Vir wie stem jy?

Hello bloggers!

Wat ‘n jaar met uitstekende rugby - dink aan die Vodacom Super 14, die Britse leeu toer, die Absa Curriebeker en die Drienasies… uitstekende sewes en Vodacombeker… 

In die lig van SA Rugby se toekennings wat gisteraand toegeken is aan Suid-Afrika se top rugbyspelers het ek gedink ons kan bietjie op die blog ook spelers se name rondgooi en bietjie gesels oor wie almal dink so toekenning verdien.

Hier is die kategorieë:

*  Speler van die jaar

*  Jongspeler van die jaar

*  Afrigter van die jaar

*  Curriebeker speler van die jaar

*   Drie van die jaar

*  Skeidsregter van die jaar

En bloggers, kom ons hou dit skoon - as een van die bloggers dink dat ‘n bul speler die speler van die jaar is, is dit reg so.  Ons gesels rugby op die blog.

This entry was posted on Tuesday, November 3rd, 2009 at 9:43 am and is filed under General. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

23 Responses to “Vir wie stem jy?”

  1. Chris B Says:

    Speler v.d. jaar - H.Brussow

    Jongspeler v.d. jaar - M.Steyn

    Afrigter v.d. jaar - Frans Ludeke

    Curriebeker speler v.d. jaar - Frans Viljoen

    Drie v.d. jaar - Fabian Juries

    Skeidsregter v.d. jaar - Craig Joubert

  2. Chris B Says:

    Admin, ek sou dink dis net billik dat daar ook ‘n kategorie moes wees vir :

    1) die swakste speler v.d. jaar
    2) die swakste CB speler v.d. jaar
    3) die swakste skeidsregter v.d. jaar en…
    4) die swakste afrigter v.d. jaar

  3. editor Says:

    Hi Chris
    Dankie vir jou stemme - nee wat - ons gaan nou nie negatief hier raak nie en gesels oor die goeie spelers van die jaar.
    Groete

  4. Jan Plank Says:

    Speler v.d. jaar - M.Steyn

    Jongspeler v.d. jaar - H.Brussow

    Afrigter v.d. jaar - Frans Ludeke (moet hom dit seker gun, maar ons afrigters het ook goed gedoen, met dit tot hul beskikking)

    Curriebeker speler v.d. jaar - Frans Viljoen (hy - saam met ons voorry - was ‘n yster Saterdag)

    Drie v.d. jaar - Fabian Juries (Twinkle Toes wie anders - Saam met JW - seker die beste twee spelers wat nie gebruik was nie en nou weggaan)

    Skeidsregter v.d. jaar - Kaplan (normaalweg baie goed tot Saterdag toe)

  5. Jan Plank Says:

    Heinrich is nog jonk en sal nog baie die ‘Speler van die Jaar’ toekenning kry.

    Sien Piet Snorre se plan om hom in die weekdagspan te gebruik. Moet Superman Schalk nou eers weer seerkry, sodat Heinrich sy plek kan terugkry. Speel vir Heinrich op 6 en Schalk op 7.

  6. blou bul Says:

    Speler van die jaar….Heinrich
    Jong speler….Joe Pieterson
    Afrigter..Naka. Met soveel nuwe spelers in die span en vs speel in die eindsrtyd.Nie wp of die sharks en leeus kon dit vermag nie.So dit moet Naka wees
    Currybeker speler…..WP Nel
    Drie vd jaar…Nico breedt in die eindstryd.N drie van n skrum af.Briljant.
    Skeidsregter…Willie Roos

  7. Gerhard Says:

    Editor, ek weet dit is af van die punt af, maar weet jy dalk enige iets van nog spelers wat weggaan? Ek weet net van Richardt en Jaques Louis. Naka het oor en oor gese ons spelers bly almal behalwe daai 2. Nou was daar Saterdag rumours dat Heinz Sharks toe voor die Super 14, na hy nog altyd gese het hy sal altyd by die Vrystaat bly. En dan is daar mense wat se dat Juries WP toe gaan. Dit maak my net mooi gatvol. Ons KAN NIE elke jaar met ‘n hele nuwe begin span speel nie. Ek is so moeg om soos Saterdag loftus toe te gaan en te sien hoe die Bulle die beker wen.

    Ons sal dit nie by hulle kan terug vat met elke jaar ;n nuwe span nie. die Bulle bou vir 2 of 3 jaar elke keer eers ‘n wenspan deur te stick by wat hulle het, en dan wen hulle als. Hulle verdien wat hulle toekom.

    Ek was BAIE TROTS Saterdag op ons manne en was baie hartseer. Ons is ‘n span wat elke jaar met niks begin nie en dan as n span vir mekaar ALLES gee tussen daai 4 lyne.

    help asb vir ons en vind uit watter spelers bly en watter vat hulle goed.

    Dankie

  8. Gerhard Says:

    rugby speler van die jaar: heinrich brussouw
    Curriebeker speler vd jaar: frans Viljoen
    Afrigter van die Curriebeker en jaar: Naka drotske
    Jong speler van die jaar: WP Nel
    drie van die jaar: WP Nel en fabien juries

  9. Gron Says:

    Speler van die jaar: Brussow
    Jong Speler: Mapoe
    Curriebeker speler: WP Nel (of Frans Viljoen met sy 8 driee)
    Drie vd Jaar: Juries verseker!
    Skeidsregter: Sal nie een kies hierdie jaar nie… skeidsregters het regtig ‘n swak jaar gehad.

    Net ‘n vraag. Kan ons nie oorweeg om Danniller op buite-senter te probeer nie. Ja, sy skopwerk sal gemis word, maar sy krag-lopies is half sinneloos en voorspelbaar as hy dit van 20 meter terug moet doen. Elke keer is daar 2 of 3 wat al reeds reg staan om hom plat te vat. Ek is oortuig daarvan hy sal meer effektief wees op 1-op-1 aanvalle. Ok, die probleem is natuurlik hy het baie kompetisie in daai posisie, maar ek is dink regtig hy en Bosman sal ‘n baie goeie kombinasie wees, en dan Ebehrson en Snyman as die ander opsie.

  10. Pickels Says:

    Ek weet ons kyk na wie was die beste spelers ens van die jaar, Vir my was dit regtig moeilik om te glo die WP het in verskeie kategorie plek gekry as finalis en die FS Cheetah’s nie, moet verseker span van die jaar wees vir hulle veg gees en dan Naka wat geen erkenning kry nie…………Nog een ding, hier in Pta loop ‘n storie dat Brussow Sharks toe gaan………..

  11. Gron Says:

    Hulle het hom ‘n aanbod gemaak van ‘n paar miljoen, maar die Sharks versprei ook al 2 jaar daai storie.

  12. JJ Says:

    Speler vd Jaar: HEINRICH en Morne hul beleef n super jaar. Morne se skopvoet sy taktiese spel aanvoeling hoe hy n game dikteer was briljant en as hy n CHEETHA was sou ons almal beslis vir hom gestem het. HEINRICH verdien dit saam hom was dit ook nie vir sy harde werk en omgekeerde balbesit en die aantal strafskoppe wat hy vir die BOKKE bewerkstellig het nie sou MORNE nie pale toe kon mik nie. JONG SPELER: HEINRICH CURRIE BEKER: ADRIAAN STRAUSS hy het sy hard uitgespeel en gelei met voorbeeld met sy kapteinskap hou hom kapt volg jaar. DRIE VD JAAR: FABIAN verseker AFRIGTER: OS OS OS(ok net n grap) Moet se SNOR de VILLIER het nie teleurgestel om ons as land trots te hou nie en ook di manier hoe ons die ALL BLACK EN AUSIE gewen het. SKEIDSREGTER: MARUIS JONKER

  13. Chris Says:

    * Speler van die jaar - Heinrich Brüssouw (say no more)
    * Jongspeler van die jaar - Lionel Mapoe ( ” ” ” )
    * Afrigter van die jaar - Dawie Theron (sy afrigting is puik vir wat hy het)
    * Curriebeker speler van die jaar - Geo Aplon (Hy verdedig soos ‘n reus!)
    * Drie van die jaar - Fabian Juries teen die Bulle
    * Skeidsregter van die jaar - Marius Jonker (Laat die spel baie goed vloei en straf foute aan beide kante - hy vat ook nie nonsense van ‘n span se kaptein wat die hele tyd op hom skree nie)

  14. Hein Says:

    Kan ons nie vir Stegman terugkry in Bloem nie?? Hy en Brussouw sal ‘n monster kombinasie saam met die res vorm……

  15. Broekies Says:

    Darren Scott het nou die dag (dink dit was op die radio) bevestig dat Brussouw wel Sharks toe gaan en Regard Strauss WP toe ?

  16. Jan Says:

    Ek wil ook van die punt af wees.

    Weet enige iemand hoe vorder Ebersohn se herstel van die enkelbesering asook Wilton Peterson se herstel. Kry die Cheetahs enige spelers by- hoe lyk die groep vir volgende jaar. Kan ons asb bietjie begin voorentoe kyk?

    Groete

  17. Jan Says:

    Die Cheetahs se Super14-groep is: AGTERSPELERS:Hennie Daniller, Riaan Viljoen, Danwel Demas, Bjorn Basson, JW Jonker, Robert Ebersohn, Philip Snyman, Wilmaure Louw, Meyer Bosman, Corné Uys, Barry Geel, Naas Olivier, Louis Strydom, Jongi Nokwe, Lionel Mapoe, Rocco Jansen, Tewis de Bruyn, JP Joubert, Sarel Pretorius. VOORSPELERS:Kabamba Floors, Frans Viljoen, Ashley Johnson, Francois Uys, Davon Raubenheimer, Juan Smith, Heinrich Brüssow, Hendro Scholtz, Wesley Wilkens, David de Villiers, Jacques Lombard, Izak van der Westhuizen, Nico Breedt, Rudi Mathee, Kobus Calldo, Ruaan du Preez, WP Nel, Hans Grobler, Rayno Barnes, Adriaan Strauss, Albertus Buckle, Coenie Oosthuizen, Wian du Preez.

  18. Johnny Says:

    Weet iemand al of Brussouw Sharks toe gaan. Ek stem saam. Ons kan nie elke jaar met ‘n nuwe span wil speel.VRYSTAAT HOU A.S.B ons spelers.Dit was nie die Blou bulle of Sharks wat 3 spanne in die finaal gehad het nie. Dit was Vrystaat.Nou vra ek- waarheen gaan al ons top speles.
    Vrystaaat groete.

  19. Pickels Says:

    Ek sien dat Brussouw in die FS Super 14 groep is, kan ons dan aan neem hy bly? Met die Griekwas wat so goed gevaar het die jaar en met die veg gees van die Cheetahs kan ons net beter vaar in die Super 14 volgende jaar.

  20. corné Says:

    Dankie tog jw is hier weg…mag hy die suksevolste 7’s rugbyspeler ooit word en hopelik sien ‘n ander provinsie hom raak vir dit wat hy werd is! sterkte Jw…

  21. blou bul Says:

    broekies…Darren Scott praat al die afgelope 10 jaar net snert.Moenie n ding glo wat daai ou se nie.Hy hoop Brussow gaan Natal toe.Die rede hoekom Natal so swak vaar met al hulle talent is omdat dit net n gekoopte span is.Ja ander unies het ook gekoopte spelers maar daardie vuil uile koop altyd net Vrystaat spelers.Kyk op hulle site waar al hulle spelers vandaan kom.As die ander unies nie Vrystaat spelers koop nie dan het Vrystaat nie nodig om spelers te koop nie.Darren Scott hoop die rumer wat hy versprei word waar.Richard Straus gaan Engeland toe.

  22. JJ Says:

    JAN 17) As ek kyk na die groep dan is dit n briljante groep. Ek lees in die koerant dat NAKA se dit tel geen punte dat daardie flank van GRIEKWAS n bok is nie, hy sal moet uithaal en wys hy is die beste. Ek hoop net hy bly so konsekwent in alle posisies. As ek kyk na die groepe dink ek die LEEUS gaan die houtlepel kry in super 14.

  23. Bloues Says:

    Speler van die jaar….Verseker Fourie du Preez
    Jong speler….Morne Steyn
    Afrigter..Frans Ludeke
    Currybeker speler…..Francois Hougaard
    Drie vd jaar…Bryan Habana se 1ste drie in die finaal

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree