Hier is hy dan nou getroue bloggers - die span wat Saterdag die Haaie in Absa Stadion, Durban aanvat. Die wedstryd skop 14:30 af, skeidsregter is Marius Jonker.
15. Hennie Daniller
14. Lionel Mapoe
13. Corne Uys
12. Meyer Bosman
11. Jongi Nokwe
10. Jacques-Louis Potgieter
9. JP Joubert
8. Ashley Johnson
7. Frans Viljoen
6. Heinrich Brussow
5. David de Villiers
4. Nico Breedt (k)
3. WP Nel
2. Richardt Strauss
1. Wian du Preez
Plaasvervangers
16. Coenie Oosthuizen
17. Izak van der Westhuizen
18. Hendro Scholtz
19. Kabamba Floors
20. Tewis de Bruyn
21. Louis Strydom
22. Fabian Juries

Goeie Span
Daar is geen rede vir ons om hom nie te vat nie.
Bulle met 12
Cheetahs met 3
Ons gaan Loftus toe!
Goeie span .. net een probleem .. ek sou graag jw jonker in die 22 tal wou sien. !!!
Met volle vertroue in die span en die tattoo van die Cheetah op die hart sal ek die wedstryd dophou en hoop dat ek ‘n kaartjie vir die finaal kan bekom. Op Loftus. As die span hulself net uit die nuus kan hou die res van die week en fokus op die taak. Ons staan 500% agter die Wit Tornado.
Ek wens julle wil nou net ophou kla oor JW. Ek hou net so baie van hom, maar die is ‘n BULSPAN hierdie.
Welldone Naka, dit is ‘n puik spankeuse en ek weet ons gaan die Sharks slag as die boys commited is.
Cheetahs met 9 en
Bulle met 13.
Go STATES!!!!!!!!!
As NAKA/HAWIE Nou nie n verrasing element het en by die span gaan bly dink ek dis goeie span. Sal JW in NOKWE begin het omdat JW meer agresief verdedig en by die spel betrokke is en die windhond los laat as die game los raak en JW senter toe vat in UYS en NOKWE vleuel toe skuif. STERKTE OUENS DOEN ELKEEN NET SY DEEL SPEEL VIR MEKAAR. EK VERMOED EINSTRYD VRU EN TRONKVOELS WP. CHEETHAS PIEK OP REGTE TYD EN OS SE INVLOED IS POWER EN HIERDIE OUKIES GAAN NOU LYWE OP DIE SPEL PLAAS EN WP IS HIERDIE JAAR POWER OP HUL TUISVELD. SORY BLOU VULLETJIE DINK DIE WP GAAN MET PASSIE VOOR HUL TUISSKARE SPEEL EN GAAN NIE TELEURSTEL NIE. BLOU BULLE MAAK TE VEEL STAAT OP INDIVIDI SPELERS SOOS HAAIE OM DIE DING TE DOEN EN DIT KON JY GESIEN HET IN GRIEKWAS GAME, ” MAAR EENDRAG MAAK MAG”
1 PC
Stem dat ons op die dag enige span sal kan klop met dié span.
WP met 3
Cheetahs met 7
Nuweland hier kom ons
2 Kobus
Sou ook JW in die 22 tal wou sien.
Blykbaar sal Naka eers Saterdag finaal sy 22 tal benoem, nav die weersomstandighede. Sluit dit spelers buite die 22 tal in? Demas in (Ha-ha) en JW in (hoop ook so) met Louis Strydom uit, want Tewis kan 9 en 10 dek.
Wat moet Fabian nog doen om in die span te kom? Julle kannie talent sien of waardeer as julle dit sien nie. Size is nothing - speed and good feet and a thinking head is what make a great rugby player. Fabian’s got it all. I hope that the other unions snatch him away so that he can mesmerize you next season. Go Fabba
Ek dink dit is ‘n baie goeie span. Ek is ook tevrede dat JW Jonker nie in die span is nie - dit is duidelik dat ons die Sharks voorlangs gaan aanpak. Juries moet net vinnig op heelagter opgebring word sodat ons BAIE drieë kan gaan druk.
Ek wens die span baie stekte toe en ek dink dat die Cheetahs die beter span op die veld behoort te wees. Ek wil net een stukkie raad gee — alhoewel die Sharks nie die Springbokke is nie, is John Smith se teenwoordigheid as ‘n leier vir die Sharks baie belangrik vir die Haaie. Ons 3-Nasie wedstryd wat ons teen Australie verloor het, het die Aussies BAIE druk op John Smith gesit. (Hul het hom in die skrums en in die losgemale hard teegestaan en hy het duidelik sy rol as leier verloor)… daarom reken ek dat ons vir John Smith moet BOOR!
Ek sal ook daarvan hou as ons met die Skeidsregter kan praat voor die tyd. Bismark Du Plessis het in die vorige wedstryd baie druk op die skeidsregter geplaas met “groot bek” - die skeidsregter moet bewus gemaak word dat spelers soos Bismark die skeidsregterbeslissings wil beinvloed en dat ‘n goeie skeidsregter hom nie moet steur aan sulke goed nie.
(Weet iemand al wie die skeidsregter gaan wees?)
Great span!!
Ek stem saam oor JW, maar kan nie een van die ouens in die 22-tal sal ons sommer drop nie. As Ariaan en Robert beskikbaar was sou dit kuikenmoord op die Sharks gewees het.
PC, ek dink jou voorspellings gaan andersom wees, die Bulle met 3 en die Cheetahs met 12.
Kobus ek stem saam JW kry net nie genoeg speel tyd om regtig te wys wat hy als kan doen nie, Maar wie weet miskien sien Naka hulle iets anders fout op oefen sessies wat ons nooit sien nie.
Die span lyk goed maar wat ek sou verander as ek kon kies sou ek eerders vir juries in die begin span sit en Hennie op die bank. Ons moet so vinnig as moontlik punte op die bord kry en vir Juries genoeg tyd gee om sy magic te doen.
Hoop regtig die manne speel nie weer catch up rugby nie maar verwoes die haaie sommer al vroeg in die Game.
Is seker ons kan dit doen… Sterkte manne..
Ed, is daar enige nuus op die losskakel wat ons wou teken? Gelees dit sou einde laasweek gefinaliseer word..
Verfris gou my geheue asb. Wie is Izak van der Westhuizen nou weer?
hoe kan hul sommer net so vir jw jonker uit los? wat gaan aan met die afrigting span? wat MEER moet die arme manb doen om homself te bewys???sterkte manne
Hoekom JW Jonker nie in die span is, kan ek nie verstaan nie?? Lewer altyd sy beste en met daardie spoed druk hy genoeg driëe om te help met ‘n oorwinning. Nee, afrigters/Naka jul maak droog.
Span lyk god, net jammer JW Jonker vorm nie deel van jul span nie. Hoekom moet hy altyd terugstaan? Kyk hoe druk hy die driëe as hy die bal kry. Jul maak ‘n groot fout.
Mense, dink julle nie naka gaan Saterdag ‘n haas uit die hoed trek nie. Iets omtrent die aankondiging van die span was net te maklik en straightforward. Dis asof dit te goed is om waar te wees?
Ek hou van die feit dat marius Jonker blaas. Ek hoop net nie ek sluk Maandag my woorde en is spyt ek het dit gese nie.
Vrystaat 55 Haaie 13.
Dink ons gaan 7 of 8 driee druk. Al wat moet gebeur is dat al die Shark sleutel spelers so hard getackle moet word dat hulle bang gaan wees om die bal te kry. Dan begin foute soos aanslane en oordeelsfoute.
Daai pragdrie van JW Saterdag teen Boland…. Sorry, ek sien julle se ons moet ophou kla daaroor, maar ek is net bang JW druk vlg jaar driee teen ons as hy vir Leeus speel saam met Hollenbach.
Joe maar julle vrystaters is groot mond.Julle klink nou soos n klomp blou bul ondersteuners.Naka baie geluk ek weet julle gaan goed doen.Voorspelling Vrystaat met 8 blou bulle met 36.
Dalk is daar ‘n verrassing en Adriaan se vinger is reg en hy speel.
We check each other’s boerewors to see who is the man……………..
Kerels, ek so gevoel KABAMBA gaan op vleuel begin veral as dit gaan reen, want ons wil hul voor aanvat, en meer losvoorspelers by die afbreekpunte he om BRUSSOUW te help.
21 Blou Bul
‘….. blou bulle met 36′
Ek wonder wie is nou groot mond? Ek het dit van jou ander bb maatjies verwag, maar nie van jou nie!!
vrystaat gaan nog lang trane huil oor jw!
jan plank…ek het weer gaan kyk wat ek geskryf het.Ja jy is reg ek is maar n regte blou bul ek kom nie eens agter as ek grootbek is nie.Sorry.Ok vrystaat met 14 blou bulle met 13
Kabamba op vleuel is nie ‘n goeie move nie
Juries op fullback, saam met die twe vleuels wat nou speel
27 blou bul
Dit klink beter!
Nou klink jy al meer na ‘n Cheetah ondersteuner (wat jy eintlik is, maar net nie wil erken nie). Nederig en beskeie. (Tong in die kies)
Ja en daar kom Rassie en vat toe Fabian Juries weg van die Vrystaat.Hy speel vlg jaar vir die stormers.Die stormers is nou nes die Sharks.United nations,want albei spanne steel talent wat deur Vrystaat ontwikkel word.Sies Rassie skande.
Ek dink nie die span is gekies om die Sharks voor aan te vat nie. Die voorspelers het al bewys dat hulle dit in elk geval teen enige span kan doen. Maar die feit dat JP Joubert, Mapoe en Nokwe begin, met Juries op die bank, laat my voel dat die Cheetahs die Sharks agter gaan aanvat, en die vories se taak gaan wees om balle baie vinnig beskikbaar te stel, en af te vat.
As dit wel so is, dan was Bosman die verkeerde keuse. Sy verdediging en veral verdedigings-lyne is swak en hy is hopeloos te veel betrokke by losgemale, en nie op sy pos nie. Hy “stormram” nog steeds sonder resultate, doen alles huiwerig en dit breek die hele agterlyn se ritme. Dit het meeste van die games dié jaar al uitgewys. JW KAN ook drieë druk, soos ons laas Saterdag gesien het in die kort rukkie wat hy op was, en dis iets wat Bosman baie lanklaas kon doen, en JW se verdedigings lyne is ook beter en meer effektief.
Ek stem saam met Jan Plank (6) dat Tewis no.10 ook kan dek, en sy stelskoppe is waarsynlik beter as enige van die ander skoppers. Ek sou eerder vir L.Strydom uitgelaat het, Uys op binnesenter, Bosman op die bank gesit het, en JW laat begin op buitesenter. Dit sou die bal baie vinniger en met meer beweeg spasie by Nokwe en Mapoe besorg het. Veral as hulle vroeg-vroeg wil punte aanteken.
Ek weet nie of JL wedstryd skerp gaan wees nie, maar sy skopwerk sal perfek moet wees as ons wil seker maak van ‘n wen.
Ek dink nie Marius Jonker sal hom laat beinvloed deur spelers nie. Hy het dit ook verlede week baie duidelik gemaak vir Rassie na dié se onderhoud met hom oor die strafdrie in die Cheetah/WP game. En die game tussen die Lions en WP het gewys hy sal agter sy bek staan.
Ek is bly om te hoor dat Hawies nie konserwatiewe rugby gaan speel nie! As dit ons benadering is gaan ons die Haaie trap! As ons konserwatief gaan speel gaan die Haaie ons weer trap.
Ek hoop net die veld is droog anders gaan die span met die beste skopper wen…
Sterkte VRYSTAAT .. gaan moer die Haaie!
Mapoe gaan bo-oor hul hardloop. Nokwe gaan hul weghardloop en coenie oosthuizen gaan oor hul hardloop!!
ek meen coenie oosthuizen gaan deur hul hardloop
vrystaat vrystaat KONING Vrystaat.Baie geluk Vrystaat span en afrigters.Julle het hierdie seisoen karakter en veggees gewys soos ek nog nooit gesien het nie.VAT VYF MANNE.Agv daarvan ondersteun ek Saterdag vir VRYSTAAT.Manne julle KAN die super 14 wen.PUIK PUIK PUIK.!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Jy!!!!!! Jy in jou Cheetah trui!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Dit was briljante rugby!!!!!! Ons moes eintlik maklik gewen het - ons het hul maklike drieë gegee! Pottie, ons vergewe jou vir 3 mis skoppe. Jy was briljant. Die stutte en haker - Manne, jul het daai springbok skrum verwoes. Dankie tog, vir een keer wen ons ‘n game met ‘n dropgoal! Dis by verre die beste oomblik van die jaar. Cheetahs ons love julle. Die hardlooprugby van vandag was regtig puik! Verder het ek nie woorde nie. Dankie! Dankie! dankie!!!!!! Love julle!!! As ek ‘n biljoenêr was, het ek baie geld vir julle gegee om net ons spelers te hou. WP Nel, Wian du Preez en Coenie Oosthuizen - en ook Johnson - jul is puik !! Jul almal is puik! Net ‘n voorstel: Pottie op senter saam met Meyer Bosman. Uys was nie vandag goed nie………..
Sjoe wat se semi-finale!!! Albei van hulle!!! Albei beslis in die laaste minute. Geluk aan die Cheetahs en die afrigters!!! Ek is so trots om ‘n Cheetah ondersteuner genoem te word. Na die horrible het niemand (self ek) julle ‘n kans gegee nie, maar julle het deurgekom en ons verkeerd bewys. Mooi so, manne!!!
Yes. Baie geluk aan ons Cheetahs. Dit was baie lekker om ‘n Cheetah te wees vandag. Geluk ook aan ons 0/19 en 0/21 spanne wat ook deur is Finaal toe. dit is dalk ons beste jaar ooit
En toe was die joke van die dag dat Danwell Demas sommer die hele game speel!! My hel Naka ek weet ‘n wen is ‘n wen maar Demas kon die eerste drie wat die Sharks teen ons gedruk het regtig gekeer het. 99% van ander spelers in daardie posisie sou die bal kon “secure” maar Damas kon nie want hy is nie opgewasse vir premierliga curriebeker rugby nie. As dit oor kwotas gaan, is Demas se donkerder vel meer korrek as Juries se velkleur?
Ek het voorspel dat as ons sou verloor dat dit sou wees net omdat ons nie ‘n goeie skopper het nie - en hoe amper het ons toe nie daaroor verloor nie. Nou is Potgieter die Man of the Match maar hy het 3 maklike skoppe gemis! (9 punte).
Die tipe rugby wat ons gespeel het was baie dom gewees - ons het telkens uitgeskop en dit was presies wat die Sharks wou hê ons moet doen want ‘n lynstaan vir ons is/was eintlik ‘n lynstaan vir hulle omdat ons nie ons eie balle kon terugwen nie. Ons gaan teen die Bulle groot k@k hê in die afdeling. Mens kan nie bekostig 6 van jou eie lynstaanballe te verloor in ‘n wedstryd nie! As mens dan so swak is die lynstane moet jy nie vir die kantlyn gaan nie - ons het!
Ons taktiese skopwerk was ook baie verdag - laat my toe om gou ‘n te verduidelik wat die verskil is tusen ‘n goeie taktiese skop en ‘n swak taktiese skop. Eerstens op die AANVAL - As jy naby aan jou oponente se doellyn is en jy het die bal in hand dan moet jy iets met die bal doen -
SLIM = kry die bal op ‘n plek wat jou span in ‘n beter posisie plaas om punt aan te teken
SLIM = As jy skop en ‘n kans wil vat moet jy darrem ‘n berekende kans wat meer in jou guns is (soos as jy die beste balvanger in jou span het, en ook dat jou manne op die posisie waar jy bebplan m te skop die ander span se spelers outnumber.)
DOM = Skop jou bal besti weg (VRYSTAAT HET DIT GEDOEN)]
DOM = Skop ‘n onberekende skop en plaas die bal in ‘n swakker posisie as waar jy die bal ontvang het (VRYSTAAT HET DIT GEDOEN)
Met lynskoppe is dit presies dieselfde - as jy die spel wil verplaas MOET jy die bal uit skop! Ons het dit nie gedoen nie.
HOEKOM IS DIT BELANGRIK OM UIT TE SKOP: As jy skop volg spelers op - sommige spelers is vinniger as ander spelers wat beteken dat almal nie in hul regte posisie opvolg nie met ander woorde —> die spel is gebroke. Baie van die drieë teen die Cheetahs in dié Curriebeker-reeks het gekom uit gebroke spel.
Daar is ‘n gesegde wat lui “moet nie op jou eie voorstoep k@k nie” en dit is presies wat ons gedeon het - ons het op ons eie voorstoep gek@k deur nie basiese dinge met die bal reg te doen nie en ook om vir Demas te speel.
Ons was gelukkig om te wen nadat ons so baie van ons balbesit verloor het weens swak taktiese en stelskoperk asook lynstaan-probleme. Onthou ons het gewen met ‘n onderskep-drie. Ons het eitnlik dan net een drie gederuk waarvoor ons gewerk het teenoor die twee van die Sharks - dit laat vrae by my ontstaan oor hoe goed ons vermoë is om driee te druk teen die groot spanne.
Ons gaan in die komende twee weke baie hard moet werk aan ons basics veral in die skopafdeling, lynstante en Demas gaan hard gedrill moet word om effektief te speel aangesien hy gekies gaan word en dat hy 80min gaan speel.
Laastens wil ek net sê BAIE GELUK aan die span! Ek is bly dat ons in die finaal kan gaan speel. Ek wil ook geluk se vir die Blou Bulle, WP het goed teruggekom maar die Bulle het karakter getoon om nie die wedstryd te verloor nie. Ek sien uit na ‘n baie goeie kragmeting teen die Bulle. Ek voel dat ons kanse om te wen teen die Bulle eintlik beter sal wees as wat ons kanse was teen die Sharks want ons druk meer drieë teen die Bulle as teen die Sharks MAAR ek sê weer - as ons gaan verloor teen die Bulle sal dit wees nie oor drieë nie maar oor swak stelskopwerk.
Sterkte met die voorbereiding Cheetahs!
Net toe ek dink ek kry hart-arres, kom die Cheetahs vorendag met een van die heel bestes sedert 1997 vs die Sharks (ook ‘n semi) toe Brendan V en Helgardt ons trots gemaak het en meer onlangs die 2005 finaal op Loftus.
En skielik dink almal die Cheetahs is hulle “tweede span”. Maar wees gerus, ons is niemand se tweede span nie. So sal ons die volgende twee weke binnegaan met seker een van die mees gerusstellende gevoelens in ‘n lang tyd. Ons kans vir die beker is seker minstens 50%. Ongelooflik trots op die Wit Tornado.
Hoe sal ons se……EISH….JONNA WE? CHEETHAS VAT VYF KERELS? Hierdie saterdag was seker die BESTE SEMI’S en die mees gespanningste semis tussen 4 spanne wat ek in n lang tyd gesien het. Dit was puik rugby. Aan Cheethas heng kerels ek hoop die volgende ouens lees. Ek wil begin by BRUSSOUW jou yster geen wonder Die ALL BLACK rate jou so hoog nie en jy gee HEINEKE nagmerrie vir eindstryd. Wian, WP, RICHARDT, COENIE ek het lag gekry hoendervlei gekry lekker gekry hoe julle n BOK VOORRY inmekaar inskrum tot ek het skaam gekry vir hulle part. Jul gee vir HEINEKE KOPSEER, vir ou dik bus CHRUNTO STEENKAMP maag werkings. JOHNSON ASHLEY JY beindruk met elke wedstryd en jou temprament hou ek van bly net nederig. Frans jou spelpyl en dissipline het ook baie verbeter en jy doen jou deel. Aan JL jy het baie kritiek gekry en amper weer met jou mis skoppe, maar jy vergewe, 1 mooi gebaar wat jy gedoen het was om die HERE die eer te gee, mooi my maat. Heng ek ook nie gedink jy is so vinning nie maar jy moes seker n 200km/h gedoen het. OS OS OS jou yster wat n verskil het jy nie kom maak. Gee net n bietjie rigting en hulp en raad vir HAWIE OOK dat ons JW op senter nodig het en FABIAN op vleuel. Dan is ons reg vir die BLOU.
JJ
Behalwe dat dit nie Heineke (Meyer) is wat die VVe afrig nie, maar wel Frans Ludeke, stem ek saam met jou oor JW Jonker en Juries wat in die span moet wees?
Is daar enige waarheid in die gerugte dat Juries (Twinkle Toes) deur Rassie se vet tjekboek Kaap toe gelok is?
VRYSTAAT!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Wat ‘n dag en naweek was dit nie. die binnland rule weereens en die kus huil. Ek het nooit getwyfel nie en by my span van dag 1 tot nou toe gestaan, en hulle maak my die trotste mens ooit. As die Bulle ons genoeg kaartjies gee en die VRU my bel vandag, more of Woensdag, dan is als vervolmaak, want my kaartjie op vlug SA 1110 is klaar geboek vir Vry 30 Okt 2009. Nou wag ek net vir my kaartjie en ek en my vrou gaan kyk hoe haal die beste en GUTSY ste CHEETAH span in ;n baie klomp jare vir die 5e keer die beker.
GO CHEETAHS GO!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Brilliant Cheetahs! Al julle supporters hier in Kanada dra trots vandag hulle Cheetah truie en is hees geskreeu. Cheetah fans, los vir Naka uit om sy span te kies en sy ding te doen - hierdie is ‘n puik span met wonderlike spangees (maar tog eerbiedig en nederig). Ons sien uit na ‘n puik finaal … Vrystaaaaat!
VEELSGELUK !!! CHEETAHS !!! 0/19, 0/21 en Senior span!!! dit wil gedoen wees !!!
Ek sou nog steeds JW Jonker of Philip Snyman op Buite senter wil sien .. Sorry Uys het ons amper die game gekos saterdag!! Hy is net eenvoudig te stadig!! en Hy buig ook nie meer so rats nie!!
AsseblieF Naka!! gaan kyk na die video’s Die Bulle gaan ons straf met sulke foute !!!
Happy!
Ek dink ook Uys se dae is getel. Hy werk hard, maar sy kop verlaat hom op kritieke tye. Sou ook vir Snyman wou sien, maar dit is miskien bietjie te veel verwag om hom nou in die finaal op te bring.
Jan Plank ai tog seke ouderdom of opgewondenheid wat my laat dink het aan HM ipv FL. Ek het satd gese CHRIS/ JAN aan ons werks ouens, KABAMBA of DEMAS gaan vleuel en ons gaan hoor MAPOE nog nie reg nie, toe is dit NOKWE. Ek se jul Demas was van die begin af ingesluit maar HAWIE wou nie DEMAS se naam op blog of koerant se nie, om hom te beskerm teen kritiek, hy was dan nie eers in die 22 nie die logika sou gewees het dat JURIES dan in NOKWE se plek gekom het. Stem met UYS, n driee weggegooi met n oop doelyn. Kerels ons gaan vir JW EN JURIES nodig he, dis die ouens wat kan driee druk en afrond en wat werk soek en besig is en nie besig lyk nie. OOOH JA ook n BAIE GELUK AAN o/19 en o/21 spanne. PRAGTIG KERELS. EK HET NOGAL DIE O/19 GEVOLG DIE JAAR EN HUL SPEEL KOOKWATER EN HUL GAAN VERSEKER WEN. GOEIE WERK RAFFETY. HOE LAAAAIK JULLE MANNE DAARDIE TACKLE VAN SCHALKIE OP FOURIE DU PREEZ……MET EISH JA MET EISH ?
Ag hel tog Chris. Moet jy altyd kla. Almal is bly behalwe jy. Nou skryf jy al weer ‘n hele opstel. Hoekom kan nie nie liewer saam met almal bly wees nie. Jacques-Louis het verdien om man of the match te wees. Jy kan nie net die mis skoppe teen hom hou nie. Hy het ‘n briljante game gespeel al wil jy dit nie erken nie. Mooi so Cheetahs! Ons hoop julle wen die Bulle want julle kan!!
Jacques-Louis jy was ‘n ster!!
Ja, dié span het toe onse bekke stil gespeel. Al is daar nog foute gemaak, was die veggees die heel belangrikste deel van die span. En daai 3 voorrye wat ‘n Internasionale voorry se koppe dwarsdeur hul agterente gedruk het !! Dit het gelyk asof hierdie 3 jong manne al jare hierdie jop doen. Ek wil net graag kommentaar lewer op en of twee aanmerkings hierbo:
Chris (39): Ek dink nie ons en jy kyk dieselfde games nie. Dit was nie Demas wat die eerste drie kon/moes gekeer het nie. Dit was M.Bosman wat aanvanklik weer nie in posisie was nie, langs Hernandez gedraf het, en geen poging aangewend het om hom te tackle nie. By die Sharks se doellyn, en terwyl ons besig was om aan te val ! Gaan kyk liewers weer. 2. Die statistieke wys dat ons die lynstaan stryd GEWEN het, waarskynlik omdat J.Muller nog nie wedstryd skerp was nie, en ons (Brussow) die omkeerbal-stryd GEWEN het. 3. Die enigste fout met ons skopwerk was die skoppe pale toe wat mis was, alhoewel die eerste twee skoppe wat mis was, nie maklike skoppe was nie. Ek dink die meeste van die skopwerk was baie goed. 4. Dit was JL wat die “onderskep” drie gevang het, nie M.Bosman wat eintlik nader aan daai bal moes gewees het nie, en die drie van F.Viljoen( wat die skeidsregter nie eers na opgelet het nie ), moes waarskynlik ‘n drie gewees het, daar was nie ‘n vorentoe aangee nie. 5. Demas is sh@t, en hy gaan nooit beter vaar nie.
Hein (36). Dit was Bosman wat swak was (soos in die vorige games ook ), en nie C.Uys nie. Uys het baie werk gesoek, en baie druk geplaas. Sy enigste fout was die aanslaan met ‘n oop doellyn voor hom. Soos ek voor die game gesê het hierbo (31) moet Bosman se agterent geskop word, en moet hy bank toe gaan en Uys (Binne) en JW ( buite ) moet begin as senters, en volgende Saterdag gaan dit nog meer belangrik en nodig wees.
Die Bulls weet nou hulle gaan swaar leef voor, veral met hulle voorry. Hulle onthou 2005, maar hulle sal weet dat dit ‘n fout sal wees om ons voor aan te vat, maar dat ons agter aangevat kan word met ons huidige speelstyl, of gebrek daaraan. En met Fourie, M.Steyn,W.Olivier,J.Pretorius en Habana, kan ons nie bekostig om hulle beweegruimte te gee nie. Daarom sal ons moet weet hoe om balle van hulle af weg te hou, en ons verdediging sal foutloos moet wees !
Ons moet darem seker al almal wonder hoe dit moontlik is dat ons elke game groot gebiedsvoordeel, soveel balbesit het, en ons loop die helfte van die game agter !? Met die basis wat die Cheetah vories Saterdag gelê het, moes ons baie meer en gouer punte gekry het ? Ons agterlyn “drop” steeds die vories, jel nog nie soos die vories nie, en ek glo steeds die skuld moet voor Hawies se deur gelê word.
Maar met al hierdie “drawbacks” was dit ‘n fantastiese prestasie om na hierdie jaar se begin, met soveel nuwe ouens, steeds ‘n final te haal !!
Heng dit lyk my nie net kon die CHEETHAS die seisoen omkeer nie. maar wragtig n BLOU BULL SUPORTER wat in die begin sooo lekerrrrr gekry het om vir die STATES te kom skree teen die BULLE OP LOFTUS MAGTIG dit wil gedoen word VRU. BLOU BULL :35) Lees ek nou reg? IS BAAS BLOU NOU BAAS FLOU (LOL) Jy moet nie deurmekaar raak soos ek met name ens nie pel dis CURRIE BEKER FINAAL NIE SUPER 14 NIE. BLOUES waar het jy gehoor van JURIES wat KAAP toe gaan is dit verseker of nog nie.
Net nog iets wat graag wil sê: Op SuperSport sê V.Matfield :
“While many Bulls fans must have gnawed their fingers to the bone in a second half at Newlands where the favourites were comprehensively outplayed by their young Western Province opponents, Matfield said that he was always confident his team would come back to win after they fell behind.”
Wel Victor, ek dink jy praat bietjie nonsens. Julle was besig om slae te kry by die jong WP outjies (”comprehensively outplayed” ), en dit was net Naqelavuki wat die game uiteindelik op ‘n skinkbord vir julle gegee het. Jy kon nie weet dat hy dit gaan doen nie, en daar was nie genoeg tyd om andersins terug te kom in die game nie. En onthou dat die WP aanvanklik vir lank redelik vêr agter was !
Wat ookal deur Matfield en ons groot “rugby kenners” gesê word, as die laaste game teen die Bulle, die game teen WP en die Sharks in ag geneem word, is dit eintlik die Cheetahs wat die gunstelinge is om volgende Saterdag die koppie weer na die Huis van Oranje te bring ! En ou Kobus Wiese is nou nog so suur dat hy swaar praat oor die team wat hy so ignoreer op SuperRugby, terwyl sy team toe nou ook WEER nêrens beland nie ! Ray Mordt op All Out Rugby, het dit meer reg toe hy gesê het ” the bulls must know that this Cheetah team is going to give them a very hard time ” !
hi jj..ek het op supersport gelees dat Rassie aan Juries n aanbod gemaak het en hy het dit aanvaar.JJ ek se super 14 want die bulle is doe s14 kampioen en gaan vlg Saterdag teen Vstaat verloor,so vlg gaan Vrstaat die s14 wen.
chris b…jy kan partymaal lekker die kluts twyt raak,M Bosman is die beste en slimste bal verspreider in die land.Blog die vraag aan Robert en kyk wat hy se.
Well done vrystaat, maar kom ons wees eerlik die sharks was nowhere… kon baie verder gewen het as daar meer slaan krag in die agterlyn was, het manne soos JONKER gekort(en teen die bulle het ons hom nog meer nodig)!!! Dink ons kan die ding doen, maar Naka/Hawies gee JW & Fabian kans, daai manne het gewys wat hulle kan doen! Meyer & Uys ewe swak! sterkte vir final!
Chris B:
Ek kon jou kommentaar nie beter opgesom het nie! Jy ken jou rugby.
Fire Demas en Bosman en wen nog baie verder!
Maar onthou, hulle sit Demas net in die span vir twee redes: 1. Hy kan skop (en ons het amper die game weggeskop deur besit weg te skop) en 2. Naka of Hawies het eenkeer gese Demas kan iets uit niks maak. Ek wag nou al van die super 14 af vir daai iets. Ek sien wel gereeld hoe hy niks uit iets kan maak. Wat weet Demas en Bosman van die Cheetah grootkoppe dat hulle so aanhoudend bo briljante spelers gekies word? Bosman kan tog nie oor regstellende aksie of kwotas gekies word nie?
Wel ek hoop tog net nie dit reen vlg Saterdag op Loftus nie, want dan moet ons weer skoprugby speel en al die besit in olivier en habana se hande in skop, en so besit afstaan.
Nee vir my is daar net een raad… Hardloop hulle deurmekaar. Niemand verwag nou mos hardloop rugby in ‘n final nie? Ons het die voorspeler besit en ons het die spoed, as ons die regte spelers kies.
Of wat?
Ek is oortuig ons gaan die Bulle breek in die skrums. Ons behoort baie besit te kry. Ek is net nie seker van die lynstane nie, maar hoop ons doen daar goed.
Speel hardloop rugby soos teen Boland of die Luiperds. Hulle gaan dit nie verwag nie en gaan rattle van skok. Tackle raak en hard. Hulle moet bang wees vir die volgende tackle. Ons kan…..
64VS - 12BB?
CHRIS B, jy is reg oor MATFIELD HY PRAAT TWAK MAN. Daardie gestreepde tronkvoel het dit vir die BULLE laat klippe kou. Andries Bekker het n reuse game gehad en Bakkies weet dit. WP het verloor oor dissipline en verkeerde spankeuses en opsies. Schalk moes begin het Luky LUKE het hom doodgestoei teen Stegman, Pierre terwyl daardie blondekop Vermeulen besig gehou het. Fidji ou moes afgebly het die nuweling senter was n fout ek sou De Jong en Frikkie Welsh senters gemaak het en NEWTON vleuel toe. JA hopenlik leer ons uit WP se foute en is ons dissipline skerp want n MORNE STEYN will kill the CAT, EN hopenlik sien ons JW EN JURIES in die begin en is almal se liggies van die afskop tot die eindskop aan en nie net halftyd nie.
Wel mense, ek het my kaartjies (teen R250 elk) Ry Saterdag oggend vroeg uit Hazyview na Pretoria…
Leon 48 –> Daar is groot foute in die span wat gehoor moet word. Baie mense soos jy het my kritiek gegee toe ek week na week in die verlede kritiek uitgespreek het oor Juan Smit se swak kapteinskap. Leon ek sal met jou “debateer” oor punte waar jy nie met my saamstem nie maar van jou om bloot vir my te sê dat ek kla wys so bietjie op jou onvermoë om te lees wat ek se en krities daarop te reflekteer.
Chris B –> Ek wil my nie eintlik uitlaat oor jou eie subjektiewe mening nie maar dat jy “ons” gebruik in jou redenasie wat lui dat ek nie dieselfde wedstryde kyk as “julle” nie wys op jou swakheid om agter jou eie opinnie te staan.
Gaan kyk jy liewers weer na die drie. Demas kon ‘n baie groter poging aangewend het om die bal dood te druk.
Hoe bereken hul wie die lynstane gewen het? As jy gaan kyk na wie die meeste balle uit die lug uit gevat het (selfs op ons eie ingooie) sal jy sien dat die die Sharks was. Ons het min skoon bal gekry an ook nie altyd gekompeteer vir die bal in die lynstante nie. Matfield en Botha gaan hierdie swakheid tot hul voordeel gebruik.
As jy dink dat die meeste van ons skopwerk goed was moet jy gaan kyk wie het die skopstryd gewen. Ons het meer keer gebiedsvoordeel verloor as ons begin skop het - omdat die Sharks se skoppers beter was. (ons het ook dikwels nie uitgeskop nie…. gaan kyk mooi)
blou bul. Ou nuus. Hulle het dit Saterdag ook tydens die wedstryd ‘n paar keer genoem.
Chris B, klink my jy het omtrent ‘n ding oor Bosman. Wil jou ook bietjie regmaak. Bosman het bitter min gespeel hierdie CB seisoen asgevolg van sy besering, so jy kan hom wragtig nie blameer vir Uys se swak spel nie.
Blou bul (53). Dit sal nie help om met jou aanmerkings hier oor Bosman te poog om hom in die span te hou sodat jou span dit makliker kan hê teen die Cheetah agterlyn nie. Naka lees nie die goed wat ons hier post nie. Stuur hom liewer ‘n direkte mail, en kyk of sal hy nie maar vir Bosman in die span hou, sodat jou span se agterlyn ‘n beter kans het nie. Want die enigste hoop wat die VV’s gaan hê, is met die agterlyn, voor gaan hulle verwoes word, dit weet hulle, en hulle moet nog voorsiening maak ook vir Bakkies en Stegmann se 10 minute ” ruskanse ”
Want soos jy sê ” Bosman is die beste en slimste balverspreider”, veral as hy die bal na die opponente toe moet “versprei “. Sy passes ( of balverspreiding dan ) het al baie meer drieë aan ons opponente gegee as aan ons !
Ek weet in elk geval dat selfs blou bul ondersteuners nie so min van rugby weet dat hulle Bosman as die “beste” sal beskou nie !
Wel gedaan!!! Julle het darem ‘n puik wedstryd gespeel. JL Potgieter jy het weereens gewys wat in jou steek en jy het verdien om die “man of the match” te wees. Ek dink ook nou sal almal kan sien dat jy integriteit het en kan sien waar jou lojaliteit lê. Wys almal julle kan die Bulle ‘n pak slae gee en laat hulle blou trane huil.
Nou wat gaan ons hierdie saterdag kyk? seker maar tuinwerk moet inhaal. Hul moet dit so maak dat WP en NATAL die naweek moes gespeel het vir 3, 4de plek. EDITOR moet ons nie dit motiveer, so staan 2unies meer kans om die semis, finaal en n 3,4de plek en finaal aan te bied. In die geval sou SHARKR wel n 3,4de PLEK eindstryd teen WP kon aanbied wat net so n goeie game sou gewees het wat sodoende weer n vol stadion en geld sou ingebring het.
Nou WAT ons die naweek? seke die tuinwerk inhaal. Hul moes dat SHARKS EN WP vir 3,4de plek gespeel het. EDITOR kan HAROLD dit nie motiveer. Dink net dan staan 2 unies die kans om eindstryde aan te bied. In die geval sou Sharks die WP in Durban gespeel het wat net so n goeie game sou gewees het wat weer n volstadion opgelewer het en weer eens geld ingebring het. Sodoende gaan jou semies ook nie net meer oor net n wen nie, maar gaan bonus punte nogsteeds belangrik wees want die span wat 4de kom en gelyk is met die 3de plek dis net bruto punte en hul trek 2 punte en die span wat 3de is verloor ook met geen bonus punt skuif die 4de plek na 3de en hou n 3de 4de plek eindstryd op sy tuisveld. VOLG JY. Wat ek ook se bonus punte moet tel in semis ook en dan kyk na punte stand en di span wat 1ste is met punte huisves die finaal teen span 2, en 3de plek huisves die 4de plek
Wel gedaan Cheetahs! Gee JW Jonker net ook ‘n speelkans asseblief! Jul sal dan sien hoe kom die drieë in. JL Potgieter jy verdien om “Man of the Match” te wees. Mooi gespeel.
Kan almal by die VRU nie na die eindstryd vakansie vat nie. Die blog word nie meer geupdate nie en ons hoor niks nuuts van ons geliefde span af nie. dis net die bulle wat in die nuus is.
Editors - kan ons nie die blogs meer update nie? Ons is in die finaal maar steeds is jul reaksietye op die blogs baie traag.
Hi Gerhard
Al nuus van die span se kant af is dat hulle nou hard oefen en voorberei.
Ons lees nogsteeds alles wat op die blog aangaan. Wat Robert se gedeelte betref - hy gaan op soos wat hy tyd het tussen sy rehab en dinge.
Groete
Editor
Hoop jul bring die beker terug Vrystaat toe. Sterkte aan al die spelers. Hoop jul span is reg gekies - Hoop JW kry speelkans. Die man kan driëe druk as die bal na sy kant toe kom.