Are you a true supporter of the Vodacom Cheetahs - and who would you regard as being a true supporter? A true supporter is the supporter who sticks with his team through the good and the bad times. He is overjoyed when his team does well, gets sad when they are not playing well, but are convinced that they will turn the tide in bad times and come back fighting!
The Liverpool Football Team has a song with the wording “You’ll Never walk Alone” – and they sing this to their team before, during and after all the epic clashes. They are now experiencing their team going through tough times – but don’t stop singing this Liverpool Anthem in challenging times.
This reminds me of our support for our team. I have come across interesting data on the rugby supporter base in South Africa and believe this is worth sharing. The source of the data is described as independent analysis and reveals which teams have the strongest following. I have attached the graph in this proposal to this Blog post.
I believe it is rather impressive that the Vodacom Cheetahs is the Team with the 3rd most Supporters coming in ahead of the Golden Lions. The Supporters have been estimated at 957,000 supporters - a feather in the cap of the Vodacom Free State Cheetahs! If we look at the numbers of potential supporters in close proximity to the stadiums of the various rugby Unions, I believe that it is much more difficult to fill Vodacom Park in comparison to our Unions located in the bigger cities.
An aspect which we also need to consider is the following – Who would your “2nd best liked team” be? I am willing to bet that the Vodacom Free State Cheetahs would be the team best supported as the 2nd choice of all these supporters. The Vodacom Free State Cheetahs has become the team characterized by a never say die attitude, the team that will claw back from adversity and play from the heart! This is why the Vodacom Cheetahs is a team worthy of so much support!
The analysis of team support makes it clear that the Vodacom Cheetahs will never be alone, and we as supporters will never be alone in our support! May we take our friends who are still silent in their support along to the stadium and show them why life is simply better as a Vodacom Cheetah Supporter!!


Well , I am one of the supporters and will be there on the 12th. From what I have been hearing in the hallways the staduim will be fuller on the 12th than it was for most last season.
Do not know where they get the figures from as Cheetahs will be glad to except 900 000 supporters , but I can not see this as true as staduim was very empty last year.
It would be nice to know if anybody was actually contacted for this analysis.
Please let the team know what is in your heart , comes out in what you speak, what you speak affects your actions, and your actions determines your destiny.
If you do not believe you will do well in the S14 you will not.
Believe in yourself boys and please do not underestimate the lions.
Maw wat die unie moet van kennis neem:- Die ondersteunersbasis is nasionaal! Maw die unie moet ook vir die ondersteuners buite die Bloemfontein area (Bv radius van 120km) voorsiening maak. Doen die unie dit tans?
Die rede hoekom ons (ver van Bloemfontein af) nie aan die ondersteuningsklub behoort nie, is omdat ons dieselfde as die ondersteuners (in Bloemfontein) moet betaal, maar kry glad nie so baie blootstelling aan ons span nie.
Wat het van die Cheetah tydskrif geword, want ek sien dit nie in Pretoria op die rakke nie?
So daar lê baie geld buite Bloemfontein vir die unie en wag. Kom haal dit!!
Jip, dis goed gese! Ons ouens wat in die Vrystaat gebore is sal die span altyd ondersteun. Griffons: 37000?? Ek glo nie - ek dink dis amper die hele welkom populasie, ek voel maar jammer vir hulle. Ek het nog persoonlik nie gehoor van iemand wie se nr een span die griffons is nie…….dir unie is net te klein. As Bloem meer en beter werksgeleenthede gehad het, was die cheetah ondersteuners almal nog daar - want wat ‘n lekker plek om te bly!
Ek wonder waarom het die Bulle so baie fans? Kyk, dit gaan nie oor hoe baie mense daar bly nie, want ek meen Joburg het nog meer mense, maar min mense gaan kyk maar die lions games. Ek weet hul speel al vir baie jare aanmekaar swak, maar die Bulle het verstommend baie ondersteuners……………en net soveel wat hul nie kan hanteer nie.
Hi almal! Hallo admin!
Ek wil gou voorstel maak. Ekt gesien Wian du Preez het vir Munster gespeel die tyd. Ek kyk toe een van hul games en WOW! Wat ‘n ongelooflike ondersteunersgees en passievolle ondersteuners is hulle nie. Hulle sing heeltyd en pak die stadion vol met elke game. Wat van die Cheetahs speel volgende jaar ‘n opwarmings game teen hulle? Ek weet daar is nie baie finansiele voordele daarin nie - maar die cheetah fans wat oorsee bly sal verseker opruk, en die munster fans natuurlik ook. Laat die game ook TV regte he en speel dalk 2 sulkes: een teen Munster en een teen ‘n SA span op dieselfde veld: dalk die Stormers of Sharks. Behoort waarskynlik heelwat meer mense as hier te kry - ek meen die SA ouens oorsee kry nooit kan om hul spanne daar te sien speel nie en daar is baie rugby fans daar….
i`m from england my partner is from welkom,i support the cheetah`s,i`ve got signed shirts and
a signed ball.i always make two games a year when we are over and i`ve also got the limited edition
shirt from playing the british lions.from the english cheetah
Editor, kan iemand asseblief net vir ons se wat het gebeur met die oefen wedstryde teen die Griffons en res vd Cheetahs, want nerens is eers ‘n berig daarvan nie. Het die Griffons ons gewen dat alles so stil is?
Jip, dit is waar - die unie moenie glo dat AL hul support in Bloem sit nie. Daar is nog minimale pogings in JHB of Pretoria of Elders aangewend - daar word met geen weg games, behawle miskien ‘n semi, want met die finaal het die unie nie eers kaartjies om iets te reel nie, iets gereel of gedoen van die unie se kant af nie….Ek dink net jul moet bietjie begin buite die boks (dis nou Bloem) dink, en geld begin maak op meer maniere. Daar is baie groot besighede in GP………..niks stop jul om hul te nader nie. Dis ‘n professionele era - en geld praat. Om saam te praat sal jul ook meer geld moet maak…..’n Voorstel: wat weereens nie deurgevoer sal word nie, want wat weet ons, ons is mos maat net rugby fans maar hier is dit in elk geval: Launch ‘n GROOT kompetsie vir cheetah ondersteuners reg oor die land: ‘n sakekompetisie. Die ondersteuners moet m a w besigheidsplanne en idees inskryf oor hoe die cheetahs baie geld kan maak. Julle kies ‘n wenner - gee hom ‘n lekker prys (soos bv Toer saam die cheetahs oorsee in die super 14 of iets)en pas dan sy idees toe, sowel as ander idees wat jul glo sal geld maak. En so maak jul dan baie geldjies!
Ek is al Vrystaat ondersteuner van ek 1o jaar oud is en nog al die pad.Ek kan nog onthou as Vrystaat verloor het teen NoordTransvaal 1977 in die eindstryd hoe ek gehuil het.Al die pad Vrystaaaaaaaat
Was daar wragtag ‘n Cheetah tydskrif??
Reel een van daai wedstryde teen ‘n heineken beker span op Nelspruit se nuwe 45000 kapasiteit stadion, dan kan fans hier rond ook ons span sien
Admin, het julle al die amptelike paartiebus vir Cheetah ondersteuners gekoop? Die busse is dubbeldecker, en dis soos een groot paartie op wiele. luuske sitplekke wat na mekaar toe kyk en ‘n kroeg, dansvloer en musiekstelsel. Met kompetisies, sal dit mos die eerste rugbspan in die land wees wat die inisiatief neem - almal sal jaloers wees. Okay, jy praat van geld. Nou maak dan so: vra vir Vodacom om ‘n nice nuwe paartiebus aan te skaf gaan met mooi voorlegging en plan jul weet os hoe werk dit. Die bus is op hulle naam. Dan ‘brand’ mens die hele bus mooi met Vodacom, met die cheetahs en groot beelde van die spelers, en julle kry ENGEN, BP, SASOL, OF SHELL om die bus se brandstof vir die jaar te borg. Hulle Logo word ook groot op die bus gesit. Net so - nie te veel borge laat dit soos ‘n sirkustent lyk nie. Ok, en dan gaan onderhandel julle met castle Hul gee hul consignment stock vir elke game en ‘n klomp gratis kaste vir die jaar. In ruil vir hul logo ook groot op die paartiebus. Dis ‘n bate vir Vodacom so ek glo nie dit sal ‘n probleem wees nie. Dis waar die bemarkers goed moet wees. Okay admin: so wat het hierdie HELE storie jou gekos? Jy het nou ‘n bus vir die jaar, jou brandstof kos niks vir die jaar om ondersteuners orals op te laai, en die hele oefening het jou gekos: Telefoon oproepe: Hoogstens R50. Brandstof - om almal da in Bloem te gaan sien: so R100 want jy gaan net 5 borge sien. R150 in totaal. Goed - nou gaan julle ‘n lekker program ook deur vodacom met pryse en al aanbied, elke game (weg of tuis) tuis games ry jy mense van dorpe soos Welkom, Kroonstad, Parys, Oos Vrystaat, op daai bus aan na die stadion toe- noem hom ‘n lekker naam soos Nartjie (want dis oranje) en gebruik OF om die busritte na en van games te bemark. Terwyl jou uitgawes minimaal was, kan jy dit nou lekker beskostigbaar aanbied vir die ondersteuners wat wil gaan kyk. En selfs al maak jy die bus halfvol , gaan jy steeds ‘n wins op kos, drankverkope en die rit self maak. Dis maklike geld en so goeie idee al moet ek dit self se. Gaan kyk asb admin op websites en tik in partybuses. Party kan tot 80 mense vat. Ai ek dink ek moet maar vir julle kom werk. Gaan gee asb my hele idee net so vir Herald verster - as hy dit nie like nie, is hy (volgens my) te oud vir die jop……..
kyk ek is soooo groot cheetah fan, maar ek oorweeg al om my idees vir die bulle te stuur - dis eending hul vra altyd die publiek se idees en gebruik dit vrek baie….want dit werk.
Kierie
Hul hoef nie eers ‘n bus te koop nie. Big Sky busse is een van die Cheetahs se borge en het reeds een van hul busse ‘n cheetah bus gemaak met cheetahs op en ook op geskryf “Cheetahs op jag”. Die bus is reeds daar, reêl net met die bestaande borg om die goed te kan gebruik en die res van jou plan in te stel rakende die diesel ensovoorts.
Die seisoenkaartjiepryse is bietjie duur na my sin. Ek is n eerstejaar student, waar sal ek daardie geld kry?
Hi Hardus
Ek stem nie saam met jou nie. Studentekaartjies is R240 - dit sluit in jou hele jaar se wedstryde plus jou toetskaartjie tussen die Wallabies en die Springbokke…
Dis nie ‘n probleem om ‘n Cheetah ondersteuner te wees nie, maar hoekom sukkel ons so om truie en ander kledingstukke te kry??!!
Dis nou maar een ding, en dis dat Sneakers maar “pretty useless” is in die geval, en veral hier in Pretoria (of is dit nou al Tshwane, of iets anders???) sukkel ek om enige iets te kry.
Ek koop elke jaar die nuwe S14 en CC truie, maar sedert Gilbert en Sneakers dit oorgevat het, is dit net nie meer beskikbaar nie!!!
Kan die Unie nie intree hier nie?
Cheetah groete!!!
HARDUS het jul studente ooit enige geld al is die kaartjies R50 sal n student se ek nie geld nie (lol) nee wat boet eending van n student is jul maak mos altyd n plan, maak soos al die ander hul trou mos elke saterdag !!!
Om
‘n Gewone bus met ‘n paartiebus te vergelyk is soos om Jurie Els met Steve Hofmeyr te vergelyk. Net die dieselfde nie…
Hi Jaco P
Ek bring dit onder die bestuur se aandag.
Groete
Editor
Ek verneem dat daar ‘n moontlikheid is dat daar ‘n bemarkings bestuurder van die Sharks na ons (VRU) toe kom.
Is dit waar, of is daar sulke onderhandelinge?
Hi Stef
Allen Kruger, wat voorheen by die Sharks was en nou by SA Rugby tree op as konsultant tans by die Vrystaatse Rugby-Unie. Hy gaan dus kom kyk waar hy kan help en waar daar verbeter kan word, hy is egter nie permanent hier nie.
Groete
ag ons vra wat die gemiddelde Cheeths speler per jaar verdien in vergelyking met bv die Sharks, Bulle en Stormers? Ekt iewers ‘n voeltjie hoor fluit dat Habana se salaris by die Stormers so groot is soos die hele Griekwas span sn.
Mag ek sommer hier vir die Cheetas sterkte toewens vir die jaar wat voorle.
As oud Bloemfonteiner (nou al woonagtig in Johannesburg vir die laaste 9 jaar) sal ek altyd ‘n Vrystaat ondersteuner bly, al gaan dit ook party jare swaar met die span.
Sterkte en bring vir ons ‘n Beker!
As daar aan die einde van die wedstryd slegs 2 getroue Cheetah ondersteuners op die pawiljoen is, sorg dat jy een van hulle is.
Interressante stats.. Ek was nog nie lank in die Weskaap gewees nie maar ek het al gebly in die Ooskaap, Gaunteng en Vrystaat en ek sou sê dat in die Haaie se ondersteuners in al dié provinsies baie groter is in verhouding met Westelike provinsie as wat weerspieël word op die statistiek hierbo.
Ek dink ook dat die howveelheid Cheetahs in Gaunteng baie meer is as die getal WP ondersteuners en in die Ooskaap is dit nogal gelyk.
Ek sien baie uit na die wedstryd teen die Bulle!!!! Die bulle en die Volksblad maak asof JL Potgieter baie ervare is en vir die Cheetahs ‘n probleem gaan wees…
Ek het by Kloppers ‘n Chaatah trui teen afslag gekry. (net oor een klein borg wat verander het). As jy 4 truie vat dan betaal jy net R400!
“en Demas se skopskoen van waarde kan wees”
…WAT NEUK HULLE DAN NOU NOG MET DIE DOM STELLING WAT ONS SO TE SE DIE CURRIEBEKER GEKOS HET???
Speel die Cheetahs met dieselfde trui as verlede jaar, of het dit bietjie verander, soos Stormers en Sharks?
Hi Kobus
Hy het verander. Ek gaan vir julle ‘n foto probeer oplaai op die blog.
Groete
Ek sal maar self probeer uitvind oor die Cheetah tydskrif, want lyk my net sekere mense word geantwoord. Totsiens Editor. Geniet jou blog, want jy is maar selektief en vat maar lank om te antoord of ons ‘postings’ te plaas.
Is jy deel van Piet de Necker se bemarkingsspan? Selfs familie?
Admin, kan julle my dalk se waar ek die volle program met die tye v.d super 14 kan kry?
Hi Jan Plank
Ek het nie jou vorige comment gekry nie. Nie nodig om onnodig vies te raak nie - misverstande bestaan.
Hoe kan ek jou help met die Cheetah tydskrif?
En nee, glad nie familie van Piet de Necker nie.
Groete
Hi Louis
Die Vodacom Cheetahs s’n is op die website onder fixtures. Soek jy al die spanne s’n?
Al die spanne Asseblief, met die tye
Editor
Sou jy posting 2 gelees het, sou jy geweet wat ek van die Cheetah tydskrif wou weet.
“2. Jan Plank Says: February 1st, 2010 at 1:41 pm ”
Nag ou grote, slaap rustig voort.
Louis - stuur vir yolandi@fsrugby.co.za jou e-pos adres dan stuur sy dit vir jou.
Groete
Jammer Jan Plank
Ons is net mense en die vraag het seker deur geglip - begryp ons is maar besig aan die kant ook.
Ek vra onverskoning en hoop jy aanvaar dit so
Groete