Kom gesels saam my - Rob

Hello Bloggers

 

Die semi-finaal is agter die rug en ons is op pad na die finaal op Luftus teen die Bulle.  En wat great is ons onder 19 en onder 21 spanne is ook deur.  Gesels saam my en gee bietjie vir my julle mening oor die wedstryd wat verby is en die groot een wat op pad is.

Groete

Rob

This entry was posted on Monday, October 19th, 2009 at 11:39 am and is filed under Robert Ebersohn. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

67 Responses to “Kom gesels saam my - Rob”

  1. Gron Says:

    Dit is jammer jy kan nie die game speel oor 2 weke nie Rob.

    Kan jy ons dalk inlig wat presies jou boet nou volgende jaar gaan doen?

    Die finaal is daar om te vat. Die bulle verwag nou ‘n groot aanslag op die skrums, so dit gaan nie heeltemal so maklik wees nie, maar as hulle fokus op skrums, kan die Cheetahs hulle moontlik aanvat op die lynstane.

    Heh. Half bly ek is nie in die spelers se skoene hierdie 2 weke nie. Dit gaan ‘n rowwe skaakspelery wees.

  2. Pieter Says:

    Rob
    Dink die wedstryd wat verby is was een van veggees en durf gewees. Mens kan sien die span speel as span saam en dat daar verseker ‘n baie goeie gees onder hulle is. ek is net bekommerd oor ons senters op die stadium. Daat is nie regtig deurdringings vermoee nie en die verdediging is ook nie altyd wat dit moet wees nie. Die balle kom te stadig by die vleuels uit. Mapoe was heeltyd onder druk as die bal by hom kom.
    Gaan Adriaan en Richard reg wees vir die final? Cheetahs het uitstekende kans om te wen in Pretoria as hulle net die intemedasie positief kan verwerk en op die spel bly konsentreer.

    Dink ons voorry emt die hulp van die slotte is die beste in die land en die lostrio speel uitstekend saam

    Wel done aan aan almal betrokke by al die spanne wat deur is

  3. blou bul Says:

    Hi Robert..Ek moet se hierdie groep spelers en afrigters het guts en veggees gewys die hele seisoen soos ek lanklaas gesien het.Stem jy saam as ek se dat dit n goeie ding was dat Vrystaat so swak begin het,nou weet hulle dat 4 verloor in n ry is nie die einde nie.En dit kan net groot dinge voorspel vir die Super 14.Die manne se koppe is reg ingestel.Laas jaar na 4 op n ry verloor in die s14 het die manne se koppe gehang,vlg jaar sal die manne weet ons kan dit doen .Ek glo vrystaat gaan vlg jaar die super 14 wen.

  4. Willem Says:

    Wil graag weet hoeveel spelers wat huidiglik in die span is gaan weer volgende jaar vir Cheetahs speel?

  5. phillip Says:

    Ons almal moet nie net vir Naka en hawies onverskooning vra nie maar ook vir Harold want Harold met seker iets reg doen al stem ons almal nie altyd saam nie. Om die Cheetahs in 3 finale te he met die minste geld is fantasties. Waar is die manne wat bus trippe gaan reel met rugby kaartjies want ek sien die bulle is hierdie keer so bang hulle gee die FS unie nie n enkele kaartjie nie.

    Geluk Vrystaat ons het geweet julle gaan dit doen, ons was 24% uit 40 000 op superbru wat geweet het wat kom en natuurluk die shark supporters wat nie eers gaan kyk het nie. Maak dit die 31ste 3 uit 3

  6. Kobus (Freetah) Says:

    Ek het al vroeer baie geluk aan al die spanne gesê Rob, maar ek sal maar weer my trots teenoor die spanne uitspreek ..wys die talent is nog reg in die Vrystaat!!

    Ek sou net graag ‘n paar dinge by jou wil hoor:
    1. Hoe ver van reg is Adriaan Strauss ?
    2. Wat is die storie nou dat die Sharkes Brussow ‘n miljoenêr wil maak?
    3. Is dit moonlik dat julle tog net vir Naka en Hawies vra om tog Uys te rus!! En JW Jonker ‘n kans te gee!!
    Cheers

    Kobus

  7. Emile Laubscher Says:

    Hi Rob,

    Dit was ‘n uitstekende wen, veral nadat ons ons enigste erkende hakker vroeg verloor het. Op daardie punt wil ek vra, hoeveel ondervinding het Ashley op hakker? Hy het nie sleg gedoen nie, maar ek hoop Naka kies ‘n reserwe hakker vir die finaal. Ashley se werkverrigting agter die skrum is uitstekend, en ons kan nie bekostig dat hy voor in die skram sak nie. Is daar enige kans dat Adriaan en Juan dalk nog kan herstel in hierdie 2 weke?
    En laaste vraag, was Jongi uitgelaat uit die beginspan, of was dit weens ‘n besering? Danwel sal sy lyn moet beter op pas, veral teen Morne Steyn. Hy was gereeld uitgevang vir te vlak wees.

    Ek hoor graag van jou.
    Groete,
    Emile

  8. PC Says:

    Hi Rob.

    Ons is nou in die finaal. Hoe is die gees nou?
    Enige niggles of ernstige beserings?
    Het die manne al begin gesels oor wat met die laaste game op Loftus foutgegaan het en hoe om dit reg te stel?

    Ek glo ons kan dit doen, almal moet nou net saamtrek!

  9. Gerhard Says:

    Rob, my vliegtuig en hoofpawiljoen kaartjies is geboek. Ek is so bly dat ons op die regte tyd sulke goeie rugby begin speel, en ja dis great dat die 0/21 en 0/19’s deur is final toe.

    Rob, sal jy dalk net kan uitvind of Atter en Juan dalk betyds sal herstel van hul beserings. Ek glo Atter se vinger sal seker gesond wees.

    Dan wil ek ook net weet, het hulle Demas gespeel vir sy skoppe en weer, of dink jy hy is die eeerste keuse?

    Ek hoop net Jongi of Juries kan begin.

    Verder is als oppad na ;n goeie eindstryd. Go Cheetahs.

  10. JJ Says:

    HI ROB, om te begin dit was n great semis gewees in DURBAN E KAAP. Ons game wil ek ons voorry Salueer hul het fantasties geskrum, en op die vorige blog die ouens genoem. So ek hoop die agtal bly dieselfde. RICHARDT se oog behoort dan reg te wees di ou het hard probeer korrel met 1 oog well done. ROB weet jy dalk hoe het hy die hou gekry…. Dan negatief die insluiting van DEMAS BO JURIES. Nee wragtig Demas lyk net besig JURIES is besig en dan het ons verseker jou gekort op buite senter my 1ste keuse maar JW het briljante rugby gespeel en elke keer n verskil kom maak of driee gedruk. Wat is die rede hoekom hierdie 2 ouens nie in die beginspan inkom nie. Ons het n kans teen BULLE maar n paar dinge sal moet gewerk word, en ons moet leer uit die WP game. WP het nie verloor omdat die BULLE n beter span, of te sterk of meer bokke ingehad het nie. WP het verloor 1. DISSIPLINE EN MORNE MAAK SEER. 2. VERKEERDE BESLUITE 3. SPANKEUSES MOES SCHALKIE BEGIN HET…MOES NOOIT DIE FIDJI OU OPGEBRING HET NIE, MOES BY SY SENTER KOMBINASIE GEBLY HET. En ons sal ons dissipline 100% he, die regte span opstuur, en beslis daardie dag van die 1sek tot 80min aangeskakel wees. En JL sal sy skopwerk regkry. Weet jy of enige ander beseerde spelers soos ADRIAAN OF NOKWE reg sal wees. Thanks ROB

  11. Marielle Says:

    Wat ‘n game. Baie, baie, baie geluk Cheetahs. Julle is ysters! Het die game in PTA in ‘n Pub vol Blou Bulle gekyk maar is gelukkig veilig terug tussen die Cheetahs. Ek het 20 jaar ouer geword in daardie 2 ure!

    Baie sterkte met julle voorbereiding die volgende 2 weke en gaan wys almal waar die heel beste rugby talent in hierdie land vandaan kom! Ons weet julle kan. Julle het dit al oor en oor bewys!

    Cheetah supporter through good and bad!!!
    Marielle

  12. Jaco Grobbelaar Says:

    Ek is baie ongelukkig. Het my gat af probeer om kaartjies te kry. Toe die bookings op computicket oop kom toe was hulle dadelik sold out.Ek hoop die Cheetahs gee die bulls met al hul bokke pakslaa. En die keer is daar darem nie weer n onervare Australia ref wat die bulls gaan help soos 3 weeke terug nie.
    Go Cheetahs

  13. Michael Cooper Says:

    Super stoked manne…

    Beste span op di veld by ‘a country mile’.. Well done!

  14. Cheese Says:

    Goeie game gewees, die ouens het rerig as span saam gespeel en nogal kopgehou na Die twee drie van die Sharks.
    Dit is amper sprokie met die o/19&o/21 wat ook in die eindstryd is as ons drie wenne kan kry sal dit amper te goed wees vir woorde.

    Wat is die kans dat Adriaan se vinger sal reg wees vir die 31ste want ons het maar bietjie gesukkel in die lynstane to richard af was halftyd.

    Die ouens moet net die gees en die selfvertroue na die S14 toe oordra en glo hulle kan oorsee wen.

  15. Renier Says:

    Robert,

    Hoe lyk Nokwe se hamstring besering, sal hy betyds herstel om teen die Blou Bulle te kan speel? En net nog`n paar vrae van die spelers van die agterlyn:

    1) Wat dink jy van Cornè Uys se manier van speel. Ek sien hom gereeld mis tackle? Hy het darem vir Adi Jacobs gekeer om `n drie te gaan druk deur aan sy broek vas te gryp…
    2) Meyer Bosman wat partykeer aan die ouens vat eeder as om hulle te tackle?
    3) Hoe belangrik is dit om positiwiteit en ondersteuning te kry van jou kaptein as jy `n op jou beste speel nie, het dit ooit `n invloed op jou as `n speler?

    Die Cheetahs het regtig baie goed gedoen in al die fasette. Heinrich Brussow het uitstekend gedoen by die losgemaal en by die scrums was ons op ons beste. Met oom Os kan ons nog die Blou Bulle verkrag in die skrums. En sodra die voorry meegee, dan sal hulle agterlyn moet begin verdedig eeder as aanval, en sodoende hulself moeg maak en dan kan ons, ons vleuls gebruik om hulle te knyp.

    Ashley Johnson is briljant onder die hoë balle by die afskop, hy stamp teenstanders af en ek dink hy moet in die begin 15 wees, wat dink jy van sy spelpeil?

  16. Cheetah Daisy Says:

    Baie geluk aan al die manne wat ons naam hoog hou op die veld. Bleddie welgedaan om in al drie groepe deur te wees na die finaal. Dis mos soos dit hoort!

  17. Piet en Carin Botha Says:

    Ons het geen woorde na die naweek nie. Net vrek opgewonde. Die Currie Beker is Vrystaat s’n. Baie sterkte aan die manne en ons staat bankvas agter julle!!!

  18. Stanley Robertson Says:

    Hi Rob.

    Wat ‘n fantastiese gebeurtenis, ons was almal “mal” van opgewondenheid. Ja voorwaar is Vrystaat rugby sommer baie gesond om die o/19, o/21 en Senior span in die final te het.

    Ek en my vriende was geluukkig genoeg om ‘n paar kaartjies by Tewis De bruyn te kry, so ons is oppad… (kanie wag)

    Hoe gaan dit met jou en Juan Smith se besering, wanneer sien ons julle weer op die veld? Fantastiese nuus dat Adriaan Straus beskibaar is vir die final.

  19. Fanie Says:

    Ja-nee, weer in die finaal. Soos dit hoort. Ek weet finaal rugby lyk anders as ander wedstryde, maar ek hoop die spankeuse en wedstrydplan maak voorsiening vir die agterlyn om die bulle flou te hardloop. die afgelope klompie jare het ons heeltemal ‘n heeltemal te voorspelbare skop plan gehad teen die bulle.

  20. PP Says:

    ek dink daar word hopeloos te min krediet gegee vir die ou wat met die spelers se koppe werk. Daar was ‘n dramatiese omekeer sedert die super 14 en iets is net anders in die spelers se houding en ingesteldheid. Ek dink die sielkundige aspek in sport word hopeloos onderskat en behoort meer aandag te geniet. Sterkte met die finaal.

  21. arrie Says:

    ongelooflik manne, ek is seker een van die grootste ondersteuners en kan nie wag tot die finaal nie. ek is trots om n vrystater te wees. ons gaan weer soos in 2005 die beker daar gaan haal.

  22. Stef Says:

    Ek bly ‘n trotse Cheetah ondersteuner vir altyd, maar as ek iets sien wat my pla van my span, dan praat ek. Met die 2 senters en die “wonderkind” vleul wat in die semies gespeel het gaan ons swaar kry teen die bulle. Hierdie manne kan vir ons die game kos, maar met hulle kon ons die sharks wen so ons kan die bulle ook wen, dit gaan net nie so maklik wees nie.

    GO CHEETAHS GO!!!!!!!!!!!!!!!

  23. Cheetahs 4 Life Says:

    Robert - eerstens, ons as Cheetah ondersteuners se harte is baie geswel van trots! Die span is ongelooflik op die oomblik - dit is baie duidelik dat daar ‘n hegte gevoel van kameraadskap tussen die spelers is. Die semi finaal- wel ek dink dit was fantasties. Die karakter wat dit vat om van 18-3 af terug te veg en te wen in ‘n semi - dis ongelooflik! Die voorspelers, met inbegrip van die lostrio was fenominaal. Ashley, Frans en Heinrich - super sterre! Wian, WP en Richardt ongelooflik! En Nico en Dawid - het die nodige stoom in die enjinkamer gegee vir daai ongelooflike skrum. Wat die agterspelers betref Ek dink net Meyer B moet sy aangee werk effens opskerp en Corne Uys moet ook skerper wees - sy vaart en grootte gaan nodig wees teen die Bul agterlyn! Komaan senters - julle is spel brekers - wys ons !!

    Wat die finaal betref - ons almal weet Morne Steyn is ‘n wedstryd wenner. Wat gaan die Cheetahs doen om sy skopskoen te neutraliseer? Groete C4L

  24. SP Says:

    Haai Rob

    Ek moet se dat ek jou opinies waardeer, meer nog omdat jy intense kennis van die omstandighede ens het. Jou gevoel oor die semi was spot-on.

    Ek dink die finaal is seker heeltemal anders om te benader as ‘n semi, maar dat motivering die grootste rol speel.

    Enige unie wat met 3 spanne in ‘n provinsiale kompetisie se finaal speel, het diepte. Dis ongelooflik.

    Jou gevoel oor ‘n vervanging vir David de V as hy geskors sou wees?

  25. editor Says:

    Halo Almal!!
    jamer ek kom nou eers by julle almal uit!was maar weer een van daai blou maandae gewees wat niks wil regloop ni!!….maar ek kan jul dit se!!dinge is besig daar op vodacom park!!die telefoon hou ni op lui ni,almal harloop rond en is baie beesig met reelings en beplanings vi die finaal,en die einde vani jaar!!…daar is somer n opwinding ini lug!en n glimlag op almal se gesigge!!

    eerstens dink ek dis ongelooflik om al 3 jou spanne ini finaal te he!!en soos SP se,dis n groot motiveering vir almal!eks somer opgewonde en gemotiveerd en ek kan skaars op by been trap!!heheh!!ek dink ook dis leker vir die onder 19 en 21 spanne om n voor game te kan speel vir hul senior span!

    Sias het my vertel,van hul semie finaal teen die bulle laas naweek!!hy se toe daar nog so 10min vani game oor was het hul die call opi veld gekry dat die ‘groot’ cheetahs gewen het!!!!hy se…..Toe jol die manne!!

    ek glodat dit ons kan help die naweek!en verseker tot ons guns tel!!!

  26. editor Says:

    Stef!!

    ek stem saam!!hul het dit gewys teen die sharks!!en hulle kan dit weer doen!!
    gee die manne n kans!ek dink n final is baie anders en dit gaan op desipliene neer kom!!ek dink die bulle maak opi oomblik baie staat op morne styne om vir hulle punte te maak!!niemand het nog ooit n drie geskop ni…..heheh!!ek dink as ons hul uit ons helfde kan hou en ons desipliene skerp hou kan ons hul vani telbord af hou!!!!

  27. editor Says:

    PP!!

    ek stem 100% saam jou!
    Cristo Spies is nou die cheetahs se span dok!!ek werk al van st 9 af saam hom!!baie goed!!

  28. editor Says:

    Piet en Carlin Botha

    baie dankie vir al jul suport!!!ons waardeur dit baie!!

  29. editor Says:

    Arrie!!

    ek kanie help om te dink aan daai 2005 finaal ni!!onst daai jaar ook van 4de opi log gekom en di ding gewen!!dis awsom!!

    ek was maar st8 gewees daai jaar!!salit nooit vergeeti!!

  30. editor Says:

    Hey Cooper!!

    tanx man!!waardeur!!

  31. editor Says:

    Ai Jaco

    wens ek kon jou help!!maar ek spel ni meer ni

  32. editor Says:

    Cheese!!

    jy het seker gehoor dat adriaan sal kan jol ini finaal!!dis awsom!!

    ek weet!!!en ek hoop regtig met my hele hard dat ons so kan aan gaan ini S14!!!

  33. editor Says:

    Marielle!!

    baie danki…ek sal verseker vir die manne se!!
    kan dink dit wasi leke in n blou bul pub ni!!!
    tanx weereens!!

  34. editor Says:

    JJ

    ek dink die rede hukom juries nooit start ni,is omdat die ander span hom target met hoe balle as by start en hul weet hy gaan jol!!ek se ni hy is swak onder die hoe bal ni ek dink net demas is beter!!en vi semies en final is dit beter!!demas het ook n baie beter linker voet!!jip ek dink al 2 van daai spelers sal reg wees!!!moet net gaan seker maak oor nokwe!!

    dit sal verseker slim wees om te lees uit die wp se voute!!ek stem saam met jou!!

    As ons ons foute beperk kan Morne ni punte maaki…en die Bulle sit baie druk op hom om punte te maak!!

  35. editor Says:

    Ek dink Nokwe en Mapoe moet begin en dan Juries/Demas op kom!!ek sal ni vir Juries start ni!!ek dink hy is n target as hy start!!

  36. editor Says:

    Emile

    Demas was ini span gebring omdat Nokwe blykbaar ini warmup seer gekry het!!eks ni doodseker ni!!maar dit lyk of hy en Atter gaan reg wees vi di finaal!!Ashley het vir n ruk vodacom beker hakker gejol!!eks ni seker hoe lank ni,maar dis ni die eerste keer wat hy haker jol ni,ek kan dink dis ni ideaal om van 8 na 2 te skuif ini sele game ni!!soo hopelik in atter terug!!

  37. editor Says:

    Kobus!!ek weet niks van Heinz en di sharks af ni!!Tyd sal seker leer…..en Jw en Corne!!dalk ni n slegte roep ni…….Maar corne en meyer jol leke saam..!

  38. editor Says:

    Willem

    Ek weet Pottie gaan weg(Bulls)
    en richaartd gaan dalk oorsee!!verder weet ek van niemand wat waai ni…

  39. phillip Says:

    Rob

    Ons het almal gehoor julle jong manne het geteken vir nog n jaar of 2 maar is daar enige bekende name of groot potensiaal wat by julle gaan aansluit volgende jaar want kyk toe pottie teken by die bulle toe begin hy sy beste rugby speel so hy gaan n gat los ek glo Sias sal sy plek kan vat dit is net stelskop werk wat ons almal bekommerd het vir die S14.

    Belangriker sake
    Ek hoor die unie se daar gaan n Vrystaat tent moontlik by die staduim wees gaan daar dalk n paar van julle daar n draai kom maak want party van ons kom so ver as die Kaap?

  40. Norman du Plooy Says:

    Haai Robert en al die ander.

    Ek wil net se dat ek regtig TROTS is om ‘n Cheetah ondersteuner te wees. Die Sharks kan maar se wat hulle wil, as dit en as dat… die feit van die saak is ons het gewen en is in die finaal. Die game was hulle s’n om verloor en hulle het, maar dit vat niks weg van die feit dat ons hulle teen die verwagtinge in teruggehou het nie. Toegegee hulle het hul 1 punt voorsprong probeer verdedig, maar JL se onderskepdrie was dalk die druk wat hulle daartoe genoop het. Ek sien die mense praat baie van ons kan uit die WP se foute teen die Bulle leer. Onthou net die Bulle gaan ook baie uit die Sharks se foute teen ons leer!

    Daar is een ding wat vir my verblydend is van die huidige Cheetahs, en dit is die vermoe om terug te kom. Ek is my hele lewe lank ‘n Cheetah supporter en dit iets wat nog altyd ‘n probleem vir die Cheetahs (Vrystaat) was. Hierdie jaar het aaklig begin, maar kyk waar kom ons nou. Dis nie net teen die Sharks wat ons van agter af gekom het om te wen nie, ons het die dieselfde gedoen teen die WP, Bulle (hoewel ons net-net nie gewen het nie) en in ‘n mindere mate teen die Luiperds.

    Ek was een van die ouens wat aan die begin gedink het ons het ‘n probleem met die afrigting en bestuur en dat hulle vervang moet word, maar ek wil vra dat jy asseblief my verskoning aan hulle oordra.

    Generaal CR De Wet het gese: “As aar aan die einde van die geveg slegs 2 getroue stryders oorbly, sorg dat jy een van hulle is.” My weergawe: “As daar aan die einde van die wedstryd slegs 2 getroue Cheetah ondersteuners op die pawiljoen is, sorg dat jy die een is met die meeste oranje aan!”

    Baie dankie vir jou betrokkenheid. Ek persoonlik glo jy en Sias gaan nog LEGENDES in Vrystaat Rugby word.

    Groetenis

    Norman du Plooy

  41. Imran Says:

    Rob - wat het jy teen Fabian Juries. Jy is altyd negatief and dan probeer jy dit op cover. Fabian het op 15 gestart teen die sharks en guess what - hy was man of the match. En guess weer toe hy die volgende game ook start toe was hy WEER man of the match. Wat wil jy eintlik se? Julle probeer iemand kans gee at the expense of the MAESTRO. Start Fabian in die finaal en julle wen. Lyk my jy is bang Fabian vat al die glorie. Dis so goed hy is! Go Fabba

  42. Imran Says:

    Shane Williams is baie korter as Fabian en word hy getarget? Praat goed wat sense maak ou of anders hou jou bek!

  43. Chris B Says:

    Het julle miskien na die videos gekyk om te sien of die klagte teen David enige grond het ? Ek tape al hierdie games en kyk dit dan ‘n paar keer weer, en ek het gisteraand weer gekyk. Gewone spoed, slomo, maar ek sien nie eers ‘n kontak situasie tussen David en Keegan nie ? Keegan het eers omtrent die 60ste minuut opgekom, en al wat ek sien wat eintlik uitgewys moes word is waar hy vir Mapoe openlik en doelbewus met die skouer geloop het toe Mapoe nie eers naby die bal was nie ?

    Ek kan verstaan dat Bakkies nie uitgewys is nie, dit was geen ernstige storie nie, hy het net op die WP speler se bors gedruk. Dit was nie eers naby ‘n geelkaart werd nie, maar die uitwys-beampte het waarskynlik gevoel dat hy reeds gestraf was, en waarskynlik ook nie juis billik gestraf was nie. ( My opmerking moet asb. geensins as enige simpatie met die VV gesien word nie, dis net ‘n opmerking ! )

  44. Norman du Plooy Says:

    David de Villiers has been cleared of foul play! We are marching to Pretoria….

  45. JJ Says:

    HI ROB, danki vir jou gesels met ons, ek weet nie of die ander provinsies dieselfde doen as wat jy en die VRU doen nie, ek weet hul het ook supporter blog maar of spelers saam praat weet ek nie. SEKER HOEKM DAAR AL BLOU SUPORTERS AL HIER BY ONS BLOG WANT DA GEBEUR SEKE NIE VEEL OP HUL BLOG NIE. Rob ek hoor jo oor JURIE en jy sien en ken nou meer, maar hy het goed gedoen vir my die game op heelagter en goed onder di hoe balle hy my verbaas en n ander dimensie verskaf. Net n paar goed weet. 1. HET ek reg gelees oor die loskakel vd LUIPERDS wat STATE toe kom weet jy iets van hom is hy ok. 2. Ek lees dat BRAAM, ERIC HERBERT, OF TSIMBA gevra is om te help met skoppe, weet jy wie kom. 3 dan was da sprake van NAAS OLIVIER OF GAFFIE wat ook states wil kom

  46. paul Says:

    ek hoop dat al die platkoppe wat op die webwerf vroeer vanjaar naka se kop geeis het, sluk nou hulle woorde. As Blou Bul ondersteuner het ek gevoel dis verregaande en het ek gedurende April ‘n lansie vir hom gebreek en kyk waar is die Vrystaat nou. In die Finaal met eg Suid Afrikaanse spelers. Rassie Erasmus daarenteen is nie in die finaal nie!!! Die Sharks is die ware chokers van SA Rugby. Sedert 1997 het hulle 17 semi-finale of finale in die Curiebeker of Super 14 Rugby verloor. (asook een finaal in die Vodacombeker.

    ‘n Laaste woord: Ek ondersteun die Blou Bulle al 41jr van my 46 jaar. In die tyd het ek drie goue eras beleef naamlik 1968-1981, 1987 -1991 asook 2002 tot op hede. Loftus gaan vol en opgesweep wees…sien julle daar vir ‘n dop na die tyd!!

  47. Chris B. Says:

    Ek het hier ‘n vraag aan Robert gepost gister, oor D.de Villiers. Waar is my post ??

  48. Jaco Grobbelaar Says:

    Die blou bull weet nie van verloor af nie,
    Want die blou bull ken nie van die vrystaat nie!!!!!!!!
    Ons gaan die Bulle op eet!!!!!!!
    Ek sien n repeat van 2005 aan die kom

  49. corné Says:

    robert jy antwoord nie regtig di vraag oor jw nie… hoekom nie? daar is baie mense daar buite wat graag sal wil weet wat is die rede agter jw se uitlatings week vir week?! ons mense is nuuskierig jong, dinge maak nie lekker sin nie!

  50. Hein Says:

    STERKTE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! ONS LOVE JULLE!!!!!!!!!!!!!

  51. Chris Says:

    Geluk aan Naka en Ashley Johnson met jul toekennings. Ek is ook baie bly dat David de Villiers nie geskors is nie….. hopelik krap hy nou ‘n paar Bulle se oë uit!!! (net ‘n joke)

    Ons het goed gedoen deur die minse strafskoppe af te staan van alle spanne! Dit wil gedoen wees. Ek dink met ‘n goeie pak voorspelers gaan jy die ander spanne soms dwing om foute te maak. Ons moet steeds onthou dat die Loftus faktor ‘n invloed het op ‘n skeisregter en veral die lynregers se beslissings maar dit klink goed dat Naka op die posetiewe eienskappe fokus en daarop wil bou.

  52. Hein Says:

    Ek sien in die Volksblad Fourie du Preez meen die Bulle kan ‘n groot telling opsit teen die Cheetahs….Dis nou die tipiese Bul mentaliteit wat dit net soveel belangriker maak dat ons moet wen. Ek sien redelik baie mense gee ons ‘n goeie kans om die beker te wen - ek dink ons is by verre minder underdogs as 2005 so ons het ‘n baie baie goeie kans glo ek..

  53. Gerhard Says:

    Robert, gee ons bietjie nuus uit die kamp uit toe. Dis mos nie te se as jy nie speel nie, gaan jy nie oefeninge toe nie. Of is dit? Ons wil net bietjie nuus he ui die binnekringe.

  54. Gerhard Says:

    Waar is al die ‘blog-editors’ vandag?

  55. Doen Says:

    Rob

    Weet jy of die unie van hulle kant af iets beplan vir die 31ste? Ek is seker ek is nie die enigste ondersteuner wat baie suur is oor die kaartjie ding nie. Dit sal nogtans lekker wees as die unie ‘n dag by Vodacom Park kan reel met groot skerms en so sodat Cheetah ondersteuners dan nou maar die game saam hier kan kyk. Hulle kan my kontak as hulle iddees vir so iets nodig het, hulle het my mail adres.

    Verder wil ek jou alle sterkte toewens op pad terug na die besering, dis nooit maklik nie en gee asseblief ‘n boodskap aan die span:

    Julle het al die beker daar gaan haal, julle weet hoe, doen dit weer, ek is baie trots op julle!!

    Thanx

  56. Louis Nortje Says:

    Editor weet jy of Naka al besig is om met n loskakel te onderhandel nou dat JLP weggaan? Indien wel, wanneer gaan ons weet?

  57. Spikkels Says:

    Robert

    Ek skuld vir Naka & Hawies n verskoning …..
    Die begin van die CC seisoen, jy weet.

    Doen my n guns en dra dit so aan hulle oor, asseblief.

    En, natuurlik, sterkte vir die boys.

  58. editor Says:

    Hallo almal!!jamer ek was so bietjie stil oor die naweek!!
    ek was bietjie na die baai toe!!was die gas spreuker by n skool so 200km van PE af!!Joubertina is die dorpie se naam!!wat n aangenaame plekkie!!en die coolste mense!!so opreg!!!

    dis so rustig en stil daar tussen al die berge en klowe……..hul se,nie eers SONDE kan mens daar kry ni..

  59. editor Says:

    Nog goeie nuus!!!

    Ekt gister die skroef uit my enkel uit gehaal!!was n lang 8 weke gewees!!maar eks nou reg om die rehad dink met volle vaart aan te pak!!!ek dan reg te wees vi S14!!!

    My eerste mission is om die paar KG’s op te tel wat ek verloor het oor die laaste 8 weke!!maar dit sal maklik gaan!!

    net so 3 weke se harde gym werk saam NIEL en eks weer op trek!!!!!

  60. editor Says:

    Spikkels!!!

    moenie warry ni!!!as ons wen dan is als mos reg!!
    ek sal dit vir hul oordrae!!
    tanx vi jou opregte suport!!

  61. editor Says:

    Louis Nortje

    Ek weet ongelukig ni!!!gaan my bes try om vi jou uit te vind!!maar ekt n baie goeie idee dat jy dit eers ini koerante gaan lees voor enige iemand hier ini kamp gaan weet…….

  62. editor Says:

    Deon!!

    dit klink nou na n gr8 idee!!
    sal bietjie hoor wat se die mense!!!as jy niks van my terug hoor ni,dan weet jy ek hoor niks van hul terug ni…..eks ook maar net n speler wat die saaitjie daar gan try plant!!!maar klink of dit kan werk!!!

    soos daai bok town,maar net n cheetahs town met big screens en so!!!!!

  63. editor Says:

    Corne!!!

    ek dink jw is n awsom speler!!en verdien n kans ini begin span!!maar ek dink corne en meyer is net so goen!!maar ongelukig kan daar net 15 mane opi veld draf!!en as naka en hawies dink jys nie goed genoeg ni,gan jy ni jol ni….
    jamer as ek ni jou vraag mooi antwoord ni….wat presies wil jy weet!!???

  64. Louis Nortje Says:

    Dankie admin, hoop net dit sal n “yster” van loskakel wees. JLP het die jr sy voete gevind en nou gaan hy Bulle toe.

    Ek dink baie van ons wil BAIE graag weet wie dit is. Ek weet so tydjie gelede het Naka gese dis iemand wat reeds super 14 gespeel het.

  65. editor Says:

    Louis Nortje

    ja pottie het sowaar sy voete gevind die jaar!!maar ek glo ons sal iemand kry!!!ons het nog altyd reg gekom!!kanie sien dat ons ni die keer sal ni!!

  66. editor Says:

    jaco!!

    ek sien n ding kom die naweek!!die bulle moet ni te gerus wees en dink dinge gaan net vanself gebeur ni….die tuisveld gaani aleen vir jou n game weni…
    HIER KOM N DING!!!

  67. editor Says:

    halo mense!!

    Daar gaan saterdag by pta girls high n ‘get together’ wees vir ali cheetahs voor die game!!!ons kan leker opwarm daar en dan vandaar af dit game toe vat!!!!gaan leke wees!!!ons sal moet saam staan,want soos jul weet is ons min!!!…..
    maar ons is mosi bang ni!!!!

    Ongelukig weet ek van geen spelers wat gekoop word van ane unies ni….daar is soveel stories en praaitjies!!!ek kan jul se,dat as iets finaals besluit word oor enige speler wat gekoop word,isi koerante eerste daar!!!en jy salit daar lees!!ons vind ook maar so uit!!

    *****Ek gaan na die Finaal my eie website oop maak,met klomp nice dingetjies!!jul moet almal asb voortgaan om vir my daarop te skryf!!gaan awsom wees!!Sal jul die adres gee sodra dit gefinaliseer is!!!

    CHEERS!!

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree