Die ondersteuners wat saam ons na Pretoria reis om die span op Loftus te ondersteun - kom kuier saam met ons by die “Cheetah Village”.
Die kuierplekkie vir die ondersteuners van die regte span gaan op Pretoria Girls High school se gronde wees wat aan die oostekant van die paviljoen geleë is. Kontantkroeg en kosstalletjies gaan beskikbaar wees.
Dankie aan SAB, Vodacom, Distell en SPE wat ons help om die geleentheid aan mekaar te slaan.

Van van ‘n kuierplekkie vir die ondersteuners van die regte span by Vodacom Park vir die ondersteuners wat nie kaartjies kon kry om Loftus toe te reis nie?
Ek is seker ek is nie die enigste ondersteuner wat baie suur is oor die kaartjie ding nie. Dit sal nogtans lekker wees as die unie ‘n dag by Vodacom Park kan reel met groot skerms en so sodat Cheetah ondersteuners dan nou maar die game saam hier kan kyk. Kontak my gerus as julle idees vir so iets nodig het, julle het my mail adres.
Ek was gelukkig genoeg om ‘n kaartjie te kry, en sal beslis ‘n draai kom maak - ons Cheetah ondersteuners moet saamstaan en n groot geraas maak Saterdag!!!
We still have one viewing suite available at Loftus for the Currie Cup Final
R2000 per seat includes full bar, pre match snacks and buffet meal.
http://www.sasporttravel.co.za/?m=8&s=1&idkey=744
Contact info@sasporttravel.co.za
Ek sien op die blog van die blou bulle die voorspellings wat gemaak word rakende die eindtelling, almal sê die bulle gaan wen tipies, wat my egter vies maak is die bynaam wat die cheetahs nou skielik het naamlik (CHEATERS)
Tipiese blou bul ondersteuners wat sulke goed kwyt raak en goed voel daaroor, klomp wingatte en verskriklik arrogant, ek hoop net die blou bulle speel met ‘n vol sterkte span, sodat daar nie alweer tonne verskonings gaan wees as die cheetahs hulle verniel nie. En om mee af te sluit,
‘n Cheetah ondersteuner vang vis langs die vaal rivier, elke keer as hy ‘n vis gevang het gooi hy dit terug, naderhand kan die mense nie meer hul nuuskierigheid inhou nie en vra, nou hoekom gooi jy al die visse terug wat jy gevang het? Hy sê ek gooi al die visse terug met die groot bekke, want hulle laat my dink aan Blou bul ondersteuners.
GO CHEETAHS GO GAAN GENIET JULLE STUKKIE BLOU BUL STEAK
Sien julle daar.
Dankie aan die mense by die VRU wat my gehelp het.
Hoop die span kom gooi ook n draai daar …………
Ek sien J.Thormalen skryf namens Hawies die volgende:
“Daar steek meer in die Blou Bulle se agterhoede as Morné Steyn se skopvoet.
Met dié Bok-losskakel aan die stuur van sake kry die Ligbloues dit reg om die gevaarmanne in hul agterlyn meer doeltreffend te gebruik.Dit is die mening van Hawies Fourie, agterlyn-afrigter van die Vrystaat-Cheetahs, oor sy span se teenstanders in Saterdag se Curriebeker-eindstryd op Loftus Versfeld.
Die tuisspan het oor die jare bekend geword vir die kragspel van hul voorspelers, maar die Ligbloues het onder Pieter Rossouw, agterlyn-afrigter, gewys hulle kan ook met die flair van ander spanne saampraat.
Fourie meen die Bulle se ster-agterspelers kry onder Rossouw meer geleenthede ”
************
Sal iemand nie maar vir Hawies sê dat dit eintlik ook nog altyd die manier was waarop Cheetah agterlyne gespeel het nie ? En as hy kan raaksien wat P.Rossouw doen, hoekom vat hy nie ‘n tip nie ? Die Cheetahs het ewe veel talent op vleuel, senter,losskakel, indien nie meer nie, as die bulle.
Of is hy besig om homself en die span bang te praat ?
Hy het net vergeet om te sê dat die bulle agterlyn ook weet hoe en waar om te verdedig, en dat Nokwe, Mapoe en Juries waarskynlik baie meer gevaarlik kan wees as Habana en F.Hougaard. As hulle natuurlik ook “die geleenthede kry “
Kon ongelukkig nie n kaartjie kry nie maar ons gaan saterdag oranje wees.
Sterkte Cheetahs julle kan dit doen. Die ouens wat daar gaan wees sal net vir hulle swem handoeke moet saam vat want loftus gaan vol blou traane wees.
Ek en my groep sal daar wees. Hopelik sal daar ‘n lekker atmosfeer wees en kan ons lekker kuier.
DIe Cheetas sal seker maak dat die arogante blou bulletjies gras vreet soos dit by bulletjies hoort.
Cheetahs is tog vinniger as bulletjies. GO CHEETAHS.
Het kaartjies gekry! Nog nie heeltemal seker of ons dadelik na die game terug ry na ons meer beskaafde stad nie, maar sal graag daar wil wees.
Aan al my Vrystaat vrinne….Saterdag dra ek Oranje.Ek kan nie anders nie,want die Vrystaat span het almal se bekke stil gespeel.
4. Koos, die bynaam “cheaters” dateer uit 2005 uit toe Rassie Erasmus die gewoonte gehad het om ander spelers in die span op die veld te sit op gameday as wat hy vroeer die week aangekondig het. Die ligte wat hy bo-op die stadion gebruik het ook gehelp vir die bynaam. Toe ons natuulik hulle verras in die finaal 2005 was dit petrol op die vuur. Dit is dus niks nuuts nie en dit pla my persoonlik nie regtig nie. Ons ondersteuners gebruik al lankal terme soos die “flou nulle” en “blou osse”, dus kan ons nie eintlik kla nie. Die belangrikste is dat ons teen verwagtinge in die finaal speel en ek glo ons het ‘n redelike kans om te wen. Die Cheetahs moet net hierdie vorm voortsit in die S14 volgende jaar, ond doen elke jaar redelik in die CB, maar vertoon power in die S14. Ek het ‘n vermoede wat dit kan veroorsaak maar wil my nie nou daaroor uitspreek nie.
Jaco, as jy kaartjies soek, email annerine@unikatrust.co.za ek weet hulle het , met vervoer ingesluit na pretoria en terug.
Ek is sterk oppad loftus toe saam met ongeveer 20 ander Cheetha ondersteuners. KOm ons gaan verf loftus oranje!!!!
Hi
Cheetahs het ook ‘n ondersteuners bus wat loop. Skakel Rentia by 051 407 1700 of e-mail by rentia@fsrugby.co.za
Ek dog julle se die kaartjies is nop. Ek wag nou nog om te hoor van die VRU vir kaartjies.
Ek het kaartjies gekry dankie. Sê vir my gaan daar by die Cheetah Village TV’s wees wat die onder 19 en onder 21 gaan wys
Ons kan vandag met trots se dat die Cheetahs die beste span in SA is. Nadat niemand ons n kans gegee het om die fimaal te haal nie het ons die hele land n ding bewys. Die bulle is n spul arrogante gautengers wat n pakslae kort. Hoe kan hulle ons net 3000 kaartjies gee nadat ons hulle gehelp het tot n tuis finaal? Hulle is bang man!!!!!!!!!!! Sien julle by Loftus!
Hardus, kon jy nie ook, soos ander mense by Computicket ens kaartjies koop nie?
Hardus my ou maat, die Vrystaat ondersteuners kan dan nie eers die Vrystaat stadion (Vodacom Park) volpak nie, behalwe as die Bulle daar speel.
Maar genoeg van kaarties. Alle eer aan de Cheetas vir hulle goeie spel en veggees. Hulle het bygedra tot ‘n skouspel. Jammer vir Wian Du Preez - hy moes in die Bok span gewees het.
en dan aan die Blou Bulle, wat ‘n ongelooflike seisoen!! Die Bokke in die Bulspan spog met ‘n super 14 trofee, reeksoorwinning oor die Leeus, die Drienasie Trofee en nou die Curriebeker. Enige toekomstige rugbyspeler wat dit in een jaar wil vermag sal ongelukkig 12 jaar moet wag. Ander Suid Afrikaanse spanne sukkel al 13 jaar om net die Super 14 te wen. So ek verwag nie dat die “Dubbel” gou herhaal gaan word nie. (Maar miskien is dit nou die einde van ‘n Goue era vir die Blou Bulle… )