Hier is dit my mede-bloggers, die Vodacom Cheetahs se eerste spanlys vir 2010!
Hierdie is die span wat die naweek in PE teen die Kings gaan speel vir opwarming.
Wat dink julle van die span?
15. Riaan Viljoen
14. Lionel Mapoe
13. Corne Uys
12. Barry Geel
11. Jongi Nokwe
10. Tewis de Bruyn
9. Sarel Pretorius
8. Ashley Johnson
7. Juan Smith (k)
6. Heinrich Brussow
5. David de Villiers
4. Nico Breedt (ok)
3. WP Nel
2. Ryno Barnes
1. Coenie Oosthuizen
Plaasvervangers
16. Skipper Badenhorst
17. Albertus Buckle
18. Waltie Vermeulen
19. Frans Viljoen
20. Sias Ebersohn
21. Hennie Daniller
22. Danwel Demas

Dit is n goeie span,dan is daar nog die beseerdes ook.Sal graag wil hoor hoe Sias gedoen het as hy speelkans kry,hopelik meer as 30 minute.Ek besef Tewis staan in,sou graag wou gehad het Sias moet instaan sodat Tewis in sy posiesie kon skerpheid kry.Ek besef Naka hulle weet wat hulle doen.Sterkte.
Goeie span. Sou net vir Tewis en Sias wou omruil. Ken nie rerig vir Ryno Barnes nie, verder heel goed. Haai kan jy glo Demas begin vir ‘n slag nie! Ek sou ook se ek is half spyt oor Juan se kapteinskap (hy speel baie beter as hy nie kaptein is nie, en Straus het goed gedoen…)
Kyk as ons nie n 100 op die telbord sit nie dan weet ek nie want hierdie is n kick ass team
Goeie span vir die OP game. Weet iemand wie is nog beseerdes.
Alle sterkte aan die span en bestuur. Net jammer die wedstryd word nie uitgesaai nie. Ek het dit met supersport opgeneem waarom nie en hul antwoord aan my was dat hulle nie Currie Cup opwarmings wedstryde uitsaai nie. Die VRU moet hulle tog net inlig dat dit wel Super 14 voorbereiding is en nie Currie Beker nie!!
Die span lyk baie goed - behalwe Corne Uys. Ek is regtig bly Barry Geel is gekies - hy behoort saam met Meyer Bosman ons kombinasie te vorm. Hoop regtig Demas se kontrak verval nie oor lank nie. Ek is nou nog kwaad dat hy ons die beker gekos het. Dis goed dat daar klompie grikwa spelers in is, hulle verdien dit. Naas Olivier sal sekerlik na sy besering ons losskakel wees. Jammer mokoena het gewaai - hy sou ook groot impak gemaak het. Maar verder is dit goeie span.
Word adriaan straus gerus die naweek? Riaan Viljoen, Sarel Pretorius, Barry Geel en Barnes moet geluk gewens word, dis nie maklik om van Griekwas af so baie spelers in die super 14 te he nie.
Baie goeie span. Barry Geel het nou ‘n uitstekende kans op Bosman uit te lig uit die begin span. Ek hoop Tewis en Sias het hul skopwerk geoefen die laaste paar maande. Beide kan mens soms frustreer omdat mens weet watse goeie skoppers hulle kan wees. Hoop Sias beindruk in die game. Sal nice wees as hy S14 begin speel. Snaaks genoeg, ek verbeel my hy sal dan boet Robert voorspring in daardie opsig.
Hi,ek is van Pretoria en ondersteun die Cheetahs nes julle,hierdie span is vir my en mede Cheetahs hier baie gemiddeld,ons benodig beslis ‘n losskakel van internasionale standaard,vir wat koop ons Skipper Badenhorst en laat J L Potgieter gaan ens ens maak nie vir my sin nie,maar ons sal seker weer van iewers weer iemand kry.Wat was die Vs/Op eindtelling.
Groete.
Andre
Klink my dit was maar weer ‘n gesukkel, en dit teen OP ? Wat gaan die bulle.stormers en sharks dan met ons aanvang ?
En Naka sê : ” dit was ‘n vroegtydige wake-up call vir sy span “. Was verlede jaar se S14 en die 1ste helfte van die 2009 CB nie “wake-up call” genoeg nie, of nie duidelik genoeg nie ?!
En ek stem met Kobus M. saam, dit sal beter wees om S.Strauss as kaptein te behou. Ons CB van 2009 het eers op dreef gekom toe hy as kaptein oorgeneem het. En daarmee bedoel ek nie dat Juan nie ‘n noodsaaklike top speler in die span is of moet wees nie.
Klink of dit nie beste game was nie, maar dit is goed dat die span dit kan uitsorteer voor die reeks. Klink of die probleme hoofsaaklik balhantering en besluitneming was.
Watse beserings is daar waaroor ons moet stres?
Kerels
Het nie gedink dit sal waffers gaan nie. Miskien beter so, want laasjaar het ons manne die blou bulle gewen in Piepiesburg met die opwarm-wedstryd. En kyk wat het hulle gemaak teen die einde van S14 seisoen. So ek dink ‘n wake-up call is verseker in orde. En wat meer is, dink ek moet ons nie te veel neem uit die wedstryd nie. ‘n Beseringsvrye opwarmingswedstryd met “game time” is veels belangriker as ‘n krieket-score. Sterkte vir die seisoen- het net ‘n gevoel aan die g*tvelle dat hier ‘n grote kom. Sterkte ook vir die mediese span - gaan ‘n lang seisoen word.
Ooops, ek het amper van my stoel afgeval toe ek die telling hoor. Ek dink ons het dalk te gerus die wedstryd aangepak en OP BAIE gemotifeerd.
Ons het die spelers om enige v.d Super 14 spanne te wen. Net die regte kombinasies kry en genoeg saam oefen sodat die ouens mekaar beter kan ken.
Ons moet in gedagte hou, en dis baie belangrik, dat die ander SA spanne se super 14 spanne ook hulle curriebeker spanne is. DWS hulle ken mekaar se spel baie beter aangesien ons as n streekspan speel en mekaar se spel nie so goed ken nie.
Voorspoed!!
Dis n opwarm wedstryd niks anders nie.Die blou bulle het verlede jaar teen Cheatahs verloor en die Super 14 gewen.Op was nog altyd Vrystaat se bogi span,vra maar vir Helgaart Muller.Moenei worry nie,die spelers sal na die naweek wakker skrik.
BLOU BULL (14) ek hoop jy reg want ek stem met CHRIS oor die WAKE UP CALL en daar nie weer n paar goed uitspring soos laas jaar. 1. Dat die span elke wedstryd gefokus is vir 80min en nie dink hul gaan maar net vir n saterdag gamepie opdaag soos met OP nie en rond tjommel. 2. Dat die agterlyn nie weer verbeeldingloos gaan lyk en soos skoolseun speel nie en dat HAWIE iets nuut en vars gaan inbring. 3. Dat die beste 22 tal gekies sal word volgens spelpeil en nie weer agter die NAAM nie. 4. Dat OS n groter betrokkenheid en invloed gegee word. Soos jy gese het JUAN oor Radio, ons het nie meer verskonings nie. Kan MYER B. nie loskakel toe skuif en plek maak vir ouboet EBERSHON of Phillip nie.
More Editor, ek weet jy antwoord my nie eintlik nie, tog wil ek hoor of dit moontlik is of jy nie n spesiale blog kan opsit waar ons Vrystaat ondersteuners boodskappe kan blog vir die familie van REUBEN KRUGER en dit dan aangestuur.
Jj, ek doen dit met graagte
Groete
Baie dankie E.D LEKA DAG
Barry Geel en Corne Uys is n baie goeie kombinasie en ek dink hul sal stewig wees in die middel veld. Barry en Naas kom ook al n lang pad saam en weet as Naas beet is dan sal Hul goed saam speel.