cheetahs gekom het tot hulle uiteindelik in die final gespeel het nie ! Laat ons hoop Kaplan en sy lynregters maak hulle oë oop Saterdag.
    Ek dink ook Sarel moes op skrummie begin het as Naka-hulle dan wil hê dat ons gevaarlike vleuels bruikbaar moet wees.
    Ek dink met die uitsondering van natuurlik Heinrich, was Frans Viljoen ons beste losvoorspeler laas jaar. Hy is ‘n intimideerder en sagmaker. Hy moes in die beginspan gewees het, en is in presies dieselfde klas as P.Spies. Ashley moes vanaf die bank opgekom het. Oor Demas hoef niemand meer iets te sê nie. Dit gaan logiese denke te bowe ( en dalk hoekom ons laasjaar in die S14 geeindig het waar ons het ? )
    Ons het die spelers, sonder twyfel, maar ons het nie ‘n “brainstrust” nie.

  26. Blitz Says:

    Sien julle Vrystaters Saterdag in Bloem (Mooimeisiesfontein). ‘n Vorige blogger praat van 10000 Bul ondersteuners. Ons kyk weer na so 15 duisend. Sterkte en mag die Beste span wen. Hou die Castletjies KOUD !!!!

  27. blou bul Says:

    Ek se die Cheetahs gaan met tussen 7 en 15 punte wen.Die Cheetahs het momentum en die bulle nie.Brian Habanna is weg en die einde van die jaar toer het dit maar sleg gegaan met die Bulle in die Bok span.Daar is n paar swak plekke in die bulle se mondering bloot gele.n Springbok span sonder Bakkies is n groot terug slag,en dis net so n groot terug slag vir die bulle.Ja een swaeltjie maak nie n somer nie,onthou watse groot verskil Whal Baartman se teenwoordigheid testyds in die Natal span gehad het en dis dieselfde met Bakkies.Ek bly n groot aanhanger van Meyer Bosman,ek glo hy is briljant en n plan maker in die agterlyn.Al wat ek vra,gee vir Juan Smith n kans,ek glo hy het baie geleer uit vorige foute.Kry julle maats om te gaan kyk vanaand sodat Cheetahs geld het om hulle talent te behou!!!!!!

  28. JJ Says:

    BLOU BULL ….Ongelukkig pellie is dit net jy wat dink dat M. BOSMAN so briljant en goeie balverspreider is, die ander UNIES se afrigters dink nie so nie, niemand wil sy briljantheid koop nie, ek dink nie eers dat hy oorsee se aanbiedinge kry nie. En die ergste is hy bly in die span. Wat ek nie verstaan is LIONEL CRONJE EN FABIAN JURIES kon nie ons beginspan haal nie, nie eers op die bank nie, en hul is in die STORMERS se 22 tal hul word gekoop ons VRU gooi hul weg ons volhard met die ou stock en jy gaan sien wat gaan dai ouens maak ons gaan huil en net so met JW omdat VRU nie na hom kyk nie maar liewers na BOLAND spelers laat ek liewers stil bly want my bloed sal sommer pers word en vir die GRIFFONS begin skree, geniet die nawek rugby BLOUES!!

  29. Stef Says:

    Chris B (25)
    Dit wat jy oor JW sê is die waarheid, almal kan dit maar glo. Dis nie uit die duim gesuig nie, daarvan kan ek ook getuig.

  30. blou bul Says:

    Oook maar goed n paar van julle ouens hierbo kies nie die Cheetah span nie,want dan het die Cheetahs die afgelope paar jaar B Afdeling gespeel.Meyer Bosman gaan julle ouens nog verkeerd bewys.Ek staan by die Cheetah span as n BLOU BUL.As Meyer nie so lojaal was nie het hy lank al vir Natal gespeel.Glo my hy het baie aanbiedings van die hand gewys,rassie sin inkluis.

  31. Kobus Myburgh Says:

    ****Gerhard(12)
    ASKIES MAN, MY FOUTJIE, HET IEWERS GEHOOR RYNO BARNES GAAN SPEEL VOOR EK NOG DIE SPAN GESIEN HET. SORRY ADRIAAN.

    Mense, ek klan nie oor die Boland spelers wat goed speel nie. My probleem is die enkeles wat OOK van Boland kom wat nie in ‘n s14 span hoort nie, wat briljante talent uit die span hou en dan evensueel maar groener weivelde gaan soek… (Cronje, Juries, ens, ens….
    Maar die ouens wat die Boland so verdedig, Moet julle dan nie die Stormers ondersteun nie? (net ‘n grappie, hoor)
    Mag ons Maandag alomal ons vreugde uitspreek oor ons puik vertoning vanaand……

    Editor, lyk my ons sal maar daai trui vanaand op die veld moet sien…
    Cheetah groete!

  32. Chris Says:

    Meyer Bosman het my nog altyd beindruk. Hy is baie fisiek en is ongelooflik sterk dit is hoekom hy in die springbokspan is. Die Springbokke moes hom verlede jaar teen Frankryk op die veld gehad het want hy hou van fisieke wedstryde. Ons het hom nodig om die Nie Seelanders in die middelveld te laat les op se. Ek weet waaroor baie van die bloggers ook ontevrede met hom is - Myer kan homself soms baie isoleer en dan die bal verloor. Hy het ook op ‘n stadium so erg grootkop gekry dat hy gedink het dat hy nie hoef te pass nie maar dit is afge-oefen.

    blou bul - jy moet verstaan dat van die ouens hier al lank vir Bosman ken en dophou en dat hy al aangejaag het. Ek stem net nie saam met jou dat die VS in die B-liga sou speel as van die bloggers die span moes kies nie want ek dink nie dat een van die bloggers vir Demas sou kies wat ons so baie wedstryde gekos het nie.

Leave a Reply

Spam Protection by WP-SpamFree