Voorspoed met die jaar!

Geagte bloggers!

Welkom terug - ek hoop julle is al net so uitgehonger vir rugby soos ek!

Die Super 14 is om die draai en die eerste wedstryd is alreeds die 12de Februarie teen die Bulle op Vodacom Park!  Daar gaan ook opwarmingswedstryde gespeel word.  Die 23ste Januarie speel die Vodacom Cheetahs teen die Kings in PE.  Die tweede een is nog nie gefinaliseer nie, maar as dit wel gespeel word, gaan hy in Windhoek wees die 30ste Januarie.

Bloggers, mag julle ‘n wonderlike rugby jaar hê en onthou enige voorstelle is altyd welkom!

This entry was posted on Wednesday, January 13th, 2010 at 9:48 am and is filed under General. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

30 Responses to “Voorspoed met die jaar!”

  1. Jaco Grobbelaar Says:

    Kan nie meer wag vir die rugby nie. Ek het al laas jaar vir almal gesê ons gaan probleeme hê op losskakel die jaar veral na die super14 want dan gaan Naas Olivier inelkgeval terug griekwas toe so ons het nie rerig n ervare losskakel vir die currie cup nie. Maar nou ja kom ons sien maar wat gebeer.
    Sterkte vir die nuwe jaar en mag ons beeter vaar in die super14 en ons soek die currie cup die jaar

  2. Kobus (Freetah) Says:

    Hello Allie Vrystaat ondersteuners!!

    Mag dit ‘n droom jaar vir die vrystaat wees, sterkte aan al die spelers en afrigters vir die jaar wat voor lê.

  3. JJ Says:

    Halleluja, ons is weer op die lig. Danki Editor ek hoop jy het ook n lieflike feestyd gehad en is uitgerus en reg vir ons klomp bloggers. Heng dit lyk my die beserings ry ons sommer vroeg. Sterkte manne vir jul voorbereiding, ek het nou die dag op radio vir HAROLD gehoor praat en HAROLD ek stem 100% saam jo stelling ons kan die super 14 wen, die BULLE is die super 14 kampioen en ons het al gewys dat ons die BULLE kan wen, dat ons die vorige jaar se CC di SHARKS met hul BOKKE en STERRE in die Super 14 n pak slae gegee het so hoekom nie, HAROLD ons wil nie baklei ni, maar kry HAWIE se kop ook reg want hy het ook oor di radio gese hy glo ons kan so in di middel eindig. En Baie welkom aan BAREND PIETERSE ek en glo my n hele paar is opgewonde oor jou terug keer. EDITOR weet jy of die CHEETHAS n saamtrek in die MALL of so weer beplan waar ons die ouens kan sien en hantekeninge kry. Aan al die bloggers hoop jul gaan n goeie jaar he

  4. Kobus Myburgh Says:

    Editor en alma, geseende jaar vir julle ook. Mag die cheetahs hul beste Super 14 ooit he!

  5. Kobus Myburgh Says:

    Editor en almal, geseende jaar vir julle ook. Mag die cheetahs hul beste Super 14 ooit he!

  6. Petrus Says:

    Goeiemiddag almal.

    Eerstens: Editor - Waarom koop die Cheetahs nie ‘n paartiebus en ‘brand’ dit mooi nie - dan kan jul die ondersteuners oplaai na al die weg games toe - op die hele roete, en ook geld maak daaruit. Paartiebusse het ook ‘n kroeg en dansvloer en baie luuske sitplekke regoor mekaar. Op die manier kan die ondersteuners bietjie bond en vriende met mekaar maak , want dis ‘n paar ute lank wat ons travel, en niemand worry oor drink en bestuur nie, terwyl jul geld maak uit die drankverkope - dan kan ons veilig daar aankom, en dit sal vrek lekker wees vir ons. Dis amper asof geen pogings aangewend word met weg wedstryde vir ons ondersteuners nie……net ‘n idee

  7. hein Says:

    Hallo almal - kom ons wen asb die eerste game teen die Bulle: moet verkieslik nie eers begin speel as ons 30 0 agter is nie, maar van die begin af. Dan sien ek ook die Bulle se kleure gaan verander: Ek dink Ecstacy wit en Marijuana groen sal goed werk by hulle…….

  8. editor Says:

    Hi Petrus
    Dankie vir die idee. Sal dit bietjie hier in ons midde bespreek en kyk of dit ‘n moontlikheid is.
    Groete

  9. hein Says:

    wie is petrus? en wat het jy gese? kan ons bietjie hoor van sy idee?
    Laat die mense vote op die website, of OFM oor sy idee - en as meerdeheid ja vote, dan doen jul sy idee, wat ookal dit is

  10. hein Says:

    reel ‘n trein vir die eerste vrydag game van kroonstad na BFN toe - die laaste keer was die trein stamvol met dit en 700 mense het daar, by brandford, henneman, al die klein dorp alongdie pad opgeklim, en dit was awesome, jul het ook gaoeie geld met die drank gemaak. Kry ‘n kunstenaar soos robbie wessels of leon schuster om op te tree, en doen paar lekker games, kompetisies, dansies, beste cheetah brul ens. als op pad na die game met lekker pryse vir goeie gees.Jul kan in Parys begin, en dan by al wat ‘n stop is tot in Bloem klomp mense oplaai. Laat Vodacom die pryse borg. En reel ‘n volledige vermaakprogram op die trein - laat die mascot ook die mense onymoet op die trein. Laat Vodacom vir elton en jan borg om die trein saam te ry. Ons los almal oranje ballonne sodra die trein wegtrek…….komaan - luister bietjie na ons idees - want ons idees is ten minste beter as die feit dat daar niks gedoen word om mense daar te kry, sonder dat hul te drink of bestuur…..

  11. Gron Says:

    Die manne moet bietjie as ‘n span môre die Jool ondersteun. Kan dalk ook ‘n paar van die koshuis studente omswaai na die oranje kant.

  12. Gron Says:

    Wat van as die Cheetahs bietjie aan die ‘image’ kan werk.
    Ons het klaar die Harleys, hoekom nie begin met swart leer baadjies met die cheetah embleem op die rug nie. (As dit klaar bestaan, vergewe my maar.)

  13. Louis Nortje Says:

    fantasties om weer alles wat die ondersteuners lees te kan sien. Ek glo ons gaan n baie beter jaar as die vorige een beleef. Die spelers is daar, 1 ste keer n lang tyd dat ons met amper die “ou” span in die nuwe jr begin. Gewoonlik so baie na die die curriebeker weg dat ons elke jaar moet bou. Al wat ons ouens kort: GLO in julle self. Die talent is daar, die harte is daar, die ondersteuners is daar.

    As ons die Haaie, Bulle met al hulle super 14 sterre en bokke in curriebeker kan klop, kan ons mos die super 14 ook wen. Geen rede hoekom nie! Moet asb nie n mikpunt he van in die boonste 8 eindeg, want dan gaan jy. Van die begin af, julle wil die super 14 wen.

    Dan aan al die bloggers, asb julle, kom ons kritiseer minder en wees minder kras met die woorde die jaar as verlede jaar.

    Dan kan ons almal die jaar ook meer positief begin.

    Voorspoed aan julle almal daar admin, mag julle ook n voorspoedige nuwe jaar he.

    Asb ouens, julle daar in die CHEETAH land, maak daai stadions vol. Julle is baie bevooreg teenooor ons mense wat hier in ander provinsies sit. Ek sou wat wou gee om dit te kon doen.

    Voorspoed aan julle almal

  14. anoniem Says:

    Ek wil nie negatief wees nie, maar ek weet sommer die idees sal nie deurgevoer word nie, daar word altyd gese hul sal daarna kyk, niks gebeur nie, en wanneer mens self iets doen, dan dink hul jy probeer geld uit hulle maak - ons idees word nie eers bespreek nie. Die unie kort jong, lewendige mense by bemarking wat die tipe dinge reel en deurvoer - die ou black steer is te koop vir R150000 - loop afstand van die stadion, maar hoekom koop die unie dit nie en rig in vir cheetah ondersteuners - en selfs celtic ondersteuners tydens sokker games. Die res van die week is dit ‘n kuierplek……….daar is nie ‘n amptelike kuierplek vir die ‘fans’ nie - spelers kan daar ontmoet word na games, pryse en kompetisies - sommer lekker fun goed soos toutrek tussen die fans, kaskarkampioenskappe op vodacompark - cheetahs teen celtic, OFM teen Rosestad, al die besighede in Bloem teen mekaar op ander manier meeding: ek ken ouens wat die karre verskaf en die bane oprig met barriertape, so jy hoef nie jou eie baan te bou nie - inskywingsgeld vir liefdadigheid, die skole ook teen mekaar. Die aand eindig ons laat met ‘n lekker braai - terwyl een of twee groot kunstnaars optree…….Dis bemarking vir elkeen van die companies en hul kan elkeen as ‘n borg optree - hul kan soveel inskrywings geld betaal as wat hul wil - want dit gaan vir liefdadigheid. Net ‘n voorstel - dis ten minste beter as niks……Daar word regtig min dinge gereel vir die fans volgens my……

  15. abrie Says:

    Gron, ek weet darem nie van leerbaadjies nie - dit sal eerder by die Griffons se Welkom span pas - of die Bulle se Pretoria Wes ene haha.

  16. abrie Says:

    Moet die super 14 so lank aanhou? Nou wil hul die springbokke uit die curriebeker uithaal ens - die super 14 kan in 2 groepe gedeel word met die top 4 spanne in die semis. Dis die super 14 se skuld dat die curriebeker se blangstelling minder word - en die curriebeker is 100 plus jaar oud - die super 14 net so 12. En dis ons eie kompetsie - die super 14 is ‘n saamgeflanste storie oor 3 lande. Dis mos nonsens dat dit gebeur.

  17. editor Says:

    Hi Anoniem

    Dit is jammer ek kan jou nie op jou naam dankie se vir die idees nie. Ek belowe jou ons kyk na hierdie gedagtes, die probleem kom maar in dat daar nie altyd finansies is om goeie idee deur te voer nie, bv. die black steer idee, maar ek belowe jou daar word gekyk na die fans. Dit is ook waarom ons probeer om die Castle Deck so lekker as moontlik te maak. Kan ek byvoeg, ek was al by al die ander stadions en die Castle Deck staan glad nie terug. Hierdie jaar gaan ook grootliks gepoog word om die kinders so goed moontlik te probeer vermaak en speelarea te kry. Spasie is ongelukkig ook n probleem hier. Hou die website dop, ons het ‘n paar lekker goedjies vir die ondersteuners hierdie jaar oppad.

    Groete

  18. Jan Plank Says:

    Voorspoed aan almal vir 2010 (die bietjie wat oor is. Het julle al kersgeskenke vir 2010 gekoop? Nie, opskud! Die jaar is al amper verby).

    Ek sien dat Juan as kaptein verkies is vir die S14 span. Is hy deur die spelers verkies, soos met Adriaan in die CB? Of het die afrigterkorps hom gekies?

    Myns insiens sou ek met Adriaan volstaan het as kaptein. Hy het hulle gelei na ‘n CB finaal. Juan speel ook vir my beter sonder die kapteinskap.

  19. abrie Says:

    R150 000 klink nie duur nie - dink watse geld mens tydens die sokker wereldbeker kan maak en terugploeg in die unie in - dis mos ‘n bate wat mens koop wat deurlopend elke liewe dag geld maak. ‘n Kuierplek, want die castle deck is net Saterdae wanneer ‘n home game is, oop en maak slegs vir daardie ruk geld wanneer daar ‘n game aan is, en die meeste mense loop direk daarna….Koop julle eie cheetahs kuierplek of twee in die 2de laan, of dan naby die stadion, wat daagliks oop is, en lekker musiek speel…….of dink daaraan.

  20. kobie Says:

    Okay, so finansies is ‘n probleem - so die unie kort geld. Jul moet geld genereer met projekte en events en dinge. kaartjieverkope is nie by die vrystaat ‘n groot hoeveelheid nie, so begin dalk julle eie restaurantgroep in Bloem, of selfs Pretoria JHB , daar is net so baie fans en hulle het geld. Of hou GROOOOOT konsert op die stadion name soos Nickelback of regtig iemand groot Robbie Williams of so……..Dit kos baie baie geld ja, maar mens maak jou geld terug en maak groot wins…

  21. JJ Says:

    Ek sien JUAN is kaptein, ek persoonlik dink dis n fout. Ek het niks teen JUAN hy bly n goeie speler en mens. Gaan kyk maar wanneer JUAN vir BOKKE speel, dan speel hy kookwater want hy kan net op sy spel konsetreer. JUAN raak ook te gou en fiesies betrokke wanneer daar n struweling is, en sy kapteinskap beinvloed sy spel en ADRIAAN se kapteinskap het vir my uitgestaan, hy het met voorbeeld gelei, nog harder gespeel en het die ouens bymekaar gehou as dinge uit beheer raak want hy was in beheer, in beheer van die game, van die spel van homself al het die skeidsregter snaakse besluite geneem.

  22. blou bul Says:

    Abrie 16…ek stem saam met jou,dan word daar minder rugby ook gespeel en almal kan dan dan deelneem in die curry beker.

  23. blou bul Says:

    16 Abrie..Vergroot dit tot 20 spanne en dan is die Kings se monde saam met Cheeky Watson ook toe.Deel dit op in 4 groepe met n semi en n finaal.Elke span speel dan 4 wedstryde en die cheatahs en 1 ander span 6 wedstryde.6Wedstryde want dit sluit die semi en die finaal in

  24. andre Says:

    Ek moet stem - die unie moet poog om ook iets te doen met die wegwedstryde: ‘n amptelike kuierplek met ‘n grootskerm waar al die ondersteuners saam kan kuier en dan nie net poog om met tuis games geld te maak nie…….jul het OFM as mediavennoot - gebruik hul om die te adverteer, en om ondersteuners te vervoer is ook ‘n goeie opsie, ek hou van daai idees.

  25. JJ Says:

    Hi EDITOR, weet die VRU of MONTY DUMON van Sharks nou vir die unie geleen gaan word. Skuus ek bietjie uit voeling oor die nuwe ouens wat by ons is ek weet SKIPPER is by ons n goeie plaasvervanger vir RICHARDT, maar wie is HUGO en watse posisie speel hy en n laaste vraagie wat gebeur met JP JOUBERT sage thx

  26. bert Says:

    Is die cheetahs net ‘n rugbyspan? M A W wat sit en wag laat iemand hul geld bring? Of is dit ‘n maatskappy wat ander besighede moet begin as hul hul eie geld wil maak? Die cheetah unie moet begin hul eie GELD maak. bietjie meer kaartjieverkope is okay, en ‘n Toets nou en dan en ‘n borgskap hier en daar. Waar waarom koop jul nie groot hoeveelhede studentekomunes nie - cheetah studentekomunes - jul kan baie uit die huur maak. Dryf handel in eiendom, doen groot events vir ander ondernemnigs vir geld, maak nog baie besighede - huur mense, begroot daarvoor en begin geld maak op wyer maniere as net rugby anders gaan jul nooit genoeg geld he nie en gaan jul nie spelers kan behou nie. Koop vakansieoorde en run dit deur opgeleide ouens wat jul huur. Koop Hotellein JHB. Begin IT diensteonderneming, skep baie werk, en maak baie geld………..geld gaan nie aangehardloop kom in die vorm van borge nie - daar is niks wat jul verhoed om elke jaar so paar ekstra besighede te begin nie……….

    Dink daaraan.

  27. bert Says:

    hier gaan nie nie oor kyk na die fans nie - hier gaan dit oor kyk na die cheetahs - m a w maak geld vir die cheetahs, geen ander rede nie, want met geld sal ons spelers hou en nuwes koop en aanhou wen en dus genoeg vir ons……..Reel wel bietjie asb paartiebusse vir die weg games, ek sien da is min sulke busse in bloem, maar een ou doen dit wel, en daar is in potch en dan pretoria en jhb….Asb luister na ons en reel vir die eerste paar games net so paar paartiebusse wat weg games is. Of home games reel die busse van vrystaat dorpe soos welkom, kroonstad, parys ens. adverteer dit oral by jul mediavennote gratis natuurlik - en kry lekker games en fun op die bus. jul gaan baie geld maak met die drank ens…..mens sal verseker geld maak. Admin noem van fondse - wel dit werk so: jy huur die bus, dus gaan jy oorskty: jy kry goedkeuring en oorskry. Net tot na die naweek, want dan betaal jy alles terug, met R12000 wins per bus…….

  28. bert Says:

    Ek dink ook Adriaan Strauss is ‘n goeie keuse as kaptein. Ons almal love Juan Smith, maar as kaptein het hy ons Super14 span nog nie enige sukses laat behaal nie…………

  29. Gerhard Says:

    hi Editor en my mede Bloggers.

    Ek self kan nie meer wag vir die seisoen om te begin nie en vir ons gereelde bloggers om weer te begin redeneer oor rugby, ons Cheetah rugby nie.

    Ek kan nie meer saam stem oor die busse wat jul wil reel nie. Dis ‘n great idee. Ek is vrek spyt ek bly nie tussen parys en Bloem nie.

    En Editor, R150000 is regtig nie duur vir die ou Black Steer nie. Ek wens ek kan weet of hy nog te koop is want dan koop ek hom NOU en maak hom ‘n ordentlike CHEETAH klub wat net Afrikaanse en rugby musiek speel en hou tema aande ens.

    DIT sal mos nou gees bou en vrek baie geld maak.

    Ek het gedink dis net ek wat Cheetah RUGBY eet, slaap en werk. Maar nee wat, dit lyk my daar is nog duisende sulke mense.

    Ek kan nie wag om te hoor hoe was die game in PE die naweek wat kom nie.

  30. Kobus Myburgh Says:

    Hulle saai die game nerens uit nie?

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree