Heinrich Brussow bly in Vrystaat

Mnr. Harold Verster, president van die Vrystaatse Rugby-Unie, het bevestig dat Heinrich Brussow nie die Vrystaat gaan verlaat nie.  Hy het ‘n kontrak met die Vrystaatse Rugby-Unie tot einde 2010.

Brussow is reeds in die Vodacom Super 14 groep ingesluit wat vir die Vodacom Cheetahs vroeg in Februarie uitdraf.

This entry was posted on Wednesday, November 4th, 2009 at 12:41 pm and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

52 Responses to “Heinrich Brussow bly in Vrystaat”

  1. Spikkels Says:

    Dankie tog !!!!!!!!!!!!!!!!!!

  2. Michael Cooper Says:

    Fantastiese nuus..

    Hoop wel dit was want hy wou bly en nie dat hy gevorseer was agv sy kontrak ni…

  3. Johan P Says:

    Julle sal weet hoe bly is ek om dit te hoor nie :)

  4. Kobus van Staden Says:

    Ek is baie bly dat Heinrich nie nou weg gaan nie. Hoe die unie hom hier gaan hou is ‘n ope vraag. Die geldwolwe (Sharks en WP) lek hul lippe af. Ek kan nie verstaan dat die Cheetahs nie Juries kies bo Demas nie, en nou is hy weg.

    Sterkte vir die S14, hoop dat die span ‘n slag volgens sy potensiaal sal speel. Met so “bul” voorry sal my span wraggies die S14 wen. Ek bedoel eintlik weer wen. Fokus net op die rugby en vergeet van die refs ens. Julle span speel baie goeie rugby en julle kan trots wees hulle.

    Die Cheetahs het die onderskeiding dat hulle vanjaar die meeste ondersteuners gehad het. Eers het die Bulle, WP en Leeus hulle ondersteun teen die Haaie en toe vir twee weke was die res van die land Cheetahs.

  5. Cheetahs 4 Life Says:

    Harold - dis goeie nuus! Ons almal verwag dat hy na ‘n ander unie sal gaan in 2011. Doen ons almal en julself ‘n guns - haal die Super 14 Semi’s en wen die Curry beker in 2010. Gebruik dan die geld wat beskikbaar gestel word om julle top spelers te behou, ten alle koste! As die Vrystaat ernstig opgeneem wil word in hierdie land, sal julle baie meer (lees jaar na jaar) moet begin wen en ons almal weet daardie pad beteken kombinasies wat jaar na jaar saam speel! Julle kan dit doen! Cheetah rugby het ‘n opwaartse kurwe getoon seder rugby ‘n professionele sport geword het. Die sogenaamde ‘ryk’ geskiedenis van sekere van die ander unies tel vir niks nie. Komaan, word ‘n krag in SA Rugby. Terloops, Grey Kollege het baie geld - is daar nie ‘n manier waarop hulle betrek kan word om spelers te behou op senior vlak nie? Verder wil ek net nog ‘n kommentaar maak oor ondersteuning op die stadion - mense, ons sal baie meer en in groter hoeveelhede moet gaan as die Cheetahs speel op Vodacom park. Ons is die onderwerp van vele grappe asook die oorsaak dat the Vrystaat rugby unie soveel minder geld het!!! Asb, ondersteun jou span met jou cheetah trui en wees daar as hulle speel!!! 3000 spektators vs 30000 per game. Maak die somme!!!

    Cheetah Groete
    C4L

  6. editor Says:

    Geagte blogger

    Jy is heeltemal reg - ons grootste bron van inkomste is seisoenkaartjies, dagkaartjies en losies. Ons kan nie net staat maak op borge nie. Kom woon die wedstryde op Vodacom Park by - hier is darem net ‘n lekke atmosfeer!

    Dankie vir julle positiewe ondersteuning.

    Groete

  7. Jan Plank Says:

    Die oproep na die ondersteuners om die wedstryde by te woon op VCP is geregverdig, want die span het bo alle verwagtinge baie goed gedoen in 2009.

    So die mense wat in Bloemies bly:- Gaan doen die ding en wys vir ons spelers dat hulle waardeer word.

    Vir die bemarkingsspan:- Julle het ook nog baie werk om te doen. Kyk wat het die Sharks as ‘n handelsmerk reggekry! Ons praat nou nie van bekers wen en al daardie nie, maar hoe mense getrek word om deel van die ‘vibe’ te wees. TV programme, winkels wat hulle klere verkoop, ens. Maak ons trots en maak daardie Cheetahs van ons ‘n handelsmerk wat almal wil ondersteun!

    As julle nie weet hoe nie, verkoop Demas en koop daardie Sharks se top bemarkingsman.

    Onthou ons wat wyd bly (Pretoria, Kaapstad, Pofadder, ens) wil ook deel hê aan ons span, sou hulle wegspeel van VCP.

    Maw as hulle op Moftus speel, reël ook vir ons iets lekkers saam met ons span. Dankie.

  8. blou bul Says:

    Elke groot maatskappy in Bloem Bv coke SA Brouerye ens moet net elkeen 2 spelers borg en ek dink hulle moet dit doen want Vrystaat rugby doen baie vir hulle ook.Dit moet nie net Kloppers wees wat help nie.Bv na n game drink die mense bier en coke ens,so hulle kan ook maar ietsie doen.Editor is ek nou besig om nonsens te praat of wat?

  9. Cheetahs 4 Life Says:

    Editor - Wat doen die VRU in terme van bemarking om mense meer te betrek by Vodacom park en Cheetahs rugby? As jy in Pretoria rondry, sien jy oral enorme tekens met “Waar is jou blou trui” op. Daar moet regtig meer gedoen word om die ondersteuners se trots te lig en hulle te laat voel dat die Cheetahs uit beginsel sowel as liefde vir die span behoort ondersteun te word. Waar is die trots??

    Ons is seker die spil waarom rugby ontwikkeling in hierdie land draai, met al die groot name wat uit Bloem uit kom en ek vir een is siek en sat dat die sg. groter unies ons van spelers beroof en dit bloot weens logistieke redes (meer geld, meer losies, meer ondersteuners ens.). Einde 2007 het ons ‘n uitstekende span gehad en wat gebeur? As ek reg onthou het 18 spelers ons verlaat. 18!!! Currie Beker emosie in hierdie land is groot - gebruik dit om die span se profiel te lig! Wees meer sigbaar, wees meer interaktief met die publiek (spelers sowel as bestuur). Ek het onlangs gelees Coenie Oosthuizen het gese dat die ouens vir mekaar speel en baie heg is, as jy aan een vat, vat jy aan almal. Wel dis al ‘n stap in die regte rigting. Dis wonderlik om te hoor. Ons manne hoef nie ‘n blou duit terug te staan vir enige ander span nie. Julle is die harde manne van SA rugby en al wat kort is ‘n bietjie geloof. Ek is so dankbaar dat die jonges nou al die jaar aan ‘n finaal blootgestel is. Daai ondervinding is geweldig waardevol. Knap gedaan! Tans sien ek baie positiwiteit vir 2010. Die span het diepte, daar is talent. Bou nou ‘n hegte familie wat op die regte waardes gegrond is en kom die Super 14, wys tog vir die land waartoe julle instaat is!!! En onthou, die Currie Beker 2010 kom Vodacom Park toe. Dis nie onderhandelbaar nie.

  10. Cheetahs 4 Life Says:

    Jan Plank, Blou Bul - AMEN!! Komaan VRU! Hierdie is goeie idees.

  11. Chris B Says:

    In die Volksblad skryf Hendrik Cronjé onder die opskrif ” Cheetahs katrol TWEE haaie in ” Maar in sy berig praat hy net van Skipper Badenhorst ? Is dit nou een of twee, en hoekom so opgewonde oor Badenhorst ?

    Noem my nou maar negatief as julle wil, maar ek ry nou al vir meer as 30 jaar 220 km na Bloem. toe, en 220 km. terug (in die nag) om Cheetah wedstryde te gaan kyk. Solank ons met die probleem sit dat ‘n outokratiese unie en hoof-afrigter die ondersteuners soos ‘n stopstraat ignoreer wanneer ons kla oor die insluiting van swak spelers, en ‘n swak agterlyn afrigter ( en die videos wys elke keer ons is reg om daaroor te kla ! , en ten koste van beter spelers, kyk ek op my TV.
    As hulle ons op die stadion wil hê, en ons geld nodig het, moet hulle bereid wees om te luister !

  12. Michael Cooper Says:

    Opinies Chris… Opinies..

  13. Cheese Says:

    Haai , Stem saam ons moet paviljoene volkry , maar ek moet eerlik se ek sal nie seisoen kaartjies koop nie want daar is altyd kaartjies beskikbaar op die dag. Daar was dan 7000 oop sitplekke met die bokke vs all blacks wedstryd. Of daar rerig so goeie gees is vir my maar ‘n ope vraag want paviljoene is maar leeg gewees elke keer wat ek daar was.

    Sal net wil sien dat al die mense wat so in die laaste dae voor die final met die vlae rondgery het volgende jaar die span binne die stadion sal ondersteun. sal nie omgee as ek nie ‘n kaartjie kry nie want die stadion is vol nie.

    Daar moet miskien gekyk word na goedkoper kaartjies , as die stadion voller is lyk dit beter en voel beter vir span terwyl 2000 x R50 dieselfde inbring as 4000 x R25 .

    Die tweede haai is du Mond op loskakel terwyl Wessels lyk my geleen word aan haaie totdat hy en Brussow dalk volgende jaar ruil en Wessels weer by Vrystaat sal wees.

    Sterkte vir die span met voorbereiding van Super14 sal daar wees in Februarie met eerste wedstryd teen Bulle.

    Die manne op Superbru, sterkte en wysheid, sover was daar nog te veel om oor te dink nie maar hierdie naweek kom daar ‘n game of twee wat miskien bietjie minder eensydig sal wees.

  14. Jan Plank Says:

    11 Chris B

    Die ander Haai is Monty du Mont wat op ‘n ruil/leen basis vir ons kom speel. Die Sharks kry dan vir Johan Wessels (ons kantman) in ruil vir Monty, op dieselfde voorwaardes.

    Of dit ‘n goeie ding is, sal ons maar moet sien?!

  15. editor Says:

    Hi Cheese

    Dit is seker waar wat jy daar sê, maar dit werk baie goedkoper uit om ‘n seisoenkaartjie te koop as ‘n wedstrydkaartjie elke keer.

    Groete

  16. Ernst Says:

    Daardie ellendige e-pos wat ook op Suparugby verskyn, en wat oor en oor aan my ge-epos word, waar daar stap vir stap verduidelik word waarom nie een van die bulls se drieë in die finaal toegeken moes wees nie (kamerahoek uit die “eye of the beholder”, verdien ook ‘n verduideliking van die teendeel:
    Andre Watson het verduidelik oor “vorentoe” of nie a. albei is op spoed en hulle hardloop vorentoe; b. In fisiika is dit heel eenvoudig, die wat vektore verstaan sal verstaan. Jy kan nie ‘n lyn trek op die grond, hardloop en dan die bal na regs aangee en dan hoop die bal gaan agter op op die lyn van nie, want die spoed waarmee jy vorentoe hardloop is ‘n addisionele “krag” wat jy in ag moet neem wat inwerk op die hele beweging van die bal; c. Watson het aangetoon dat die speler se hande moet of sywaarts of agtertoe beweeg as hy die bal aangee, dan is dit NIE ‘n vorentoe aangee nie; d. Fourie se hande het sywaarts beweeg toe hy die bal na Habana gegooi het, dis hoekom dit nie ‘n vorentoe aangee was nie. E. Jy kan NIE na die bal se beweging kyk nie. DIT is wat mense mislei. Nico Breedt se 3: Heinrich Brussow se aangee was vorentoe. Sy hande het vorentoe beweeg toe hy die bal uitgegee het na links. Maar dit lyk nie so nie, want Nico Breedt het BAIE stadiger gehardloop as wat Habana en Fourie gehardloop het. Vergeet vd vorentoe van Nico se 3: Na die skrum, wat geswaai het, het Pottie die bal opgetel en vorentoe gegaan. Spies het bygekom en vir Brussouw en nog een weggevat vd bal af. . .dus ‘n losskrum met onkantlyne. Frans Viljoen het toe met die swaai vd skrum aanhou ombeweeg en van ons kant af aangesluit en die bal,wat deur Pottie geplaas is, opgetel en vir Brussow gegee, wat ook onkant was. Viljoen het nooit van agter die laaste voete gekom nie, wat nog te sê deur die hekkie. -7 Cheetahs. Daar is nie ‘n manier hoe die nuwe losskrum wat gevorm is nog gebind kon wees aan die onkantlyne van die skrum nie. Spies het juis vroeer weggebreek en die Bulle het dit juis gedoen as teenvoeter vir Vrystaat se momentum. Die Cheetahs se tweede drie het gevolg na ‘n 5m skrum aan hulle toegeken is en vandaar het hulle ‘n strafskop gekry. Hougaard is in die beweging wat die skrum voorafgaan heeltemal omgestamp sonder dat hy aan die bal geraak het. Dit moes ‘n strafskop vir die Bulle gewees het. Ek sou ook graag wou weet wat fout was met Jaco Pretorius se drie wat nie toegeken is nie en waar Habana aanvanklik gestraf is dat hy direk afgrond toe gaan teenoor JP Joubert, maar daar was geen sprake daarvan nie. Nico Breedt gaan verder. Die onkantlyn van ‘n skrum is nie die middel vd skrum nie. Indien ‘n speler losbreek vd skrum moet hy 5 meter terug, agter sy eie skrum se laaste voete. Wanneer die bal uit is, is dit algemene spel, en is daar nie onkantlyne nie. Hier het egter ‘n onkantlyn ontstaan nadat Pottie en Spies die bal geplaas het. Viljoen was NOOIT aankant nie, en Brussow was ‘n grensgeval. Daai is NIE ‘n wettige drie nie. Kaplan het ‘n SHOCKER gehad in die tweede helfte. Brussow en JL Potgieter was so gereeld onkant, dit het gelyk of JL al klaar vir ons speel. WP Nel het eenkeer in die tweede helfte die bal amper onder Fourie se nuus kom uitgrawe, nadat Pottie ‘n bal afgeneem het. Almal het vir Kaplan en Kobus Wessels gewys, maar hulle het hul blind gehou

  17. Kobus Myburgh Says:

    Hi Editor,

    Ek wonder of jy sal weet wat gaan gebeur met die Mbombela stadion in Nelspruit wanneer die sokker klaar is. Sprake is dat die Puma rugby unie dit as hoofkwartier gaan hê. Indien dit so is sal ek darem verseker ten minste een game van die Cheetahs kan gaan live kyk, nou dat die Pumas in die “a-afdeling” speel. Net nog ‘n vraag - Die Griffons is deel van die super 14 groep. Waarom kry Welkom nie net een S14 game nie, net Kimberley? Ek dink na twee uitstekende seisoene verdien hulle dit. Of dan dalk selfs net die S14 oefen wedstryde voor die tyd? (Wat van ‘n voorbereidings/oefen game in Nelspruit?) (Nou begin ek amper meer twak praat as Blou Bul….)

  18. Chris B Says:

    Nee Michael, feite….feite. Videos lieg nie, hulle kan net wys wat hulle sien.

    Ek dink nie die prys van die kaartjies is die probleem of die oplossing nie. Daar is groot getalle toegewyde Cheetah ondersteuners in die Kaap en Pretoria, en die kostes om by die stadion te kom is dalk eerder die probleem. Met die prys van diesel/petrol as ek van Kroonstad af moet ry vir ‘n wedstryd, en terug, is die kaartjie se kostes die kleiner probleem. As jy nog verblyf ook moet betaal is dit erger. Maar as my span speel soos wat ek weet hulle kan, die span keuses verteenwoordig meriete, die bestuur lyk of hulle die ondersteuning waardeer, en respekteer, dan raak die kostes meer ” bekostigbaar ”

    Wat die ouens in Bloem se probleem is weet ek nie, maar dis seker hul goeie reg om te besluit of hulle games bywoon of nie, en of hul redes geregverdig is.

  19. Chris Says:

    Dit is regtig goeie nuus dat die baljag koning Brussow by ons bly. Ek dink Vrystaat moet ‘n spesiale medalje laat maak vir spelers wat enduit lojaal teenoor die Vrystaat bly!

    Weet iemand in die unie dalk of Rory Duncan gaan terugkom Vrystaat toe? - sy twee jaar kontrak met Japan moet mos klaar wees aan die begin van 2010?

  20. Louis Nortje Says:

    Baie opgewonde oor wat voorle met die super 14. Dankie ook aan Griekwas wat volgende jaar baie diepte in die span kan gee. Ek het geen twyfel dat die Curriebeker Bloem toe sal gaan nie.

    As daar na bv. die Bulle gekyk word, is baie van hulle briljante spelers reeds in n fase dat hulle meer jonges met minder ervaring sal moet begin inbrig. Ek dink ons het dit reeds goed gedoen en sal n opkurwe toon.

    Dit is oor verblywend om te sien dat die unie proaktief met nuwe spelers is, dinge gaan werk, ondersteuners begin opgewonde word. Sien ook TVL begin ook die pap dik aanmaak deur nuwe, ervare mense in te bring om hulle weer te lig. Fantasties, hoop hulle en Cheetahs wikkel die ander spanne nou.

    Dit sal nice wees om daai VCP vol te sien. Ek verstaan dat mense van ver moet kom en dit duur is. Anders as die ander unies wat by groot stede is en meer mense om en naby hulle het

    Daar is baie CHEETAH ondersteuners buite Vrystaat, net jammer ons kan nie wedstryde daar bywoon nie.

    So, die geleendheid is daar om die produk by ander stede te bemark. Kyk maar hoe sterk is die SHARKS se brand in Gauteng

    Weereens, ek het en sal hulle altyd deur die swak en goeie tye bystaan!!!

  21. hein Says:

    Ek dink as mens dalk meer van die budget sitplekke verkoop: meer mense teen dalk bietjie goedkoper - MAAR die ouens spandeer geld op drank, memoribilia en kos, wat na die unie se sakke gaan.

    Vir besighede:

    Ek dink besighede moet meer begin om seisoen pakkette te koop - en dit gaan onder spanbou / sosiaal en vir ‘n maatskappy om 200 sitplekke vir ‘n jaar te neem is nie so duur nie, veral as jy vir die mense jou besigheid se naam op hul oranje hemde sit - dit is bemarking vir die besigheid. Laat besighede R100 per corexbord betaal wat hul invat - met hul company se logo op. Onderhandel met supersport laat hul veral fokus op die corexborde met besighede se logo op - wat die ouens in die crowd dan ophou: groot bemarking vir die besighede. Onderhandel met besighede dat as hul bv. 500 en meer sitplekke vir ‘n jaar neem, die unie hul ten minste een kameraskoot op hul logo in die crowd (werknemers wat die borde ophou)per game kan waarborg. Dit is alles net bemarkingsuitgawe vir die maatskappy - en die cheetahs het meer vol sitplekke……. Dink gerus daaroor.

    Verder glo ek nie daar skort met die unie se bemarking nie - dit is ongelukkig so dat mense meer moet gaan wedstryde bywoon - die ander unies se bemarking is nie soveel beter nie, ons het regtig heelwat minder mense in Bloem….. Maar try maar daardie idee solank en laat jul bemarkers 10 ondernemnigs gaan kry wat die 200-500 sitplekke neem vir ‘n seisoen , met die bemarkingsvoordele: 3500 meer mense gemiddeld per game. Dis darem iets

  22. hein Says:

    Hey ouens - dis 2 goeie aanwinste volgens my! Skipper Badenhorst is ‘n klipharde speler en Monty Dumond kan paleskop, bal versprei en goeie taktiese skoppe skop. Ek is opgewonde daaroor. Al probleem is, dit is ‘n leenspeler, wat gebeur na die Super 14 editor? Wie word dan ons losskakel of kan Dumond ‘n kontrak losspeel want hy word soos ek verstaan geruil as leenspeler met Johan Wessels.

    Ek hou ook van daai idee, inplaas van dat een borg ALLES moet betaal - laat klompie borge elkeen net een of twee spelers se kontrakte betaal - baie makliker om hul te behou. Dan kan die twee ouens hul borg se logo opsit…. so iets. Ek dink ons bloggers moet almal brainstorm oor hoe die cheetahs geld kan maak. Ek het klaar ‘n slim, redelike etiese plan. Dit gaan behels dat ons geld uit die ander unies se fans maak - en dan allokkeer ons die geld cheetahs toe - sonder dat iemand dit weet……

  23. Phillip Says:

    Weet iemand wie blaas in die 1ste super 14 wedstryd tussen die FS en die Bulls. Moet se as dit Kaplan of een van daai 2 lyn regters is kan julle die kaartjies verniet weg gee want net 1 span kan met hulle wen.
    Meer ernstig, die paviljoen sal baie meer toeskouers volgende jaar he, almal moet onthou in 2000 rond was loftus dol leeg met SP12 wedstryde want hulle het altyd laaste of 2de laaste gekom, niemand gaan ekstra geld betaal om n verloor span te sien speel nie, so ons swaar tye dink ek persoonlik is verby want n redelike SP14 dink ek behoort baie kaartjies te verkoop maak nie saak die prys.

    Ons as cheetah ondersteuners gaan n goeie paar jaar beleef en met Naka wat my en baie heeltemal verkeerd bewys het kan dit in super rugby net beter gaan hy moet net nie mik vir n top 6 nie maar wel n top 4.

  24. Gron Says:

    Ok. Gaan Wian nou regtig speel oorsee vir die volgende paar maande. Ja, hy het ‘n breuk gehad met sy besering, maar is dit ‘n goeie idee voor S14?

  25. blou bul Says:

    Ernst16…Ek is n blou bul in murg en been.Snert n vorentoe is n vorentoe.As die bal vorentoe gaan dan is dit vorentoe.Dit is hoekom doe noordelike halfrond se ons blasers blaas nie vorentoe aangee nie.Dit is net opmerklik dat die teendeel bewys wil word van n Vrystaat ondersteuner wat se die bul driee was vorentoe deur eweskielik te wil bewys al vrystaat se driee was vorentoe.Wat ek wel oor kla is oor Pro Legoeta se uitwysings wat nie konsekwent was nie.Gaan kyk maar self en wees eerlik die Vrystaat speler het nie met sy kniee in n losskrum ingegaan nie wat 3 punte teen die Vrystaat was.Daar is strafskop toegeken teen n Vrystaat speler vir n stamp op Habana ek dink dit was JP Jpibert maar dan moes daar mos daar mos n strafskop teen die bulle gegaan het vir die stamp teen Brussow,nie een van die 2 was n srtafsakop regverdig nie,maar die bulle het wel n strafskop gekry wat deur Pro uitgewys is.Die bulle ondersteuners mag kla maar as ander provinsies kla dan is dit suur drywe.Ek bekyk dinge van n neutrale oogpunt af.

  26. Stef Says:

    Bring weer voorwedstryde terug. Dit bring outomaties meer toeskouers, want die ouers, vriende ens. kom kyk die games en dan ook die Cheetahs. In die verlede het dit baie goed gewerk.

    Old Grey’s Jeugklub is die eerste jeugklub wat die jaar goed gekeur is deur VRU. Die seuns het die jaar briljant gedoen teen ander provinsies. Hulle is voorwaar ‘n baie groot aanwins en trots vir Vrystaat rugby. Laat hulle voorwedstryde speel, so ook skole. Dit lok mense na die stadion en terselfde tyd kweek julle ook ‘n liefde vir Cheetah rugby onder die kinders. Hulle is tog die Cheetahs van more.
    Maak die paviljoene so vol.

  27. blou bul Says:

    stef26..wat n briljante idee.Ek kon onthou toe ek op skool was het ons eerste span op die stadions gespeel as voorwedstryde en die unie het seisoen kaartjies verkoop.Ons het seisoen kaartjies gekoop want ons wou die hoof wedstryd ook sien.VRU dit kan werk.

  28. Pieter Says:

    Seisoenkaartjies is verseker ‘n baie goeie opsie. Ons is paar gesinne in Bethlehem en koop al vir die laaste 7 jaar seisoenkaartjies en mis bitter min wedstryde. die lekker is ons kan saamry. dit spaar baie kostes.

    Manne wat ver bly moet Vheetah ondersteunersklub in die dorpe stig. Almal kan dan saam kaartjies koop en as groep opruk om ons span te ondersteun.

    As ek weer vier Pro Leote sien trek ek ‘n Lule Wtson op myself en word naar

  29. Michael Cooper Says:

    Ek weet ni watse video jy ‘gestudeer’ het ni, mar di video wat ek gekyk het het vir my gewys dat ons die meeste driee gedruk het in di curriebeker.. Ek se ni net die backline het di driee gedruk ni mar jy druk ni di meeste driee in so ‘n kompitiesie sonder dat jo backline coach weet wat hy doeni..

    ek se ni alles is perfek ni, mar dinge gn beter as wat party mense dink..

    Sterkte manne..

  30. Gron Says:

    Ek verstaan in elk geval nie hierdie twak van kamstige ‘momentum’ nie. Die reëls sê eenvoudig die bal mag nie vorentoe gaan nie. As jy ‘kinetika’ gebruik as verskoning, verstaan jy duidelik nie die reël nie. As jy dit werklik in fisika wil bekyk sal jy sien dat die krag wat jy ‘n bal uitpaas die momentum na vorentoe byna heeltemal verwyder. Met ander woorde, die enigste manier wat dit wel moontlik is is as jy die bal 100% op die lyn paas. As dit wel die geval is dat die momentum die bal vorentoe vat, is die paas vorentoe.

    Ek weet nie waar hierdie klomp twak vandaan kom in SA nie. Die manier wat jy die bal vashou? Vingers agter toe? Alles twak. Ek sal jou wys hoe paas ek ‘n bal na ‘n ou voor my met my fingers na agter.

  31. hein Says:

    Ek sien daar word met ‘n goeie baljagter onderhandel vir volgende jaar……..dink julle dis Jurie Els?

  32. JJ Says:

    GRON stem saam watse hande en vingers twak is dit n bal is vorentoe of dit met krom vingers gedraaide vingers reguit vingers omgebuigde vingers is of wat, is dit nou waarna n ref kyk of na die vlug van die bal. EDITOR KAN JUL NIE DALK HOOR BY JACO PYPER OM HIERDIE SAAK TE BLOG, SY OPINIE WAT SOU HY GEBLAAS HET, EN OOR DIE KAMSTIGE NEK GEVAAR EN GEELKAART WAT PRO LEGOTA KWYT GERAAK HET. EK Weet dis te laat sal net wil hoor. Dalk n voorstel vir volgende jaar as jul dalk vir JACO PYPER op die blog kan kry om met ons te praat en vrae te antwoord na n game so kan ons ook die reels verstaan.

  33. Chris Says:

    Editor of enigiemand wat weet –> watse prysgeld/bonusse kry die spanne wat in die Super14 die semmi’s en die finaal maak? En watse geld kry die wenner van die Super 14?

    Ek wil ook weet of daar met die borge onderhandel kan word om meer geld aan die VRU te gee indien hul baie beter vaar? (dit sal mos meer publisiteit vir die betrokke borge beteken…. wat geld werd is..)

  34. Wharren Says:

    Ek sien daar is nou n bakleiery tussen VRU en JP Joubert. Ek weet nie waaroor baklei VRU nie, laat hom gaan. Ons het nie sulke ouens nodig nie want ek kan julle belowe hy speel met GEEN trots in daai Vrystaat trui nie. Tewis moet no.9 speel want hy doen dit met trots en gee net sy beste en hy sou eerste by die bal kon uitkom wat Fourie du Preez geskop en Habana voor Joubert se neus weg geraap het, na dit amper gelyk het of Joubert se voete in sement vas gesit het. As Joubert wil gaan laat hy gaan.
    Ek kry lekker as ons die spanne wat die Cheetahs so koop op hulle neuse laat kyk as ons met n nuwe span met jong spelers hulle klop, kyk maar die Sharks (80% van die span is Cheetahs), WP en die Leeus begin ook nou.
    As ouens soos Juan Smit en Andre Venter wat top klas spelers is by die Cheetahs bly wys dit waar le hulle priority hulle speel met trots en is VRYSTATERS nie geld jagters nie. Ek sal betaal om vir die Cheetahs te speel nie hulle my nie, want ek is trots!!!!!!
    En as die spelers wat agter geld aan is net bietjie wil uithou en bly by die Cheetahs sal die Cheetahs die GROOTSTE “force” in wereld rugby wees en alles wen dan sal geld van self by VRU in stroom en sal hulle meer kry as by enige ander unie.
    Ag ek weet seker ek mors my tyd om al hierdie dinge te se maar maak my elke jaar kwaad as ouens hulle rug so op die Cheetahs draai!

  35. blou bul Says:

    Wharren vat vyf…net n paar spelers wat weg is en heeltemal verdwyn het toe hulle agter geld aan was en party het toe weer terug gekom.
    Jorrie Kruger Het desdyts verdwyn en was n 2de Juba genoem.
    Werner Swanepoel Verdwyn toe hy weg is
    Stuart Landman verdwyn
    Os..Het terug gekom
    Naka…Het terug gekom
    Jannie de Beer…het terug gekom
    Rassie…Terug gekom ens ens
    Nico Breedt Natal toe en hulle het met hom gemors.
    Jannie Du Plessis..Nie meer dieselfde as toe hy by VS was nie.Besig om te verdwyn.Kyk hoe het die Tigers hom geboelie.
    Bly by Vrystaat en jy word dalk minder betaal maar oor n tydperk van 10 jaar gaan jy meer kry want jy gaan nie net verdwyn nie.Stem laat JP gaan maar laat die leeus eers baie baie baie baie vir hom betaal aan Vrystaat.

  36. Stef Says:

    Wharren ek stem saam, as hy wil loop, laat hy loop, maar ek stem ook saam met VRU. Elke jaar laat ons maar die ouens gaan en die ander unies lag al die pad. Hy het ‘n kontrak en as ‘n ander unie hom wil koop, moet hulle hom uit sy kontrak koop. Ons het al duisende rande so verloor, dis ‘n goeie ding dat die VRU ook nou vaskop soos die ander unies. R400 000 is ‘n hoop geld en ons het dit nodig.

  37. Bloues Says:

    Speler van die jaar….Verseker Fourie du Preez
    Jong speler….Morne Steyn
    Afrigter..Frans Ludeke
    Currybeker speler…..Francois Hougaard
    Drie vd jaar…Bryan Habana se 1ste drie in die finaal

  38. Chris B Says:

    Ja Wharren, ek stem saam met jou. Dit sou in elk geval nie sin maak om ‘n ou te probeer behou wat nie wil bly nie, en nie sy kant gaan bring nie, op die bench gaan sit en jy moet hom betaal. Maar ek dink dis eerder ‘n kwessie dat die VRU hulself in ‘n beter onderhandelings-posisie probeer plaas sodat jhulle maksimum oordrag-geld vir die speler kan vra.
    Wat vir my meer vreemd is, is die feit dat dit uiteindelik met die span so goed gegaan het, daar ooglopend ‘n baie goeie gees was, en waarom JP dan nou so ernstig is om te wil waai. En dit nog na die Leeus toe, wat nou al ‘n paar jaar hulle dood sukkel.
    Ek dink hy het beter gespeel as Tewis, en hy was ook die eerste keuse skrumskakel in die final, en nie Tewis nie. Dus kon hy nie bekommerd wees dat hy vir Tewis sal moet terugstaan nie ? of hoe ?

  39. Louis Nortje Says:

    Soos ek ook al voorheen gese het, die Haaie en die res kan soveel by die Cheetahs koop as wat hulle wil, maar n hart wat in daai Vrystaat trui wil speel, sal jy NOOIT kan koop nie.

    Dis wa die Vrystaat nog altyd n goeie en trotse span gemaak het.

    Ek se ook so, laat JP gaan, hy was in elk geval nie die beste nie. In die Super 14 is daar Tewis en Sarel van Griekwas wat vir niemand hoef terug testaan nie.

    Weet enige iemand wat nou defnitief op loskakel gaan gebeur? Wie sal die persoon wees, is dit nou Monty de mont?? Hoekom juis hy?

  40. JJ Says:

    As ek VRU en n Afrigter is, sal ek not a hell n speler laat gaan as sy kontrak dit vereis nie, want dit sal net aanhou en aanhou en as die 1 speler dit reg kry wat keer die ander en iewers moet die lyn kom. As so n speler negatief raak en wil nie meer speel nie, moet hom dan eenvoudig nie kies en hom daardie blootsteling en wedstryd skerpheid en ondervinding gee nie laat hy roes op die bank of by oefening laat hy die duiksakke optel en bere ens. Laat dit sy straf wees soos n stout kind en enige speler wil speel en perform ontneem dit totdat so n speler sy attitude verander. En solank hy nie wil nie solank gaan so n speler sy eie tyd en toekoms mors totdat sy kontrak termyn uitgedien is. So moet die ouens besef as jy teken by VRU gaan jy nie net maak soos jy wil nie, jy gaan jou kant bring tot termyn verby is geen uitkoms of jy gaan duiksakke rond dra tot jou tyd op is.

  41. Hein Says:

    In die super 14 is ons fine vir losskakel - Naas Olivier is verseker goed genoeg. Gee die ouens uit ons eie streek eerste kans. Dumnd is okay, maar hy kan op die bank wees…….

  42. Jan Plank Says:

    40 JJ

    Ek hoor wat jy sê, maar gaan jy hom betaal om duiksakke rond te dra? Hulle (die spelers) kry seker ‘n basiese salaris en dan wedstrydgeld?

  43. Chris Says:

    Ek is baie teleurgestel in die Springbokke.

    Mens kan nie einlik iets van die Franse af wegvat nie want hul het baie goed gespeel om ons doelloos en planloos te laat lyk.

    Ek dink twee faktore het ‘n bydrae gehad tot ons verloor -

    1) Jy kan nie ‘n Springbokspan laat saamspeel in slegs twee weke nie. (Ons het meer tyd nogig gehad om as ‘n Springbokspan saam te oefen)
    2) Pieter de Villiers se spankeuses het hom bietjie in die steek gelaat - ek dink Lionel Mapoe moes eerder as vleuel op die veld gewees het.

    Frans Steyn se spelskepping het ons defnitief ook gemis.

  44. Chris Says:

    Jong - ek voel erg gepla oor die Springbokke se swak vertoning teen die Hane.

    Ek wil nou nie eie beuel blaas nie maar ek dink daar was te min van die Cheetahs se hardheid in die Springbokspan. As jy teen die Hane spaal moet jy vuur in jou span hê en die Bokke het dit nie gehad nie.

    Dit is defnitief moeilik om ‘n span saam te slaan wat op ritme moet kan wees minder as drie weke na die Curriebeker finaal. Wat my net pla is dat die Vrystaat voorry nie gebruik is in die Springbokspan nie. Dit is seker omdat John Smit die kaptein is maar ek dink dat as hul posisies bedreig word, sal hul hul spelpeil lig.

    Ek sou ook vir Meyer Bosman in die Springbok-agterlyn wou sien - ons het sulke tipe inklimspel nodig gehad teen die Franse agterspelers.

    Ek dink Pieter de Villiers is ‘n goeie afrigter maar selfs ‘n goeie afrigter kan dom foute maak. Ek dink hy moet dadelik die Vrystaatse krag in sy skrums gebruik.

    Suid-Afrika kort ‘n beter heelagter. Met Frans Steyn wat weg is, is daar ‘n groot leemte in die heelagter posisie. Geen span in SA het op die oomblik ‘n heelagter van wêreldgehalte nie.

  45. corné Says:

    Cheetahs gaan vir JW Jonker mis!Hy speel UITSTEKENDE rugby by die sewes!Hopelik skrik die afrigters nou wakker en besef JW moes in die Super 14 beginspan gewees het!

  46. JJ Says:

    42 JAN PLANK…dit is so Jan kyk salaris moet betaal word of dit gaan om te speel of duiksakke op te tel, maar hoe ek redeneer kom ons vat JP as voorbeeld, hoe sleg gaan dit nie vir hom wees nie deel van die span, nie deel van die atmosfeer, kry nie speelkans nie hy moet by die huis bly ander gaan toer en kry blootsteling en ervaring, mis uit op wen bonusse ens, hy moet dis net tevrede wees met sy salaris en dis dit tot hy sy nikke en sy komitment aan die span wys. En ek glo nie dat n speler vir 2jr of so net n salaris wil he maar hy kan ni speel nie, dan kan hy net sowel sy skoene ophang en ander werk gaan soek. Jan jy hoor wat ek se mos, VRU se kontrakte moet so wees dat die oukies nie VRU vir n gat vat hulle soek dis net n wegspring blok om naam te maak ens en dan gaan hul, nee die spelers wat teken by VRU moet weet as ek kontrak teken gaan ek my kant bring vir die termyn anders gaan ek duiksakke optel. EN daardeur moet daar ook n duidelike boodskap na ander provinsies gegee word dat hulle nie net sommer kan vat en bestel soos hul wil net omdat hul geld het nie, hulle moet ook weet dat as hul hul oog op n speler het daardie ou is gebind, bou jul eie speler. Maar Jan dit kan n groot debat raak van tree n mens in belang van die spelers, maar ook tree die speler in belang van die unie. As ek HAROLD is sal ek elke speler persoonlik sien en seker maak het jy planne om weg te gaan en dat hul vrywillig kontrak teken en dat die spelers wat teken moet weet as n ander unie hom bel sommer daar en dan se ek is vas stel nie belang probeer oor 2jr

  47. Kobus Myburgh Says:

    Die nuus is ook maar skaars deesdae op hierdie web tuiste….

  48. Jan Plank Says:

    Admin

    Hoekom word my laaste posting (omtrent 2 weke terug) op ‘Finaal Vodacom Vrystaat Cheetah span’ (75 postings)nie geplaas nie?

    Enige rede, behalwe dat julle bang is vir kompetisie?

  49. editor Says:

    Hi Jan Plank

    Ons gee glad nie om dat daar ander forums is nie, ons ondersteun dit ongelukkig net nie, want dit is nie offisieel nie.

    Groete

  50. blou bul Says:

    AAN NAKA AFRIGTING SPAN EN SPELERS.

    Sterkte met julle voorbereiding vir die s14.Julle ouens is almal wenners en ek voorspel groot dinge vir vlg jaar vir julle almal.

  51. JJ Says:

    Nou ja skole gesluit vakansie tyd. Ek wil aan die VRU n geseende kerstyd toewens dit sluit jou in EDITOR, dankie vir die blog en hardewerk wat jy ook ingesit het om die blog intresant te hou en al ons stories en opinies gewillig te blog. Aan AL die CHEETHAS BLOGGERS wens ek ook n geseende kerstyd toe veilig ry sodat ons weer volgende jaar lekka rugby kan chat. CHEERS!!!

  52. hein Says:

    Ek sien skelm Kaplan (op wie se koffietafel by die huis die Curriebeker staan) is in die Super 14 refs benoem. Hoekom word daar nie iets aan die blatante oneerlike ANTI-Vrysaat pro Bul onregverdige onbevoegde match-fixing ou gedoen nie? Niemand het eers gekla na die curriebeker nie, ons aanvaar dit maar altyd. As dit nou teen die Bulle was wat hy so geblaas het, was daar amper weer oorlog. Weg met Kaplan!!!!

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree