Hello bloggers!
Ons het iets nuuts vir julle - Robert Ebersohn gaan saam op die blog begin gesels.
As julle vrae het, vra asseblief!
Hello bloggers!
Ons het iets nuuts vir julle - Robert Ebersohn gaan saam op die blog begin gesels.
As julle vrae het, vra asseblief!
Robert wanneer kan jy weer begin oefen?
Sou jy, as jy die afrigter was, iemand soos Fabien Juries op 12 speel? Indien nie, wat sou jou rede(s) wees?
Dis nou ‘n goeie inisiatief.
Robert, gaan jy volgende jaar S14 speel of sevens? Paul het jou baie nodig, maar ons sal bly wees as jy bietjie kan help by die Cheetahs.
Hi Robert,
Hoe gaan dit met die enkel? Jammer jy kan nie die semi en finaal vir ons speel nie !!
Sien jy uit na die super 14 , en voel jy is nou reg vir die groot manne ? *smile*
Hi Rob, hoe gaan dit met die besering jong? Ek is baie spyt jy en Adriaan kan nie Saterdag speel nie? Wat dink jy van die span se kanse vir die naweek?
Hallo Robert.
Ek het nogal ‘n hele paar vrae vir jou en ek hoop…
Hoe is die gees in die span?
Ek het gehoor dat Naka soms ‘n paar doppe drink by sy huis saam met ‘n paar van die spelers en dat die wat nie genooi is nie dan bietjie uit voel - is dit waar? As dit waar is hoekom reel hul nie liewers socials waar die hele afrigtingspan en spelers saam kan kuier nie?
Robert weet jy hoekom Demas so baie gekies word? Dink jy hy is so goed dat hy ten koste van Mapoe en soms Juries ‘n hele game moet speel?
Kan jy dalk ook bekend maak oor hoeveel afrigters en hulpafrigters die Cheetah span het? Hoe stem al die afrigtes ooreen oor wat gedoen moet word? Verwar die baie afigters ook nie die spelers nie?
Wie is die vinnigste speler in die agterlyn? En onder die voorspelers?
Wie is die sterkste speler onder die voorspelers (squat, deadlifts en benchpress?). Ek het al saam met die Cheetahs geoefen by die Supersport gym so 2 jaar terug en die ou wat toe kop en skouers bo die res uitgestaan het was Rory Duncan….. ek het vir Rory Duncan baie gelike — veral die keer toe hy in ‘n one-on-one situasie met Bismark Du Plessie hom 5 meter terug gedryf het… (ek het dit nog nooit weer gesien nie)
Ek wil ook weet: As Juan Smit nou sou terugkom in die Cheetah span in — gaan hy dan weer die kapteinskap oorneem? Dink die spelers dat Juan die beste kaptein is? Na my (subjektiewe) mening in Juan ‘n briljante speler maar ‘n uiters swak kaptein.
Robert, laastens ek wil ook hoor of jy vir Daniller en vir Nokwe kan sê dat hul goed speel maar dat hul agresief moet speel.
Baie stekte vir jou en die span en hoop jul hang die Haaie aan hul sterte op. (John Smith se presence op die veld vir die Sharks beteken baie vir hulle en hy het laas reggekry dat hul ons natuurlike ritme gebreek het… hoop ons kan daarna kyk)
Hi Robert, Sien ons jou volgende jaar in die Vrystaat?? Wat van Sias?
Robert! se asseblief vir ons jy en jou boetie is nie oppad bulle toe nie!
Hallo Robert
Dit was rerig jammer om jou te sien seerkry - het gewonder wat die probleem was en hoe dit nou gaan met die rehab. Sterkte daarmee.
Wat is jou siening van die huidige Cheetah-agterlyn - lyne, patroon en kans op sukses in die semis. En as jy eerlik moet wees - hoe sal ons vaar teen die Sharks? Hulle sterkpunte? Ek het die idee gekry dat hulle laas Saterdag met die Griekwas gemaak het wat hulle wou, veral in die 2e helfte.
Hello Robert. Ek is baie jammer dat jy seergekry het en hoop nie daar is blywende skade nie. Jy moets eintlik in hierdie semi-finaal (en finaal!) gespeel het en ek is seker jy sou die SB toerspan gehaal het. Ek is my hele lewe ‘n Vrystaan ondersteuner en is baie bly oor al die goeie jong talent wat na vore kom. Baie dankie vir jou bydrae…
Beste Robert
‘n Vinnige kommentaar op jou lakwerk - ek (en baie ander) dink werklik dis ‘n voorbeeld vir ons jonger spelers wat ook hoop om eendag diep spore in SA rugby te trap - ek kry so lekker elke keer as jy jou opponent so om die enkels vasvat. Knap gedaan, hou so aan asb! Vraag: Wat sou jy sê is jou grootste persoonlike uitdaging m.b.t.jou spel?
Groete en ons sien baie daarna uit om jou weer in aksie op die veld te sien.
C4L
Robert. Wie verkies jy op 10 vir die semi’s?
Hi Robert,
Hoe sterk jou besering aan? En wanneer dink jy sal ons die broers kombinasie in die beginspan sien? Ek sien ‘n artikel laas week wat sê Sias moet eers aan sy stelskoppe werk voor hy sal oorweeg word. Kry hy enige ekstra afrigting? Ek hou van sy veelsydige spel as losskakel, en sal julle graag langs mekaar wil sien vir die FS Cheetahs!
Hallo Robert
As man nie kan speel nie moet jy seker maar begin tik. Hoe gaan dit met die besering en wanneer gaan jy weer kan speel? Hoop dis sommer gou weer
Hi Robert,
Tot wanneer is jou kontrak met vrystaat? Ek hoop ons kan julle jong groep backline spelers bymekaar hou. Sien ‘n super agterlyn in S Robersohn, R Ebersohn, P Snyman, L Mapoe, W Pieterson. Kort ‘n blink skrummie en na 2011 is hierdie die waarskynlike bok agterlyn.
hi…
ja,nee!!dit klink na n gr8 backline!ek en wilton is nou eers n bietji opi krukkelys,maar ons is hard aan die oef ini gym!ek hoop dat ons al 4 n kans sal kry ini super 14 volgende jaar sodat ons reg kan wees asi currycup weer begin!!
pieter!!
jip,ek tik nou vir die eerste span!!n man bly maar deel vani span al speel jy nie meer ni!!dit gaan baie goed dankie!!ekt gister my gips af gesaag!!ek sal reg wees as die super 14 begin!het gelukig baie tyd om mooi te herstel,so gaan dit maar rustig vat en goed benut!!
gaan baie goed dankie!!sal reg wees as die super 14 begin!!
Ek glo dat jul ons gou in aksie sal sien!ons het al 2 hier geteken tot einde volgende jaar!Dit sal vi my baie cool wees om weer saam met hom te jol!
ek dink net dis bietjie moeiliker vir n losskakel om deur die ranks te kom as n ane posisie omdat hy die wedstryd sal moet derigeur!!
maar sy tyd sal kom!!
charl
Pottie het nog die meeste vanie games op 10 begin die jaar!ek dink net dat hy die gemaklikste daar sal wees!met alle respek teen Louis!Hys n gr8 ou en speler!
Baie dankie!!
Om elke dag met die selfde positiewe houding veld toe te gaan!!al gaan dit soms sleg,en niemand aners glo in jou behalwe die mane in die span!!ons het die jaar ons self in baie moeilike omstandighede gevind!!Maar het mooi saam gestaan!
tanx Norman!
Dis ni leker om langs die veld te sit en te kyk ni,maar ek weet als gebeur met n rede!Ek sal weer terug kom beter en sterker!Dit help mos ni om te kla ni!!Eks net so opgewonde oor ons klomp jong manne wat n verskil gaan maak!Dankie vi di suport!!
Ons hou al 2 duime vas vir die naweek!!
Ja,was nie leker gewees ni!!maar die ergste is al amper verby!my gips het gister af gekom!ekt nog n skroef in my enkel wat na 2 weke moet uit kom!dan kan ek eers met behoorlike rehab te begin!tot dan hou ek my maar besig!…
Ek glo regtig dat as Pottie sy skopskoen saterdag aan trek het ons n baie goeie kans!!Jy moet onthou dat n semie baie anders is as n normale pool game!!Ek dink die sharks speel n baie riskante game,en kan in n semie tot hul nadeel wees!!Hul het wel die tuisveld voordeel en n klomp bokke wat nou terug is!maar ek glo dat ons dit kan doen as ons,ons eie bal wen en kan behou!!lynstane,scrums ens!!
weereens!!dis n semie!!
anyones game!!!!!
Nope!
ons 2 en Shrek Oosthuizen het hier geteken tot tenminste einde volgende jaar!!
danke aan Kloppers wat n groot deel van ons salarisse van volgende jaar gan betaal!!
Yes!!
ons al 2 bly net hier!!so jy sal ons verseker sien!!
Chris!ek gaan try om als te antwoord,maar verskoon as ek iets uitlos!
omdat ek nie meer deel is vanie oef self ni kan ek ni presies vir jou die gees op die oomblik beskryf ni.maar glo my die manne weet dis n semie finaal,en dis maak of breuk!Ek dink nie een van die spelers het meer motiveering nodig as dit ni!
Ek kan jou verseker dat daar geen spelers is wat uit voel in ons span ni!ons word almal onder die selfde kam geskeur!Wat Naka aan gaan,kan ek ongelukig nie vi jou n antwoord gee ni!Hy het n baie profesionele en unieke verhouding met elke speler!ons hou gereeld socials waar ALMAL welkom is!spelers en personeel!
Demas,mapoe en juries is al 3 briljante spelers!ek dink net elkeen bring iets aners na die game<en daarom word hul ni elke naweek oorweeg ni!!
in vergelyking met aner unies het ons eintlik n klein afrigtings-span!Naka voor,Hawies agter,Niel fiksheid,Pikkie fisio!onst bv. nie n defence on skop afrigters ni!waar die Bulle spesialiste het!!
Jonkie Nokwe die vinnigste,en een vani forwards is seker ie sterkste!hul is maar almal sterk vir my!
Juan is n ongelooflike speler en ek kyk baie op na hom!maar ek het nog baie min onder hom as my kap gespeel!!ek dink Adriaan Strauss is in sy eie reg een van die groot leiers in ons groep!!Sy teenwoordigheid opi die veld is ongelooflik!!sal interisant wees om te sien wat gebeur!!
sal vi die manne se!!cheers C!!
Gerhard!
gaan goed tanx!!vat dit maar rustig!!sal eers weer volgende jaar in aksie wees!!
Dis n semie!!
anything can happen!!
Kobus!!
tanx man!ja disi leke om langs di kant te sit ni!!maar gaan baie goed meti enkel!ek sien baie uit om weer te jol!!en is reg vi super 14!!Was nog altyd reg daarvoor!dink net die &s was n slim keuse op di regte tyd van my loopbaan!!!
PC!!
Ek gaan S14 jol!!Het genoeg 7s gespeel!dalk weer eendag ini toekoms!!maar ek dink S14 is n goeie roep vir volgende jaar!!
JAN!
ek sal eers einde desember wees volheid kan oef!!maar doen nou baie bolyf werk!!try bietji gewig op sit!!
Nee!!Juries is iemand wat afrond!en dis te groot risk om hom in n semie uit posisie te jol!!
Hello. Gou ‘n vragie, is Brussouw op pad Sharks toe volgende jaar? Jul moet ASSEBLIEF wen en ek hoop die bulle web ook! Want ek het 4 volle paartie busse gereel vir ondersteuners, met games, celebs en pret. Dit sal ideaal wees as die wedstryd in Loftus gespeel word, want ek maak 4 cheetah party busse vol, en dit kos baie so jul moet asb net wen…..anders verloor ek groot. Go Cheetahs!
Robo..
Hoe gn dinge tjom? Obviously ni fantasties nie, jy het jo enkel gebreuk afterall.. Anyway, ek het eintlik ‘n vraag oor Sias. Imo is hy gereed om di step up te vat mar dan voel dit vir my of sy skopwerk(pale toe) swakker geword het as in sy jonger jare. Is dit want hy werk so hard an sy spel en kry nie genoeg tyd om an sy stelskop te werk ni? Then again, steven larkahm het nooit geskop nie.. Ek dink rerig sy open play het oordryf verbeter.. Dai handoff teen di bulle ek dink dit was… Legend.
Robert
Ek hoor wat jy sê oor Juries.
Ekskuus ek het nie bedoel hy moet al in die semis daar speel nie.
Ek stem hy rond baie goed af, maar is hy nie ook ‘n goeie spel skepper nie? Baie mense sê hy is te klein op 12 en dat sy verdediging verdag is.
Myns insiens het hy goed gedoen op 15 (waarskynlik een van die posisie wat jou die meeste blootstel in terme van verdediging) teen die Sharks in Dbn.
Ek kan nogals hom op 12 en jy op 13 sien in die toekoms, met Philip Snyman wat van die bank af speel.
Terloops waar verkies jy om te speel? Op 12 of 13? Persoonlik dink ek jy kan in albei posisies goed wees.
Sterkte met die rehab.
Hi Robert.
Hoe lyk die mood in die kamp vir saterdag se semi?
Hallo Robert
Dankie vir jou tyd om al hierdie vrae te beantwoord. Dis maar baie vrae, sterkte!
Se vir my, lees enige van die ander spelers en afrigters ooit hierdie blog?
Dink jy dit het enige invloed op enige van hulle besluite,ens?
Dit gaan so lekker wees wanneer julle die beker terugbring. Veral as dit teen die bulle is.
Ons het ‘n blou bul wat gereeld hier op die blog kuier, maar ek vermoed hy is eintlik ‘n cheetah!
Hy is nog net te skaam om dit te erken!
Groete ek sterkte, ons staan heelpad by julle,
selfs al is dit net hier in die Laeveld voor die tv, maar weet ons support hier vir julle is groot!
Lag .. Robert.. nee ek stem saam oor jou keuse, was ‘n baie slim en volwasse keuse. … trek net jou been so bietjie. Die gesonde een lag.
Voorspeod met jou oefen program. Ons sien uit na jou terug op die veld. En so ook om Sias in die begin 15 te sien.
Cheers
Robert, ek’s seker jy het al dik geraak vir al die vrae van ons supporters af. Dankie vir jou insette. Dit tel geweldig baie punte vir ons om terugvoer te kry.
Net ‘n laaste paar. Wanneer begin S14 se amptelike voorbereidings? Dink jy dat die Cheetahs se skrum hierdie keer meer van ‘n faktor gaan wees as in vorige S14 seisoene, maw gaan Os betrokke bly volgende jaar?
Robert
Net oor die afrigters:
Jy sê dat die span afgerig word deur Naka, Hawies en Niel - waar pas Os, Braam en Helgard dan in die pretjie? (hoeveel hulpafrigters is daar nog?)
Dink jy nie ons kort ‘n skop-afrigter nie? Kan Naas Botha nie een van ons spelers kom help met stelskopwerk nie?
HI ROBERT, bly jy gaan goed aan. n Groot jamer dat jy nie kan speel nou dat ons jou nodig het in semi. Nou ja die ouens het al die meeste al gevra, 1. SAL JY SE JY IS N BINNE OF BUITE SENTER. 2. WIE WAS JOU MOEILIKSTE TEENSTANDER IN JOU LOOPBAAN VAN DIE OUENS VOOR JOU REKEN JUAN DE VILLIER, WYNAND OLIVIER, JACQUES FOURIE. 3. ROB, BY DIE KIES VAN DIE SPAN IS DIT NET NAKA/HAWIE OF IS OS/HELGARD EN DIE KAPT OOK BETROKKE. 4. WIE IS JOU TJOMMA IN DIE SPAN. 5 AS JY DIE AFRIGTER WAS HOE SAL JOU SPAN VIR SAT/D GELYK HET EN WAT SOU JOU GAMEPLAN GEWEES HET. 6 BULLE EN WP WAT DINK JY GAAN DAAR GEBEUR, EK DINK DIE TRONKVOELS WP GAAN DIE BULLE VULLE MAAK. DANKIE ROB HOOR GRAAG VAN JOU.
ROBERT NOG N VRAAG, HOE BEREI JUL VIR DIE WEEK VOOR. KYK JUL BYVOORBEELD MAANDAE NA DIE OPINENTE SE VIDEO EN ONTLEED HULLE SWAK/STERK PUNTE EN WERK DAN N GAMEPLAN UIT OF BESLUIT JUL IN DIE OEFENING DIS WAT ONS GAAN DOEN. WERK NAKA N PLAN B OOK UIT EN BESPREEK DIT HALFTYD EN SE ONS SPEEL GAMEPLAN B NOU OF WAT GEBEUR HALFTYD IN KLEEDKAMER VERAL AS JUL SO BIETJIE AGTER IS.
Robert,
Ek wil net graag iets weet van Lionel Mapoe… As hy `n drie druk dan maak hy ding met sy hand by sy kop en hy steek sy tong uit. Hoekom doen hy dit en wat presies beteken dit? Is dit soos `n fin of wat? Sterkte met jou rehad, kan nie wag om jou in die Super15 te sien nie.
Renier!!
eks ni dood seker wat dit presies beteken ni,lionel het al laas jaar by die oner20 world cup in wales met dit begin!!ek dink dis maar net sy manier om te selebrate!!elke ou het mos maar iets wat by hom pas!!dink ni dis n haai vin of n hoender ni…..noem dit maar n Maps Spesial!!hehe
JJ!
tanx man!!dit gaan baie goed!!en my beseering kom elke dag aan!!
ek wens ek kan vir jul n weeks program op sit sodat jul presies kan sien hoe ons week loop en waarmee ons onsself besig hou!!maandae en dinsdae is ons van 8 tot 5 beesig!!regtig voldag!Gym ini oggend,video sessies van ons self en ons volgende opp!!game planne vi di naweek!!veldsessies,een waar daar meer op di speler se eie game gefokus word en dan ini middae meer opi span!!onst n kop dokter wat ook 1 of 2 keer n week kom!!woensdae is ons rustig!dalk een sessie van so uur!en donerdae en vrydae meer afrond werk!!!!
sal try n week program op te sit!!!
Chris!!
Sorry!!ja, os en barend kom so een of twee keer per week in om slegs die voorspelers te kom help met scrums en lynstane!!dis aparte sessies wat ni inmeng meti gewoone oefening ni!!!Braam was net een keer hier om te help!en isi permatent hier aangestel ni!…….Helgard is di Cheetahs se spanbestuurder(vir curriecup)hys ni betrokke met oefening ni…..
Ek dink dit sal GR8 wees as ons n permanente skop afrigter kan kry!!Weet jy ni van iemand wat geld kan gee sodat ons iemand permanent kan aanstel ni?
Ek het ni baie van laas jaar se S14 gesien ni
ons voorbereiding begin eers in November!Ek weet glad ni wie di afrigters gaan wees ni…
jamer blikoor in PTA!!!
EK weet ni waar Brussow gaan ni!!ek dink hy kan seker nou vir enige unie van sy keuse speel!!hoop maar hy bly!!
Hou daai party busse gereed!!Ekt so idee di final gaan w in P-Town wees………
Manne!!!
Die mood ini team is AWSOM!!
Wat verwag julle!Dis n semie final!!!!
Hi Robert. - Ek weet geld is deesdae alles, maar presies hoe ‘n groot rol speel lojaliteit deesdae? Ek vra maar vir interessantheid, want daar is baie van ons ondersteuners wat vir geen geld ‘n ander span sal support nie……. Maar die ander kant is ook seker waar, dis jul voltydse werk maar ons stokperdjie…
Hoekom voel ons almal soooo positief vir die naweek? Dit moet mos iets uitstekend voorspel!! Ek dink ons is nog almal in ekstase dat die Cheetahs basies die onmoontlike reggekry het - semis spot na 4 verloor in ‘n ry! Wat was die ommekeer? Ons almal dink dis Os. Is Braam van Straten net ‘n once-off hulp gewees of gaan hy permanent daar bly?
Hi Robert
Ek bedoel nie om iemand permanent te kry vir skoppe nie, net bloot dat die skoppers op ‘n “kursus” gaan na ‘n ou wat goed kan/kon skop….. soos Naas Botha (hy het mos vir Hougaard gehelp met skopwerk).
Ek dink ons het baie van ons games verloor omdat ons nie ‘n betroubare skopper het/gehad het die afgelope twee seisoene nie. Verlede jaar in die Super14 het ons 5 games met 4 of minder punte verloor - ek reken net dat ‘n betroubare stelskopper ons dalk 3 ekstra wedstryde kon laat wen wat dalk beter kykertalle en dus meer geld vir die VRU sou beteken.
As ons nie vir Willem de Waal in die Cheetah-span gehad het in die verlede nie kan ek jou amper waarborg dat ons nie een keer die Curriebeker-trofee sou lig nie.
Teen die Sharks in die semmi en moontlik teen die Bulle in die finaal gaan ons genoop wees om hoër- risko rugby te speel as hulle omdat hul baie goeie skoppers het.
Ek weet geld is ‘n probleem maar ek voel mens moet ietsie meer afknyp vir daardie belangrike posisie.
JIRRRR Ek raak nou Excited!!!!
Robert, jy praat van n kopdokter 1 of 2 keer per week - wie is dit en hoe effektief is dit regtig met rugbyspelers? Het jy al persoonlik met sielkundiges gewerk om jou spel te verbeter?
PP
Nog n vraag, werk die kopdokter dan met die hele span gelyk? kan dit werklik n verskil maak?
Hi R. JA sal laaik as jy dit kan regkry om oef program of jul week aktiwiteite kan gee. Ek sien jy het n paar vrae van my nie beantw. 1. Is jy meer gemaklik op nr 12 of 13. 2. Wie was jou moeilikste teenstander. 3. By die kies van di span is dit net NAKA/HAWIE. 4. Jy se die kopdokter besoek jul ook, wat presies toets of kyk of praat hy of is dit meer net n inspirenende gesels. 5. Dan net laastens kom oom HAROLD ook so nou en dan by die oefening en praat bietjie met julle manne in die kleedkamers of op die veld. EN DAN HET JY OOK NOG NIE GESE WIE JOU PEL IS IN DIE SPAN NIE OF IS DIT N GEHEIM. Thanks R.
JJ!!
jamer man!ek try maar by als uit kom!!ekt eers 2 jaar terug(in matriek) na senter toe geskuif,van 8steman af!!so ek kan nogi regtig se nie!!ekt gedog 12,maar 13 is ook leke!!…ekt weet ni regtig wie almal betrokke is by die kies van die span ni
PP!!!
JA verseker!!Christo Spies is ons ‘kopdokter’
en ek dink hy maak n baie groot verskil ini span!!hyt hierdie jkaar eers op n gereelde basis byi span aangesluit!!
hy kom eenkeer per week!!en dan kan jy hom eenige tyd deur die week op jou eie gaan sien!as jy n oop tydjie het!!
Hein!!
Ek dink Os speel n groot rol in die span,maar jul moet weet dat hy glad ni betrokke is by die hele span bv.in team talks ens.
Hy is slegs by die voorspeler betrokke!ons as backs sien hom baie min!!wat verstaande is,omdat hy n voorspeler spesialis is…..
Braam was n once off!!Hy was net daar vir n week gewees!!Sal gr8 wees om iemand permanent da te kan he vir skoppe!!opi oomblik doen hawies al daai ekstra werk op sy eie!!
CCCCHHHEEETTTAAAHHHSSS!!!!
daar doen ons dit mense!!wie sou kon dink dat ons uit nowhere kon kom tot in Finals!!en nous dit nog op loftus van alle plekke!!dit gaan so gr8 wees as ons daai bulle daar kan klap met al hulle bokke en supporters en dansers en als!!ons gaan al di suport nodig he wat ons kan kry!!
vandag se game was ongelooflik!!POTTIE jou yster!!n drie,vervyfskop,strafskop en DIE WEN doelskap!!NOT BAD!!
en ook baie geluk aan ali ane manne wat hul harte uit gespeel het!!!
EK sal bietjie uitvind of ATTER(Adriaan Strauss) sal reg wees vir die finals!!dit sal nou kwaai wees!???
Rob ek hoop atter is reg. Dalk kan juan ook reg wees, maar dit kan ons met ‘n dilemma los van wie kies jy. frans viljoen was ‘n yster Saterdag en die hele seisoen.
Robert weereens dankie dat jy jou commit om met ons te gesels!!! Vrystaaaaaaaat jou lekker ding!!! Ek glo as daar een span is wat op vloptus die CC kan wen is dit die cheetahs, hoe loop die gevoel daar? Wat is die ouens se benadering as dit kom by vloptus en daai ongeskik crowd van hulle? Dit lyk vir my altyd of die cheetahs 150% gee teen die bulle!!!
As jy kan Robert dra asb ons gelukwense oor aan die manne
Robert,
Hoe lyk Nokwe se hamstring besering, sal hy betyds herstel om teen die Blou Bulle te kan speel? En net nog`n paar vrae van die spelers van die agterlyn:
1) Wat dink jy van Cornè Uys se manier van speel. Ek sien hom gereeld mis tackle? Hy het darem vir Adi Jacobs gekeer om `n drie te gaan druk deur aan sy broek vas te gryp…
2) Meyer Bosman wat partykeer aan die ouens vat eeder as om hulle te tackle?
3) Hoe belangrik is dit om positiwiteit en ondersteuning te kry van jou kaptein as jy `n op jou beste speel nie, het dit ooit `n invloed op jou as `n speler?
Die Cheetahs het regtig baie goed gedoen in al die fasette. Heinrich Brussow het uitstekend gedoen by die losgemaal en by die scrums was ons op ons beste. Met oom Os kan ons nog die Blou Bulle verkrag in die skrums. En sodra die voorry meegee, dan sal hulle agterlyn moet begin verdedig eeder as aanval, en sodoende hulself moeg maak en dan kan ons, ons vleuls gebruik om hulle te knyp.
Ashley Johnson is briljant onder die hoë balle by die afskop, hy stamp teenstanders af en ek dink hy moet in die begin 15 wees, wat dink jy van sy spelpeil?
Renier!
dit is vir my baie moelik om komentaar te lewer oor jou eerste 2 vrae!!Meyer en Corne speel al 2 saam met my<maar ini sele asem kompiteer ons vir n plek ini span!Ek dink elkeen van hul het sterkpunte wat baie verskil van mekaar!!ek dink ons al 3 is baie verskilende spelers,en dit maak dit altyd n goeie kombinasie<omdat ons mekaar aanvul!!
ons het aan die begin van die jaar persoonlikheids toetse gedoen om te sien hoe die spelers van mekaar verskil en die manne in 4 groepe gedeel!ek meen almal is mos ni dieselfde ni!!ek dink wat n kaptein goed maak is as hy kan besef dat party speler anders optree en reageer as ander!!en ek dink hoe beter jy jo spelers verstaan en kan motiveer op sy manier,sal jy n briljante kaptein wees!!
ek moet se dis ni somer iets wat jy na een of 2 games reg kry ni,maar vat tyd!!ek hoop ons klom spelers kan lank bymekaar bly sodat ons mekaar kan goed ken en verstaan!!
Ons speel volgende jaar ons eerste S14 game ook teen die Bulle op Loftus!!Ek dink as die manne di ding kan doen nou salit baie help vir die S14!!
ooooo en n ane ding!!Dis snaaks om te sien hoeveel games ons die jaar voor was teen halftyd en dan verloor het en dan ook andersom,wat ons halftyd agter was en dan terug kom eni game vat!!ek weeti wat dit isi!!ek dinki ons gaan le as ons voor isi<maar dit lyk altysd ofi manne meer lus is om te jol as ons agter is!!…ons moet iets daar aan doen!!n ou wil nou ni gaan staan en swak speel die eerste helfde om agter te wees en terug te kom ni…..????
Hi Robert, Cheetahs le my na aan die hart. Ek was kannetjie toe ons in 76 die koppie die eerste maal gewen het. Ek glo die Wit Tornado kon al hul wedstryde tot dusver gewen het. Twee dinge wat my egter bekommer. Ons verdediging wat konstant oorhoops gevang word wanneer die spel tempo verhoog word en 2dens ons gebrek om punte aan te teken by wyse van driee. Het ons ons flair verloor en speel ons nie dalk geknoei op Springbok rugby teveel skop en storm rugby nie. Wat het van jou natuurlike buite breek geword. Positief is, dis klein dingetjies wat verstel kan word en die groot pluspunt is WP en Coenie se ongelooflike skrumwerk en hoe werkverrigtinge op die veld. Baie geluk met jul wen oor Puma’s. Daai 5 punter is bitter nodig. Vasbyt