Geagte bloggers
Dit is vir my ‘n eer om vir julle die span aan te kondig wat Saterdag teen die Bulle uitdraf op Loftus. Moenie vergeet dat die afskop geskuif het na 17:30. Vir die wat ek nie op Loftus sien nie - maak seker jy ondersteun die span op die kassie!
15. Hennie Daniller
14. Lionel Mapoe
13. Corne Uys
12. Meyer Bosman
11. Danwel Demas
10. Jacques-Louis Potgieter
9. JP Joubert
8. Ashley Johnson
7. Frans Viljoen
6. Heinrich Brussow
5. David de Villiers
4. Nico Breedt
3. WP Nel
2. Adriaan Strauss (k)
1. Wian du Preez
Plaasvervangers:
16. Richardt Strauss
17. Coenie Oosthuizen
18. Izak van der Westhuizen
19. Kabamba Floors
20. Tewis de Bruyn
21. Louis Strydom
22. Fabian Juries
Laat weet my wat julle dink - soos julle kan sien - min veranderinge aan die semi-finaal span. Dalk beter so!

Ja ek stem saam. Ek dink regtig net ons moes vir Jongi in die 22 tal gesit het. En ek weet, die HEL is nou weer los in die blog. Almal gaan weer demas en jW ens. Kom ouens kom ons wees net positief.
My span sou net vir Jongi in die 22 tal gehad het en ongelukkig sou ek vir Louis Strydom uitgelos het.
Ek sou dalk vir Hendro op die bank gesit het en vir van der westhuizen uilos want hy het dan nog niks gespeel die heel seisoen nie. As een van die slotte sou seerkry sou ek Frans Viljoen slot toe skuif.
Verder ‘n puik span en raai wat: DIE BEKER KOM HUIS TOE> Go CHEEEEEEEETAHS!!!!!!!
BAIE STERKTE MANNE, GO FOR GOLD, gaan maak geskiedenis, gaan maak LOFTUS se skare stil, die bietjie van ons is daar in ORANJE! Ek baie bly oor ADRIAAN se terugkeer alhoewel RICHARDT goed gedoen het maar ADRIAAN se leierskap gaan deurslag wees. DEMAS DEMAS DEMAS PLEASE WE NEED A GOOD ONE FROM YOU, COMMIT YOURSELF A LITTLE MORE IN THE CONTACK….. ADRIAAN, HOU DIE OUENS KALM, GEFOKUS, GEDISSIPLINEER, TACKLE, SPEEL JUL HARTE UIT. TELLING VRYSTAAAAT 28 VAAL VULLE 21
Wel dit is nou of nooit. Kan nie wag vir saterdag nie. Dit is goed dat daar nie te veel verander is aan die span nie. Sterkte manne en ons weet julle kan die bulle klop op loftus
GO CHEETAHS!!!!!!!
Interesant. Dit lyk nogal of die plan is om ‘n paar drop-skoppe oor te sit. Ek hoop julle laat Danwel, Meyer, Louis, JL en Hennie ‘n paar ure spandeer op die drop-skoppe… ‘n HELE paar ure!
In Pretoria is dit blou. Die verwagtings is hoog. Almal hier ly aan S14 sindroom. Amper soos H1N1 griep…
Maar ek weet dat die Cheetahs gelukkig nie so in die openbare oog is soos die bulle nie. En ek wil bitter graag weet of daar nie ‘n manier is om vir die Cheetahs wense van ondersteuning deur te gee nie. Kan jy asb help, Editor?
Dit lyk my na n goeie span,baie bly Adriaan is reg vir aksie.
Net n vraag,hoekom vir JW Jonker weglaat.
Hy is tog n baie veelsydige speler en kan op enige plek gebruik word,senter, heelagter en vleul.
Sterkte aan die manne ons weet julle kan en gan die beker huistoe bring.
As ek die Bulle is target ek vir Danwel Demas want hy is by verre die swakste speler op die veld. Ek dink dit het tyd geword dat Demas vir ons wys waarom hy in elke wedstryd gekies word want hy het nog nooit nie. Ek hoop dat diegene van die span wat dalk hier mag lees net vir Demas kan sê dat hy ons ‘n ten minste twee drieë skuld teen die Bulle.
Ek kan nie wag vir Saterdag se westryd nie! Dit gaan baie hard wees. Soos die voorspelling op die stadium lyk mag ons dalk in die reen speel. Ek hoop nie een van die hoeveld laatmiddag storms steek op terwyl ons speel nie want dit sal die uitkoms van die wedstryd defnitief beinvloed.
Ek weet dat ek dalk kritiek mag kry oor wat ek nou weer gaan sê maar diegene wat kritiek wil lewer moet dit maar doen. Ek dink nie dit is gepas dat van ons spelers met “Bybel versies” op hulle gaan speel nie. Ons het hier te doen met sport en geloof is ‘n persoonlike ding wat nie ten toon gestel moet word op die sportveld nie. Ek het niks teen mense wat hul geloof beoefen nie maar geloof is mos ‘n ding wat jy in jou hart saam dra, veral die Christelike geloof wat nie soos baie ander gelowe vereistes het soos ‘n baard of ‘n kleed of ‘n mussie…… Ons speel rugby in ‘n proffesionlele era en ons moet eerder fokus op die sport as om “geloofs kreute” op ons gewaad te gaan dra.
Die “Jongi”-faktor is werklik ‘n teleurstelling. Dat die Bybel betref, ek hoop dat die manne dit bedoel, indien nie, sal hulle gestraf word, moontlik deur Morne(jou drol!) d.m.v. ‘n strafdoel!
Sterkte manne! Moet net nie “groot kop” kry Saterdag nie, want die wedstryd is beslis baie soos Durban s’n.
Haak Vrystaat!
Sterkte aan die span. Staan bankvas agter julle. Oor die keuses kan ons maar net wonder. Die ouens by die span weet seker wie om te kies. Van die kantlyn af lyk demas se verdediging verdag en sy pos. spel was kommerwekkend teen Sharks. Hou van JW op vleul. Maar ek is vol vertoue vir ‘n tipiese harde finaal en wen met tussen 2 en 4 punte
Ek is groot ondersteuner vir jare van die VRYSTAAT RUGBY span.Ek wil julle MANNE alle stekte toewens vir die eindstryd Saterdag al kan ek nie daar wees om julle persoonlik in aksie te sien,nie.Julle moet ASB nie dat die Blou bul skare julle afsit nie so die span,ek weet hulle kan dit nie hateer as hulle verloor nie.Staan julle net as n SPAN saam en wys die mense dat daar geen bang haar op julle koppe is nie,en dat julle nie vir koue PAMPOENE skrik nie. Helgard kry die POSITIEF en,neem die CURRYBEKER VRYSTAAT toe waar hy hoort.EK FRANCOIS BOOYSEN wens nog mals alle sterkte,toe DOEN Julle beste.GROETNIS.
Ja manne, kyk waar was ons na 4 games aan die begin van die seisoen, ons was afgeskryf en party van ons het ons eie span af geskryf. En hier is ons in die finaal! Ek het dit voor die eerste game teen die Bulle gese en dit het so gebeur. En ek se weer, die Cheetahs gaan die bulle en hele SA wat nie glo die Cheetahs kan die een deur trek nie verras!!!!Mark my words!
Goeie span wat ons op die veld gaan sit en hoef nie n tree vir die bulle terug te staan nie, soos ons teen die Sharks ook gesien het, hierdie Cheetah span skrik nie vir groot name nie!
Go manne!!!!Vrydagaand gaan ek weer nie kan slaap nie!
Dit is verseker beter om nie te veel te torring aan ;n span wat ‘n final moet gaan speel nie. Veral nie so ‘n final nie. En ou Gerhard hierbo kan nou maar sug en sanik daaroor, maar ander ondersteuners het ongelukkig ook menings, en kyk ook rugby. Ek was geensins negatief oor ons kanse Saterdag nie. Ons weet en die bulle weet dat die Cheetahs geensins regtig die “underdogs” is nie. En alhoewel daar niks fout is met die voorspelers-keuse nie, het Naka en Hawies se keuses egter my bubble bietjie geblaas !
En almal kan maar gerus gaan kyk na die snert wat Hawies in die Volksblad kwytraak, om sy eie onvermoë te probeer wegsteek ? En Naka wat sê dat Demas gekies is omdat hy beter kan skop as Nokwe, en beter is onder die hoë balle ? WTF?..hy kan net nog nooit ‘n bal raakvang nie !
http://www.volksblad.com/Content/Sport/2041/ca596212fa20442b8feaf7d04ebbd03b/28-10-2009-03-04/Hawies_oor_sukses
http://www.volksblad.com/Content/Sport/2041/e9439e9d288f49449178eee8fb20573a/28-10-2009-03-04/Bok-haker_lei_Cheetahs
Hierdie jaar se CB is die voorste driedrukkers Nokwe (12) en JW (5). Altwee Naka se spelers wat KAN drieë druk, maar is uitgelaat ?! Is dit Hawies se idee of Naka s’n ?
Maar met Bosman se onvermoë om met sulke ysters vir vories, steeds nie die agterlyn kan laat aanval, en balle by ouens soos Nokwe en JW te kry nie, is dit in elk geval seker maar om’t ewe of jy hulle uitlaat. En gaan Bosman se “passes” nie Krismis wees vir onderskep-koning Habana nie !
JW is reeds weg sewes toe, en as Rassie of een van die ander unies nie nou vir Nokwe ‘n aanbod maak nie, is hulle stupid !
Chris, ek dink weer die Bybelversie is ‘n goeie gebaar. Vir my as Christen is dit wonderlik om te sien dat ons sporthelde nie skaam is om in die openbaar te wys wat hulle aan glo nie. Voor die S14 finaal in 2007 het Bakkies Botha op die veld gaan bid en ons almal weet wat die resultaat daar was. Wie sou ook Jaco van Schalkwyk se boodskap onder sy trui vergeet tydens die foto sessies agterna? Miskien is gaan die van die spelers die versie op die trui dan verkeerdelik sou beskou as ‘n “lucky charm”, maar dis hulle saak. Ek is seker die span sal steeds sy beste lewer. Miskien is Fil 4:13 nie soseer vir die resultaat in die finaal nie, maar wys dalk alles wat gebeur het om hulle daar te kry. NIEMAND (myself ingesluit) het die Cheetahs ‘n kans gegee na die eerste 4 wedstryde nie en kyk waar is ons nou, DIT is volgens my net kort van ‘n wonderwerk al klaar. As jy nie die fliek “FACING THE GIANTS” al gesien het nie, doen jouself ‘n guns en doen so dan sal jy met verstaan hoekom ek so se.
Verder is ek tevrede met die span en wens hulle alle sterkte met die Finaal. Een van my base is ‘n groot Bul supporter en ek het al heelwat mails van hom gekry, ek hoop om Maandag ‘n nice “Reply to all” te kan maak!
Net paar vrae vir Editor:
1) Hoekom is Izak van der Westhuizen op die plaasvervangersbank as hy nog net 1 keer die hele seisoen gespeel het?
2) Kon JW Jonker nie in Louis Strydom se plek inneem nie?
3) Hoe kan mens MEER betrokke raak met die Cheetahs Spelers, die VRU en die Afrigters/bestuurspan, nie net om aan `n ondersteuners club te behoort nie?
3) Kan julle nie asseblief julle EIE Cheetah-shop op die internet maak nie, met ALLES wat jy kan koop met julle Trademark? Die website wat julle nou gebruik om jul truie te verkoop, verkoop nie Cheetah balle, sleutelhouers, hoede, Cheetahs vlae, ORANJE PRUIKER en nog vele meer nie.
4) Wanneer kry ons meer wallpapers wat ons kan gebruik op ons PC’s? Miskien `n screen saver of 2 ook…
5) Kan julle nie `n e-mail vir Naka skep dat die ondersteuners met hom kan komminikeer en dalk vir hom kommentaar, spel patrone, en begin span aanbeveel(net as `n riglun)?
6) Kan Hennie Daniller ASSEBLIEF uitskop? Wat help dit ons vat `n MARK en dan skop hy nie uit nie? Die gevaarlikste ding in `n rugby wedstryd is TEENAANVALLE, want sodra jy skop, moet al jou spelers eers trugval en hul posisies inneem van voor af en dit is dan wanneer ons “off gaurd” gevang word vir suckers. As jy skop, skop net uit!!
Dan vir ons Cheetah ondersteuners:
Naka was gister aand in `n onderhoud gewees op die radio en toe vra hulle vir hom: ” Naka, How do you feel now that you have a lot of pressure on you? Pressure of the crowd and all the Blue Bulls players? Will you be able to cope with all of this? “. Ek het gewonder wat Naka gaan sê want dis iets waaroor ek ook gewonder het. Naka antwoord toe: ” You know, there’s really no pressure on us whatsoever. The pressure will only be on them because they have to win in front of 45 000 Blue Bull supporters. And because they play on Loftus, they have to give the people their money’s worth. So there’s no pressure on us… “. En dis PRESIES daai mindset van Naka wat hy oordra na sy spelers om met baie selfvertroue te speel voor 45 000 Blou Bulle.
Dan wil ek baie dankie sê aan die borge wat die Cheetahs ondersteun. Kloppers is ons nuutste borg en hulle het seker gemaak dat ons die Ebersohn-broers kon behou nadat die Sharks hulle wou steel. Heinrich is nog gekontrakteer tot die einde van die Super14, of die einde van Currie Cup 2010, nie heeltemal seker nie.
Die Cheetahs KAN maklik wen, as hulle net slim speel, en as hulle nie deur blote krag nie! Onthou net, As jy nie sterk is soos die Bulle nie, dan moet jy slim wees soos die Cheetahs… Ek dink deur blote slimspel sal die Cheetahs die oorhand hê, maar omdat ons voorry en tweede voorry so goed is, kan die Bulle maklik in daai faset les opsê.
Hoekom beklemtoon almal die Bulle se “uitstekende” lynstane so baie? Weet jy hoe maklik wen jy die Bulle se lynstaan, asook om jou eie lynstaan te wen(`n Vraag aan ALLE Cheetahs)?
1) As jy ingooi, Adriaan, moet nie naby Victor Matfield gooi nie. As jy nie naby die “lynstaan-dief” gooi nie, dan kan hy nie die bal by julle steel nie!
2) As die Bulle die bal kry en vasmaak om julle the “scrum”, SCRUM HULLE TRUG en druk hulle oor die kantlyn, en maak hulle lynstaan, JULLE lynstaan.
As jy daaraan dink, is dit seker makliker gesê as gedaan, maar hou net kop, en gaan kyk na 2005 se oorwinning… Hoe het ons hulle gewen? Wat het ons gedoen? Ons het van `n LYNSTAAN na ‘n LOSSCRUM verander en vreeslik baie gebied gewen. Gaan dink bitjie mooi by `n lynstaan… Wat is `n lynstaan eintlik? `n Lynstaan is eintlik die begin van `n losscrum en ons KAN/SAL die Bulle gas gee in die scrums
Ek gaan my longe uitskree vir julle Cheetahs, maak ons trots!! Glo dit of nie Cheetah-Spelers, ons alaml(die hele Suid-Afrika) is teen die Blou Bulle. Julle het ons ALMAL se ondersteuning, landwyd! Wees kalm, rustig en speel net SLIM.
PS: Laaik die idee dat julle die Bybelvers op julle trui en/of pleisters skryf. Komaan Cheetahs, bring die beker trug, bring hom VRYSTAAT toe!!
Chris. Ek dink dit is wonderlik dat die spelers bereid is om op te staan en in die openbaar te erken dat hulle aan die Here glo! Enige tyd en plek is reg om oor jou geloof te praat en te getuig. Ek is jammer vir jou as jy een van daai mense is wat glo dat godsdiens net vir Sondag is. Jy mis baie uit in die lewe. Die Here is altyd daar nie net seker tye wanneer dit vir jou gerieflik is nie. “ook op die rugby veld”
Ek hoop dat julle ‘n goeie game gaan hê saterdag. Bring die beker terug Vrystaat toe!!!!
Wys die Blou Bulle julle is die beste!
Chris B is jou naam nie dalk Stef nie. Want dit wat jy sê is presies wat Stef sou sê.
Ek het kaartjies gekry dankie. Sê vir my gaan daar by die Cheetah Village TV’s wees wat die onder 19 en onder 21 gaan wys
GO Cheetahas ek ondersteun die Sharks maar julle moet hierdie een wen.
Chris en Chris B…ook maar goed vir vrystaat rugby dat julle nie keurders is nie,anders het julle elke saterdag n ander span op die veld gestoot.Dis die eindstryd ondersteun nou julle span en die spelers wat gekies is.Lyk vir my julle weet julle gaan verloor daarom begin julle 2 al verskonings soek.Sterkte aan die span ,julle gaan wen
Kom haal die beker hier in Pretoria. Ek het volle vertroue in julle, my CHEETAH span. Ek gaan dit geniet om al hierdie Blou Bul ondersteuners hier by die werk ‘n bietjie te laat stilbly.
Sterkte Cheetahs
Jakes
Ja-nee…….. Dit alles dui daarop dat ons op ‘n skopstryd beplan, wat natuurlik nie ons sterk punt is nie. Demas is seker die gelukkigste onderpresteerder in die land. Hoekom koop niemand hom nie?? Is dit regtig Demas se job om te skop? Is ‘n vleuel nie daar vir sy spoed nie?? Dis tog maar heelagters, losskakels en soms senters wat die skopwerk behartig. Hoekom dan nie eerder vir Demas op heelagter sit as hy dan nou moet skop nie? Senters??? (gaan Bosman weer trompop homself ter pletter binne in die verdediging in hardloop?) Geen senter op reserwe?? Daar sou JW Jonker ten minste belangrik kon wees, maar hy en die man wat almal glo vinniger as Habana is (Nokwe) is nie eers op die bank nie. So lyk my nie ons kan veel driee verwag nie. Nou raak ek bang vir die ou siekte om besit weg te skop in die hande van die opposisie, en in hierdie geval opposisie wat (net soos Demas, hahaha!) KAN skop. Ja Hawies het verlede week en teen Boland gese dat Demas speel weens die nat velde omdat hy goed onder die hoe bal is en omdat hy KAN skop. Daar versuim Demas om ‘n drie te keer toe hy moes, teen die haaie, en hy tas rond soos altyd. Ek dink Hawies wil net kan se dat hy het so ver gekom omdat Boland spelers hom daartoe gedra het (maar wat is dan fout met Nokwe, hy kom tog ook van die Boland af?) Eendag sal Naka dalk ook ‘n boek uitbring oor sy lewe en dan sal ons dalk lees hoekom sekere spelers die agterspeen gesuig het. Maar dit daar gelaat, want ouens soos Gerhard moun mos as ons ons opinies en kritiek gee op Boland spelers. Maar hy het maar self ook gese wie hy daar wil sien en wie nie. Kyk, boet, ons almal wil Saterdag sien hoe wen ons ‘n briljante game, maar wil vir ‘n slag nie eers weer wag tot na rustyd om oor die 20 punte in te haal nadat die reserwes eers opgebring word nie. Ons wil bietjie gpoed wen vir ‘n slag met die BESTE beskikbare spelers. JW Jonker en Nokwe gaan gekoop word!! Ek gaan daar op Loftus wees, en ek hoop daar is baie meer oranje as in 2005. Hoop daar is genoeg om al die bulle ondersteuners stil te skree…. Sterkte ouens, doen dit vir ons, bring die beker huistoe! Demas, jy kan ‘n held word. Gebruik nou die hoeveelste kans wat jy gekry het, en wys ons. Moenie die balle weer aanslaan nie. En moenie alles wegskop nie, al KAN jy skop, en al KAN jy “iets uit niks” maak, wys bietjie asseblief daai iets. Wat betref die Bybel vers: Skitterend!!! ‘n ware Man skaam hom nie vir sy geloof nie, en ‘n ware gelowige kry sy krag (ook vir professionele dinge)net van bo. As jy nie jou geloof in jou professie kan uitleef nie, moet jy dit liewer los. Die versie is nie daar om te waarborg dat ons gaan wen nie, maar om te weet: wen of verloor, daar bly iets groter om aan vas te hou.
My vlag hang reeds op die balkon en die truie gereed vir aantrek hier in Kaapstad. Groter ondersteuners kan jy nie kry nie. Maak ons trots Cheetahs en bring die beker terug. As ek terugverlang Vrystaat toe dan kyk ek net na 2005 se beeldmateriaal. Daaar is geen groter motivering as dit nie. Ons is trotse Cheetahs en staan al meer as 30 jaar agter julle. Met of sonder die beker skree ek Vrystaat !!!!!!!!!!
Uit Baghdad wil ek net baie sterkte toewens aan Naka, sy afrigtingspan en die Cheetah spelers wat more gaan sake uitspook om die Curriebeker. Manne, julle het oor die moeilikste hekkies geklim hierdie seisoen en met goeie spel is julle beloon met ‘n eindstryd. Julle het ‘n lang pad gestap en moet nie al julle harde werk nou ongedaan maak nie. Gaan haal daai beker en bring hom terug na Bloem toe. Ek staan 100% bankvas agter julle en so ook al jul ander ondersteuners van oral. Ek is trots op julle en hoe lekker gaan dit nie wees om die sout in my mede Blou Bul kollegas se wonde in te vryf met ‘n oorwinning nie. Baie sterkte, bly kalm en konsentreer vir 80 minute lank. Go Cheetahs!!!
H-A-A-A-A-A-A-A-A-A-A-A-A-A-A-K VRYST-A-A-A-A-A-A-A-A-A-A-A-TTTTT!!!!!
GO CHEETAHS GO!!!
OLAY OLAY WE ARE THE CHAPIONS !!!
KOMAAN EDITORS REFRESH DIE BLOG MEER ASB!!!! Jul sal BAIE meer gereelde bloggers kry as jul meer kere die goed update.
blou bul (19).
Moet jy regtig jou ignorance hier op ons kom loslaat ? As ek en Chris eerder vir Nokwe en JW in die span sou sit, hoe sal ons ‘n “veranderde” span op die veld sit. Beide van hulle speel nog die hele jaar vir die Cheetahs. Beide van hulle is die voorste driedrukkers in die CB span, en Nokwe natuurlik in SA ! Met 10 drieë meer as julle Habana !
Maar Nokwe kan net drieë druk as balle vinnig deur die agterlyn by hom kan kom, wat met Bosman en Uys nie gebeur nie. Is jy so verdomp onkundig dat jy nie kan begryp dat met ‘n pak voorspelers soos die Cheetahs, wat hulle opponente so oorheers en oordonder, so ‘n totale aanvals platform lê, jou agterspelers eintlik sommer oor die doellyn moet kan stap nie ?! ( Wat ten spyte daarvan nie gebeur nie ) Hoeveel kere het Bosman, Uys en Demas van hierdie ongelooflike voordeel gebruik gemaak om self te druk, of vleuels in staat gestel om te druk. Bosman ( 1 drie) Uys ( o ) Demas ( 1 ).
Nokwe ( 12 ) en JW (5).
En nee, ons het nie geweet ons gaan “verloor” nie, net so min as wat ons geweet het julle gaan wen. Behalwe dat ons wel weet dat die Cheetahs alles behalwe die “underdogs” is wat bul fans en sommige “rugby-kenners” dink. Of dat dit vir die Cheetahs enigsins saak maak of hulle op Bloem. of Loftus speel. Hulle vaar gewoonlik eintlik amper beter op Loftus as in Bloemfontein. Maar ons en jy sal wel Saterdag-aand weet.
Ons het nog net nie vir almal vertel dat ons gaan wen nie.( Soos ons nou al tweekeer hierdie jaar ook gedoen het nie ) En jy sal darem seker sportmangees genoeg hê om te erken dat julle die vorige game op Loftus wel verloor het, nê ? Want hierdie slag is die ref. ‘n perd van ‘n ander kleur ! En onthou tog asb. more-aand na die game, Kaplan is een van die beste refs in die wêreld, hy het julle nie verneuk nie.
dis die dag van die cheetah. ek voel ‘n opskudding. 37 -13 vir vrystaat op loftus. nou is dit tyd vir ‘n reuse sponsor want hulle wil ons weer leegkoop.
go boys
EK IS ‘N CHEETHA ONDERSTUENER IN LOUIS TRICHARTD WAAR DIE HELE DORP BLOU BULLE IS EK IS MAL OM MY CHEETHA TRUI AAN TE TREK ELKE SATERDAG NET OM TE WYS EK KAN DALK IN BLOU BUL LAND BLY MAAR MY BLOED IS ORANJE.
EK VREK OOR DIE CHEETHA SPAN WANT DIE CHEETHAS WAS DIE BESTE SPAN OP DIE VELD VANDAG IN DIE FINAAL EN EK DINK DAI BEKER MOES TERUG GAAN BLOEMFONTEIN TOE WAAR DAAI BEKER BEHOORT TE WEES.
MOENIE WORRY NIE BOYS JULLE HET VANDAG GOED GESPEEL EN JULLE KAN TROTS WEES DAAR OP WANT VOLGENDE JAAR KOM DAAI BEKER TERUG BLOEMFONTEIN TOE.
EK sal graag van my mede bloggers suporters wil hoor of jul saamstem met my. Maar wragtig dis KAPLAN se mees patetiese game wat hy hanteer het, hy sien al ons vorentoe aangee van MAPOE opad doelyn toe NICO na ADRIAAN toe maar HABANA dit sien HY of LEGOTA wat sy bek die hele aand vol gehad het en baie te se oor die STATES en gou gou is om foute en vuilspel uit te wys. Hoeveel keer het die BULLE nie oorgeval niks gebeur, ou dik bus CRUNTO kon nie die pressure en die inslaan hit van WP hanteer nie, en nie bind nie hy skrum langs WP maar LEGOTA sal niks se en KAPLAN straf dit nie. Ag nee man ons vat ons verloor maar dis swak van KAPLAN. Ek stem ook hoe wen jy 70% balbesit en loop 24 teen 0 agter. Paar dinge wat ons dalk moes gedoen het maar dit sal nou niks help. SLEGTE NUUS IS DAT DIE SHARKS KLAAR VIR HEINRICH BRUSSOW GETARGET HET. Dan BAIE GELUK AAN DIE O/19 goeie wen manne AAN O/21 WELL DONE dit wat n eindstryd duisend jul het karakter gewys ons is trots op jul 2 spanne. Baie geluk aan HEINRICH, MEYER, NOKWE EN ASHLEY vir BOKSPAN. n Mens vra ook hoe word HEINKE bo WIAN gekies, RALAPELE bo ADRIAAN, hoe word HEINI ADAMS bo SAREL PRETORUIS gekies, Mapoe was baie ongelukkig gewees.
Ek was op Loftus, wow wat ‘n game! Cheetahs al het julle verloor is ons vrek trots op julle! Mens kan ook maar net soveel doen teen drie skeidsregters. Ek dink julle het alles gegee en het bitter goed gespeel. Die Bulle was nie die beter span op die veld nie. Ek hoop nou na die finaal het almal gesien presies hoekom ons so moan oor Demas. Ek hoef niks oor dit verder te sê nie. Dit was wel ‘n ongelooflike ervaring, en ek wonder waar al die baie cheetahs fans vandaan gekom het. Dit was puik! Hulle het voor die tyd gepraat van 3000 kaartjies, maar ek skat 20000 was cheetah ondersteuners. Die meeste ooit op loftus. Ai, wel volgende jaar gaan ons dit weer doen. Die Bulle was wel bitter gelukkig, en het die ref, en die patetiese vlagman aan hul kant gehad. Wel - that’s life. Adriaan Strauss: Die beste speech ooit na ‘n finaal - ek (en ek glo baie ander0 het sommer ‘n knop in die keel gekry. Ons harte is seer oor die verloor, maar baie geluk dat jul so alles gegee het. Amper weer ‘n wen comeback gemaak. Die drie wat mapoe gedruk het, wat kamtig vorentoe was sou ons laat voorloop het. Geluk Mapoe met jou springbok keuse jy vedien dit! Ook ashley Johnson. Ek wonder net waarom jannie vetsak du Plessis bo WP Nel gekies is……
Ek kan nie glo dat ons voorspelers so goed kon doen terwyl ons agterspelers so sleg gespeel het nie.
Al waar die voorspelers waarlik sleg gevaar het is in die lynstane. Naka - jy kort ‘n ander lynstaan afrigter - ons is nou al in die afgelope drie wedstryde elke keer vir dieselfde lynstaan truuk gestraf - dit is om die bal terug te klap vir die haker.
Dan wil ek ook net vir die BREINDOOD afrigter(s)wat vir DANWEL DEMAS gekies het sê: BAIE geluk dom afrigter want jy het die game vir die Bulle op ‘n skinkbord gegee. Danwel Demas het ‘n baie groot aandeel gehad in die eerste twee drieë teen ons.
Ek blameer ook vir Hawies Fourie vir ons agterlyn se swak oordeel - die eerste twee driee het gakom van swak lynskoperk af - die bal was nie uit nie en dan was die Bulle se baldraers direk op Damas af.
Dit is k@k styl van ons afrigters om Demas bo Juries te laat speel - jy kan nie vir Juries met net 17 minute oor op die veld stuur om die westryd te gaan red nie! Juries kon die Springbokspan se 30-tal gehaal het met sy goeie talent maar hy is dit ontneem deur ‘n breindood afrigter wat die Curriebeker vir die Bulle gegee het.
As jul so graag vir Damas wil laat speel - hoekom stuur jul hom nie vir intensiewe millitêre opleiding om van sy pap-broek ontslae te raak nie?
Vrystaat moes ook veel eerder gekonsentreer het op die spel as om met “Jesus boodskappies” op die veld te gaan - wat het die boodskappies die ons toe in die sak gebring??? NIKS! Ek dink dit sal beter wees om die rugbyreels op van ons agterlynspelers se moue neer te skryf sodat kan onthou wat om te doen - soos om ‘n bal uit te skop.
Daniller se heelagterspel was ook nie goed nie - hy moes gesien het dat (met Habana se drie) dat daar agter die losgemaal geen verdedigers was nie.
Dit beklemtoon weer net ons swakheid uit gebroke spel.
Laastens wil ek net sê cheers JL Potgieter - ek hoop jy gaan skop so sleg vir die Bulle ook want ek het nog nooit in my lewe gesien dat ‘n losskel gereeld so swak skop soos jy nie. Dalk sal Vrystaat nou kan sien hoe goed hul regtig is met ‘n losskakel wat sy job reg doen. Robers Eberson het skertsent op die ander blog vir my gevra of ek sal betaal vir die afrigting van ‘n goeie skopper - ek dink net dat Vrystaat moet wakker skrik en sien dat ons baie gerieflikker rugby sal kan speel as ons spelers weet dat ons ‘n betroubare skopper het. JL Potgieter se stelskop syfers van 69% LYK eintlik beter as wat dit werklik is omdat die Cheetah eerder kantlyn toe sal gaan op plek waar De Waal, M Steyn, F Steyn die balle gereeld deur die latte sou stuur.
Ons moet ophou om teen onsself te speel aders gaan ons dieselfde Super 14 hê as vroeer vanjaar.
Brussow - dankie vir die mooi rugby wat jy vir ons speel!
Ek is jammer ons het verloor. Op 30-24 het ons goed gelyk om te wen, maar toe begin stupid speel. Die Bulle het verdien om te wen. Verder wil ek vir al die spelers en bestuur geluk wens met ‘n fantastiese comeback seisoen. Julle het gewys die Cheetahs is steeds ‘n krag om mee rekening te hou. Hou so aan! Geluk aan Ashley met sy nuwe SB verkiesing en al die ander wat weer herkies is. Die spelers soos Lionel, WP, Wian, Adriaan, Coenie, ens wat volgens my in die SB span moes wees, sorry ouens - Speel maar nou verder so om die keurders verkeerd te bewys.
Ek voorspel egter die volgende: Ons gaan die Bulle klop volgende jaar in die eerste game van die S14.
Ek wil net graag vir die spelers en afrigters se - Baie baie geluk met Saterdag se moedige terugveg poging. Ek is trots om ‘n Cheetah ondersteuner te wees. Ek dink ook verder dat julle het die oorwegend Springbok blou bullietjies goed laat worry en as dit nie was vir daai vinnige 3 driee nie sou dit totaal anders uitgekom het. Wel gedaan en hoop en vertou volgende jaar sal dit selfs beter gaan. Hou so aan.
Welgedaan Cheetahs, briljant gespeel, dit was n riem onder die hart gewees. Ek wil nie partydig optree nie, maar ek glo werklik die Cheethas het verdien om te wen. Welgedaan Naka, jou taktiek om met soveel moontlik met die bal te hardloop was goed. Die Bulle het ons begin lees en ek ink ons moes so paar skoppies van die senters se kant oor hulle koppe geskop het, dan was daar nog groter probleme vir die Bulle gewees. Ons voorspelers was absoluut koning! Bulle baie min bal gekry, min verder as Morne Steyn gegaan en dan geskop om veld te wen.Glo nie Wynand Olivier het geweet hoe n bal in die wedstryd lyk nie.
Dit was ook fantasties gewees om te hoor hoe die skare agter ons gestaan het deur die Cheetahs se naam te skree. Dit het meer geklink asof ons in Bloem gespeel het.
Die ander spanne kan ons spelers koop, spelers van oorsee invoer, maar daar is 1 ding ALTYD by die Cheethas sal wees en die Haaie onder andere nooit sal kan koop nie, dis die hart van n Cheetah!
Jammer om te hoor Heinrich word deur Haaie gesoek, geweet dis net n kwessie van tyd voordat hulle dit sou doen. Volgende, Coenie Oosthuizen….
Ai, jai, jai - gaan blykbaar n BLOU Maandag wees!!!!
Jammer Cheetahs. Jul het jul bes gedoen maar kon nie met ‘n onbevoegde lynregter teen julle die 24 punt agterstand uitwis nie. Ek is nie suurgat of so iets nie, maar Kaplan het die Bulle met moord laat wegkom by die losskrums en op 2 geleenthede, na waarskuwings uitgereik is, nie geelkaarte (vir Habana en Du Preez) uitgedeel nie. Beide was professionele foute en het die Cheetahs verhoed om te druk. Maar nou ja, ons vat dit op die ken en het mos maar al oor die jare geleer dat die beslissings altyd in die Bulls se guns gaan. Ek dink ook Matfield mnoet maar eerder ‘n skeidsregter word want hy het die heel tyd vir Kaplan raad gegee en ook probeer intimideer.
Net nog ‘n vraag: Ek hoor Brussouw gaan Sharks toe ? Is dit so of is dit net ‘n storie. As dit so is, jammer Brussouw, maar dan het ek al my respek vir jou verloor !
Wel moet geluk se^ aan die bulle. Hulle kan wel bly wees vir Morne’ se boot. Cheetahs geluk aan julle ook. Julle het ook mooi gespeel en ook maar min foute gewees.
Een ding wat net my verstand ten bowe gaan is, hoekom word Fabian eers in die laaste 10 minute gespeel? Ek verstaan dit nou net nie. Hy is so rats maar wat moet hy doen in 10 minute. Brussow het weer fantasties gespeel en nou nie so baie balle gesteel nie maar was ook oor als op die veld
Ek was glad nie happy met die ref se beslissings nie. Hulle het regtig ‘n goeie game ge-spoil. Ons sou wragtig weer ‘n 10-minute aan ‘n kant einde gesien het as dit nie vir hulle was nie.
Maar dit was ‘n goeie game verder. Geluk aan die bulle. Volgende jaar gaan ‘n ander storie wees.
Dit is wel vir my vreemd dat daar nou na die tyd gesê word dat die ref nie die geel kaarte wou gee aan die 2 bulle omdat dit dan nie ‘n goeie finaal sou wees nie - maar hy gee dan vir vir Strauss vir absolute twak.
Ek dink dis ‘n groot prestasie dat hierdie jong span so vêr gekom het na so ‘n tragiese begin. Ek dink nie hulle hoef te veel teleurgesteld te wees oor die verloor nie. Dit was ‘n groot comeback wat baie toewyding gevra het. Baie geluk aan die Cheetahs, volgende jaar sal julle weer daar wees !
Mens kan ook net hoop dat daar nou geleer is dat jy nie sulke agterstande kan toelaat vroeg in ‘n game en dit dan moet opmaak nie. Dat jy van die eerste minuut speel soos jy in die laaste minuut speel. Dat dit nie sin maak dat jy 70% balbesit en 65% gebiedsvoordeel het, en jy 21 punte na 20 minute agterloop nie.
Naka, jy sê in Rapport dat julle te maklik drieë weggee. Ons het jou meer as eenkeer gesê dit gebeur as jy wil aanhou met ‘n man soos Demas, terwyl jy oor die regte spelers beskik, en nie ‘n bevoegde agterlyn afrigter wil kry wat iets van verdedigslyne weet nie, en veral as jy die game so wyd wil speel nie.
Dis jammer Kaplan was nie skerper nie, hy is gewoonlik ‘n uitstekende ref. Maar hy het G.Steenkamp toegelaat om ongeoorloof te skrum, en Stegmann om balle uit en vanuit enige posisie uit te krap. Dis waar van die omgekeerde besit gekom het wat drieë veroorsaak het.
Maar ek dink die spelers oor die algemeen kan trots wees op hulle poging. Hulle kon net sowel die game gewen het.
Ek moet se ek het 1700km gegaan om die finaal te kyk en met n paar snaakse ref calls het dit nie gevoel soos n verloor nie, selfs die bulls ondersteuners was nie te vermakerig nie, dink hulle het ook maar groot geskrik. Geluk aan die Cheetahs en ander bloggers moenie te hard op van die spelers wees nie want as ons dalk net 1 of 2 regte “calls’ van die refs gehad het was al die spelers goed genoeg gewees.
Meneer editor, kan julle nie reel dat Naka en selfs ook Herald op die blog skryf en dalk n paar vrae(net positiewe vrae) veral oor die toekoms antwoord want nie ons almal kan Radio Oranje altyd lyster as hulle op is nie.
Net weereens geluk aan Naka en sy hele span bestuur en hoop die eerste S14 wedstryd het ons NZ refs
JA ek wil ook net byvoeg en se well done STATES vir die come back ek het geglo ons gaan nie eers die semi’s haal nie. Editor weet jy of die CHEETHA SPAN iewers hierdie week gaan saamtrek waar ons hierdie ouens kan sien en miskien van die ouens wat vrae antwoord en dat jul dalk so n kompitiesie reel en gebruik dan die geleentheid om jul seisoen kaartjies en pakkette te bemark. IETS SOOS KOOP DAARDIE DAG JOU SEISOEN KAARTJIE EN KRY N GETEKENDE CHEETHA TRUIE
Eerstens… Baie baie geluk manne! Fantasties gespeel. Tweedens… Geluk an di manne wat di bok groep gemk het en vir di wat dit ni gemk het ni, jul weet dit het niks met jul spel te doen ni, daar is ander dinge an di konkel.
ED…
Hierdi storie oor heinrich was op di sharks se inkopie lys is en di sharks wat 2mil wil gee om hom uit sy kontrak te koop. Kan di vru vir hul se om di geld te druk waar di son ni skyn ni of is dit net tussen hul en heinrich?
Nog ‘n ding, word daar na nuwe spelers gekyk vir volgende jaar of hoe? Ek lees ‘true blue’ smit is geteken mar hy het ni rerig gespeel di jaar ni. Ons verloor elke jaar baie spelers en kry dan so min terug.. Wat gebeur met di geld wat ons spaar op daardie manne se kontrakte.. Ek verstaan dis meer complicated as dit, dis hukom ek vra…
Ek was Saterdag opLoftus met Oranje klere aan.Aan die span en afrigters.Soos julle self weet 2 sagte driee was die verskil.Baie geluk met julle vertoning julle het briljant gespeel al die spelers.Aan die afrigting span…dit was opmerkend om te sien hoe julle die sterk punte van julle spelers ontleed het,en hulle op hulle sterk punte in spel in gebring het.In die besonder die agterlyn,wel gedaan afrigters.Daar was een beweging laat in die 2de helfde waar Demas en Juries diep gestaan het en Demas het geskop net oor die agterlyn,ok dit het wel nie gewerk nie maar dit was amper,nie eens Hugh Bladen het dit raak gesien dat dit n beplande beweging was nie.Naka met n span wat herbou is in 2 jaar is dit wel gedaan aan julle en die spelers.Ek glo daar is diepte vir die super 14 om met vertroue in die reeks te gaan.Bv net vir Chris en al die kla kouse..senters Meyer Robert Corne jw ens,wat dan beteken spelers kan ruskanse jry want die vlg speler wat instaan is net so goed.Dit is agv Uitstekende afrigting werk en bou prosses van Naka en kie.Hoe mense hierbo kan se die agterlyn het swak gespeel gaan my verstand ter bowe.Nogmaals aan die spelers en afrigters baie baie geluk mense.Vrystaat was die beste span op die veld.3 Driee wat gewerk is voor.3bulle driee…dit was drie sagte driee en nie van eerste 2de of derde of 10 de fase besit nie maar opertunistiese driee.
Nog n ding aan die vrystaat ondersteuners.Hou op kla die ander unies steel julle spelers.Maak die paviljoene vol en daar sal geld wees om die spelers te behou.Dink julle nou regtig die spelers hou daarvan om te speel as julle nie paviljoen toe gaan. hou die krooe leeg en gaan kyk liewer rugby op die stadion.Brussow sal nie weg gaan nie.Ek het die laaste ruk net so gevoel en dis nie n rumer nie dit is iets binne my,Derrick Hougaard gaan vir Vrystaat speel
chris as ek editor is skop ek ek jou van die blog af,jy kan mense kritiseer maar nie sleg se nie.Dit is n skande wat jy hierbo kwyt raak.Ek het op n kol gedink jy weet waarvan jy praat maar dinge wat jy hierbo se en net onsmaaklik.Jy is glad nie n fanatiese Vrystaat ondersteuner nie,jy wil net n wen span ondersteun en as hulle nie wen nie dan sejy hulle en hulle geloof sleg.Die groot opdrag in die bybel was GAAN.EN GAAN MAAK DISSIPELS.En dit wat Vrystaat dedoen het was juis dit.Ou pel jy moet reg kom
Post 26 “En jy sal darem seker sportmangees genoeg hê om te erken dat julle die vorige game op Loftus wel verloor het, nê ? Want hierdie slag is die ref. ‘n perd van ‘n ander kleur ! En onthou tog asb. more-aand na die game, Kaplan is een van die beste refs in die wêreld, hy het julle nie verneuk nie.” Nou hoekom blameer julle dan nou vir arme Kaplan. Alle spanne loop deur onder hom - dis hoe julle in 2005 die beker kon “wen”
Cheetahs, congrats on a valiant effort, but, as a friend said, “Sorry, Nunu,, the cup is gone”
AND, try and teach your guys what sportsmanship is all about - to start a fight after the hooter is in bad taste.
Ek wil net dankie sê vir die Cheetahs, en julle supporters. Ek is ‘n Bul, maar ek support nog altyd the Cheetahs ook, naas die bulle, en as ek enige spanne in die finaal kon sien, sou dit die twee wees. Julle is ook ‘n geblessde groepie mense, en ek hoop rêrig dat hierdie opwaartse kurwe net sal aanhou.
Ek dink dis tyd dat die SA spanne bietjie die Aussies en Kiwis gas gee in die super 14.
Dankie vir die opwindende game.
Chris, ek dink jy is regtig baie ongeskik om iemand breindood te noem. Wie dink jy is jy miskien MENEER BRILJANT??? Vir watter rugby span het jy gespeel dat jy dink jy weet so baie en kan so beledigings uitdeel?? Ek dink jy is baie arogant en ongeskik. Die rede dat die spelers die boodskappe op hulle truie gedra het, was nie omdat hulle gedink het dit sal hulle laat wen nie. Dit was maar net om hulle Christenskap oor te dra. Jy moet net weet dat jy spot met die Here om so ‘n aanmerking te maak oor “Jesus boodskappies”. Jy sal jou straf kry. Ek wens jy wil van die blog af bly VIR EWIG en op ‘n ander plek jou beledingings gaan rond gooi. Ons het nie iemand soos jy nodig om op die blog to kom beledigings spoeg nie, dit is nie waarvoor dit is nie. Dis gewoonlik mense soos jy wat nie rugby KAN speel nie wat so baie te sê het.
Ek hoop DANWEL DEMAS en Naka Drotskie dagvaar jou oor jou uitlaatings……. maar ag nou ja hulle is nie op jou vlak nie. Hulle lees nie eers die gemors wat jy kwyt raak nie.
Cheers Chris. Hoop ons lees nie weer van jou op die blog nie.
Baie geluk aan die Cheetahs. Ek dink julle het hard gespeel en julle beste ingesit. Ware kampioene wen en seevieer dit en verloor en seevieer dit. Geen suksesvolle persoon het noem dat hulle slegs wen nie. Hou aan met julle geesdrif.
En sou net wou weet of al die klaers en couch experts ooit rugby gespeel het in hulle lewens, maar spesifiek die afgelope jaar? Indien nie kan jy onmootlik jouself in die dinamiese span se rugby skoene plaas. Lof en prys is baie meer opbouend as bitch and moan
Baie geluk met julle spel saterdag. Al het julle verloor het dit darem gewys dat julle goed genoeg was om te vorder tot by die eindstryd. Ek hoop dat julle volgende jaar nog beter sal doen en van die begin af sal goed speel.
Chris jy is baie beledigend en arrogant. Mense soos jy moet liewer van die blog af bly. Ek sou jou hof toe gevat het as jy my so beledig het.
Gaan speel liewer Playstation rugby en los die afrigting vir die mense wat weet wat hulle doen.
Jy gaan verseker gestraf word vir jou “Jesus boodskappies” uitlating. Die Here laat nie met hom speel nie. Jy is verseker nie ‘n Christen nie, anders sou jy geweet het dit is nie hoekom hulle dit gedra het nie. Geen Christen sal verwag dat hulle moet wen omdat hulle ‘n Bybel vers op hulle trui het nie. Die rede is om te erken dat hulle Christene is en graag met daardie gesindheid wil speel. Dit is jammer dat mense soos jy nou met jou vuil mond so ‘n mooi gebaar moet besoedel.
Ek stel nie verder belang om deel te wees van ‘n blog waar iemand toegelaat word om mense so te beledig en ons Christene te bevraagteken nie. Ek voel dat die Editor nie moes toelaat dat so iets op die blog beland nie.
Chris jy het geen integriteit nie. Hou jou vieslike aanmerkings oor ander mense vir jouself!!!!!!!
Blou bul,
dankie vir jou ondersteuning!
JJ,
Ek sal jou op hoogte hou indien daar in die toekoms ‘n kansie is vir handtekeninge. Op hierdie stadium is die span af tot die 18de November.
Groete
Blou bul, ek stem honderd persent saam met jo oor altwee jo punte.. Die oor Chris wat ek al lankal se verdien ni om di cheetahs of enige ander span te support ni en dan ook oor di supporters wat mut harder probeer om di stadions voller te kry volgende jaar.. Word of mouth mense..Dis al hoe ons di stadion vol sal kry..
Net een ding, sheri.. As jy ni weet wat in rugby an gn ni, bly eerder stil..
Ek wil ook byvoeg, ek dink die Chris is soos Julius Malema, wil reaksie uitlok en weet nie waarvan hy praat nie. Die bloggers moenie op sy uitlatings reageer nie, hy sal sommer self v.d blog af verdwyn…of Chris, gaan skree vir n ander span, ons het jou nie nodig nie!!
Dt ws i great game nt jamer ons kn dt ni deur trek ni ma well done. Om teen i span soos di bulle trug te km vn 24-0 af wys hierdie manne ht karakter. Blou bul is dt waar wt j se vn derick of joke j manet? Dt gan i goeie jaar ws vlg jaar en naka en al di afrigters, spelers, kopdokters en harold wel gedaan hoe jul di seisoen om gedraai ht! Editor wt j dalk wt vrystaat gan dun om jlp te vervang en wate nuwe ouens ons gan teken om hie by ons te speel? O ja en bulle geluk mt jul wen en jo ook blou bul!
Blou Bul,
Waar hoor jy dat Derick Hougaard vir ons gaan speel? Volgens my gaan Derick oorsee speel in die Noordelik-Halfrond..!!!
Baie geluk aan die cheetahs, julle het nou momentum vir die S14 ook.
Ek sien Fabian Juries speel vlgde. jaar vir die WP ? Is dit die begin van die uittog ? Ek hoop regtig nie so nie !
44/45/46:- Blou Bul
Dankie vir jou ondersteuning, maar besluit net finaal wie jy nou eintlik ondersteun of het jy ‘n identiteitskrisis op hande. Ha-ha (tong-in-die-kies).
48 Willie Blou
Dankie dat jy jou waardering (vir die opwindende finaal) hier kom uitspreek.
Was nie lekker om te verloor nie, maar ek dink ook dit was seker een van die opwindendste finaal in ‘n lang tyd. Dankie vir julle spelers, wat dit ook moontlik gemaak het.
Laastens maar nie die minste nie:- Baie geluk onse Cheetahs, julle het julle goed van julle taak gekwyt, net jammer julle het nie meer erkenning in Piet Snorre se groep gekry nie. Ons is baie trots op julle!!
Bye-bye Chris.
Editor ek hoop jy haal vir Chris af as hy dit nie self wil doen nie. So Godslasterlike persoon het ons nie nodig as ‘n ondersteuner nie.
Cheetahs, geluk met ‘n goeie game. Aan Naka en kie, gelukkig is JL Potgieter nou weg, ek dink hy was en is nie ‘n goeie losskakel nie, so Naka begin om ‘n jong losskakel kans te gee om te speel en te groei, asseblief een wat kan skop.
Geluk Cheetahs. Al het julle nie gewen nie het julle darem die finaal gehaal en dit is meer as wat die sterk spanne kon reg kry. Julle het ‘n goeie wedstryd gehad al het julle verloor. As die Blou Bulle dan so goed was as wat almal sê moes hulle eintlik 50-0 gewen het met al die Springbokke in hulle span.
Die senuwees het maar gelol maar dit is verstaanbaar.
JL Potgieter sterkte met jou loopbaan voorentoe.
Ek wilm ook net se aan ons CHEETAHS span: Baie geluk met ;n great game en ons is trots op jou. Ek het 5 meter van die hoekie gesit waar Nico Breedt gescore het, en was so trots op almal. Ons het maar net die beste ondersteuners. Ons was so 10- 12000 en het 40 000 bulls ondersteuners laat klink of hulle ‘MUTE”. Ons sien baie uit na die SUPER 14.
Ja, en editor, ek stem al lankal saam dat Chris moet weggejaag word want hy het nooit iets goed te se nie. van die begin van die seisoen af al. Jaag hom, asb/
Gerhards
Dit is reg - ongleukkig Chris - daar het baie mense nou al gekla oor jou kommentaar.
Voor dit op die blog verskyn moet ek dit goedkeur. Ons aanvaar kritiek enige tyd, maar as ons mede bloggers begin kla, dan raak dit erg.
As daar nie ook positief gesels kan word op die blog nie, gaan ek nie meer Chris se kommentaar goedkeur nie.
Groete
Hallo Editor
Dit is reg - ek sal oor meer posetiwe goed praat.
(Jy kan my posts in die toekoms sny as dit negatief is maar dan moet jy ander mense s’n ook sny as hul my wil aanvat oor ek nie in glo in god nie)
Dankie editor dat jy altyd fair is!
C
BLOU BULL, Ek stem dat die paviljoene moet voller kom wat meer geld beteken, maar jy kan ook nie die supporters kwalik neem vir die opkoms hierdie jaar nie, na n treurige super 14 en CB begin is vertroue, moed, geesdrif om stadion toe te gaan en te kyk na oppervlakkig rugby nie waarde vir geld nie. Maar 1 ding se ek jou as die eindstryd in BLOEM was het jy n full house gesien. Ek glo die CHEETHAS het goeie momentum gekry en ook geslaag om harte en selfvertrou by die supporters terug te wen en die volmaak van die stadion le in die hande van die spelers om vir die aandeelhouers waarde vir geld te gee. So BLOUES die volmaak van die stadion dis die spelers se besigheid en as hul swak diens (rugby) gaan speel verloor jy besigheid, goeie rugby wen harte en maak die stadion vol.
Hi Chris
Dankie dat jy verstaan. Ek dink ons sny van nou af geloof en politiek uit die blog.
Ons praat hier oor rugby.
Groete
Moenie worry nie.. Daar bestaan nie regtig ‘n Currie beker nie. Dis alles fairytails. Moenie glo in die Currie beker nie. Daarom het die Bulle hom ook dan eintlik nie gewen nie want die bulle kon nie iets wat nie regtig bestaan wen , (ne Chris, hehehehe). En o ja, ons kan ophou kla want ek glo ook nie meer dat Demas regtig bestaan nie. Hy is eintlik JW Jonker. Dis evolusie, sien! Maar dan, dink ek nie ek glo ook aan Chris nie. Daarom sal ek nie weer sy snert op hierdie blog sien nie. Ek is nie bereid om ons blog te deel met iemand wat ek glo nie regtig bestaan nie.
Ek sien Demas is alweer in die beginspan van die Vodacom beker….
Sorry vir my ergerlike sarkasme vriende.
Dalk was Pro Legoete net die laaste strooitjie op die kameel se rug. geknak…
Hi Kobus
Chris het darem nou gesê hy sal nie weer negatief praat nie. Kom ons gee hom ‘n kans op dit. Die Vodacom Vrystaat Cheetahs het sterk Christelike beginsels, en ons bly daarby of die ondersteuners dit so wil hê of nie.
Groete
PS: maar kom ons hou maar die geloof en politieke gesels vir ‘n ander plek as die blog.
Hi Editor
Hoe kan jy dat Kobus sulke negatiewe goed oor my sê terwyl ek net oor posetiewe goed moet praat? Kom ons sny liewers AL die negatiewe goed van nou af.
(Kobus - as jy glo ek bestaan nie hoekom reageer jy dan? - wys jou ‘n swak jou vermoë is om te glo)
Ek gaan van nou af geen bloggers meer toelaat wat op mekaar kommentaar lewer nie. Indien julle probleem het hiermee, verlaat assebllief die blog. Ons het juis hierdie probleem gehad met die vorige cheetah-chat wat ons gehad het.
Respekteer mekaar en mekaar se sienings
Groete
Editor
Ek sal hou by wat jy vra.
Thanks. Jy het die hele ding goed hanteer.
Chris, ek vra om verskoning as ek jou enigsins onregverdig te na gekom het.
Cheetah Groete…
Thx Editor!
Ek kan onthou op die ou “cheetah-chat” hoe die mense probleme gamaak het! Veral toe daai blou bulle so baie moeilikheid gamaak het.
Editor dis reeds oor die mense se swak gedra destyds wat ‘n klomp van ons ondersteuners ons eie ondersteuners forum begin het.
Dis goed dat jy streng sal optree hier. Thanks.
Cheetahs ons weet dat julle volgende jaar ‘n goeie jaar gaan hê. Julle het nou met die finaal gewys wat in julle steek. Sterkte vir volgende jaar.
73 Stef
Kan ek (of enige iemand) anders ook by julle aansluit?
Waar kan ek by dié forum aansluit?